NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
LET WEL: Hierdie eksamenboek moet alle skole nie later as een week voor die einde
van KWARTAAL 2: WEEK 23 (06–10 JUNIE 2016) bereik.
ONTWERP V2 (PRAKTIES)
PUNTE: 100
TYD: ONDERWERP 1: VISUELE JOURNAAL/BRONBOEK – Voorbereiding begin
een week voor die einde van KWARTAAL 2 en
gedurende die Junie/Julie en KWARTAAL 3.
ONDERWERP 2: FINALE PRODUK – Produksietyd onder toesig van 12–24
uur na die einde van KWARTAAL 3.
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all



--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)

Design Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)
Grade 12 Design Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Design · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 2.4 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 ONTWERP V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
INSTRUKSIES AAN DIE OPVOEDER EN LEARNER
1. Die praktiese vraestel moet ten minste TWEE WEKE VOOR DIE EINDE VAN
KWARTAAL 2 aan die leerders gegee word sodat hulle leiding met
betrekking tot die keuse van die opdrag/tema mag ontvang, en gedurende
die Junie/Julie skoolvakansie met ONDERWERP 1 kan begin.
2. Hierdie praktiese eksamen vraestel MOET AS DIE DERDE KWARTAAL
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK GEDOEN WORD. Dit word aanbeveel
aan onderwysers om hul skool te vra om 12–24 uur oor ʼn aantal dae te
skeduleer VOOR OF GEDURENDE die proefeksamen vir die voltooiing van
ONDERWERP 2 (FINALE PRODUK). Dit is om die leerders met tydsbeperkte
en gekontroleerde praktiese eksamentoestande vertroud te maak.
3. TYDSTOEKENNING
ONDERWERP 1: VISUELE JOURNAAL/BRONBOEK
Praktiese proses/voorbereiding gedurende die Junie/Julie skoolvakansie en
by die skool gedurende KWARTAAL 3.
ONDERWERP 2: FINALE PRODUK
Praktiese produk word slegs by die skool gedoen gedurende KWARTAAL 3 vir
ʼn beraamde 24 uur (ten minste 12 uur maar nie langer as 24 uur) en slegs
wanneer ONDERWEP 1 voltooi is.
4. Hierdie praktiese eksamen bestaan uit EEN vraestel met twee opsionele
onderwerpe/temas.
Leerders moet EEN van die onderwerpe/temas kies.
Dit word vereis dat die leerder aan die volgende TWEE dele van die vraestel
moet voldoen:
x Die eksamen visuele journaal/bronboek (ONDERWERP 1) [50 punte]
x Die eksamen finale produk (ONDERWERP 2) [50 punte]
TOTAAL: 100 PUNTE
5. Die leerder moet EEN van die volgende ontwerpkategorieë kies:
x Visuele kommunikasie/-Inligting en Digitale Ontwerp
x Oppervlakontwerp en Tweedimensionele Handwerkontwerp
x Produkontwerp en Driedimensionele Handwerkontwerp
x Omgewingsontwerp
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V2 3
HERSIENDE 2016 RIGLYNE
(INSTRUKSIES AAN DIE ONDERWYSER EN LEERDER)
Die rubriek aangeheg aan hierdie opdrag is die voorgestelde merkrubriek wat alle
onderwysers en leerders moet gebruik vir die nasien van ONDERWERP 1 en
ONDERWERP 2 om standaardisering met betrekking tot om merk vir alle skole
in die Oos-Kaap te verseker. Dit moet aan die einde van ONDERWERP 1
proseswerk in die visuele journaal/bronboek geplak word.
ONDERWERP 1: PROSES [50]
1.1 As ʼn opvoeder, kan jy die leerders lei in hulle keuse van onderwerp en
tegnieke wat in ONDERWERP 1 gebruik word. Dit moet professioneel in ʼn
visuele journaal/bronboek aangebied word (A3-formaat word voorgestel).
1.2 Die gekose eksamen-onderwerp (OPDRAG 1 of OPDRAG 2) se DEKBLAD
moet SLEGS uitgesny en in die werkboek/bronboek aan die begin geplak word.
1.3 Die leerder moet duidelik sy/haar voornemens/rasionaal/konsep aandui. Dit kan
gedoen word deur middel van ʼn dinkskrum, miniatuur sketse of ʼn geskrewe
opstel (rasionaal).
1.4 Daar word voorgestel dat alle verwysingsmateriaal meegaande
aantekeninge/notas het om deur skrywes, die voornemens van die leerder
te ontwikkel.
1.5 Moedig leerders aan om van verskeie interpretasies gebruik te maak soos
hulle die tema navors in die vorm tekeninge van die lewe, oorspronklike (eie)
foto’s, beelde uit tydskrifte en koerante, voorwerpe wat gevind is, ens. Dit kan
kreatief aangebied/vertoon word en sodoende erkenning van die waarde van
uitleg en ontwerp binne die visuele joernaal /bronboek (aanbieding) gee.
1.6 Leerders se visuele joernale/bronboeke moet bewyse toon van voorbereidende
sketse, geannoteerde tekeninge en navorsing op hulle verskeie bronne
gebaseer. Dit is belangrik dat hulle die oorspronklike bronne verpersoonlik
deur hulle te teken en die skep van oorspronklike ontwerpe.
1.7 Direkte kopiëring van ʼn beeld of ontwerp wat nie die leerder se eie is nie,
sal streng gepenaliseer word. Dit is plagiaat en is onaanvaarbaar. Die
uiterste belang word geplaas op die proses van transformasie van die
verwysings-/bronmateriaal.
1.8 Teken, as die basis van alle ontwerp op skoolvlak, sal swaar as ʼn bydraende
faktor in die visuele journaal/bronboek geweeg word. Leerders moet ʼn
verskeidenheid ontwikkelings-tekeninge (komposisionele rowwe tekeninge),
asook tegniese vermoë vertoon deur goeie soliede tonale tekening(s) te verken.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 ONTWERP V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
1.9 ʼn “Finale” A3-tonale tekening is nie ʼn voorvereiste nie, maar kan ʼn leerder se
tekeningprogram ondersteun as teken regdeur die visuele journaal/bronboek
van ʼn swak gehalte is.
1.10 Die ontwikkelingsproses van begin tot ʼn voltooide finale skynvertoon in die
visuele joernaal/bronboek moet duidelik wees. Geen stappe moet ‘oorgeslaan’
word nie. Daar moet ʼn duidelike gedokumenteerde reis wees.
1.11 Aangesien ONDERWERP 1 (Die Proses) dieselfde gewig het as
ONDERWERP 2 (Die Finale Produk), moet leerders bewus gemaak word van
dit en genoeg tyd op beide spandeer, om die belangrikheid van beide te erken.
1.12 BELANGRIK VIR 2016: Daar word vereis dat alle leerders ontwerp in
konteks moet wys. Dit is die aanbevole rigting wat die vak moet volg. Hierdie
stap behels die aanbieding van die finale produk in ʼn ‘reële’ ruimte/omgewing
waarbinne dit kan funksioneer.
Dit kan binne die visuele joernaal/bronboek deur tekening/collage/
fotografie/digitale manipulasie of as ʼn geïntegreerde aanhegsel tot die finale
produk getoon word. Voorstelle sluit die plasing van produkte binne ʼn skyn-
binnenshuise omgewing; ʼn buite-omgewing; op ʼn kledingstuk/voorwerp (klere,
meubels, linne, ens.) of interaksie met ʼn mens (met die hand hou, ens.).
RIGLYNE VIR DRIEDIMENSIONELE MAKETTÉ PROTOTIPES
1.13 As ʼn tekening van ʼn driedimensionele ontwerp voorgelê word, moet
ortografiese diagramme (vooraansig, bo-aansig, syaansig) sowel as ʼn drie-
dimensionele tekening ook aangebied word. Metings wat op skaal dui en die
monterings-instruksies moet hierdie vergesel.
1.14 Leerders moet hul keuse van konstruksiemateriaal (hout, metaal, plastiek,
ilalapalm, draad, papier, ens.) vir hul finale produk verklaar en verduidelik hoe
die eienskappe van die gekose materiaal (sterkte, hardheid, taaiheid,
buigsaamheid, weerstand teen korrosie, waterdigting, ens.) die produk
ondersteun en sy funksionaliteit versterk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V2 5
HERSIENDE 2016 RIGLYNE
(INSTRUKSIES AAN DIE ONDERWYSER EN LEERDER)
ONDERWERP 2: FINALE PRODUK [50]
2.1 Alle ONDERWERP 1 proseswerk moet voltooi word voor die aanvang van die
ONDERWERP 2. Die onderwyser moet tydens die finale produksie van die
ontwerp (ONDERWERP 2) hulp aan die kandidaat beperk en leerders aan-
moedig om hul eie besluite te neem met betrekking tot hul finale prosesse.
2.2 Onderwerp 2 moet bewys lewer van minstens 12–24 uur se werk wys. Die
onderwyser moet seker maak dat die uitset/produksie van ONDERWERP 2 is
gelyk aan die tyd vir die voltooiing toegeken. Tydsbestuur is noodsaaklik.
2.3 ONDERWERP 2 werk kan NIE by die huis gedoen word NIE en kan NIE uit die
klaskamer geneem word NIE. Tydstoedeling deur die onderwyser en
tydsbestuur deur die leerder in hierdie verband moet toegepas en bestuur word.
2.4 Leerders moet ʼn gevorderde graad van tegniese vaardigheid demonstreer in
die gebruik van ʼn verskeidenheid van materiale en tegnieke wat gekies word. Dit
is dus raadsaam dat leerders ʼn ontwerp in die ontwerpdissipline wat hulle
bestudeer het produseer.
2.5 ʼn Finale tweedimensionele produk MOET nie kleiner as A3-grootte wees nie of
verwant aan die werk wat A3-grootte produksie beloop (bv. 2 x A4 ) wees. Die
grootte van driedimensionele ontwerp sal afhang van die funksie van die
voorwerp wat gemaak word.
2.6 Ontwerpe moet konteks weerspieël. Verwys na No. 1.12 van ONDERWERP 1.
2.7 Leerders se finale produkte in digitale formaat moet voldoende hand gelewerde
insette bevat. Oorspronklike tekeninge/collages moet geskandeer of
gefotografeer vir hierdie doel wees. Oorspronklike ontwerpe moet teenwoordig by
die jaareinduitstalling wees.
2.8 Enige twee- of driedimensionele kuns ontwerp wat bloot gegrond is op handwerk
prosesse soos découpage, ens. vir dekoratiewe doeleindes sal NIE aanvaar word
NIE. Handwerkprosesse moet gebruik word om ʼn oorspronklike produk te
skep. Produkte moet voldoende vaardigheid in tegniek/metode wys. Leerders
moet bewys, deur middel van hul finale produk, ʼn progressie van
vaardigheidsontwikkeling vanaf Graad 10–12.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 ONTWERP V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
HOU HIERDIE BLADSY SKOON
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V2 7
HERSIENDE 2016 ASSESSERINGSKAAL/RIGLYNE:
---------------------------------------------------------
PAT 3 – GRAAD 12 (SEPTEMBER P2 PRAKTIES)
ONDERWERP 1: PROSES (VISUELE JOERNAAL/BRONBOEK)
KRITERIA
Uitdrukking van voorneme en rasionaal: (Konsepte/Kreatiwiteit)
Denkprosesse; Stoot die grense van ontwerp; Kritiese en analitiese 10
denke, Idee ontwikkeling
Bewys van navorsing: Eksperimentering en eksplorasie van
10
bron/inspirasie materiaal; Ondersoek
Tegniese vaardigheid: Vaardighede, uitvoering, eksperimentering en
10
eksplorasie van media.
Bewyse van gedetailleerde beplanning en aanbieding: Wys al die
stappe en beplanning tot ʼn finale ontwerp van die begin af, tot ʼn voltooide 20
finale skynvertoon; Probleemoplossing
TOTAAL: % 50
ONDERWERP 2: FINALE PRODUK
KRITERIA
Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Interpretasie in terme van die konsep,
funksie en oplossings wat relevant is vir die onderwerp. Kommunikeer dit
20
effektief? Is die produk suksesvol/bemarkbaar/kontemporêr/relevant/
slim/op tendens?
Bewyse van ontwerpdeelname: Interpretasie en toepaslike gebruik van
10
die gekose ontwerp-elemente en beginsels
Tegniek en vakmanskap: Metode/Maak; Bevoegdheid in gekose
10
materiale en tegnieke
Professionele aanbieding en tydsbestuur (12–24 uur): Is dit volledig?
Is dit netjies? Is daar nog areas waaraan aandag gegee moet word? Lyk 10
dit of dit haastig gedoen was en onnet?
TOTAAL: % 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 ONTWERP V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
HOU HIERDIE BLADSY SKOON
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V2 9
OPDRAG/TEMA 1
GRIEKSE EN ROMEINSE ARGITEKTUUR
(VERBIND MET KWARTAAL – ONDERWERP 3)
Logika en orde is in die middelpunt van Griekse argitektuur. Die Grieke het hul
tempels volgens ʼn gekodeerde skema van dele, gebaseer eerste op funksie, dan op ʼn
beredeneerde stelsel van beeldhoukundige versiering beplan. Wiskunde het die
simmetrie en die harmonie bepaal.
Hulle argitektuur bied aan ons ʼn konkrete voorbeeld van morele en geestelike
waarheid. Die stewige fondament platform, die afdruk-massa van die argitraaf, fries-
en dakstruktuur, wat die kragtige gevoel van lug van die kolomme teenwerk, die
kalmte van die kolonnade, gewysig deur die energie van die geskulpteerde fries en
pediment. Dit is die filosofiese betekenis van die Griekse argitektuur, wat argitekte
regoor die wêreld vir meer as tweeduisend jaar in vervoering het.
Romeinse argitekte het gemik om die grootheid en die mag van Rome te
demonstreer. Hulle het belangrike argitektoniese tegnieke bemeester, insluitend die
boog, die koepel en die kluis, sowel as die gebruik van beton. Deur die gebruik van
hierdie metodes, het Romeinse ingenieurs ʼn paar van die vernaamste openbare
geboue in die geskiedenis van argitektuur, insluitend tempels, basilieke, amfiteaters,
triomfboë en openbare baddens ontwerp en gebou. Daarbenewens het argitekte talle
akwadukte, dreineringstelsels en brûe, sowel as ʼn groot netwerk van paaie ontwerp,
terwyl beplanners ʼn reeks van stedelike bloudrukke, gebaseer op weermagkampe
ontwikkel het, om nuwe dorpe van nuuts af te help skep.
Beide die Griekse en Romeinse argitektuur het ʼn beduidende invloed op
argitektoniese style deur die eeue gehad. Hierdie twee tydperke het bekend geword
as die Klassieke tydperk – wat beteken dat hulle ideale of tydlose style geword het.
JOU TAAK
Skep ʼn ontwerp wat invloede leen van die Griekse en Romeinse argitektuur. Word
geïnspireer deur die beginsels, filosofie en estetiese eienskappe. Verken hulle
gebruik van boumetodes en materiale. Word geïnspireer deur hul argitektoniese
ornamentasie en versiering.
Ontwikkel ʼn oplossing wat ʼn ontwerp in ʼn moderne konteks uitdruk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 ONTWERP V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
HOU HIERDIE BLADSY SKOON
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V2 11
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 ONTWERP V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
Tiffany’s Atlas se juweliersware
versameling (bo).
Die Meander motief het sy naam van die rivier Meander, 'n rivier met baie Ontwerpe geïnspireer deur en
kinkels verkry. Die motief is ook bekend as die Griekse sleutel of Griekse inkorporeer antieke Romeinse syfers
afkarteling. Meander was die belangrikste simbool in antieke Griekeland, en simbole geskryf in die Argitraaf
en simboliseer die oneindigheid of die ewige vloei van dinge. Baie van Griekse en Romeinse tempels.
tempels en voorwerpe is met hierdie motief versier.
Romeinse spykerhak Stoel en stoelontwerpe wat bestaan Swart houtstoel van Fornasetti met 'n
geïnspireer deur ikoniese uit Ioniese pilare onderverdeel in drie kontrasterende grys antieke Griekse
Romeinse argitektuur en stukke deur Studio 65. ontwerpkolom as die agterkantleuning.
gladiator-styl skoene.
Gestileerde en vereenvoudigde illustrasies van die entablature wat die Die huise van die Parlement in
pediment, kroonlys, fries en argitraaf insluit. Kaapstad gebou in die neoklassieke
styl van argitektuur, het sy oorsprong
in die Griekse en Romeinse
argitektuur.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V2 13
HOU HIERDIE BLADSY SKOON
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 ONTWERP V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
OPDRAG/TEMA 2
DIE OLIMPIESE GEES
’N KORT GESKIEDENIS
Die Olimpiese Spele, met sy oorsprong in antieke Griekeland is herleef in die laat
19de eeu en het die wêreld se voorste sportkompetisie geword.
Die Spele was ʼn direkte uitvloeisel van die waardes en oortuigings van die Griekse
samelewing. Die Grieke het fisieke fiksheid en geestelike dissipline geïdealiseer, en
hulle het geglo dat uitnemendheid op die gebiede vereer Zeus, die grootste van al
hul gode.
Van die 8ste eeu vC tot die 4de eeu nC, is die Spele elke vier jaar in Olimpus,
Griekeland gehou. Vroue is nie toegelaat om te kompeteer in die Spele of om dit
dop te hou nie, omdat die Spele toegewy was aan Zeus en is dus slegs vir mans
bedoel was.
Die eerste moderne Olimpiese Spele het in 1896 in Athene plaasgevind, en daar
was 280 deelnemers uit 13 lande, wat in 43 sportsoorte/-items meegeding het.
Sedert 1994, is die somer en winter Olimpiese Spele apart gehou en het elke twee
jaar afgewissel.
DIE OLIMPIESE RINGE
Hierdie vyf multi-gekleurde Olimpiese ringe verteenwoordig die vyf kontinente. Die
verstrengeling van die ringe toon die simboliek aan dat die Olimpiese Spele bedoel
is vir al die nasies om te kom en teen mekaar in eenheid mee te ding.
JOU TAAK
Skep ʼn ontwerp wat die etos van die Olimpiese Spele verpersoonlik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V2 15
HOU HIERDIE BLADSY SKOON
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 ONTWERP V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
DIE RIO OLIMPIESE SPELE 2016
Die Olimpiese Spele 2016 sal in Rio de Janeiro, Brasilië, vanaf 05–21 Augustus 2016
plaasvind. Meer as 10 500 atlete van 206 Nasionale Olimpiese Komitees sal aan
hierdie sportgebeurtenis deelneem. Die Spele sal 28 sportsoorte het, insluitend rugby
sewes en gholf, wat in 2009 deur die Internasionale Olimpiese Komitee bygevoeg is.
Hierdie sportgebeurtenisse sal plaasvind by 33 plekke versprei oor vier streke van die
stad. Rio sal die eerste Suid-Amerikaanse stad wees om die Olimpiese Spele aan te
bied, en die eerste sedert 2000 in die Suidelike Halfrond.
Die Rio 2016 Olimpiese Logo verskyn op alle handelsmerke wat Sport-piktogramme is grafiese
handelsmerkreg bagasie, klere en memorabilia soos horlosies en ikone wat die visuele identifikasie
bekers insluit. van elke sport fasiliteer en is 'n
Spele tradisie
Die 2016 Rio Olimpiese embleem is bedoel om die carioca, of Die Rio Spele het 64
Brasiliaanse plaaslike mense te verpersoonlik. Die mense wat piktogramme – 41 Olimpiese en
mekaar omhels in die embleem is bedoel om verwelkomend en 23 Paralimpiese.
vriendelik te wees, terwyl die silhoeët van die omhelsing bedoel is
om Sugarloafberg te omlyn. Die mense silhoeëtteer nie net die berg Vir meer inligting oor die
nie, maar is bedoel om ‘die stad te omhels’. Die vorms van die kreatiewe proses van
liggaam spel ook die woord ‘Rio’ uit. piktogramme besoek:
https://youtu.be/sxkrS0LCegE
DIE PARALIMPIESE
Die Paralimpiese se fakkel se Die voete van Matt Stutzman van Om die vereistes van die elite-atlete
kronkelende kurwes verteenwoordig die Verenigde State van Amerika te bevredig, het beduidende nuwe
die hoogtepunte en laagtepunte in die hou sy boog met tegnologie wat tegnologiese ontwikkelings in
lewe van ʼn Paralimpiese atleet . Die spesiaal vir die sport geskep is. rolstoelontwerp en prostese
vierhoekige vorm verwys na die vier plaasgevind, gedemonstreer deur
Paralimpiese waardes – moed, radikale ontwerptoerusting soos sit
vasberadenheid, inspirasie en gooi stoele, wedrenrolstoele, en
gelykheid – wat ook in braille op die hardloop-prostese.
fakkel geskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V2 17
SUID-AFRIKA SE OLIMPIESE GESKIEDENIS
Suid-Afrika het eerste aan die Olimpiese Spele in 1904 deelgeneem, en het atlete om
mee te ding in elke Somer Olimpiese Spele tot 1960 gestuur. Na afloop van die
aanneem van Resolusie 1761 van die Algemene Vergadering van die Verenigde
Nasies in 1962 in reaksie op die beleid van apartheid in Suid-Afrika was die nasie
verbied van die Spele. Na afloop van die onderhandelinge om apartheid te beëindig in
Suid-Afrika in 1990 begin het, het die nasie weer by die Olimpiese beweging in 1992
aangesluit.
ONS OLIMPIESE HELDE
Suid-Afrikaanse atlete het altesaam 76 medaljes gewen, met atletiek, boks en swem
as die top-medalje oplewerings-sportsoorte. Die mees onlangse medalje gewen was
ʼn silwermedalje deur Caster Semenya by die 2012 Olimpiese Spele in Londen.
Chad le Clos het goud in die 200- Caster Semenya het silwer Roland Mark Schoeman was ʼn lid
meter vlinderslag en silwer in die medaljes by die Olimpiese Spele in van die Suid-Afrikaanse swem-span
100-meter vlinderslag in die 2012 Londen 2012 in die 800 meter by die Olimpiese Spele 2000,
Olimpiese Spele in Londen gewen. gewen. Olimpiese Spele van 2004, 2008
Hy het ook vyf medaljes by die Olimpiese Spele, en die 2012
2010 Somer Jeug Olimpiese Spele Olimpiese Spele.
in Singapoer gewen.
Natalie du Toit is die meeste bekend vir die goue Die Suid-Afrikaanse goue medaljespan van Roland
medaljes wat sy by die 2004 en 2014 Paralimpiese Schoeman, Lyndon Ferns, Darian Townsend en Ryk
Spele gewen het. Neethling het ʼn nuwe wêreldrekord van 3:13.67 in die mans
4 x 100 m-vryslag-aflos by die Olimpiese Spele in Athene in
2004 opgestel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 ONTWERP V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
SPORT-ITEMS
Die sport-items in die Somer Olimpiese Spele sluit in: boogskiet, pluimbal, bofbal,
basketbal, boks, kanovaart, fietsry, duik, ruiter, omheining, sokker, gimnastiek,
handbal, hokkie, judo, kajak, marathon, vyfkamp, tafeltennis, roei, seil, skiet, swem,
taekwando, tennis, baan en veld (hardloop, spring-, en gooi-items), driekamp, vlugbal,
waterpolo, gewigoptel en stoei.
Winter Olimpiese sport-items sluit in: yshokkie, sierskaats, spoedskaats,
sneeuplankry, luge (ysslee), bobslee, skelet (ʼn tipe van slee ), krul, langlaufen,
vryslag-ski, slalom, afdraande (Alpe) ski, vryslag ski, ski spring, Nordiese
gekombineerde (ski plus ski-spring), en tweekamp (ski en skiet).
Die Maracanã-stadion in Rio de Janeiro, Vir die 2020 Tokio Olimpiese Die Tokio 2020
Brasilië was spesiaal gebou vir die 1950 Spele, het die grafiese Paralimpiese embleem is
Wêreldbeker-sokkertoernooi en toon ontwerperblokke van grys en gebaseer op die
selfs vandag indrukwekkende goud gebruik om die vorm van gelykaanteken, maar met
argitektoniese kenmerke, soos die 4 ʼn T, wat gebruik word om vir twee dik lyne vertikaal
groot toegangsopritte, sodat ten minste Tokio, Tomorrow ( môre) en eerder as horisontaal
100 000 mense die stadion in 30 minute Team (span) te staan te skep. gerangskik.
kan verlaat. Die beplande opgradering Hierdie bande is gevorm
van die stadion vir die 2016 Olimpiese Sano, stigter van Tokio studio uit die negatiewe ruimte
Spele sal dit te omskep in een van die ‘Mnr Ontwerp’ het beide logo's rondom die stam van die
mees moderne stadions in die wêreld. ontwerp om die rooi sirkel in T in die Olimpiese Spele
die middel van die Japannese logo. Dit beskik oor die
vlag te inkorporeer. silwer en goud hoeke, en
die rooi stippel, in
dieselfde plekke.
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Design Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)

Question paper
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

Memorandum
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 Memo (English)

Question paper
Design Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Design

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023 24

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)
Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper