Downloaded from hlayiso.com
1 GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE V2
NOVEMBER 2014
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 20 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers 





View all





Economics Grade 12 P2 NSC November 2014 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 392.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
NSC November Exam 2014
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 2 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 A slegs veranderlike
1.1.2 B homogeen
1.1.3 C daar is geen naby substitute nie
1.1.4 A maksimum
1.1.5 A Johannesburg-beraad
1.1.6 B uitgaande
1.1.7 B bewaring
1.1.8 C Suid-Afrikaanse Toerisme (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 I werklike besteding van 'n besigheid, byvoorbeeld lone en rente
1.2.2 C waar MK = GVK
1.2.3 D as 'n groep produsente 'n kollektiewe monopolie vorm
1.2.4 F markprys = marginale inkomste
1.2.5 A lei tot 'n groei in toerisme
1.2.6 B vliegtuiggeraas
1.2.7 G mense wat in hulle eie lande reis
1.2.8 E beheer deur instansies wat deur die staat daargestel is (8 x 1) (8)
1.3 GEE EEN TERM
1.3.1 Normale wins
1.3.2 Marginale koste
1.3.3 Pareto-doeltreffendheid / Pareto optimal / Pareto
1.3.4 Inflasie
1.3.5 Inheemse Kennisstelsels / IKS
1.3.6 Hiperinflasie (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 3 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE kenmerke van monopolistiese mededinging.
• 'n Groot aantal produsente wat aktief aan die mark
deelneem
• Die aard van die produk is gedifferensieerd
• Toe- len uittrede van die mark is vry (relatief maklik)
• Besighede het min beheer oor die prys van die produk
• Inligting is onvolledig vir beide koper en verkoper
• Nie-prys mededinging en handelsmerke speel 'n belangrike rol
in monopolistiese mededinging (2 x 1) (2)
Aanvaar enige ander korrekte kenmerk.
2.1.2 Wat sal gebeur as een besigheid in die volmaakte mark besluit
om sy verkoopprys te verhoog?
Die besigheid sal nie in staat wees om enige eenhede te verkoop
nie te wyte aan die hoë vlakke van mededinging / en die markprys
sal onveranderd bly/nie in staat om enigiets te verkoop nie omdat
hy nie in staat is om die markprys te beïnvloed nie / die firma sal uit
besigheid gestel word
Aanvaar enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
2.2 Datarespons
2.2.1 Verduidelik die term tol.
Tol is 'n betaalstelsel op sekere hoofweë / paaie of parkeer areas /
fooi / belasting (2)
2.2.2 Watter metode kon die owerheid gebruik om te verseker dat
die ingebruikstelling van tolpaaie die beste besluit was?
Koste-voordeel-analise / KVA / marknavorsing / vraelyste / SWOT
ontleding / impakstudies / omgewingstudies / positiewe en
negatiewe aspekte moes oorweeg gewees het / breë openbare
deelname van die publiek / die publiek was nie genader
Aanvaar enige ander relevante metode (2)
2.2.3 Hoe kan tolpaaie tot markmislukking lei?
• Maatskappye kan die addisionele koste oorskuif op die
verbruikers/hoër produksiekoste
• Dit kan lei tot 'n verlaagde uitset/aanbod
• Massa-aksies teen e-tol kan die vloei van goedere en mense
negatief beïnvloed – die normale verloop van die ekonomie
kan verstoor word
• Aanvaar enige ander relevante argument (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 4 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
2.2.4 Argumenteer ten gunste van die implementering van tolpaaie.
• Bron van inkome vir die provinsie (owerheid)
• Deurlopende/konstante inkome om paaie en infrastruktuur te
onderhou
• Werkverskaffing
Aanvaar enige positiewe antwoord ten opsigte van die
verbruikers, besigheid, staat en buitelandse beleggers. (2 x 2) (4)
2.3 Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
2.3.1 Dui die winsmaksimeringspunt van die monopolis aan.
MI=MK / c (1)
2.3.2 Hoeveel eenhede sal by die wins maksimeringspunt
geproduseer word?
100 (1)
2.3.3 Bepaal of die besigheid 'n ekonomiese wins of ekonomiese
verlies mak. Toon ALLE berekeninge.
Totale Inkomste: 6 x 100 = 600 OF 6 – 4 = 2 X 100
Totale Koste: 4 x 100 = 400
= 200
Wins = Totale Inkomste – Totale koste
= 600 - 400
= 200
Die besigheid maak 'n ekonomiese wins (4)
Aanvaar ʼn grafiese voorstelling (maks 2)
2.3.4 Watter gunstige toestande kan die monopolis in vergelyking
met ander markstrukture geniet?
• Die monopolis is die enigste verskaffer van daardie spesifieke
produk
• Hy geniet die vryheid om sy eie pryse vas te stel / stel hoër
pryse
• Besluit op produksievlakke / beperk sy uitset
• Beskerming deur wetgewing
• Beskerming deur hindernisse teen toetrede
• Gunstige geografiese gebied
• Produseer nie teen die laags moontlike koste nie
• Die monopolie is die swakste toedeler van beskikbare
hulpbronne en volmaakte mededinging is die mees
doeltreffende mark in die toedeling van hulpbronne
Aanvaar enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 5 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
2.4 Verduidelik hoe die onbeweeglikheid van produksiefaktore tot
markmislukking kan lei.
• Markte is nie in staat om onmiddellik op verbruikersvraag te reageer nie
indien die produksiefaktore nie kan reageer en maklik beweeglik is nie
• Hulpbronne neig nie om baie beweeglik te wees nie en pas nie maklik by
'n veranderde verbruikersvraag aan nie
• Arbeiders mag tyd neem om te beweeg na nuwe beroepe en geografiese
gebiede bv. familiebande, vriende, gerief, skole
• Ongeskoolde arbeid is nie in staat, bereid of het die tyd of geld om die
nodige vaardighede te bekom nie – dit veroorsaak werkloosheid of
indiensneming teen lae salarisse
• Fisiese kapitaal kan nie maklik beweeg word na plekke waar dit benodig
word nie bv. fabrieksgeboue en ander infrastruktuur
• Dit neem lank vir nywerhede om aan te pas by verandering in
tegnologiese / strukturele veranderinge bv. Rekenaar geondersteunde
produksie (Enige 4 x 2) (8)
Aanvaar enige ander relevante voorbeelde.
2.5 Verduidelik hoe SASOL in 'n oligopolistiese mark met ander maatskappye in
Suid-Afrika wat petrol verkoop, kan meeding.
SASOL sal hom wend tot nie-prys kompetisie deur op die volgende te
fokus:
• Adverteer en bemarking bv. televisie en radio
• Addisionele dienste bv. geriefswinkels
• Vestiging van ʼn sterk handelsmerk SASOL embleem bv. Brandstof
vir skoner enjin
• Vriendelike personeel bv. Bied addisionele dienste soos die
kontrolering van banddruk
• Skoon toiletgeriewe word gereeld skoongemaak / addisionele dienste
bv. Babakamer
• Kompetisies bv. wen 'n motor
• Lojaliteitsbeloning aan klante bv. maak die motor vol vir 'n sekere
bedrag, kry 'n gratis enjin-was
• Werk in vennootskap met ander besighede bv. kitskos aanlegte
• Adverteer met en in samewerking met ander besighede
• Rekeninghouers sekere maatskappye laat rekeninghouers toe om
voertuie vol te maak en eers die einde van die maand te betaal
Aanvaar enige ander relevante antwoord. (Enige 4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 6 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1.1 Noem TWEE voorbeelde van Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika.
• Mapungubwe
• Die Vredefort-koepel
• Die Sterkfonteingrotte / Die wieg van die mensdom
• Robben-eiland
• Richtersveld-kultuur- en botaniese landskappe
• ISimangiliso-vleilandpark /Groter St. Lucia-vleilandpark
• Die Kaapse fynbosstreek /Tafelberg /Agulhas Nasionale Park
• Ukhahlamba Drakensbergpark (Enige 2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe kan toerisme die lewens van arm mense naby toeriste-bestemmings
beïnvloed?
• Werkverkryging
• Verkoop goedere en dienste aan toeriste
Aanvaar enige ander positiewe of negatiewe argument bv. dwelmhandel
en prostitusie, toename in misdaadsyfers, besoedeling, lei tot die styging
van binnelandse pryse.
Aanvaar enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
3.2 3.2.1 Wat word hulpbronne wat vervang kan word, genoem?
Hernubare hulpbronne (2)
3.2.2 Wat dink jy is die doel van die viering van 'Aarde-uur'?
Mense moet meer bewus gemaak word van die rol wat produksie
van elektrisiteit of brandstof speel in omgewingskade / bespaar
energie / maak mense bewus van die vernietigende effek van
olie,steenkool en gas
Aanvaar enige ander relevante opinie. (2)
3.2.3 Hoe kan mense vervoerbrandstofverbruik verminder om die
omgewing in stand te hou?
• Gebruik ander tipes vervoer wat 'n groot aantal passasiers dra
soos treine en busse
• Gebruik saamryklubs/ry in groepe
• Stap
• Gebruik fietse
• Gebruik energiedoeltreffende voertuie bv. hibriede motors
Aanvaar enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 7 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
3.2.4 Na jou mening, hoekom word daar na niehernubare
hulpbronne as 'vuil' verwys.
• Wanneer verbrand, produseer dit kweekhuisgasse
• Nie-hernubared hulpbronne veroorsaak besoedeling
• Dit sal die osoonlaag / omgewing beskadig
• Wat sal lei tot aardverwarming
• Dit sal weer klimaatsverandering veroorsaak
Aanvaar enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.3 3.3.1 Wat word onaangepaste VPI-syfers genoem?
Hooflyn-inflasie (2)
3.3.2 Hoekom is die gewigte van items in die mandjie goedere
belangrik?
Dit dui hul relatiewe aandeel / belangrikheid van die totale
verbruiksbesteding die totale verbruiksbesteding op die
onderskeie items aan / dit is duidelik dat kos, behuising en dienste
en vervoer groter is as al die ander (2)
3.3.3 Hoekom sou jy voedsel by die VPI-mandjie uitsluit wanneer
kerninflasie bereken word?
Kerninflasie sluit items uit met hoogs wisselvallig (aansienlike toe-
en afname in pryse) / of waar dit deur owerheidsinmenging
beïnvloed word (2)
3.3.4 Lewer kommentaar op die uitwerking wat die allesomvattende
VPI-indeks op die verbruiker het.
• Die algemene VPI styg / Die allesomvattende VPI styg van 5.5
in Junie tot 6.3 in Julie
• Verbruikers het meer in Julie as in Junie vir dieselfde items/
lewenskoste het gestyg / Junie se syfer in binne die inflasie
teiken mikpunte, maar Julie lê buite die inflasie teiken mikpunte,
beinvloed die lewenskoste van mense negatief
• Meet inflasie en ekonomiese groei
Aanvaar enige ander relevante impak. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 8 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
3.4 Bespreek die ekonomiese voordele van toerisme vir die owerheid en
infrastruktuurontwikkeling.
Owerheid
• Skep 'n inkomste: toerisme maak 'n direkte en indirekte bydrae tot die
owerheidsinkomste deur belastings bv. lughawevertrekbelasting,
vliegkaartjies, BTW, aksynsbelasting
• Adverteer die ekonomie: lewer ‘n buitengewone diens aan toeriste en
skep ‘n goeie beeld van die ekonomie
• Skep werk en verminder armoede: veral in die informele sektor bv.
Musikante
• Dit verdien buitelandse valuta vir die land wat sy buitelandse reserwes
verhoog bv. casino's, akkommodasie en vervoer vorm 'n baie
winsgewende bron van buitelandse reserwes
• Verhaling van eksterne koste: dit help die owerheid om koste van
toeriste te verhaal wat dien as 'n vergoeding vir die verskaffing van
infrastruktuur
• Toerisme dra by tot 'n goeie beeld van die land deur uitstekende
dienslewering bv. openbare geriewe soos storte en toilette op
strande
• Bereik sosio-ekonomiese doelwitte: bv. Swart ekonomiese bemagtiging
en KMMO ontwikkeling (Maks 4)
Infrastruktuur-ontwikkeling
• Alle infrastruktuur gebou om toerisme te ondersteun is bates vir die
land bv. inligtingsdienste
• Inwoners en toeriste geniet voldoende en goeie instandhouding van
fisiese- en basiese infrastruktuur / sosiale infrastruktuur soos
ambulans, mediese klinieke, inligting
• Sekuriteitsdienste en polisiedienste wat verskaf word vir die gebruik
van toeriste is net so belangrik vir die plaaslike inwoners
• Ekonomiese infrastruktuur is ‘n prioriteit van die owerheid om
toerismegroei aan te wakker
• Meeste van die korridors het toerisme as belangrike fokus
• PPV’s word gebruik om infrastruktuur te ontwikkel
Aanvaar enige ander relevante antwoord. (Maks 4) (8)
3.5 Hoekom word nywerhede dikwels daarvan beskuldig dat hulle tot
omgewings- en waterbesoedeling bydra?
• Produksieprosesse veroorsaak dikwels besoedeling as mense
blootgestel word aan afval in die omgewing
• Besighede stort dikwels chemiese- en fisiese materiaal op land en in die
water
• Waterbesoedeling vernietig organismes wat leef in water
• Omgewingsbesoedeling verminder die vrugbaarheid van die grond
• Ontginning van natuurlike hulpbronne deur mynbou-aktiwiteite lei dikwels
tot skade in die omgewing
• Ontbossing vind dikwels plaas as besighede bome afkap in voorbereiding
vir oprigting van nywerheidspersele
Aanvaar enige ander relevante antwoorde. (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 9 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
4.1 4.1.1 Noem TWEE voorbeelde van omgewingsbewaring. verwys.
• Ekologiese sisteem
• Erfenisterrein
• Inheemse woude
• Vleiland
• Riviermondsisteem
• Belasting / subsidies / privaat eienaarskap / reserwes / grond
konfiskering / bv. Weskus natuur reservaat
Enige ander relevante feit. (Enige 2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan die verbruiker bevoordeel word deur mededinging?
• Betaal laer pryse
• Gelyke geleenthede vir alle verbruikers
• Beter kwaliteit dienste
• Hoër lewenstandaard
Enige ander relevante feit. (Enige 1 x 2) (2)
4.2 4.2.1 Identifiseer die tipe toerisme wat in die foto hierbo uitgebeeld
word.
Kulturele toerisme. (1)
4.2.2 Wat word daarmee bedoel wanneer Suid-Afrikaners
aangemoedig word om hul eie land te verken?
Suid-Afrikaners word aangemoedig om te reis/om 'n toeris in hul
eie land te wees Bv. Sho’t-left veldtog (1)
4.2.3 Hoe sal jy verseker dat Suid-Afrika teen 2020 een van die
wêreld se top-20-reisbestemmings word?
• Internasionale toerisme behoort meer as die 10,2% in 2012 te
styg
• Toerisme behoort meer tot die BBP by te dra
• Groter fokus op binnelandse toerisme
• Moedig Suid-Afrikaners aan om hul eie land te verken
• Verminder misdaad / bemarking / natuur uitstallings /
infrastruktuur / bou op ʼn toerisme en vriendelike omgewing /
verbeterde tegnologie
Enige ander relevante feit. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 10 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
4.2.4 Hoekom word toerisme as 'n groot werkskepper beskou? Gee
voorbeelde uit jou eie gemeenskap om jou antwoord te
ondersteun.
• Toerisme is arbeidsintensief wat impliseer dat 'n groot aantal
werksgeleenthede geskep word met elke eenheid kapitaal
geïnvesteer
• Bv. Die plaaslike bevolking gebruik krale en hout om
juweliersware te skep
• Toerisme gebruik baie vaardighede: van haarkappers langs die
pad tot toergidse wat 'n verskeidenheid toere aan toeriste
bied
• Verskaf onmiddellike indiensneming aan plaaslike mense
• Bv. Lewendige vermaak by Gold Reef City of Tafelberg
• Verskaf entrepreneuriese geleenthede aan baie individue met 'n
klein kapitale uitleg Enige ander relevante feit. (Enige 2 x 2) (4)
4.3 4.3.1 Watter onvolmaakte markstruktuur word hierbo geïllustreer?
Oligopolie (1)
4.3.2 Benoem die vraagkurwe met 'n afwaartse helling hierbo.
Geknakte vraagkurwe (1)
4.3.3 Verduidelik hoe prysleierskap in hierdie tipe mark werk.
• Die dominante besigheid sal 'n verandering in die prys voorstel
bv. 'n styging. Hulle sal ekonomiese winste (abnormale winste)
realiseer
• Ander mededingers sal ook hul pryse verhoog
OF
• Die dominante firma sal pryse verlaag, wat kliënte weglok van
ander firmas in die mark
• Ander mededingers sal pryse verlaag om nie hul markaandeel
te verloor nie (Enige 2 x 2) (4)
4.3.4 Neem aan dat die huidige verkoopprys R90 is. Verduidelik
hoekom hierdie besigheid nie pryse sal verlaag om verkope te
verbeter nie.
• Onder die prys van R90, sien die firmas die vraagkurwe as
relatief prysonelasties. Die firma dink dat indien die prys van sy
produk verminder word, ander besighede sy voorbeeld as
volg
• Die gevolg sal wees dat al die ander firmas 'n klein bietjie meer
produkte sal verkoop, maar hulle sal nie langer teen winsmaksi-
meringspunt produseer nie
• Indien die firma sy prys verminder tot R50 gaan die totale
inkome R9 500 wees (50 x 190) in vergelyking met
oorspronklike inkome van R13 500 (90 x 150) Die firma
maak ‘n verlies van R4 000 (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 11 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
4.4 Verduidelik omgewingsbelastings en bemarkbare permitte as
aansporingstrategieë om omgewingsvolhoubarheid te bereik.
Hef omgewingsbelasting
• Omgewingsbelastings is belasting wat gehef word op die uitset van
goedere wat 'n eksterne omgewingskoste (besoedeling) meebring
• Hierdie belasting word groenbelasting / ekobelasting genoem
• Koolstofdioksied van wynmakerye en voertuigbande word belas
• Die belastingkoers is gelyk aan eksterne marginale koste (2 x 2) (4)
Bemarkbare permitte
• Die owerheid gee aan elke besigheid 'n lisensie om te besoedel tot 'n
sekere vlak
• Besighede kan hul lisensies aan ander besighede verkoop
• In Suid-Afrika word bemarkbare permitte deur die Departement van
Minerale en Energie toegeken (2 x 2) (4) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 12 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
4.5 Wat is die effek van die implementering van minimum lone in Suid-
Afrika?
• Die mark misluk om redelike verhoging in salarisse aan mense te betaal,
waar daar nie 'n sterk genoeg bedingingsposisie met werkgewers bestaan
nie
• Daarom is hulle nie in staat om reële loonstygings te verseker nie. Hul
lone bly laag en is onbillik
• 'n Minimumloon sal die loonkoers verhoog, alhoewel minder werkers in
die arbeidsmark benodig (aangevra) sal word (ooraanbod)
• Dit sal lei tot 'n styging in werkloosheid
• Voorbeelde van werkers waarop minimumlone van toepassing is:
plaaswerkers, huiswerkers (Enige 4 x 2)
GRAFIEK:
V 1
A
W1 Puntetoekenning vir grafiek
• Benoeming van asse elk
W • Ewewigsloon
Loonkoers
• Vraag- en aanbodkurwes elk
• Styging in loonkoers
• Effek op die hoeveelheid gevra
• Effek op hoeveelheid
aangebied
(Maks. 4)
A A1
0 Q1 Q Q2
Hoeveelheid arbeid in diens
BESPREKING:
• Minimum loon verbeter die verspreiding van inkomste van W tot W1
• Alhoewel die hoeveelheid arbeid gevra sal daal van Q na Q1
• Die hoeveelheid arbeid aangebied sal styg van Q na Q2
• Dus sal 'n ooraanbod van arbeid (styging in werkloosheid) voorkom met 'n
nuwe minimum loon by W1
Aanvaar enige ander relevante argument. (Maks. 8) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 13 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL: PUNTETOEKENNING:
Inleiding Maks. 2
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte Maks. 26
bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/
Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10
Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/ Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei
af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/Debatteer kortliks
Gevolgtrekking Maks. 2
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 35 MINUTE
Onder volmaakte marktoestande word die markprys van produkte deur die
wisselwerking tussen vraag en aanbod bepaal.
• Bespreek volmaakte mededinging onder die volgende hoofde:
→ 'n Vergelyking van die vraagkurwe van die individuele produsent en
nywerheid
→ Winsmaksimering
Maak gebruik van grafieke om jou bespreking te ondersteun. (26)
• Na jou mening, bevorder die Wet op Mededinging in Suid-Afrika
regverdige mededinging? (10) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 14 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
INLEIDING
'n Nywerheid bestaan uit al die firmas wat dieselfde produk produseer waar die uitset
van die nywerheid gelyk is aan die som van die uitset van elke individuele firma
Aanvaar enige ander relevante feit. (Maks. 2)
INHOUD: HOOFDEEL
Vraagkurwe vir die mark Vraagkurwe van 'n volmaakte
mededinger
Prys A Prys
V
e v v
P1 P1
V
A
0 Q1 Hoeveelheid 0 Hoeveelheid
Puntetoekenning: Puntetoekenning:
• Benoeming van asse 1 punt • Benoeming van asse 1 punt
• Benoeming op asse 1 punt • Benoeming op asse 1 punt
• Trek en benoeming van vraagkurwe 1 punt • Aandui van oorsprong 1 punt
• Trek en benoeming van aanbodkurwe 1 punt • Trek en benoeming van vraagkurwe 1 punt
• Aandui van ewewigspunt 1 punt • Opskrif 1 punt
• Opskrif 1 punt
Maks: 4 punte
Maks: 4 punte
• In 'n volmaak mededingende mark word die prys van 'n produk bepaal deur die
interaksie tussen markvraag en markaanbod vir die produk .
• Die markvraagkurwe word deur VV voorgestel wat afwaarts neig en die
aanbodkurwe (AA) wat opwaarts neig .
• As gevolg van die interaksie tussen markvraag en markaanbod, kom die ewewig
tot stand by P1.
• Hierdie prys word verleng na die grafiek van die individuele produsent as 'n
prysnemer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 15 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
2. Winsmaksimering
Marginale koste/marginale inkomstebenadering
Prys MK
MI=MK
Winste daal
MI<MK
P1 vv= MI= GI
Winste styg
MI>MK
0 H1 H H2 Hoeveelheid
Puntetoekenning:
• Toepaslike opskrif 1 punt
• Benoeming op asse 1 punt
• Trek en benoem van kurwes 1 punt elk
• Aandui van ewewig (MI = MK) 1 punt
• Aandui waar MI > MK 1 punt
• Aandui van area waar MI<MK 1 punt
Maks 4 punte
• Die firma produseer maksimum winste as dié hoeveelheid geproduseer word waar
marginale inkomste gelyk is aan marginale koste (MI=MK)
• Solank marginale inkomste groter is marginale koste is, dra marginale inkomste by
tot totale winste
• By die produksie van 'n ekstra eenheid, verkry (wen) die produsent 'n ekstra
eenheid en sy winste styg meer as die koste van produksie. MI > MK: winste
styg
• As die marginale inkomste kleiner as die marginale koste is, sal totale winste
daal
• Dit kos die firma meer om 'n ekstra eenheid te produseer as dit wat hy verkry uit
die verkope daarvan; dit is dus nie in sy belang om die ekstra eenheid te
produseer nie
• MI<MK: winste daal
• As die marginale koste van produksie van die ekstra eenheid hoër is as die
marginale inkomste ontvang, maak die firma 'n verlies
• Vir die produsent om winste te maksimeer, behoort produksie uitgebrei te word tot
by die punt waar marginale inkomste gelyk is aan marginale koste
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 16 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
Totale koste/Totale-inkomstebenadering
TK
Inkomste /
Koste
e
a
f TI
c
b Maksimum wins
d
0 h1 Hoeveelheid
Puntetoekenning
• Benoeming van asse 1 punt
• Benoeming op asse 1 punt
• Posisie en benoeming van totale koste 1 punt
• Posisie en benoeming van totale inkomste 1 punt
• Korrekte aandui van maksimum inkomste 1 punt
Maksimum 4 punte
• Die firma sal maksimum wins behaal waar die verskil tussen totale inkomste en
totale koste op sy grootste is – (a-b) op die grafiek
• Die firma sal gelykbreek by die snydingspunte van TI = TK
• Die firma begin winste genereer as hy produseer of uitset verhoog regs van
gelykbreekpunt A
• Enige uitset verby (regs van gelykbreek punt B) sal 'n verlies meebring; totale
koste sal hoër as totale inkomste wees
• As die firma tot by punt e produseer (die piek van totale inkomste) sal hy steeds
winste maak – alhoewel nie maksimum wins nie
• Dié firma is dus 'n verkoopmaksimeerder
• As die firma maksimumuitset wil realiseer, moet hy produseer by punt a
• Hierdie firma is dus 'n winsmaksimeerder.
Kandidate moet bevoordeel word indien hulle tabelle gebruik in die bespreking.
Bespreking maks. 14 punte
Maks. 26 punte
ADDISIONELE DEEL
Ja
Argumente ten gunste:
o Die doel van die Wet op Mededinging is om die doeltreffendheid van die mark te
verhoog
o Verbeter gelykheid in markte deur mense wat voorheen benadeel was in hul
deelname in die ekonomie toegang te verseker
o Bydrae tot ontwikkelingsdoelwitte
o Voorsien verbruikers van kompeterende pryse en produkkeuses
o Verseker dat klein- en mediumgrootte ondernemings 'n gelyke geleentheid tot
deelname in die ekonomie het
o Bevorder die verspreiding van eienaarskap
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 17 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Drie instellings is geskep om hierdie doelwitte te verwesenlik.
Mededingingskommissie: om te ondersoek, beheer en evalueer van
beperkende sakepraktyke misbruik van dominante posisies en oornames
om gelykheid en doeltreffendheid in die Suid-Afrikaanse ekonomie te verkry
Mededingingstribunaal: keur uitsonderings goed, goedkeuring of verbod op
groot samesmeltings, beoordeel, gee uitsprake oor sake wat deur die
Kommissie verwys is
Mededingingsappelhof: oorweeg enige appel of hersien 'n besluit van die
Mededingingskommissie; bevestig, pas aan of verwerp 'n besluit geneem
deur die Mededingingstribunaal bevestig 'n order vir die disinvestering van
bates of partye wat saamgesmelt het sonder om aan die Wet te voldoen
• Voorbeelde van gevalle wat deur die Mededingingskommissie en/of
Mededingingstribunaal of Appèlhof ondersoek is.
BMW – oormatige hoë pryse (uitkoms: boete)
Bandebedryf – samespanning tussen bandevervaardigers
Konstruksiebedryf – samespanning by bie van pryse vir bou van stadions in
2010 (uitkoms: boete)
Brood (Tiger Brands) Samespanning deur broodmaatskappye om saam te
span oor pryse (uitkoms: boete
Selfoonmaatskappye (koerse) sowel as interkonneksiekoerse (uitkoms
verminder interkonneksiefooie oor 'n paar jare)
Telkom – monopoliseer kommunikasietorings (uitkoms: boete)
• Effek van hierdie ondersoeke:
Installeer goeie sakepraktyk, geblokkeer vir ander maatskappye wat ander
onvanpaste sakepraktyk wou toepas
(Aanvaar enige ander relevante voorbeeld)
Enige sake ondersoek deur die Mededingingskommissie. Die kandidaat moes
die partye betrokke noem en die uitkoms van so 'n ondersoek.
Indien sake slegs genome is sonder enige bespreking: (Maks. 5)
(Maks. 10)
GEVOLGTREKKING
Enige relevante hoë orde gevolgtrekking wat die volgende behoort in te sluit:
• ʼn Opsomming van wat bespreek is in die liggaam sonder om enige feite te
herhaal.
• ʼn Eie opinie of waarde oordeel op die feite bespreek /
• Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking te ondersteun /
• ʼn Teenstrydige uitgangspunt met motivering /
• Aanbevelings.
Bv. Dit is van kritieke belang om die markmeganisme van aanbod en vraag te beskerm
deur die toepassing van regverdige en lewendige mededinging in die ekonomie,
daarom kan die rol van die Wet op Mededinging nie onderskat word nie.
Enige relevante gevolgtrekking.. (Maks. 2) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 18 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 35 MINUTE
Inflasie is 'n verskynsel waarmee baie lande wêreldwyd gekonfronteer word.
• Ondersoek in besonderhede die oorsake van koste-druk-inflasie. (26)
• Was Suid-Afrika se inflasieteiken-beleid voordelig vir die ekonomie? Motiveer
jou antwoord. (10) [40]
INLEIDING
Inflasie 'n volgehoue en aansienlike styging in die algemene prysvlak oor 'n sekere
tydperk en 'n gelyktydige daling in die koopkrag van geld
Aanvaar enige ander relevante inleiding. (Maks. 2)
INHOUD: HOOFDEEL
Oorsake van kostedrukinflasie
• Loonstygings:
In Suid-Afrika beslaan 'n styging in lone uit meer as 50% van die Bruto Waarde
Toegevoeg teen basiese pryse
As die toename in lone nie gepaard gaan met 'n styging in produksie nie, sal die
produksiekoste styg
Produsente sal die pryse van hul produkte verhoog om die hoër produksiekoste
te dek
Stakings en wegbly-aksies / werkers-unie aktiwiteite
• Sleutelinsette/styging in pryse van ingevoerde kapitaalgoedere
As die pryse van sleutelinsette wat ingevoer word, styg sal die plaaslike
produksiekoste styg veral in die vervaardigingsektor
• Wisselkoersdepresiasie
'n Daling in die waarde van die rand sal lei tot 'n styging in die pryse van
invoere
• Winsgrense
Wanneer besighede hul winsgrense opstoot sal die pryse wat verbruikers moet
betaal, ook styg
Somtyds gebruik besighede hul markkrag om pryse te verhoog
• Produktiwiteit
Minder produktiewe produksiefaktore sal lei tot verhoogde koste per
eenheid
Stakings en wegbly-aksies verminder dikwels produksie-uitset en kan lei tot
prysstygings
• Natuurrampe
Natuurrampe soos droogtes, vloede en aardverwarming het 'n impak op
produksiekoste
Dit is dikwels die geval met voedselpryse
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 19 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Rentekoerse
'n Styging in rentekoerse lei tot besighede wat meer geld moet betaal vir
geleende kapitaal
Besighede verhaal hierdie koste deur pryse van hul produkte te verhoog
• Styging in belasting
'n Styging in direkte belasting soos maatskappye- of inkomstebelasting mag lei
tot verhoogde pryse deur besighede om die ekstra las uit te balanseer
'n Styging in indirekte belasting soos doeanebelasting sal lei tot 'n styging in
koste in die verskaffing van 'n bepaalde produk; dis die rede waarom die prys
sal styg
• Styging in geadministreerde pryse bv. brandstofpryse
• Winkeldiefstal en verliese veroorsaak deur werknemers moet by die pryse van
produksie bygevoeg word
Aanvaar enige relevante feit. Maksimum 8 punte per opskrifte. (Maks. 26)
INHOUD: ADDISIONELE DEEL
JA/NEE
• Inflasiemikpunte: wanneer 'n bepaalde persentasie op 'n aanvaarbare vlak gestel
word vir 'n styging in die algemene prysvlakke
• SARB se inflasieteiken wissel tussen 3 – 6%
• Die doelwit met die inflasieteiken beleid is om prysstabiliteit te bereik en vol te hou
• Die implementering van die inflasieteikens is maklik om te verstaan - uitgedruk in
getalle wat dit baie duidelik en deursigtig maak
• Dit verminder onsekerheid en bevorder goeie beplanning in die openbare en privaat
sektor
• Dit voorsien ʼn eksplisiete maatstaf wat monetêre dissipline bevorder en die
verantwoordbaarheid van die sentrale bank verbeter
• SARB maak gebruik van monetêre beleid, spesifiek die repokoers om inflasie binne
die teikengebied te hou
• Die staat maak gebruik van fiskale beleid rakende owerheidsektor inkome en
besteding
Positiewe effek
• Indien die vraag hoër as die aanbod is, sal verhoogde rentekoerse help om die
vraag te verlaag
• Dié beleid kan besighede help om ekonomiese planne te maak sonder om oor die
effek van hoë inflasie bekommerd te wees
• Suid-Afrika se prysvlak was tot dusver redelik stabiele, sedert die instelling van die
inflasieteiken-beleid in 2000
Negatiewe effek
• Inflasieteikens kan 'n verlaging in ekonomiese groei meebring
• Dis te wyte aan verhoogde rentekoerse wat tot 'n afname in totale besteding gelei
het wat nodig is vir verhoogde produksie
• Dalende ekonomiese groei kan werkloosheid verhoog
• Suid-Afrika beleef stygende werkloosheid sedert die implementering van die beleid
in 2000
• Inflasieteikens is moeilik om te implementeer as die oorsaak van inflasie
voorraadskokke is. (Maks. 10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2 20 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
GEVOLGTREKKING
Enige relevante hoë orde gevolgtrekking wat die volgende behoort in te sluit:
• ʼn Opsomming van wat bespreek is in die liggaam sonder om enige feite te
herhaal.
• ʼn Eie opinie of waarde oordeel op die feite bespreek /
• Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking te ondersteun /
• ʼn Teenstrydige uitgangspunt met motivering /
• Aanbevelings
Bv. Inflasie kan 'n bedreiging wees vir die normale funksionering van die ekonomie.
Daarom is monetêre- en fiskale maatreëls noodsaaklik om hierdie fenomeen te
beheer.
Enige ander relevante gevolgtrekking. (Maks. 2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper (Eng)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC November 2014 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2017 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2016 Memo (English)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper