Skip to content

Geography Grade 10 P2 National Exemplar 2012 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 10201210 pages

Grade 10 Geography Paper 2 question paper from the National Exemplar Exam 2012 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR-SERTIFIKAAT GRAAD 10 GEOGRAFIE V2 MODEL 2012 PUNTE: 75 TYD: 1½ uur LEERDER SE NAAM TOTAAL 15 20 25 15 75 PUNT BEHAAL NASIENER MODERATOR Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 1 bladsy vir rofwerk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 2 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model BRONMATERIAAL 1. 'n Uittreksel van topografiese kaart 3424BB HUMANSDORP. 2. Ortofotokaart 3424BB 1 HUMANSDORP. 3. LET WEL: Die bronmateriaal moet na gebruik deur die skool ingeneem word vir eie gebruik. INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou naam in die oop spasie voorsien op die voorblad. 2. Beantwoord ALLE vrae in die oop spasies wat op die vraestel voorsien is. 3. Jy word voorsien van 'n 1:50 000 topografiese kaart 3424BB HUMANSDORP en 'n ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied. 4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart na die eksamensessie by die toesighouer inlewer. 5. Jy moet die blanko vel papier aan die einde van die vraestel vir rofwerk en berekeninge gebruik. Moet NIE hierdie bladsy van die vraestel verwyder NIE. 6. Toon ALLE berekeninge en formules waar toepaslik. Punte word hiervoor toegeken. 7. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 8. Die volgende Afrikaanse begrippe of hulle Engelse vertalings kom op die topografiese kaart voor. ENGLISH AFRIKAANS Diggings Uitgrawings Caravan Park Karavaanpark Sewage Works Rioolwerke River Mouth Riviermond Golf Course Gholfbaan Wetland Vlei Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 3 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Die vrae hieronder is op die 1:50 000 topografiese kaart 3424BB HUMANSDORP, sowel as die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag neer. 1.1 Die kaartverwysing van die topografiese kaart noord van Humansdorp is ... A 3325AA. B 3424BD. C 3324DD. D 3424BA. 1.2 Die topografiese kaartnommer 3424 verwys na … A kontoere en isobare. B isobare en kontoere. C lengtegraad en breedtegraad. D breedtegraad en lengtegraad. 1.3 Die skaaltipes wat op topografiese karate gebruik word is: (i) Verhouding (ii) Breuk (iii) Woord (iv) Lyn Kies die korrekte kombinasie: A (i) en (ii) B (ii) en (iii) C (iii) en (iv) D (i) en (iv) 1.4 Die skaal van die ortofotokaart is … keer groter as die skaal van die topografiese kaart. A 5 B 10 C 20 D 40 1.5 Die kontoerinterval van die topografiese kaart is … meter. A 5 B 10 C 20 D 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 4 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 1.6 Kontoerlyne, trigonometriese stasies, punthoogtes en hoogtemerke verteenwoordig … A lyne wat plekke met dieselfde hoogte verbind. B plekke met dieselfde plantegroei. C hoogte bo seevlak. D lyne wat plekke met dieselfde temperatuur verbind. 1.7 Die pad op die topografiese kaart wat Humansdorp met Jeffreysbaai verbind is die … A R102. B R330. C N2. D N12. 1.8 Die presiese hoogte van T in blok A5 op die topografiese kaart is … meter. A 20 B 200 C 2 000 D 20 000 1.9 Die mensgemaakte verskynsel by W in blok A7 op die topografiese kaart is 'n… A damwal. B brug. C spoorlyn. D waterval. 1.10 Die verskynsel by 1 on the ortofotokaart is 'n… A begraafplaas. B klein dammetjie. C uitgrawing. D wingerd. 1.11 Die fisiese/natuurlike verskynsel by X in blok F4/5 op die topografiese kaart is 'n... A dam. B waterval. C moeras en vlei. D riviereiland. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 5 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 1.12 Die hoofmetode waarop water na die landbougrond in blok F3 op die topografiese kaart gelei word, is deur middel van … A windpompe. B pypleidings. C kanale. D vore/slote. 1.13 Die verskynsel 3-4 op die ortofotokaart is 'n... A uitloper. B vallei. C saal. D rug. 1.14 Die verskynsel gemerk 10 op die ortofotokaart is 'n… A huis. B nywerheid. C skool. D kerk. 1.15 Die hang gemerk 5-6 op die ortofotokaart is … A konkaaf. B konveks. C terrasagtig. D eweredig. (15 x 1) [15] VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE 2.1 Bereken die reguitlyn-afstand tussen hoogtemerk 209 (A3/4) op die N2 en die Plettenbergbaai-uitgangspunt (A1) in kilometer. _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 6 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 2.2 Noem die volgende: 2.2.1 Die kompasrigting tussen punthoogte 25 in blok H6 en trigonometriese stasie 124 in blok H6/7 op die topografiese kaart __________________________________________________________________ (1) 2.2.2 Die ware peiling tussen punthoogte 25 in blok H6 en trigonometriese stasie 124 in blok H6/7 op die topografiese kaart ________________________________________________________ (1) 2.3 Watter EEN, kompasrigting of ware peiling, is 'n akkurater manier om rigting aan te toon? Gee EEN rede vir jou antwoord. Antwoord: ________________________________________________________ Rede: ________________________________________________________ _______________________________________________________ (2) 2.4 Verduidelik, met behulp van 'n eenvoudige diagram, hoe die kaart 3424BB HUMANSDORP genoem is. ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ (8) 2.5 Gee die presiese koördinate van punthoogte 77 in blok E2. _______________________________________________________________ (4) 2.6 Met hoeveel moet die 3424BB HUMANSDORP topografiese kaart vergroot word om net so groot soos die werklikheid te wees? _______________________________________________________________ (1) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 7 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE 3.1 Jy gaan vir die eerste keer stap en is nie baie fiks nie. Jy kan kies of jy van punt 4 na punt 3 of van punt 6 na punt 5 wil stap. 3.1.1 Watter EEN sal jy kies? _______________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.1.2 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.1.1. ________________________________________________________ (1 x 3) (3) 3.2 Onderskei tussen die Kromrivier in blok G2 en die Kamsterivier in blok E6 deur aan te dui watter een standhoudend/permanent is en watter een nie- standhoudend/periodies is. _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.3 Dui die rigting aan waarin die Seekoeirivier deur Broadlands in blok D2 vloei en gee 'n rede vir jou antwoord. Rigting: _______________________________________________________ Rede: _________________________________________________________ (2 x 2) (4) 3.4 Gee EEN bewys vanaf die topografiese kaart om aan te dui dat natuurbewaring 'n prioriteit in die gekarteerde gebied is. ________________________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.5 Geen riviere vloei deur blok B8 nie. Noem EEN metode wat boere gebruik om water in die gebied te verkry. ________________________________________________________________ (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 8 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 3.6 Baie mense besoek Jeffreysbaai tydens die somervakansie. Die groot aantal besoekers kan daartoe lei dat die oseaan besoedel word. Noem EEN bron van besoedeling deur die besoekers en EEN gevolg daarvan op die oseaan- omgewing. ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ (2 x 2) (4) 3.7 Die Seekoeirivier kan sy walle tydens swaar reënval oorstroom. Noem TWEE negatiewe gevolge wat in die gebied langs die rivier ondervind kan word soos wat dit na die oseaan toe vloei. _______________________________________________________________ ________________________________________________________________ (2 x 2) (4) 3.8 Veronderstel jy is 'n toeriste-inligtingsagent. Jy moet 'n toeristebrosjure vir Humansdorp en die omliggende omgewing saamstel. Noem EEN belangrike attraksie/besienswaardigheid wat jy in die brosjure sal insluit. ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ (1 x 2) (2) [25] VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS 4.1 Skryf die akroniem GIS volledig uit. __________________________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.2 Noem enige EEN komponent van 'n GIS. __________________________________________________________________ (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 9 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 4.3 Kies 'n begrip uit KOLOM B wat by 'n stelling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die nommer (1–4) hieronder neer. KOLOM A KOLUM B 1. Die wetenskap om inligting oor die aardoppervlak A ruimtelike data te kry sonder om in direkte kontak daarmee te wees B punte 2. 'n Ware wêreldverskynsel waarvan die ligging C lyne en/of vorm in terme van 'n ruimtelike verwysingsisteem beskryf kan word D ruimtelike voorwerpe 3. Data wat beskryf kan word in terme van ligging of E afstandwaarneming ruitverwysing 4. Die tipe simbool wat kartograwe gebruik om paaie, riviere en spoorlyne te beskryf 1 _______________________________________________________________ 2 _______________________________________________________________ 3 _______________________________________________________________ 4 _______________________________________________________________ (4 x 1) (4) 4.4 Ruimtelike data kan as punte, lyne en poligone hanteer word. Noem EEN lynverskynsel in blok A3. __________________________________________________________________ (1 x 2) (2) 4.5 Noem EEN attribuut van die N2 wat van wes (blok A1) na oos (blok A10) deur die topografiese kaart loop. __________________________________________________________________ (1 x 2) (2) 4.6 Waarom is GIS ontwikkel? _________________________________________________________________ __________________________________________________________________ (2 x 2) (4) [15] TOTAAL: 75 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model ROFWERK EN BEREKENINGE Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 10 Geography

View all