Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
EKONOMIE V2
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*IECONA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
\
You're offline
Skip to contentMemorandum 





View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a5bf3155-bcd3-4b96-83c6-1d36905153a9/v1-82fd7d39bb1666f71aa2/card.webp)

ECONOMIC P2 GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf
Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020. Memorandum, 40 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Pages
- 40
- File size
- 1.3 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 40
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
x AFDELING A: VERPLIGTEND
x AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
x AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
3. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
4. Lees die vrae aandagtig deur.
5. Begin ELKE vraag op ’n NUWE bladsy.
6. Laat 2í3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
7. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vlakke van die vrae
voldoen.
8. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele vrae wat
beantwoord is, sal NIE nagesien word NIE.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (AíD) langs die vraagnommer
(1.1.1í1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.
1.1.1 Daar is ’n … verhouding tussen die prys van produk A en die
hoeveelheid van komplement produk B aangevra.
A negatiewe
B positiewe
C nul
D normale
1.1.2 ’n ... is ’n hibriede markstruktuur.
A Monopolie
B Oligopolie
C Monopolistiese mededinger
D Volmaakte mededinger
1.1.3 Totale koste is gelyk aan vaste koste plus ... koste.
A veranderlike
B gemiddelde
C marginale
D stygende
1.1.4 ’n Negatiewe inkome elastisiteitskoëffisiënt toon dat die produk ’n ...
goed is.
A minderwaardige
B normale
C luukse
D basiese
1.1.5 ’n Stelsel wat gebruik word om afval in bruikbare produkte te
omskep, word ... genoem.
A produksie
B herverdeling
C herwinning
D storting (‘dumping’)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.1.6 ’n Ekonomiese stelsel wat ’n bydraer is tot die Noord-Suid verdeel,
is …
A sosialisme.
B kapitalisme.
C gemengde ekonomiese stelsel.
D gemeenskaplike stelsel.
1.1.7 Hulpbronne wat uitgeput mag raak indien dit nie op ’n volhoubare
manier bestuur word nie, staan as ... hulpbronne bekend.
A natuurlike
B mensgemaakte
C eindigende
D hernubare
1.1.8 In Suid-Afrika is huishoudelike afval die verantwoordelikheid van
die ...
A sentrale regering.
B provinsiale regering.
C huishoudings.
D plaaslike regering.
(8 x 2) (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 5
1.2 Kies ƌ beskrywing uit KOLOM B wat by ƌ begrip in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (AíI) langs die vraagnommers (1.2.1í1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Markewewig A uitbreiding van ekonomiese
aktiwiteite oor nasionale grense
1.2.2 Rekeningkundige winste B oordragbetalings aan behoeftiges
1.2.3 Kruiselastisiteit van vraag C totale vraag is gelyk aan totale
aanbod
1.2.4 Onverwante goedere D ’n gemeenskap van organismes
tesame met hul omgewing
1.2.5 Sosiale toelaes E verskil tussen totale inkome uit die
verkoop van goedere en eksplisiete
koste
1.2.6 Handelsversperrings/ F verandering in die prys van een
-beperkings goed het geen uitwerking op die
hoeveelheid aangevra van ’n ander
goed nie
1.2.7 Internasionalisering G sensitiwiteit van die vraag na een
goed op ’n verandering in die prys
van ’n ander goed
1.2.8 Ekosisteem H beperkings wat op internasionale
handel geplaas word
I reaksie van die hoeveelheid
aangebied tot ’n verandering in die
prys van ’n goed
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Ondernemings wat dieselfde soort goedere produseer
1.3.2 Die waarde van insette wat deur die entrepreneur besit word en in
die produksieproses gebruik word
1.3.3 Die werklike prys van ’n individuele item op ’n spesifieke tyd
1.3.4 ’n Koste of voordeel van ’n goed of diens wat geïgnoreer word in die
prys wat vir ’n derde party gehef word
1.3.5 Kennis wat ’n praktiese toepassing het in die daaglikse oorlewing van
plaaslike gemeenskappe
1.3.6 Verskeidenheid van plant- en dierspesies in ’n spesifieke gebied
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 7
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van substituutgoedere. (2)
2.1.2 Hoe is die faktor- en produktemarkte verwant aan mekaar? (2)
2.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HIERDIE BESIGHEDE IN ’N OLIGOPOLIE HET DIE POTENSIAAL OM
SAAM TE SPAN
2.2.1 In watter industrie is bostaande besighede? (1)
2.2.2 Noem die markstruktuur met slegs twee produsente. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die begrip kartel. (2)
2.2.4 Verduidelik kortliks nie-prysmededinging as ’n kenmerk van ’n
oligopolie. (2)
2.2.5 Hoekom span besighede dikwels saam, alhoewel dit in Suid-Afrika
onwettig is? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TOTALE NUT EN MARGINALE NUT (‘UTILITY’) SKEDULE
EENHEDE TOTALE NUT MARGINALE
VERBRUIK NUT
0 0 -
1 10 10
2 16 6
3 A 5
4 23 2
5 24 1
6 24 0
7 20 -4
8 14 -6
2.3.1 Wat word gebruik om nut te meet? (1)
2.3.2 Wat is die waarde van A? (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die begrip marginale nut. (2)
2.3.4 Verduidelik die frase nut is subjektief, as ’n kenmerk van nut. (2)
2.3.5 Gebruik die inligting in bostaande tabel om die totale en marginale
nutkurwes, met volledige byskrifte, te teken. (4)
2.4 Verduidelik kortliks relatiewe onelastiese aanbod en eenheid-elastisiteit van
aanbod as ’n graad van pryselastisiteit van aanbod, sonder die gebruik van
grafieke. (8)
2.5 Ondersoek die belangrikheid van relatiewe pryse in die ekonomie. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 9
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van nie-hernubare hulpbronne. (2)
3.1.2 Hoe het globale markte voordeel uit verbeterde mededinging getrek? (2)
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INTERNASIONALE HANDEL EN GLOBALISASIE
By die Bretton Woods-konferensie het politici saamgestem om reëls neer te
lê vir internasionale handel en finansies en vir die befondsing van
internasionale instellings wat toesig moet hou oor die proses van
globalisasie. Hierdie instellings sluit die Wêreldbank, die Internasionale
Monetêre Fonds en die WHO in. Die globale uitbreiding van korporasies in
die Verenigde State en Europa en ander ontwikkelinge in wetenskap en
tegnologie is die dryfveer agter globalisasie.
[Aangepas en vertaal uit Clever Economics. bl. 83]
3.2.1 Wat is die geldeenheid van die Verenigde State? (1)
3.2.2 Waarvoor staan die afkorting WHO? (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die begrip internasionale handel. (2)
3.2.4 Verduidelik kortliks die rol van die Internasionale Monetêre Fonds
(IMF). (2)
3.2.5 Hoe sal ontwikkelde lande daaruit voordeel trek om met Afrika-lande
handel te dryf? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BESOEDELING
AFVAL WAT IN DIE OMGEWING GESTORT WORD, VERNIETIG
UITEINDELIK DIE OMGEWING
[Aangepas uit https:/wilbrink.co.za/inspection-authority/regulations]
3.3.1 Noem die soort besoedeling wat veroorsaak kan word deur afval
in die omgewing te stort. (1)
3.3.2 Noem die soort afval wat in bostaande foto getoon word. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die begrip omgewing. (2)
3.3.4 Verduidelik die Kyoto Protokol as ’n internasionale ooreenkoms
om klimaatsverandering te verminder. (2)
3.3.5 Ondersoek die impak van plastiese besoedeling op die omgewing. (4)
3.4 Verduidelik verhoogde buitelandse handel en kulturele veranderinge as
gevolge van globalisasie. (8)
3.5 Hoe kan nie-hernubare hulpbronne teen uitwissing beskerm word? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 11
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van konstante/vaste koste. (2)
4.1.2 Hoe kan belasting gebruik word om omgewingsvolhoubaarheid te
verseker? (2)
4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Prys/ inkome / koste
GK
E
P
LGI=MI=P
0
H1 Uitset (h)
4.2.1 Wat word punt E genoem? (1)
4.2.2 Hoe lyk die vraagkurwe van die besigheid in ’n volmaakte mark? (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die begrip mark. (2)
4.2.4 Verduidelik kortliks die aard van produkte as ’n kenmerk van ’n
volmaakte mark. (2)
4.2.5 Hoekom maak ’n volmaakte mededinger slegs ’n normale wins oor
die langtermyn? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NOORD-SUID VERDEEL
Noord-Suid verdeel omskryf die sosio-ekonomiese en politieke kategorieë
van lande.
Die Noord-verdeel bestaan uit lande wat ontwikkelde ekonomieë het en as
ryk lande beskou word. Al die lede van die G8 kom uit die Noord-verdeel.
Lande in die Noord- en Suid-verdeel het verskillende vlakke van ekonomiese
groei.
Die Noord-Suid verdeel word gekritiseer as ’n manier om skeiding te maak
tussen mense op ekonomiese gebied en word beskou as ’n faktor in die
verbreding van die gaping tussen ontwikkelde en ontwikkelende ekonomieë.
Die VN is op die voorpunt om die Noord-Suid verdeel te laat krimp deur
beleide wat in hul Millennium Ontwikkelingsdoelwitte aangespreek word.
[Bron: www.worldatlas.com]
4.3.1 Noem EEN land wat deel is van die G8. (1)
4.3.2 In watter deel van die Verdeel word daar verwag dat mense langer
sal lewe? (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die begrip ekonomiese groei. (2)
4.3.4 Verduidelik die doelwit van die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte. (2)
4.3.5 Hoekom is dit moeilik vir die lande in die Suid-verdeel om mee te
ding met lande in die Noord-verdeel? (4)
4.4 Onderskei tussen die korttermyn en die langtermyn. (8)
4.5 Ondersoek die rol wat mense in die beskadiging van die ekosisteem speel. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 13
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ’n laerorde-antwoord.
x ’n Goeie begin is om ’n begrip of sleutelwoord wat in die vraag voorkom, te
definieer. Maks. 2
x Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.
x Moenie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud herhaal nie.
x Moenie in die inleiding sê wat jy in die inhoud gaan bespreek nie.
Inhoud
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek Maks. 26
krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
Addisionele gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Teken ’n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Onderskei/
Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor
Maks. 10
Slot
Enige hoërordeslot moet die volgende insluit:
x ’n Kort opsomming van wat bespreek is, sonder herhaling van enige feite wat
reeds genoem is
x Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
Maks. 2
x Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking/ontleding te versterk
x ’n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
x Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
x Bespreek in detail die volgende faktore wat elastisiteit van vraag bepaal.
- Aard van die produk (10)
- Duursaamheid van die produk (8)
- Tydsperiode (8) (26)
x Ondersoek die uitwerking van prys-onelastisiteit van vraag op inkome. (10)
[40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
x Bespreek die oorsake van globalisasie deur op die volgende te fokus:
- Handelsliberalisering (10)
- Multinasionale ondernemings (10)
- Standaardisering (6) (26)
x Evalueer die negatiewe impak van globalisasie op die omgewing. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
EKONOMIE V2
NASIENRIGLYN
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 B 33 positiewe
1.1.2 C 33 monopolistiese mededinger
1.1.3 A 33 veranderlike
1.1.4 A 33 minderwaardige
1.1.5 C 33 herwinning
1.1.6 B 33 kapitalisme
1.1.7 D 33 hernubare
1.1.8 D 33 plaaslike regering (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 C 3 totale vraag is gelyk aan totale aanbod
1.2.2 E 3 verskil tussen totale inkome uit die verkoop van
goedere en eksplisiete koste
1.2.3 G 3 sensitiwiteit van die vraag na een goed op ’n
verandering in die prys van ’n ander goed
1.2.4 F 3 verandering in die prys van een goed het geen
uitwerking op die hoeveelheid aangevra van ’n ander
goed nie
1.2.5 B 3 oordragbetalings aan behoeftiges
1.2.6 H 3 beperkings wat op internasionale handel geplaas word
1.2.7 A 3 uitbreiding van ekonomiese aktiwiteite oor nasionale
grense
1.2.8 D 3 ’n gemeenskap van organismes tesame met hul
omgewing (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 3
1.3 GEE EEN TERM
1.3.1 industrie 3
1.3.2 implisiete koste 3
1.3.3 nominale prys 3
1.3.4 eksternaliteit 3
1.3.5 inheemse kennisstelsels 3
1.3.6 bio-diversiteit 3 (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van substituutgoedere.
x Botter en margarien 3
x Tee en koffie 3
x Beesvleis en skaapvleis 3
x Coca-Cola en Pepsi 3
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
2.1.2 Hoe is die faktor- en produktemarkte verwant aan mekaar?
x Die produktemark kan nie sonder die faktormark bestaan nie 33
x Produsente gebruik produksiefaktore uit die faktormark om
goedere en dienste in die produktemark te produseer 33
x ’n Tekort aan produksiefaktore in die faktormark, bv. grond as
gevolg van ’n droogte, sal voedselproduksie in die produktemark
verminder en voedselpryse sal gevolglik styg 33 (2)
2.2 2.2.1 In watter industrie is bostaande besighede?
Motorvoertuig industrie/Voertuigindustrie 3 (1)
2.2.2 Noem die markstruktuur met slegs twee produsente.
Duopolie 3 (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die begrip kartel.
’n Kartel is ’n groep produsente wie se doel dit is om ’n
gesamentlike monopolie te vorm. 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
2.2.4 Verduidelik kortliks nie-prysmededinging as ’n kenmerk van ’n
oligopolie.
x Nie-prysmededinging behels maniere waarna besighede soek om
verkope te verhoog en kliënte te lok deur ander metodes as slegs
die prys, bv. advertensies en kwaliteit van die produk. 33
x Dit is ’n markstrategie waarmee een onderneming probeer om
hulle produkte te onderskei van dié van mededingende produkte
op grond van sekere eienskappe, soos ontwerp. 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 5
2.2.5 Hoekom span besighede dikwels saam alhoewel dit onwettig is
in Suid-Afrika?
x Om pryse vas te stel of uitsetvlakke daar te stel wat gesamentlike
winste sal maksimeer 33
x Om beheer oor die markaanbod te verkry 33
x Om die koste van mededinging te verlaag ten einde
bemarkingsoorloë te voorkom wat miljoene rande sal kos 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Wat word gebruik om nut te meet?
Utils 3 (1)
2.3.2 Wat is die waarde van A?
21 3 (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die begrip marginale nut.
Addisionele graad van bevrediging wat die verbruiker verkry uit die
verbruik van een addisionele eenheid van ’n produk. 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
2.3.4 Verduidelik die frase, nut is subjektief, as ’n kenmerk van nut.
Nut verskil van persoon tot persoon. 3 Dit hang af van die voorkeure
van ’n persoon. 3 Byvoorbeeld, knoffel het nut vir een persoon,
maar geen nut vir ’n ander nie. 3
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.3.5 Gebruik die inligting in bostaande tabel om totale en marginale
nutkurwes, met volledige byskrifte, te teken.
TOTALE NUT EN MARGINALE NUT
30
Nut 25
20
15
TN 33
10
5
0
1 2 3 4 5 6 7 8
-5 33
Eenhede verbruik MN
-10 (4)
2.4 Verduidelik kortliks relatiewe onelastiese aanbod en eenheid-elastisiteit van
aanbod as ’n graad van pryselastisiteit van aanbod, sonder die gebruik van
grafieke.
Relatiewe onelastiese aanbod
x Pryselastisiteit is minder as een (PEA < 1) 33
x ’n Verandering in prys sal lei tot ’n kleiner persentasie verandering in die
hoeveelheid aangebied 33
x Produsente sal sukkel om aan te pas by die prysstyging, veral oor die
korttermyn 33
Eenheid elastiese aanbod
x Pryselastisiteit is gelyk aan een (PEA = 1) 33
x ’n Verandering in prys sal lei tot presies dieselfde persentasie verandering in
die hoeveelheid aangebied 33
x Die aanbodkurwe lyk soos die normale aanbodkurwe met ’n positiewe helling
van links na regs 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 7
2.5 Ondersoek die belangrikheid van relatiewe pryse in die ekonomie.
x Relatiewe pryse dra belangrike inligting oor betreffende die skaarsheid
van sekere goedere 33
x Word gebruik deur verbruikers, besighede en die regering om te besluit
watter goedere en hulpbronne om aan te koop 33
x Gee belangrike inligting weer vir die doeltreffende toekenning van
hulpbronne regoor enige markekonomie 33
x Dit is moontlik vir die regering om die vlak van inflasie, ekonomiese groei
en ekonomiese ontwikkeling in die land, vas te stel 33
x Dit kan deur ekonome gebruik word om die ekonomiese prestasie van
die land te assesseer en dit met ander lande te vergelyk 33
x Die regering gebruik die relatiewe pryse om te kyk in watter rigting die
ekonomie neig, bv. of die toestand van die ekonomie verswak of
verbeter. 33
x Relatiewe pryse is belangrik vir die Reserwebank en die regering ten
einde doeltreffende besluite te neem oor die korrekte gebruik en
implementering van beide fiskale en monetêre beleide 33
x Omdat relatiewe pryse die middelpunt is van die dinamika van markte,
sal beleidmakers hulle besluite daarop baseer. 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van nie-hernubare hulpbronne.
x Olie 3
x Natuurlike gas 3
x Steenkool 3
x Kernkrag 3
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
3.1.2 Hoe het globale markte voordeel getrek uit verbeterde
mededinging?
x Globale markte trek voordeel uit verbeterde kwaliteit van goedere
en dienste 33
x Markte sal toegang tot nuwe kliënte hê 33
x Besighede sal skaalvoordele genereer wat totale en gemiddelde
produksiekoste sal verlaag 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Wat is die geldeenheid van die Verenigde State?
VSA dollar 3 (1)
3.2.2 Waarvoor staan die afkorting WHO?
Wêreld Handelsorganisasie 3 (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die begrip internasionale handel.
Die ruil van goedere en dienste van een land met ’n ander land. 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
3.2.4 Verduidelik kortliks die rol van die Internasionale Monetêre
Fonds (IMF).
x Verantwoordelik vir die algemene toesig oor die internasionale
finansiële stelsel 33
x Fasiliteer internasionale betalings tussen lande 33
x Verskaf lenings aan lande met betalingsbalansprobleme 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
3.2.5 Hoe sal ontwikkelde lande daaruit voordeel trek om handel te
dryf met Afrika-lande?
x Hulle trek voordeel uit goedkoper arbeid uit Afrika-lande 33
x Afrika-lande, spesifiek Suid-Afrika, is geseënd met minerale
hulpbronne wat skaars is in ontwikkelde lande 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 9
3.3 3.3.1 Noem die soort besoedeling wat veroorsaak kan word deur
afval in die omgewing te stort.
Grondbesoedeling / Omgewingsbesoedeling 3 (1)
3.3.2 Noem die soort afval wat in bostaande foto aangetoon word.
Vaste afvalstowwe 3 (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die begrip omgewing.
Omgewing verwys na die fisiese omgewing en die fisiese toestand
daarvan wat mense se lewens beïnvloed. Dit sluit grond, see en
atmosfeer in. / Sluit alle lewende en nie-lewende dinge wat
natuurlik voorkom in 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
3.3.4 Verduidelik die Kyoto Protokol as ’n internasionale ooreenkoms
om klimaatsverandering te verminder.
x Dit is ’n wetlik bindende ooreenkoms waarby geïndustrialiseerde
lande ooreengekom het om die uitlaat van kweekhuisgasse te
verminder 33
x Hulle onderneem om konsentrasies van kweekhuisgasse te
stabiliseer teen vlakke wat klimaatsverandering kan
voorkom 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
3.3.5 Ondersoek die impak van plastiese besoedeling op die
omgewing.
x Plastiek word gemaak uit ru-olie wat ’n beduidende hoeveelheid
besoedeling afgee en nie degradeerbaar is nie 33
x Dit maak seediere dood aangesien hulle dit foutiewelik as
voedsel sien 33
x Plastiek maak stortingsterreine oorvol en benodig
fossielbrandstof vir die produksie daarvan, wat die omgewing
beskadig 33
x Dit bedek die oppervlakte van die oseaan en lei tot die
vernietiging van habitat en wildlewe 33
x Plastiekbesoedeling veroorsaak skade aan mense, diere en
plante deur giftige besoedelingstowwe 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
3.4 Verduidelik verhoogde buitelandse handel en kulturele veranderinge
as gevolge van globalisasie.
Verhoogde buitelandse handel
x Internasionale handel het geweldig gegroei as gevolg van
globalisasie 33
x Buitelandse handel het toegeneem as gevolg van
handelsooreenkomste, verwydering van handelsbeperkings en die
inmenging van instellings wat daarop gemik was om internasionale
handel te verbeter 33
x Die toename in buitelandse handel het toegang verskaf tot ’n wye
verskeidenheid van buitelandse produkte en dienste aan verbruikers
in alle lande 33
x Dit is moontlik vir besighede om toegang tot buitelandse
grondstowwe en komponente te verkry 33 (2 x 2) (4)
Kulturele veranderinge
x Globalisasie het daartoe gelei dat verskeie kulture bymekaar
uitgekom het. 33
x Sommige lande neig om die kultuur van ander lande aan te neem en
hulle eie kultuur af te skeep. 33
x Kookstyle, musiekstyle, kunsvorms, tale en gewoontes het
internasionaal versprei as gevolg van globalisasie. 33
x Mense van een kultuur ontdek tekortkominge in hul kultuur wanneer
hulle met ander kulture in kontak kom. 33
x Gemeenskappe het uitgebrei soos wat hulle mense uit ander kulture
en agtergronde ingeneem het en het sodoende ’n hele nuwe kultuur
van hulle eie geskep en dit mag lei tot ’n wêreld met ’n globale
kultuur. 33 (2 x 2) (4)
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 11
3.5 Hoe kan nie-hernubare hulpbronne teen uitwissing beskerm word?
Nie-hernubare hulpbronne kan beskerm word deur:
x hulpbronne, soos water, doeltreffend te bestuur deur slegs die vereiste
hoeveelheid te gebruik en nie lopende krane sonder toesig te los
nie 33
x swart en grys water terug na hulle oorspronklike toestand te behandel
vir beide plaaslike en industriële gebruik 33
x elektrisiteit te bespaar, omdat dit van steenkool en natuurlike gas
afkomstig is, deur items wat nie in gebruik is nie te ontkoppel en meer
energie-doeltreffende toestelle en gloeilampies te gebruik 33
x die gebruik van plastiek te verminder soos plastiek inkopiesakkies,
strooitjies, ens. en dit te vervang met meer duursame items, wat die
gebruik van die plastiek hulpbronne sal vermy en sodoende plastiese
afval, wat die omgewing beskadig, sal verhoed 33
x volhoubare landboupraktyke te gebruik en oeste te roteer en
dekgewasse te plant om die grond gesond te hou en ook deur minder
chemikalieë te gebruik en biologiese pesbeheer en natuurlike
bemestingstowwe te integreer 33
x wetgewing en regulasies toe te pas wat mense sal inlig oor die
nodigheid van die bewaring van hulpbronne vir toekomstige geslagte
en swaar boetes op te lê op individue wat nie hieraan gehoor gee
nie 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
KWESSIES
4.1 4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van konstante/vaste koste.
x Huur 3
x Versekeringspremies 3
x Rente op lenings 3
x Waardevermindering 3
x Lone en salarisse 3
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
4.1.2 Hoe kan belasting gebruik word om omgewingsvolhoubaarheid te
verseker?
x Die regering hef groenbelasting en omgewingsbelasting op
produkte wat met hoë besoedelingsvlakke geassosieer word 33
x Gebruik belastinginkome om omgewingsvriendelike produkte te
bemark, bv. sonkrag-warmwaterstelsels 33
x Belasting word ingestel op ekonomiese afval, byvoorbeeld op
gebruikte motorbande 33
x Belasting word ook ingestel op nie-degradeerbare
plastiekinkopiesakke deur die prys te verhoog ten einde die gebruik
daarvan te ontmoedig 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Wat word punt E genoem?
Wins maksimaliserende punt 3 (1)
4.2.2 Hoe lyk die vraagkurwe van die besigheid in ’n volmaakte mark?
Horisontaal 3 (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die begrip mark.
Mark is ’n meganisme wat kopers en verkopers van goedere en
dienste bymekaarbring 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
4.2.4 Verduidelik kortliks die aard van produkte as ’n kenmerk van ’n
volmaakte mark.
x Al die produkte wat in die spesifieke mark verkoop word, is
homogeen 33
x Dit is identies in alle opsigte, betreffende kwaliteit, voorkoms,
ens. 33
x Geen koper het enige voorkeur vir die produk van enige individuele
verkoper bo dié van ’n ander nie 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 13
4.2.5 Hoekom maak ’n volmaakte mededinger slegs ’n normale wins
oor die langtermyn?
x Ekonomiese wins oor die korttermyn lok nuwe besighede om toe te
tree tot die mark 33
x Die aanbod van die industrie neem dus toe 33
x Die markprys daal vir alle besighede totdat normal wins weer
gerealiseer word 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Noem EEN land wat deel van die G8 is.
Italië/Japan/Frankryk/Rusland/Kanada/VSA/Duitsland/Brittanje 3 (1)
4.3.2 In watter deel van die Verdeel word daar verwag dat mense
langer sal lewe?
Noord 3 (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die begrip ekonomiese groei.
Die toename in die produksievermoë van ’n land gemeet in reële
BBP 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
4.3.4 Verduidelik die doelwit van die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte.
x Poog om armoede aan te spreek en volhoubare ontwikkeling te
verseker 33
x Bereik primêre onderwys oral in die wêreld 33
x Ontwikkel globale vennootskap vir ontwikkeling 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
4.3.5 Hoekom is dit moeilik vir die lande in die Suid-verdeel om mee te
ding met lande in die Noord-verdeel?
x Die hoofekonomiese aktiwiteit van die lande in die Suid-verdeel
is landbou wat dit moeilik maak om mee te ding op hierdie
gebied, want die Noord-verdeel subsidieer hulle
landbouaktiwiteite 33 daarom kan die Suid-verdeel nie meeding
met die laer Noord-verdeel pryse nie. 33
x Die Suid-verdeel moet hoër rentekoerse betaal indien hulle geld
wil leen by die Noord-verdeel 33
x Hulle moet hoë pryse betaal om toegelaat te word om nuwe
tegnologie te gebruik, wat hulle moet invoer van die Noord-
verdeel 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
4.4 Onderskei tussen die korttermyn en die langtermyn.
Korttermyn
x Korttermyn is die periode waartydens een of meer hulpbronne nie verander
kan word nie 33
x Korttermyn-koste kan vas of veranderlik wees 33
x Dit is kostes wat ‘n korttermyn implikasie op die produksieproses het – dit
word oor ‘n kort reeks van uitsette aangewend 33
x Dit word eenmalig aangegaan en kan nie weer en weer gebruik word nie,
soos byvoorbeeld die betaling vir lone of grondstowwe, ens. 33 Maks. 4
Langtermyn
x Langtermyn is ƌ periode waarbinne alle hulpbronne kan verander 33
x Alle langtermynkostes is veranderlik 33
x Besighede kan al hul insette verander, insluitende vaste koste 33
x Alle produksiefaktore en tussentydse insette kan verander soos wat die
uitsetvlakke verander 33
x Langtermynkoste word opgehoop wanneer besighede hulle produksievlakke
oor tyd verander, in reaksie op die verwagte winste/verliese 33
x Produksiefaktore verskil almal om die langtermynkostes van die produksie
van goedere en dienste te bereik, 33 Maks. 4
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (8)
4.5 Ondersoek die rol wat mense in die beskadiging van die ekosisteem
speel.
x Die uitbuiting van natuurlike hulpbronne en die produksie van afval en ander
besoedelingstowwe deur die mens, het gelei tot die beduidende agteruitgang
van ‘n groot deel van die omgewing se ekosisteem 33
x Byvoorbeeld, mynbou, ontbossing, brand van fossielbrandstof en
besoedeling is sommige van die menslike aktiwiteite wat gelei het tot die
beskadiging van die omgewing 33
x Bowendien het industriële besoedeling die aarde, water en lug besmet en
die gebruik van chlorofluorokoolstowwe (KFK) het gedeeltes van die
osoonlaag vernietig en die oormatige uitlating van koolstofdioksied (CO2) in
die atmosfeer het bygedra tot ‘n kweekhuiseffek wat weer tot
aardverwarming lei. 33
x Deur sekere produkte te gebruik, byvoorbeeld spuitkannetjies, kan mense
die omgewing beskadig sonder dat hulle dit eers besef 33
x Mense gee dikwels min om oor hulle gewoontes wat die omgewing beskadig,
en dit as gevolg van eiebelang 33
x Sommige mense besoedel die omgewing deur rommelstrooiery, weggooi
van afval, ens. en die koste word gedra deur ander mense 33 Die gebruik
van die omgewing as ’n rommelhoop vir afval veroorsaak dat dit vuiler, leliker
en meer ongesond raak 33
x Die gebruik van die omgewing as ’n produktiewe bron verminder sy
geriefswaarde, bv. die gebruik van grond wat omskep is vir landbougebruik
lei tot die vernietiging van woude en heinings en dit bederf die skoonheid van
die land en lei tot ’n afname in dier- en plantspesies. 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 15
AFDELING C
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE
x Bespreek in detail die volgende faktore wat elastisiteit van vraag
bepaal.
- Aard van die produk
- Duursaamheid van die produk
- Tydsperiode
x Ondersoek die uitwerking van prys nie-elastisiteit van vraag op inkome.
INLEIDING
Pryselastisiteit van vraag meet hoeveel verbruikers op ‘n verandering in die prys
van ‘n produk reageer / dit meet hoe sensitief die vraag na die produk is, tot ‘n
verandering in die prys van die produk. 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding.) (2)
HOOFGEDEELTE
Aard van die produk
x Pryselastisiteit van vraag vir noodsaaklike produkte soos basiese
voedsel, elektrisiteit en medisyne neig om onelasties te wees 33
x Dit is onwaarskynlik dat die verandering in die prys ‘n uitwerking op die
vraag sal hê 33
x Hierdie is belangrike produkte vir oorlewing, so verbruikers sal
aanhou om dit te koop, ten spyte van ‘n prysverandering/
prysverhoging 33
x Luukse produkte maak dat mense beter voel en verskaf aan hulle
‘n meer gerieflike lewenstyl, daarom neig die vraag daarna om meer
elasties te wees 33
x Bv. restaurantetes, oorsese vakansies, ens. is nie noodsaaklik vir oorlewing
nie en daarom is dit sensitief vir enige prysveranderinge 33
x ’n Prysstyging in luukse goedere sal lei tot ‘n groot afname in die
hoeveelheid gevra van sodanige goedere 33 (Maks. 10)
Duursaamheid van die produk
x Hoe meer duursaam die produk is, hoe meer elasties sal die vraag
daarna wees 33
x Indien die produk vir ‘n lang tyd gebruik kan word, sal verbruikers
beïnvloed word deur prysstygings en meer huiwerig wees om die produk te
koop 33
x Bv. klere, wanneer die pryse van klere styg, sal verbruikers nog
hulle ou klere dra en nie nog duurder klere koop nie. 33
x Met prysstygings sal verbruikers die aankope uitstel tot ƌ latere
datum met die hoop dat pryse sal daal teen die tyd dat hulle die
produk moet koop 33
x Vir nie-duursame produkte, neig die vraag om meer onelasties te wees
omdat die aankope nie tot ‘n latere datum uitgestel kan word nie 3 (Maks. 8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
Tyd
x Vraag neig om meer elasties oor die langtermyn te wees as oor die kort-
termyn. 33
x Dit is omdat dit die verbruiker tyd neem om aan te pas by prysveranderinge. 33
x Byvoorbeeld, as die prys van elektrisiteit toeneem, mag mense probeer om hul
verbruik te verminder deur op byvoorbeeld verhitting te bespaar, oor die
korttermyn. 33
x Oor die langtermyn, sal die verbruik van elektrisiteit tot ‘n groot mate daal indien
mense hulle elektriese toestelle en verwarmingstelsels vervang met gas. 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (Maks. 8)
ADDISIONELE GEDEELTE
x Totale inkome mag hoër wees as die prys verhoog word en dieselfde
hoeveelheid steeds aangevra word. 33
x Daarom kan ondernemings wat onelastiese goedere verkoop, die prys
verhoog, minder verkoop maar steeds ‘n hoër inkome verdien. 33
x Pryselastisiteit bied beter buigsaamheid in die vasstel van
prysstrategieë, sonder om winste te verlaag. 33
x Ekstra produksiekoste kan oorgedra word aan verbruikers sonder om
die vraag nadelig te beïnvloed. 33
x Aan die ander kant, mag die onelastisiteit van prys die totale inkome
verminder as die prys van ‘n onelastiese produk (bv. sigarette) verlaag word
en daar geen verandering in die vraag is nie (bv. vraag verhoog nie). 33
x Dit dui daarop dat die onderneming nie die prys moet verlaag nie,
aangesien hulle nie voordeel sal trek uit sodanige optrede nie. 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (10)
SLOT
Die bestudering van pryselastisiteit van vraag is baie belangrik omdat ekonome,
produsente en die regering dit kan gebruik om waardevolle voorspellings te maak oor
wat sal gebeur wanneer die prys van ‘n produk styg/daal. 33
Die regering pas sy beleid op belastings aan volgens die elastisiteit van die
vraag na die produk wat hul wil belas. 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot.) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 17
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
x Bespreek die oorsake van globalisasie deur op die volgende te fokus:
- Handelsliberalisering
- Multinasionale ondernemings
- Standaardisasering
x Evalueer die negatiewe impak van globalisasie op die omgewing.
INLEIDING
Globalisasie is die proses of interaksie tussen die lande van die wêreld om hulle
ekonomieë en gemeenskappe saam te bring ten einde die globale ekonomie te
ontwikkel. / Globalisasie is die interaksie en koppeling van ekonomieë met die doel
om te kan handel dryf. 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding.) (2)
HOOFGEDEELTE
Handelsliberalisering
x Handelsliberalisering is die afskaffing of vermindering van
handelsbeperkings tussen lande, bv. invoerbelasting. 33
x Die doel van handelsliberalisering was om internasionale handel te
stimuleer. 33
x Dit het na die Tweede Wêreldoorlog begin met die stigting van die AOTH
(GATT) deur die Verenigde Nasies. 33
x AOTH-lede het onderhandel vir die afskaffing van handelsbeperkings en
hindernisse sowel as om metodes te vind om internasionale handel te
vergroot. 33
x Hierdie rol is later in 1994 deur die WHO oorgeneem. 33
x Die WHO verseker dat handelsooreenkomste tussen lande nagekom word
en hulle dien as bemiddelaar tydens handelsdispute. 33
x Afskaffing van handelsbeperkings is daarop gemik om buitelandse direkte
investering aan te moedig ten einde nywerhede verder te ontwikkel en
verbruikers se koopkrag te verhoog. 33
x Die uitvloei van hierdie optrede was die totstandkoming van
uitvoerverwerking-sones (EVSs) in baie lande, waarbinne geen
handelstariewe gehef word nie. 33
x Deur handelsliberalisering het sommige lande ’n vryhandelsgebied (VHG)
gevorm, waar ooreenkomste bereik is waardeur deelnemende lande alle
handelsbeperkings op die ruil van goedere en dienste tussen hulle,
afgeskaf het. 33
x Die uitwerking van ‘n VHG is dat die totale volume van handel toeneem
omdat lande kan spesialiseer in die produkte wat hulle die goedkoopste
kan produseer. 33 (Maks. 10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
Multinasionale ondernemings
x Multinasionale ondernemings is maatskappye wat vervaardigings-, diens-
en handelsondernemings in verskeie lande vestig. 33
x Wanneer hulle goedere en dienste in ander lande produseer, hoef hulle
dit nie na daardie land uit te voer nie, so hulle bespaar op die
vervoerkoste. 33
x Hulle fasiliteer BDI sowel as die migrasie van gespesialiseerde arbeid
wanneer dit nie in die buitelandse mark beskikbaar is nie. 33
x Hulle speel ook ‘n groot rol in die verspreiding en implementering van
nuwe tegnologieë. 33
x MNO’s is maatskappye wat produkte en dienste aan ten minste twee
lande lewer. 33
x Hulle produseer produkte in verskeie lande waar die produksiekoste die
laagste is en versprei die produkte dan wêreldwyd. 33
x MNO’s stel lande bloot aan internasionale produkte wat globalisasie deur
middel van internasionale handel bevorder. 33 (Maks.10)
Standaardisasie
x Verwys na die maak van reëls regoor die wêreld, wat dit makliker maak vir
lande en besighede om internasionaal handel te dryf en te investeer. 33
x Diegene wat onderworpe is aan die reëls gedra hulle op dieselfde manier
en dit bevorder globalisasie. 33
x Globalisasie is bevorder deur ‘n aantal fasiliterende reëls, prosedures en
norme wat deur internasionale instellings neergelê is. 33
x Voorbeelde van sulke reëls sluit in handelsverhoudings, investering,
gesondheidsake, arbeid en die omgewing. 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (Maks. 6)
ADDISIONELE GEDEELTE
Globalisasie het die omgewing as volg negatief beïnvloed:
x Druk is op die omgewing geplaas terwyl besoedeling veroorsaak is as
gevolg van verhoogde produksie en verbruik. 33
x Druk is geplaas op nie-hernubare energie hulpbronne, bv. petrol, as
gevolg van die verhoogde verbruik van brandstof in die produksie van
goedere/dienste en die vervoer daarvan tussen lande. 33
x Verhoging in die stort van afval en skadelike chemiese stowwe in die
oseane, oliestortings wat gegenereer word as gevolg van verhoogde
produksie, en die doodmaak van onderwaterorganismes. 33
x Druk is geplaas op die beskikbaarheid van grond en hulpbronne deur
tonnels en snelweë deur en oor berge te bou en grond binne te dring om
die weg te baan vir geboue, bv. herstrukturering van die grond. 33
x Storting van verskeie chemikalieë in die grond in die proses om
industrialisasie te verbeter, wat weer gelei het tot die groei van baie
skadelike onkruid en plante. 33
x Toenemende gebruik van plastiek gedurende verpakking, wat ‘n
hoofbesoedelingstof is aangesien dit nie degradeerbaar is nie en
wydverspreide omgewingsbesoedeling veroorsaak. 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (Maks. 10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 19
SLOT
Globalisasie het ‘n belangrike rol gespeel in alle lande van die wêreld aangesien dit
baie lande gehelp het om vinniger te groei as wat hulle dit andersins sou kon
doen. 33
Werksgeleenthede en ekonomiese groei het verbeter, veral in ontwikkelende
lande. 33
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot.)
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Memorandum
EKONOMIE V1 GR 11 NOVEMBER 2025 NASIENRIGLYN_watermark.pdf

Memorandum
ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE_watermark.pdf
Memorandum
ECONOMICS P2 GR11 MEMO NOV2025_Afrikaans_watermark.pdf
Memorandum
ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024_afrikaans moderated final(1)_watermark.pdf
Memorandum
Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
MP-Economics-Grade-11-June-2024-P2-and-Memo_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Memorandum
ECONOMIC P2 GR11 MEMO NOV2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf
Question paper
ECONOMIC P2 GR11 QP NOV2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
ECON P1 GR11 QP MEMO NOV2020 ENG D_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
ECON P1 GR11 MEMO NOV 2020_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
ECONOMICS P2 GR11 MEMO NOV2019_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
ECON P2 GR11 MEMO NOV2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 Economics
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025_Afrikaans_watermark.pdf

Question paper and memo
LP-CS-Economics-Grade-11-March-2025-QP-and-Memo.pdf
Question paper
EKONOMIE V1 GR11 QP NOV 24 D_watermark.pdf

Question paper
ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D_watermark.pdf
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a5bf3155-bcd3-4b96-83c6-1d36905153a9/v1-82fd7d39bb1666f71aa2/card.webp)
Question paper
Gr 11 Economics P2 (English) June 2024 Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Question paper