Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS
NOVEMBER 2020
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, 'n 2 bladsy-formuleblad
en 'n 2 bladsy-antwoordblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2020 papers %20Afr_hlayiso.com_--5d1ce42b-a612-46d6-b9e4-52f536ceda49/v1-96c703f11bb224821109/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--cacdf866-0858-47be-bc3c-50aa32fb2dda/v1-af332b48028487424948/card.webp)
%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--a1b08e2f-620d-401b-b392-473be3d00302/v1-5f80c27a001637258e38/card.webp)
%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--3a93ca21-b0ce-45ee-90c7-2d964cb448ce/v1-5c453e53fb8f98f9125a/card.webp)
%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--88b14e44-b06a-4447-9c35-edf475d6c7c0/v1-e8b8c1ae09daef343b0f/card.webp)
%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--8b4df486-72d2-4be8-a960-845b64d4298e/v1-ef514131c63944515068/card.webp)
View all
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)


Electrical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)
Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Electrical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 678.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 2 DBE/November 2020
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord VRAAG 2.1.1, 2.2.4 en 6.4.2 op die aangehegte
ANTWOORDBLAAIE.
4. Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op elke
ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het
jy dit nie gebruik nie.
5. Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.
6. Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale
plekke af.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Berekeninge moet die volgende insluit:
9.1 Formules en manipulasies waar nodig
9.2 Korrekte vervanging van waardes
9.3 Korrekte antwoorde en relevante eenhede waar van toepassing
10. 'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 3 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 1: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID
1.1 Definieer gesondheids- en veiligheidstoerusting. (2)
1.2 Noem EEN mensereg in die werkplek. (1)
1.3 Noem TWEE voorvalle wat aan inspekteurs by die werkplek gerapporteer
moet word. (2)
1.4 Noem DRIE tipes viktimisering deur 'n werkgewer wat verbied word. (3)
1.5 Beskryf hoe die hoofskakelaar in 'n werkswinkel tot veiligheid bydra. (2)
[10]
VRAAG 2: RLC-KRINGE
2.1 Twee WS-spannings, VR en VX, het elk maksimum waardes van VR = 20 V en
VX = 30 V onderskeidelik.
2.1.1 Teken die fasordiagram (NIE volgens skaal NIE) op die
ANTWOORDBLAD vir VRAAG 2.1.1 indien VX vir VR met
35° naloop. (2)
2.1.2 Verduidelik of die totale spanning oorwegend induktief of
oorwegend kapasitief is. (2)
2.2 Die RLC-seriekring in FIGUUR 2.2 hieronder bestaan uit 'n weerstand van
15 Ω, 'n induktansie van 20 mH en 'n kapasitiewe reaktansie van 25 Ω.
Die komponente is almal in serie oor 'n 150 V/60 Hz-WS-toevoer gekoppel.
Beantwoord die vrae wat volg.
R = 15 Ω L = 20 mH XC = 25 Ω
VR = 98 V VL = 49 V VC
IT = 6,5 A
150V/60Hz
FIGUUR 2.2: RLC-SERIEKRING
Gegee:
R = 15 Ω
L = 20 mH
XC = 25 Ω
VT = 150 V
f = 60 Hz
IT = 6,5 A
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 4 DBE/November 2020
SS/NSS
2.2.1 Bereken die induktiewe reaktansie van die induktor. (3)
2.2.2 Bereken die spanningsval oor die kapasitor. (3)
2.2.3 Dui aan of die toevoerspanning nalopend of voorlopend is.
Motiveer jou antwoord. (2)
2.2.4 Teken die fasordiagram van die kring op die ANTWOORDBLAD vir
VRAAG 2.2.4. (5)
2.3 Verwys na FIGUUR 2.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
IC
IR VT
IL
FIGUUR 2.3: FASORDIAGRAM
2.3.1 Identifiseer die fasordiagram in FIGUUR 2.3. (2)
2.3.2 Noem waarom die toevoerspanning as die verwysing in die
fasordiagram gebruik word. (1)
2.3.3 Verduidelik die verwantskap tussen die totale stroom en die
impedansie in 'n parallelresonansiekring. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 5 DBE/November 2020
SS/NSS
2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
R = 20 Ω L = 300 mH C = 150 µF
VS
FIGUUR 2.4: RLC-SERIEKRING
Gegee:
R = 20 Ω
L = 300 mH
C = 150 µF
2.4.1 Bereken die resonante frekwensie. (3)
2.4.2 Bereken die kwaliteitsfaktor van die kring. (3)
2.4.3 Bepaal die impedansie van die kring tydens resonansie. Motiveer
jou antwoord. (2)
2.4.4 Bereken die waarde van die kapasitansie benodig vir die kring in
FIGUUR 2.4 om by 2 kHz te resoneer. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 6 DBE/November 2020
SS/NSS
2.5 FIGUUR 2.5 hieronder toon die Q-faktor-kenkromme van 'n RLC-kring,
NIE volgens skaal NIE. Q1, Q2 en Q3 dui aan hoe 'n verandering in die
L/C-verhouding die Q-faktor van 'n resonansiekring beïnvloed. Beantwoord
die vrae wat volg.
Q1
Q1 0,707 Imaks
Q2
Q2 0,707 Imaks
Q3
Q3 0,707 Imaks
25 30 35 40
45 f (kHz)
FIGUUR 2.5: Q-FAKTOR-KENKROMME
2.5.1 Identifiseer die kurwe met die hoogste selektiwiteit. (1)
2.5.2 Bereken die resonansiefrekwensie vir kenkromme Q1. (3)
2.5.3 Bereken die kwaliteitsfaktor vir Q1. (3)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 7 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 3: DRIEFASE-WS-OPWEKKING (SPESIFIEK)
3.1 Definieer die volgende terme:
3.1.1 Reaktiewe drywing (2)
3.1.2 Rendement (2)
3.2 Bereken die waarde van die fasespanning in 'n sterverbinde driefasestelsel
indien die lynspanning 380 V is. (3)
3.3 Met verwysing na arbeidsfaktor:
3.3.1 Verduidelik die uitwerking wat 'n lae arbeidsfaktor op 'n stelsel
sal hê. (4)
3.3.2 Maak 'n lys van DRIE metodes om die arbeidsfaktor van 'n
weerstands- induktiewe las in 'n WS-stelsel te verbeter. (3)
3.4 Noem die instrument wat gebruik word om elektriese drywing oor 'n sekere
tydperk te meet. (1)
3.5 'n Delta-verbinde generator lewer krag aan 'n sterverbinde induktiewe las. Die
fasestroom van die generator is 30 A en die lynspanning is 380 V.
Die arbeidsfaktor is 0,9 nalopend.
Gegee:
VL = 380 V
IF = 30 A
Cos θ = 0,9
Bereken die:
3.5.1 Lynstroom deur die generator gelewer (3)
3.5.2 Impedansie van elke fase (5)
3.5.3 Aktiewe drywing opgewek (3)
3.6 Twee wattmeters dui onderskeidelik 10 kW en 3 kW aan wanneer hulle
gekoppel is om die insetdrywing na die las te meet. Bereken die totale
insetdrywing.
Gegee:
P1 = 10 kW
P2 = 3 kW (3)
3.7 Noem EEN toepassing van 'n wattmeter in driefase-WS-stelsels. (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 8 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 4: DRIEFASETRANSFORMATORS
4.1 Verduidelik die doel van 'n verhogingstransformator. (2)
4.2 Maak 'n lys van DRIE faktore wat tot oormatige verhitting in 'n driefase-
oliegedompelde transformator kan bydra. (3)
4.3 Noem TWEE verkoelingsmetodes wat vir oliegedompelde transformators
gebruik word. (2)
4.4 Verduidelik die gevolge van transformatorverkoeling-faling. (2)
4.5 Verduidelik watter effek 'n toename in die las op die primêre stroom van 'n
transformator sal hê. (2)
4.6 Die primêre en sekondêre wikkelings van 'n driefasetransformator kan op
verskillende maniere gekoppel word om 'n enkele eenheid te vorm.
Noem TWEE maniere. (2)
4.7 Noem TWEE elektriese beveiligingstoestelle wat in driefasetransformators
gebruik word. (2)
4.8 Illustreer, met behulp van 'n benoemde diagram, die konstruksie van 'n
kerntipe driefasetransformator. Toon ook die magnetiese koppeling. (3)
4.9 Noem EEN veiligheidsmaatreël om in ag te neem wanneer daar met 'n
bekragte driefasetransformator gewerk word. (1)
4.10 Verwys na die kringdiagram in FIGUUR 4.10 hieronder en beantwoord die
vrae wat volg.
I I
L(1) = 30 A
L(1)=30 A N1 : N2
VL(1)=11 kV VL(3)V=L(3)
380 VV
=380
S=200 kVA VPh(3) = 219,39 V
PIN =171,8kW
Cos Ø = 0,85
FIGUUR 4.10: TRANSFORMATORVERBINDING
Gegee:
S = 200 kVA
VL(1) = 11 kV
VL(3) = 380 V
IL(1) = 30 A
PIN = 171,8kW
Bereken die:
4.10.1 Rendement van die transformator indien dit teen 'n arbeidsfaktor van
0,85 nalopend werk. (5)
4.10.2 Windingsverhouding (3)
4.10.3 Sekondêre lynstroom van die transformator (3)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 9 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 5: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
5.1 Noem DRIE meganiese inspeksies wat na installasie, maar voor
indiensstelling, op 'n driefasemotor uitgevoer moet word. (3)
5.2 Noem DRIE voordele van 'n kourotor-induksietipe motor. (3)
5.3 Bestudeer FIGUUR 5.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
L
Stopknop
N/T HK1
N/O2
O/B1 O/B2
Aansit- Aansit-
HK1 HK 2
knop knop
N/O1 N/O1
1 2
HK1 HK2
Motor Motor
1 2
N
FIGUUR 5.3: BEHEERKRING
5.3.1 Identifiseer die beheerkring in FIGUUR 5.3. (1)
5.3.2 Verduidelik die funksie van die volgende komponente in
FIGUUR 5.3:
(a) Stopknop (2)
(b) HK1 (N/O1) (3)
5.3.3 Beskryf die aansitvolgorde van die beheerkring. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 10 DBE/November 2020
SS/NSS
5.4 'n Driefase-induksiemotor met 6 poolpare per fase is aan 'n 380 V/50 Hz-
toevoer verbind en het 'n glip van 0,05 eenhede.
Gegee:
p = 6
f = 50 Hz
s = 0,05 eenhede
V = 380 V
Bereken die:
5.4.1 Sinchrone spoed (3)
5.4.2 Rotorspoed (3)
5.5 'n 18 kW-driefasemotor is in delta aan 'n 380 V/50 Hz-toevoer gekoppel.
Die arbeidsfaktor is 0,8.
Gegee:
VL = 380 V
f = 50 Hz
P = 18 kW
Cos θ = 0,8
Bereken die:
5.5.1 Lynstroom wat vanaf die toevoer getrek word (3)
5.5.2 Skyndrywing van die motor (3)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 11 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 6: PROGRAMMEERBARE LOGIKABEHEERDERS (PLB's)
6.1 Beskryf die volgende terme met verwysing na PLB's:
6.1.1 Hardeware (2)
6.1.2 Sagteware (3)
6.1.3 Optiese koppelstuk (3)
6.2 Maak 'n lys van DRIE belangrike hardewarekomponente van 'n PLB. (3)
6.3 Noem DRIE veiligheidsmaatreëls om in ag te neem wanneer 'n PLB aan die
toevoer gekoppel word. (3)
6.4 FIGUUR 6.4 hieronder toon 'n leerlogikakring. Beantwoord die vrae wat volg.
A B Q
A B
FIGUUR 6.4: LEERLOGIKAKRING
6.4.1 Teken die logikaheksimbool van die leerlogikakring in FIGUUR 6.4. (2)
6.4.2 Voltooi die waarheidstabel in FIGUUR 6.4.2 hieronder deur SLEGS
die uitsettoestand op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 6.4.2
te skryf.
INSET A INSET B UITSET Q
0 0 (a)
0 1 (b)
1 0 (c)
1 1 (d)
FIGUUR 6.4.2: WAARHEIDSTABEL (4)
6.5 Noem EEN toepassing van 'n induktiewe nabyheidsensor. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 12 DBE/November 2020
SS/NSS
6.6 FIGUUR 6.6 hieronder toon 'n PLB-logikaprogram met 'n tydsvertraging van
15 sekondes. Beantwoord die vrae wat volg.
I1 TD
Drukknop 15
15sek
sek
TD Q
Uitset
I1
Q
15 sek
FIGUUR 6.6: PLB-LOGIKAPROGRAM MET VERTRAGINGSTYDMETER
6.6.1 Noem of die logikaprogram 'n AAN-vertragingstydmeterkontak of
'n AF-vertragingstydmeterkontak voorstel. (1)
6.6.2 Beskryf die sekwensiële werking van die logikaprogram wanneer die
drukknop (I1) gedruk word. (5)
6.7 Die kring in FIGUUR 6.7 hieronder is met 'n fout geprogrammeer, soos tussen
punt A en B getoon word. Verduidelik die effek wat die fout op die werking
van die kring sal hê.
STOP AANSIT HK
A
B
HK
FIGUUR 6.7: LEERLOGIKAKRING (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 13 DBE/November 2020
SS/NSS
6.8 Verwys na die beheerkring in FIGUUR 6.8 hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
L
O/B
Stopknop
Aansitknop HK/NO1
HK/NT
HK/NO2
Lamp Lamp
HK (Groen)
(Rooi)
N
FIGUUR 6.8: BEHEERKRING
6.8.1 Noem die toestand van die rooi lamp en die groen lamp voordat die
aansitknop gedruk word. (2)
6.8.2 Verduidelik die funksie van HK in die kring. (2)
6.8.3 Teken 'n leerlogikadiagram wat dieselfde funksie as die beheerkring
in FIGUUR 6.8 sal uitvoer. (9)
6.9 Verduidelik die werksbeginsel van die verstelbare spoedbeheerder (VSB). (5)
6.10 Noem die TWEE tipes sinchrone WS-motors wat saam met VSB's gebruik
word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 14 DBE/November 2020
SS/NSS
6.11 Verwys na die VSB-spanningsuitsetpulse in FIGUUR 6.11 hieronder, en
beantwoord die vrae wat volg.
PULSREEKS
1
A
B
PULSREEKS
2
FIGUUR 6.11: PULSREEKS
6.11.1 Beskryf die tydsduur van die skakeltyd by area A en area B met
verwysing na pulswydtemodulasie in FIGUUR 6.11. (2)
6.11.2 Noem die effekte wat die wydte van die pulse op die gemiddelde
uitsetspanning in FIGUUR 6.11 A het. (2)
6.12 Noem DRIE voorsorgmaatreëls wat in ag geneem moet word wanneer met
'n VSB gewerk word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 15 DBE/November 2020
SS/NSS
6.13 Verwys na FIGUUR 6.13 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Driefase
Driefase- WS
Skakelaar
is gesluit
VSB “A”
A
toevoer
toevoer
Motor B
“B”
FIGUUR 6.13: REGENERATIEWE-REMMING-MOTORBEHEERSTELSEL
Identifiseer komponent:
6.13.1 A (1)
6.13.2 B (1)
6.14 Verduidelik wat met die energie sal gebeur wat deur die motor in
FIGUUR 6.13 opgewek word wanneer die las afwaarts beweeg. (3)
[60]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels DBE/November 2020
SS/NSS
FORMULEBLAD
RLC-KRINGE DRIEFASE-WS-OPWEKKING
P V I cos θ STER
XL 2 fL VL 3 VF
1 VF IF ZF
XC
2 fC IL IF
1
fr
2 LC DELTA
f VL VF
BW r
Q VF IF ZF
SERIE IL 3 IF
VR I R
VL I XL DRYWING
VC I XC S (Pskyn ) 3 VL IL
VT Q (Pr ) 3 VL IL Sin θ
IT OF IT IR IC IL
Z P 3 VL IL Cos θ
P
Z R 2 X L X C Cos θ
2
S
VT VR VL VC VT I Z
2 2
OF RENDEMENT
R VR uitsetdrywing
Cos θ OF Cos θ η 100%
Z VT insetdrywing
XL X C VL VC 1 L
Q
Z Z VT VT R C TWEEWATTMETERMETODE
PARALLEL
PT P1 P2
VT VR VL VC
VT P - P
IR tan θ 3 1 2
R P1 P2
V
IC T
XC DRIEWATTMETERMETODE
V
IL T PT P1 P2 P3
XL
IT IR IL IC
2 2
VT
Z
IT
I
Cos θ R
IT
XL X C IL IC 1 L
Q
Z Z IT IT R C
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels DBE/November 2020
SS/NSS
DRIEFASETRANSFORMATORS DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
STER STER
VL 3 VF en IL IF VL 3 VF en IL IF
DELTA DELTA
IL 3 IF en VL VF IL 3 IF en VL VF
DRYWING DRYWING
S (Pskyn ) 3 VL IL S (Pskyn ) 3 VL IL
Q (Pr ) 3 VL IL Sin θ Q (Pr ) 3 VL IL Sin θ
P 3 VL IL Cos θ P 3 VL IL Cos θ
P P
Cos θ Cos θ
S S
Vf(p) Np If(s) RENDEMENT
Vf(s) Ns If(p) uitsetdrywing
η 100%
insetdrywing
Transformatorverhouding (TR)
60 × f
Np ns =
TR p
Ns
ns nr
% glip = × 100
ns
n s nr
Per Eenheid Glip
ns
Glip n s nr
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels DBE/November 2020
SS/NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
VRAAG 2: RLC-KRINGE
2.1.1
VR = 20 V
Dra punt na
antwoordeboek oor
MOD
(2)
FIGUUR 2.1.1
2.2.4
Dra punt na
antwoordeboek oor
MOD
(5)
FIGUUR 2.2.4
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels DBE/November 2020
SS/NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
VRAAG 6: PROGRAMMEERBARE LOGIKABEHEERDERS (PLB's)
6.4.2 INSET A INSET B UITSET Q
0 0 (a) =
0 1 (b) =
1 0 (c) =
1 1 (d) =
FIGUUR 6.4.2: WAARHEIDSTABEL (4)
Dra punt na
antwoordeboek oor
MOD
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20Afr_hlayiso.com_--5d1ce42b-a612-46d6-b9e4-52f536ceda49/v1-96c703f11bb224821109/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)
%20Eng_hlayiso.com_--cacdf866-0858-47be-bc3c-50aa32fb2dda/v1-af332b48028487424948/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Eng)
%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--a1b08e2f-620d-401b-b392-473be3d00302/v1-5f80c27a001637258e38/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2020 Memo (Eng)
%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--3a93ca21-b0ce-45ee-90c7-2d964cb448ce/v1-5c453e53fb8f98f9125a/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2020 Memo (Afr)
%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--88b14e44-b06a-4447-9c35-edf475d6c7c0/v1-e8b8c1ae09daef343b0f/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2020 Memo (Eng)
%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--8b4df486-72d2-4be8-a960-845b64d4298e/v1-ef514131c63944515068/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2020 Memo (Eng)
More from Grade 12 Electrical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Dig Elec ATP 2023 24
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum