Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ONTWERP V1
(TEORIE)
NOVEMBER 2022
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 

View all



Design P1 Nov 2022 MG Afr_hlayiso.com_.pdf
Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 21
- File size
- 944.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 21
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 2 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte]
Kandidate beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
1.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte per kolpunt/aspek toe)
Gestileerde fatsoene is dominant in die Basotho kombers. In elke hoek van die
kombers is 'n plat, figuratiewe fatsoen uitgebeeld wat met 'n Basotho hoed
ooreenstem. Tussen elke hoed word 'n sterk vereenvoudigde, plat silhoeët van 'n
krygsman, wat 'n assegaai en knopkierie vashou, gesien. 'n Groot, cloisonnistiese/
sterk swart buitelyn met 'n vierblaarpatroon fatsoen vul meeste van die middel area
van die kombers en jou oog word na 'n sirkelvormige fatsoen, in die middel van die
ontwerp gelei. Die gestileerde, plat en meestal geometriese fatsoene is tipies van
Afrika ontwerp.
Die gebruik van diamant en isometriese ruitpatrone in die kombers skep 'n variasie
van toonwaardes.Die middelpunt van die ontwerp is gevul met 'n plat,
kontrasterende donkergrys toonwaarde. Die vier gestileerde krygsman fatsoene is
opvallend aangesien hulle met 'n soliede swart-en-wit buitelyn omlyn is, wat 'n sterk
tonale kontras skep.Die kombers maak gebruik van 'n achromatiese, neutrale
kleurskema.
Die sterk dekoratiewe kwaliteit van die Basotho kombers word verhoog deur 'n
verskeidenheid van herhalende patrone.Die herhaling van die diamant en
isometriese ruitpatrone skep 'n sagter reeks van soortgelyke toonwaardes.In
kontras, skep die herhaling van gestileerde hoede en die fatsoen van die
krygsmanne, 'n sterk en dramatiese patroon.
Die kombers is simmetries gebalanseer weens die visuele gewig wat 'n vertikale en
horisontale spieëlbeeld vorm. Die kombers kan ook as straalgewys gebalanseerd
gesien word aangesien die totale ontwerp van die sentrale sirkelvormige motief
vertikaal, horisontaal en diagonaal, straalgewys uitbeweeg.
Eenheid is geskep deur die herhaling van organiese, geometriese en figuratiewe
fatsoene en patrone. Die eenheid is versterk deur die herhaling van die diamant
ruitpatroon om die buitekant van die kombers en die herhaling van lyne op die hoede
wat mandjieweef suggereer. Die verenigde, sterk buitelyne van die hoede, lei die
oog na die fokuspunt. Eenheid word ook geskep deur die sterk omlynde
vierblaarfatsoen wat die los fatsoene verenig tot een groot fatssoen.
Krediet moet gegee word vir enige ander geldige stellings.
V1.1 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
TOEKENNING (10)
Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 1.1 2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 30% 1
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 1.1 4
Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer
Evalueer, Reflekteer 30% 1.1 2
Sintetiseer, Regverdig 1
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 3 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
1.2 (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe)
'n Dik, cloisonnistiese lyn is gebruik om elke fatsoen te omlyn, wat 'n sterk
dekoratiewe ontwerpproduk skep.Reguit- en sigsaglyne word afgewissel met
gekromde lyne wat 'n lewendige oppervlakeffek, skep.
Die Mebala leertas deur Moeletsi is 'n stewige, driedimensionele, geometriese
vorm. Dit is reghoekig en hol; wanneer dit oopgemaak is, sal dit ruimte hê om items
binne in die tas te plaas. Die sagte organiese vorm van die handvatsel kontrasteer
met die blokagtige vorm van die tas.
Die visuele tekstuur van die tas is glad geverf wat 'n meganiese gladde gevoel
gee. Die handgemaakte randte is rof afgewerk en verleen 'n tasbare gevoel.
Die voorkant, agterkant en kante van die tas is met 'n patroon bedek wat uit 'n
verskeidenheid van fatsoene bestaan wat rondom 'n sentrale punt herhaal is; die rooi
sirkel met die pienk hartvorm binne.
Die gesatureerde kleure en fatsoene wat in die
patroon gebruik word, kan deur amaNdebele muurskildery beïnvloed wees.
Die patrone op die tas bestaan uit hoofsaaklik geometriese fatsoene. Die gebruik van
'n paar organiese fatsoene tussen hierdie geometriese fatsoene, skep variasie in die
ontwerp. Variasie is ook verkry deur die gebruik van beide klein en groot driehoeke
en klein en groot sirkels, sowel deur beide warm en koue kleure, te gebruik. Hierdie
variasie maak die produkontwerp lewendig en vol energie. Die kombinasie van
sintetiese verf met die natuurlike leer verseker ook dat die produk gevarieerd en
lewendig is.
Gee krediet vir enige ander geldige stellings.
V1.2 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
TOEKENNING (10)
Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 30% 1.2 2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 1
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 1.2 4
Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer
Evalueer, Reflekteer 30% 1.2 2
Sintetiseer, Regverdig 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 4 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP [10 punte]
2.1
2.1.1 (Ken 2 punte toe)
Die plakkaat wys mans wat uittartend na 'n vrou skreeu.Die stereotipe is
geslagsdiskriminasie, m.a.w. net mans 'wolffluit'.‘n Ander stereotipe in die
plakaat is dat slegs Swart mans verantwoordelik is vir die fluit na vrouens.
Vroue word altyd gesien as voorwerpe wat mans se begeertes vervul.Die
plakkaat wys hoe die mans na die vrou staar, wie duidelik ongemaklik lyk met die
wyse waaroop sy geobjektiveer word.
2.1.2 (Ken 2 punte toe)
Die vrou se arms is gevou om haar ongemak aan te dui
en haar gesig frons om
haar misnoeë teenoor die fluitroepe en mans se kommentaar, te wys.Hierdie
versterk die boodskap dat vroue nie daarvan hou om geobjektiveer te word as
seksuele kommoditeite nie.
2.2 (Ken 6 punte toe. 'n Maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek)
FIGUUR D maak gebruik van organiese materiaal soos gras en hout om 'n
aardse, natuurlike gevoel te skep, terwyl FIGUUR E 'n industriële gevoel skep
deur meestal harde metaal, te gebruik. FIGUUR D lyk sag en subtiel as gevolg
van die gebruik van riete verskillend van FIGUUR E wat hard lyk, weens die
gebruik van sterk staal, versag is deur houtplanke wat 'n kromlynige sitplek skep.
Die tekstuur van die muur van FIGUUR D lyk riffelagtig en soortgelyk aan
grasmatte terwyl FIGUUR E verskil as gevolg van die laaghout sitplek en skerp
hoekvormige bene wat glad en koud voorkom. FIGUUR D is duidelik beïnvloed
deur die mandjies van inheemse kulture van Suider-Afrika terwyl die skerp,
hoekige sig-sag patroon van die bank se bene in FIGUUR E deur die geometriese
gefasetteerde vorms van Kubistiese/Dekonstruktivistiese werke beïnvloed kan
wees. Die kleur van FIGUUR D is aards en kan deur Afrika estetika beïnvloed
wees,terwyl FIGUUR E helderkleure gebruik wat deur moderne, Westerse
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 5 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
ontwerpbewegings soos Popkuns en Postmodernisme beïnvloed is en dit kom
sinteties voor.
FIGUUR D funksioneer as 'n bank wat sosiale afstand toelaat en wat twee mense
aan elke kant laat sit van 'n 'skeidsmuur'.In kontras hiermee, laat FIGUUR E
duidelik geen sosiale afstand toe nie.Dit is heelwaarskynlik ontwerp vir
universiteitskampusse wat sosialisering in groepe aanmoedig.FIGUUR D
funksioneer ook om 'n trotse gevoel in inheemse kunshandvlyt te inspireer en om
'n bewusmaking en voortbestaan van hierdie kunshandvlyt te verseker. Beide
banke het wegbeweeg van tradisionele banke af en funksioneer nou op 'n unieke
en onkonvensionele wyse. FIGUUR D se sitplek is glad en plat en meer gemaklik
om op te sit, teenoor die golwende riffels wat deur die houtplank sitplek van
FIGUUR E gevorm is.
LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 2 punte mag toegeken word vir 'n
tabelvorm vergelykende antwoord. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn.
Gee krediet vir enige ander geldige stellings.
V2 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
TOEKENNING (10)
Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 30% 2.1.1 1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 2.1.2 1
Middel Orde Toepas, Implementeer, 40% 2.1.1 1
Organiseer 2.1.2 1
2.2 2
Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 2.2 2
Evalueer, Reflekteer 30%
Sintetiseer, Regverdig 2.2 2
VRAAG 3: ARGITEKTUUR [10 punte]
(Ken 10 punte toe)
(Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe)
3.1
Die Romeinse Temple van Portunus (FIGUUR F) het oorspronklik gefunksioneer
as 'n voorbeeld van Romeinse Republikeinse argitektuur wat 'n visuele stelling oor
die manjifieke Romeinse Keiserryk gemaak het. Die Şakirin-moskee (FIGUUR G)
funksioneer as 'n plek van aanbidding vir die Moslemgemeenskap.Die lang
toringagtige minarette wat langs die slanke aluminium bedekte koepel van die
Şakirin-moskee staan, word gebruik om die Moslem gemeenskap tot gebed toe te
roep.Die funksie van die tempel van Portunus is nie om aanbidders te
akkommodeer nie, maar om die kultusbeeld van Portunus in die cella te huisves,
terwyl die enkele koepel van die Şakirin-moskee 'n gebedsaal vir aanbidders het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 6 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Die Romeinse tempel was geïnspireer deur die Romeinse god toegewy aan
Portunus, 'n jeugdige god geassosieer met waterkruisings en seehawes.Die
Moskee was geïnspireer deur die herinneringe van Ibrahim en Semiha Şakir en is
deur hul kinders gebou. Die moskee se naam is 'n refleksie van die familie naam,
maar dit het ook die literêre betekenis in Arabies van ‘die wat dankbaar is' (aan
God). Die reghoekige vloerplan van die Romeinse tempel toon die invloed van
die Etrusker aan, 'n antieke Italiaanse gemeenskap wat voor die Romeine
dateer. Daar is ook 'n Griekse invloed sigbaar in die tempel se Griekse Ioniese
kolomme. Die moskee is geïnspireer deur Ottoman argitektuur met die gebruik
van twee toringagtige minarette.
Die vorm van die tempel van Portunus is blokagtig en reghoekig wat mag en
stabiliteit suggereer. Dit rus op 'n hoë podium ('n opgeligte platform) wat die tempel
lig en die ontwerp promenensie gee.Die Şakirin-moskee se struktuur is
gedomineer deur die slanke, metaal koepelvorm met twee smal minarette aan
beide kante.Die groot koepel is geskep deur vier oorkruisende boë wat 'n
wydstrekkende dinamiese estetika skep en is op 'n stewige vierkantige basis
opgerig.
Die materiaal wat gebruik is om die tempel van Portunus te bou, is duursame,
plaaslik gemynde travertien (kalksteen) en tufkryt (bakstene van vulkanies klip).
Die eksterieur van die tempel was oorspronklik gepleister om Griekse marmer na
te boots. Die enkele koepel van die Şakirin-moskee was deur die argitek Hüsrev
Tayla ontwerp en is van 'n saamgestelde aluminium materiaal gebou.Die
koepelstruktuur is bedek in visskub-agtige aluminiumpanele en die fasades is met
'n donker klip en aluminiummaasdraad, afgewerk. Donkergrys klip kontrasteer
met die ligte metaalagtige materiaal en die oop binneruimte.
Beide geboue het dekoratiewe elemente. Terwyl die Romeinse tempel se
versiering meestal aan die buitekant is, is die moskee se dekor aan die
binnekant.Die horisontale strook wat langs die boonste gedeelte van die
buitemuur van die Romeinse tempel loop, is met 'n lewendige kombinasie van
sierkranse, engeltjies, kandelaar, en die populêre antieke bucranium of os-
skedelmotiewe versier.Die interieur van die Moskee is elegant en bevat 'n groot
asimmetriese kandelaar, wat met klein hangende waterdruppelvorm gloeilampe
bedek is. Die grasieuse kurwende minbar is van 'n roomkleurige akriel gemaak
en is met 'n elegante ontwerp van blare en angeliere bedek, wat die heelal
verteenwoordig en wat van 'n afstand soos kalligrafie lyk.
Die prominente mihrab
is 'n lewendige turkoois en goud, en was deur die historiese Selçukpatrone
geïnspireer.
OF
3.2 Die leerder moet enige kontemporêre gebou met enige Klassieke gebou wat
hul bestudeer het, volgens die gegewe kolpunte vergelyk. Ken 2 punte per
kolpunt toe. Gee krediet vir enige ander geldige stellings.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 7 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
3.3 Vergelyking van 'n Klassieke gebou en 'n Inheemse Kennisstelsels(IKS)-
gebou/struktuur.
Gekose geboue: Die Pantheon en die amaNdebele hut
Ongeveer 2000 jaar gelede, toe die Romeinse Ryk op sy hoogtepunt was, was die
Pantheon deur die Romeine gebou om as 'n plek van aanbidding te
funksioneer. Die inheemse amaNdebele hutte funksioneer as 'n woning van die
AmaNdebele mense en vorm deel van die amaNdebele kraal wat tradisioneel in 'n
kringvormige uitlegplan gerangskik is.
Die Romeinse styl van die Pantheon is deur die Griekse en Miceense argitektuur
beïnvloed. Dit is sigbaar in die kolomme wat op die kolonnade staan en in die
geweldriehoek.Die koepel toon Romeinse argitektoniese prestasie aan wat
moontlik gemaak was deur die uitvinding van beton. Die amaNdebele hut was
beïnvloed deur die ander inheemse stamme wat in Suid-Afrika geleef het, soos die
AmaZulu en die beskikbaarheid van materiaal vir bou bv. gras, modder en wattel.
Na die Boer-AmaNdebele konfrontasie van 1833, het die AmaNdebele na droër
areas beweeg en die kegelsilinderfatsoen woning was met 'n reghoekige fatsoen
vervang.
In kontras met die reghoekige konstruksie van die kolonnade van die Pantheon
wat mag en stabiliteit verteenwoordig, was die oorspronklike voor-boer
konfrontasie amaNdebele hutte in 'n silindriese vorm gebou. Die amaNdebele
hutte word gebou met dik, soliede mure sonder enige sigbare vensters, soortgelyk
aan die Pantheon wat 5m dik mure, sonder enige sigbare vensters, het. Die
amaNdebele hut het 'n kegelvormige rietdak, waar die Pantheon 'n kofferpaneel
koepel het. 'n Tegnologiese prestasie van die tyd is sigbaar in die Pantheon se
okulus, 'n opening in die middelpunt van die koepel wat die enigste bron van lig in
die tempel is. Die amaNdebele hutte maak gebruik van soortgelyke tegnologie
met die opening in die punt van die kegelgevormde dak wat sonlig en skoon lug in
die hut inlaat. Rook van kosmaakvure ontsnap ook vanuit dié opening.
Die dik, swaar mure van die Pantheon was gebou van 'n Romeinse beton
materiaal bekend as messelklei. Op die boonste gedeelte van die koepel, is 'n
ligter tipe beton, tufkryt, gebruik.
Die gebruik van die kofferpanele in die dak help
om die gewig van die massiewe koepel, te verminder.Die tradisionele
amaNdebele hut se gebruik van plaaslikebronnemateriaal is soortgelyk. Die mure
word van 'n latraamwerk uit wattelhout, pale en stokke gemaak wat dan met
modder en beesmis gesmeer word. Die dak van die hut is met dekgras gemaak,
maar die tempel het 'n spitsdak wat met teëls van hout bedek is. In kontras met
die vloere van die amaNdebele hut, wat met aardse beesmis geseël word was die
vloere van die Pantheon van luukse marmer gemaak.
Die Pantheon was op 'n betekenisvolle terrein/ligging, die presiese ligging van
twee vorige Pantheon geboue wat beide afgebrand het, gebou.AmaNdebele
huise word op effens geligte terreine gebou wat goeie dreinering binne die sentrale
kraal-area waarborg en om sigbaarheid in die geval van 'n vyandige aanval, te
verseker.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 8 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Krediet moet gegee word vir enige ander geldige stellings of vergelyking van
'n Klassieke en kontemporêre gebou of Klassieke en Inheemse Kennisstelsel
struktuur wat die kandidaat bestudeer het.
LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir 'n
tabelvorm vergelykende antwoord. 'n Maksimum van 6 punte mag toegeken
word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat ‘n voldoende vergelyking
toon. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou puntetoekenning.
V3 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
TOEKENNING (10)
Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 3.1, 3.2, 3.3 1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 30% 2
Middel Orde Toepas, Implementeer, 40% 3.1, 3.2, 3.3 4
Organiseer
Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 1
Evalueer, Reflekteer 30% 3.1, 3.2, 3.3 2
Sintetiseer, Regverdig
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 9 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4 [30 punte]
4.1 Ken 20 punte in totaal toe.
Ken 10 punte vir elke beweging toe: 5 punte in totaal vir doelwitte, invloede en
karaktereienskappe; 2 punte vir ‘n bespreking van die ontwerpvoorbeeld, 1
punt vir die naam van die ontwerper en ontwerp en 2 punte vir die verwysing
na die stelling in die konteks van die ontwerpbeweging.
LET WEL: SLEGS EEN punt toegeken kan word vir die naam van die ontwerper
en ontwerp van elke beweging. Maak gebruik van die kognitiewe vlakke as
riglyne.
Hierdie nasienriglyne verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:
• POPONTWERP
• DE STIJL
POPONTWERP
Popontwerpers se doel is om abstrakte kuns te verwerp wat slegs deur 'n
minderheid waardeer word en om ontwerpe te skep wat by meer mense populêr
is.Popontwerpers kan daarom gesien word as akkommoderend ten opsigte van
die mens se behoeftes.Hulle doel is om ontwerpe te skep, wat die populêre,
daaglikse en stadskultuur van die 1960s reflekteer en vier.Hulle doel is ook om
ontwerpprodukte in massa te produseer en bekostigbaar vir die algemene publiek te
maak en so aan die mense te bewys dat hul behoeftes in ag geneem word.
Popontwerpers was beïnvloed deur massaproduksie in hul gebruik van
supermarkprodukte vir inspirasie.Hulle was ook beïnvloed deur populêre
filmsterre van die tyd (bv. Marilyn Monroe en Elvis Presley), kitskos (bv.
hamburgers), die Wetenskap Eeu (bv. vuurpyle, ruimtemanne en planete),
elektroniesetoestelle (bv. stofsuiers en bandopnemers) en alledaagse objekte (bv.
grawe, kragproppe, wasgoedpennetjies, speelkaarte).Ander invloede was die
Anti-Ontwerp beweging wat konvensionele norms bevraagteken het en onverwagte
vorms en beelde gebruik het om beelde wat humoristies en lagwekkend is, te
ontwerp.Die invloed van Opkuns en Kinetiese Kuns kan in Popontwerpers se
gebruik van eenvoudige, sterk en opvallende patrone gesien word.
Karakteristiek van Popontwerp is hul gebruik van vloeibare, golwende, organiese
vorms wat vriendelik/menslik en vol beweging is. Die skerpbelynde, koue vorms
van die Bauhaus word verwerp omdat dit as onpersoonlik gesien word. Weens
tegnologiese ontwikkeling in chemie, het 'n groter variasie van kleur beskikbaar
geword. Kleure is helder, kunsmatig en prettig, wat die menslike behoefte vir
ontvlugting en vermaak, aangespreek het.Die gebruik van humor en
skerpsinnigheid in Popontwerp, byvoorbeeld 'n bank wat 'n bofbalhandskoen
naboots, is bewys ook die ontwerpers se belang om lighartige, vermaaklike en
snaakse ontwerpe, te skep. Verdere voorbeelde van Popontwerp se doelwitte is
om die behoeftes van alledaagse mense aan te spreek met die gebruik van kitsch,
waar ontwerpe met geen mening geskep is, om onmiddellik ons sintuie aan te trek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 10 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Materiaal toon ook die ontwikkeling van nuwe prosesse: laaghout is vormbaar, wat
nuwe, ongewone hout vorms, kan skep. 'n Nuwe metode van inspuitgietplastiek
bied ook ongewone, golwende plastiek produkte met 'n skerpsinnige kwaliteit.
Een voorbeeld van Popontwerp is die Olifant stoel deur Rancillac.
Die nuwe tegnieke van inspuitgietplastiek is gebruik om een vloeibare en golwende
vorm, wat die mens se behoefte om gemaklik te sit, te bevredig. Die stoel is ten
volle van suiwer, helder rooi plastiek gemaak, wat tipies is van Popontwerp se liefde
vir die nuwe, sintetiese kleure en materiaal.Die vorm is onkonvensioneel,
skerpsinnig en lighartig,
wat spreek tot meeste mense se smaak.
DE STIJL
De Stijl ontwerpers se doelwit was om perfek gebalanseerde en reëlmatige
ontwerpe te skep om orde te toon na die verwoesting van die Eerste
Wêreldoorlog.Hulle doel was om deur eenvoud, kalmte en orde aan die behoeftes
van mense, te voldoen.
Hulle was beïnvloed deur die Nederlandse tradisie van logika, suiwerheid,
strengheid en wiskundige orde. Hulle was ook deur 'n oosterse filosofie genoem
Teosofisme beïnvloed, wat na 'n perfekte balans tussen teenoorgesteldes gestreef
het.Hierdie filosofie het ook geglo dat deur die verwerping van individualiteit vir
abstraksie, die mens se behoefte vir harmonie en balans, bevredig sal word. Hul
eenvoudige ontwerpe het die behoefde vir esteties bevredigende, eenvoudige,
laekostebehuising vir verstedeliking, bevredig.
Om 'n totale abstrakte, gebalanseerde en stabiele komposisie te skep, het De Stijl
ontwerp karakteristiek van reguitlyne, vertikale en horisontale lyne, gebruik
gemaak.Die resultaat was 'n rooster wat uit plat, asimmetries gebalanseerde,
geometriese vierkante en reghoeke bestaan, wat die nuwe masjien-eeu voorstel en
as die antwoord vir die mensdom se behoeftes beskou kan word.'n Tipiese
karaktereienskap van De Stijl is om slegs van die drie primêre kleure; geel, blou en
rooi, en die neutrale kleure swart, wit en grys, gebruik te maak, om duidelike en kalm
ontwerpe te skep. Hierdie balans, stabiliteit en kalmte reflekteer die poging om
oplossings vir die benodighede van gebroke mense in 'n na-oorlogse samelewing, te
vind. Die gladde teksture van die ontwerpe dra by tot die algemene gevoel van
kalmte.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 11 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Een voorbeeld van 'n De Stijl ontwerper en produk is 'De Stijl' tafel deur Grey.
Die tafel is 'n goeie voorbeeld van De Stijl se gebruik van eenvoudige kubusse,
reguit, vertikaal en horisontaal lyne om 'n ontwerp te skep wat aan die behoefte vir
eenvoud en suiwerheid voldoen. Die funksie van die tafel toon duideik ‘vorm-volg-
funksie’ en word nie deur versiering weggesteek nie, wat tipies van De Stijl-ontwerpe
is.Dit pas op verskeie maniere die behoeftes van mense; dit dien as 'n tafel; dit
verskaf stoorplek en is goed gebalanseer, suiwer in vorm en dra 'n gevoel van
harmonie oor.
Gee krediet vir enige ander geldige stellings.
V4.1 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
TOEKENNING (20)
Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 30% 2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 4.1 4
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 4.1 8
Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 2
Evalueer, Reflekteer 30% 4.1 4
Sintetiseer, Regverdig
4.2 [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir elke kolpunt/aspek)
Die lyne van die kubusse in FIGUUR H is meestal reguit en vertikaal wat die
ontwerp 'n sterk, rigiede en meganiese kwaliteit gee.In kontras hiermee, is
FIGUUR I speels en vol beweging weens die dominante sirkelvormige lyne.
In beide kandelare domineer neutrale kleure wat tipies van die bewegings waaraan
hul behoort, is. Hierdie dominante gebruik van neutrale kleure dra 'n kalm
teenwoordigheid in beide ontwerpe oor. Die kandelaar in FIGUUR H is hoofsaaklik
swart wat dit 'n meer ernstige, swaar gevoel gee terwyl FIGUUR I ligter voel weens
die dominante ruimte en sterk wit. Die bruin houtgedeeltes in FIGUUR I voeg 'n
warmte aan die kandelaar, wat nie sigbaar in die meganiese FIGUUR H is nie.
FIGUUR H bestaan uit 'n asimmetries gerangskikte tros van kubieke vorms wat dit
'n soliede gevoel gee.Hierdie gebruik van blokagtige vorms is tipies van
modernistiese argitektuur en vroeë modernistiese bewegings soos Bauhaus en De
Stijl.
FIGUUR I is minder solied en bestaan uit 'n sentrale simmetriese, ronde vorm
wat aan elegante wielspeke herinner. Van die sentrale wiel hang ronde, bolagtige
gloeilampe aan kegels. Hierdie kombinasie van masjienagtige, reguit lyne en
elegante, effens gekromde organiese vorms in FIGUUR I is tipies van
Skandinawiese ontwerpe.
FIGUUR H bestaan meestal uit harde, gladde, blink swart materiaal wat metaal of
plastiek kan wees.Die masjiengemaakte materiaal, saam met die deursigtige glas
om die rante van die kubusse, dra 'n industriële gevoel oor wat tipies van
Modernisme is. FIGUUR I het 'n meer natuurlike, organiese gevoel as gevolg van
die gebruik van hout.Skandinawiese ontwerpe kombineer gereeld hout met
vervaardigde materiaal soos plastiek of metaal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 12 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Die Modernistiese kandelaar in FIGUUR H toon die invloed van Kubisme en De Stijl
in sy gebruik van reguit lyne en kubistiese vorms wat 'n masjien estetika, vier.
Die
Skandinawiese kandelaar in FIGUUR I toon ook die invloed van die masjien era aan
in die fokus op onversierde, suiwer vorms en skoon organiese lyne.
Gee krediet vir enige ander geldige stellings.
LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir 'n
tabelvorm vergelykende antwoord. 'n Maksimum van 7 punte mag toegeken
word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat ‘n voldoende
verklaring/vergelyking toon. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou
puntetoekenning.
V4.2 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
TOEKENNING (10)
Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 30% 4.2 1
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 4.2 4
Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 2
Evalueer, Reflekteer 30% 4.2 1
Sintetiseer, Regverdig
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 13 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
KONTEKS
VRAAG 5 [20 punte]
BEANTWOORD OF VRAAG 5.1 OF VRAAG 5.2.
5.1
5.1.1 (Ken 2 punte toe)
Hierdie advertensie veldtog handel oor geslag/ nie-binȇre identifikasie/klassifikasie
op 'n alles-omvattende en inklusiewe/eksklusiewe wyse.Die twee geplaasde
blokke bevestig en erken manlik en vroulik identiteite.
Die insluiting/uitsluiting van
'n derde blok wat tussen twee vingers vasgehou word, is bygevoeg/uitgehaal om
die +Trans-geslag identiteit LGBTQ+, in/uit te sluit.
5.1.2 (Ken 2 punte toe)
Die keuse van beelde dra almal by om 'n sterk boodskap oor te dra. Dit is duidelik
dat beide insittendes van die motor (die manlike bestuurder en sy vrou) se aandag
is afgetrek en met iets anders behep, wat ons bewus maak van potensiële gevaar.
Die bestuurder se fokus is op sy foon en sy vrou probeer om op 'n groot padkaart
hul bestemming te vind, hul sig van die pad is geblokkeer. Hulle is ook na mekaar
gedraai, nog 'n leidraad aan die toeskouer dat die bestuurder roekeloos is en nie sy
oë op die pad hou nie. In die truspieëltjie binne-in die motor, sien ons 'n gedeelte
van hul baba se gesig wat die kwesbaarheid van hul eie kind op die agterste
sitplek, aandui. Buite, voor die motor, is 'n skreeuende voetganger wie binnekort
deur die motor omgery gaan word. Die skreeuende mond is 'n in kontras met die
onoplettende gesigte in die motor wat die ernstigheid van hul nalatigheid
beklemtoon. Die ontwerper het slim die gesig van die baba binne die motor en die
skreeuende voetganger leerder wat buite is, oormekaar geplaas om
onverantwoordelike en roekelose bestuur, te beklemtoon.Op die voorste
vensterskerm van die motor, is die konsep van die plakkaat in grys en rooi
hoofletters gedruk 'Dink aan beide kante'. Hierdie is 'n waarskuwing aan alle
bestuurders om, terwyl hul bestuur, die veiligheid van hul passasiers, sowel as
voetgangers, te oorweeg.
Gee krediet vir enige ander geldige stellings
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblie
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 14 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
5.1.3 Ken 16 punte in totaal toe, 8 punte per gevalle studie: 1 punt vir die naam
van die ontwerper en die naam van die ontwerp, 5 punte vir die bespreking
van die doelwitte, algemene karaktereienskappe, materiaal en prosesse en 2
punte vir die bespreking van die ontwerpvoorbeeld.
EEN KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER/ONTWERPGROEP
Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en ontwerpproduk
Kat van Duinen se 'Practical Magic Collection'.
Bespreek die doelwitte, algemene karaktereienskappe, materiaal en
prosesse van die ontwerper
Kaapstad gebaseerde modeontwerper Kat van Duinen se mode-reeks is
geïnspireer deur haar reaksie op die COVID-19 pandemie. Kat van Duinen se
doelwit is om die manier hoe ons die gesigmasker sien, m.a.w. 'n bykomstigheid
vir beskerming, na 'n modebykomstigheid wat 'n stelling maak, te verander. Van
Duinen sê dat mode nog altyd 'n manier was vir selfuitdrukking: 'Jy kan nog
steeds jou eie unieke identiteit beklemtoom, selfs al steek die masker jou gesig
weg.' Die netrokke in lae en masker bykomstigheid moet nie gesien word as 'n
uitrusting wat slegs op spesiale geleenthede gedra word nie. Hierdie skeppinge
kan gedra word om die mees gewone take, soos inkopies, te doen.Die
spoggerige 'Mode teen Covid geriffelde masker' is van blink metaalagtige chiffon
materiaal gemaak, wat baie aandag na die draer sal trek. Alternatiewelik is die
sagte, maklik drabare 'kliniese masker' van sagte, wit, geriffelde katoen, vir die
minder ekstroverte lede van die samelewing gemaak. ‘n Handgemaakte proses
word gevolg wat verskeie lae van materiaal insluit, deur die gebruik van
opvallende fatsoene en luukse eksotiese bronne.
Bespreek EEN voorbeeld wat verduidelik hoe hierdie ontwerp sosiokulturele
kwessies aanraak
Kat van Duinen beoog om haar maskers as 'n vorm van sielkundige
spanningsvermindering, te gebruik. Van Duinen se 'Practical Magic Collection'
verskaf 'n geleentheid vir 'n kinderlike ontvlugting.
Die ontwerpproses handel
oor probleemoplossing en dit is die ontwerper se verantwoordelikheid om mense
se lewens te verbeter.Die pandemie het 'n negatiewe impak op die mode-
industrie gehad. Mense het nie op-bestelling-gemaakte of korporatiewe klere
benodig nie, omdat daar geen sosiale vergaderings was om by te woon nie.
Gemaksklere was in die huis gedra en modeontwerpers moes hul styl en reekse
heroorweeg om aan die 'nuwe normaal', te voldoen.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblie
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 15 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERP GROEP
Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en hul ontwerpproduk
'Selfhelpwassery van Drome' deur Yinka Ilori.
Bespreek die doelwitte, karaktereienskappe, materiaal en prosesse van dié
ontwerper
Ilori se doelwitte vir die installasies is om die komplekse rol van selfhelpwasserye
in gemeenskappe te erken deur die kreatiwiteit en opgewektheid van kinders te
gebruik.Die wassery se doel is om die konsep van hierdie alledaagse
gemeenskapsruimte te hernu tot 'n area vir kinders om in te sosialiseer en veilig
te speel terwyl hul ouers die wasgoed doen.
Die materiaal wat vir die installasie gebruik is bestaan uit meer as 200,000 Lego-
blokkies, wat beide die strukturele materiaal vorm en wat as speelgoed vir die
kinders gebruik kan word. 'n Karaktereienskap van 'Launderette of Dreams'
wys llori se kenmerkende helderkleure en geometriese fatsoene oor die
wasmasjiene en op die mure van die winkel en winkelvenster.
Ilori het kinders van sy vorige skool uitgenooi om deel van die proses te wees
deur hul te vra hoe hul die ruimte sou bou om die gemeenskap te verenig.
Kinders word gevier as 'die meesters van kreatiewe probleemoplossing '.
Illori was geïnspireer deur sy kinderherinnerings van speel by sy plaaslike
wassery in Noord Londen, waar hy gereeld oor dinge wat hy in sy lewe wou
behaal, gedroom het. Alledaagse plekke kan 'n belangrike rol speel om
gemeenskappe van verskillende agtergronde bymekaar te bring, en kan ook 'n
geleentheid skep vir kinders om te ontmoet, speel en idees te deel.
'Gemeenskapwasserye is noodsaaklik vir die DNA van baie gemeenskappe' sê
Illori. Die 'Launderette of Dreams' poog om beide kinders en volwassenes te
inspireer om te droom om net wat hul begeer te skep.
Bespreek EEN voorbeeld wat verduidelik hoe hierdie ontwerp sosiokulturele
kwessie(s) aanspreek
Die installasie wat deel van die Lego Groep 'Rebuild the World advertensie-
veldtog' is, het interaktiewe 'wasmasjiene' wat met kaleidoskoop-lig-installasies
gevul is. 'n Lego-muur moedig toeskouers aan om die Lego-blokkiesontwerp te
bou, af te breek en te herbou. 'Hopscotch' is op die vloer afgemerk om die
gewone tradisionele ruimte van 'n selfhelpwassery in 'n speelarea vir kinders te
verander.
Gee krediet vir enige ander geldige stellings
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblie
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 16 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
V5.1 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
TOEKENNING (20)
Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 5.1.1 + 5.1.3 1 +1
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 30% 5.1.2 + 5.1.3 1+1
5.1.3 2
Middel Orde Toepas, Implementeer, 40% 5.1.1 1
Organiseer 5.1.2 1
5.1.3 6
Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.1.3 2
Evalueer, Reflekteer 30% 5.1.3 4
Sintetiseer, Regverdig
5.2.1 (Ken 2 punte toe)
Die kunsvlyt skep werksgeleenthede en 'n inkomste vir meesterhandwerk
vakmanne soos Angeline Bonisiwe Masuku of die geleentheid vir gemeenskappe
om met hul tradisionele praktyke aan te gaan. Die aankoop van hierdie kunsvlyt
produkte stimuleer die Suid-Afrikaanse ekonomie deur dat dit verseker dat
toeriste en die plaaslike gemeenskap in plattelandse gemeenskappe belê om hul
groei te verseker. Hierdie meesterskunsvlytprodukte verseker 'n gereelde vloei
van toeriste na Suid-Afrika wat unieke kunsvlytprodukte koop en hierdeur
buitelandse geld in die plaaslike ekonomie belê.
5.2.2 (Ken 8 punte toe): 1 punt vir die traditionele kunsvlyt/inheemse kulturele
gemeenskap, 5 punte vir die bespreking van die materiaal, metodes en
prosesse en 2 punte vir die sosiale waarde en funksie van die kunsvlyt.
Naam van EEN tradisionele kunsvlyt/inheemse kulturele gemeenskap wat 'n
tradisionele kunsvlyt produseer
Die gekerfde Boraati Kopstut deur die Ethiopiese Oromo mense
Die materiaal, metodes en prosesse wat gebruik is in die skep van
tradisionele kunsvlyt:
Die gekerfde Boraati Kopstut deur die Oromo mense is van 'n enkele stuk, lig of
geelbruin hout gemaak wat uit 'n geometriese voetstuk, kolom en plat vorm
bestaan. Terwyl die buitekant hoogsgepolitoer is met diervet, olie en pigmente
van die gebruiker se hare, is die growwe interieur van die bande met donker
afwisselende bande van rooi en swart pigment gekleur.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 17 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Die sosiale en funksionele waarde van die kunsvlyt:
Kopstutte word gereeld na verwys as kussings of nekstutte en hierdie
houtraamwerke ondersteun die kop by die kakebeen. Vir Westerlinge lyk dit
besonders omgemaklik maar let op dat die kopsteun 'n gesonde ruggraat posisie
aanmoedig en dit funksioneer op 'n ergonomiese manier. Die gekerfde Kopstut
van die Oromo mense van Ethiopië is 'n Boraati genoem ('tomorrow-you'). Hierdie
kopstut was gebruik om die ingewikkelde haarstyle van die eienaar tydens slaap
mooi te hou. Hierdie Boraati kopstutte beskerm ingewikkelde haarstyle van stof
of keer dat dit platgedruk word.
As gevolg van die feit dat hulle rondgedra kan word, was kopstutte baie deur die
inheemse groepe van Ethiopië gebruik.Deesdae word hulle selde gebruik
omdat meeste van die boere na die stede toe getrek het.
Dit is belangrik om kennis te neem dat binne die konteks van Afrika-kunsvlyt was
hierdie kopstutte as sosiaal funksionerende objekte gewaardeer en nie as
dekoratiewe kunsvoorwerpe wat in museums of galerye vertoon is nie.
Die kerf van hierdie Boraati-houtkopstutte deur die Oromo-mense van Ethiopië
het glo twee-tot-driehonderd jaar terug begin. Die kegelvormige voetstuk van die
kopsteune bestaan uit 'n hol interieur.Op die oppervlak van die kegel is
gekerfde konsentriese lyne. Die boonste gedeelte van die voetstuk het nege ringe
wat in groepe van ses of drie verdeel is, terwyl die onderste gedeelte agt ringe het
wat in groepe van drie en vyf verdeel is. Die voetstuk is aan die plat vorm deur
'n buisvormige kolom geheg, wat ook met drie konsentriese ringe ingesny is. Die
saalvormige stut loop na beide kante dunner.
Gee krediet vir enige ander geldige stellings.
5.2.3 (Ken 10 punte toe): 1 punt vir die naam van die ontwerp/ontwerpgroep en hul
produk(te), 4 punte vir doelwitte en invloede en 5 punte vir hoe tradisionele
tegnieke/metodes en materiaal tot die relevante kontemporêre ontwerp
toegepas is.
Naam van die ontwerp/ontwerpgroep en hul produk(te):
Jomo Tariku is 'n kontemporêre industriële ontwerper van Ethiopië wie in 2018
die Njala stoele geskep het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 18 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Doelwitte en invloede:
Jomo Tariku se doelwitte is om tradisionele Afrika-ontwerpe met kontemporêre
lyne saam te smelt.Sy doel is om 'n modernistiese interpretasie van
tradisionele stoele en bankies te skep om 'n Afro-futuristiese ontwerp te skep.
Tariku het in Ethiopië grootgeword en dit is hier waar hy Njalas vry sien rondloop
het. Dit was die volwasse mansgeslag Berg Njala met sy lang draaiende,
majestieuse horings en die skoonheid van hierdie ontwykende wildsbokke wat
Jomo Tariku se idees vir die Njala biomimikrie stoel geïnspireer het. Dit is 'n
handgekerfde driepoot-ontwerp wat in moderne, kontemporêre interieure pas. 'n
Ander belangrike doel is dat hierdie stoel verskillende liggaamtipes moet
akkommodeer, nl. kort, lank, groot, klein. Vir hom, is ergonomie 'n belangrike
beskouing om die balans te vind.
'n Beskrywing van hoe tradisionele tegnieke/metodes en materiaal by die
kontemporêre ontwerp toegepas is. Verwys na 'n spesifieke voorbeeld om
jou antwoord te ondersteun:
Die Njala stoele is gemaak van 'n natuurlikebron hout.
Die handgekerfdestoele
kan ook van kiaathout gemaak word en met 'n gepoleerde, glansende swartvernis
afgerond word. Die endproduk lyk gekultiveerd en kontemporêr en boots die
ebbehoutkleur van die Njalahoring na.
Sy handgekerfde ontwerpe is 'n eerbetoning aan Afrika omrede dit deur die vorms
van tradisionele Boraati kopsteune geïnspireer is en is deur 'n meester- kunsvlyt-
ambagsman gemaak is.Die moderne, stroomlyn, gladdevorm met sy
onversierde oppervlaktes maak dié ontwerp kontemporêr. Die stoel toon eer
aan die inheemse Njala wildsbokke wat in Ethiopië gevind is.
Gee krediet vir enige ander geldige stellings.
GEEN punte mag toegeken word vir die herhaling van ontwerper(s) en hul
werk wat in die vraestel gebruik is nie.
V5.2 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
TOEKENNING (20)
Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 30% 5.2.1 + 5.2.2 1+2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 5.2.3 3
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 5.2.1 + 5.2.2 1+3
+ 5.2.3 +4
Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 5.2.2 3
Evalueer, Reflekteer 30% 5.2.3 1
Sintetiseer, Regverdig 5.2.3 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 19 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6 [20 punte]
6.1
6.1.1 (Ken 2 punte toe)
Afvalmateriaal wat op opvullingsterreine weggegooi sou word, is gebruik, dus
maak dit seker dat die opvullingsterreine nie oorvol word nie.
Die afvalmateriaal
of weggegooide hout wat gebruik is om die kabinette in FIGUUR M te maak
verminder die behoefte om bome af te sny wat seker maak dat ons nie op ons
suurstofvoorraad 'n impak maak nie.
6.1.2 (Ken 2 punte toe)
'n Paar ander wyses om omgewingsvriendelike ontwerpe te produseer is, by
voorbeeld, die gebruik van bioafbreekbare papier, of volhoubare bamboes in plaas
van plastiek, wat honderde jare neem om af te breek, om strooitjies en
koffiekoppies te maak. Deur die gebruik van herwinbare materiaal soos glas,
papier of plastiek eerder as om nuwe materiaal te gebruik. Deur die gebruik van
ou motorparte of trok-bande om meubels te maak of vir die oefen in parkies of
gimnasiums te gebruik. Die gebruik van sonkrag-panele om krag te maak wat
benodig is om die ontwerpe te produseer.
6.2 Ken 16 punte in totaal toe, 8 punte per gevallestudie: 1 punt vir die naam
van die ontwerper en die naam van die ontwerp, 5 punte vir die bespreking
van die doelwitte, ontwerpprosesse, tegnieke en materiaal en 2 punte vir die
bespreking van die ontwerpvoorbeeld en hoe dit omgewingskwessies
aanspreek.
SUID-AFRIKAANSE KONTEMPORÊRE OMGEWINGSONTWERPER:
Naam van die ontwerper/ontwerp-groep en een van hul ontwerpe:
Witklipfontein Eko-Lodge deur argitekte Xavier Huyberechts en sy broer Damian
(GLH Argitekte).
Doelwitte, ontwerpprosesse, tegnieke en materiaal gebruik:
GLH Argitekte se doelwit is om buitengewone, gladde geboue te skep wat deur
minimalisme, asook deur volhoubare ideale en murasies in Afrika, beïnvloed is.
Die ontwerp is op 'n wêrelderfenisterrein, 'n eeue-oue krater, gebou. Hier vind ons
'n gesakte koepel, wat net deur 'n daklig of ‘n okulus belig is, wat met grondgevulde
sakke van die terrein, gebou is. 'n Mengsel van meel, water en 'n bietjie grond vir
kleur, is by die modder en strooipleister afwerking bygevoeg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 20 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Die moderne, eenvoudige, skoon ontwerp van die Eko-Lodge is oopplan met groot
venters, deure en bobeukvensters. 'n Verskeidenheid van plaaslike bronmateriaal
is in die eko-lodge gebruik (rooigrond bakstene is op die terrein gemaak).
Boutegnieke soos gepakte stene, saamgeperste grondvloere en mure, kalk-
gebleikte dennehout plafonne is die materiaal wat gebruik is..
Bespreek EEN ontwerpvoorbeeld om te verduidelik hoe die ontwerper/
ontwerpgroep omgewingskwessies aanspreek:
Die Witklipfontein Eko-Lodge is op so 'n manier ontwerp en gebou dat teen die
einde van sy lewe, dit weer deur die grond geabsorbeer sal wees, dit kan dus
bioafbreekbaar genoem word. 'n Groen dak loop naatloos van die koppie oor die
huis, 'n kombers van grond wat dit onsigbaar vanaf baie aansigte maak. Op die
skuins dak is sonkrag-panele geïnstalleer om te help dat die huis self-
onderhoudend is. Al die kaste was deur 'n plaaslike houtwerker, met growwe
planke gemaak. Die granietvloere lyk asof hul deel van die aarde is en is in
harmonie met die natuur. Die massiewe granietvloerblokke trek die hitte van die
son in en straal oornag hitte binne-in die kamers, wat elektrisiteit bespaar. 'n
Organiese gevormde eko-swembad sluit twee filtrasie-poele in met plante en grond
om die water skoon te hou. Terwyl dit kristalskoon is, is dit ook heeltemal
lewendig, en trek paddavisse, naaldekokers en voëls aan. Die
omgewingsontwerp kamoefleer die lodge op 'n kreatiewe manier en help om dit te
laat lyk asof dit deel van die omgewing is.
INTERNASIONALE KONTEMPORÊRE OMGEWINGSONTWERPER
Naam van die ontwerper/ontwerp groep en EEN van hul ontwerpe:
Tim Teven, Herwinnings Verworpe-meubel projek (Nederlands).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1 21 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Doelwitte, ontwerpprosesse, tegnieke en materiaalgebruik:
Tim Teven se meubel ontwerpe is duidelik omgewingsvriendelik en
energiebesparend omdat die blokke van papier van gesnipperde skermafval
gemaak is, wat gekombineer is met 'n gom voordat dit saamgedruk word in 'n
reeks gietvorms.
Die proses sluit eenvoudige stappe in en gebruik nie baie bronne nie. Die vesels
wat nie vir papiermaak bruikbaar is nie, word uitgefiltreer gedurende die
pulpproses. Dit beteken dat die weggooivesels skoongemaak van enige
chemikalie, kosbestanddele of ink word.
Die finale materiaal kan op verskillende maniere gebruik word om 'n
verskeidenheid oppervlakeffekte te skep. Tim Teven kies eerder om die materiaal
in 'n rou vorm te los en dit skep 'n verskeidenheid toonwaardes en teksture in die
finale produk. Teven skep meubelprototipes wat rakke, banke en tafels insluit.
Die monteerproses is verbruikersvriendelik met vooruitgemaakte groewe en slote
vir hout penne. Die eindproduk is duursaam. Die Bauhaus en die modernistiese
'Minder is meer' filosofie kan as 'n invloed gesien word.
Bespreek EEN ontwerpvoorbeeld om te verduidelik hoe die
ontwerper/ontwerpgroep omgewingskwessies aanspreek:
Die Smurfit Kappa herwinningsfasiliteit in Roermond verskaf Teven met die rou
skermafvalmateriaal. Teven se finale ontwerp is 100% volhoubaar, omgewings-
vriendelik en groen omdat alleenlik afvalpapiervesels gebruik word.Die rou
skermpapierafval is 'n redelike volhoubare bron.
Omdat die papier reeds skoon is as Teven dit oplaai, is geen chemikalieë in die
proses nodig nie.Die omgewingsontwerp kamoefleer die Lodge op 'n kreatiewe
manier en help om dit te laat lyk asof dit deel van die omgewing is.
Die ontwerp
is platgepak wat vervoerkostes spaar.
Gee krediet vir enige ander geldige stellings.
V6 VLAK KOGNITIEWE VAARDIGHEDE GEWIGS- VRAE PUNTE
TOEKENNING (20)
Laer Orde Onthou, Herroep, Herken 30% 6.1.1 + 6.1.2 + 1+1+2
Verstaan, Verduidelik, Beskryf 6.2 2
6.2
Middel Orde Toepas, Implementeer, Organiseer 40% 6.1.1 + 1+
6.1.2 + 6.2 1+6
Hoër Orde Analiseer, Vergelyk, Interpreteer 6.2 2
Evalueer, Reflekteer 30% 6.2 2
Sintetiseer, Regverdig 6.2 2
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Design P1 Nov 2022 MG Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Design P1 Nov 2023 Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Design P1 Nov 2023 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Design P2 Nov 2023 Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Design P1 May-June 2023 MG Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Design P1 May-June 2023 MG Eng_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Design
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023-24.pdf
Memorandum
Design P1 May-June 2025 MG Afr.pdf

Question paper
Design P1 Nov 2024 MG Eng.pdf

Question paper
Design P1 May-June 2023 Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Design P1 May-June 2023 Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper


