PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2023
GRAAD 9
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE:
FINANSIËLE GELETTERDHEID
VRAESTEL 1
TYD: 1 uur
PUNTE: 50
8 bladsye en ʼn antwoordboek van 7 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2023 papers %20June%202023%20Possible%20Answers--5bb21f3d-ee17-4368-828a-dcbed349c1c8/v1-ffedb423d7ff8feec3c9/card.webp)

%20November%202023%20Answer%20Book--c3cebdad-3f46-4595-a902-2b525b2a24d7/v1-896bbc7d169f35e177c6/card.webp)
%20November%202023%20Possible%20Answers--96a7a6e4-ae12-4f18-966a-8cc4b895d4b0/v1-7ff3e08a72fc2c8fa294/card.webp)
%20June%202024%20Answer%20Book--07419927-263d-44f3-9a79-687367453a95/v1-d69bf12ec25339a7c915/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers--7da1c7d0-4b51-44fc-9ebb-ff641141d6eb/v1-ba0bf024a62f11c9c81a/card.webp)
View all%20November%202022%20Answer%20Book%20(1)--c70b5ce1-28bb-4f5a-b46d-e35c72412459/v1-3e0941d9a2af56619c6d/card.webp)
%20November%202022%20Answer%20Book%20(1)--a486ae81-0926-432c-8221-514292553afe/v1-ca33f38b0ff410b70522/card.webp)
%20November%202022%20Possible%20Answers--9a4986b1-34d1-4d54-a9f8-0740e95f0cc3/v1-e324479432165a963106/card.webp)
%20November%202022%20Possible%20Answers--aa1fd1eb-321f-4773-a63e-aa0a29bda1d0/v1-c7b0bb679ef1fb9368ca/card.webp)
%20November%202022%20Question%20Paper--50e5c22e-258b-4a93-8544-878db2ad84e7/v1-96724ed40f466a4694ea/card.webp)
%20November%202019%20Answer%20Book--f08de29c-4eb3-4503-a18a-d7abf78271e0/v1-fdaeca3c6c36561844d5/card.webp)
Economics Grade 9 P1 Gauteng June 2023 Question Paper (Afr)
Grade 9 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2023 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 9 · Gauteng June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 9
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 320.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
Gauteng June Exam 2023
Document textSearch extracted text and jump to a page.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2
(Vraestel 1) GRAAD 9
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A, B en C (Finansiëlegeletterdheids-
onderwerpe) en is gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk volgens die
KABV Dokument en JOP.
AFDELING A: KORT VRAE
VRAAG 1.1: Meervoudigekeuse-vrae (5)
VRAAG 1.2: Pasitems (5)
[10]
AFDELING B: REKENKUNDIGE VERGELYKING EN JOERNALE
VRAAG 2: Rekeningkundige Vergelyking (9)
VRAAG 3: Joernale (16)
[25]
AFDELING C: ALGEMENE GROOTBOEK EN PROEFBALANS
VRAAG 4: Algemene Grootboek (8)
VRAAG 5: Proefbalans (7)
[15]
2. AL die vrae is verpligtend.
3. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK wat verskaf is.
4. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 3
(Vraestel 1) GRAAD 9
AFDELING A: KORT VRAE
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK wat voorsien is, neer.
1.1.1 Handelsvoorraad kan geklassifiseer word as ʼn …
A vaste bate.
B las.
C uitgawe.
D bedryfsbate. (1)
1.1.2 ʼn Kredietverkopetransaksie vind plaas tussen die besigheid en die …
A eienaar.
B huurder.
C debiteur.
D krediteur. (1)
1.1.3 Die verskil tussen die kosprys van goedere verkoop en die verkoopsprys
word genoem …
A winsopslag.
B koste van verkope.
C inkomste.
D onttrekkings. (1)
1.1.4 Goedere met ʼn kosprys van R3 500 word verkoop op rekening aan
M. Sithole vir R5 000. M. Sithole skuld die besigheid …
A R3 500.
B R5 000.
C R1 500.
D R8 500. (1)
1.1.5 Die NKW verskaf skuldberading aan verbruikers wat nie ʼn oplossing het
om hulle skuld terug te betaal nie. NKW is ʼn akroniem vir …
A Nasionale Kantoor van Wetgewers.
B Nasionale Kredietwet.
C Nuwe Krediteure Wetgewing.
D Nominale Krediet Wetgewing. (1)
[5]
b.o.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 4
(Vraestel 1) GRAAD 9
1.2 PASITEMS
Kies ʼn term in KOLOM B wat ooreenstem met ʼn beskrywing in KOLOM A. Skryf
slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in jou
ANTWOORDBOEK neer bv. 1.2.6 H.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Kapitaal en onttrekkings A Duplikaat kwitansie
1.2.2 Die brondokument wat besighede gebruik B Duplikaat faktuur
om kredietverkoopstransaksies aan te teken
C Proefbalans
1.2.3 Oortrokke bank
D Algemene
1.2.4 Die maksimum bedrag wat ʼn debiteur kan Grootboek
skuld
E Eienaarsbelang
1.2.5 Toets of die dubbelinskrywing beginsel
toegepas is F Las
G Krediet limiet
(5 x 1) [5]
TOTAAL AFDELING A: 10
b.o.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 5
(Vraestel 1) GRAAD 9
AFDELING B: REKENINGKUNDIGE VERGELYKING EN JOERNALE
VRAAG 2: REKENINGKUNDIGE VERGELYKING
Ontleed die volgende transaksies en toon die effek wat elkeen op die rekeningkundige
vergelyking het.
No. Transaksie
bv. Betaal R500 met ʼn EFO aan Pen en Papier vir skryfbehoeftes wat aangekoop is.
2.1 Goedere met ʼn kosprys van R2 500 is verkoop vir R4 000 kontant aan Dan
Ncube.
2.2 T. Moagi (ʼn debiteur) deponeer R1 800 in die onderneming se bankrekening as ʼn
gedeeltelike betaling van haar rekening.
[9]
VRAAG 3: JOERNALE
Mnr. Reddy is die eienaar van Red Hot Dealz, ʼn onderneming wat goedere verkoop aan
sy kliënte vir kontant en op krediet. Goedere word verkoop teen kosprys plus ʼn 75%
winsopslag.
Mnr. Reddy het ʼn hele paar kleinkinders. Hy gebruik gereeld fondse van die besigheid
om vir hulle geskenke te koop.
Hy is ook weg van die onderneming op baie sakereise en los sy personeel dan sonder
enige toesig. Mnr. Reddy is bekommerd dat daar baie debiteure is wat nie hulle rekening
betyds betaal of glad nie betaal nie.
VEREIS:
3.1 Gebruik die volgende inligting om die transaksies van Red Hot Dealz vir die
maand geëindig Maart 2023 aan te teken in die volgende joernale.
Moenie die joernale aan die einde van die maand afsluit nie.
3.1.1 Kontantontvangstesjoernaal (7)
3.1.2 Kontantbetalingsjoernaal (3)
3.1.3 Debiteurejoernaal (3)
3.2 Beantwoord die volgende vrae.
3.2.1 Voltooi die volgende stelling deur die ontbrekende woord in te vul.
Die geld wat Mnr. Reddy van die onderneming gebruik om vir sy
kleinkinders geskenke te koop, moet aangeteken word as __________. (1)
3.2.2 Identifiseer TWEE dinge wat Mnr. Reddy in ag moet neem voordat hy ʼn
kliënt toelaat om op rekening te koop. (2)
b.o.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 6
(Vraestel 1) GRAAD 9
TRANSAKSIES – Maart 2023
5 Kontantverkope vir die dag, R5 250.
9 Goedere met ʼn kosprys van R2 500 is op krediet aan B. Baloyi verkoop.
Faktuur no. 23 is uitgereik.
11 Koop handelsvoorraad van FM Verskaffers. EFO no. 72 is geprosesseer
vir R3 625.
15 ʼn Debietorder vir R1 000 is geprosesseer deur FIN Surance vir die
maandelikse versekeringspremie.
25 B. Baloyi vereffen sy rekening ten volle. Kwitansie 32 is aan hom
uitgereik. Hy het R255 aan die begin van die maand geskuld. [16]
TOTAAL AFDELING B: 25
b.o.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 7
(Vraestel 1) GRAAD 9
AFDELING C: ALGEMENE GROOTBOEK EN PROEFBALANS
VRAAG 4: ALGEMENE GROOTBOEK
Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Tabby Handelaars op 30 April 2023.
VEREIS:
Gebruik die onderstaande inligting om die volgende Algemene Grootboek rekeninge vir
die maand geëindig 30 April 2023 te voltooi.
(Moenie die rekeninge balanseer nie)
4.1. Debiteurekontrole (3)
4.2 Verkope (5)
Die volgende kolomtotale het in die hulpjoernale van Tabby Handelaars op 30 April
2023 verskyn.
Kontantontvangstesjoernaal van Tabby Handelaars – April 2023 KOJ1
Bank Verkope Koste van Debiteurekontrole Diverse
verkope Rekeninge
140 290 ? 8 700 1 290 125 000
Kontantbetalingsjoernaal van Tabby Handelaars – April 2023 KBJ1
Bank Handelsvoorraad Skryfbehoeftes Lone Diverse
Rekeninge
120 415 21 500 1 240 1 680 95 995
Debiteurejoernaal van Tabby Handelaars – April 2023 DJ1
Verkope Koste van verkope
3 015 1 375
[8]
b.o.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETNSKAPPE 8
(Vraestel 1) GRADE 9
VRAAG 5: PROEFBALANS
Die volgende Proefbalans is geneem uit die boeke van VIP Handelaars.
Valerie Prinsloo, die eienaar van die winkel, sukkel om die proefbalans te voltooi en het
versoek dat jy haar daarmee help.
VEREIS:
5.1. Voltooi die Proefbalans vir die maand geëindig Mei 2023 deur die inligting wat
hieronder verskaf is, te gebruik. (5)
5.2 Kies die regte antwoord tussen hakies. Gebruik die inligting in die Proefbalans.
Wys die berekening om jou antwoord te staaf.
Die onderneming het ʼn winsopslag van (50%/33⅓%) behaal. (2)
INLIGTING
Proefbalans van VIP Handelaars vir Mei 2023
Fol. Debiet Krediet
BALANSSTAAT REKENINGE AFDELING
Kapitaal B1 ?
Onttrekkings B2 8 000
Grond en geboue B3 95 000
Toerusting B4 20 000
Debiteurekontrole B5 15 500
Bank B6 20 043
NOMINALE REKENINGE AFDELING
Verkope N1 240 000
Koste van verkope N2 160 000
Huurinkomste N3 6 000
Water en elektrisiteit N4 5 495
Diverse uitgawes N5 4 962
? ?
Addisionele inligting:
Op 1 Mei 2023, was die kapitaal balans R120 000. Valerie het die kapitaal
bedrag met 30% verhoog gedurende Mei 2023.
Valerie weet nie waar die volgende aangeteken moet word nie:
– Lone en Salarisse – R 21 000
– Handelsvoorraad – R 52 000 [7]
TOTAAL AFDELING C: 15
TOTAAL: 50
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202023%20Possible%20Answers--5bb21f3d-ee17-4368-828a-dcbed349c1c8/v1-ffedb423d7ff8feec3c9/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 9 Paper 2 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 9 Gauteng June 2016 Question Paper (Afr)
%20November%202023%20Answer%20Book--c3cebdad-3f46-4595-a902-2b525b2a24d7/v1-896bbc7d169f35e177c6/card.webp)
Addendum
Economics Grade 9 P2 Gauteng November 2023 Addendum (Afr)
%20November%202023%20Possible%20Answers--96a7a6e4-ae12-4f18-966a-8cc4b895d4b0/v1-7ff3e08a72fc2c8fa294/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 9 P2 Gauteng November 2023 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Answer%20Book--07419927-263d-44f3-9a79-687367453a95/v1-d69bf12ec25339a7c915/card.webp)
Addendum
Economics Grade 9 P2 Gauteng June 2024 Addendum (Afrikaans)
%20June%202024%20Possible%20Answers--7da1c7d0-4b51-44fc-9ebb-ff641141d6eb/v1-ba0bf024a62f11c9c81a/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 9 Paper 2 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
More from Grade 9 Economics
%20November%202022%20Answer%20Book%20(1)--c70b5ce1-28bb-4f5a-b46d-e35c72412459/v1-3e0941d9a2af56619c6d/card.webp)
Addendum
Economics Grade 9 P1 Gauteng November 2022 Addendum (Afr)
%20November%202022%20Answer%20Book%20(1)--a486ae81-0926-432c-8221-514292553afe/v1-ca33f38b0ff410b70522/card.webp)
Addendum
Economics Grade 9 P2 Gauteng November 2022 Addendum (Afr)
%20November%202022%20Possible%20Answers--9a4986b1-34d1-4d54-a9f8-0740e95f0cc3/v1-e324479432165a963106/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 9 P1 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)
%20November%202022%20Possible%20Answers--aa1fd1eb-321f-4773-a63e-aa0a29bda1d0/v1-c7b0bb679ef1fb9368ca/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 9 P2 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)
%20November%202022%20Question%20Paper--50e5c22e-258b-4a93-8544-878db2ad84e7/v1-96724ed40f466a4694ea/card.webp)
Question paper
Economics Grade 9 P2 Gauteng November 2022 QP (Afr)
%20November%202019%20Answer%20Book--f08de29c-4eb3-4503-a18a-d7abf78271e0/v1-fdaeca3c6c36561844d5/card.webp)
Addendum