NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
ONTWERP V1
(TEORIE)
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 43 bladsye.
You're offline
Skip to contentMemorandum 




View all
DSGN P1 S16 MEMO Afr_hlayiso.com_.pdf
Design · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Memorandum, 43 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 43
- File size
- 1.2 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 43
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
Verstaan Ontwerpteorie en gebruik van die korrekte terminologie.
Die erkenning en begrip van die eienskappe van elke ontwerp beweging in
al vier kategorieë van ontwerp.
Verstaan en interpreteer tekens en simbole, stereotipering, partydigheid
en vooroordeel in die ontwerp.
VRAAG 1: ‘ONGESIENE’ VOORBEELDE
Kandidate moet OF VRAAG 1.1 OF VRAAG 1.2 beantwoord.
1.1 1.1.1 (Ken 6 punte toe)
Kleur (element)
Die oorheersende kleur wat gebruik word is swart. Die geverfde
sensitiewe lynwerk gee ʼn delikate voorkoms aan die keramiekbord.
Die neutrale wit agtergrond skep ʼn sterk kontras teenoor die swart
lynwerk in die keramiekbord.
Die enigste plein skakerings van kleur kan gesien word in die
middel van die bord, die voëls en plante geverf in warm kleure:
oranje, bruin en groen. Dit is tipiese inheemse kleure van Suid-
Afrikaanse flora en fauna.
Beweging/Ritme (beginsel)
Ritme word geskep deur die herhaling van beelde soos ʼn proteas
en ʼn suikerbekkie.
ʼn Ritmiese sirkelbeweging word geskep deur die grootste proteas
aan die rand van die bord wat almal in dieselfde rigting wys. Dit
skep ʼn deurlopende gevoel van ritme en beweging.
Lyn (element)
Organiese kronkelende swart lyne gee die ontwerp ʼn vloeiende
kwaliteit.
Al die beelde is afgewerk met delikate en sensitiewe lynwerk wat ʼn
duidelike en lewendige kontras op die wit bord skep.
Gee erkenning vir enige geldige antwoord. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 3
1.1.2 (Ken 2 punte toe)
Die leerder kan “ja” antwoord en dan van die volgende redes noem:
Die oppervlak van die keramiekbord bestaan uit proteas en
speldekussings asook voëls bv. suikerbekkies wat almal
inheemse plante en voëls van Suid-Afrika is.
Die oranje, groen en bruin skakerings is tipies kleure van Suid-
Afrikaanse flora en fauna.
Die leerder kan “nee” antwoord en die volgende rede gee:
Die keramiekbord het ʼn tradisionele klei vorm aangeneem en
sodoende baie verwesters met ʼn moderne gevoel.
Gee erkenning vir enige geldige antwoord. (2)
1.1.3 (Ken 2 punte toe)
Moontlike antwoorde kan die volgende wees:
Kuns en Kunsvlyt beweging word die beste weerspieël in die
ontwerp in FIGUUR A vir die volgende redes:
Hulle was beïnvloed deur die natuur – plante en voëls is dikwels
gebruik as onderwerpe.
Hulle het ʼn geestelike verbinding met die omliggende omgewing.
Hulle het handgemaakte produkte geproduseer.
Hulle produkte was baie eenvoudig en versiering is tot die
minimum beperk.
Hulle het natuurlike kleure gebruik soos oranje, groen en
bruine.
Gee erkenning vir enige ander geldige antwoord. (2)
V1.1 KOGNETIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE
Observasie Deel van 1.1.1
Laer orde 30% 2+1
Visuele begrip Deel van 1.1.3
Toepassing van Deel van 1.1.1
Middel orde 40% 4
elemente Deel van 1.1.3
Analise
Deel van 1.1.1
Hoër orde Sintese 30% 2+1
Deel van 1.1.2
Evaluasie [10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
1.2 1.2.1 (Ken 8 punte toe)
Balans:
Balans verwys na die visuele gewig in ʼn ontwerp. Hierdie
kledingstuk toon simmetriese balans omdat altwee kante van die
kledingstuk vanaf die dieselfde is.
Hierdie formele balans verwys na die samestelling van die
kledingstuk. Albei kante is dieselfde en vorm ʼn stabiele effek.
Ritme/Patroon:
Ritme is ʼn gevoel van beweging wat nodig is om belangstelling in
ʼn ontwerp te skep. Die herhaling van die effens geboë en
komplekse geometriese patrone en weggesnyde vorms van die
kledingstuk skep ʼn sterk gevoel van beweging.
Die komplekse meetkundige patrone en weggesnyde dele van die
ontwerp gee die oog ʼn voortdurende opwindende dramatiese
visuele effek.
Tekstuur:
Die kledingstuk het tasbare teksture met ʼn verskeidenheid van
kwaliteite.
Die verskillende weg gesnyde vorms, dekoratiewe knope en die
geweefde sy lint skep ʼn ryk verskeidenheid en kontras tussen
teksture.
Eenheid:
ʼn Verskeidenheid van komplekse geometriese vorms, soos
driehoeke, halfsirkels en ovale word gesien dwarsoor die
kledingstuk en dra by tot die algehele patroon.
Die algehele geometriese patroon is swart en dit dra by tot die
eenheid. Eenheid word in die ontwerp geskep deur die swart
lint wat gekombineerd is met die algehele geometriese swart
patroon van die kledingstuk. Al die elemente werk saam in die
kledingstuk wat harmonie en eenheid bring wat dit ʼn suksesvolle
ontwerp maak.
Gee erkenning vir enige ander geldige antwoord. (8)
1.2.2 (Ken 2 punte toe)
ʼn Samestelling van verskillende kulture is duidelike. Die
komplekse geometriese vorms weerspieël ʼn Afrika invloed asook
ʼn Asiatiese invloed.
Die kleed se versierings en die ‘hooftooisel’ met die besondere
knope en linte is tipiese Xhosa tradisie. Die skoon, grafiese
lyne, en simplisiteit van vorms en silhoeëtte weerspieël sterk
Japanese invloed. Die skoon, eenvoudige, grafiese lyne wat
die rok vorm verwys na ʼn sterk Japanese invloed.
Gee erkenning vir enige geldige en goed beredeneerde antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 5
V1.2 KOGNITIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE
Observasie/
Laer orde 30% Deel van 1.2.1 1+2
Begrip
Deel van 1.2.1
Middel orde Toepassing 40% 4
Deel van 1.2.2
Analise
Sintese Deel van 1.2.1
Hoër orde 30% 3
Evaluasie/ Deel van 1.2.2
Afleiding [10]
VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP
2.1 2.1.1 (Ken 1 punt toe)
BOODSKAP WAT DEUR DIE PLAKKAAT OORGEDRA WORD:
Die boodskap wat oorgedra word in die plakkaat is die lot of
desperaatheid van sekere vroue wat hulle liggame vir seks
(prostitusie) verkoop om ʼn inkomste te skep vir oorlewing.
Gee erkenning vir enige geldige en goed beredeneerde antwoord. (1)
2.1.2 (Ken 2 punte toe)
Die Gestalt-beginsel van Figuur en Grond word toegepas deur die wit
silhoeëtte wat natuurlik beskou word as figuur (voorwerp). Die
omliggende swart gebied word as Grond (agtergrond) waargeneem. (2)
2.1.3 (Ken 4 punte toe)
Die silhoeëtte van die vrou wys dat sy naak is, sy lyk blootgestel
en kwesbaar.
Die silhoeëtte van die vrou is op ʼn swart agtergrond wat
simboliseer dat die vrou nie ʼn identiteit het nie. Sy is net nog ʼn
vrou wat gebruik word vir seksuele plesier, sy voel emosioneel
leeg.
ʼn ‘Barcode’ toon dat sy ‘gebrandmerk’ is en net nog ʼn
produk/voorwerp is om te verkoop.
Die teks is beperk tot net die noodsaaklike boodskap wat die krag
van die beeld versterk.
Die vrou is geïsoleerd en omring deur donker, ʼn swart leë ruimte
wat haar isolasie uitbeeld.
Die teks is geplaas in lyn met die vrou se mond om te
demonstreer dat hierdie ʼn gesiglose vorm van desperaatheid is
om haar innerlike gevoelens van wanhoop uit te laat.
Gee erkenning vir enige ander geldige antwoord. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
2.2 2.2.1 (Ken 1 punt toe)
Stereotipering:
Dit is ʼn vaste indruk of idee oor ʼn groep mense wat gebaseer is
op die ervaring met ʼn individu en as waar uitgebeeld word.
Word dikwels gesien in advertensies as groepe mense of
individue met sekere eienskappe, of voorgeskrewe rolle. (1)
2.2.2 (Ken 2 punte toe)
Die vrou in die tekstiel gedrukte lapwerk, ‘Jacki So’ word gesien
op haar selfoon praat. Sy vertoon ʼn vrou met ʼn glansryke en ryk
leefstyl en streef daarna om so gesien te word d.m.v. die
spraakborrels rondom haar. Sy word ook gestereotipeer as ʼn
meisie wat maklik opgetel kan word deur mans met haar
uitdagende stywe klere en hoëhakskoene en haar hand op haar
heup houding.
Die gevaar van die steroptipe is dat dit die indruk kan skep dat
mense aanvaar dat alle vroue wat stywe klere en hoëhakskoene
dra en hulself omring met sekere beelde in die samelewing
(stywe klere, skootrekenaars en selfone) opgetel wil word.
Hierdie stereotipering verwyder hulle ware identiteit.
Gee erkenning vir enige ander geldige antwoord. (2)
V2 KOGNITIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE
Laer orde Observasie/ 2.1.2
Herroep/ 30% 2.1.3 1+1+1
Begrip 2.2.1
Middel orde Toepassing Deel van 2.1.1
40% 1+3
Deel van 2.1.3
Hoër orde Evaluasie/Afleiding 30% 2.2.2 3 [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 7
VRAAG 3
Kandidate moet OF VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2 beantwoord.
3.1 (Ken 8 punte toe)
Die memorandum is slegs puntsgewys geskryf om nasien te
vergemaklik.
Kandidate moet ʼn opstel sonder die gebruik van die punte of opskrifte
skryf, om hul vermoë om te evalueer en feitelike inligting te wys.
3.1.1 INSPIRASIE/INVLOEDE:
Die Ishongololo stoel maak verwysing na Suid-Afrika se handwerk
tegnieke. Ishongololo beteken honderdpootwurm wat homself
opkrul in ʼn balvorm as hy skrik. Die ‘Dot’ stoel was ontwerp om as ʼn
stapelstoel te dien. Die produksie van die ‘Dot’ stoel is ook
geïnspireerd en beïnvloed deur die nuwe materiaal en
produksiemetodes in die industrieë. Beide die stoele kan massa-
vervaardig word.
TEKSTUUR:
Die sitplek van die Ishongololo stoel word vervaardig van wol. Die
tekstuur is dus sag, gee warmte en troos. Die stoel het ʼn snoesige
karakter wat jou laat voel of jy daaraan wil vat. Die ‘Dot’ stoel is
opgebou uit geverfde hout, wat die stoel ʼn gladde oppervlak gee, en
baie prakties maak vir alledaagse gebruik. Die bene van beide
stoele is chroom wat hulle glad en blink laat voorkom en ook prakties
maak vir gebruik.
MATERIALE EN TEGNIEKE:
Die Ishongololo stoel se sitplek is met die hand gemaak van
herwonne wol van die modebedryf, waar die stukke wol in die
middel van die basis van die stoel ʼn ring vorm, aangeheg is. Die
stukke lap kan maklik kompak word sodat dit gemaklik is om op die
stoel te sit. Volhoubaarheid is die kern van hierdie ontwerp.
Die ‘Dot’ stoel is gemaak van hout en geverf in ʼn keuse van vyf kleure,
sowel as gevineerde okkerneuthout met die grein ten volle sigbaar.
Beide die stoele is vervaardig van ʼn chroom raam wat hulle ʼn
industriële maar modiese voorkoms gee.
ESTETIESE VOORKOMS:
Die Ishongololo stoel het ʼn estetiese voorkoms a.g.v. die gemaklike
sagte teksture van die sitplek. Die bekendheid van die stoel bring
ook kinderdae terug want as jy aan die honderdpootwurm vat krul hy
in ʼn stywe bal as hy skrik. Hierdie nuwe ‘funky’ eko-meubelstuk,
heeltemal gemaak van wol afvalstukke en onverwagte kleure is ʼn
opwindende nuwe reeks, uniek, en individueel.
Die ‘Dot’ stoel is ʼn kleurvolle versameling van stoele wat enige
interieur in ʼn funksionele, tog stylvolle manier kan opkikker.
Daar is ʼn reeks van kleure om van te kies wat jou woonarea en
kantoor kan ophelder en by jou persoonlikheid en karakter kan pas
reg deur die jaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
Die ‘Dot’ stoel se stapelfunksie is vir klein interieurs. Dit dien as ʼn
sitplek, versiering en help met die algehele interieur gevoel.
Gee erkenning vir enige ander geldige antwoord. (8)
3.1.2 (Ken 2 punte toe)
Die memorandum wys dat beide FIGUUR A en FIGUUR B die
beginsel ‘Vorm Volg Funksie’ bespreek.
Die kandidaat moet kies tussen FIGUUR A OF FIGUUR B.
‘Vorm volg funksie’:
FIGUUR A:
Die vorm van ʼn ontwerp word gebaseer op die funksie of doel van die
voorwerp, in die geval, ʼn stoel. Die doel van hierdie spesifieke
ontwerp van die stoel is gemak. ʼn Sagte sitplek wat baie gemaklik
is, met die voldoende hoogte. Die stoel kan maklik rondgeskuif word
en is nie baie swaar nie. Die stoel is nog steeds baie stewig en het
vier bene wat hom baie goed stabiliseer.
OF
FIGUUR B:
Hierdie stoel word spesifiek ontwerp vir gemaklikheid, met die
voldoende hoogte, ʼn stewige oppervlak om op te sit en is baie lig in
gewig. Die stoel is nog steeds baie stewig met vier bene, baie
stabiel, is prakties en kan gerieflik rondgeskuif word in klein ruimtes.
Gee erkenning vir enige ander geldige antwoord. (2)
KOGNITIEWE GEWIG
V3.1 VLAK VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE %
Deel van 3.1.1
Laer orde Kennis, Begrip 30% 1+2
3.1.2
Toepassing van
Middel orde 40% Deel van 3.1.1 4
elemente
Analise
Hoër orde Sintese 30% Deel van 3.1.1 3
Evaluasie [10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 9
3.2 (Ken 10 punte toe)
Die memorandum is slegs puntsgewys geskryf om nasien te
vergemaklik.
Kandidate moet ʼn opstel sonder die gebruik van die punte of opskrifte
skryf, om hul vermoë om te evalueer en feitelike inligting weer te gee.
Die volgende vergelykende opstel moet die kandidaat die paviljoen in
FIGUUR C met die Colosseum in Rome vergelyk.
DOEL/FUNKSIE:
Die Colosseum was gebou vir die Keisers, Verpasians en Titus om die
Romeinse publiek te vermaak met verskillende bloeddorstige
sportsoorte. Dit het deelnemers ingesluit soos oorlogsgevangenes,
slawe, wilde diere en gladiators. Al hierdie asemrowende sport bv.
stydwa-resies was ʼn bewys van Rome en hulle oorwinnings oor ander
nasies. Die Colosseum is ʼn massiewe, asemrowende struktuur, ʼn teken
van Rome se rykdom, mag en krag, om die gewildheid en
ondersteuning van die gepeupel teenoor die keiser te bewys. Die
Colosseum was ook ʼn tentoonstelling van die ingenieursvernuf en
boutegnieke van daardie tydperk. Die voorstelling van beroemde
Romeise oorloë het patriotisme aangemoedig.
Die ‘Duckpond’ Paviljoen is hoofsaaklik gebou as ʼn krieketveld en
sportsgronde vir sport-entoesiaste. Die paviljoengebou word ook
gebruik vir ander geleenthede soos huweliksonthale en korporatiewe
funksies, daarom is dit ʼn openbare gebou.
UITLEG/PLAN:
Beide die Colosseum en die ‘Duckpond’ Paviljoen is ovaalvormige,
vrystaande strukture, met sitplekke wat trapsgewys gerangskik is.
Gedurende die dag skyn natuurlike lig beide in die Colosseum en die
‘Duckpond’ paviljoen.
Die Colosseum het sitplekke vir sowat 50 - 80 000 mense, terwyl die
‘Duckpond’ Paviljoen sowat 17 500 sitplekke het.
As gevolg van die groot skare kapasiteit is dit noodsaaklik om altwee die
geboue vinnig te vul asook om te ontruim. Hierdie probleem is opgelos
deur verskeie ingange en uitgange wat genommer is.
In die Colosseum is die voorste, laagste afdeling se sitplekke
gereserveerd vir die keiser en prominente burgers. Die laer klas mense
het verder boontoe gesit. In die ‘Duckpond’ Paviljoen se geval is dit
omgekeerd. Die onderste sitplekke is vir die algemene publiek en die
private sitplekke is bo gereserveerd vir die eksklusiewe toeskouers.
In die Colosseum was daar ondergrondse kamers waar wilde diere in
hokke gehou is. Die hokke is met meganiese toestelle gehys na bo
sodat hulle in die middel van die Colosseum verskyn.
Die middel van die krieketgrond is bedek met gras om die sport te
akkommodeer.
Die Colosseum het bestaan uit drie vlakke wat omring was deur
halfkolomme van die Toskaanse, Ioniese en Korintiese tydperke, en ʼn
vierde versier met Korintiese beelde. Die ‘Duckpond’ Paviljoen bestaan
uit vlakke met boogvormige ingange en uitgange geïnspireerd deur
klassieke Romeinse argitektuur.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
Beide die Colosseum en die ‘Duckpond’ Paviljoen maak gebruik van
boogvormige uitgange en ingange.
MATERIALE EN PRODUKSIE TEGNIEKE:
Die Colosseum was gebou met ʼn tipe kalksteen wat sonder messelklei
geset is en bymekaar gehou word deur 300 ton yster klampe. Die
‘Duckpond’ Paviljoen was gebou met beton, bakstene, messelklei,
metaal en glas. Die dak was versterk met gegalvaniseerde velle.
Die Colosseum was gebou met die hand sonder die hulp van enige
masjinerie. Die ‘Duckpond’ Paviljoen is gebou met die hulp van
moderne masjinerie en tegnologie. Dit het ʼn geïntegreerde beheer
stelsel wat voorsiening maak vir doeltreffende en gesentraliseerde
alarmstelsels, verwarming, ventilasie en elektriese sisteme.
VERHOUDING TOT DIE TERREIN:
Die Colosseum is geleë in die hart van Rome sodat dit maklik toeganklik
was vir alle Romeinse burgers.
Die ‘Duckpond’ Paviljoen is omring deur ʼn pragtige park: St. Georges
Park in Port Elizabeth, Suid-Afrika.
TEIKENMARK:
Die teikenmark vir die Colosseum was grootliks bepaal deur die vorm
van aktiwiteit wat aangebied is. ʼn Wye spektrum van toeskouers was in
ag geneem as dit by aktiwiteite kom, van die Keiser tot die man op die
straat. Dit het die Romeinse publiek vermaak met bloeddorstige
sportsoorte met Wilde diere, gladiators en stydwaresiese. Die
‘Duckpond’ Paviljoen is oorwegend vir krieket geesdriftiges, maar
akkommodeer ook musiek liefhebbers met musiek konserte.
Korporatiewe- en private funksies word ook hier gehou.
Gee erkenning vir enige geldige antwoord.
V3.2 KOGNITIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE
Kennis
Laer orde 30% Deel van 3.2 3
Begrip
Middel orde Toepassing 40% Deel van 3.2 4
Analise
Hoër orde Sintese 30% Deel van 3.2 3
Evaluasie [10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 11
AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
Geskiedenis van ontwerp: Sluit in Griekeland, Rome, Gotiese, Barok,
Rococo, Neoklassieke, Victoriaans, Kuns en Kunsvlyt, Art Nouveau,
Bauhaus, Art Deco, Skandinawiese, De Stijl, Modernisme, Populêre
kultuur, Pop/New Age en Post-Modernisme.
ʼn Oorsig van argitektuur, waarin klassieke voorbeelde met kontemporêre
geboue vergelyk word.
Interpreteer en analiseer verskillende voorbeelde soos breekware, en/of
bv. juwelierswaarde of kulturele geboue. Bespreek geskiedkundige en
hedendaagse konnektasies.
VRAAG 4
4.1 (Ken 20 punte toe in totaal)
LEERDERS MOET TWEE VANUIT N MOONTLIKHEID VAN NEGE
ONTWERPBEWEGINGS/-STYLE/-PERIODES KIES.
LET WEL:
Vir elke een van die style/bewegings moet die kandidate klem plaas op die
karaktereienskappe van die spesifieke beweging/styl deur te verwys na die
ondergenoemde kwotasie.
Die beddens te sien in FIGUUR A is bloot ʼn riglyn wat kandidate kan help om
karaktereienskappe te onthou van die beweging/styl.
Hulle mag ook verwys na enige argitektoniese strukture of produkte van die
beweging/tydperk wat hulle kies.
“Ontwerp is ʼn samestelling van klomp komponente, dit moet visueel, esteties en van
goeie gehalte wees. Op die ou end moet dit die eindgebruiker se behoeftes bevredig.”
– Sally Sirkin Lewis
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
GRIEKS:
Die Beweging en beskawing: (Ken 1 punt toe)
Magtige stede soos Korinte, Athene en Sparta het spoedig ontwikkelde
nasies gevorm met hul eie karaktereienskappe.
Athene was ʼn stad van intellektuele waardes waar studies, denke en
filosofie geheers het, terwyl Sparta ʼn stad van soldate was.
Die ontwikkeling van die Griekse kultuur word in drie hooftydperke
verdeel: Die Argaïese, die Klassieke en die Hellenistiese tydperk. (1)
Doelwitte: (Ken 1 punt toe)
Die antieke Griekse beskawing was behep met die menslike vorm.
Hulle het geglo dat ʼn gesonde liggaam, ʼn gesonde gees huisves. As
gevolg van hierdie filosofie het die antieke Grieke ongelooflik hard
gewerk om hulle denke sowel as hulle fisieke voorkoms te ontwikkel.
Sport en fisiese aktiwiteite het ʼn groot deel van hulle daaglikse lewe
uitgemaak. Die Griekse gode het volgens hulle ʼn menslike vorm
aangeneem, en menslike emosies soos begeerte, liefde of getrou
getoon. In die Klassieke tydperk het die menslike vorm die grootste
invloed op antieke Griekse argitektuur en ontwerp gehad. (1)
Invloede: (Ken 2 punte toe)
Hulle het geglo dat ʼn gesonde liggaam ʼn gesonde gees huisves. Hulle
was baie gesteld op hulle gedagtes en voorkoms. Sport en fisiese
aktiwiteite was ʼn groot deel van hulle alledaagse lewens.
Die Griekse beskawing het ʼn obsessie met die menslike vorm gehad.
ʼn Invloed op die antieke Griekse beskawing was hulle geloof en
mitologie.
Die Griekse Gode het die menslike vorm en menslike emosies soos
begeerte, liefde of spyt vertoon.
Hierdie invloede kan ook gesien word in uitkerwings op argitektoniese
strukture, soos bv. Griekse vase.
Hulle het die goue snit, ʼn wiskundige stelsel gebruik om die ideale
menslike figuur te skep. Hierdie stelsel is ook gebruik in hul argitektuur
om perfekte verhoudings te skep, soos gesien in die ‘Parthenon’. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 13
Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
Die onderwerpe van antieke Griekse beeldhouwerk wissel. Sommige
beelde is stories van gode, godinne of helde en hul dapperheid.
Estetika is ʼn vertakking van filosofie wat met die natuur van kuns,
skoonheid en smaak saamsmelt.
Antieke Griekse standbeelde beeld die daaglikse lewe uit: Griekse
mitologie, stories oor hulle gode en godinne en hul soldate wat veg en
helde word. Reliëfbeelde van alledaagse lewe, atlete wat deelneem
aan sport, soldate wat veg, vroue en kinders en bediendes, asook
begrafnisse en rouklaers by grafte: Beelde was gedenkstukke wat geskep
en is in openbare plekke geplaas.
Die funksie van Griekse beelde was gewoonlik vir geloof of as ʼn
gedenkteken opgerig.
Beelde was gewoonlik godsdienstige, geskep en toegewy aan ʼn belofte,
gelofte of herdenking. (ʼn Duidelike oorwinning was die standbeeld
opgerig van ‘Victor’).
Standbeelde het eenvoud, harmonie, ideale proporsies, balans,
logika en rasionalitiet beklemtoon.
Dit was gebaseer op wiskundige beginsels, wat hul begeerte aangedui
het vir elegansie van proporsies. Al die bogenoemde
karaktereienskappe is duidelik te sien in die ‘Parthenon’.
Hulle het gebruik gemaak van die ‘post and lintel’ stelsel.
Hulle het gebruik gemaak van drie tipe pilaar konsepte: Dories, Ionies en
Korintiaan.
Hulle het gebruik gemaak van marmer en sandsteen wat in helder kleure
geverf was. (5)
Ontwerper en produk: (Ken 1 punt toe)
Die ‘Parthenon’ ontwerp deur die argitekte, Iktinos en Kallikrates.
Beeldwerk: ‘Discobolos’ ontwerp deur Myron (1)
EN/OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
BAROK:
Die beweging/styl in konteks: (Ken 1 punt toe)
Die gewildheid en sukses van die Barok styl is bemoedig deur die Room-
Katolieke Kerk in reaksie op die protestante hervorming. Die
godsdienstige temas in hulle kunste is ʼn direkte en emosionele
betrokkenheid hiervan.
Die Barok-era is dikwels beskou as ʼn tydperk van artistieke styl wat
oordrewe beweging en eenvoudige besonderhede produseer het,
uitgebeeld deur drama, uitbundigheid, die grootheid van hul
beeldhouwerk, skilderkuns, argitektuur, literatuur, dans, teater en musiek.
Die styl het begin uitbrei in Rome rondom 1600 AD en later in meeste
dele van Europa. (1)
Doelwitte: (Ken 1 punt toe)
Karaktereienskappe van soberheid was om te beïndruk: om krag en
kontrole te reflekteer.
Die doelwit van Barok-argitektuur was om argitektoniese elemente in die
mees visuele estetiese wyse aan te wend om ʼn sin vir grootheid en
dramatiese effek te skep. (1)
Invloede: (Ken 2 punte toe)
Barokontwerp en -kuns is sterk beïnvloed deur die teenkanting van
Hervorming: Dit verwys na die tydperk in die geskiedenis toe die
Katolieke Kerk besin het oor praktyke en beginsels, asook die
implimentering van positiewe veranderinge in die kerk.
Die kerk het Barokkuns en -ontwerp gebruik om uit te reik na die mense
om die wedergeboorte van geloof te bevorder.
Barokkuns en -ontwerp het die belangstelling gelol van die rykes en die
aristokrate wat gevestig was op drama en die vermoë om te beïndruk.
Gestileerde Barokontwerpe is geleen uit die Middeleeue asook die
Renaissancetydperk se style. (2)
Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
Barokgeboue was kolossaal met dramatiese afmetings, vertoon met
massiewe trappe, kolomme en ingewikkelde, dramatiese versierings.
Geboue, meubels, mure en fonteine het beelde van engele, kupidos en
gelowiges uitgebeeld.
Barokstyl is ook bekend as die “Swaar Styl”.
ʼn Verskeidenheid van geronde en krom vorms is gebruik.
Ontwerpers maak gebruik van ryk, blink materiaal soos marmer,
vergulding en brons.
Die meubelontwerpe is indrukwekkend en is die werk van beeldhouers en
nie skrynwerkers.
Die gebruik van goud, edelmetale, spieëls en marmer oorheers.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 15
Voorbeelde van Barokontwerp het dinamiese komposisies, ʼn gevoel
van drama, sterk kontrasterende kleure en interaksie tussen lig en
skadu. Sterk klem word geplaas op drama en beweging.
Baie ontwerpe verwys na godsdienstige inhoud, ʼn skuif weg van die
suiwer Renaissance wat fokus op logika en rede.
Emosionele en dramatiese temas is gebruik.
Daar is ʼn ryk kombinasie van argitektuur, beeldhouwerk, silwer, kant, ryk
tapisserieë en luukse afwerkings. (5)
Ontwerper en produk: (Ken 1 punt toe)
‘Plafon Fresco’: Die Triomf van die Naam van Jesus ontwerp deur G.
Battista Gaulli (Rome) (1672–85).
Binneversiering: ‘Hall of Mirrors’ (Versailles) ontwerp deur Hardouin
Mansart en Le Brun (1678).
Argitektuur:’ Kolonnade van St. Peter’s’ ontwerp deur Glanlorenzo
Bernini (Rome) (omstreeks 1656).
Produk: ‘Baldacchino’ (Altaar) in St Peter’s ontwerp deur Bernini,
(Rome), (1624–1633).
Grafiese: “The Elderly Fool and His Cat” ontwerp deur Alexander
Voet ll, (17de eeu). (1)
EN/OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
SKANDINAWIESE ONTWERP:
Die beweging/styl en inhoud: (Ken 1 punt toe)
Skandinawiese ontwerp het ontwikkel gedurende die 1950’s in
Denemarke, Noorweë en Finland.
Na die Tweede Wêreld-oorlog was die beskikbaarheid van lae-koste
materiale en metodes vir masse produksie vir funksionele en pragtige
alledaagse produkte bekostigbaar vir almal. (1)
Doelwitte: (Ken 1 punt toe)
Om pragtige, visuele, estetiese en funksionele alledaagse produkte te
ontwerp wat bekostigbaar was vir almal.
Om eenvoudige, elegante ontwerpe te vervaardig, maar sonder dat
grasie, skoonheid of kwaliteit beïnvloed word. (1)
Invloede: (Ken 2 punte toe)
Modernisme en Bauhausbewegings met hul kunstige beginsels sowel
as tegnologiese en sosiale vooruitgang was ʼn sterk invloed.
Sosiale demokrasie wat ontwikkel het in die 1950’s het die begin van
die beweging veroorsaak.
Nuwe masjinerie, nuwe tegnologie en nuwe produkte wat nou
beskikbaar was na die Tweede Wêreld-oorlog het alles beïnvloed.
Die invloed van Surrealisme is sigbaar in die gebruik van die
biomorfiese vorms van sommige meubelstukke.
Koue donker winters met net ʼn paar ure van daglig, en die gewone lig
gekleurde meubels en interieurs, het ʼn groot invloed op Skandinawiese
interieurs gehad. (2)
Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
Kleur: Hout met ʼn ligte kleur, ontwerpe in treffende en helder kleure.
Patrone: Eenvoudige ontwerpe, vereenvoudigde blomfigure, kolle en
strepe.
Vorm/Spasie: Sagte ronde hoeke, eenvoudige organiese vorms
gekombineerd met geometriese vorms.
Meubels: Eenvoudig in vorm met gladde teksture en skoon lyne;
hulle het baie aandag gegee aan goeie vakmanskap en gemaklike
meubels.
Lyn: Meubelstukke was eenvoudig in vorm met organiese sowel as
reguit lyne. Klere-ontwerp was eenvoudige A-lyn rompe en rokke.
Nuwe materiale sluit in: veselglas, hout, rubber, plastiek, viniel,
laaghout en staal.
Hulle maak gebruik van modern materiale soos plastiek om vir die
eerste keer stapelstoele te vervaardig.
Aandag is gespandeer aan fyn afwerkings en detail. (5)
Ontwerper en produk: (Ken 1 punt toe)
3-D Produk: Arne Jacobsen – “Die eier stoel” of “Die Mier stoel”.
2-D Produk: Maija Isola – ‘Marimekko’ tekstiel ontwerp.
Argitektuur: Aalvar Aalto – ‘Helsinki’ Kulturele Sentrum.
Kommunikasie ontwerp deur Anders Beckman - Sweedse Lugredery
plakkate (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 17
EN/OF
KUNSVLYTBEWEGING:
Die beweging/styl en agtergrond: (Ken 1 punt toe)
Hoë geboue, fabrieke, brûe en tremstasies is teen die einde van die 19de
eeu orals gebou.
Fabrieke het ernstige gesondheidsrisiko’s gehad en dit was die begin van
sosialisme en menseregte.
Hulle was beïnvloed deur die natuur.
Hierdie beweging was ʼn terugslag teenoor die fabrieke wat orals in
Brittanje opgerig is. (1)
Doelstellings: (Ken 1 punt toe)
Kunstenaars het hulle daarop toegespits om die standaard van massa-
produksie produkte te verhoog.
Om die lewe van ontwerpers en vakmanskap te verbeter.
Om die vakman meer betrokke te maak met die ontwerp van alledaagse
ontwerpe en produkte.
Om ontwerpe meer eenvoudiger en minder dekoratief te maak.
Om produkte te produseer wat minder dekoratief is, meer natuurlike
materiale te gebruik (bv. hout en steen) Die doel was om die natuurlike
voorkoms van materiale te behou. .
Om sosiale orde te herstel, stabiliteit en Christelike waardes terug te
bring. (1)
Invloede: (Ken 2 punte toe)
Middeleeuse Gotiese Styl: toegespits om die standaarde van massa-
geproduseerde produkte en goeie Christelike waardes terug te bring.
Hierdie styl is tentoongestel deur die gebruik van Tudor-Gotiese style en
word gekenmerk deur die gebruik van spitsboë in die dakgedeeltes.
Die landelike Engelse kothuis-styl, dakbalke word nie bedek met
enigiets, sodat die natuurlike skoonheid van die hout gesien kan word.
Hulle gebruik handgemaakte, onversierde hout om meubels te bou.
Steen en hout is gebruik vir stoele en tafels. Stoele word uitgekerf uit hout
en sitplekke geweef deur riempies leer.
Beïnvloed deur alledaagse lewe soos die natuur, diere en blom-
motiewe. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
Die beweging het die mense weer laat belangstel in handgemaakte
produkte soos: keramiekwerk, leergebinde boeke, metaalwerk en
naaldwerk.
Ontwerpe: Die natuurlike vorms van blomme, voëls en diere, gotiese
ontwerp-motiewe, bv. die ‘quatrefoil’ en ‘tredoil’.
Produkte: Tekstiele, meubels, keramiekwerk, leergebinde boeke wat
handgemaak is, metaalwerk en argitektuur.
Materiale: Hout en klip.
Versierings: Geen onnodige detail. Versiering word net gebruik om die
basiese ontwerp te versterk.
Dekoratiwitiet: Eenvoudig en elegant sonder te veel versiering. Hulle
het alle produkte so na aan die werklike materiaal gehou as moontlik.
Fatsoene: Eenvoudig en elegant. Tekstiele en keramiekwerk was meer
organies a.g.v. die invloed van stabiliteit en orde.
Kleur: Hulle het gebruik gemaak van plat areas met helder kleure in
verskillende skakerings van blou, geel en rooi. Hulle het ook gebruik
gemaak van aardse kleure.
Balans: Meestal simmetries a.g.v. die Middeleeuse Gotiese invloed van
stabiliteit en orde.
Eenheid: Geskep deur die herhaling van organiese lyne op ontwerpe. (5)
Ontwerper en produk: (Ken 1 punt toe)
Tekstiele (tapeserie): ‘Die Aarbei-dief’ ontwerp deur William Morris
Meubels: ‘Morris’ stoel ontwerp deur William Morris
Argitektuur: “Die Rooi huis” ontwerp deur Phillip Webb (1)
EN/OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 19
RENAISSANCE:
Die beweging/styl en inhoud: (Ken 1 punt toe)
Dié tydperk in Europa het ʼn verandering in siening, wetenskaplike
eksperimentasie en verskillende denkrigtings teweeg gebring.
Groot denkers, kunstenaars soos Michelangelo, Leonardo da Vinci en
Raphael het op visuele maniere aan die ideale van die Renaissance
uitdrukking gegee. Hulle het ʼn nuwe fokus aan denke gegee.
Hulle het ʼn innoverende denkwyse aangemoedig, met voorbeelde
hiervan:
o 1455 – Johannes Gutenberg vind die drukpers en beweegbare letters
van metaal uit wat die begin van gedrukte inligting beskikbaar gemaak
het aan almal wat kon lees.
o 1606 – Galileo Galilei vind die astronomiese teleskoop uit. Hierdie is
die begin van objektiewe eksperimentering soos ons dit vandag ken.
o 1629 – Giovanni Brance vind stroomturbine uit.
o 1714 – Gabriel Fahrenheit vind die kwiktermometer uit. (1)
Doelstellings: (Ken 1 punt toe)
Redenasie, om te bevraagteken. Die verteenwoordiging van die menslike
figuur as ʼn individu was belangrik.
Humanisme is die Renaissance filosofie wat beweer dat elke persoon die
reg het om te dink, te redeneer, vrae te vra en hul eie besluite en eie
oortuigings te hê.
Dit het die Renaissance herlewing/wedergeboorte na die klassieke ideale
in kuns en argitektuur gelei. Veral in die 14de en 16de eeu het dit
teruggekeer na objektiewe eksperimentering in wetenskap. (1)
Invloede: (Ken 2 punte toe)
Die Renaissance was ʼn wedergeboorte van die Romeinse tradisies van
ontwerp en argitektuur.
Produk ontwerpe met hul versierings was dikwels geïnspireerd deur
Michelangelo en Raphael.
Mitologiese en Bybelfigure was dikwels geïnkorporeer in hul ontwerpe.
Kunstenaars van die vroeë Renaissance tydperk gebruik die natuurlike
wêreld as verwysing vir hulle kuns.
Die rasionale benadering wat gevisualiseer word deur die kunstenaars
verskil aansienlik van die suiwer-geïnspireerde ontwerpe en kuns van die
Middeleeue en Gotiese tydperke.
Daar was ʼn sterk fokus op direkte waarneming en akkurate refleksie van
die natuur.
Daar was ook fokus op idealisme en perfeksie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
Ontwerp gedurende die tydperk word gekenmerk deur natuurlike
invloede; die organisasie van ruimte; die gebruik van perspektief;
ʼn herlewing van die klassieke ideale en motiewe.
Visuele estetika was baie belangrik vir die Renaissance kunstenaars en
ontwerpers. Argitektuur was beklemtoon deur harmonie en balans. Dit
is bereik deur simmetrie, wiskundige meetkunde, skaal en proporsie van
die Griekse tradisies. Argitektuur van dié tyd het kolomme, half koepels
en semi-koepel boë beklemtoon.
Die ontwerp van geboue was dikwels vierkantig of reghoekig met die
klem op simmetrie. Die vooraansig van geboue was oor die algemeen
simmetries rondom die vertikale as.
Meubel ontwerp is getrou aan die doel van die hout, en het dikwels
mitologiese of Bybelse figure geïnkorporeer. Okkerneuthout was ʼn
gewilde hout van keuse vir meubels.
Houtkiste en beddens was die mees algemeenste meubels gedurende
die Renaissance tydperk.
In meubel ontwerpe het hulle gebruik gemaak van verskillende panele
wat ingelê is, asook gedetailleerde beelde van tonele uit die natuur en
alledaagse lewe.
Tou beddens het bestaan uit ʼn langwerpige raam van hout met gevlegte
toue.
Die Renaissance tydperk was ook baie bekend vir hul fyn tapisserie werk.
(5)
Ontwerper en produk: (Ken 1 punt toe)
Juwele: Halsnoerontwerp deur Hans Holbein (1532–1543).
Argitektuur: St. Peter’s Katedraal ontwerp deur Michelangelo, (Rome),
(1546–1564).
Gravering: Die verlyding van St. Anthony ontwerp deur Schongauer,
(1480–1490).
Produk: Seremoniële bed ontwerp deur Pieter Kolding, (1640–1650).
Houtkerfwerk: Vier ruiters van die ‘Apocalypse’ ontwerp deur Albrecht
Durer 1498.
Argitektuur: Die Koepel in die Floraanse katedraal ontwerp deur Filippo
Brunelleschi (1420). (1)
EN/OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 21
GOTIES:
Die beweging/styl en inhoud: (Ken 1 punt toe)
Na die val van die Romeinse ryk was Europa in ʼn toestand van
verwarring en dit was gedurende hierdie tydperk dat siektes, oorlog,
geweld en algemene hongersnood probleme was.
Die gevoel van vrees het ontwikkel, bygelowige oortuigings het gegroei
en as gevolg hiervan het die Christelike Kerk gegroei as ʼn nuwe vorm
van gesag. Die Romeinse keisers is vervang deur die kerk.
Die argitektoniese styl van die kerk het verander en is beïnvloed deur
Gotiese style. (1)
Doelstelling: (Ken 1 punt toe)
Die kerk se toring moes hoog wees in die dorp en uitreik na die hemel en
ʼn fokuspunt wees om eer te gee aan God. (1)
Invloede: (Ken 2 punte toe)
Die toestand van verwarring en vrees wat ervaar is gedurende die
tydperk het die mense se geloof versterk. Die kerke en katedrale was
baie groot gebou en ontwerp.
Die ryk mense wat baie land besit het, die aristokrate en die kerk.
Die argitektuur. Die romeinse katerdraal planne was ontwerp en gebruik
in die Gotiese kerke (2)
Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
Argitektuur:
As gevolg van die nuwe triomfantelike fase van Christendom was die
konstruksie van nuwe pragtige groot katedrale en kerke baie belangrik.
Op ʼn praktiese manier is die geboue ontwerp om meer ruimte te skep en
minder boumateriaal is gebruik.
Die belangrikste elemente van Gotiese argitektuur het ingesluit: gepunte
boë, stutmure, kelders en loodglas vensters.
Die boutegnieke is aangepas om plek te maak vir groter vensters versier
met loodglas.
Die katedraal was ook ʼn museum van kuns – gebruik om die geskiedenis
van kuns, die wêreld en Christendom te vertoon.
Die katedrale was ʼn heilige plek waar die beroemdes se grafte versier
was met trots.
Meubels:
Groot en swaar donker hout meubels gemaak van eikehout, ‘rosewood’
en okkerneuthout.
Die gespitste boë, met ingewikkelde kerfwerk.
Gotiese banke is met ryk, donker kleure, soos pers, swart, oker, donker
groen, rooi en goud materiale oorgetrek.
Materiaal ontwerpe was meestal geometries met blaar patrone.
Gotiese meubels was baie formeel en nie ontwerp vir gerief.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
22 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
Manuskripte:
Dit is geïllustreerde handgemaakte boeke of manuskripte wat met goud
versier was. Die goud het lig van die boek af weerspieël.
Hierdie manuskripte was meestal godsdienstig en geproduseer in
kloosters versier met voorletters, rame en miniatuur illustrasies.
Loodglas vensters:
Hierdie vensters het die vertrek verlig en het bygedra tot die Gotiese kerk
se atmosfeer.
Die vensters het ʼn storie vertel meestal van Bybelse tonele. (5)
Ontwerper en produk: (Ken 1 punt toe)
Argitektuur: ‘Notre Dame’ Katedraal in Parys (1163-1250).
Argitektuur: ‘Salisbury’ Katedraal in Brittanje (1220-1270).
Argitektuur: ‘Chartres’ Katedraal in Frankryk (1140-1220).
Tapeserie: ‘Lady with the Unicorn’ ontwerp deur
Chateau Pierre d’Aubusson (1)
EN/OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 23
ART NOUVEAU:
Die beweging/styl en inhoud: (Ken 1 punt toe)
Hierdie beweging was ook teen die onverfynde massaproduksie van
produkte wat geproduseer is gedurende die 19de eeu net soos die
Kunsvlytbeweging.
Hulle het pragtige produkte produseer maar ongelukkig versuim om saam
met die tye te beweeg. Die produkte het te lank gevat om te produseer en
was te duur. (1)
Doelstellings: (Ken 1 punt toe)
Die beweging het gegroei uit die Kunsvlytbeweging, so sommige van die
doelstellings is dieselfde:
ʼn Begeerte om nouer bande tussen die kunstenaar en die vakman in die
ontwerp van produkte te vestig.
Om die tradisie te laat herlewe om bekwame vakmanne te gebruik.
Hulle het nie die fabrieke en masjinerie heeltemal verwerp, maar wou
handgemaakte produkte se kwaliteit verbeter deur die gebruik van
sommige masjiene en meer modern produkte bv. metaal en staal. (1)
Invloede: (Ken 2 punte toe)
Natuur: Hulle verwysing na die natuur bv. lelies, rankplante en poue.
Japanese houtkerfwerk: Met eenvoudige, vloeiende dekoratiewe lyne.
Gestileerde vorms, grafiese patrone, dekoratiewe patrone en
eenkleurige vorms.
Alphonse Mucha: Hulle was geïnspireer deur sy skilderye van vroue.
Gustav Klimt: Beïnvloed deur Klimt se gebruik van dekoratiewe
patrone.
Keltiese Kuns: Uitgebreide, krom, lineêre ontwerpe en dekoratiewe draai
lintagtige patrone.
Simboliek: ʼn Kunsbeweging van daardie tydperk: Eenkleurige areas,
organiese geboë buitelyne, sensuele ontwerpe met kurwes gebaseer op
die natuur en die vroulike figuur.
Die Kunsvlytbeweging beweging: Hul natuurlike vloeiende vorms.
Laat Gotiese styl: Loodglas werk en flambojante lyne.
Franse Rococo Kunsperiode: Met sy flambojante lyne en vorms sowel as
die lig en speelse atmosfeer van beweging. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
24 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
Onderwerp: Diere, voëls, plante, gestileerde rose, sonneblomme, lelies,
poue en sensuele vroulike vorms.
Produkte: Tekstiele, keramiekware, metaalwerk, glasware, juweliersware,
meubelontwerp en argitektuur.
Materiale: Eksotiese materiaal soos perlemoenskulp, lapis-lazuli, horing,
ivoor, wisselkleurige glas, metaal, keramiek juweliersware asook
meubelstukke van yster Hulle het baie duursame materiale gebruik
soos sy en velvet met borduurwerk op tekstiele.
Mosaïek en gebrandskilderde glas was ook baie gewild.
Produkte was ryk versierd en baie dekoratief.
Elemente van Ontwerp:
Lyn: Die gebruik van die slangvormige, sweepslag-lyne om gestileerde en
eenvoudige vorms te skep.
Fatsoen en Vorm: Die vloeiende kurwes en vorms wat gebruik word om
meubels en ander voorwerpe te ontwerp weerspieël die ritme van die
sweepslag-lyne.
Kleur: Subtiel en gedemp, soos pastel-geel, -pienk en -groen.
Kleur: Plat ‘matt’ kleur word omsluit deur kromagtige lyne, algemeen
gebruik vir plakkaat illustrasies, bv. Plakkate deur Mucha.
Beginsels van Ontwerp:
Balans: Komposisie is altyd asimmetries gebalanseerd.
Kontras: Groot en klein vorms. Koue kleure in kontras met warm
kleure.
Beweging: Die herhaling van sweepslaglyne skep ʼn gevoel van vloeiende
beweging. (5)
Ontwerper en produk: (Ken 1 punt toe)
Juweliersware: ‘Dragonfly’ borsspeld ontwerp deur Rene Lalique
Art Nouveau borspeld ontwerp deur Winifred Green
Lampe: ‘Lotus Tale’ Lamp ontwerp deur Louis Comfort Tiffany
Metaalwerk: ‘Cornet’ Draakhek ontwerp deur Antoni Gaudi
Binnehuisversiering: Trappe in die “Van Eetvelde” Huis in Brussels
ontwerp deur Victor Horta
Meubels: ‘Cabinet Vitrine’ ontwerp deur Gustave Serrurier-Bovy
Plakkate: ‘Pen’ plakkaat ontwerp deur Alphonso Mucha
‘Job’ plakkaat ontwerp deur Alphonso Mucha (1)
EN/OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 25
ART DECO:
Die beweging/styl en inhoud: (Ken 1 punt toe)
Art Deco was gefokus op sensasionele, selfvertroue en moderne nuwe
gewaagde ontwerpe.
Hulle was gefassineerd deur spoed, tegnologie en antieke kulture.
Hulle het probeer ontsnap na ʼn onwerklike omgewing wat hulle geskep
het. (1)
Doelstellings: (Ken 1 punt toe)
ʼn Nuwe styl is geskep vir ʼn nuwe era.
Hulle het gestreef na die eise van die masjien en nuwe materiaal sowel
as massaproduksie.
Om goeie gehalte, praktiese, massa-vervaardigde produkte te ontwerp
wat innoverend is en geproduseer uit industriële materiale. (1)
Invloede: (Ken 2 punte toe)
Vroeë 20ste eeu skilderye met spesifieke verwysing na:
- Kubisme (abstraksie, verwronge en vereenvoudiging) wat lei tot die
gebruik van reguit lyne, die zig-zag en laag op laag geometriese
vorms.
- Konstruktivisme met sy abstrakte vorms en nie-tradisionele materiale
(bv. Perspex) en die industriële metodes van sweis.
Spoed en tegnologie – die ontwikkeling van die masjien, motor, vliegtuig
en die studie van aërodinamika.
Afrika kuns en die Amerikaanse Jazz kultuur.
Egiptiese motiewe (die lotus knop en papirus)
Aztek en die Rooi Indiaan motiewe: Aztek se zig-zag trap patroon
Die verskillende oppervlak tegnieke van Oosterse kuns (lae van oosterse
“oriental lacquer’, bv. “shellac”) en die gebruik van inlegsels van
pêrels, skilpaddop, slangvel en haaileerbedekkings.
Die Russiese ballet met hul gebruik van helder kleure en patrone in hul
teater ontwerpe en hulle elegante uitbeelding van vroue.
Modernisme, die wêreldwye beweging met die klem op die nie-
verteenwoordigende motiewe, skoon lyne en suiwer geometriese vorms
(later as die ‘Art Deco’ tydperk bekend). (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
26 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
Temas: Egiptiese motiewe, enigiets wat populêr, gewild en van die Jazz
era was.
Motiewe: Sonstrale en zig-zags.
Die kuns en beeldhouwerk van Afrika met sy vreemde, verwronge en
onreëlmatige vorms.
Vliegtuie, treine, karre – hulle obsessie met die idee van toer en spoed.
Die profiel van die vroulike figuur en modes.
Vorm: Die klem was op plat, 2-D ontwerpe gestileerd en dekoratief.
Kleure: Eentonig, sterk en eksoties, met geen skakerings.
Sterk klem is geplaas op lyn bv. geometriese waaier motiewe, sonstrale
wat die strale sterk beklemtoon in ʼn gestileerde ontwerp.
Tekstuur: Ryk met ʼn groot verskeidenheid van teksture in oppervlakte,
bv. growwe teksture teenoor gladde, blink metaal glansende
oppervlaktes.
Meubels: Die vorms was vaartbelyn, het ʼn modern en elegante
voorkoms gehad, en was baie gemaklik.
Hulle het gebruik gemaak van eksotiese hout (Kubaanse mahonie,
ebbehout en olyfhout). Die hout was gewoonlik blink gevernis
Hulle het gebruik gemaak van eksotiese diervelle asook houtinlegwerk in
van hul meubels.
Art Deco het meestal van simmetriese balans gebruik gemaak in hul
ontwerpe.
Dit is ʼn eklektiese styl geleen uit die verlede.
Art Deco het dikwels sirkels en hoekvormige vorms saam gebruik met die
maak van meubels.
Juwele: ʼn Wye verskeidenheid van juweliersware is gemaak met kosbare
semi-edelgesteentes. (5)
Ontwerper en produk: (Ken 1 punt toe)
Argitektuur: Die ‘Chrysler’ Gebou – ontwerp deur William van Alen
Plakkaat: ‘Fast Forward’ ontwerp deur Cassandre
Plakkaat: ‘Normandie’ ontwerp deur Cassandre
Meubles:’ Art Deco club’ stoel ontwerp deur Donald Deskey
Tekstiele: ‘Dalmations’ ontwerp deur Violetta Janes
Teestel: ‘Morning Tea Set’ ontwerp deur Clarice Cliff
Teestel: Art Deco Tee stel met ivoor handvatsels ontwerp deur Edward
Vines (1)
EN/OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 27
BAUHAUS:
Die beweging/styl en inhoud: (Ken 1 punt toe)
Die Bauhaus is gestig in ʼn tyd toe die Duitse ‘zeitgest’ van emosionele
ekspressionisme na ʼn nuwe objektiewe styl geskuif het.
Hulle het oplossings vir die probleme wat die werkersklas gedurende die
depressie-jare van post-Wêreld Oorlog I gehad het, probeer oorwin.
Hulle bekommernisse was Stedelike beplanning, behuising en die
ontwikkeling van hoë gehalte, nuttige, massa-vervaardigde
verbruikersgoedere. (1)
Doelwitte: (Ken 1 punt toe)
Om gesonde behuising te voorsien vir ʼn groeiende stedelike bevolking in
moeilike ekonomiese toestande.
Om voordeel te kry uit die gebruik van nuwe tegnologie.
Om ʼn deurbraak te maak vir rasionele vorms in ontwerpe en om
rasionalisme en funksionalisme te beklemtoon.
Om produkte bekostigbaar te maak vir massas deur kostes te sny.
Hoofdoel was om weer die beeld van ʼn materiële wêreld te skep en die
eenheid van al die verskillende vakmanskap en kunste te weerspieël.
Die Bauhaus-skool se doel was om hulle studente op te lei om die
gebruik van masjinerie in hul ontwerpte te vertoon en te beklemtoon,
sodoende was die ontwerpe suiwer, eenvoudig en funksioneel.
Hulle doel was om alle kuns en handwerk tegnieke as ʼn funksionele
geheel te laat werk. (1)
Invloede: (Ken 2 punte toe)
Die Bauhaus styl was beïnvloed deur die eenvoudige onversierde
meubels en kunste van die Kunsvlytbeweging.
Is beïnvloed deur die Kubist-beweging wat geglo het in die
vereenvoudiging van voorwerpe om hulle terug te bring na hul mees
basiese vorme: kubus, silinder, vierkant en die sirkel.
Beïnvloed deur die De Stijl beweging waar die ontwerpe baie
onpersoonlik en abstrak was. Meeste kunswerke het bestaan uit
vierkantige blokke van primêre kleure, geskei deur vertikale en
horisontale lyne van swart en wit. Die oppervlaktes was baie glad en
het die gevoel geskep asof dit deur ʼn masjien gedoen is en op ʼn
wiskundige manier uitgewerk is.
Die Amerikaanse argitek Louis Sullivan se aanhaling: “Vorm Volg
Funksie” – Dit beteken dat die voorwerp onversierd is en net ʼn funksie
het. Die voorwerp se reinheid en vorm is onversierd gelaat. (2)
Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
Aanvanklik was die fokus op handgemaakte produkte vervaardig deur
natuurlike materiale, maar die fokus het verskuif met die groei van
tegnologie en industriële prosesse na modern ontwerpe en produkte.
Die Bauhaus tydperk kan dus gesien word as ʼn tydperk met meer
funksionerende produkte as produkte wat dekoratief of ekspressioneel
was. Hulle produkte het tegnologiese massaproduksie aangemoedig.
Ontwerpe was modern, eenvoudig, funksioneel en universeel. Die
produksie en vervaardigings proses het gefokus op kwaliteit.
Bauhaus ontwerpe was sonder eenvoudig, sonder enige versierings,
funksioneel en elegant.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
28 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
Hulle het gebruik gemaak van asimmetriese lyne en regulariteit in plaas
van simmetriese lyne en simmetrie.
Suiwerheid van vorm was beklemtoon.
Hulle het die oorspronklike materiale’ en ‘Vorm volg Funksie’ beklemtoon.
Hulle het gebruik gemaak van nuwe materiale en tegnologie soos bv.
beton en sement.
Hulle het gebruik gemaak van geometriese vorms.
Lyne was meestal reguit (vertikaal en horisontaal) en geometriese
vorms is gebruik.
Kleure van produkte was meestal onbehandeld, soos staal, sement en
hout. Suiwer primêre kleure is gebruik.
Oppervlaktes was glad, koud en onpersoonlik.
Hulle het verskillende materiale en tegnieke gebruik in eenvoudige
praktiese projekte.
Gedematerialiseerde en konserwatiewe vorms vir meubels is gebruik, bv.
meubels moes in hul mees basiese en natuurlikste vorms gebruik word,
gestroop van alle versierings.
Hulle het voorafvervaardigde meubels self geproduseer vir
massaproduksie.
Hulle het klem gelê op die formele en fisiese eienskappe van
materiale.
Stoele was eenvoudig en onversierd: ligte staal rame was gebruik vir
eenvoudige stoele, wat vir massaproduksie kon produseer word.
Argitektuur het baie funksies gehad: staal raam konstruksies, ʼn glas
gordyn as ʼn muur, versterkte sement en oopplan binnenshuise uitleg met
beweegbare mure. Kubus-agtige strukture, voorafvervaardigde eenhede
was deur masjiene vervaardig in fabrieke. (5)
Ontwerper en produk: (Ken 1 punt toe)
‘Cantilever’ Stoel – ontwerp deur Mies van der Rohe
‘Tubular’ Stoel – ontwerp deur Mies van der Rohe
Die ‘Barcelona’ Stoel – ontwerp deur Mies van der Rohe
‘Zig-Zag’ Stoel – ontwerp deur Gerrit Rietveld
‘Wassily’ Stoel – ontwerp deur Marcel Breuer
‘Tac’ Teepot – ontwerp deur Walter Gropius
‘Cradle’ – ontwerp deur Peter Keler
‘Tea-extract’ Teepot 1924 – ontwerp deur Marianne Brandt
Plafonlamp – ontwerp deur Marianne Brandt (1)
V4.1 KOGNITIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE
Observasie/Herroep/
Laer orde 30% Deel van 4.1 6
Begrip
Middel orde Toepassing 40% Deel van 4.1 8
Analise
Hoër orde Sintese 30% Deel van 4.1 6
Evaluasie (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 29
4.2 4.2.1 (Ken 2 punte toe)
FIGUUR B verteenwoordig Dekonstruktivisme en FIGUUR C
verteenwoordig De Stijl. (2)
4.2.2 (Ken 8 punte toe)
Kandidate moet vrae in paragrawe beantwoord en nie in
tabelvorm nie. Die memorandum is slegs puntsgewys geskryf
om die merkproses te fasiliteer. Die kandidate moet een opstel
skryf, sonder die gebruik van bullets, om hul vermoë te wys dat
hulle kan evalueer en vergelyk deur die toepassing van feitelike
inligting.
FUNKSIE:
In FIGUUR B is die tradisionele voorkoms van die klok (horlosie)
gedeeltelik te sien. Die fokus is nie op die werking van die
horlosie, maar eerder op hoe die ontwerper die verhouding
tussen die verskillende parte van die ontwerp bestudeer. Die
horlosie vertoon oneweredig en kom in verskillende fasette voor
met die nommer ‘9’ nie in die ronde sirkel van die horlosie.
In FIGUUR C vertoon die ontwerp van die klok (horlosie) tipiese
De Stijl karaktereienskappe. Die ontwerp vertoon minimale
funksionele parte en geen nommers word vertoon, maar die
horlosie kan nogsteeds ‘gelees’ word.
KONTRAS:
In FIGUUR B kontrasteer die eenvoudige elemente van die
vooraangesig sterk teenoor die gefragmenteerde, geometriese
vorms van die buitekantse deel van die klok (horlosie). Daar is
ʼn kontras van teksture in die klok (horlosie), onder andere die
gladde houtgrein, gladde geverfde areas op die dekoratiewe
voetstuk van die klok (horlosie) teenoor die plastiek en metaal
parte van die klok (horlosie) se meganismes.
In FIGUUR C is daar kontras te sien in die geometriese
blokareas van die klok (horlosie). Die swart, blou en rooi
kleure kontrasteer sterk teenoor die groot gedeelte wat wit is met
die minimalistiese geel gedeeltes.
VORM/SPASIE:
In FIGUUR B vertoon die klok (horlosie) gefragmenteerd en
ontwrig. Hierdie visuele verwarring is tipies van
dekonstruktivisme. Daar is duidelike fokus op die lae van
gebreekte geometriese vorms in die ontwerp. Die ontwerp
weerspieël die gebruik van nuwe vorms. Die vierkant en die
reghoek is uit proporsie en skuins lyne en verskillende vorms
word op gefokus. Die vorms word gekombineerd in ʼn
onverwagte manier, die ontwerp is innoverend, die vorms en
beelde word nie tradisioneel verwag nie.
In FIGUUR C is al die vorms abstrakte blokke van reghoeke en
vierkante op die vooraansig van die klok (horlosie). Abstrakte
en vereenvoudigde vorms en spasies word gebruik met ʼn gladde
oppervlak. Al die lyne vorm geometriese vorms in horisontale
en vertikale verhoudings met mekaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
30 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
Die klokke (horlosies) in FIGUUR B en FIGUUR C bestaan uit
geometriese vorms.
BUI/GEVOEL GESKEP:
In FIGUUR B is daar visuele spanning tussen die
gefragmenteerde en ontwrigte vorms van die vooraansig en
voetstuk van die klok (horlosie). Dit skep ʼn gevoel van
onsekerheid, ongemak en ontwrigting.
In FIGUUR C is net die drie primêre kleure, rooi, blou, geel met
swart en wit gebruik, wat tipiese kleure van De Stijl is. Dit gee ʼn
modern, helder, vars, skoon voorkoms van klok (horlosie).
Die De Stijl ontwerpers het geglo die hoeveelheid wit spasie wat
balanseer word met min swart en primêre kleure gee ʼn gevoel
van balans, harmonie, orde, logika en suiwerheid. Ruimtes word
in geometriese vorms sowel as horisontale en vertikale lyne
verdeel en so word balans en harmonie geskep.
Gee erkenning vir enige geldige antwoord. (8)
V4.2 KOGNITIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE
Herroep 4.2.1
Laer orde 30% 2+1
Begrip Deel van 4.2.2
Middel orde Toepassing 40% Deel van 4.2.2 4
Analise
Hoër orde Sintese 30% Deel van 4.2.2 3
Evaluasie (10)
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 31
AFDELING C: ONTWERP IN ʼn SOSIO-KULTURELE/OMGEWINGS- EN
VOLHOUBARE KONTEKS
VRAAG 5
Krities besin oor hoe ontwerp die fisiese en sosiale omgewing kan
beïnvloed. Kies DRIE bekroonde kontemporêre internasionale ontwerpers
wie se werk ʼn verantwoordelikheid teenoor die omgewing toon.
ʼn Begrip van die maniere waarop ontwerp gebruik kan word om sosiale,
kulturele, omgewings- en etiese kwessies te versterk of uit te daag.
Bestudeer DRIE 2D en/of 3D Suid-Afrikaanse en Afrika-handwerk
ontwerpe, verlede en die hede, wie se werk sosiale verantwoordelikheid
toon.
Demonstreer maniere waarop ontwerp gebruik kan word om die
samelewing te bevoordeel.
Punte kan slegs toegeken word vir OF VRAAG 5.1 OF VRAAG 5.2.
5.1 5.1.1 (Ken 1 punt toe)
Die plakkaat ontwerp spreek die sosiale kwessie van geweld aan in
ons samelewing as gevolg van sterftes wat veroorsaak word deur die
gebruik van vuurwapens. Die boodskap van woede wat die
plakkaat wil weergee is dat iemand elke 43 sekondes sterf van
geweer geweld. Dit is ʼn ernstige sosiale probleem. (1)
5.1.2 (Ken 5 punte toe)
GEBRUIK VAN SPASIE:
Die beeld is min of meer in die middel van die plakkaat met ʼn groot
hoeveelheid leë ruimte rondom die beeld. Dit lei tot ʼn kragtige
fokus punt. Die een sterk fokus beeld in die middel van die
plakkaat, met geen agtergrond beelde, maak dit die boodskap baie
dramaties.
BEELDE:
Die beeld is saamgestel uit ʼn versameling van menslike beendere
en skedels. Die Gestalt beginsel van nabyheid, word uitgebeeld
deur die wyse waarop die vorm van die geweer gevorm word met
die beendere.
TEKS:
Die enigste teks, behalwe die logo van die organisasie, is ʼn
eenvoudige sans serif lettertipe met die gebruik van delikate
lynwerk. Die boodskap wat oorgedra word is dat mense se lewe
broos en bedreig is in ʼn gewelddadige samelewing. Die syfers
‘43’, wat sterk en kontrasterend meer uitstaan as die ander
swaarder lynwerk, versterk die skokkende realiteit van hierdie
skrikwekkende statistiek.
KLEUR:
Die beeld van die geweer wat bestaan uit menslike beendere word
in ʼn natuurlike doodse kleur van bene geplaas op ʼn plat, leë, swart
agtergrond. Die swart agtergrond kleur hou verband met die
duisternis, dood en vrees. Geen ander kleur word gebruik
behalwe in die organisasie se blou en wit logo wat geplaas word
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
32 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
onder in die regterkantse hoek van die plakkaat.
Gee erkenning vir enige geldige antwoord. (5)
5.1.3 (Ken 14 punte toe vir een opstel van twee ontwerpers.)
Kandidate kan kies om ʼn Suid-Afrikaanse ontwerper of ontwerpgroep
en ʼn Internasionale ontwerper te bespreek. Hulle moet besorgd wees
oor positiewe veranderinge in ENIGE sosiale kwessies bv. armoede,
kapitalisasie, sosiale onregte, rassisme.
Let wel: ʼn Leerder mag enige voorbeeld gebruik van die LPG
(Die Woolworths Book ‘Living with Design Daily’ of
‘Handewerk in Suid-Afrika deur E. Coetsee)
VOORBEELD VAN ʼn PLAASLIKE ONTWERPER/ONTWERP
GROEP
STREETWIRES (Ontwerpgroep)
DOELSTELLING:
- Om probleme soos werkloosheid en armoede in Suid-Afrika aan te
pak.
- Om betekenisvolle langtermyn werksgeleenthede te skep vir
soveel mense moontlik in Suid-Afrika
- Verskaffing van ʼn permanente werk, ʼn gevoel van ʼn doel en
toegang tot vaardigheidsopleiding en persoonlike ontwikkeling. Die
verbetering van lewensgehalte van hawelose Suid-Afrikaners.
SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID
‘Streetwires’ is van mening dat die grootse hindernis in ons land
werkloosheid is:
- Een van die grootste oorsaak van armoede is geen sosiale
vaardigheid.
- Dit belemmer die groei en ontwikkeling van enige
gemeenskap en om die lewe van Suid-Afrikaners te
verbeter deur ʼn werkplek en blyplek te besit. ʼn Gevoel van ʼn
doel in die lewe, vaardigheidsopleiding en persoonlike
ontwikkeling.
‘Streetwires’ is ʼn nie-winsgewende Opleiding en Ontwikkelings
maatskappy wat spesifiek na die opheffing van gemeenskappe
kyk, deur die verskaffing van vaardigheidsopleiding, ontwikkeling
van individuele kunstenaars, en die skep en uitreik na kinderhuise,
skole en minderbevoorregte gemeenskappe.
Die besigheid, ‘Streetwires’, fokus op die vervaardiging van straat
draadkuns, ʼn unieke Suid-Afrikaanse produk. Die heel
waarskynlike oorsprong van hierdie handwerk is in die landelike
areas van Maputuland en Zimbabwe. Arm skaapwagter seuns het
hul eie speelgoed gemaak van weggooi draadhangers, blikkies en
enige ander voorwerpe wat hulle kon vind. Die ouer mense het
die speelgoed begin verkoop aan toeriste.
By die ‘Streetwires’ ateljee word die draadkunsontwerpe geskep
deur ʼn ontwerperspan. Ontwerpe word goedgekeur en dan word ʼn
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 33
prototipe produk gemaak. Dit word vir die handwerkers gegee wat
as ʼn span saamwerk om die produkte te vervaardig. Die ateljee
in Kaapstad is baie gesteld op kwaliteit. Die spanleier moet kennis
hê van hoë standaard. Die produk moet presies soos die prototipe
lyk voordat die finale produk deur kontrole gaan voor dit versprei
word.
Voorwerpe wat vervaardig word is dekoratief en funksioneel soos
bv. sleutelhouers, besigheidskaartjie houers, radio’s, verskeie
modelle van karre gemaak van draad en krale, diere, voëls en
mense word vervaardig. Die tegniek van draadwerk is die
dominerende produk, maar krale, opgesnyde blikkies en bottel
doppies word ook gebruik.
PRODUKTE:
Die vorms van die produkte is baie vereenvoudig en gestileerd.
Hulle inkorporeer elemente van humor en verbeelding. Helder
kleure en eenvoudige, organiese buitelyne domineer meeste van
die produkte. Dit kan gesien word in voorbeelde soos die:
borsstuk van Madiba, die Hooppoo voël, skape en Nguni-beeste
die ooievaar.
Steetwires produseer vyf produksiereekse, naamlik:
- “Streetwires Persoonlike reeks”: Die unieke produksiereeks is
vir spesiale gebeurtenisse en korporatiewe handelsmerke;
- “Streetwires Generiese reeks”: Kleinhandel reeks wat die
grootste persentasie van hul inkomste verseker;
- “Streetwires Versameling reeks”: Hierdie produkte is gerig op
die hoë-einde ontwerp en dekor mark;
- “Streetwires se Handtekening reeks”: Die reeks bevorder die
naam van die maatskappy se beste kunstenaars (bv. Die
meester draad kunstenaar Elias Kahari, en die ontwerper
Michaela Howse). Die produkte van dié reeks word in
eksklusiewe winkels verkoop;
- “Streetwires se Visuele Kunste reeks”: Solo-uitstallings word
hier gehou deur uitgekiesde kunstenaars waar hul
versamelings te toon gestel word onder hulle eie naam.
Al die bogenoemde reekse dra by tot die ekonomie van Suid-
Afrika in hul eie unieke manier omdat hulle almal verskillende
teikenmarkte het. Dit skep dinamiese maniere waarop die land
hulle produkte kan bevorder, tot die oorsese markte. Dit bevorder
die handwerk en vaardighede van hierdie land. Dit verskaf ook
meer werksgeleenthede vir die plaaslike gemeenskap.
ʼn VOORBEELD VAN ʼn INTERNASIONALE ONTWEPER
BJ KRIVANEK: (Ontwerper)
DOELSTELLING:
- Hy voeg publieke en poëtiese dimensies aan die oorvloed van
kommersiële boodskappe in ʼn moderne stedelike landskap.
- Krivanek integreer die geskrewe woord in die mensgemaakte
omgewings.
SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID
Hy ontwerp monumente wat gemeenskappe vier wat vroeër
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
34 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
geïgnoreer of opsy gestoot was.
Om ʼn stem te gee aan die ‘binnegevegte en gestigmatiseerde
stedelike gemeenskappe’ as ʼn manier om na hulle uit te reik en
waarde te gee.
INVLOEDE:
Hy word geïnspireerd vir sy projekte deur om sekere areas te
besoek en die geskiedenis van die spesifieke plek na te slaan, en
sodoende ook uit te ryk na die gemeenskap.
Hy laat die tradisie van die inskripsie op klassieke publieke
geboue herleef word wat vir honderde jare teks op gehad het om
instruksies te gee en te herdenk. Die goed geplaaste klassieke
inskripsies was gewoonlik in hoofletters gedoen en geskryf deur
mense wat in leierskapposisies is of mense wat in dominante
sosiale groepe behoort.
METODES:
Hy kombineer beeldhou, argitektuur en ontwerp en maak
omgewingstellasies wat die onsigbare buitestaander herdenk
eerder as bekende mense.
Krivanek se teks is vrygewig gespasieer en baie versigtig
gerangskik in lyne om die egte waarde van die boodskap te
behou.
Hy hou die lettertipes by die omliggende argitektoniese strukture
se style om die geskiedenis en die karakter van die area te
reflekteer en die regte boodskap weer te gee.
Sy temas gee nie instruksies nie: in plaas daarvan reflekteer dit
kontemporêre sosiale kwessies en sy boodskap gaan teen die
amptelike hedendaagse siening.
VORMING VAN DIE SAMELEWING
Hy versterk mense se gevoel oor die area waar hulle woon.
Hy ontwikkel en versterk mense se kennis oor die geskiedenis van
ʼn plek en die gebeure wat daar plaasgevind het deur ʼn enkele
woord.
Hy laat mense krities dink oor hulself en situasies in ʼn positiewe lig
sien.
Sy argitekwerk het altyd ʼn diep emosionele en sensitiewe
konnotasie met die menslike wese.
WERKE:
‘HERSTEL EKWILIBRIUM’
DOEL:
Om die 911 tragedie van die terroriste aanvalle op die drie vliegtuie
van die Verenigde State oppad na LAX lughawe te herdenk.
Om die verlies van die gemeenskap te reflekteer en die hoop uit te
spreek van nasionale identiteit.
METODE:
Besoekers aan die gedenkteken loop oor ʼn drumpel waarop die
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 35
woorde: ‘Dogter, Buurman, Burger’ gegraveer is, oppad na die
ondergrondse versterkte gedenkteken wat bo-op ʼn fontein opgerig
is.
Op die rand kan besoekers die drywende spieël skottels
rondbeweeg, om die wisselwerking van nasionale persepsies te
aktiveer. Die bak is gegraveer met die woorde: ‘Saam sal ons
staan, See tot blink See, Huis van die Dapper’, teenoor die
Amerikaanse regte en idees gegraveer: ‘ Privaatheid,” Habeas
Corpus”, Vergadering’. Dit dui aan die nasionale dialoog
veroorsaak deur die aanvalle.
Gegraveer in die drywende spieël skottels, wat opwaarts reflekteer
gedurende die nag, is die persoonlike eienskappe van die
slagoffers gegraveer: ‘Geliefdes, Gelyke, Sterk, Eerlik’. Dit verwys
na die Amerikaanse burgerskap en die eienskappe van hul
nasionale identiteit. In die nag simboliseer die konstellasie die
‘afterlife” van die slagoffers. Op die gedenktekens is daar in
verskeie tale gegraveer: ‘The American Dream’, wat ʼn wêreld
bekende frase is.
Die gedenkteken is gebou bo-oor ʼn fontein – die drywende spieël
skottels beweeg die hele tyd as gevolg van die beweging van die
water waarop die vlaktes dryf.
Gee erkenning vir enige geldige antwoord. (14)
[20]
KOGNITIEWE
V5.1 VLAK GEWIG % VRAE PUNTE
VAARDIGHEDE
Deel van 5.1.1
Observasie/ Herroep,
Laer orde 30% Deel van 5.1.2 1+2+3
Begrip
Deel van 5.1.3
Deel van 5.1.1
Middel orde Toepassing 40% Deel van 5.1.2 1+3+4
Deel van 5.1.3
Analise
Deel van 5.1.2
Hoër orde Sintese 30% 3+3
Deel van 5.1.3
Evaluasie
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
36 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
5.2 5.2.1 (Ken 2 punte toe)
FIGUUR B toon handwerk vir kleinhandel doeleindes by ʼn Suid-
Afrikaanse mark. Meer en meer Suid-Afrikaners maak hul
lewensbestaan uit die vervaardiging van hul eie handwerk om die
stryd teen armoede te oorkom. Daar word beweer dat die
handwerksektor sowat 1,2 miljoen mense in diens aanneem en
ongeveer R3,4 miljard bydra tot die ekonomie van ons land, wat
enorm is. Handwerk bied ʼn ingangspunt tot die ekonomie vir mense
met minder hulpbronne. Dit stel hulle in staat om hul vaardighede te
ontwikkel deur ervaring, vakleerlingskap en mentorskap wat later
gebruik kan word in die formele sektor. Inheemse handwerk is ʼn
aantrekkingspunt vir internasionale toeriste in Suid-Afrika wat ons
plaaslike ekonomie bevoordeel.
Gee erkenning vir enige geldige antwoord. (2)
5.2.2 (Ken 8 punte toe)
Geen punte word toegeken vir die herhaling van ʼn ontwerper en
hulle werke.
Kandidate het ʼn keuse om EEN van die volgende tradisionele
handwerke te bespreek:
isiZulu mandjie weefwerk
isiZulu pottebakkery
isiZulu kralewerk
of
isiXhosa kralewerk
VOORBEELD: isiZULU MANDJIE WEEFWERK
OORSPRONG:
Gedurende die 1800’s onder Hoofman Shaka was Zoeloe tradisionele
mandjies deur mans geweef. Vroue het begin leer om hierdie
tradisionele handwerk te weef toe hul mans moes weggaan om op die
myne te gaan werk.
MATERIALE EN TEGNIEKE:
Tradisioneel was mandjies as gebruiksartikels baie vaal, die mandjie
was die kleur van die palmtakke waaruit hulle geweef is. Slegs die
bierpot was versier met kleurvolle ontwerpe. Die Ilala palmblare
word gebruik om ʼn waterdigte mandjie te weef vir die doel om
vloeistowwe soos water of bier in te bêre. Vandag het baie Zoeloe
mandjies patrone wat oorspronklik van Zulu en/of Ndebele kralewerk
ontwerpe afkomstig is Die mandjies het kontemporêre motiewe en
motiewe gebaseer op ander Suid-Afrikaanse stamme op die mandjies.
Zoeloe wewers is ook voordurend besig om natuurlike pigmente en
kleurstowwe te ontwikkel, om sodoende die ontwerpe meer uniek te
maak.
Zoeloe mandjie ontwerpe word gekenmerk deur simmetrie, presisie en
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 37
organisasie. Dit is dieselfde waardes waarna hulle streef in hulle
alledaagse sosiale leefwyse. Baie mense en wewers glo elke
simbool het ʼn spesifieke betekenis:
Die Driehoek: ʼn simbool van manlikheid en word verteenwoordig
op mandjies vir troues. Die aantal koeie en/of kalwers wat betaal
is vir ʼn bruid word op mandjies geweef - lobola. Twee driehoeke
wat na mekaar kyk (om ʼn uurglas –vorm). Dit verwys soms na ʼn
vrou wat in ʼn huwelik intree as die tweede of selfs derde vrou en
nie ʼn primêre of eerste vrou. Die dubbeldriehoek – huwelik,
man.
Diamant: ʼn Vroulike simbool. Dit kan ook die status van ʼn eerste
vrou aanwys. Dubbel diamant – huwelik, vrou.
Die Zig-Zag: Manlik, verteenwoordig die spies van Shaka of
weerlig, asook bulle (bv. ʼn Troumandjie as ʼn bruid bulle aanvaar
as betaling/lobola).
Reeks Diamante: Feminisme, verteenwoordig die skilde van
Shaka.
Skaakbord, Spirale of Sirkels: Goeie nuus, nuwe baba, goeie
reëns, volop oes.
Patrone wat trappe vorm: Dit is tipiese Ndebele invloed maar
verteenwoordig ook die rollende heuwels van Zululand, die
uitspansel (aarde) en die hemel.
FUNKSIES:
Die Isichumo-Watermandjie (waterdig): Dit is ʼn onbuigbare,
bottelvormige mandjie wat gebruik word vir die vervoering en
storing van vloeistof (gewoonlik water). Dit het ʼn dekstel wat oor
die nek van die bottel pas.
Die Isiquabetho-Graanmandjie (nie-waterdig): Dit is ʼn groot
plat mandjie wat gebruik word vir die dra en stoor van graan. Dit
word ook ʼn “deeg bakkie” genoem. Die groot mandjies is gebruik
om groot hoeveelhede deeg te meng vir broodbak. Die kleiner
mandjies word gebruik vir die bediening van kos en broodknie.
Die Isilulu-Groot graanmandjie (nie-waterdig): Dit is ʼn groot
mandjie wat gebruik word om graan vir lang tydperke te stoor.
Die mandjie is geweef met geslote weeftegnieke sowel as oop
weeftegnieke. Die oop weeftegniek laat die lug toe om te sirkuleer
sodat die graan kan gis maar nog steeds insekte uithou. Hier
mandjies is groot, rond en klokvorming, afhangende van die
gebied en wewer.
Produkte van gras en ilala palmweef werk (Daar is ʼn groot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
38 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
verskeidenheid van produkte bv. slaapmatte. Weefprodukte kan
gebruik word vir feitlik enige plaaslike, sosiale en/of godsdienstige
funksie. Mandjies het gedien as houers om kos, water of bier
te stoor.
NAAM EN BESKRYWING VAN EEN PRODUK:
DIE UKHAMBA (waterdigte bier mandjie)
Dit is ʼn gloeilamp-vormige houer, waterdig en gemaak deur die
digtheid van die spiraalspel weeftegniek en die weef materiaal self, die
Llala palm. Die mandjie het ʼn deksel en dit is tradisie om gaste
gemeenskap uit die mandjie te laat bier drink as hulle kom kuier.
Dit is helderkleurig en word gewoonlik versier met geweefde
geometriese of ander patrone.
Gee erkenning vir enige geldige antwoord. (8)
5.2.3 (Ken 10 punte toe)
HALDANE MARTIN
Konteks:
Haldane Martin is ʼn bekroonde meubelmaker wat deur tradisionele
weefwerk beïnvloed word.
Doelstelling:
As ʼn kontemporêre ontwerper probeer hy om die behoeftes van
die mens in geheel in ag te neem deur meubels te ontwerp wat
betekenisvol is vir die gees sowel as goed vir die siel, en voeding
vir die liggaam.
Hy maak gebruik van herwinde materiaal en streef ook
voortdurend om volhoubare en omgewingsvriendelike ontwerpe te
skep in die volgende maniere:
- Hy is van mening dat meubel ontwerpers minder materiale
moet gebruik.
- Giftige materiale moet heeltemal vermy word as gevolg van
omgewingskwessies.
- Een van sy belangrikste doelwitte is om materiale te herwin
en te hergebruik. Hy volg die kode van “Verminder,
Hergebruik, Herwin en Vermy”.
Invloede:
Hy word geïnspireer deur:
- Die materiale, kulture en die konteks van Suid-Afrika. Dit is
opvallend in sy ontwerp van die ‘isiZulu Mama Café’ stoel’
met sy spesifieke verwysing na die tradisionele Zoeloe-
weeftegniek op die sitvlak.
- Die vroeë Kaapse Nederlandse riempie-stoel. Riempies is
dun stroke leer wat geweef word om meetkundige patrone op
die rugleuning en/of sitvlak van stoele te maak.
Karaktereienskappe van sy werk en die gebruik van tradisionele
tegnieke en materiale:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 39
Sy ontwerpe is gesofistikeerd en eenvoudig.
Hy praktiseer in beide sosio- en omgewingsbewuste ontwerpe vir sy
produkte. Sy werk bewys dat hierdie soort van ontwerp gesofistikeerd
en elegant is. Hy bereik dit deur die gebruik van eenvoudige lyne en
kleure. Sy produkte is plaaslik en internasionaal in aanvraag. Dit
wissel van herwinde plastiek en vlekvrye staal tot natuurlike materiale
soos vere en leer. Hy kombineer mensgemaakte materiale met
natuurlike materiale in van sy ontwerpe. Bv. Die ‘Fiela Feather’ lamp
waar ʼn ligte veeragtige lampskerm gekombineer word met ʼn vlekvrye
staal basis.
Die Songololo stoel (bank) kombineer hy materiale soos leer en staal.
Die bank is so ontwerp dat dit in ʼn reguit lyn geskuif kan word asook in
ʼn kronkelagtige organiese manier.
Voorbeelde van sy werk:
Die ‘isiZulu Mama Café’ stoel
Invloed: Die stoel is geïnspireer deur Afrika-mandjies van verskillende
Afrika-kulture regoor die Afrika-kontinent, veral die inheemse
amaZoeloe mandjie weeftegniek.
Materiale: Die stoel is geweef uit herwinde plastiek van herwinde
melkbottels. Die plastiek melkbottels word gesmelt en uitgerek in lang
plat stroke gereed vir die weef proses. Oorspronklik kon die plastiek
slegs met swart gekeur word as gevolg van die beperkte
herwinningsprosesse beskikbaar in Suid-Afrika maar kan nou in
verskillende kleure gekleur word. Die raam van die stoel is gemaak
van 304g vlekvrye staal. Die staal word ook gemaak van 60%
herwinde materiaal. Die stoel is dus 100% herwinbaar as dit nie meer
geskik is vir gebruik nie.
SOSIALE KWESSIES WAT AANGESPREEK WORD DEUR SY
ONTWERPE:
Hy was beïnvloed deur ontwerpers om volhoubare ontwerpe te
beoefen. Hy vervang die tradisionele weefsel (die ilala palm) met
herwinde plastiek om die sitvlak van die isisZulu Mama stoel meer
duursaam te maak, Dit gee die stoel ontwerp ʼn kontemporêre
gevoel.
Die sitplekke is geweef deur 6 vroue van Limpopo. Hierdie projek
maak ʼn sosiale bydrae en verskaf werksgeleenthede.
Vakmanne van die Mogalakwena Kunsprojek sit die geweefde
sitplekke in die herwinde vlekvrye staalrame.
Gee erkenning vir enige geldige antwoord. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
40 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
V5.2 KOGNITIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE
Observasie/ Herroep, Deel van 5.2.2
Laer orde 30% 3+3
Begrip Deel van 5.2.3
Deel van 5.2.1
Middel orde Toepassing 40% Deel van 5.2.2 1+3+4
Deel van 5.2.3
Analise Deel van 5.2.1
Hoër order Sintese 30% Deel van 5.2.2 1+2+3
Evaluasie Deel van 5.2.3 [20]
VRAAG 6
6.1 (Ken 6 punte)
Die ontwerp in FIGUUR A is ʼn goeie voorbeeld wat omgewingskwessies
sowel as sosiaal verantwoordelike ontwerp aanraak as gevolg van die
volgende voorbeelde:
Die metode om die omgewingsbakstene met rommel/vullis/afval te vul is ʼn
manier om die omgewing skoon te hou.
Ons stortingsterreine loop oor met onvergangbare afval. Die
omgewingsbakstene help ons om van die afval ontslae te raak.
Die omgewingsbaksteen word gebruik vir boumateriaal, het ʼn lang
leeftydperk want dit is gevul met onvergangbare afval.
Omgewingsbakstene word lokaal vervaardig teen geen koste en is gemaak
van beskikbare materiale.
Omgewingsbakstene het goeie isolasie eienskappe. (Koel in warm weer en
warm in koue weer).
Die bewustheid om omgewingsbakstene te gebruik verhoed onnodige
energieverbruik en omgewingsfaktore wat skade veroorsaak.
Die betrokkenheid van die gemeenskap maak hulle meer
omgewingsbewus.
Die uitruil “swap shop” moedig individue in die gemeenskap aan om hulself
te bemagtig as entrepreneurs.
Die uitruil “swap shop” inspireer en stel die lede van die gemeenskap in
staat om broodnodige klere, meubels en kinderspeelgoed te ruil vir die
maak van omgewingsbakstene.
Die betrokkenheid van die gemeenskap in die projek om die voorgestelde
skool te bou met omgewingsbakstene gemaak deur die gemeenskap skep
Ubuntu, wat ʼn positiewe verandering vir die mense bring in die lae-
inkomste gemeenskappe.
Gee erkenning vir enige ander geldige antwoord. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 41
6.2 (Ken 14 punte toe)
VOORBEELD 1 (Plaaslik)
DIE NAAM VAN ONTWERPER:
MARTIN KRUGER, Martin Kruger Associates, Architects Urban
Designers
DOELWITTE:
Kruger glo aan die veranderende ontwerp proses van spanwerk. Hy
glo in diep interaksie met sy kliënte en ʼn aanhoudende reis van
uitstekendheid en eenvoud. Sy filosofie is: “Alle geboue is stede en
die stad is ʼn groot huis”.
Hy voel dat min stede die menslike skaal het wat dit veronderstel is om
te hê. Dit is omdat daar gedurig die behoefte is om uit te brei en
maksimum land te gebruik. Wolkekrabbers laat dikwels dié wat om
hulle werk soos dwergies lyk en seël hulle af van die buitewêreld. Sy
doelwit is om ʼn vriendeliker, meer koesterende werkplek te skep.
Martin Kruger se praktyk is toegewyd om geboue en nedersettings te
skep wat ʼn positiewe bydrae tot die omgewing lewer, CO2 vrystelling te
verminder en die gebruik van passiewe energie.
Die ateljee ondersoek ontwerp probleme op ʼn verskeidenheid van
maniere. Hulle werk sluit uitstallings, bewaring, nuwe
nedersettings, publieke spasies en geboue, sowel as ʼn aantal
diverse en pragtige privaat huise en plaashuise in.
INVLOEDE VIR SY WERK:
Streeksargitektuur – hy is geïnteresseerd daarin om ʼn argitek te gebruik
wat plaaslike hulpbronne en tradisies gebruik, om sodoende plaaslike
behoeftes aan te spreek, en om die omgewings-, kulturele- en historiese
konteks in ag te neem.
Hy is beïnvloed deur die antieke Griekse idee van die ‘Agora’ (ʼn publieke
oop ruimte of vierkant wat ʼn bymekaarkom plek is, of vir markte gebruik
kan word) en is geïnteresseerd daarin om ʼn ‘African Agora’ te ontwikkel.
Hy word deur Modernisme beïnvloed. Hy maak gebruik van moderne
materiale en konstruksie metodes.
DIE NAAM EN KORT ANALISE VAN EEN ONTWERPER MET SPESIFIEKE
VERWYSING NA DIE WYSE WAAROP OMGEWINGSKWESSIES
AANGESPREEK WORD:
ONTWERP: BP SUID-AFRIKA HOOFKANTOOR by die V&A Waterfront,
Kaapstad.
Die gebou is ʼn 9 500 vierkante meter trippel volume oopplan
kantoorspasie vir 600 mense. Dit is ʼn miniatuur voorstelling van Kruger
se ideale stad.
Enorme lanternvormige strukture is op die dak gekonstrueer om toe te
laat dat lig in die sentrale atrium afskyn waar bome die ideale klimaat kan
geniet.
Bo die vensters is boksagtige rakke wat natuurlike lig in kanaliseer, maar
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
42 ONTWERP V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
het die dubbele vermoë om skaduwee te skep in die warmste tye van die
jaar. Dit is energiebesparing op sy mees doeltreffendste omdat daar
geen behoefte vir verwarmers of lugverkoelers is.
ʼn Dim-stelsel reguleer outomaties hoeveel interne lig benodig word.
Fotovoltaïese selle en termiese sonpanele op die dak en afdakke verskaf
10 persent van die gebou se elektrisiteit.
Bewegingsensitiewe beligting in die geboue beteken dat die laaste
persoon om die gebou te verlaat nie hoef te onthou om die ligte af te
skakel nie. Die gebou voel outomaties aan dat daar geen beweging in die
gebou is en ligte word dan vanself afgeskakel.
Afloop water uit die dak word opgegaar in ʼn ondergrondse tenk met ʼn
kapasiteit van 1,3 miljoen liter. Hierdie water word vir die perseel se tuine
en ablusie gebruik.
Binne in die gebou is herwinningsdromme geplaas wat werknemers
aanmoedig om hul papier, plastiek en metale te herwin.
So ver moontlik is herwinde materiale gebruik wat duursaam is en lae
onderhoud verg. Tapyte is van 100% herwinde materiaal gemaak en die
muurbehangsel deur Adri Schultz is van afval katoen gemaak.
Die muurbehangsel is deur ʼn groep vroue in Khayelitsha gemaak. Die
pragtige rooshoutvloere regdeur die gange van die gebou, kom van
volhoubare woude in Zimbabwe af.
VOORBEELD 2 (Internasionale ontwerper)
DIE NAAM VAN DIE ONTWERPER:
JULIE BARGMANN
Julie Bargmann word internasionaal erken as ʼn ontwerper wat besoedelde en
industriële terreine in die VSA herwin. Hierdie plekke is erg aangetas deur
byvoorbeeld myne en die neerstorting van rommel. Sy ondersoek die
kreatiewe potensiaal van hierdie gedegradeerde landskappe en herbou hulle.
Sy probeer altyd ʼn stukkie van die geskiedenis van die plek behou, sodat
mense kan onthou wat daarmee gebeur het en hoe dit gelyk het. Haar
praktyk word D.I.R.T. genoem. (‘Design Investigations Reclaiming Terrain’ of
‘Dump It Right There’) Sure van fabriekafleipype beland in strome en riviere
en versmoor alle vorms van lewe. Sy lê beslag op sulke besoedelde
industriële gebiede.
Voorbeeld van haar werk:
Haar werk ‘Testing the waters’ is ʼn herwinning van wat voorheen ʼn
steenkoolmyn was. Die plek is omskep in ʼn park waar suurmyndreinering
plaasvind en waar die publiek kan ontspan. Die park bestaan uit ʼn
landmassa wat uitgekerf is om ʼn passiewe AMD behandelingstelsel te skep en
die publiek toe te laat om die suiwering van die besoedelde water fisies te
aanskou soos dit beweeg deur die reeks retensiebakke en afvoerings en
soos dit van kleur verander van oranje na groen na blou-groen. Die park
bestaan ook uit ʼn tuin met afwisselende rye bome en struike. Dit het ook
ontspanningsgeriewe soos piekniekplekke, speelareas en voetpaadjies vir
wildsbesigtiging.
Die leerder moet die ontwerper noem en ook sy/haar werk en moet ten minste
drie toepaslike feite gee oor die werk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) ONTWERP V1 43
Gee erkenning vir enige geldige antwoord. (14)
V6.2 KOGNITIEWE
GEWIG % VRAE PUNTE
VLAK VAARDIGHEDE
Herroep/ Deel van 6.1
Laer orde 30% 3+3
Begrip Deel van 6.2
Deel van 6.1
Middel orde Toepassing 40% 3+5
Deel van 6.2
Analise
Hoër orde Sintese 30% 6.2 6
Evaluasie [20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Memorandum
Design P1 May-June 2025 MG Afr.pdf
Memorandum
Design P1 Nov 2020 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Design P1 Nov 2019 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Design P1 Nov 2019 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
DESIGN P1 GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
DESIGN P1 GR12 MEMO SEPT2018 English_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
DSGN P1 S16 MEMO Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
DSGN P1 S16 QP Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
DSGN P1 S16 QP Afr_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Design P1 Nov 2016 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Design P1 Feb March 2016 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Design P1 Feb March 2016 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Design
Explore more published documents in this catalogue.


