Skip to content

Geography Grade 12 P2 NSC June 2018 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12201815 pages

Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GEOGRAFIE V2 2018 PUNTE: 75 TYD: 1½ uur EKSAMEN- NOMMER: SENTRUM- NOMMER: M In SM In DM In CM In IM In MC EA EX RM In V1 V2 V3 V4 TOT Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 1 bladsy vir rofwerk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 2 DBE/2018 SSE BRONMATERIAAL 1. 'n Uittreksel uit topografiese kaart 3318BC MALMESBURY. 2. Ortofotokaart 3318 BC 25 MALMESBURY. 3. LET WEL: Die bronmateriaal moet deur skole vir hulle eie gebruik ingeneem word. INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die ruimtes op die voorblad. 2. Beantwoord AL die vrae in die ruimtes wat in hierdie vraestel verskaf word. 3. Jy word voorsien van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (3318BC MALMESBURY) en 'n ortofotokaart (3318 BC 25 MALMESBURY) van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied. 4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie aan die toesighouer oorhandig. 5. Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE. 6. Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules wat voorsien word, waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 7. Dui die korrekte maateenheid in die finale antwoord van die berekeninge aan. Geen punte sal vir antwoorde met geen/verkeerde maateenhede toegeken word nie. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar en 'n vergrootglas gebruik. 9. Die gebied wat met ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 10. Die volgende Afrikaanse begrippe en hulle Engelse vertalings word op die topografiese kaart aangetoon. ENGLISH AFRIKAANS Gholfbaan Golf Course Kanaal Canal Rioolwerke Sewerage Works Rivier River Tronk Prison Voor Furrow Vullisstortingterrein Refuse Dump Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 3 DBE/2018 SSE ALGEMENE INLIGTING OOR MALMESBURY Malmesbury is 'n dorp met ongeveer 36 000 inwoners wat ongeveer 65 km noord van Kaapstad geleë is. Die dorp het 'n matige klimaat as gevolg van die invloed van die Atlantiese Oseaan. Reënval is seisoenaal, met die hoogste gemiddelde reënval in die winter. Die streek is veral bekend vir sy koringboerdery en wynproduksie. [Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/malmesbury] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 4 DBE/2018 SSE VRAAG 1: MEERVOUDIGE KEUSEVRAE Die vrae hier onder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart (3318BC MALMESBURY) sowel as die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag neer. 1.1 Die stad wat ongeveer 65 km suid van Malmesbury geleë is, is … A die Paarl. B Kaapstad. C Port Elizabeth. D Klipheuwel. 1.2 In die kaartindeks 3318BC, verteenwoordig 18 … A 18° suid van die ewenaar. B 18° wes van die Greenwich Meridiaan. C 18° noord van die ewenaar. D 18° oos van die Greenwich Meridiaan. 1.3 … lugfoto's word gebruik om die ortofotokaart te maak. A Horisontale B Satelliet- C Vertikale D Skuinshoek- 1.4 Die kontoerinterval van die ortofotokaart is … meter. A 5 B 10 C 15 D 20 1.5 As jy die hoofpad in blok I11 op die topografiese kaart gebruik om na Klipheuwel te reis, ry jy in 'n … rigting. A oossuidoostelike B suidsuidoostelike C wesnoordwestelike D noordnoordwestelike 1.6 Die bron van water wat vir boerdery in blok A1 op die topografiese kaart beskikbaar is, is 'n … A kanaal. B windpomp. C rivier. D dam. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 5 DBE/2018 SSE 1.7 Die ruitverwysing/koördinate van punthoogte 167 in blok C6 op die topografiese kaart is … A 33°23'30''S 18°38'30''O/33°23,5'S 18°38,5'O. B 18°38'30''O 33°23'30''S/18°38,5'O 33°23,5'S. C 18°38'30''S 33°23'30''O/18°38,5'S 33°23,5'O. D 33°23'30''O 18°38'30''S/33°23,5'O 18°38,5'S. 1.8 Die grondgebruiksone waarin 5 op die ortofotokaart geleë is, is die … sone. A kommersiële B residensiële C landelik-stedelike oorgang- D nywerheid- 1.9 Die algemene vloeirigting van stroom J in blok D11 op die topografiese kaart is … A noord. B suid. C oos. D wes. 1.10 Die geboue by 1 op die topografiese kaart is 'n … A winkel. B tronk. C skool. D fabriek. 1.11 Die ontspanningsgebied by 2 op die ortofotokaart is 'n … A karavaanpark. B wildreservaat. C gholfbaan. D botaniese tuin. 1.12 Die natuurlike verskynsel by 3 op die ortofotokaart is 'n … A uitloper. B poort. C saal. D vallei. 1.13 Die straatpatroon by K in blok G12 op die topografiese kaart is … A beplan onreëlmatig. B ruitvormig. C onbeplan onreëlmatig. D radiaal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 6 DBE/2018 SSE 1.14 Die nedersetting wat by L in blok H8 en I8 op die topografiese kaart afgebaken is, is 'n … A landelike gehuggie. B stad. C dorp. D boeredorpie. 1.15 Die hooffaktor wat op die topografiese kaart sigbaar is, wat die ligging van die standplaas van nedersetting M in blok C2 beïnvloed het, is die … A hellingsaspek. B standhoudende water. C vrugbare grond. D weiding. (15 x 1) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 7 DBE/2018 SSE VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE 2.1 Produkte vanaf Malmesbury word met die N7 nasionale pad na Kaapstad toe vervoer. 2.1.1 Bepaal of voertuie wat vanaf Malmesbury na N in blok I8 op die topografiese kaart ry, opdraand of afdraand sal ry. _____________________________________________________ (1) 2.1.2 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.1.1. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 2.1.3 Bereken die afstand in km vanaf N in blok I8 tot by Kaapstad op die topografiese kaart. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Dui die maateenheid duidelik in jou finale antwoord aan. Formule: Werklike afstand = Kaartafstand x Skaal _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 8 DBE/2018 SSE 2.2 Verwys na lyn O-P wat kontoerlyn 120 by O en punthoogte 162 by P in blok I9 en I11 op die topografiese kaart verbind. 2.2.1 Teken 'n vryhanddwarsprofiel van O tot by P. (a) Gebruik die blok hieronder om die dwarsprofiel te teken. (b) Gebruik 'n pyl en dui die korrekte posisie van die ander pad op die dwarsprofiel aan. P O (2 x 1) (2) 2.2.2 Gee EEN rede waarom daar geen intersigbaarheid tussen O en P is nie. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1) (1 x 1) 2.2.3 Indien jy 'n vertikale skaal van 1 cm verteenwoordig 25 m sou gebruik om die dwarssnit te teken, bepaal die vertikale vergroting van die dwarssnit. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Dui die maateenheid duidelik in jou finale antwoord aan. vertikale skaal Formule: Vertikale vergroting = horisontale skaal _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 9 DBE/2018 SSE 2.3 Bereken die magnetiese peiling vir die huidige jaar vanaf die reservoir (Q) in blok B5 tot by punthoogte 317 (R) in blok D8 op die topografiese kaart. Ware peiling: ___________________________________________________ Verskil in jare: __________________________________________________ Gemiddelde jaarlikse verandering: __________________________________ Totale verandering: ______________________________________________ Magnetiese deklinasie vir 2018: ____________________________________ ____________________________________ ____________________________________ Magnetiese peiling vir 2018: _______________________________________ _______________________________________ _______________________________________ (7 x 1) (7) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 10 DBE/2018 SSE VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE 3.1 Malmesbury kry seisoenale reënval. 3.1.1 Noem die seisoen waarin Malmesbury die hoogste reënval kry. _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.1.2 Watter weerstelsel is daarvoor verantwoordelik dat Malmesbury die hoogste reënval in die seisoen kry wat jy in VRAAG 3.1.1 genoem het? ______________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.1.3 Gee EEN bewys vanaf die topografiese kaart wat daarop dui dat Malmesbury seisoenale reënval kry. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.2 Verwys na Abbotsdale wat in blokke I7 en I8 op die valleibodem op die topografiese kaart geleë is. 3.2.1 Is die plaaslike wind wat snags vir die koel toestande in Abbotsdale verantwoordelik is, 'n anabatiese of katabatiese wind? _______________________________________________________ (1) 3.2.2 Waarom is hierdie plaaslike wind, in VRAAG 3.2.1 genoem, snags vir 'n hoë konsentrasie besoedeling in Abbotsdale verantwoordelik? _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.2.3 Met spesifieke verwysing na die topografiese kaart, wat kan Abbotsdale se plaaslike regering (munisipaliteit) doen om die hoë konsentrasie besoedeling te verminder? _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 11 DBE/2018 SSE 3.3 Verwys na gebied T op die topografiese kaart. Dit toon 'n dendritiese dreineerpatroon. 3.3.1 Gee TWEE kenmerke, sigbaar op die topografiese kaart, wat daarop dui dat 'n dendritiese patroon getoon word. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (2 x 1) (2) 3.3.2 Noem 'n kenmerk van die onderliggende rotsstruktuur wat met 'n dendritiese dreineerpatroon geassosieer word. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.3.3 Met verwysing na gebied T, gee die voordeel van 'n dendritiese dreineerpatroon vir die bewerking van landerye. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.4 Volgens sy hooffunksie is Malmesbury 'n sentraleplek-dorp. 3.4.1 Gee EEN rede, sigbaar op die topografiese kaart, om die stelling dat Malmesbury 'n sentrale plek is te ondersteun. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.4.2 Malmesbury het stedelike uitbreiding ondervind wat die dorp se oorspronklike vorm verander het. (a) Wat is Malmesbury se vorm soos dit op die topografiese kaart sigbaar is? _________________________________________________ (1 x 1) (1) (b) Gee die hooffaktor wat vir Malmesbury se huidige vorm van verantwoordelik is. _________________________________________________ (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 12 DBE/2018 SSE 3.4.3 Watter fisiese (natuurlike) faktor kan Malmesbury se uitbreiding in 'n suidoostelike rigting in blok H12 in, beperk? _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.5 Verwys na gebied 4 op die ortofotokaart. 3.5.1 Gebied 4 word voorberei vir die aanplanting van 'n landbouproduk. Noem die landbouproduk wat in gebied 4 aangeplant gaan word. _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.5.2 Noem die hoof sekondêre aktiwiteit in Malmesbury wat met die landbouproduk wat in VRAAG 3.5.1 genoem is, geassosieer word. _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.5.3 Stel voor hoe die sekondêre aktiwiteit wat in VRAAG 3.5.2 genoem is, die plaaslike ekonomie van Malmesbury kan verbeter. _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ (2 x 2) (4) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 13 DBE/2018 SSE VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) 4.1 Verwys na die ortofotokaart. 4.1.1 Noem die verskil tussen ruimtelike en attribuutdata. Ruimtelike data: _______________________________________ ________________________________________ Atribuutdata: __________________________________________ __________________________________________ (2 x 1) (2) 4.1.2 Die N7 nasionale pad is 'n geteerde pad. Sou jy hierdie inligting as ruimtelike of attribuutdata beskou? _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.1.3 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 4.1.2. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 2) (2) 4.2 Verwys na blok C4, D3, D4 en D5 op die topografiese kaart wat 'n voorbeeld van bufferskepping toon. (S wys na bufferskeppinggebiede.) 4.2.1 Wat is bufferskepping? _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.2.2 Verduidelik die positiewe impak wat bufferskepping op die omgewingsvolhoubaarheid van hierdie gebied sal hê. _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 14 DBE/2018 SSE 4.3 Verwys na blok C11 op die topografiese kaart. 4.3.1 Definieer die term data-integrasie. ___________________________________________________ ___________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.3.2 Gee voorbeelde van die volgende datalae wat in blok C11 aangetref word. (a) 'n Infrastruktuurlaag: _______________________________ (1 x 1) (1) (b) 'n Dreineerlaag: ___________________________________ (1 x 1) (1) 4.3.3 Noem die verhouding tussen landbou-aktiwiteite en die dreineerlaagverskynsels in blok C11. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 2) (2) [15] GROOTTOTAAL: 75 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 DBE/2018 SSE ROFWERK EN INSTRUKSIES (LET WEL: MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak nie.) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all