Skip to content

Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201613 pages

Grade 12 Economics question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 EKONOMIE V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 3. Skryf die vraagnommer boaan elke vraag neer. 4. Lees die vrae sorgvuldig en begin elke vraag boaan ’n NUWE bladsy. 5. Laat 2−3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae. 6. Beantwoord vrae in volsinne en verseker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 7. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 8. Gebruik slegs swart of blou ink. 9. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) EKONOMIE V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE − 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as antwoorde tot die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer (1.1.1−1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D. 1.1.1 Belastings wat verband hou met individuele goedere, word belasting op ... genoem. A produksie B produkte C Inkomste 1.1.2 Tendense in die ekonomie, word deur ... gemeet. A ekstrapolasie B bewegende gemiddeldes C ekonomiese aanwysers 1.1.3 Implementering van wette om aktiwiteite te reguleer, staan as ... bekend. A deregulasie B regulasie C nasionalisasie 1.1.4 ʼn Transaksie wat verband hou met investering in besighede, word ... beleggings genoem. A portefeulje B ander C direkte 1.1.5 Streek samewerking en integrasie tussen Afrika state, word deur ... voorsien. A Nepad B SAOG C WHO 1.1.6 Kontant-aansporings wat buitelandse investeerders help wat in nuwe vervaardigings ondernemings in Suid-Afrika wil belê, word deur die ... aangebied. A Buitelandse beleggings aansporing B Klein- en Medium Ondernemings Ontwikkelingsprogram C Ontwikkeling van Swart Besigheid verskaffers Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) 1.1.7 Die inisiatief om ekonomiese groei te verbeter en werk te skep, staan as ... bekend. A Die Nuwe Groeipad B Swart Ekonomiese Bemagtiging C Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika 1.1.8 Volgens die VN klassifikasie, val Suid-Afrika in die ... menslike ontwikkelingsgroep van lande. A laer B middel C hoër (8 x 2) (16) 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat pas by ʼn begrip in KOLOM A. Skryf slegs die korrekte letter (A−I) langs die vraagnommer (1.2.1−1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Lekkasies A word bereken deur die volume van die finale goedere en dienste te vermenigvuldig met hulle pryse 1.2.2 Monetariste B ʼn sistematiese rekord van alle transaksies tussen een land en ander lande 1.2.3 Begroting C geld wat uit die kringloop onttrek word 1.2.4 Betalingsbalans D markte is inherent stabiel 1.2.5 Vry swewende E monitor kwessies wat verband hou wisselkoers met menslike welstand oor ʼn periode van tyd 1.2.6 Kwota F help om die jaarlikse totale produksie of inkome in die ekonomie te verhoog 1.2.7 Ekonomiese groei G beperkinge word op die aanbod van beleid goedere en dienste geplaas 1.2.8 Sosiale aanwyser H die waarde van ʼn geldeenheid word deur markkragte bepaal I ʼn dokument wat die verwagte inkome en besteding bevat (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) EKONOMIE V1 5 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die begrip langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Die uitwerking van besteding op nasionale inkome 1.3.2 Siklusse wat vir periodes van 3–5 jaar duur en veroorsaak word deur die aanpassing van voorraadvlakke in besighede 1.3.3 ʼn Rekord van uitvoer- en invoergoedere 1.3.4 ʼn Straf wat deur een of meer lande op ʼn ander land toegepas word 1.3.5 Beleide wat daarop gemik is om die totale aanbod te verhoog 1.3.6 Aanwysers wat verband hou met inflasiekoerse en die aanbod van geld (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE soorte finansiële markte. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe kan die regering die fiskale beleid aanwend indien die ekonomie te stadig groei? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. 2.2.1 Watter stippellyn op die grafiek dui die lengte aan? (1) 2.2.2 Wanneer het die ekonomie sy hoogste piek bereik? (1) 2.2.3 Verduidelik kortliks wat die amplitude illustreer. (2 x 2) (4) 2.2.4 Hoe sal ʼn groot amplitude werkers oor die algemeen beïnvloed, gedurende ʼn opswaai? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) EKONOMIE V1 7 2.3 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg. Die tolgeld wat op ʼn spesifieke pad ingesamel word, word gebruik om, onder andere lenings terug te betaal, wat gemaak is om die bou, opgradering en verbetering van die pad, te befonds. Dit verskaf ook ʼn toegewyde, voortdurende stroom van inkome, wat daartoe bydra dat die pad voldoende onderhou en verbeter word, onafhanklik van belasting-gebaseerde inkome. [Bron: Aangepas uit www.sanral.co.za/e toll] 2.3.1 Waarvoor word tolgelde aangewend? (2 x 1) (2) 2.3.2 Bespreek kortliks kollektiewe goedere, as een van die prys-opsies. (2 x 2) (4) 2.3.3 Hoe suksesvol is die openbare sektor in Suid-Afrika, ten opsigte van die lewering van openbare dienste? (4) 2.4 Verduidelik die interaksie tussen huishoudings en sakeondernemings in ’n ekonomiese kringloop. (4 x 2) (8) 2.5 Hoe suksesvol is die aanbodkant beleid in Suid-Afrika om ekonomiese aktiwiteit te stimuleer, in die gladstryking van siklusse? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE van Suid-Afrika se nywerheid ontwikkelings- strategieë. (2 x 1) (2) 3.1.2 Watter spesifikasie moet oorweeg word wanneer die BBP bereken word, om die prestasie van die Suid-Afrikaanse ekonomie te assesseer? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. UITGEBREIDE OPENBARE WERKE PROGRAM Die UOWP is ʼn sleutel regerings-inisiatief, wat bydra tot die Regerings- beleid Voorkeure, kragtens ordentlike werk en volhoubare lewensbestaan, onderwys, gesondheid, plaaslike ontwikkeling, voedsel sekuriteit en grondhervorming en die geveg teen misdaad en korrupsie. UOWP ondersteun die uitkoms wat “Ordentlike werkverskaffing deur inklusiewe ekonomiese groei” staaf. [Bron: Aangepas uit www.epwp.gov.za] 3.2.1 Wat is die hoofdoel van die Uitgebreide Openbare Werke Program (UOWP)? (2) 3.2.2 Noem enige TWEE sektore waardeur die UOWP werks- geleenthede skep. (2 x 2) (4) 3.2.3 Hoe suksesvol is Uitgebreide Openbare Werke Program in die bereiking van groei en ontwikkeling in Suid-Afrika? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) EKONOMIE V1 9 3.3 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. Geboortes en sterftes in SA vir periode 2013–2015 Jaar Totale Totale Totale aantal % van Vigs aantal aantal Vigs verwante sterftes geboortes sterftes sterftes 2013 1 232 668 539 880 177 624 32,9 2014 1 242 070 516 929 151 040 29,2 2015 1 782 250 531 965 122 445 28,5 [Bron: Stats SA, Julie 2015] 3.3.1 Noem die sosiale aanwyser wat in bostaande tabel gebruik word. (1) 3.3.2 Wat is die tendens van die persentasie Vigs-sterftes van 2013 na 2015? (1) 3.3.3 Definieer die begrip lewensverwagting. (2) 3.3.4 Waarom is bogenoemde inligting belangrik vir die Suid-Afrikaanse regering? (2) 3.3.5 Watter positiewe rol kan die regering speel om gesondheidsorg in Suid-Afrika te verbeter? (4) 3.4 Verduidelik die negatiewe uitwerking op die omgewing wat deur aktiwiteite in die Noord-verdeling veroorsaak word. (4 x 2) (8) 3.5 Wat kan die regering/sakesektor doen om die huidige lae ekonomiese groeikoers aansienlik te verhoog? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE faktore wat die vraag na buitelandse valuta sal beïnvloed. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoekom is die BBP teen markpryse hoër as die BNI teen markpryse? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. OES VAN VOORDELE VAN STREEKSINTEGRASIE Volgens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) bereik die voordele om aan ʼn gedeelde gemeenskap in Suider-Afrika te behoort, die lewens van baie mense in die streek. Die SAOG onthul dat die streeks-integrasie tot ’n vermindering in armoede en ʼn verbetering van die lewensstandaard bygedra het. Byvoorbeeld die oprigting van die Maputo Ontwikkelings- Korridor deur Mosambiek en Suid-Afrika in 1996, het handel tussen die twee lande, asook die lewensstandaard van SAOG inwoners verbeter. [Bron: Aangepas uit Southern African News, September 2015] 4.2.1 Wat is die hoof voordeel wat streeks-integrasie vir die mense van Suider-Afrika inhou? (1) 4.2.2 Watter rol het die oprigting van die Maputo Ontwikkelings- Korridor in die SAOG gespeel? (1) 4.2.3 Bespreek die hoofdoelwitte van die Nasionale Ontwikkelings- plan. (4) 4.2.4 Hoe suksesvol was Suid-Afrika met streeksontwikkeling in vergelyking met die internasionale beste praktyke rakende goeie bestuur? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) EKONOMIE V1 11 4.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. REGERING VERKLAAR 2015 DIE JAAR VAN SPESIALE EKONOMIESE SONES VERSKAFFING Uit Suid-Afrika se tien voornemende spesiale ekonomiese sones, is drie op die rand van implementering en, voor die einde van hierdie jaar sal een daarvan voltooi en geïmplementeer word, sê die Departement van Handel en Nywerheid. Die DHN het ook die SES program gestig om die swakpunte aan te spreek wat geïdentifiseer is met die Nywerheidsontwikkelingsone (NOS) program. Twee sones is geïdentifiseer in Limpopo, insluitende een in Musina, wat sal fokus op petro-chemiese, agro-prosessering en logistieke, een in Tubatse, wat sal fokus op die platinum groep metale en een in Nkomazi, in Mpumalanga, wat op agro- prosessering sal fokus. *INDUSTRIALISASIE PLATFORM [Bron: Aangepas uit.engineeringnews.co.za/ article/] 4.3.1 Noem enige EEN sone wat in die uittreksel geïdentifiseer word. (1) 4.3.2 Wat is die doel van die DHN om die SES program te loods? (1) 4.3.3 Verduidelik die verskil tussen die NOS en SES. (2 x 2) (4) 4.3.4 Waarom word Buitelandse Direkte Investering (BDI) as die mees verlangde soort investering in Suid-Afrika beskou? (2 x 2) (4) 4.4 Verduidelik metodes wat gebruik word om uitvoer bevordering te ondersteun. (4 x 2) (8) 4.5 Waarom is onderwys so belangrik as ʼn sleutel sosiale aanwyser in Suid-Afrika? (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE TOEKENNING Inleiding Maks. 2 Inhoud: Maks. 26 Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/ Ontleed/ Vergelyk/ Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer/ Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/ Maks. 10 Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/ Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/ Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor Slot Enige hoërorde-slot die behoort volgende in te sluit: ʼn Kort samevatting van wat bespreek is/ontleed sonder om reeds genoemde feite, in die inhoud, te herhaal Enige opinie of waarde-oordeel oor die bespreekte feite Maks. 2 Addisionele ondersteunende inligting om bespreking te versterk/ontleding ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Buitelandse handel raak toenemend belangriker vir die ekonomiese welstand van ʼn land. Hoe meer oop en geïntegreerd ʼn land is met die res van die wêreld, hoe beter is sy kanse om die ekonomiese welvaart van sy inwoners te verbeter. Bespreek die hoof aanbod redes vir internasionale handel. (26 punte) Hoe doeltreffend is internasionale handel vir Suid-Afrika? (10 punte) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE Die doel van die fiskale beleid is om ekonomiese groei en ontwikkeling te stimuleer en herverdeling van inkome te verseker. Bespreek hierdie stelling deur te fokus op die instrumente van die fiskale beleid in die Suid-Afrikaanse konteks en hoe dit ʼn verlangde herverdeling van inkome verseker. (26 punte) Na jou mening, hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering in die voorsiening van die basiese behoeftes van benadeelde persone? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all