Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2014
EKONOMIE V1
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2014 papers 





View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a5bf3155-bcd3-4b96-83c6-1d36905153a9/v1-82fd7d39bb1666f71aa2/card.webp)

Economics Grade 11 Eastern Cape November 2014 Memo (Afr)
Grade 11 Economics memorandum from the Eastern Cape November 2014 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2014. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2014
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 880.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape November 2014
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrMemo · EngMemo · Afr
- Other filesQuestion paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2014)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 1.1.1 B intermediêre
1.1.2 B ongeskoolde arbeid
1.1.3 C progressiewe
1.1.4 B Ekonomiese groeikoers
1.1.5 C verskuilde werkloosheid
1.1.6 B repokoers
1.1.7 A vlak van per capita inkome
1.1.8 C Statebond (8 x 2) (16)
1.2 1.2.1 B Gratis gawe uit die natuur
1.2.2 E Verteenwoordig besteding op kapitaalvoorraad
1.2.3 H Bevorder volhoubare en regverdige ekonomiese groei en
ekonomiese ontwikkeling in Suider-Afrika
1.2.4 F Toeken van regerings tenders aan ondernemings wat aan
die SEB wetgewing voldoen
1.2.5 A Maatreëls deur die SARB geneem om die aanbod van
geld te beïnvloed
1.2.6 C Gebruik van goedere en dienste om behoeftes te bevredig
1.2.7 D Formele en spesifieke aktiwiteite wat die vermoë van alle
individue om hulle eie potensiaal te bereik, verbeter
1.2.8 I Die verkryging van ondernemings in private besit deur die
regering, sonder vergoeding (8 x 1) (8)
1.3 1.3.1 Produksiemetode
1.3.2 Menslike ontwikkelingsindeks (MOI)
1.3.3 Finale goedere
1.3.4 Ontwikkelende land
1.3.5 Inkome verdeling
1.3.6 Monetêre Unie (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) EKONOMIE P1 3
AFDELING B (Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling.)
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1. Noem enige TWEE soorte kapitaal
2.1.1 Fisiese kapitaal
Finansiële kapitaal
Vaste kapitaal
Menslike kapitaal
Sosiale kapitaal
Kapitaalvoorraad
Bedryfskapitaal (Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 Markekonomie los die basiese ekonomiese probleem van “wat”,
“hoe” en “vir wie” om te produseer hoofsaaklik op deur middel van
die markmeganisme.
OF
Beteken dat pryse en hoeveelhede in die ekonomie beheer word
deur die markkragte van vraag en aanbod. (1 x 2) (2)
2.2 DATA RESPONS
2.2.1 Is geld wat deur die regering aan goedere en dienste, wat voordele
aan die hele gemeenskap bied, bestee word. (2)
2.2.2 Onderwys (2)
Onderwys is belangrik vir vaardigheidsontwikkeling in SA om die
arbeidsmag te verbeter
Om jong mense lewensvaardighede en belangrike waardes te
leer. (Enige 1 x 2) (2)
(Enige toepaslike antwoord)
2.2.3 Dit voorsien goedere en dienste wat beide individuele en
kollektiewe behoeftes van die gemeenskap bevredig.
Verskaf goedere en dienste teen laer koste en soms gratis, wat
lede van die publiek help om hierdie dienste te geniet.
Werkskepping deur basiese projekte soos die oprigting van paaie,
damme en riolering. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2014)
2.3 DATA RESPONS
2.3.1 Is die vergoeding of betaling vir die gebruik van produksiefaktore wat
beperk is in aanbod. (2)
2.3.2 Vraag en aanbod. (2)
2.3.3 Die aanbod van natuurlike hulpbronne is vas en is beperk tot dit
wat die natuur aan ons voorsien
Dit is beperk omdat die hulpbronne nie mensgemaak is nie
Hierdie hulpbronne is skaars in verhouding tot die vraag
daarvoor
Die beskikbaarheid van nie-hernieubare hulpbronne kan nie
verhoog word indien meer hulpbronne vereis word nie.
Dit is egter moontlik om meer van die beskikbare hulpbronne uit te
buit
Die nadeel hiervan is dat dit dan gouer opgebruik sal word
Nuwe tegnologie kan die produktiwiteit van sommige natuurlike
hulpbronne verbeter (Enige 2 x 1) (2)
2.3.4 Ekonomiese huur = R35 000 – R10 000 = R25 000 (4)
2.4 Vergelyk ‘eienaarskap’ en ‘motivering’ as die ekonomiese eienskappe van
sentraal beplande en gemengde ekonomiese stelsels in tabelvorm.
Sentraal beplande Gemengde ekonomie
Eienaarskap Eienaarskap
Produksiefaktore, behalwe arbeid Verbruikers, produsente en
is in staatsbesit. organisasies besit meeste van die
Arbeidsdienste word egter deur die produksiefaktore.
staat bestuur. Die staat mag ʼn beduidende
Daar is nie privaat besit van gedeelte besit.
eiendom, grond of besigheid nie. In SA, besit die staat direk grond en
Alle privaat eiendom is kapitaal, deur sy ondernemings
genasionaliseer. soos Transnet, Telkom,
Nasionalisasie is ʼn praktyk om Poskantoor, Eskom, SABC en
hierdie kenmerk te versterk. Waterraad.
Motivering Motivering
Verbruikers, ondernemings en In die privaat sektor van die
staat word aanvaar om almal gemengde ekonomie, word aanvaar
onbaatsugtig te wees, en saam te dat verbruikers en produsente deur
werk tot voordeel van die eiebelang gemotiveer word.
gemeenskap. Die openbare sektor, word egter
Dit is in teenstelling met meeste aanvaar om gemotiveer te word
ekonomiese agente in mark deur die noodsaaklikheid om die
ekonomieë wie aanvaar word om sosiale behoeftes van die
slegs deur eiebelang gemotiveer gemeenskap te bevredig.
word. (4) (4) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) EKONOMIE P1 5
2.5 Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor in die
ekonomie.
2.5.1 Bydrae tot die BBP
Die tersiêre sektore maak tans die grootste bydrae tot Suid-Afrika
se BBP.
Die bydrae het van 51% van die BBP in 1960 gestyg tot 67% in
2010.
Dit toon dat ons ekonomie meer ontwikkeld raak soos wat
produkte van die ander sektore in formele markte verhandel
word.
2.5.2 Bydrae tot werkverskaffing en opleiding
Die tersiêre sektor is die grootste werkverskaffer in die
ekonomie.
Dit het 71% van die arbeidsmag in 2010 in diens gehad.
Dit verskaf werk aan hoogs geskoolde sowel as semi-geskoolde
en ongeskoolde werkers.
Geleenthede vir opleiding word verskaf deur meeste besighede in
hierdie sektor, beide in staats- en privaatbesit.
2.5.3 Bydrae tot ekonomiese groei
Die groei van die tersiêre sektor was meer as dié in enige van die
ander sektore.
Die groei in die tersiêre sektor vir die sewe jare vanaf 2003 tot
2010 was baie hoër as in die primêre en die sekondêre
sektore.
Oor hierdie tydperk was die tersiêre sektor die “enjin van groei”
wat die ander sektore getrek het.
2.5.4 Bydrae tot uitvoere
Lande voer dienste uit wanneer hulle dienste, aan buitelanders,
verkoop, soos versekering en hawefasiliteite.
Lande kan ook dienste invoer.
Die groei van die tersiêre sektor was meer as in enige van die
ander sektore.
(Enige 4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2014)
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 3.1.1 Vergelyk lewensstandaard.
Dui lewensstandaard aan.
Dui ekonomies ontwikkeling aan. (Enige 2 x 1) (2)
3.1.2 Inkome verdeling wat in nie in verhouding tot die aantal persone in
die bevolking is nie. (Enige toepaslike antwoord) (2)
3.2 DATA RESPONS
3.2.1 Dis al die geboude fasiliteite wat nodig is vir ekonomiese
ontwikkeling, bv. paaie, telefone en hospitale, ens. (2)
3.2.2 Ekonomiese infrastruktuur – vervoer, water, sanitasie,
elektrisiteit, ens.
Sosiale infrastruktuur – gesondheid, behuising, kultuur
aktiwiteite (2)
3.2.3 Vervoer (2)
3.2.4 Bepaal die sukses van vervaardiging en landbou-aktiwiteite.
Verbeter lewens
Verminder armoede
Brei kulturele vooruitgang uit (Enige 2 x 2) (4)
3.3 DATA RESPONS
3.3.1 Inflasie is aanhoudende styging in die algemene prysvlakke oor ʼn
periode van tyd. (2)
3.3.2 3% tot 6% (2)
3.3.3 Die waarde van geld is laag/het gedaal. (2)
3.3.4 Gesondheid
Vervoer
Onderwys (Enige 2 x 2) (4)
3.4 Bespreek die redes vir ongelyke verspreiding van inkome.
Ongelyke besit van rykdom – Soos rykdom inkome genereer in die vorm
van winste, rente en dividende, veroorsaak verskille in rykdom verskille
in inkome.
Verskille in die samestelling van huishoudings – Sommige huishoudings
is groot en ander is klein.
Verskille in vaardighede en kwalifikasies – Die met gevorderde
vaardighede en kwalifikasies sal heel waarskynlik hoër inkome
verdien.
Diskriminasie – Die inkome van sommige groep is benadeel deur
diskriminasie in terme van werksgeleenthede, salaris en bevorderings
geleenthede. (Slegs gelys – maks. 4 punte) (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) EKONOMIE P1 7
3.5 Elemente van IK
Die ekonomiese element – Sluit in landbou-aktiwiteite, bv. lewende
hawe en gewasverbouing. Mynbou bv. goud, yster en koper.
Vervaardiging bv. boerdery-implemente soos ploeë, huishoudelike
eetgerei, handwerk en juwele. Dienste bv. gesondheidsorg,
medisyne, mediese behandeling en versorging.
Die sosiale (kulturele) element – Sluit in geloof en godsdienstige
aktiwiteite bv. ontspanning en onderwys. – Lewe volgens die
beginsels van Batho-Pele (plaas mense eerste) en Letsema (bied aan
om meer te doen).
Die bestuur (politieke) element – Sluit in die gesagstelsel bv.
konings, hoofmanne en die regstelsel bv. verhore en strafmaatreëls.
(2 x 4) (8)
[40]
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 4.1.1 Duursame goedere
Nie-duursame goedere
Semi duursame goedere
Dienste (Enige 2 x 1) (2)
4.1.2 Ekonomiese groei is ʼn toename in die produksiekapasiteit van
goedere en dienste in ʼn land oor ʼn jaar, in fisiese terme. (2)
4.2 DATA RESPONS
4.2.1 Nuwe Groeipad is ʼn makro-ekonomiese beleid wat in 2010
bekendgestel is om armoede en werkloosheid te beveg en
werkskepping te prioritiseer. (2)
4.2.2 Is om vyf miljoen werksgeleenthede teen 2020 te skep. (2)
4.2.3 Om die sigbaarheid en samewerking van Suid-Afrika se R860
miljard se openbare investering veldtog, te verbeter.
Dit sal alle sfere van die regering, verskeie nasionale
departemente en SBOs insluit.
Sal daarna streef om regulerende en befondsing beperkings op
te hef.
Stel vyf-jaar projek voorkeure
Skep sekerheid oor verwagte ontwikkelings en nywerheids na-
draaie.
Ondersteun die herlewing van die treinspoor infrastruktuur
Verkry beheer oor die lewensiklus onderhoud uitdaging en
verbeter skakeling met arm en plattelandse
gemeenskappe. (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2014)
4.2.4 Infrastruktuur
Landbou- en landbouverwerking
Mynbou- en mineraalverdeling
Vervaardiging
Toerisme en verkose dienste (Enige 2 x 2) (4)
4.3 DATA RESPONS
4.3.1 Besparings
Geskenke
Waardering van bates
Geluk
Entrepreneurs aktiwiteite (Enige 2 x 1) (2)
4.3.2 Individue spaar wanneer hulle hulleself daarvan weerhou om
hulle hele inkome te bestee
Hulle versamel rykdom wanneer hulle kontant terughou,
deposito’s maak, premies betaal op versekeringpolisse en
beleggings maak. (4)
4.3.3 Lorenz-kurwe
Gini-koeffisiënt (2)
4.3.4 Hulle is noodsaaklik vir ekonomiese groei en ontwikkeling. (2)
4.4 Bespreek ‘geld as ’n waardedraer’ en ‘geld as ’n rekeneenheid’ as
funksies van geld.
Geld as ʼn waardedraer
Geld word welgemeen aanvaar, daar sal altyd individue, besighede en
huishoudings wees wat in besit is van geld.
Nadat geld ontvang word as ʼn inkome, word dit gehou en betalings
word gemaak wanneer goedere en dienste gekoop word.
Werkers ontvang byvoorbeeld hulle inkome een maal ʼn week of maand
en spandeer dit gedurende die maand tot die volgende maand se
salaris ontvang word.
Besighede ontvang geld wanneer huishoudings en ander debiteure
hulle rekeninge betaal.
Wanneer geld gehou word, dien dit as waardedraer totdat dit gebruik
word om vir goedere en dienste te betaal.
Geld wat nie spandeer word nie, vorm deel van persoonlike rykdom
van individue en besighede.
Geld as ʼn waardedraer word ook gebruik om persoonlike rykdom te
berg. (Enige 2 x 2) (4)
Geld as rekeneenheid
Goedere en dienste wat te koop is, het altyd ʼn prys.
Prys word uitgedruk in terme van standaardgeld, byvoorbeeld in rand
en sent.
Wanneer iets ʼn prys het, dien geld as ʼn rekeneenheid.
(Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) EKONOMIE P1 9
4.5 Onderskei tussen ‘kapitaal verbreding’ en ‘kapitaal verdieping’.
Kapitaal-verbreding
Gebeur wanneer die kapitaalvoorraad teen dieselfde koers as die
arbeidsmark groei, wat lei tot die gemiddelde hoeveelheid kapitaal per
arbeider wat dieselfde bly.
Byvoorbeeld, in ’n span van 20 werkers is daar 10 grawe
(kapitaalgoedere), wat ’n arbeid tot kapitaalverhouding van 2 : 1 gee.
As die werkers toeneem tot 30, moet die werkgewer belê in nog 10
grawe om die arbeid tot kapitaal verhouding te behou.
Die werkers kan nou hulle vorige produksievlak per werker volhou.
Daar sal geen ekonomiese groei, geen verandering in die reële BBP en
die reële BBP per capita wees nie en ook geen verandering in die
lewensstandaard wees nie. (Enige 2 x 2) (4)
Kapitaal-verdieping
Gebeur wanneer die hoeveelheid kapitaal per werker toegeneem het, dit
is, wanneer die koers waarteen die kapitaalvoorraad toeneem, hoër is as
die koers waarteen die arbeidsmag toeneem.
Byvoorbeeld, wanneer die aantal werkers toeneem van 20 na 40, moet
die werkgewer belê in nog 20 grawe om ’n totaal van 30 grawe te
verskaf.
Dit verhoog die kapitaal tot arbeidverhouding van 2 : 1 (of 4 : 2)
tot 4 : 3.
Dit sal die span werkers toelaat om meer werk te doen en
doeltreffendheid verhoog.
So, kapitaal verdieping lei tot ’n toename in die reële ekonomiese groei
wat die lewensstandaard van die bevolking sal verbeter.
Dit is omdat dit lei tot ’n hoër reële BBP en hoër BBP per capita.
(Enige 2 x 2) (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2014)
AFDELING C (Beantwoord enige EEN vraag uit hierdie afdeling)
VRAAG 5
Bespreek die ekonomiese belangrikheid van entrepreneurskap. As
toevoeging, bespreek hoe die Suid-Afrikaanse regering entrepreneurskap
aanmoedig.
INLEIDING
’n Entrepreneur is ’n persoon wat die risiko neem om ’n nuwe besigheid te begin en
te finansier om die behoeftes van verbruikers te bevredig deur die ander
produksiefaktore doeltreffend te kombineer om ’n wins te maak.
(Enige toepaslike inleiding is aanvaarbaar) Maks. (2)
INHOUD
Belangrikheid van entrepreneurskap
Entrepreneur word in klein en groot ondernemings gevind. Omdat daar
soveel meer klein ondernemings is, is die bydrae van entrepreneurs in die
kleiner ondernemings beduidend. Oor die wêreld heen, blyk kleiner sake
ondernemings die natuurlike teelaarde te wees vir entrepreneurs. Kleiner
besighede laat hulle meer vryheid toe om hulle eie innovasies toe te pas.
In Suid-Afrika, begin baie entrepreneurs hulle eie mikro-besighede in die
informele sektor om vir hulleself werk te verskaf. Baie van hierdie
entrepreneurs in die informele sektor is werkloos, arm mense wat die
sakewêreld betree, bloot om te oorleef, sonder die fondse, vaardighede en
kennis om ’n sukses van hulle besigheid te maak. Hulle behoort erkenning
te ontvang omdat hulle, hulle eie behoeftes bevredig.
Lande wat ’n kultuur van entrepreneurskap aanmoedig, soos Japan, VSA en
Europa, word gekenmerk deur ekonomiese rykdom wat weerspieël word in
hulle bevolkings sê hoë per capita inkome. In lande waar ’n kultuur van
entrepreneurskap ontbreek, soos in die voormalig Sowjetunie, lande in Oos-
Europa, Afrika en selfs Suid-Afrika, is die per capita inkome baie laer.
Suksesvolle entrepreneurs lewer ’n beduidende bydrae in die ekonomie van
die gemeenskap waarin hulle sake bedryf asook tot die ekonomie van die land.
Hulle bydraes is as volg:
Hulle bevredig die behoeftes van verbruikers in die gemeenskap deur goedere
en dienste te voorsien wat die gemeenskap vereis.
Hulle verskaf werk aan inwoners van die gemeenskap. Sodoende plaas
hulle inkome in die hande van werkers en verbruikers en help dit om die
lewensstandaard van die werkende mense te verhoog. Hulle help dikwels
om werkloosheid te verminder.
Hulle dien as ’n mark vir die natuurlike hulpbronne of grondstowwe van die
gemeenskap, so hulle verskaf inkome aan die eienaars van hierdie
hulpbronne.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) EKONOMIE P1 11
Verantwoordelike entrepreneurs toon leierskap in die verantwoordelike gebruik
van skaars hulpbronne. Hulle produseer nie goedere en dienste of stel
afval vry in die aarde, water of atmosfeer, wat die omgewing kan beskadig
nie.
Entrepreneurs maak produksie ’n realiteit, as gevolg van die hoë vlak van hulle
strewes en motivering asook die dryfveer om goeie winste te maak. Soos
wat hulle streef om hulle eie take meer doeltreffend uit te voer, help hulle om
produktiwiteit te laat toeneem.
Deur al hierdie aktiwiteite, lewer entrepreneurs ’n positiewe bydrae tot die
ekonomiese groei van die gemeenskap waarbinne hulle werk asook die
ekonomiese groei van die land. (Enige 13 x 2) (26)
As toevoeging, bespreek hoe die Suid-Afrikaanse regering entrepreneurskap
aanmoedig.
As gevolg van die belangrikheid van entrepreneurskap in Suid-Afrika, het die
regering sleutel-instellings geloods om Suid-Afrika se histories benadeelde
entrepreneurs (vroue en jeug in besonder) te magtig om nuwe besighede op te rig.
Sommige van hierdie instellings is die volgende:
Die Klein ondernemings ontwikkelings-agentskap (Small Enterprise
Developing Agency – Seda) wat nie-finansiële hulp, soos mentor programme,
sake advies, hulp met regerings tenders en ondersteuning met tegnologie
aan klein ondernemings lewer.
Khula Kredietvrywaring Skema (Khula Credit Indemnity Scheme) verskaf
toegang tot finansiering deur verskeie skemas en mikro-krediet in plattelandse
gebiede, ten einde klein ondernemings te ondersteun tot voordeel van nuwe
swart entrepreneurs.
Sake Vennote Bpk. (Business Partners Ltd) is ’n spesialis beleggingsgroep,
wat spesifiek aangepaste investering, mentorskap en eiendomsbestuur dienste
beskikbaar stel aan KMO’s in Suid-Afrika. (5 x 2) (10)
SLOT
Entrepreneurs is nodig vir die ekonomiese groei van ’n land. Regerings waardeer
en erken hulle belangrikheid.
(Enige toepaslike slot is aanvaarbaar) Maks. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2014)
VRAAG 6
Bespreek die kenmerke van ontwikkelende lande. As toevoeging,
verduidelik kortliks die ontwikkelingsstrategieë wat ’n land kan
implementeer.
INLEIDING
Ekonomiese ontwikkeling is ’n proses van transformasie waartydens die inwoners
van ’n land ’n hoër lewensstandaard, meer werksgeleenthede, regeringsinmenging
en minder armoede ervaar.
(Enige toepaslike inleiding is aanvaarbaar) Maks. (2)
INHOUD
1. Lae lewensstandaard
Die lewenstandaard van die meeste mense is laag.
Hulle verdien lae inkome wat lei tot armoede, gebrek aan behuising.
Die lae lewenstandaard word gemanifesteer in:
(a) Armoede
’n Groot aantal mense lewe onder die armoedelyn.
Armoede word gekenmerk deur onvoldoende behuising, swak
gesondheid, beperkte onderwys, hoë kindermortaliteit, werkloosheid
en ’n gevolg van wanhoop.
’n Huishouding wat in armoede lewe, het nie genoeg inkome om sy
behoeftes te bevredig nie.
(b) Swak gesondheidstoestande
Mense ly aan wanvoeding en siektes.
Hierdie lande het nie genoeg voedsel nie.
Hulle is afhanklik van hulp van ontwikkelde lande.
(c) Gebrek aan onderwys
Die vlak van onderwys en opleiding is baie laag.
Daarom ervaar hulle lae produktiwiteit en lae inkome.
Onderwys is noodsaaklik om ontwikkelende lande te verlos uit die
siklus van armoede.
2. Lae vlakke van produksie
Produktiwiteit per capita is baie laag.
Die rede hiervoor is die swak gesondheid, swak onderwys en
opleiding.
Daar is ’n gebrek aan kapitaal om masjinerie en toerusting te koop en om
menslike hulpbronne te ontwikkel.
3. Hoë vlakke van werkloosheid en onder indiensname
Die meerderheid van mense is werkloos of onder indien geneem.
Dit is omdat daar min nywerhede is.
Dit lei tot lae inkome en ʼn lae lewensstandaard.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) EKONOMIE P1 13
4. Hoë bevolkingsgroeikoers
Hulle het ’n baie hoë bevolkings groeikoers.
Die aantal kinders onder 15 jaar maak gewoonlik omtrent 40% van die
bevolking uit.
Elke gesin het ’n groot aantal afhanklikes.
5. Hoë afhanklikheid van primêre sektor
Hulle het gebrekkige ekonomiese strukture.
Hulle is meestal afhanklik van die landbousektor.
Dit is omdat daar geen vervaardigingsondernemings is nie.
Hulle maak ook staat op die uitvoer van primêre produkte soos basiese
voedsel en grondstowwe.
Inruil, voer hulle klaarprodukte in wat met hulle materiaal vervaardig
is.
Hulle voer grondstowwe uit teen lae pryse en voer die klaarprodukte in
teen hoë pryse.
Hulle het groot buitelandse skuld as gevolg van die gebrek aan kapitaal.
Hulle vind dit moeilik om die lenings of die rente terug te betaal.
6. Gebrekkige infrastruktuur
Ontwikkelende lande het nie genoeg infrastruktuur nie.
Die bietjie wat daar is, is in ’n slegte toestand.
Hulle het slegte paaie, brûe, spoorlyne en kommunikasienetwerke.
7. Lae lewensverwagting
Mense sterf op ’n jong ouderdom as gevolg van ’n gebrek aan
gesondheidsdienste.
Die uitbreek van MIV en Vigs het die lewensverwagting selfs verder laat
afneem. (Enige 13 x 2) (26)
(Indien slegs genoem, maks. 7 punte)
ADDISIONELE GEDEELTE
1. Die groei georiënteerde ontwikkelingsbenadering
Hierdie benadering beskou die kwaliteit van die produksiefaktore en hoe
hulle aangewend word as belangrike elemente ter ondersteuning van groei-
strategieë.
Natuurlike hulpbronne
Hulle aanbod is beperk en kan nie vermeerder word nie, maar produksie
van die grond kan verhoog word deur boerderymetodes te verbeter,
kunsmis te gebruik, ens.
Ontwikkelende lande behoort sekondêre nywerhede op te rig om primêre
grondstowwe te verwerk en finale goedere produseer.
Hulle moet nie net grondstof hulpbronne in ’n onverwerkte vorm uitvoer
nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V1 (NOVEMBER 2014)
Arbeid (menslike hulpbronne)
- Lande kan dit op baie maniere verbeter.
Onderwys en opleiding sal die algemene vaardigheidsvlakke in ’n land
verhoog.
Gesondheidsorg behoort verbeter te word om te verseker dat die
arbeidsmag gesond, energiek en meer produktief kan wees.
Bevolkingsgroei moet bestuur word deur gesinsbeplanningsprogramme
sodat die bevolking ondersteun kan word deur sy natuurlike hulpbronne en
armoede kan beveg.
Kapitaal
Kapitaalvorming is noodsaaklik vir die ekonomie om te ontwikkel.
Verkryging van kapitaal is ’n belangrike bestanddeel vir groei.
As kapitaal doeltreffend toegeken word, sal ekonomiese groei
toeneem.
Die regering behoort fisiese infrastruktuur te voorsien waar die mark misluk
om dit te doen.
Entrepreneurskap
’n Gees van entrepreneurskap en programme moet ontwikkel word om mense
aan te moedig om risiko’s te neem, nuwe besighede te open en produktief te
wees.
2. Die basiese behoefte ontwikkelingsbenadering
In teenstelling met die groei-georiënteerde benadering, beskou die
basiese behoeftes teorie, ontwikkeling as ’n funksie om basiese menslike
behoeftes te bevredig, soos voedsel, water, skuiling en klere.
Dit streef daarna om die armes te ondersteun, massa ontneming te
verlaag en elkeen die geleentheid te bied om ’n vol lewe te leef.
Dit fokus op die verskaffing van goedere en dienste wat ontneem word
van bevolkingsgroepe.
3. ’n Gedeelde benadering
Dit is ’n kombinasie van die groei-georiënteerde benadering en die
basiese behoeftes teorie.
Ontwikkeling as ’n funksie om basiese menslike behoeftes te bevredig
benadering.
Hierdie teorie glo dat ekonomiese ontwikkeling benodig ’n hoë
ekonomiese groeistrategie, terwyl dit terselfdertyd fokus op basiese
dienste en inmenging om die armes by te staan.
Die ontwikkeling strategie wat die land volg om die inkome van die armes
te verhoog kan nie permanent op oordragte gebaseer word nie.
Dit behoort gebaseer te word op die skepping van langtermyn
geleenthede vir mense om op hulle eie ’n ordentlike bestaan te maak.
(Enige 5 x 2) (10)
(Indien slegs genoem, maks. 5 punte)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) EKONOMIE P1 15
SLOT
Alhoewel sekere gemeenskaplike kenmerke geïdentifiseer kan word, bestaan daar
beduidende verskille tussen ontwikkelende lande. In die kategorie van
ontwikkelende lande, verskil die vlak van ontwikkeling, bv. ’n ontwikkelende land
soos Brasilië het ’n baie meer gevorderde ekonomie as die van Somalië.
(Enige toepaslike slot is aanvaarbaar.) Maks. (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 80
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 11 Eastern Cape November 2014 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2014 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo (Eng)

Memorandum
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Memo (Eng)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a5bf3155-bcd3-4b96-83c6-1d36905153a9/v1-82fd7d39bb1666f71aa2/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Eng)

Question paper