Skip to content

Electrical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)

Question paperElectrical TechnologyGrade 12202024 pages

Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIES NOVEMBER 2020 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, 'n 1 bladsy-formuleblad en 5 antwoordblaaie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies 2 DBE/November 2020 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Beantwoord VRAAG 2.1.1, 2.2.4, 4.3.2, 4.4.2, 4.6.2, 4.8.2 en 4.8.3 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE. 4. Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op elke ANTWOORDBLAD en kram dit aan jou ANTWOORDEBOEK vas, al het jy dit nie gebruik nie. 5. Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees. 6. Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale plekke af. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Berekeninge moet die volgende insluit: 9.1 Formules en manipulasies waar nodig 9.2 Korrekte vervanging van waardes 9.3 Korrekte antwoorde en relevante eenhede waar van toepassing 10. 'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies 3 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 1: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID 1.1 Definieer gesondheids- en veiligheidstoerusting. (2) 1.2 Noem EEN mensereg in die werkplek. (1) 1.3 Noem TWEE voorvalle wat aan inspekteurs by die werkplek gerapporteer moet word. (2) 1.4 Noem DRIE tipes viktimisering deur 'n werkgewer wat verbied word. (3) 1.5 Beskryf hoe die hoofskakelaar in 'n werkswinkel tot veiligheid bydra. (2) [10] VRAAG 2: RLC-KRINGE 2.1 Twee WS-spannings, VR en VX, het elk maksimum waardes van VR = 20 V en VX = 30 V onderskeidelik. 2.1.1 Teken die fasordiagram (NIE volgens skaal NIE) op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 2.1.1 indien VX vir VR met 35° naloop. (2) 2.1.2 Verduidelik of die spannings 'n RL-kring of 'n RC-kring voorstel. (2) 2.2 Die RLC-seriekring in FIGUUR 2.2 hieronder bestaan uit 'n weerstand van 15 Ω, 'n induktansie van 20 mH en 'n kapasitiewe reaktansie van 25 Ω. Die komponente is almal in serie oor 'n 150 V/60 Hz-WS-toevoer gekoppel. Beantwoord die vrae wat volg. R = 15 Ω L = 20 mH XC = 25 Ω VR = 98 V VL = 49 V VC IT = 6,5 A 150V/60Hz FIGUUR 2.2: RLC-SERIEKRING Gegee: R = 15 Ω L = 20 mH XC = 25 Ω VT = 150 V f = 60 Hz IT = 6,5 A Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies 4 DBE/November 2020 SS/NSS 2.2.1 Bereken die induktiewe reaktansie van die induktor. (3) 2.2.2 Bereken die spanningsval oor die kapasitor. (3) 2.2.3 Dui aan of die toevoerspanning nalopend of voorlopend is. Motiveer jou antwoord. (2) 2.2.4 Teken die fasordiagram van die kring op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 2.2.4. (5) 2.3 Verwys na FIGUUR 2.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. IC IR VT IL FIGUUR 2.3: FASORDIAGRAM 2.3.1 Identifiseer die fasordiagram in FIGUUR 2.3. (2) 2.3.2 Noem waarom die toevoerspanning as die verwysing in die fasordiagram gebruik word. (1) 2.3.3 Verduidelik die verwantskap tussen die totale stroom en die impedansie in 'n parallelresonansiekring. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies 5 DBE/November 2020 SS/NSS 2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. R = 20 Ω L = 300 mH C = 150 µF VS FIGUUR 2.4: RLC-SERIEKRING Gegee: R = 20 Ω L = 300 mH C = 150 µF 2.4.1 Bereken die resonansiefrekwensie. (3) 2.4.2 Bereken die kwaliteitsfaktor van die kring. (3) 2.4.3 Bepaal die impedansie van die kring tydens resonansie. Motiveer jou antwoord. (2) 2.4.4 Bereken die waarde van die kapasitansie benodig vir die kring in FIGUUR 2.4 om by 2 kHz te resoneer. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies 6 DBE/November 2020 SS/NSS 2.5 FIGUUR 2.5 hieronder toon die Q-faktor-kenkromme van 'n RLC-kring, NIE volgens skaal NIE. Q1, Q2 en Q3 dui aan hoe 'n verandering in die L/C-verhouding die Q-faktor van 'n resonansiekring beïnvloed. Beantwoord die vrae wat volg. Q1 Q1 0,707 Imaks Q2 Q2 0,707 Imaks Q3 Q3 0,707 Imaks 25 30 35 40 45 f (kHz) FIGUUR 2.5: Q-FAKTOR-KENKROMME 2.5.1 Identifiseer die kurwe met die hoogste selektiwiteit. (1) 2.5.2 Bereken die resonansiefrekwensie vir responsiekromme Q1. (3) 2.5.3 Bereken die kwaliteitsfaktor vir Q1. (3) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies 7 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 3: HALFGELEIERTOESTELLE 3.1 FIGUUR 3.1 hieronder toon die dwarsdeursnee van die konstruksie van 'n verrykingsmodus-MOSVET. Beantwoord die vrae wat volg. A B C Silikondioksied- isolasie Verrykte kanaal P-substraat FIGUUR 3.1: VERRYKINGSMODUS-MOSVET 3.1.1 Identifiseer A, B en C. (3) 3.1.2 Dui aan of die verrykte kanaal uit P-tipe of N-tipe materiaal bestaan. (1) 3.1.3 Noem wat met die stroom tussen terminaal A en terminaal C sal gebeur indien die spanning op terminaal B, 0 V is. (1) 3.1.4 FIGUUR 3.1.4 hieronder toon die verskillende VET-simbole. Identifiseer die komponente wat deur simbole A, C en E verteenwoordig word. D D D G G G S S S (A) (B) (C) D D D G G G S S S (D) (E) (F) FIGUUR 3.1.4: VET-SIMBOLE (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies 8 DBE/November 2020 SS/NSS 3.2 Verduidelik die term negatiewe weerstand met verwysing na die EVT. (2) 3.3 Verwys na FIGUUR 3.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. + VCC R1 RC Uitset C Inset T1 C1 B T2 E R2 RE CE 0V FIGUUR 3.3: DARLINGTON-PAAR 3.3.1 Verduidelik waarom die Darlington-paar bo 'n enkeltransistor vir hierdie kring verkies word. (2) 3.3.2 Verduidelik waarom die Darlington-paar 'n minimum van 1,2 V tot 1,4 V oor sy basis-emittor-terminale nodig het om te werk. (3) 3.4 Verwys na FIGUUR 3.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. V+ Nie-omkeer-inset Uitset Omkeer-inset V- FIGUUR 3.4: OP-VERSTERKER 3.4.1 Noem TWEE eienskappe van 'n ideale op-versterker. (2) 3.4.2 Verduidelik wat die op-versterker ideaal maak om wisselstroom- spannings te versterk. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies 9 DBE/November 2020 SS/NSS 3.5 FIGUUR 3.5 hieronder toon die kringdiagram van 'n omkeer-op-versterker. RF RIN = 1,8 kΩ +9 V X VUIT = 8 V VIN = 0,4 V t t -9 V 0V FIGUUR 3.5: OMKEER-OP-VERSTERKER 3.5.1 Verduidelik waarom punt X op die diagram ook as die wesenlike aard bekend staan. (2) 3.5.2 Bereken die waarde van terugvoerweerstand RF. (3) 3.6 FIGUUR 3.6 hieronder toon die interne kringdiagram van 'n 555 GS ('IC'). Beantwoord die vrae wat volg. + VCC - Beheer- Toevoer Ontlaai Drempel spanning 8 7 6 5 5 kΩ Vergelyker 1 Q S Wip- 5 kΩ kring Vergelyker 2 R Q T1 5 kΩ Uitset- drywer 1 2 3 4 Aard Sneller Uitset Herstel FIGUUR 3.6: 555 GS ('IC') 3.6.1 Noem EEN industriële toepassing waar die 555 GS ('IC') as 'n tydreëltoestel gebruik word. (1) 3.6.2 Dui aan of transistor T1 as 'n skakelaar of as 'n versterker in die kring optree. (1) 3.6.3 Verduidelik die doel van die twee vergelykers in FIGUUR 3.6. (4) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies 10 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 4: SKAKELKRINGE 4.1 Noem EEN duidelike verskil tussen die astabiele multivibrator en die bistabiele multivibrator met verwysing na hul insette. (2) 4.2 Verwys na FIGUUR 4.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. RF +12 V A - B + -12 V R1 C1 VUIT VC R2 t FIGUUR 4.2: MULTIVIBRATOR 4.2.1 Identifiseer die multivibrator in FIGUUR 4.2. (1) 4.2.2 Beskryf die werking van die multivibrator in FIGUUR 4.2 vanaf 'n punt waar die kapasitor pas ontlaai het en punt A laag is. (6) 4.2.3 Verduidelik hoe die frekwensie van die multivibrator in FIGUUR 4.2 verhoog kan word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies 11 DBE/November 2020 SS/NSS 4.3 FIGUUR 4.3 hieronder toon 'n monostabiele multivibrator wat 'n 555 GS ('IC') gebruik. +9V R1 1 kΩ R3 330 Ω R2 VR1 LUD 1 10 kΩ 10 kΩ 8 4 7 Uitset 3 6 555 2 1 5 R4 Sneller C1 330 Ω C2 10 µF LUD 2 10 nF FIGUUR 4.3: MONOSTABIELE MULTIVIBRATOR 4.3.1 Noem die funksie van kapasitor C2. (2) 4.3.2 FIGUUR 4.3.2 hieronder toon die snellerinset, kapasitorlading en uitsetseine van die multivibrator in FIGUUR 4.3. Die verstelbare weerstand (VR1) is op 5 kΩ gestel. Op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 4.3.2, teken die laaispanning VC1 en ooreenstemmende uitset as verstelbare weerstand (VR1) na 10 kΩ verander word. Sneller-inset ⅓ VCC 0V t ⅔ VCC VC1 wanneer VR1 na 5 kΩ 0V verstel word t Hoog Uitset Laag t FIGUUR 4.3.2: SEINE (4) 4.3.3 Noem of LUD1 of LUD2 AAN sal wees nadat die snellerskakelaar gedruk word. Motiveer jou antwoord. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies 12 DBE/November 2020 SS/NSS 4.4 FIGUUR 4.4 hieronder toon die kringdiagram van 'n nie-omkeer-Schmitt- sneller. Beantwoord die vrae wat volg. +9 V VUIT -9 V VIN VIN R1 RF t FIGUUR 4.4: NIE-OMKEER-SCHMITT-SNELLER 4.4.1 Dui aan of dit 'n ooplusmodus-op-versterker-kring of 'n geslotelus- modus-op-versterker-kring is. Motiveer jou antwoord. (2) 4.4.2 Teken die uitsetgolfvorm van die Schmitt-sneller op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 4.4.2. (4) 4.4.3 Noem hoe die snellerspanningsvlakke van die Schmitt-sneller verstel kan word sonder om die toevoerspanning te verander. (2) 4.5 Verwys na FIGUUR 4.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. V1 0,5 V t RF 10 kΩ C1 R1 2 kΩ R4 S1 +12 V V2 0,2 V - t C2 R2 500 Ω + R5 VUIT -12 V FIGUUR 4.5: SOMMEERVERSTERKER 4.5.1 Noem die funksie van kapasitor C1. (1) 4.5.2 Bereken die waarde van die uitsetspanning. (3) 4.5.3 Verduidelik wat dit vir hierdie versterker moontlik maak om beide positiewe en negatiewe spannings te versterk. (3) 4.5.4 Verduidelik hoe die uitsetspanning beïnvloed sal word indien skakelaar S1 oop is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies 13 DBE/November 2020 SS/NSS 4.6 Verwys na FIGUUR 4.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +V R1 +V VIN VIN VUIT VVERW -V R2 0V FIGUUR 4.6: OP-VERSTERKER-KRING 4.6.1 Identifiseer die op-versterker-kring in FIGUUR 4.6. (2) 4.6.2 Teken die uitsetsein van die op-versterker op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 4.6.2. (4) 4.6.3 Verduidelik waarom hierdie op-versterker-kring tydens die werking daarvan na versadiging gedryf word. (2) 4.7 Verduidelik die werking van die passiewe RC-differensieerder in FIGUUR 4.7 hieronder. C Uitset Inset +9 V +9 V R 0 0 t t -9 V FIGUUR 4.7: PASSIEWE RC-DIFFERENSIEERDER (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies 14 DBE/November 2020 SS/NSS 4.8 FIGUUR 4.8 hieronder toon 'n op-versterker-integreerder met inset- en uitsetseine. Beantwoord die vrae wat volg. +V CF Inset RIN +V 0V VIN t - 0V VUIT + Uitset -V -VVERS 0V FIGUUR 4.8: OP-VERSTERKER-INTEGREERDER 4.8.1 Verduidelik waarom die op-versterker-integreerder 'n egalig dalende uitsetspanning kan lewer wanneer 'n vierkantsgolf op die inset aangewend word. (6) 4.8.2 Op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 4.8.2, teken die uitsetgolfvorm van die op-versterker wanneer die RC-tydkonstante vanaf die gegewe toestand verkort word. (2) 4.8.3 Op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 4.8.3, teken die uitsetgolfvorm van die op-versterker wanneer die RC-tydkonstante vanaf die gegewe toestand verleng word. (2) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies 15 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 5: VERSTERKERS 5.1 Definieer die volgende terme met verwysing na versterkers: 5.1.1 Terugvoer (Terugkoppeling) (2) 5.1.2 Distorsie (Vervorming) (2) 5.2 Verwys na FIGUUR 5.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. + 9 VCC R1 RC 470 Ω C2 10 kΩ 10 µF C1 1 µF T1 β = 120 VCE VIN 2,38 V 2 mV (WS) CE R2 RE 100 µF 1,5 kΩ 1 kΩ 0V FIGUUR 5.2: VERSTERKERKRINGDIAGRAM 5.2.1 Identifiseer die versterker in FIGUUR 5.2. (1) 5.2.2 Beskryf die voorspanningsmetode vir Klas A-versterking. (4) 5.2.3 Bepaal die spanningsval oor RC. (3) 5.2.4 Bereken die spanningswins van die kring in desibel. (3) 5.2.5 Verduidelik hoe 'n toename in VIN die uitsetspanning (VCE) van die versterker in FIGUUR 5.2 sal beïnvloed. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies 16 DBE/November 2020 SS/NSS 5.3 FIGUUR 5.3 hieronder toon die insetkenkromme van 'n gemeenskaplike emittor-versterker. Identifiseer A, B en C. A Q Basis- stroom B C FIGUUR 5.3: KENKROMME (3) 5.4 Verwys na FIGUUR 5.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +VCC RB1 T1 T2 Q1 Uitsetsein Q2 RB2 RE 0V FIGUUR 5.4: VERSTERKERKRINGDIAGRAM 5.4.1 Identifiseer die versterkerkring in FIGUUR 5.4. (1) 5.4.2 Identifiseer die tipe transistor wat in die kring gebruik word. (1) 5.4.3 Verduidelik waarom die kring in FIGUUR 5.4 geen drywing sal verbruik wanneer die insetsein nul is nie. (3) 5.4.4 Bespreek die werksbeginsel van die versterker in FIGUUR 5.4. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies 17 DBE/November 2020 SS/NSS 5.5 Verwys na die LC-resonansiekring van 'n radiofrekwensieversterker en die insetkenmerke daarvan in FIGUUR 5.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. + Vcc C2 C1 L1 L2 Uitset IC (mA) IB (µA) C Kollektor- stroom T1 Δ IC VCE Oudio- inset RE CE Q θC < 180° Δ VCE 0V Uitsetspanning FIGUUR 5.5: LC-RESONANSIEKRING EN INSETKENMERKE 5.5.1 Noem die versterkingsklas wat deur die kring in FIGUUR 5.5 gebruik word. (1) 5.5.2 Beskryf 'n radiofrekwensieversterker. (3) 5.5.3 Dui aan hoe die resonansiefrekwensie van die kring in FIGUUR 5.5 gevarieer kan word. (1) 5.5.4 Noem die filter wat alle frekwensies, behalwe dié tussen sekere limiete, blokkeer. (1) 5.5.5 Verduidelik energieverplasing in die tenkkring wat die RF-versterker in staat stel om sy funksie te verrig. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies 18 DBE/November 2020 SS/NSS 5.6 Verwys na FIGUUR 5.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. + Vcc L3 R1 C1 CUIT C2 Q1 L1 C3 VUIT L2 R2 RE CE 0V FIGUUR 5.6: OSSILLATORKRINGDIAGRAM 5.6.1 Identifiseer die ossillator in FIGUUR 5.6. (1) 5.6.2 Bespreek hoe ossillasie in hierdie kring bewerkstellig word. (6) 5.6.3 Beskryf hoe terugvoer in die kring verkry word. (4) 5.6.4 Verduidelik die funksie van induktor L3. (3) 5.7 Verduidelik waarom 'n veldeffektransistor (VET) bo 'n tweepoolvoegtransistor ('BJT') in ossillatorkringe verkies word. (2) 5.8 Noem TWEE ooreenkomste tussen die Colpitts-ossillator en die Hartley- ossillator. (2) [60] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies DBE/November 2020 SS/NSS FORMULEBLAD RLC-KRINGE HALFGELEIERTOESTELLE P  V  I  cos θ V R  Wins A V  UIT    F  XL  2 fL VIN  RIN  1  R  XC  VUIT  VIN    F  2 fC  RIN  1 f f fr  OF fr  2 1  R  2 LC 2 VUIT  VIN  1  F  f  RIN  BW  r OF BW  f2  f1 Q SKAKELKRINGE Serie  R R R  VUIT    V1 F  V2 F  ...VN F  VR  I R  R1 R2 RN  VL  I XL VUIT VUIT Wins A V   VC  I XC VIN V1  V2  ...VN  VT VUIT   (V1  V2  ...VN ) IT  OF IT  IR  IC  IL Z VERSTERKERS V Z  R 2  X L  X C  IC  C 2 RC VT  VR  VL  VC  VT  I Z VCC  VCE  ICRC 2 2 OF R VR Cos θ  OF Cos θ  VB  VBE  VRE Z VT XL X C VL VC 1 L VUIT Q     AV  R R VT VT R C VIN Parallel I A I  UIT VT  VR  VL  VC IIN VT P IR  A P  UIT OF A P  A V  AI R PIN V IC  T A = β1 x β 2 OF A V  A V1  A V2  A V3 XC VT IL  PIN  I2  ZIN PUIT  I2  ZUIT XL EN IT  IR  IL  IC  2 2 WINS IN DESIBEL VT I Z A I  20log10 UIT IT IIN I V Cos θ  R A V  20log10 UIT IT VIN XL X C IL IC 1 L P Q     A P  10log10 UIT Z Z IT IT R C PIN Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies DBE/November 2020 SS/NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 2: RLC-KRINGE 2.1.1 VR = 20 V Dra punt na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 2.1.1 (2) 2.2.4 Dra punt na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 2.2.4 (5) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies DBE/November 2020 SS/NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 4: SKAKELKRINGE 4.3.2 Sneller-inset ⅓ VCC 0V t ⅔ VCC VC1 wanneer VR1 verstel is na 5 kΩ t Hoog Uitset Laag t ⅔ VCC VC1 wanneer VR1 verstel is na 10 kΩ t Hoog Dra punt na Uitset wanneer antwoordeboek oor VR1 verstel is na 10 kΩ Laag t MOD FIGUUR 4.3.2 (4) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies DBE/November 2020 SS/NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 4.4.2 VIN Boonste snellervlak 0 t Onderste snellervlak +V 0 t Dra punt na antwoordeboek oor -V MOD FIGUUR 4.4.2 (4) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies DBE/November 2020 SS/NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 4.6.2 VIN VVERW 0V +VVERS 0V t Dra punt na antwoordeboek oor -VVERS MOD FIGUUR 4.6.2 (4) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Elektronies DBE/November 2020 SS/NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 4.8.2 +V Inset 0V t 0V RC-tydkonstante is Dra punt na korter antwoordeboek oor Uitset -VVERS MOD FIGUUR 4.8.2 (2) 4.8.3 +V Inset 0V t 0V RC-Tydkonstante is Dra punt na langer antwoordeboek oor UItset -VVERS MOD FIGUUR 4.8.3 (2) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Electrical Technology

View all