Skip to content

Geography Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12201814 pages

Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GEOGRAFIE V1 2018 PUNTE: 225 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n 11 bladsy-bylae. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 2 DBE/2018 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. 2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk. 3. Alle diagramme is by die BYLAE ingesluit. 4. Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord. 5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Nommer die antwoorde in die middel van die reël. 8. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 9. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 10. Antwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet maak. 11. Maateenhede MOET in jou finale antwoord getoon word, bv. 1 020 hPa, 14 °C en 45 m. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 3 DBE/2018 SSE AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord. VRAAG 1 1.1 Verwys na FIGUUR 1.1 wat ontwikkelingstadiums van 'n middelbreedte- sikloon toon. 1.1.1 Noem die front by 60° S, in diagram X, waar middelbreedtesiklone ontwikkel. 1.1.2 Noem die ontwikkelingstadium van die middelbreedtesikloon by X. 1.1.3 Gee die laagste lugdruk wat by stadium Y aangeteken is. 1.1.4 Watter middelbreedtesikloon, Y of Z, is die oudste? 1.1.5 Noem die ontwikkelingstadium van die middelbreedtesikloon by Z. 1.1.6 Watter bewys dui daarop dat die geïllustreerde middelbreedte- sikloon in die Suidelike Halfrond voorkom? 1.1.7 Watter term word gebruik om middelbreedtesiklone wat aan mekaar verbind is, te beskryf? (7 x 1) (7) 1.2 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word wat die sin WAAR sal maak. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) neer. 1.2.1 Riviere wat regdeur die jaar vloei, is (permanente/periodiese) riviere. 1.2.2 (Eksotiese/Periodiese) riviere vloei slegs tydens die reënseisoen. 1.2.3 Riviere wat slegs na swaar reënbuie vloei, staan as (episodiese/eksotiese) riviere bekend. 1.2.4 Die meeste riviere in Suid-Afrika is (periodies/permanent). 1.2.5 By (permanente/episodiese) riviere is die rivierbodem altyd laer as die watertafel. 1.2.6 Die watertafel is altyd laer as die rivierbodem by (eksotiese/periodiese) riviere. 1.2.7 (Periodiese/Eksotiese) riviere vloei regdeur die jaar, want hulle word deur sytakke in hoë reënvalgebiede gevoed. 1.2.8 (Permanente/Periodiese) riviere is kenmerkend van wisselende seisoene van hoë en lae reënval. (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 4 DBE/2018 SSE 1.3 FIGUUR 1.3 is 'n diagram wat die invloed van die plato op Suid-Afrika se klimaat toon. 1.3.1 Toon skets A of skets B 'n wintertoestand? (1 x 1) (1) 1.3.2 Gee 'n bewys uit die skets om jou antwoord op VRAAG 1.3.1 te ondersteun. (1 x 1) (1) 1.3.3 Hoe ontwikkel die inversielaag in skets A? (1 x 2) (2) 1.3.4 Gee rekenskap van die hoogteverandering van die posisie van die inversielaag in skets B. (2 x 2) (4) 1.3.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik hoe die hoogteverandering van posisie van die inversielaag oor die plato die klimaat in die binneland van Suid-Afrika tydens die somer en winter beïnvloed. (4 x 2) (8) 1.4 Bestudeer FIGUUR 1.4 wat op valleiklimaat gebaseer is. 1.4.1 Waarom was die standplaas van Pietermaritzburg 'n swak keuse vir die ontwikkeling van 'n stad? (1 x 1) (1) 1.4.2 Gee bewyse uit die artikel waarom die besoedelingsvlakke in die winter baie hoër is. (2 x 1) (2) 1.4.3 Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van mis en besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg. (a) Noem die plaaslike wind wat veroorsaak dat die 'bruin waas' na 11:00 verdwyn. (1 x 1) (1) (b) Gee EEN kenmerk van die plaaslike wind wat in VRAAG 1.4.3(a) genoem is, wat tot die verwydering van die 'bruin waas' bydra. (1 x 2) (2) (c) Teken 'n benoemde skets om die ontwikkeling van die plaaslike wind, wat tot die verdwyning van die 'bruin waas' lei, te illustreer. Die skets moet die windrigting en EEN beskrywende byskrif toon. (2 x 2) (4) 1.4.4 Waarom is die 'bruin waas' 'n veiligheidsrisiko vir motorvoertuig- gebruikers? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 5 DBE/2018 SSE 1.5 Bestudeer FIGUUR 1.5 wat twee tipes dreineerpatrone (A en B) toon. 1.5.1 Benoem die dreineerpatrone wat A en B gemerk is. (2 x 1) (2) 1.5.2 Noem die onderliggende rotsstruktuur wat tot die ontwikkeling van dreineerpatroon A en B aanleiding gee. (2 x 1) (2) 1.5.3 Noem EEN van die volgende: (a) Ooreenkoms tussen dreineerpatrone A en B (1 x 2) (2) (b) Verskil tussen dreineerpatrone A en B (1 x 2) (2) 1.5.4 Waarom is die sytakke in dreineerpatroon A kort in vergelyking met die lengte van die hoofrivier? (1 x 2) (2) 1.5.5 Gee rekenskap vir die feit dat die hoofstrome in dreineerpatroon B 90°-draaie het. (2 x 2) (4) 1.6 Bestudeer FIGUUR 1.6 wat 'n lugfoto van 'n delta is. 1.6.1 Wat is 'n delta? (1 x 1) (1) 1.6.2 Gee TWEE bewyse uit die foto om die stelling te ondersteun dat 'n delta getoon word. (2 x 1) (2) 1.6.3 Benoem die verskynsel wat A gemerk is. (1 x 1) (1) 1.6.4 Beskryf kortliks die ontwikkeling van verskynsel A. (1 x 2) (2) 1.6.5 Waarom is sommige kuslyne nie geskik vir die ontwikkeling van deltas nie? (1 x 2) (2) 1.6.6 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik waarom deltas ideaal vir boerdery is. (4 x 2) (8) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 6 DBE/2018 SSE VRAAG 2 2.1 Verwys na FIGUUR 2.1 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A of B. 2.1.1 Lugdruksel wat tot onstabiele weerstoestande lei 2.1.2 Lugbeweging is antikloksgewys in die Suidelike Halfrond 2.1.3 Geassosieer met koue, dalende lug 2.1.4 Oppervlaklug konvergeer in hierdie lugdruksel in 2.1.5 Die laagste druk word in die middel van hierdie lugdruksel aangetref 2.1.6 Bolug konvergeer in hierde lugdruksel in 2.1.7 Dra by tot die droë toestande oor die westelike helfte van Suid-Afrika 2.1.8 Trek in die somer vogtige lug oor Suid-Afrika in (8 x 1) (8) 2.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die geomorfologiese beskrywing in KOLOM A pas. Skryf sleg die letter (A–H) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.8) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 2.2.1 Water wat afwaarts oor die land vloei A lengteprofiel 2.2.2 Water wat onder die aardoppervlak B eerste-orde-strome voorkom C dwarsprofiel 2.2.3 Die plek in die loop van 'n rivier waar twee sytakke ontmoet D laminêre vloei 2.2.4 Totale lengte van die strome in 'n E grondwater dreineerbekken, gedeel deur die totale oppervlakte (km2) van dieselfde F oppervlakafloop dreineerbekken G dreineerdigtheid 2.2.5 Sytakke wat geen ander strome het wat in hulle invloei nie H samevloeiing 2.2.6 Riviervloei is baie gelyk sodat baie min vertikale vermenging van water plaasvind 2.2.7 'n Aansig van die rivier wat die lengte van die rivier vanaf sy bron tot sy riviermonding toon (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 7 DBE/2018 SSE 2.3 Bestudeer FIGUUR 2.3, 'n mediaverslag, met die titel 'Is dit tyd vir nog 'n tropiese sikloon in Suid-Afrika?'. 2.3.1 Watter kuslyn van Suid-Afrika word deur tropiese siklone beïnvloed? (1 x 1) (1) 2.3.2 Wat is die 'huidige toestande' waarna in die uittreksel verwys word wat daartoe sal lei dat 'n laagdruk in die sentrale Mosambiekkanaal ontwikkel? (2 x 1) (2) 2.3.3 Beskryf TWEE redes waarom mense in sekere gedeeltes van Suid-Afrika gewaarsku word om versigtig te wees. (2 x 2) (4) 2.3.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik waarom Suid-Afrika gewoonlik nie die verwagte volle impak van tropiese siklone ervaar nie. (4 x 2) (8) 2.4 FIGUUR 2.4 toon 'n kuslaagdruk. 2.4.1 Wat is 'n kuslaagdruk? (1 x 1) (1) 2.4.2 Beskryf die pad wat die kuslaagdruk volg. (2 x 1) (2) 2.4.3 Waarom is die lug voor die kuslaag (B) droër as die lug agter die kuslaag (A)? (2 x 2) (4) 2.4.4 Verduidelik waarom verskillende tipes presipitasie langs die wes- en ooskus verwag word soos wat die kuslaag verbybeweeg. (2 x 2) (4) 2.4.5 Waarom word hierdie laagdrukstelsels gewoonlik in die winter met hoë temperature langs die kus geassosieer? (2 x 2) (4) 2.5 Bestudeer FIGUUR 2.5, 'n foto wat die loop van 'n rivier toon. 2.5.1 Watter loop van die rivier word in FIGUUR 2.5 verteenwoordig?(1 x 1) (1) 2.5.2 Teken 'n benoemde deursnit wat die verskil in die vorms van die hange wat met rivieroewers A en B geassosieer word, toon. (3 x 1) (3) 2.5.3 Beantwoord die volgende vrae met verwysing na rivieroewer A. (a) Noem die hang wat met rivieroewer A geassosieer word. (1 x 1) (1) (b) Verduidelik die steilheid van die hang langs rivieroewer A. (1 x 2) (2) 2.5.4 Gee redes vir die sandafsettings langs rivieroewer B. (2 x 2) (4) 2.5.5 Verduidelik waarom 'n roeier in 'n kano sou verkies om langs rivieroewer A eerder as rivieroewer B te roei. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 8 DBE/2018 SSE 2.6 FIGUUR 2.6 is 'n gevallestudie uit die Mail & Guardian oor die menslike impak op die Vaaldam. 2.6.1 Hoeveel water kan die Vaaldam hou? (1 x 1) (1) 2.6.2 Behalwe Gauteng, noem TWEE ander provinsies wat van water uit die Vaaldam afhanklik is. (2 x 1) (2) 2.6.3 Uit watter buurland voer Suid-Afrika vars water in? (1 x 1) (1) 2.6.4 Waarom het dit nodig geword om bogenoemde water te behandel? (1 x 1) (1) 2.6.5 Verduidelik kortliks die gevolge van onveilige bakterievlakke, soos E. coli, vir mense wat die rivierwater drink. (1 x 2) (2) 2.6.6 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en stel volhoubare strategieë voor wat die regering kan implementeer (instel) om die probleem van waterbesoedeling in die Vaaldam op te los. (4 x 2) (8) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 9 DBE/2018 SSE AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord. VRAAG 3 3.1 Kies 'n term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.8) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.1.9 J. KOLOM A KOLOM B 3.1.1 Plek waar goedere van een vorm A myndorpe van vervoer na 'n volgende oorgedra word B sentrale plekke 3.1.2 Nedersettings wat ontwikkel waar 'n C vragverbrekingspunt aantal roetes konvergeer D aansluitingsdorpe 3.1.3 Nedersettings wat in bergpasse geleë is E gespesialiseerde dorpe 3.1.4 Die hooffunksie van hierdie F vakansiedorpe nedersettings is om Suid-Afrika tydens 'n oorlog te beskerm G poortdorpe 3.1.5 Stedelike nedersettings wat een H satellietdorpe dominante funksie het I militêre dorpe 3.1.6 Nedersettings wat stedelike goedere en dienste aan die omliggende landelike bevolking voorsien 3.1.7 Die hooffunksie van hierdie nedersettings is om vakansie- gangers te lok 3.1.8 Die ontginning van grondstowwe het tot die ontwikkeling van hierdie nedersettings gelei (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 10 DBE/2018 SSE 3.2 FIGUUR 3.2 is 'n datatabel wat verband hou met die ekonomiese aktiwiteite van Suid-Afrika. 3.2.1 Noem die ekonomiese sektor waaronder landbou, bosbou en visserye gekategoriseer is. 3.2.2 Watter primêre ekonomiese aktiwiteit het die laagste groeikoers in die tydperk 2010 tot 2015 getoon? 3.2.3 Watter ekonomiese aktiwiteit word geprojekteer om die laagste groeikoers in 2018 te toon? 3.2.4 Noem die tersiêre aktiwiteit wat geprojekteer is om die hoogste groeikoers in 2018 te toon. 3.2.5 Onder watter tersiêre aktiwiteit sal 'regering algemeen' geklassifiseer word? 3.2.6 Watter jaar toon die hoogste totale BBP-groei van al die ekonomiese aktiwiteite? 3.2.7 Bereken die BBP-groeikoers van finansies, versekering en besigheidsdienste vanaf 2016 tot 2018. (7 x 1) (7) 3.3 Die toenemende tempo van landelik-stedelike migrasie veroorsaak baie probleme vir landelike en stedelike nedersettings. 3.3.1 Definieer die term landelik-stedelike migrasie. (1 x 1) (1) 3.3.2 Noem TWEE omgewingstootfaktore wat vir landelik-stedelike migrasie verantwoordelik is. (2 x 1) (2) 3.3.3 Hoe sal landelik-stedelike migrasie veroorsaak dat die ekonomie van landelike gebiede stagneer (ophou groei)? (2 x 2) (4) 3.3.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik waarom trekfaktore 'n las vir stedelike munisipaliteite (plaaslike regerings) is. (4 x 2) (8) 3.4 FIGUUR 3.4 is 'n eenvoudig skets van stedelike grondgebruiksones. 3.4.1 Identifiseer grondgebruiksone A. (1 x 1) (1) 3.4.2 Watter bewys dui daarop dat grondgebruiksone A 'n hoë toeganklikheidsvlak het? (1 x 1) (1) 3.4.3 Dui aan hoe die hoë toeganklikheidsvlak van grondgebruiksone A die morfologie van die geboue beïnvloed. (1 x 1) (1) 3.4.4 Teken 'n benoemde stedelike profiel van B tot C. (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 11 DBE/2018 SSE 3.4.5 Beantwoord die volgende vrae met verwysing na die oorgangsone. (a) Waarom is die instandhouding van die geboue in die oorgangsone swak? (1 x 2) (2) (b) Gee 'n rede vir die hoë grondwaardes in die oorgangsone. (1 x 2) (2) 3.4.6 Gee TWEE redes vir die ligging van die swaarnywerheidsgebied. (2 x 2) (4) 3.5 FIGUUR 3.5 gee besonderhede oor landbouhandel in Suid-Afrika. 3.5.1 Noem 'n landbouproduk wat in 'n onverwerkte vorm uit Suid-Afrika uitgevoer word. (1 x 1) (1) 3.5.2 Noem die verskil tussen 'n onverwerkte en 'n verwerkte landbouproduk. (2 x 1) (2) 3.5.3 Wat is die nadeel van die uitvoer van onverwerkte landbouprodukte? (1 x 2) (2) 3.5.4 Gee 'n fisiese faktor wat nie landbou as 'n toekomstige ontwikkelingspad vir Suid-Afrika steun nie. (1 x 2) (2) 3.5.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en gee redes vir die groot daling in die aantal mense wat in die landbousektor werk, en die waarskynlike impak daarvan op hierdie mense. (8) 3.6 FIGUUR 3.6 toon die Weskus-ruimtelikeontwikkelingsinisiatief. 3.6.1 In watter provinsie is die Weskus-ROI geleë? (1 x 1) (1) 3.6.2 Noem enige EEN ekonomiese aktiwiteit in die uittreksel wat tot die groei van die Weskus-ekonomie bydra. (1 x 1) (1) 3.6.3 Gee 'n rede vir die groei van die ekonomiese aktiwiteit wat in VRAAG 3.6.2 genoem is. (1 x 1) (1) 3.6.4 Verduidelik waarom energie- (krag/elektrisiteit) en watersekerheid 'n bedreiging vir nywerheidsgroei in die Weskus-ROI inhou. (2 x 2) (4) 3.6.5 Waarom is goed ontwikkelde vervoerskakels belangrik om die groei van die Weskus-ROI te ondersteun? (2 x 2) (4) 3.6.6 Hoe sal die Weskus-ROI tot die ekonomiese groei van hierdie streek bydra? (2 x 2) (4) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 12 DBE/2018 SSE VRAAG 4 4.1 Verwys na FIGUUR 4.1 oor landelike nedersettings. Pas ELK van die beskrywings hieronder by EEN van die diagramme, A, B en C. Jy mag dieselfde nedersetting meer as een keer kies. Skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.1.8 A. 4.1.1 Plaashuise kom in 'n lineêre vorm voor. 4.1.2 Plaashuise is ver van mekaar of verspreid. 4.1.3 Minder veilig en minder sekuriteit in hierdie tipe nedersetting. 4.1.4 Hierdie vorm word deur 'n enkele pad beïnvloed. 4.1.5 Nedersettingstipe wat met groot kommersiële plase geassosieer word. 4.1.6 Die vorm van hierdie nedersetting is stervormig. 4.1.7 Individuele plaasgrond neig om uitgerek (lank en smal) te wees. (7 x 1) (7) 4.2 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word wat die sin WAAR sal maak. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.8) neer. 4.2.1 Nywerhede wat bederfbare goedere vervaardig, is hoofsaaklik (mark/grondstof) -geöriënteerd. 4.2.2 Nywerhede, soos bakkerye, wat voedsel verwerk, is gewoonlik (swaar-/ligte) nywerhede. 4.2.3 Nywerhede wat tussen die grondstofbron en die klant geleë is, word (brug-/onafhanklike) nywerhede genoem. 4.2.4 (Alomteenwoordige/Brug-) nywerhede kan in enige geografiese gebied geleë wees). 4.2.5 (Swaar-/Ligte) nywerhede werk met groot hoeveelhede grondstof en grootskaalse masjiene. 4.2.6 'n Nywerheid wat naby sy klante geleë is, staan as 'n (grondstof/mark) -geöriënteerde nywerheid bekend. 4.2.7 'n (Onafhanklike/Alomteenwoordige) nywerheid kan óf naby die mark óf naby die grondstof geleë wees. 4.2.8 (Swaar-/Ligte) nywerhede is gewoonlik naby die landelik-stedelike oorgangsone geleë. (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 13 DBE/2018 SSE 4.3 FIGUUR 4.3 is 'n uittreksel oor informele nedersettings. 4.3.1 Watter persentasie van Suid-Afrika se stedelike inwoners woon in krotte? (1 x 1) (1) 4.3.2 Gee 'n rede vir die digte groepering van krotte in informele nedersettings. (1 x 2) (2) 4.3.3 Beskryf in breë trekke TWEE maniere waarop krotbewoners dikwels hulle frustrasie (ongelukkigheid) in Suid-Afrika wys. (2 x 2) (4) 4.3.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en stel voor waarom mense wat in informele nedersettings woon dit moeilik vind om hulle lewenstandaard te verbeter. (4 x 2) (8) 4.4 Verwys na FIGUUR 4.4, 'n uittreksel oor omgewingsongeregtigheid. 4.4.1 Wat is 'n omgewingsongeregtigheid? (1 x 1) (1) 4.4.2 Noem die omgewingsongeregtigheid wat deur die steenkool- aangedrewe kragstasie veroorsaak word. (1 x 1) (1) 4.4.3 Waarom word die armes hoofsaaklik deur die omgewings- ongeregtigheid wat in VRAAG 4.4.2 genoem is, geraak? (1 x 1) (1) 4.4.4 Bespreek TWEE negatiewe effekte van die omgewings- ongeregtigheid wat in VRAAG 4.4.2 genoem is, op die gemeenskap. (2 x 2) (4) 4.4.5 Stel TWEE maatreëls voor wat ingestel kan word om die gemeenskap teen die omgewingsongeregtigheid wat in VRAAG 4.4.2 genoem is, te beskerm. (2 x 2) (4) 4.4.6 Bespreek die negatiewe impak van die ligging van die Medupi- kragstasie op die omliggende plaasgemeenskap. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 14 DBE/2018 SSE 4.5 Bestudeer FIGUUR 4.5 wat vervaardigingsaktiwiteite in Suid-Afrika aantoon. 4.5.1 Toon die staafgrafiek 'n positiewe of 'n negatiewe tendens vir vervaardiging in 2017 aan? (1 x 1) (1) 4.5.2 Watter sektor van die vervaardigingsbedryf het in 2017 verbeter? (1 x 1) (1) 4.5.3 Identifiseer die vervaardigingsaktiwiteit wat die minste groei in 2017 gehad het? (1 x 1) (1) 4.5.4 Gee EEN moontlike rede vir die gebrek aan groei in die vervaardigingsaktiwiteit wat in VRAAG 4.5.3 geïdentifiseer is. (1 x 2) (2) 4.5.5 Noem EEN manier waarop arbeid tot die negatiewe groei van vervaardigingsaktiwiteite in Suid-Afrika bydra. (1 x 2) (2) 4.5.6 Waarom is dit nodig om die posisie van vervaardigingsaktiwiteite in Suid-Afrika te verstewig? (2 x 2) (4) 4.5.7 Noem TWEE maatreëls wat ingestel kan word om in die toekoms vervaardigingsaktiwiteite te versterk. (2 x 2) (4) 4.6 FIGUUR 4.6 is op informele handel gebaseer. 4.6.1 Definieer die term informele handel. (1 x 1) (1) 4.6.2 Wat is die totale waarde van Suid-Afrika se voedselmark? (1 x 1) (1) 4.6.3 Van watter persentasie van die getal wat in VRAAG 4.6.2 genoem is, kan deur die formele handelsmark rekenskap gegee word? (1 x 1) (1) 4.6.4 Gee TWEE redes vir die hoë omset (hoeveelheid produkte verkoop) wat spazawinkels in die townships ervaar. (2 x 2) (4) 4.6.5 Skryf 'n paragraaf van AGT reëls en verduidelik waarom 85% van informele handelaars buitelanders is. (4 x 2) (8) [75] GROOTTOTAAL: 225 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all