Skip to content

Afrikaans FAL Grade 9 November EC 2011 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 9201115 pages

Grade 9 Afrikaans FAL question paper from the November EC 2011, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

November EC 2011

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2011 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitende ʼn aanhegsel.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (NOVEMBER 2011) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A Kyk- en Leesbegrip (25 punte) AFDELING B Opsomming (20 punte) AFDELING C Taal (35 punte) AFDELING D Skryfstukke (20 punte) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur. 4. Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is. 7. Skryf netjies met blou of swart ink. 8. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2011) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 3 AFDELING A KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 KOERANTARTIKEL Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord die daaropvolgende vrae: Tjommas, pelle of maatjies - noem hulle wat jy wil, maar sonder hulle kan die meeste van ons nie klaarkom nie... 1. Een tiener slaap met haar selfoon onder haar kussing sodat sy nie belangrike sms’e mis nie en ʼn ander een kry meer as ʼn 100 sms’e terwyl sy in die bed is. 2. Klink dié gewoontes bekend? Wel, volgens baie tieners is dit belangrik om beskikbaar te wees as jou vriende jou nodig het. Tieners stuur en ontvang omtrent 3276 sms’e per maand. “Wanneer ek iemand sms, voel ek nie alleen nie”, het een graad 9-leerder gesê. “Dan hoef ek nie ʼn vloermoer te gooi nie.” 3. Tog het navorsing onder tieners bewys dat die volgende dinge vriendskappe laat werk: Eerlikheid was bo-aan die tieners se lysie van vriendskapswaardes. "As my hare lyk asof ʼn voël daarin nes gemaak het, wil ek beslis hê my vriendinne moet my sê", vertel Semoni. "Jy mág en móét vir jouself opstaan as jou vriende bo-oor jou loop," sê Grobler. Christel waarsku dat vriende mekaar nie moet beledig of laat simpel voel nie. 4. Ondersteuning ʼn Vriend is iemand wat die lafste ding op die vreemdste tyd sal sê, net om te keer dat jy huil, en iemand wat in baie swaar tye vir jou daar is. Volgens Adrian moet vriende altyd in mekaar se belang optree. Christel sê: "Ek verwag van my vriende om vir my te sê ek maak droog, want dit wys hulle gee om. Ek verwag nié van hulle om vir my te sê ‘ruk jouself reg’ nie, want hulle ‘reg’ is nie altyd my ‘reg’ nie." 5. Saamwees "Ek en my vriende is omtrent die hele dag saam. Ons oefen saam, kuier saam, bespreek hoe swaar en onregverdig die lewe is en hou mekaar net uit die kwaad," sê Adrian. Vriendskappe kan jongmense teen hartseer en depressie beskerm, wys navorsing wat verlede jaar onder Amerikaanse tieners en amper-tieners gedoen is. 6. Verskeidenheid "Deesdae is jy in ʼn kliek, en saam met jou in dié kliek is jou BFF," sê Aldu. "Op dié manier word ʼn gebalanseerde vriendekring verseker."
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (NOVEMBER 2011) VRAE: 1.1 Waarsonder kan ons, volgens die leesstuk, nie klaarkom nie? (1) 1.2 Wat doen sommige tieners saans om nie belangrike sms’e te mis nie? (1) 1.3 Waarom, volgens die graad 9-leerder in paragraaf 2, stuur tieners baie keer sms’e? (1) 1.4 Verskaf die korrekte Afrikaanse woord vir “tantrum” in paragraaf 2. (1) 1.5 Haal ʼn gedeelte uit paragraaf 3 aan wat beteken “dat iemand se hare deurmekaar is”. (1) 1.6 Skryf slegs die korrekte letter langs die gepaste nommer neer. Watter EEN van die volgende aspekte is NIE belangrik vir vriendskappe NIE? A Verskeidenheid B Eerlikheid C Selfone D Ondersteuning (1) 1.7 “Vriendskap is baie belangrik vir tieners”. 1.7.1 Verwys na paragraaf 3. Watter EEN van die vier vriendskapswaardes is die belangrikste vir tieners? (1) 1.7.2 Verwys na paragraaf 4. Noem EEN ding wat ʼn vriend kan doen om ander vriende goed te laat voel. (1) 1.8 Watter TWEE dinge, volgens Adrian, doen vriende gewoonlik saam? (par.5) (2) 1.9 Noem die TWEE emosies waarteen vriendskap ʼn mens kan beskerm. (2) 1.10 Haal slegs EEN woord uit paragraaf 6 aan wat ʼn “groep mense in noue kontak met mekaar” beteken. (1) 1.11 Sê kortliks in korrekte Afrikaans wat “BFF” in paragraaf 6 beteken. (1) [14]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2011) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 5 VRAAG 2 ADVERTENSIE Lees die advertensie oor INNIBOS LAEVELD NASIONALE KUNSTEFEES en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is: VRAE: 2.1 Watter kunstefees word hier geadverteer? (1) 2.2 Hoe slaag die adverteerder daarin om die fokus op die belangrikste boodskap,“Kom ons kuier ʼn hond uit ʼn bos uit”, te plaas? (1) 2.3 Haal ʼn gedeelte uit die advertensie aan wat bewys dat Afrikaans plesierig is. (1)
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (NOVEMBER 2011) 2.4 Op watter webtuiste kan ons meer inligting omtrent die kunstefees vind? (1) 2.5 “ʼn Hond uit ʼn bos uit kuier” impliseer dat jy jouself baie geniet. Kyk nou of jy die volgende uitdrukkings en hul korrekte betekenis kan vind. Skryf slegs die gepaste letter uit KOLOM B langs die gepaste nommer in KOLOM A neer. KOLOM A KOLOM B 2.5.1 Vir die honde tafel dek. A Iemand wat grootpraat, doen niks nie. Blaffende honde byt Elkeen kry sy dag van 2.5.2 B nie. geluk/teenspoed. 2.5.3 Elke hond kry sy dag. C Jou hemp laat uithang. (3) 2.6 Wanneer vind die Kunstefees plaas? (1) 2.7 Gee EEN rede waarom jy van Afrikaans hou. (1) [9]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2011) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 7 VRAAG 3 RESENSIE Lees die volgende filmresensie noukeurig deur en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is: GETROUD MET RUGBY Draai vanaf 11 Maart. Verfilm in Johannesburg en Krugersdorp. Skrywer van die reeks: Deon Opperman. Die gebeure in die fliek volg op dié in die derde televisieseisoen en dit begin draai net voor die vierde TV-seisoen begin. Kiki Beltrame (Hanna Grobler) en manlief, Fafa (Altus Theart) ondervind huweliksprobleme. Hy gaan aan die drink en vervreem al sy vriende. ʼn Nuwe karakter, die bakleierige Reghart Venter (Izak Davel), beland byna in die tronk nadat hy mense aangerand het. Hy word tot gemeenskapsdiens gevonnis en moet dan rugby-afrigting by die gevalle held, Fafa, ontvang. Die twee rugbymanne help mekaar. VRAE: 3.1 Wat is die titel van hierdie fliek? (1) 3.2 Skryf die naam van EEN dorp of stad neer waar hierdie fliek verfilm word. (1) 3.3 Wat doen die karakter, Fafa, om van sy huweliksprobleme te vergeet? (1) 3.4 3.4.1 Sê slegs of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is: Reghart Venter beland in die tronk. (1) 3.4.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 3.4.1 deur ʼn gepaste aanhaling uit die teks. (1) 3.5 Haal ʼn enkele woord uit die leesstuk aan wat daarop dui dat Fafa nie meer ʼn held is nie. (1) 3.6 Wat is die naam van die skrywer van die draaiboek? (1) [7] TOTAAL AFDELING A: 30
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (NOVEMBER 2011) AFDELING B OPSOMMING VRAAG 4 WAT KAN JY DOEN OM DIE VAKANSIE MEER PRET TE MAAK?  Som SEWE dinge op wat jy kan doen om die volgende vakansie meer pret te maak.  Som die WENKE in SEWE goeie sinne op.  Skryf jou SEWE SINNE onder mekaar neer en nommer die sinne 4.1 – 4.7.  Jy moet een sin oor elke feit skryf.  Laat ʼn reёl tussen jou sinne oop.  Jou opsomming mag nie meer as 70 woorde wees nie.  Dui die getal woorde aan die einde van jou opsomming aan.  Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 75 woorde skryf of as jy nie die getal woorde aandui nie. VAKANSIEPRET... 1. Al woon jy waar, sal daar waarskynlik ʼn gids wees met alles wat jy in jou omgewing kan sien en doen. Spandeer hierdie vakansie deur bekende plekke in jou omgewing te besoek. 2. Om ʼn nuwe taal aan te leer, is ʼn wonderlike manier om die tyd te verdryf én iets nuuts te leer. Jy kan ʼn pakket met ʼn taalboek en CD by die meeste winkels koop en ook klasse bywoon. Hoe koel sal dit nie wees as jy Frankryk eendag besoek en jou kos in Frans kan bestel nie? 3. Wil jy graag die hele seisoen sit en weer jou gunsteling-televisiereeks sien? Dan is dit die ideale tyd om op te krul en dit te geniet, op jou eie of saam met ʼn vriend. 4. Jy sal nooit verveeld wees terwyl jy alles om jou afneem nie. Dit is ʼn baie lekker ervaring om foto’s te neem van al die pragtige dinge rondom jou. Laat jou foto’s uitdruk en hou hulle in ʼn groot boek in verskillende kategorieё soos familie, diere, vriende en uitstappies. 5. Begin jou eie blog. Dink aan ʼn onderwerp wat jou interesseer en gaan soek dan op die internet na ʼn gratis blogplek soos Wordpress of Blogger. Jou blog kan oor enigiets gaan - van hoe jy druk op skool hanteer tot hoe jou groentetuin vorder. 6. Nooi vriende oor en stel voor dat hulle elkeen hul gunsteling DVD’s moet saambring. Berei heerlike peuselhappies voor en skuif reg vir ʼn baie gesellige dag. 7. Anders as wanneer jy ʼn nuwe taal wil aanleer, kos dit niks om jouself ʼn nuwe vaardigheid te leer nie. Waarom probeer jy nie kaarttruuks of towerkuns onder die knie kry nie? Of leer sokker of poker speel. [10x2] 20 TOTAAL AFDELING B: 20
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2011) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 9 AFDELING C TAALWERK VRAAG 5 WOORDSTRUKTURE Lees die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg: HET JOU BESTE MAAT ʼn SLEGTE INVLOED OP JOU? Voel jy 5.1 (misbruik / gebruik) nadat jy met 5.1 Kies die korrekte woord. (1) hierdie vriende uitgehang het? Nooi hulle jou net saam omdat jy vervoer, geld, koel speletjies, en ensovoorts het wat niks met jou as mens te doen het nie 5.2 (…) “Die geheim 5.2 Vul in die korrekte is om na die gevolge te kyk en jouself af te vra leesteken. (1) of dit die moeite werd is”, sê Lila. Oorweeg dit om liewer by die huis te bly met ʼn lekker stuk 5.3 (chocolate). 5.3 Skryf die korrekte Afrikaanse vertaling neer. (1) “Dis 5.4 (moeilik) om ʼn klein 5.5 (vriendskap) 5.4 Verskaf die antoniem. (1) te laat vaar, maar as die vriend ʼn slegte 5.5 Verskaf die invloed op jou het, moet jy die vriendskap verkleinwoord. (1) verbreek”, sê Lila. As jy bekommerd is 5.6 (oor 5.6 Kies die korrekte / van) jou eie veiligheid, is dit beter om jou voorsetsel. (1) stadigaan ál 5.7 (skaars) te hou, maar as jy 5.7 Verskaf die vergrotende besluit om daaroor te praat, verduidelik hoe jy trap. (1) daaroor voel. “Jy kan byvoorbeeld sê jy is bekommerd oor jou 5.8 (merke / punte) en voel 5.8 Kies die korrekte woord. (1) dit beïnvloed jou 5.9 (skool+werk) as jy nie al 5.9 Vorm ʼn samestelling. (1) die klasse bywoon nie”, sê Lila. “Al lyk jy soms koel as jy ʼn ou is en saam met baie ouer ouens uithang, loop jy baie 5.10 (risiko) dat 5.10 Skryf die meervoudsvorm. (1) hulle jou kan uitbuit,” waarsku Lila. Wees trots 5.11(op + dit) dat jy anders is. Sê 5.11 Skryf slegs EEN woord. (1) nou jy is by ʼn 5.12 (partyjie / partytjie) en word 5.12 Kies die korrekte spelling. (1) alkohol en dwelms aangebied. Dink aan verskonings wat jy kan gebruik om nee te sê Sê byvoorbeeld dat jou 5.13 (oom) dood is aan 5.13 Skryf die teenoorgestelde longkanker omdat sy gerook het of sirrose van geslag. (1) die lewer weens 5.14 (drink / drank) en 5.14 Kies die korrekte woord. (1) daarom drink jy glad nie. Of ʼn 5.15 (neef) is 5.15 Skryf die teenoorgestelde aangekeer omdat sy iets gesteel het en jy het geslag. (1) gesien wat die familie deurgemaak het en wil liewer nie weer in daardie situasie beland nie. [15]
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (NOVEMBER 2011) VRAAG 6 SINSTRUKTURE Lees die onderstaande strokiesprent en beantwoord die vrae wat daarop volg: Skryf die volgende sinne oor en begin soos aangedui: 6.1 Skryf die sin in die ONTKENNENDE VORM: Ek wag al ʼn ewigheid vir die webwerf om te laai. Nee... (2) 6.2 Skryf die sin in die BEDRYWENDE VORM: Jeremy het die monitor in ʼn oomblik van frustrasie gegryp. Die monitor... (2) 6.3 Skryf die sin in die INDIREKTE REDE: Jeremy vra: “Is Pa amper klaar, want ek is baie verveeld?” Jeremy vra of... (2) 6.4 Voltooi die infinitief in die volgende sin: Jeremy moet meer geduldig wees. Jeremy behoort... (1)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2011) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 11 6.5 Verbind die volgende twee sinne deur die voegwoord tussen hakies: Ek is verveeld. Ek het geen geduld nie. (omdat) (1) Hoe kan jou Ek het oral daarna Hy sal ook nie. skoolboek net weg gesoek. Ek kry dit Vandag se kinders wees? net nie. kan net op Google 6.6 Skryf die volgende sin oor in die toekomende tyd: Ek het oral daarna gesoek. Ek... (1) 6.7 Skryf die volgende sin oor in /met sy korrekte woordorde: Google/gebruik/Die moderne kind/as soekenjin. Die moderne kind... (2) [11]
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (NOVEMBER 2011) VRAAG 7 KRITIESE TAALBEWUSTHEID Kies elke keer slegs die korrekte antwoord. Skryf slegs die korrekte letter langs die gepaste vraagnommer neer: 7.1 Wat is ʼn strooimeisie in werklikheid? A ʼn Pop wat van strooi gemaak is. B ʼn Meisie wat van strooi gemaak is. C ʼn Pop wat voёls van die landerye weghou. D ʼn Meisie wat die bruid by haar troue vergesel en bystaan. (1) 7.2 Waar sal ons gewoonlik ʼn strooimeisie aantref? A ʼn Troue B Landerye C ʼn Plaas D ʼn Begrafnis (1) 7.3 Die teenoorgestelde geslag van ʼn strooimeisie, is ʼn ... A strooiman. B plaasboer. C strooijonker. D Nie een van bogenoemde nie. (1) 7.4 ʼn Sinoniem vir ʼn strooimeisie, is ʼn ... A voёlverskrikker. B bruidsmeisie. C strooidame. D Nie een van bogenoemde nie. (1) [4] TOTAAL AFDELING C: 30
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2011) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 13 AFDELING D SKRYFWERK VRAAG 8 E-POS of DIALOOG INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Beantwoord EEN van die volgende vrae uit hierdie afdeling. 2. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. 3. Die uiteensetting van jou skryfstuk is belangrik. 4. Beplan jou skryfstuk voor jy jou finale kopie begin skryf. Skryf BEPLANNING boaan. 5. Skryf nou die finale produk. 6. LENGTE: 100 – 120 WOORDE KIES VRAAG 8.1 OF 8.2 8.1 E-POS  Jou ouers het jou selfoon in die hande gekry en jou sms’e gelees.  Jy is smoorkwaad omdat hulle nie jou privaatheid respekteer nie en hulle is ook teleurgesteld in die boodskappe op jou foon.  Jy is te kwaad om met hulle te praat want jy weet jy gaan goed sê wat jy gaan berou (regret).  Skryf vir hulle ʼn e-pos om die situasie reg te stel.  Jy moet dit in die formaat van ʼn e-pos skryf.  Gebruik die aangehegte vorm op bladsy 15: AAN : CC : ONDERWERP : http://www.delivery.superstock.com/Image/1660/Thumb/1660R-3940.jpg OF
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (NOVEMBER 2011) 8.2 DIALOOG: Jy is uitgenooi na ʼn vriend(-in) se partytjie.  Jou ma weier egter dat jy met ʼn verbleikte paar jeans en blou strepe in jou hare moet uitgaan. Tog doen alle tieners dit.  Oorreed jou ma om jou toe te laat om met daardie kleredrag die partytjie by te woon.  Skryf hierdie gesprek in die vorm van ʼn dialoog. http://www.flickr.com/photos/chuckgoodenough/4023137735/ TOTAAL AFDELING D: 20 GROOTTOTAAL: 100
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2011) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 15 VRAAG 8.1: E-pos (Skeur af en handig in) Naam: Aan: Cc: Onderwerp:

Study this subject

More from Grade 9 Afrikaans FAL

View all