Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE V1
NOVEMBER 2014
PUNTE: 150
TYD: 1½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers 





View all
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)



_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Economics Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 625.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC November Exam 2014
Questions in this paper
- Question 1.1The role of the public sector16 marks
- Question 1.2The role of the public sector8 marks
- Question 1.3The circular flow model, national account aggregates and the multiplier6 marks
- Question 2Business cycles and forecasting40 marks
- Question 3South Africa’s industrial policies and their suitability in terms of international best practice14 marks
- Question 4Protectionism and free trade40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 2 DBE/November 2014
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs blou of swart ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 3 DBE/November 2014
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 15 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 B.
1.1.1 Die vloei van geld uit die finansiële sektor na die ekonomie word
'n … genoem.
A inspuiting
B uitgawe
C lekkasie
1.1.2 Die oordrag van eienaarskap van die publieke na die privaat sektor
staan as … bekend.
A desentralisasie
B nasionalisering
C privatisering
1.1.3 Die staat se inkomste- en bestedingberamings vir 'n driejaar-
tydperk word in die … weerspieël.
A provinsiale begroting
B hoofbegroting
C mediumtermynbestedingsraamwerk (MTBR)
1.1.4 'n Bepaalde plan van optrede wat deur 'n groep of organisasie
aanvaar word in 'n poging om beste praktyk te bevorder, staan as
… bekend.
A beleid
B strategie
C inisiatief
1.1.5 Wanneer die staat tariewe gebruik om invoere te ontmoedig, word
dit … genoem.
A uitvoerbevordering
B beskerming
C monetêre beleid
1.1.6 Geografiese gebiede wat 'n breër nywerheidsontwikkelings-
mikpunt het en wat enige plek geleë kan wees om trosontwikkeling
('cluster development') te bevorder, word … genoem.
A korridors
B Spesiale Ekonomiese Sones ('SEZs')
C vervaardigingsones
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 4 DBE/November 2014
NSS
1.1.7 Die totale markaanbod kan deur 'n owerheidsbeleid van …
gestimuleer word.
A produksiekoste te verminder.
B die doeltreffendheid van insette te beperk.
C die produktiwiteit van produksiefaktore te verlaag/verminder.
1.1.8 Die instelling wat bemagtiging en transformasie deur 'n kode van
goeie praktyk monitor, staan as die … bekend.
A Suid-Afrikaanse Reserwebank
B Nywerheidsontwikkelingskorporasie
C Departement van Handel en Nywerheid (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Reële vloeie A verskaf deur die staat en word deur almal
in die samelewing gebruik
1.2.2 Resessie
B meet veranderinge in pryse van goedere
1.2.3 Publieke goedere en dienste
1.2.4 Ruilvoet C dit versterk institusionele kapasiteit en
bevorder ontwikkeling
1.2.5 Wêreldbank
D die vloei van goedere en dienste
1.2.6 Geïntegreerde
vervaardiging- E bevorder ontwikkeling in die Suider-Afrika-
strategie streek
1.2.7 Ontwikkelingsbank F die internasionale instelling wat
van Suider-Afrika ekonomiese herstel en ontwikkeling
bevorder
1.2.8 Verbruikersprys-
indeks G 'n negatiewe ekonomiese groei vir ten
minste twee agtereenvolgende kwartale
H die vloei van inkomste en besteding
I die verhouding tussen uitvoer- en
invoerpryse
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 5 DBE/November 2014
NSS
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 'n Ekonomie wat die buitelandse sektor insluit
1.3.2 Die korttermyn- en baie korttermynmark vir spaargeld en lenings
1.3.3 'n Kurwe wat die verwantskap tussen belastingkoerse en belasbare
inkomste toon
1.3.4 Die wêreldwye interaksie van ekonomieë, met handel as 'n
sleutelelement
1.3.5 Die koers waarteen banke geld by die Reserwebank leen
1.3.6 Die verwydering van onnodige regulasies wat die vrye werking van
markte beperk (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 6 DBE/November 2014
NSS
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 20 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE metodes wat gebruik word om nasionale-inkome-
totale te bereken. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe sal die inkrimpingsfase van 'n sakesiklus die ekonomie deur
middel van rentekoerse beïnvloed? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
EKONOMIESE AANWYSERS
Ekonomiese aanwysers is statistiek wat
gebruik word om sekere aspekte van die
ekonomie te meet wat met die
vooruitskatting van sakesiklusse help,
byvoorbeeld werkloosheidskoerse,
kleinhandelverkope en advertensie-
ruimte vir werkgeleenthede. Behalwe
ekonomiese aanwysers is die lengte en
amplitude van 'n sakesiklus ander
faktore wat onderliggend is aan die
vooruitskatting van sakesiklusse. Die
Reserwebank stel ook saamgestelde
aanwysers op wat die prestasie van die
ekonomie weerspieël.
[Aangepas uit die Internet 2013]
2.2.1 Identifiseer 'n leidende ekonomiese aanwyser uit die data hierbo. (2)
2.2.2 Definieer die term saamgestelde aanwyser. (2)
2.2.3 Wat word deur die amplitude van 'n sakesiklus gedemonstreer? (2)
2.2.4 Verduidelik die lengte van 'n sakesiklus as 'n kenmerk
onderliggend aan vooruitskatting. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 7 DBE/November 2014
NSS
2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
UITTREKSEL UIT DIE BETALINGSBALANS
R MILJOEN
KAPITALEOORDRAG-REKENING +241
FINANSIËLE REKENING
Netto direkte beleggings………………………………………………….. 12 900
Netto portefeuljebeleggings.................................................................. 54 477
Ander beleggings………………………………………………………….. 107 688
Saldo op die finansiële rekening..…………………………………….. 175 065
Onaangetekende transaksies....……………………………………….. –1 801
VERANDERING IN NETTO GOUD- EN ANDER BUITELANDSE ?
RESERWES …………………………………………………………..…..
[Bron: SARB Kwartaalblad, Desember 2013]
2.3.1 Watter item sal 'n Suid-Afrikaanse besigheid wat eiendom in die
Verenigde State van Amerika aankoop, insluit? (1)
2.3.2 Definieer die term betalingsbalans. (2)
2.3.3 Wat is die doel van die item 'Onaangetekende transaksies'? (2)
2.3.4 As die saldo op die lopende rekening –R164 548 was, bereken die
waarde van die 'Verandering in Netto Goud- en ander Buitelandse
Reserwes'. Toon ALLE berekeninge. (5)
2.4 Vergelyk 'n vry swewende wisselkoersstelsel met 'n beheerde swewende
wisselkoersstelsel. (2 x 4) (8)
2.5 Bespreek die vermenigvuldiger en die effek daarvan op nasionale inkome,
as die marginale verbruiksgeneigdheid (mvg) 0,6 is en die investering met
R10 bn. styg. (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 8 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 20 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE monetêre beleidsinstrumente wat deur die
Reserwebank gebruik word. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoekom is ekonomiese aanwysers belangrik vir die staat? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KOOP SUID-AFRIKA TERUG
Hierdie veldtog is 'n inisiatief deur die Departement van Handel en Nywerheid
(DHN), die Vervaardigingsirkel en Trots Suid-Afrikaans. Dit is gerig op die
aankoop van Suid-Afrikaans-vervaardigde produkte. Dit vorm deel van die
staat se strategie om die ekonomie te laat groei. Dis belangrik om die land se
nywerheidsbasis te versterk en te diversifiseer ten einde uitvoermarkte te
ontwikkel.
Die Europese Unie het egter 'n verbod op die invoer van besmette
sitrusvrugte vanaf Suid-Afrika geplaas.
[Aangepas uit Business Report, November 2013]
3.2.1 Watter staatsdepartement het die Koop Suid-Afrika Terug-veldtog
ingestel? (1)
3.2.2 Wat beoog die staat om met hierdie veldtog te bereik? (1)
3.2.3 Hoe kan die staat bevoordeel word deur die diversifisering van die
land se nywerheidsbasis? (2 x 2) (4)
3.2.4 Watter negatiewe effek kan die Europese Unie se verbod op
sitrusinvoere op plaaslike sitrusprodusente hê? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 9 DBE/November 2014
NSS
3.3 Bestudeer die spotprent en uittreksel hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
BERAAD OOR SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
Die doel van die mees onlangse
Daar's 'n SWAK SEB-beraad was om die afgelope
PLEK in my harnas! dekade van die SEB-stelsel te
bestudeer. Maatreëls was gereed
Ek is 'n swart om die stelsel te verbeter, alhoewel
Chinese Suid- hulle steeds etlike probleme
Afrikaner! ondervind het, soos maatskappye
wat dit as 'n rookskerm gebruik om
die voorgeskrewe wetlike vereistes
te systap, asook die verifiëring van
SEB SEB-vlakke van maatskappye.
GIERIG-
HEID Daar is 'n ernstige tekort aan swart
nyweraars in die land; transformasie
is dus in die sektor nodig.
[Aangepas uit Business Report, Oktober 2013]
3.3.1 Wat is die doelwit van swart ekonomiese bemagtiging? (2)
3.3.2 Voor watter uitdagings kom die SEB-beleid tans te staan? (2 x 1) (2)
3.3.3 Verduidelik die boodskap wat in die spotprent uitgebeeld word. (2)
3.3.4 Na jou mening, waarom ervaar ons steeds 'n ernstige tekort aan
swart nyweraars in die land? (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek kortliks die doelwitte van streeksontwikkeling. (4 x 2) (8)
3.5 Ontleed bevolkingsgroei en lewensverwagting as sosiale aanwysers verwant
aan demografie. (2 x 4) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 10 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 20 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE aanbodredes vir internasionale handel. (2 x 1) (2)
4.1.2 Wat is die hoofdoelwit van die uitgebreide openbarewerkeprogram
(UOWP)? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRICS-HANDELSPROTOKOL
Poort na Afrika
Poort na Afrika
BRICS-
BERAAD
[Bron: Internet, Oktober 2013]
4.2.1 Definieer die term handelsprotokol. (2)
4.2.2 Verduidelik die boodskap wat deur die spotprent uitgebeeld word. (2)
4.2.3 Waarom word Suid-Afrika as die poort na Afrika beskou? (2)
4.2.4 Hoe sal Suid-Afrika voordeel trek uit sy BRICS-lidmaatskap? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 11 DBE/November 2014
NSS
4.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NASIONALE INKOME- EN PRODUKSIEREKENINGE
VAN SUID-AFRIKA
2012
R miljoen
Vergoeding van werknemers 1 451 603
Netto bedryfsurplus 922 030
Vastekapitaalverbruik 405 640
Bruto Waarde Toegevoeg @ Faktorkoste 2 779 273
Ander belasting op produksie 56 527
Ander subsidies op produksie 15 538
(A) 2 820 262
Belasting op produkte 338 804
Subsidies op produkte 20 086
Bruto Binnelandse Produk @ Markpryse (B)
[Bron: SARB Kwartaalblad, Desember 2013]
4.3.1 Skryf die ontbrekende item gemerk (A) neer. (2)
4.3.2 Definieer die term bruto binnelandse produk (BBP). (2)
4.3.3 Verduidelik die item 'Vastekapitaalverbruik'. (2)
4.3.4 Bereken die 'Bruto Binnelandse Produk @ Markpryse' gemerk (B).
Toon ALLE berekeninge. (4)
4.4 Bespreek die ekonomiese aanwysers wat op produktiwiteit betrekking het.
(2 x 4) (8)
4.5 Beredeneer hoe vryhandel eerder as beskerming lande sal bevoordeel.
(2 x 4) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1 12 DBE/November 2014
NSS
AFDELING C
Beantwoord slegs EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL: PUNTETOEKENNING:
Inleiding Maks. 2
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei
af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks
Gevolgtrekking Maks. 2
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 35 MINUTE
Die staat poog voortdurend om spesifieke doelwitte te bereik om die nasie se
lewenstandaard te verbeter.
• Bespreek die makro-ekonomiese doelwitte van die staat in die Suid-Afrikaanse
ekonomie. (26)
• Na jou mening, tot watter mate het die Suid-Afrikaanse regering al hierdie doelwitte
bereik? (10)
[40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 35 MINUTE
Sedert 1994 het die Suid-Afrikaanse regering verskillende strategieë ontwikkel om die
ekonomie te verander.
• Bespreek die volgende Suid-Afrikaanse groei- en ontwikkelingstrategieë in detail:
→ Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS)
→ Die Nuwe Groeipad (NGP)
→ Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) (26)
• Evalueer die strategieë wat in Suid-Afrika gebruik word. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Eng)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2014 Memo (English)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (English)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper