Skip to content

Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201613 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 EKONOMIE V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur *ECONA2* Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae as volg: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Beantwoord vrae in volsinne en die uitleg, inhoud en konteks van jou antwoorde moet voldoen aan die kognitiewe vereistes van die vrae. 4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 6. Lees AL die vrae sorgvuldig deur. 7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 8. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) EKONOMIE V2 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 15 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot C) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 C. 1.1.1 Ewewigsprys van ʼn produk vind plaas waar … A markaanbod van ʼn produk hoër is as markaanvraag. B hoeveelheid aangevra gelyk is aan die hoeveelheid aangebied. C marginale koste groter is as marginale inkomste. 1.1.2 ʼn Oorsaak vir onvolmaakte mededinging is ... A vryheid tot toetrede. B advertensies. C verkoop van identiese produkte. 1.1.3 Sosiale voordele wat private voordele oorskry, is ʼn kenmerk van … goedere. A openbare B nie-meriete C primêre 1.1.4 Toerisme het die grootste impak op die ... industrie. A vervaardigings- B konstruksie C dienslewerings- 1.1.5 ʼn Soort inflasie wat produkte met kwesbare pryse uitsluit, staan bekend as … A stagflasie. B deflasie. C kern-inflasie. 1.1.6 Monopolisties kompeterende markte maak slegs ... op die korttermyn. A ekonomiese wins B normale wins C ekonomiese verlies 1.1.7 ʼn Styging in die prys van petrol het … uitwerking op toerisme. A ʼn positiewe B ʼn negatiewe C geen Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) 1.1.8 Rioolstorting kan gesien word as ʼn voorbeeld van … A waterbesoedeling. B grondbesoedeling. C lugbesoedeling. (8 x 2) (16) 1.2 Kies ʼn omskrywing in KOLOM B wat pas by ʼn begrip in KOLOM. Skryf slegs die letter (A tot I) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Eksternaliteit A meet die veranderinge in pryse van alle finale goedere en dienste wat in ʼn spesifieke jaar geproduseer word 1.2.2 Wins- B stel afval aan die omgewing bekend maksimering 1.2.3 Mededingings- C buitelanders wat Suid-Afrika besoek tribunaal 1.2.4 SAUK (SABC) D aktiwiteite van toeriste wat kunsgalerye, museums en ook feeste besoek 1.2.5 Alles E gemiddelde koste van besigheid is meer as insluitende die markprys inflasie 1.2.6 Inkomende F gebeur waar marginale koste die marginale toerisme inkome sny 1.2.7 Besoedeling G kostes of voordele wat ʼn party beïnvloed wat nie betrokke is by ʼn ekonomiese aktiwiteit nie 1.2.8 Kulturele H toegang word deur lisensiëring beperk toerisme I aanvaar of verhoed groot samesmeltings (8 x 1) (8) 1.3 Gee EEN begrip vir elk van die volgende omskrywings. Skryf slegs die begrip langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Natuurlike hulpbronne wat vervang of herskep kan word 1.3.2 Suid-Afrikaners wat binne Suid-Afrika reis 1.3.3 ʼn Aanhoudende daling in die algemene prysvlak 1.3.4 ʼn Situasie waar hulpbronne nie toegeken kan word om ʼn persoon/groep beter daaraan toe te maak, sonder om ʼn ander persoon/groep slegter daaraan toe te maak nie 1.3.5 ʼn Verkoper wat genoeg markkrag het om die prys van ʼn produk te beïnvloed 1.3.6 Produkte wat presies dieselfde is in terme van tipe, kwaliteit en voorkoms (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) EKONOMIE V2 5 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 20 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Lys enige TWEE soorte subsidies op goedere. (2 x 1) (2) 2.1.2 Wat is die implikasie van ʼn individuele onderneming se horisontale vraagkurwe (volmaakte mark), op die prys? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. MAKSIMUMPRYS Prys A V P A B P1 H1 H H2 Hoeveelheid 2.2.1 Identifiseer die maksimum prys vanaf die grafiek. (1) 2.2.2 Watter hoeveelheid sal aangebied word indien die maksimum prys afgedwing word? (1) 2.2.3 Watter rol speel die regering in herverdeling van rykdom? (4) 2.2.4 Hoe sal die maksimum prys die ekonomie beïnvloed? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) 2.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. KOSTEVOORDEEL-ANALISE VAN ENERGIE-DOELTREFFENDHEID IN LAEKOSTE-BEHUISING Die kostevoordeel-analise was deur die Sentrum vir Energie en Ontwikkeling Navorsing (EDRC) as deel van ʼn groter studie oor omgewingsdoeltreffendheid met betrekking tot energie doeltreffendheid by laekoste-behuising gedoen. Die studie neem die volgende in ag: vyf brandstowwe (elektrisiteit, paraffien, hout, steenkool en gas); inkome groepe tussen R500 en R3000 per maand en drie eindgebruike (omgewingsverwarming, waterverwarming en beligting). Ten einde die koste en voordele te ontleed, word stelle data benodig, bv. patrone van brandstofverbruik, brandstofpryse, sonkrag water verwarmers en kapitale koste. [Aangepas uit: energie en ontwikkelingsentrum webtuiste] 2.3.1 Identifiseer ʼn koste en ʼn voordeel uit bostaande uittreksel. (2 x 1) (2) 2.3.2 Verduidelik die konsep van koste-voordeel analise. (2) 2.3.3 Noem EEN doel van ʼn KVA. (2) 2.3.4 Hoe hou ʼn KVA verband met markmislukking? (4) 2.4 Verduidelik volledig TWEE vorme van samespanning. (2 x 4) (8) 2.5 Hoe suksesvol is die markkragte om monopolieë te beïnvloed? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) EKONOMIE V2 7 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 25 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE redes vir groei in die toerisme sektor. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe sal die sleutelinsette tot kostedrukinflasie bydra? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. Jaar Gemiddelde Prys van ʼn Mandjie VPI Inflasiekoers Goedere 2010 R200 100 ----- 2011 R214,29 107,1 7,1 2012 R223,41 111,7 4,3 2013 R234,58 117,3 5,0 2014 R248,10 A 6,8 [Bron: Stats SA 2015] 3.2.1 Watter jaar word, volgens die tabel, as die basisjaar beskou? (1) 3.2.2 Watter tendens het die inflasiekoers oor die afgelope drie jaar getoon? (1) 3.2.3 Verduidelik die begrip VPI. (2) 3.2.4 Hoekom verloor mense vertroue in hul geldeenheid tydens hiperinflasie? (2) 3.2.5 Bereken die VPI soos aangedui deur die letter A. Toon alle berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) 3.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Suid-Afrikaanse Toerisme (SAT) Sake-toerisme het toegeneem, veral sedert die totstandkoming van die land se eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Konvensie Buro (SANKB), as ʼn sake-eenheid onder Suid-Afrikaanse Toerisme (SAT). Gegewe die sterk groeipotensiaal in Afrika, is aan SAT R300 miljoen toegeken om sy markteenwoordigheid in Afrika uit te brei. SAT se ‘Sho’t Left’ bemarkingsveldtog vir binnelandse toeriste lewer reeds resultate. Dit daag Suid-Afrikaners uit om anders na hulle land te kyk en moedig ʼn kultuur van plaaslik reis aan. Die “It’s Here, Vaya Mzansi”-veldtog is ʼn industrie-wye projek wat staatmaak op samewerking tussen en ʼn vennootskap met die breër industrie, ten einde suksesvol te wees en om plaaslike instansies wat ‘ontspannings reise’ aanbied, hulle doelwitte te laat bereik. [Bron: Aangepas uit toerisme - www.gov.za] 3.3.1 Identifiseer TWEE veldtogte, uit die uittreksel, wat gebruik word om plaaslike toerisme te bevorder. (2 x 1) (2) 3.3.2 Verduidelik die konsep toerisme. (2) 3.3.3 Watter markstrategie kan Suid-Afrika gebruik om toerisme te verbeter? (2) 3.3.4 Hoe sal toerisme die besigheidsektor in jou plaaslike gemeenskap bevoordeel? (4) 3.4 Verduidelik enige TWEE oorsake van vraagtrek-inflasie. (2 x 4) (8) 3.5 Hoe kan die inheemse kennisstelsels gebruik word om toerisme in Suid- Afrika te bevorder? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) EKONOMIE V2 9 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van monopolistiese mededinging. (2 x 1) (2) 4.1.2 Waarom is dit belangrik vir toeristebeleide om eko-vriendelike toerisme aan te moedig? (2) 4.2 Bestudeer onderstaande spotprent en antwoord die vrae wat volg. Ai, ek hou van hierdie Ja,...kom ons hoop land. Dit is so basies en dit bly arm...ryk ongeskonde... en alles land maak staat op is so goedkoop hulle So, dit moet ʼn omgewings- vriendelike manier vind om arm te bly [Bron: Aangepas uit: polyp.org.uk] 4.2.1 Identifiseer die deel, in die spotprent, wat na ekotoerisme in die spotprent verwys. (2) 4.2.2 Waarom is die groei in die toerisme-industrie problematies vir die omgewing? (2) 4.2.3 Hoe sal toeriste voordeel trek vanuit ʼn arm land as ʼn vakansiebestemming? (2) 4.2.4 Hoe kan Suid-Afrika, as ʼn ontwikkelende land, meer voordeel trek uit internasionale toerisme? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) 4.3 Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg. 4.3.1 Identifiseer die markstruktuur wat deur die grafiek voorgestel word. (1) 4.3.2 Teen watter prys sal die besigheid sy produkte verkoop? (1) 4.3.3 Verduidelik kortliks, met ʼn rede, die vorm van bostaande vraagkurwe. (4) 4.3.4 Hoe kan firmas produkdifferensiasie suksesvol gebruik, as ʼn vorm van nie-prysmededinging? (4) 4.4 Bespreek enige TWEE gevolge van inflasie. (2 x 4) (8) 4.5 Hoe moedig en ontmoedig die regering eksternaliteite aan? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) EKONOMIE V2 11 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal as volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding  ʼn Goeie begin sal wees om die begrip of sleutelwoord wat in die vraag gebruik word, te definieer  Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.  Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit nie  Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie  Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan bespreek. Maks. 2 Inhoud Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/ Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/ Onderskei/ Differensieer/Verduidelik/Assesseer/ Debatteer Maks. 26 Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/ Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks Maks. 10 Slot  Enige toepaslike hoër orde slot wat die volgende behoort in te sluit:  ʼn Kort opsomming van wat bespreek is / ontleed sonder om reeds genoemde feite, in die inhoud, te herhaal  ʼn Mening of gewaardeerde oordeel oor die bespreekte feite  Addisionele ondersteunende inligting om bespreking te versterk / ontleding  ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis  Aanbevelings Maks. 2 TOTAAL 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 35 MINUTE Markte is een van die kardinale elemente van ons ekonomie. Ekonomie verseker dat ons skaars hulpbronne doeltreffend aangewend word om goedere en dienste te produseer en deur markte te verkoop. Bespreek die drie korttermyn ewewigsposisies, by volmaakte markte, met behulp van grafieke met volledige byskrifte. (26) Waarom is ewewigsposisies oor die korttermyn nie volhoubaar oor die langtermyn nie? (10) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 35 MINUTE Kwessies oor die omgewing in vandag se tye is uiters belangrik. Dit raak belangrik vir alle deelnemers in die ekonomie om aan boord te kom en deel te hê aan die volhoubaarheid van die omgewing. Bespreek openbare sektor beheer as maatreëls om omgewingsvolhoubaarheid te verseker. (26) Hoe doeltreffend is die Suid-Afrikaanse regering se ingrypings met betrekking tot omgewingsvolhoubaarheid? (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all