Skip to content

Economics Grade 12 P1 NSC November 2014 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12201418 pages

Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com 1 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V1 NOVEMBER 2014 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 18 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 2 DBE/November 2014 NSS – Memorandum AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE: 1.1.1 A inspuiting  1.1.2 C privatisering  1.1.3 C mediumtermynbestedingsraamwerk (MTBR)  1.1.4 A beleid  1.1.5 B beskerming  1.1.6 B Spesiale Ekonomiese Sones (SEZ's)  1.1.7 A produksiekoste te verminder  1.1.8 C Departement van Handel en Nywerheid  (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 D die vloei van goedere en dienste  1.2.2 G 'n negatiewe ekonomiese groei vir ten minste twee agtereenvolgende kwartale  1.2.3 A verskaf deur die staat en deur almal in die samelewing gebruik  1.2.4 I die verhouding tussen uitvoer- en invoerpryse. 1.2.5 F die internasionale instelling wat ekonomiese herstel en ontwikkeling bevorder  1.2.6 C dit versterk institusionele kapasiteit en ondersteun ontwikkeling  1.2.7 E bevorder ontwikkeling in die Suidelike Afrika streek  1.2.8 B meet die veranderinge in pryse van goedere en dienste  (8 x 1) (8) 1.3 GEE EEN TERM 1.3.1 Oop ekonomie / viersektorekonomie  1.3.2 Geldmark  1.3.3 Laffer-kurwe  1.3.4 Globalisering / vryehandel / internasionale handel / buitelandse handel  1.3.5 Repokoers / terugkoopkoers  1.3.6 Deregulering  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 3 DBE/November 2014 NSS – Memorandum AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die vrae: 2.1.1 Noem TWEE metodes wat gebruik word om die nasionale inkome totale te bereken • Produksiemetode / Waarde Toegevoeg / BBP (P)  • Inkomemetode / BBP (I)  • Bestedingsmetode / BBP (E)  (Enige 2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe sal die inkrimpingsfase van 'n sakesiklus die ekonomie deur middel van rentekoerse beïnvloed? In ʼn later stadium van afswaai, rentekoerse sal daal:  wat meer mense sal toelaat om geld te leen wat die ekonomie sal stimuleer  In ʼn vroeë stadium van afswaai, rentekoerse sal styg:  wat sal veroorsaak dat minder mense geld leen wat die ekonomie sal rem  Enige relevante antwoord. (Maks 2) (2) 2.2 Bestudeer die inligting en beantwoord die vrae wat volg. 2.2.1 Identifiseer 'n leidende ekonomiese aanwyser uit die data hierbo. Advertensiespasie vir werk  (1 x 2) (2) 2.2.2 Definieer die term saamgestelde aanwyser. Dit is 'n opsomming van verskeie aanwysers van dieselfde soort na 'n enkele indeks  Die drie saamgestelde aanwysers word dikwels gebruik om ‘n enkele saamgestelde aanwyser te bereken om ‘n land se ekonomiese prestasie te meet  ‘n Saamgestelde aanwyser meet meer as een aspek bv. Mededingendheid, e-handel of die stand van die omgewing, wat nie deur ‘n enkele aanwyser uitgebeeld kan word nie  Die ideaal is dat ‘n saamgestelde aanwyser gebaseer moet word op ‘n teoretiese raamwerk wat individuele aanwyruimte laat vir individuele aanwysers om gekies, gekombineer en geweeg te word op ‘n wyse wat verskillende vlakke van die ekonomie meet  Enige ander korrekte definisie. (1 x 2) (2) 2.2.3 Wat word deur die amplitude van 'n sakesiklus gedemonstreer? • Dit demonstreer die mag van onderliggende kragte. • Dit demonstreer die omvang van verandering. • 'n Groot amplitude toon die krag of intensiteit van die onderliggende kragte. • Hoe groter die amplitude hoe meer ekstreem is die veranderinge wat mag voorkom/dit toon hoe diep en hoog die resessie verloop. • Die amplitude demonstreer die afstand van die pieke en trôe gemeet vanaf die tendenslyn  • Dit toon die effek van ekonomiese aktiwiteit Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 4 DBE/November 2014 NSS – Memorandum Aanvaar ʼn grafiese voorstelling (maksimum 2 punte) Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2) 2.2.4 Verduidelik die lengte van 'n sakesiklus as 'n kenmerk onderliggend aan vooruitskatting. • Word gemeet van piek na piek of van trog na trog/dis die tyd wat gebruik word om deur 'n voltooide siklus te beweeg  • Bv. As die lengte 10 jaar is, kan dit voorspel word dat dit 10 jaar sal neem vir die ekonomie om deur 'n ander volledige siklus te beweeg  • Siklusse kan verbyskiet  • Hoe langer die siklus hoe sterker die siklus / korter siklusse is swak  • Die sterkte van die onderliggende kragte  Enige relevante antwoord (2 x 2) (4) 2.3 Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg. 2.3.1 Watter item sal 'n Suid-Afrikaanse besigheid wat eiendom in die Verenigde State van Amerika aankoop insluit? Netto direkte belegging  (1) 2.3.2 Definieer die term betalingsbalans. 'n Opgawe van alle finansiële transaksies  tussen een land en ander lande (en die res van die wêreld) oor 'n spesifieke periode bv. Een jaar Enige ander relevante definisie (1 x 2) (2) 2.3.3 Wat is die doel met die item onaangetekende transaksies? Aanteken van die effek van foute / weglatings / en tydverskille.  Verkeerde verduideliking (om die betalingsbalans te balanseer) moet nie as korrek aanvaar word nie. Enige ander korrekte verduideliking. (1 x 2) (2) 2.3.4 As die saldo op die lopende rekening -R164 548 was, bereken die waarde van Verandering in Netto Goud- en ander Buitelandse Reserwes. Toon ALLE berekeninge. Saldo op die lopende rekening -164 548  + Kapitaaloordrag rekening 241  + Saldo op die finansiële rekening 175 065  + Onaangetekende transaksies - 1 801  Verandering in netto goud-en ander buitelandse resrewes 8 957  Minus 1 vir enige vreemde/verkeerde item (dubbeltelling) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 5 DBE/November 2014 NSS – Memorandum 2.4 Vergelyk 'n vry swewende wisselkoersstelsel met 'n beheerde swewende wisselkoersstelsel • Vry swewende wisselkoersstelsel: − Vry swewende wisselkoers kan gedefinieer word as ‘n wisselkoers wat deur die markkragte van vraag en aanbod bepaal word. − Hierdie stelsel werk outomaties  As invoere styg, sal die vraag na buitelandse valuta toeneem. Die geldeenheid depresieer as gevolg van die werking van markkragte  − Depresiasie veroorsaak dat 'n land se invoere duurder word en uitvoere goedkoper  − Invoere daal en uitvoere styg, en die geldeenheid appresieer as gevolg van die werking van markkragte / wisselkoers fluktuasies soos mark toestande verander. − Suid-Afrika het ʼn vry swewende wisselkoers stelsel.  − Onewewigtighede word outomaties reggestel (2 x 2) (4) • Beheerde swewende wisselkoersstelsel: − 'n Stelsel waar sentrale banke inmeng in die wisselkoersmark om die geldeenheid te stabiliseer  − Sentrale banke gebruik hul reserwes om die wisselkoerse te beïnvloed  − Bv. As die waarde van die geldeenheid daal/depresieer sal die sentrale bank die geldeenheid op die mark verkoop om die vraag en prys / wisselkoers te verhoog  − Oor die langtermyn sal geldeenhede hul ewewigsvlakke vind  Enige ander relevante feit. (2 x 2) (4) (8) 2.5 Bespreek die vermenigvuldiger en die effek daarvan op nasionale inkome, as die marginale verbruiksgeneigdheid (mvg) 0,6 is en die investering met R10 bn styg. • Def: 'n Relatiewe klein belegging skep 'n proporsioneel groter toename in nasionale inkome. • Formule: Vermenigvuldiger = 1/1-mpc  OF 1/mps OF y = 0.6y+10 = 1/1-0.6 = 1/0.4 y – 0.6y = 10 = 2.5 = 2.5 0.4y = 10 y = 10  • Die vermenigvuldigereffek = 2.5 x R10bn 0.4 = 25 = R25bn  (maks 4) (maks 4) • Wanneer daar dus 'n investering van R10 gemaak word sal daar 'n styging van R25 bv. in die nasionale inkome wees  • Indien die kandidaat ʼn grafiese voorstelling maak om die effek te illustreer moet die grafiek die volgende toon: verandering in investering van R10bn en die verandering in inkome van R25bn • Aanvaar ook die kandidaat se verduideliking wat gebaseer is op een persoon se besteding raak ‘n ander persoon se inkomste. (4 x 2) (8) Aanvaar 'n alternatiewe formule. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 6 DBE/November 2014 NSS – Memorandum VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1 Beantwoord die vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE monetêre beleidsinstrumente wat deur die Reserwebank gebruik word. • Rentekoerse / repokoers  • Opemarktransaksies  • Morele oorreding  • Kontantreserwe vereistes  • Wisselkoersbeleid  (Enige 2 x 1) (2) 3.1.2 Hoekom is ekonomiese aanwysers belangrik vir die staat? • Die staat gebruik dit vir begroting (en beplanning) doeleindes  • Ekonomiese aanwysers word gebruik in die strategiese beleidsbeplanning en -ontwikkeling  • Dit word gebruik om huidige ekonomiese toestande te assesseer  Aanvaar enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. 3.2.1 Watter staatsdepartement het die Koop Suid-Afrika Terug-veldtog ingestel? Departement van Handel en Nywerheid  (1) 3.2.2 Wat beoog die staat om met hierdie veldtog te bereik? • Versterk en diversifiseer die land se nywerheidsbasis  • Verhoog kompeterende toegevoegde waarde uitvoere na die res van die kontinent  • 'n Groeiende ekonomie  • Ontwikkeling van die tradisionele uitvoermark  (1) • Bevorder die aankope van Suid-Afrikaans vervaardigde produkte  3.2.3 Hoe kan die owerheid bevoordeel word deur die diversifisering van die land se nywerheidsbasis? • Produksie van 'n groter verskeidenheid goedere en dienste sal die staat se inkomste verhoog  • Verbeter infrastruktuur lewering  • Die owerheid sal in staat wees om sy mikpunte van groei, indiensneming en prysstabiliteit te verwesenlik  Enige ander relevante positiewe effek  (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 7 DBE/November 2014 NSS – Memorandum 3.2.4 Watter negatiewe effek kan die Europese Unie se verbod op sitrusinvoere op plaaslike sitrusprodusente hê? • Verlies van produksie  • Afdanking van werkers / werkloosheid  • Verlaging in inkomste / verkope daal  • Afskaling van besigheidsaktiwiteite  • Toename in armoede  Enige ander relevante negatiewe effek (2 x 2) (4) 3.3 Bestudeer die spotprent en beantwoord die vrae wat volg. 3.3.1 Wat is die doelwit van Swart Ekonomiese Bemagtiging? • Ongelykhede van die verlede word aangespreek  • Bemagtig swart mense  Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 3.3.2 Voor watter uitdagings kom die SEB-beleid tans te staan? • Bevestig die SEB-vlakke van maatskappye  • Wanvoorstelling / front voorhou / korrupsie / nepotisme  • Steeds 'n tekort aan swart nyweraars  Enige ander relevante antwoord (2 x 1) (2) 3.3.3 Verduidelik die boodskap wat in die spotprent uitgebeeld word. • Sommige individue misbruik die voordele van SEB vir hul eie gewin  • Voor demokrasie was Chinese geklassifiseer as ‘Asiate’; na demokrasie was Chinese geklassifiseer as ‘swart '  Enige ander relevante boodskap (1 x 2) (2) 3.3.4 Na jou mening, waarom ervaar ons steeds 'n ernstige tekort aan swart nyweraars in die land. • Gebrek aan kapitaal  • Gebrek aan opleiding en afronding van meer swart nyweraars  • Toegang tot kapitaal  • Gebrek of blootstelling en bewustheid van geleenthede  Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks die doelwitte van streeksontwikkeling • Dit verwys na beleide wat gerig is om stygende ekonomiese lewenstandaarde van spesifieke gebiede of streke  • Beperk die effek van ekonomiese sentralisering, verminder die oneweredige ontwikkeling van ekonomiese aktiwiteite  • Bevorder die voordeel van groter streeksontwikkeling deur die gebruik van arbeid, ander natuurlike hulpbronne en infrastruktuur in agtergeblewe gebiede  • Stimuleer ontwikkeling in arm landelike gebiede ter voorkoming van die ontstaan van nuwe onewewigtighede  • Implementeer en koördineer implementering van nasionale en streeks nywerheidsbeleide.  Enige ander relevante doelwit (Enige 4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 8 DBE/November 2014 NSS – Memorandum 3.5 Ontleed bevolkingsgroei en lewensverwagting as sosiale aanwysers verwant aan demografie Bevolkingsgroei: • Dit word bepaal deur die geboortekoers, sterftekoers en migrasie van mense  • Suid-Afrika se bevolkingsyfers groei tot 50.5 miljoen in 2011  • Daar word beraam dat dit sal groei tot 55 miljoen by 2021  • Die groeikoers verlangsaam tot 1.19% in 2011 (vanaf 2.3% in 1990)  (2 x 2) (4) Lewensverwagting: • Dit druk die aantal jare wat 'n nuutgebore baba sal leef uit as die huidige patrone van mortaliteit dieselfde bly deur 'n persoon se lewe  In Suid-Afrika het lewensverwagting van 62 jaar in 1991 tot 47 jaar in 2005  • Sedertdien het dit gestyg tot 52 jaar in 2011  Aanvaar huidige data (2 x 2) (4) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 9 DBE/November 2014 NSS – Memorandum VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 Beantwoord die vrae. 4.1.1 Noem TWEE aanbodredes vir internasionale handel • Natuurlike hulpbronne  • Klimaatstoestande  • Arbeidsbronne  • Tegnologiese hulpbronne  • Spesialisering  • Kapitaal  Aanvaar enige ander relevante rede (Enige 2 x 1) (2) 4.1.2 Wat is hoofdoelwit van die Uitgebreide Publieke Werke Program (UPWP)? Skep indiensneming deur arbeidsintensiewe metodes te gebruik / Verhoog vaardighede van mense wat hulle kan gebruik om werk te vind  (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die spotprent en beantwoord die vrae wat volg 4.2.1 Definieer die term handelsprotokol. 'n Ooreenkoms (riglyne en reels vir handel) tussen lande wat handel oor hoe om met mekaar handel te dryf  (2) 4.2.2 Verduidelik die boodskap wat deur die spotprent uitgebeeld word. Die ander lede van BRICS gebruik Suid-Afrika om die hulpbronne van Afrika uit te buit  Enige ander relevante boodskap (1 x 2) (2) 4.2.3 Waarom word Suid-Afrika as die poort na Afrika beskou? • Suid-Afrika het 'n ontwikkelde infrastruktuur  • Suid-Afrika is polities stabiel  • Finansiële- en ekonomiese stabiliteit  • Die grootste / tweede grootste ekonomie in Sub-Sahara Afrika  • Investering in Suid-Afrika gee vir ander lande toegang tot markte in Afrika. Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 4.2.4 Hoe sal Suid-Afrika voordeel trek uit sy BRICS-lidmaatskap? • Om sy nasionale belange uit te brei  • Bevorder sy streeksintegrasie-program en verwante kontinentale infrastruktuur programme  • As vennoot vir sleutelspelers in die Suide, oor sake verwant aan wêreldwye bestuur en hervorming  • Suid-Afrika se lidmaatskap by hierdie liggaam het BRICS se geografiese en interkontinentale trefkrag uitgebrei, ingeslote sy wêreldwye verteenwoordiging en inklusiwiteit  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 10 DBE/November 2014 NSS – Memorandum 4.3 Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg. 4.3.1 Skryf die ontbrekende item gemerk (A) neer. Bruto waarde toegevoeg / BBP teen basiese pryse  (1 x 2) (2) 4.3.2 Definieer die term Bruto Binnelandse Produk (BBP) Die totale waarde van alle finale goedere en dienste  wat binne die grense van die land geproduseer is oor 'n spesifieke periode bv. 'n jaar  (1 x 2) (2) 4.3.3 Verduidelik die item Vaste kapitaalverbruik. Koste by die gebruik van kapitaal  bv. masjinerie/toerusting gebruik in produksie / waardevermindering by die gebruik van vaste bates bv. toerusting /masjinerie  Enige ander korrekte verduideliking (1 x 2) (2) 4.3.4 Bereken Bruto Binnelandse Produk @ Markpryse gemerk B. Toon alle berekeninge. Bruto waarde toegevoeg @ Basiese Pryse 2 820 262 + Belasting op produkte 338 804 - Subsidies op produkte 20 086 Bruto Binnelandse Produk @ Mark Pryse 3 138 980 Minus 1 vir enige vreemde/verkeerde item (dubbeltelling) (4 x 1) (4) 4.4 Bespreek die ekonomiese aanwysers wat op produktiwiteit betrekking het. • Arbeidsproduktiwiteit  - Om arbeidsproduktiwiteit te meet, moet reële BBP gedeel word deur die aantal werkers in diens vir 'n aantal jare om 'n indekssyfer vir elke jaar te bereken  - Veranderinge in die indeks dui op veranderinge in arbeidsproduk- tiwiteit  - Produktiwiteit is die verhouding tussen uitset en inset van hulpbronne in die ekonomie  (2 x 2) (4) • Kapitaal produktiwiteit  − Verwys na ʼn verandering in uitset in verhouding tot die toename in die kapitale investering.  (2 x 2) (4) • Multifaktor produktiwiteit  • Vergoeding per werker  - As arbeidsproduktiwiteit minder styg as lone, sal inflasiedruk voorkom en die sakesiklus sal ongunstig draai bv. werkloosheid mag styg  - Die verwantskap tussen produktiwiteit en lone is noodsaaklik vir Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 11 DBE/November 2014 NSS – Memorandum werkgewers en werkers en is dus belangrike aanwysers  - Vir werkers is dit verwant aan verbeterde lewenstandaarde vir dié wat in diens bly  Enige ander relevante feit (2 x 2) (4) (8) 4.5 Redeneer hoe vryhandel eerder as beskerming lande sal bevoordeel. • Onder vryhandel sal ekonomieë van skaal bestaan te danke aan stygende handel en laer eenheidskoste  terwyl 'n daling in handel en hoër eenheidskoste by beskerming mag lei tot disekonomieë van skaal  • Onder vryhandel sal lande bevoordeel word uit die vergelykende voordeur te danke aan spesialisasie  terwyl beskerming die vermoë van ander lande om by plaaslike markte betrokke te raak, verminder  • Vryhandel bevorder innovering deur mededinging  Beskerming beperk mededinging en verminder dus innovering  • Vryhandel help om 'n groter verskeidenheid behoeftes te bevredig deur die keuse van verbruikers te vergroot  terwyl beskerming die keuse van verbruikers beperk; wat die welsyn van die werker sal verswak  Aanvaar indien in tabelvorm Enige ander relevante argument. (Enige 2 x 4) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 12 DBE/November 2014 NSS – Memorandum AFDELING C Beantwoord slegs EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL: PUNTETOEKENNING: Inleiding Maks. 2 Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/ Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10 Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/ Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/Debatteer kortliks Gevolgtrekking Maks. 2 TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 35 MINUTE Die staat poog voortdurend om spesifieke doelwitte te bereik om die nasie se lewenstandaard te verbeter. • Bespreek die makro-ekonomiese doelwitte van die staat in die Suid-Afrikaanse ekonomie. (26) • Na jou mening, tot watter mate het die Suid-Afrikaanse regering al hierdie doelwitte bereik? (10) [40] INLEIDING: Die owerheid voorsien goedere en dienste wat ondervoorsien word deur die mark en speel dus 'n groot rol in die aanpassing van ekonomiese aktiwiteit deur die ekonomie te lei en te vorm (Maks.2) Aanvaar enige ander relevante inleiding. INHOUD: HOOFDEEL Doelwitte: • Ekonomiese groei  − Verwys na 'n styging in die produksie van goedere en dienste  − Gemeet in terme van Reële BBP  − Vir ekonomiese groei om plaas te vind, moet die ekonomiese groeikoers hoër wees as die bevolkingsgroei  − Groei en ontwikkeling in 'n land bevoordeel sy landsburgers omdat dit dikwels lei tot 'n hoër lewenstandaard  − Formule gebruik: ∆ Reële BBP = Reële BBP huidige jaar - Reële BBP vorige jaar x 100 Reële BBP vorige jaar  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 13 DBE/November 2014 NSS – Memorandum • Volle indiensneming  − Wanneer alle mense wat wil werk en werk soek in staat is om werk te vind  − Hoë vlakke van indiensneming is die mees belangrike ekonomiese doelwit van die owerheid  − Die werkloosheidskoers het gestyg oor die laaste paar jaar  − Gestremde mense het benadeelde status in Suid-Afrika − Vir indiensneming om toe te nee, produksie moet toeneem − Formule: Indiensnemingskoers = aantal mense indiensgeneem x 100 Totale EAB 1  − Informele sektor aktiwiteite moet bevorder word omdat dit 'n area is waar indiensneming styg  • Wisselkoersstabiliteit  − Die ekonomie moet doeltreffend bestuur word en 'n funksionele fiskale- en monetêre beleid moet gebruik word om die wisselkoers relatief stabiel te hou  − Depresiasie en appresiasie van die geldeenheid skep onsekerhede vir produsente en handelaars en moet beperk word  − SARB verander die wisselkoers van beheerde swewing na vryswewing  • Prysstabiliteit  − Stabiele pryse veroorsaak beter resultate in terme van werkskepping en ekonomiese groei  − SARB se inflasieteiken is 3%–6% en hulle is suksesvol om inflasie binne hierdie teikens te hou  − Rentekoerse gebaseer op die repokoers is die vernaamste instrumente gebruik in die stabiliseringsbeleid  − Die stabiele begrotingstekort het 'n stabiliserende uitwerking op die inflasie- koers  • Ekonomiese gelykheid / Ekonomiese billikheid  − Herverspreiding van inkomste en welvaart is belangrik  − Suid-Afrika gebruik 'n progressiewe inkomstebelastingstelsel – belasting op winste, belasting op welvaart, kapitaalwinsbelasting en belasting op verbruik, word gebruik om gratis dienste te finansier  − Gratis sosiale dienste is basiese onderwys; primêre gesondheid en om basiese ekonomiese dienste te finansier  − Bg. kontanttoelaes vir armes bv. kindertoelaes en kontanttoelaes aan kwesbare mense, bv. ongeskiktheidstoelaes  − Progressiewe belasting impliseer dat hoër inkomste verdieners 'n groter deel van hul inkomste aan belasting betaal • Betalingsbalans ewewig  - Die surplus of tekort op die handelsbalans moet geminimeer word deur invoere te beperk en uitvoere te bevorder  - Dit kan gedoen word deur ‘n buitelandse handelsbeleid wat fokus op uitvoerbevordering, invoervervanging en beskerming  - Binnelandse nywerhede, met spesiale fokus op die sekondêre sektor, moet ook ontwikkel word  (Maks. 26 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 14 DBE/November 2014 NSS – Memorandum INHOUD: ADDISIONELE DEEL • Leerderresponse kan positief of negatief wees • Volg die argument en kyk of die kandidaat genoeg bewyse gelewer het om sy/haar argument te ondersteun Ekonomiese groei: − SA teiken 'n 4–5% ekonomiese groei. Voorheen het SA 'n 5% groeikoers gehad  − Onlangs het die groeikoers stelselmatig afgeneem  − Huidiglik is die ekonomiese groeikoers 1.4%  Volle indiensneming: − In vergelyking met ander lande is werkloosheid baie hoog − (uitgebreid: meer as 30%)  huidiglik 25.5% werkloosheid in SA vir die ouderdomsgroep 24-34 jaar huidige syfers oorskry 36.3%  − Pogings deur SA owerheid om hierdie syfers te verlaag sluit die GEAR strategie, fokus op klein sakeondernemings en Publieke Werke Programme in.  Wisselkoersstabiliteit / Betalingsbalans stabiliteit: − SA funksioneer nou op 'n vryswewende wisselkoersstelsel in lyn met internasionale rigpunte ('benchmarks')  − Ongelukkig het ons geldeenheid sy waarde verloor met 'n algemene neiging van depresiasie oor die laaste paar jaar  Prysstabiliteit: − Oor die laaste paar jare was Suid-Afrika in staat om binne die inflasieteiken van 3 – 6% te bly  − Die huidige styging in die repokoers het stremming op die inflasiekoers geplaas  Ekonomiese gelykheid: − Ekonomiese gelykheid het verbeter (SEB, regstellende aksie, geslagsgelykheid) wat gelei het tot 'n verbeterde ekonomiese gelykheid  Betalingsbalans ewewig: - Die tekort op die handelsbalans toon ‘n baie groter toename in invoere in vergelyking met die toename in uitvoere  (Enige 5 x 2) (Maks.10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 15 DBE/November 2014 NSS – Memorandum SLOT: Terwyl die staat sekere suksesse behaal het om aan hierdie doelwitte te voldoen, is sekere doelwitte prysgegee soos 'n gebrek aan rekenpligtigheid, korrupsie, begrotings, nepotisme en onbevoegdheid  Enige relevante slot. (Maks. 2) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 35 MINUTE Sedert 1994 het die Suid-Afrikaanse regering verskillende strategieë ontwikkel om die ekonomie te verander. • Bespreek die volgende Suid-Afrikaanse groei- en ontwikkelingstrategieë in detail: → Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS) → Die Nuwe Groeipad (NGP) → Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) (26) • Evalueer die strategieë wat in Suid-Afrika gebruik word. (10) [40] INLEIDING Omtrent 30% van die Suid-Afrikaanse bevolking is absoluut arm – daarom is armoede 'n ernstige beleidsaangeleentheid vir die owerheid.  Enige relevante definisie. (Maks. 2) INHOUD: HOOFDEEL NASIONALE VAARDIGHEIDSONTWIKKELING STRATEGIE (NVOS) - Hierdie beleid verskaf die raamwerk vir vaardigheidsontwikkeling in die werksplek  - JIPSA is 'n kort- en mediumtermyn meganisme om die doelwitte van NVOS na te jaag; - om die verkryging van noodsaaklike vaardighede vir versnelde en gedeelde groei as prioriteite te stel  Drie fases van implementering: - Dit fokus op produktiewe landsburgers  - Fokus op gelykheid, kwaliteit opleiding  en vaardigheidsontwikkeling in die werksplek  - Fokus op institusionele leer  DIE NUWE GROEIPAD - Dis gerig op verhoogde groei  skepping van werksgeleenthede en groter gelykheid  - Dit was aangekondig in Oktober 2010  en die hooffokus was die skepping van 5 miljoen werksgeleenthede oor die volgende 10 jaar  Sleutelareas waar werk geskep is: - Infrastruktuuruitbreiding met belegging in vyf sleutel areas  rakende fisiese en sosiale infrastruktuur, naamlik energie, vervoer, kommunikasie, water en behuising  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 16 DBE/November 2014 NSS – Memorandum - Die landbouwaarde-ketting deur die hoë koste van kunsmis en ander insette aan te spreek en deur prosessering en uitvoerbemarking te bevorder  - Die mynbou waardeketting deur stygende minerale ontginning,  verbeterde infrastruktuur en vaardigheidsontwikkeling en ondersteuning van bevoordeling by die finale vervaardiging van verbruiks- en kapitaalgoedere waarby minerale geprosesseer word na 'n hoër waarde-produk plaaslik; eerder as uitvoere van grondstof-minerale om oorsee te verwerk – meer werk kan dus geskep word wat welvaart skep  - Die groen ekonomie deur uitbreiding van konstruksie en produksie of tegnologie vir sonenergie, windenergie en bio-brandstowwe  - Vervaardigingsektore deur innovering,sterk vaardigheidsontwikkeling  verminderde insetkoste  en toenemende navorsing en ontwikkelingsinvestering - Toerisme en sekere hoë vlak dienste  NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN (NOP) - Gerig op bekamping van armoede  en minder ongelykheid teen 2030  Doelwitte is: - Verminder armoede  - Ekonomiese groei/groei 'n inklusiewe ekonomie – bou vermoëns  - Ekonomiese transformasie/vergroot die vermoë van die staat en leiers om saam te werk in die oplos van komplekse probleme  - Werkskepping/verminder werkloosheid  tot 14 % in 2020 en 6% in 2030  Die proses in die implementering van die plan sluit die volgende in: - Die NOP en sy voorstelle moet geïmplementeer word in die regte volgorde oor die volgende 17 jaar wat die begrotingstoedeling gedurende hierdie tydperk sal vorm  - Die owerheid het alreeds begin met 'n proses om die langtermyn planne van departemente met dié van die NOP te laat ooreenstem; en om areas te identifiseer waar beleidsverandering vereis word vir foutlose implementering  - Die owerheid wil ook betrokke raak by alle sektore om te verstaan hoe hulle bydra tot die implementeringsproses  - Die President en Vise-President sal die plan van aksie lei tesame met die Kabinet op nasionale vlak, en regdeur die land sal Premiers en Burgemeesters aktiewe leiding neem saam met hul kantore om die implementering op provinsiale- en plaaslike vlak te dryf  - Die plan identifiseer die taak om kwaliteit publieke dienste te verbeter as krities in die bereiking van transformasie  - Beplanning en implementering behoort te getuig van bewyse gebaseer op monitering en evaluering  Kritieke aksies: - Om armoede en ongelykheid te verminder en om indiensname en investering te verhoog. - ʼn Strategie om armoede en die impak daarvan te versag deur werksgeleenthede meer toeganklik te maak, die maatskaplike toelaag te versterk, verbetering van openbare vervoer en die verhoging in landelike inkomste. - Stappe deur die staat om openbare dienste te professionaliseer, en om korrupsie te veroordeel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 17 DBE/November 2014 NSS – Memorandum - Om privaat investering in arbeidsintensiewe gebiede aan te moedig, mededingendheid en uitvoere met aanpassings om die risiko om jong werkers te huur te verminder. - - ʼn Onderwys aanspreeklikheidsketting met lyne van aanspreeklikheid van die staat tot in die klaskamer. - Die infasering van ʼn nasionale gesondheidsversekering met die fokus om openbare gesondheidsfasiliteite te verbeter en om meer mense as professionele gesonheidskundiges op te lei. - Openbare infrastruktuur investering van 10% van die BBP wat deur tariewe openbare-private vennootskappe, belasting en lenings gefinansier word, wat op vervoer, energie en water. - Intervensie om omgewingsvolhoubaarheid te verseker . - Nuwe ruimtelike norme en standaarde – stedelike verdigting, verbeter vervoer, om werk te verkry in die omgewing waar mense bly, die opgradering van die informele gemeenskappe en die behuisingsgaping te herstel. - Verminder misdaad deur die kriminele regverdigheid te versterk en gemeenskappe te verbeter. (Maks.26) INHOUD: ADDISIONELE DEEL Evalueer die benadering van groeistrategieë gebruik in Suid-Afrika: Positiewe uitkomste van strategieë: - Suid-Afrika se openbare finansies word gestabiliseer, met publieke skuld in verhouding tot BBP verlaag tot 32 %.  Wêreldbank stel 'n koers van 60 % voor  - Die inflasiekoers verlaag tot 'n stabiele gemiddelde van tussen 3–6%  - Die land se internasionale reserwes styg en ondersteun 'n stabiele wisselkoers  - Suid-Afrika het 'n swewende buitelandse wisselkoersstelsel met min owerheids- inmenging wat voldoen aan die internasionale rigpunt in hierdie verband  - Infrastruktuur ontwikkeling gedryf deur die publieke sektor het betekenisvolle groei in die bruto vaste kapitaalvorming meegebring  - Suid-Afrika is 74ste gelys in die 2011 Indeks van Ekonomiese Vryheid met 'n telling van 62.7 in terme van ekonomiese vryheid  Negatiewe uitkomste van strategieë: - Ekonomiese groei van Suid-Afrika toon 'n dramatiese afplatting (huidiglik onder 2%)  - Die vaardigheidsontwikkeling stelsel as geheel het nog nie sy doelwitte bereik nie en die ekonomie bly gerem deur hierdie gebrek aan vaardighede  - Baie werksgeleenthede raak verlore in vervaardiging en landbousektore – werkloosheid hou aan styg tussen 23% tot 27%  - Suid-Afrika sukkel om buitelandse direkte investering te trek te wyte aan loonvlakke relatief tot werkersproduktiwiteit wat aansienlik hoër is as in dié van ander lande  OF KAN OP DIE VOLGENDE MANIER AANGEBIED WORD: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 18 DBE/November 2014 NSS – Memorandum - Sedert 1994, is verskeie planne geïmplementeer om groei en ontwikkeling in Suid Afrika te bevorder: Dit sluit die volgende in: GEAR: 1996 – 2001: - Is gebaseer op die strategiese visie soos uiteengesit in die HOP.  - Dit het die staat verbind tot spesifieke makro ekonomiese doelwitte.  Gaan voort om diens te lewering aan die armes asook die uitbreiding van dienste.  - Verbeter infrastruktuur om sodoende dienslewering te verbeter.  - Stabiliseer inflasie deur monetêre beleid.  - Verminder die nasionale begrotingstekort deur ʼn meer effektiewe fiskale beleid.  ASGISA: 2006 - Dit is verbind om werkloosheid teen 2014 te halveer.  - Verbeter ekonomiese ontwikkeling  - Oorkom beperkinge op ekonomiese groei.  JIPSA: - Dit is ʼn vaardigheid bemagtiging arm van AsgiSA  - Die inisiatief was in 2006 van stapel gestuur om die kroniese probleem areas nl. Werkloosheid en die tekort aan vaardighede aan te spreek.  EPWP: - Dit is ʼn landwye owerheidsintervensie inisiatief om werksgeleenthede te skep deur te fokus op arbeidsintensiewe metodes, en om mense vaardighede wat hul kan gebruik wanneer hul betrokkenheid by EPWP afgehandel is.  Enige ander relevante feit. (Maks.10) GEVOLGTREKKING Dit is debatteerbaar of die nuwe strategieë wat geïmplementeer word suksesvol sal wees om die verskillende ekonomiese doelwitte aan te spreek, omdat vorige beleide onsuksesvol was om hul teikens te bereik bv. Asgisa  Enige ander relevante hoër orde slot. (Maks. 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all