Skip to content

Economics Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201412 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V2 NOVEMBER 2014 PUNTE: 150 TYD: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/November 2014 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs blou of swart ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/November 2014 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 15 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C. 1.1.1 In ekonomie verwys die term 'korttermyn' na 'n tydperk waar … produksiefaktore kan verander. A slegs veranderlike B alle vaste C beide veranderlike en vaste 1.1.2 In 'n mark met volmaakte mededinging is produkte … A heterogeen. B homogeen. C gedifferensieerd. 1.1.3 Watter EEN van die volgende is 'n kenmerk van 'n monopolie? A Goedere is homogeen. B Monopoliste is prysnemers. C Daar is geen naby substitute nie. 1.1.4 Staatsinmenging in die mark verseker voldoende stapelvoedsel vir die armes deur … pryse vas te stel. A maksimum B minimum C beperkte 1.1.5 Die ooreenkoms wat in 2002 bereik is en wat op omgewings- volhoubaarheid gefokus het, staan as die … bekend. A Johannesburg-beraad B Rio+20-beraad C Kyoto Protokol 1.1.6 Suid-Afrikaners wat oorsee reis, word … toeriste genoem. A inkomende B uitgaande C binnelandse Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/November 2014 NSS 1.1.7 Die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne staan as … bekend. A besoedeling B bewaring C beskerming 1.1.8 Die bevordering van Suid-Afrika as 'n internasionale toeriste- bestemming is die verantwoordelikheid van … A die privaat sektor. B internasionale organisasies soos Green Peace. C Suid-Afrikaanse Toerisme (SAT). (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Eksplisiete koste A lei tot 'n groei in toerisme 1.2.2 Sluitingspunt B vliegtuiggeraas 1.2.3 Kartel C waar MK = GVK 1.2.4 Volmaakte mark D as 'n groep produsente 'n kollektiewe monopolie vorm 1.2.5 Hoër besteebare inkomste E beheer deur instansies wat deur die staat daargestel is 1.2.6 Negatiewe eksternaliteit F markprys = marginale inkomste 1.2.7 Binnelandse toerisme G mense wat in hulle eie lande reis 1.2.8 Geadministreerde H besoek museums en kunsgalerye pryse I werklike besteding van 'n besigheid, byvoorbeeld lone en rente (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/November 2014 NSS 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Die minimum wins wat nodig is om te voorkom dat 'n entrepreneur die bedryf verlaat 1.3.2 Die bedrag waarmee die totale koste styg wanneer 'n ekstra eenheid geproduseer word 1.3.3 'n Situasie waar dit onmoontlik is om die welvaart van een persoon te vergroot sonder om 'n ander een slegter daaraan toe te maak 1.3.4 'n Volhoubare en aansienlike styging in die algemene prysvlak 1.3.5 Tradisionele kennis wat 'n praktiese toepassing vir die daaglikse oorlewing van plaaslike gemeenskappe is 1.3.6 Weghol-inflasietoestande waar die algemene prysvlak met meer as 50% per maand styg (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/November 2014 NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 20 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE kenmerke van monopolistiese mededinging. (2 x 1) (2) 2.1.2 Wat sal gebeur as een besigheid in die volmaakte mark besluit om sy verkoopprys te verhoog? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TOLPAAIE – WAS DIT DIE BESTE BESLUIT? Daar is grootskaalse debatte oor tolpaaie in Suid-Afrika, met baie ongelukkige verbruikers en onsekerheid of dit werklik die ekonomie sal bevoordeel. Die groot vraag is of die owerheid al die positiewe en negatiewe aspekte rakende tolpaaie ondersoek het. [Aangepas uit Business Times, Mei 2013] 2.2.1 Verduidelik die term tol. (2) 2.2.2 Watter metode kan die owerheid gebruik om te verseker dat die instelling van tolpaaie die beste besluit is? (2) 2.2.3 Hoe kan tolpaaie tot markmislukking lei? (2) 2.2.4 Argumenteer ten gunste van die implementering van tolpaaie. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/November 2014 NSS 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. LANGTERMYN-EWEWIG IN 'N MONOPOLIEMARK Prys Koste MK Inkomste GK 6 a d b e 4 3 c VV/GI MI 0 100 120 140 Hoeveelheid/Eenhede 2.3.1 Dui die winsmaksimeringspunt van die monopolis aan. (1) 2.3.2 Hoeveel eenhede sal by die maksimeringspunt geproduseer word? (1) 2.3.3 Bepaal of die besigheid 'n ekonomiese wins of 'n ekonomiese verlies maak. Toon ALLE berekeninge. (4) 2.3.4 Watter gunstige toestande kan die monopolis in vergelyking met ander markstrukture geniet? (4) 2.4 Verduidelik hoe die onbeweeglikheid van produksiefaktore tot markmislukking kan lei. (4 x 2) (8) 2.5 Verduidelik hoe SASOL in 'n oligopolistiese mark met ander maatskappye in Suid-Afrika wat petrol verkoop, kan meeding. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/November 2014 NSS VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Gee TWEE voorbeelde van Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan toerisme die lewens van arm mense naby toeriste- bestemmings beïnvloed? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SKAKEL LIGTE AF VIR DIE AARDE Op die laaste Saterdag in Maart het Suid-Afrika en die hele wêreld hul ligte vir 'n uur afgeskakel om 'Aarde-uur' te vier. In sy verduideliking van die redes vir die gebeurtenis het die Wêreldnatuurfonds van Suid-Afrika (WNFSA) die aandag daarop gevestig dat elektrisiteit en brandstof in Suid-Afrika hoofsaaklik uit 'vuil' niehernubare hulpbronne soos steenkool, olie en gas geproduseer word. Hulle het daarom mense aangespoor om bewus te wees van die tipe vernietiging wat deur hierdie soorte energie meegebring word. Die organisasie het verduidelik dat dit nog belangriker is dat Suid-Afrika na hernubare sonenergie moet omskakel en ook vervoerenergieverbruik moet verminder. Indien die mens die mag van die natuur kon aangryp eerder as om daarteen te werk, sou volhoubare energievoorsiening gewaarborg kon word. [Aangepas uit www.wwf.org.za, Oktober 2013] 3.2.1 Wat word hulpbronne wat vervang kan word, genoem? (2) 3.2.2 Wat dink jy is die doel van die viering van 'Aarde-uur'? (2) 3.2.3 Hoe kan mense vervoerbrandstofverbruik verminder om die omgewing in stand te hou? (2) 3.2.4 Na jou mening, hoekom word daar na niehernubare hulpbronne as 'vuil' verwys? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/November 2014 NSS 3.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. HOOFLYN-INFLASIEKLASSIFIKASIE VAN INDIVIDUELE VERBRUIK Itemkategorie Gewig Junie Julie Voedsel en nie-alkoholiese dranke 15,41 6,8 6,8 Alkoholiese dranke en tabak 5,43 6,3 7,0 Klerasie en skoene 4,07 3,0 3,1 Behuising en noodsaaklike dienste 24,52 5,8 5,5 Huishoudelike inhoud, instandhouding en 4,79 2,9 2,9 toerusting Gesondheid 1,46 5,0 4,8 Vervoer 16,43 3,7 8,2 Kommunikasie 2,63 1,5 1,8 Ontspanning en kultuur 4,09 4,3 3,4 Onderwys 2,95 9,0 9,0 Restaurante en hotelle 3,50 6,1 6,5 Diverse goedere en dienste 14,72 7,4 7,6 Allesomvattende VPI 100,00 5,5 6,3 [Bron: SARB Kwartaalblad, September 2013] 3.3.1 Wat word onaangepaste VPI-syfers genoem? (2) 3.3.2 Hoekom is die gewigte van die items in die mandjie goedere belangrik? (2) 3.3.3 Hoekom sou jy voedsel by die VPI-mandjie uitsluit wanneer kerninflasie bereken word? (2) 3.3.4 Lewer kommentaar op die uitwerking wat die allesomvattende VPI-indeks op die verbruiker het. (4) 3.4 Bespreek die ekonomiese voordele van toerisme vir die owerheid en infrastruktuurontwikkeling. (2 x 4) (8) 3.5 Hoekom word nywerhede dikwels daarvan beskuldig dat hulle tot grond en waterbesoedeling bydra? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/November 2014 NSS VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE voorbeelde van omgewingsbewaring. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe kan die verbruiker uit mededinging voordeel trek? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA BEHOORT TEEN 2020 EEN VAN DIE WÊRELD SE TOP-20-REISBESTEMMINGS TE WEES Suid-Afrikaanse toerisme groei sedert 1994. Internasionale toeriste-aankomste het in 2012 met 10,2% gestyg. In 2012 het toerisme 3% tot die land se BBP bygedra in vergelyking met 9% wêreldwyd. Die land het ook sy fokus op die verhoging van binnelandse toerisme verskerp. Die Sho't Left-toerisme- bemarkingsveldtog is weer bekend- gestel wat jong modebewuste Suid- Afrikaners teiken en hulle aanmoedig om hul eie land te verken. [Aangepas uit www.thesouthafrican.com, Oktober 2013] 4.2.1 Identifiseer die tipe toerisme wat in die foto hierbo uitgebeeld word. (1) 4.2.2 Wat word daarmee bedoel wanneer Suid-Afrikaners aangemoedig word om hul eie land te verken? (1) 4.2.3 Hoe sal jy verseker dat Suid-Afrika teen 2020 een van die wêreld se top-20-reisbestemmings word? (4) 4.2.4 Hoekom word toerisme as 'n groot werkskepper beskou? Gee voorbeelde uit jou eie gemeenskap om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/November 2014 NSS 4.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Prys (R) V1 100 a 90 b 50 c V2 0 100 150 190 Hoeveelheid/Eenhede 4.3.1 Watter onvolmaakte markstruktuur word hierbo geïllustreer? (1) 4.3.2 Benoem die vraagkurwe met 'n afwaartse helling hierbo. (1) 4.3.3 Verduidelik hoe prysleierskap in hierdie tipe mark werk. (4) 4.3.4 Neem aan dat die huidige verkoopprys R90 is. Verduidelik hoekom hierdie besigheid nie pryse sal verlaag om verkope te verbeter nie. (4) 4.4 Verduidelik omgewingsbelastings en bemarkbare permitte as ingryping- strategieë om omgewingsvolhoubaarheid te bereik. (2 x 4) (8) 4.5 Wat is die effek van die instelling van minimum lone in Suid-Afrika? (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/November 2014 NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Maks. 2 Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/ Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10 Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks Gevolgtrekking Maks. 2 TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 35 MINUTE Onder volmaakte marktoestande word die markprys van produkte deur die wisselwerking tussen vraag en aanbod bepaal. • Bespreek volmaakte mededinging onder die volgende hoofde: → 'n Vergelyking van die vraagkurwe van die individuele produsent en nywerheid → Winsmaksimering Gebruik grafieke om jou bespreking te ondersteun. (26) • Na jou mening, bevorder die Wet op Mededinging in Suid-Afrika regverdige mededinging? (10) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 35 MINUTE Inflasie is 'n verskynsel waarmee baie lande wêreldwyd gekonfronteer word. • Ondersoek in besonderhede die oorsake van koste-druk-inflasie. (26) • Was Suid-Afrika se inflasieteiken-beleid voordelig vir die ekonomie? Motiveer jou antwoord. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all