Skip to content

Geography Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12201915 pages

Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAATEKSAMEN GEOGRAFIE V1 2019 PUNTE: 225 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 'n bylaag van 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 2 DBE/2019 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. 2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk. 3. Alle diagramme is by die BYLAE ingesluit. 4. Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord. 5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Nommer die antwoorde in die middel van die reël. 8. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 9. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 10. Antwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet maak. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 3 DBE/2019 SS/NSS AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 1 1.1 Verwys na FIGUUR 1.1 wat 'n deursnee van 'n tropiese sikloon toon. Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word om elk van die volgende stellings WAAR te maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 Wolk A is 'n (cumulus/cumulonimbus)-wolk. 1.1.2 Die stygstrome by B word deur (konveksie/adveksie)-strome veroorsaak. 1.1.3 Gebied C staan as die (oog/oogwal) bekend. 1.1.4 Die atmosferiese toestand wat by C ondervind word, is (stabiel/onstabiel). 1.1.5 D dui 'n gebied van (divergensie/konvergensie) aan. 1.1.6 E sal (ligte reën/donderstorms) ervaar. 1.1.7 Oseaan F is waarskynlik (warm/koud). (7 x 1) (7) 1.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing van 'n fluviale landvorm in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 'n Meanderkronkel wat van die hoofrivier A gevlegte stroom afgesny is B delta 1.2.2 Die natuurlik opgehefde oewers van 'n rivier C stootoewer 1.2.3 Vorm wanneer 'n rivier sy vrag deponeer D meander en sy eie pad blokkeer E oewerwal 1.2.4 Skep rowwe, turbulente water as gevolg F waterval van 'n ongelyke rivierbodem G hoefystermeer 1.2.5 Ontwikkel by die riviermonding waar afsetting plaasvind H stroomversnellings 1.2.6 Vertikale krans waar onderliggende sagte I glipoewer rots deur vallende water geërodeer word 1.2.7 Tipe hang wat aan die buiteoewer van 'n meander (rivierkronkel) vorm 1.2.8 Verwys na 'n kurwe of kronkel in die loop van 'n rivier (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 4 DBE/2019 SS/NSS 1.3 FIGUUR 1.3 is 'n sinoptiese weerkaart. 1.3.1 Benoem antisikloon A. (1 x 1) (1) 1.3.2 Watter bewys dui daarop dat A 'n antisikloon is? (1 x 2) (2) 1.3.3 Waarom word antisikloon A gewoonlik met mis langs die weskus van Suid-Afrika geassosieer? (1 x 2) (2) 1.3.4 Waarom migreer (beweeg) antisiklone A en B noordwaarts tydens die Suid-Afrikaanse winter? (2 x 2) (4) 1.3.5 Hoe sal die beweging van middelbreedtesikloon C deur antisikloon B beïnvloed word? (1 x 2) (2) 1.3.6 Verduidelik hoe antisikloon B in die winter reënvaltoestande langs die ooskus van Suid-Afrika beïnvloed. (2 x 2) (4) 1.4 Bestudeer FIGUUR 1.4 wat valleiklimate toon. 1.4.1 Kom wind B bedags of snags voor? (1 x 1) (1) 1.4.2 Pas die tipes neerslag (stralingsmis of ryp) by die stellings hieronder: (a) Vorm wanneer doupunttemperatuur tot benede vriespunt op die valleibodem daal (1 x 1) (1) (b) Vorm wanneer die temperatuur tot benede doupunt- temperatuur in die laagste gedeelte van die vallei daal (1 x 1) (1) 1.4.3 Hoe skep wind B 'n inversie in die vallei? (2 x 2) (4) 1.4.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf in breë trekke die negatiewe impak van hierdie tipes neerslag (stralingsmis of ryp) op mense. (4 x 2) (8) 1.5 Dreineerpatrone word in FIGUUR 1.5 getoon. 1.5.1 Wat is 'n dreineerpatroon? (1 x 1) (1) 1.5.2 Beskryf die dendritiese dreineerpatroon. (1 x 2) (2) 1.5.3 Noem EEN sigbare verskil tussen die sytakke van 'n dendritiese en 'n traliedreineerpatroon. (2 x 2) (4) 1.5.4 Gee die onderliggende rotsstruktuur van 'n dendritiese en 'n traliedreineerpatroon. (2 x 2) (4) 1.5.5 Verduidelik waarom 'n dendritiese dreineerpatroon meer geskik vir boerdery is. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 5 DBE/2019 SS/NSS 1.6 FIGUUR 1.6 toon rivierverjonging. 1.6.1 Watter tipe erosie word met rivierverjonging geassosieer? (1 x 1) (1) 1.6.2 Watter bewys dui daarop dat rivierverjonging plaasgevind het? (1 x 1) (1) 1.6.3 Identifiseer die opheffingskrag wat met rivierverjonging geassosieer word. (1 x 1) (1) 1.6.4 Waarom is verjongde grond nie vir menslike aktiwiteit geskik nie? (2 x 2) (4) 1.6.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe verjonging die fluviale landvorms stroomaf van die punt van verjonging kan verander. (4 x 2) (8) [75] VRAAG 2 2.1 Verwys na FIGUUR 2.1 wat die temperatuurverspreiding oor 'n stedelike gebied toon. Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word om elk van die volgende stellings WAAR te maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 2.1.1 Die lyne wat temperatuur op die skets voorstel, staan as (isohiëte/isoterme) bekend. 2.1.2 Gebied (A/B) bestaan uit meer kunsmatige oppervlakke. 2.1.3 Die temperatuur daal van (A na B/B na A). 2.1.4 Die algemene horisontale oppervlaklugbeweging sal van (A na B/ B na A) wees. 2.1.5 Die verdampingstempo is hoër in gebied (A/B). 2.1.6 Daar is meer higroskopiese kerne in gebied (A/B), daarom sal dit meer wolkbedekking ervaar. 2.1.7 Transpirasie is hoër in gebied (A/B). 2.1.8 Gebied (A/B) sal waarskynlik meer neerslag ontvang. (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 6 DBE/2019 SS/NSS 2.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing van die fluviale landvorme in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 I. KOLOM A KOLOM B 2.2.1 Die oorsprongpunt van 'n rivier A waterskeiding 2.2.2 Hoogliggende gebied wat twee B vloedvlakte dreineerbekkens skei C mond 2.2.3 Waar die sytakke in die hoofrivier invloei D bron 2.2.4 Die gelyke gebied langs 'n rivier E dreineerbekken 2.2.5 Hoogliggende gebied tussen twee sytakke F opvangsgebied 2.2.6 Punt waar die rivier in die see invloei G interfluviale rif 2.2.7 Die gebied wat deur 'n rivierstelsel gedreineer word H samevloeiing (7 x 1) (7) 2.3 Verwys na FIGUUR 2.3 wat twee stadia in die ontwikkeling van 'n middelbreedtesikloon illustreer. 2.3.1 Noem die halfrond (noord of suid) waarin die middelbreedtesikloon ontwikkel het. (1 x 1) (1) 2.3.2 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.1. (1 x 1) (1) 2.3.3 Langs watter front ontwikkel 'n middelbreedtesikloon? (1 x 1) (1) 2.3.4 Noem EEN verskil tussen die koue sektor en die warm sektor. (2 x 2) (4) 2.3.5 Beskryf hoe 'n okklusie ontwikkel. (2 x 2) (4) 2.3.6 Verduidelik waarom dit geskik is dat buitemuurse aktiwiteite na die okklusiestadium plaasvind. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 7 DBE/2019 SS/NSS 2.4 FIGUUR 2.4 is 'n voorstelling van 'n kus-laag en 'n bergwind. 2.4.1 Noem die seisoen wat in die diagram voorgestel word. (1 x 1) (1) 2.4.2 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.4.1. (1 x 1) (1) 2.4.3 Waarom staan die wind wat in FIGUUR 2.4.1 sigbaar is, as 'n bergwind bekend? (1 x 1) (1) 2.4.4 Verwys na die lugbeweging wat deur die pyle by A en B verteenwoordig word. (a) Noem die resulterende plaaslike winde wat met 'n kus-laag by punt A en by punt B geassosieer word. (2 x 1) (2) (b) Waarom word die plaaslike wind by A met droë toestande geassosieer? (1 x 2) (2) (c) In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die impak van die lugbeweging vanaf die Kalahari-hoog na die kus-laag op die fisiese (natuurlike) omgewing van die Weskusstreke van Suid-Afrika. (4 x 2) (8) 2.5 FIGUUR 2.5 illustreer tipes riviere. 2.5.1 Onderskei tussen 'n permanente en 'n episodiese rivier. (2 x 1) (2) 2.5.2 Beskryf die posisie van die watertafel in die permanente rivier. (1 x 2) (2) 2.5.3 Bespreek TWEE faktore wat tot 'n episodiese rivier lei. (2 x 2) (4) 2.5.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel voor wat die impak van ontbossing (verwydering van plantegroei) op 'n permanente rivier is. (4 x 2) (8) 2.6 Verwys na FIGUUR 2.6 wat verskillende aktiwiteite toon wat waterbronne besoedel. 2.6.1 Wat is rivierbestuur? (1 x 1) (1) 2.6.2 Noem EEN manier waarop die fabriek die rivier besoedel. (1 x 1) (1) 2.6.3 Verduidelik die belangrikheid van die afvalwatersuiweringsaanleg in rivierbestuur. (2 x 2) (4) 2.6.4 Noem TWEE maniere waarop bemestingstowwe vanaf die gewaslanderye die ekologie van die rivier beïnvloed. (2 x 2) (4) 2.6.5 Beskryf in breë trekke die negatiewe impak van waterbesoedeling op die ekonomie van 'n land. (2 x 2) (4) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 8 DBE/2019 SS/NSS AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 3 3.1 Verwys na FIGUUR 3.1 wat landelike nedersettingspatrone toon. Pas die beskrywings hieronder by die landelike nedersettingspatroon A of B. Skryf slegs A of B langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.1.9 B. 3.1.1 'n Kernnedersettingspatroon 3.1.2 Geen privaatheid nie 3.1.3 Plaasimplemente word gedeel 3.1.4 Veiligheids- en sekuriteitsrisiko 3.1.5 Gefragmenteerde (opgebreekte) landbougrond 3.1.6 Ver van basiese dienste, soos winkels en skole, af 3.1.7 Produseer groot oeste 3.1.8 Benodig groot bedrae geld om te kan boer (8 x 1) (8) 3.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.2.8 C. 3.2.1 Die Oos-Londen-nywerheidsontwikkelingsone (NOS) is in die … geleë. A Noord-Kaap B Wes-Kaap C Vrystaat. D Oos-Kaap 3.2.2 Die belangrikste mineraal wat in die Phalaborwa-ROI ontgin word, is … A koper. B platinum. C goud. D ystererts. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 9 DBE/2019 SS/NSS 3.2.3 Die ruimtelike ontwikkelingsinisiatief (ROI) wat in Limpopo geleë is, is die …-SDI. A Richardbaai B Phalaborwa C Saldanhabaai D Platinum 3.2.4 In die Port Elizabeth-Uitenhage-nywerheidstreek is die belangrikste bedryf … A visverwerking. B vervaardiging van chemikalieë. C motorvoertuigmontering. D olieraffinering. 3.2.5 Voedselverwerking is een van die belangrikste bedrywe in die … -nywerheidstreek. A Wes-Kaap B PWV/Gauteng C Durban-Pinetown D Port Elizabeth-Uitenhage 3.2.6 Die enigste nywerheidstreek wat deur land omring word, is … A die Wes-Kaap. B Port Elizabeth-Uitenhage. C PWV/Gauteng. D Durban-Pinetown. 3.2.7 Die kernnywerheidstreek wat die minste tot Suid-Afrika se BBP bydra, is die … -nywerheidstreek. A Wes-Kaap B Port Elizabeth-Uitenhage C PWV/Gauteng D Durban-Pinetown (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 10 DBE/2019 SS/NSS 3.3 Verwys na FIGUUR 3.3, 'n uittreksel oor diensverskaffing as 'n stedelike nedersettingskwessie. 3.3.1 Volgens FIGUUR 3.3, watter persentasie van die bevolking is van openbare gesondheidsdienste afhanklik? (1 x 1) (1) 3.3.2 Haal 'n stelling uit die uittreksel aan oor die toestand van gesondheidsdienste in die openbare sektor. (1 x 2) (2) 3.3.3 Verduidelik waarom die verskaffing van gehalte gesondheidsdienste in stedelike gebiede as 'n sosiale ongeregtigheid beskou word. (2 x 2) (4) 3.3.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek hoe diensverskaffing in die openbare gesondheidsdienssektor in stedelike gebiede verbeter kan word. (4 x 2) (8) 3.4 Verwys na FIGUUR 3.4 wat 'n stedelike struktuurmodel toon. 3.4.1 Identifiseer die stedelike struktuurmodel. (1 x 1) (1) 3.4.2 Watter grondgebruiksone dek die grootste gedeelte in die geïllustreerde stedelike struktuurmodel? (1 x 1) (1) 3.4.3 Noem EEN sigbare kenmerk van die SSK. (1 x 1) (1) 3.4.4 Gee EEN rede vir die ontwikkeling van die afgeleë besigheidsdistrik (7) aan die buitewyke van die stad. (1 x 2) (2) 3.4.5 Verwys na grondgebruiksone 5 en 6. (a) Lewer kommentaar op die ligging van grondgebruiksone 5 en 6 in verhouding tot mekaar. (1 x 2) (2) (b) Versoenbaarheid (vermoë om saam te bestaan of te woon) bepaal die ligging van grondgebruiksones in 'n stedelike gebied. Gee redes waarom 5 en 6 nie versoenbaar is nie. (2 x 2) (4) 3.4.6 Wat is die ooreenkomste tussen die Suid-Afrikaanse stad en die model wat in FIGUUR 3.4.1 geïdentifiseer is? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 11 DBE/2019 SS/NSS 3.5 Verwys na FIGUUR 3.5 wat die Weskus-ruimtelikeontwikkelingsinisiatief (ROI) toon. 3.5.1 Wat is 'n ruimtelikeontwikkelingsinisiatief? (1 x 1) (1) 3.5.2 Noem die hawe wat met die Weskus-ROI geassosieer word. (1 x 1) (1) 3.5.3 Noem EEN vervaardigingsbedryf in die Weskus-ROI. (1 x 1) (1) 3.5.4 Bespreek TWEE fisiese faktore wat die ontwikkeling van die ROI aan die Weskus bevoordeel het. (2 x 2) (4) 3.5.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik hoe die Weskus-ROI die plaaslike gemeenskap ophef. (4 x 2) (8) 3.6 Verwys na FIGUUR 3.6 wat die rol van internasionale handel in ekonomiese ontwikkeling toon. 3.6.1 Wat is die doel van internasionale handel? (1 x 1) (1) 3.6.2 Haal uit die uittreksel aan waarom internasionale handel vinnig groei. (1 x 2) (2) 3.6.3 Volgens die uittreksel dra internasionale handel tot die vermindering van armoede by. Verduidelik hierdie stelling. (2 x 2) (4) 3.6.4 Verduidelik hoe afstand vanaf groot handelsvennote Suid-Afrika beperk om op die wêreldmarkte mee te ding. (2 x 2) (4) 3.6.5 Verduidelik hoe internasionale handel plaaslike produksie in 'n land kan beperk. (2 x 2) (4) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 12 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 4 4.1 Pas elk van die beskrywings hieronder by óf 'n hoë-orde sentrale plek óf 'n lae-orde sentrale plek. Skryf slegs 'hoë-orde sentrale plek' of 'lae-orde sentrale plek' langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.1.8 hoë-orde sentrale plek. 4.1.1 Hierdie sentrale plek bied 'n wye verskeidenheid funksies aan 4.1.2 'n Lae drempelbevolking word met hierdie sentrale plek geassosieer 4.1.3 'n Groter invloedsfeer is in hierdie sentrale plek waarneembaar 4.1.4 Volgens die stedelike hiërargie is hierdie tipe sentrale plek in die meerderheid 4.1.5 'n Konurbasie is 'n voorbeeld van hierdie tipe sentrale plek 4.1.6 Daar is 'n kleiner reikwydte in hierdie sentrale plek 4.1.7 Gespesialiseerde dienste, soos universiteite en kunsgalerye, word in hierdie tipe sentrale plek aangetref (7 x 1) (7) 4.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte ekonomiese konsep om by die stelling gegee, te pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.2.9 C. 4.2.1 Vervoer is 'n voorbeeld van die… sektor. A primêre B sekondêre C tersiêre D kwaternêre 4.2.2 Die … sektor is aan navorsing en ontwikkeling gekoppel. A primêre B sekondêre C tersiêre D kwaternêre 4.2.3 Die waarde van goedere en dienste wat binne die grense van 'n land geproduseer word, is die … A bruto binnelandse produk. B betalingsbalans. C bruto nasionale produk. D handelsbalans. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 13 DBE/2019 SS/NSS 4.2.4 Produkte wat in die buiteland verkoop word, word op die … mark verkoop. A invoer- B uitvoer- C tuis- D nasionale 4.2.5 Toegevoegdewaarde-goedere word in die … sektor geproduseer. A primêre B sekondêre C tersiêre D kwaternêre 4.2.6 Suikerrietboerdery is 'n voorbeeld van … boerdery. A kleinskaalse kommersiële B kleinskaalse bestaans- C grootskaalse kommersiële D grootskaalse bestaans- 4.2.7 Wanneer 'n nywerheid naby 'n minerale bron geleë is, staan dit as 'n … nywerheid bekend. A grondstofgerigte B markgerigte C vragbrekingspunt- D alomteenwoordige 4.2.8 Die proses waardeur nywerhede van kernnywerheidstreke na perifere nywerheidstreke migreer: A Sentralisasie B Kommersialisering C Agglomerasie D Desentralisasie (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 14 DBE/2019 SS/NSS 4.3 Lees die uittreksel in FIGUUR 4.3 wat na die impak van landelike ontvolking verwys. 4.3.1 Definieer die begrip landelike ontvolking. (1 x 1) (1) 4.3.2 Haal TWEE bewyse uit die leesstuk aan wat die sosiale impak van landelike ontvolking aandui. (2 x 1) (2) 4.3.3 'Plase word groter terwyl minder arbeidskrag benodig word.' (a) Stel EEN moontlike rede voor waarom plase groter word. (1 x 2) (2) (b) Bespreek hoe 'groter plase' landelike ontvolking kan laat toeneem. (1 x 2) (2) 4.3.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls verduidelik hoe grondhervorming landelike ontvolking in Suid-Afrika kan verminder. (4 x 2) (8) 4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4, 'n foto wat 'n informele nedersetting (A) toon. 4.4.1 Wat is 'n informele nedersetting? (1 x 1) (1) 4.4.2 Noem TWEE basiese behoeftes waartoe mense wat in die meeste informele nedersettings woon, nie maklike toegang het nie. (2 x 1) (2) 4.4.3 Noem TWEE maniere waarop die voorkoms van die informele nedersetting van die voorkoms van die formele nedersetting by B verskil. (2 x 1) (2) 4.4.4 Noem TWEE faktore wat die ligging van hierdie informele nedersetting beïnvloed het. (2 x 1) (2) 4.4.5 Verduidelik hoe die mense wat in A woon, uit nedersetting B kan voordeel trek. (2 x 2) (4) 4.4.6 Bespreek moontlike oplossings wat die plaaslike munisipaliteit kan gee om die groei van nedersetting A te beperk. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 15 DBE/2019 SS/NSS 4.5 Verwys na FIGUUR 4.5, 'n infogram oor mielieboerdery in Suid-Afrika. 4.5.1 Hoekom moet Suid-Afrika mielies uitvoer? (1 x 1) (1) 4.5.2 In watter jare het Suid-Afrika sy laagste en hoogste mielieproduksie ondervind? (2 x 1) (2) 4.5.3 Stel 'n moontlike rede voor vir die aanvraag na Suid-Afrikaanse mielies deur die buiteland. (1 x 2) (2) 4.5.4 Die neiging wat in die infogram getoon word, is wisselvallige mielieproduksie deur die jare. Gee 'n moontlike rede vir hierdie neiging. (1 x 2) (2) 4.5.5 Verduidelik wat die impak van lae mielieproduksie op die ekonomie van Suid-Afrika kan hê. (2 x 2) (4) 4.5.6 Stel moontlike strategieë voor wat die Suid-Afrikaanse regering kan aanvaar om 'n meer stabiele mielieproduksie te verseker. (2 x 2) (4) 4.6 FIGUUR 4.6 is 'n artikel oor die Durban-Pinetown-nywerheidstreek. 4.6.1 Waar sal jy Durban-Pinetown op die ranglys plaas ten opsigte van nywerheidsuitsette in Suid-Afrika? (1 x 1) (1) 4.6.2 Haal uit die leesstuk aan om te wys dat sekondêre ekonomiese aktiwiteite 'n groot bydrae tot die BBP maak. (1 x 1) (1) 4.6.3 Watter woord in die artikel beskryf die belangrike rol wat die vervaardigingsektor in KwaZulu-Natal se ekonomiese groei speel? (1 x 1) (1) 4.6.4 Bespreek redes waarom die Durban-Pinetown-nywerheidstreek ideaal vir die skeepsbou- en herstelnywerheid is. (2 x 2) (4) 4.6.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die positiewe invloed van die Durban-Pinetown-nywerheidstreek op die ekonomiese ontwikkeling van KwaZulu-Natal. (4 x 2) (8) [75] TOTAAL: 225 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all