Skip to content

Accounting Grade 10 Gauteng November 2017 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 10201715 pages

Grade 10 Accounting question paper from the Gauteng November 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2017 GRAAD 10 REKENINGKUNDE PUNTE: 300 TYD: 180 minute 15 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE GRAAD 10 2 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN REKENINGKUNDE TYD: 180 minute PUNTE: 300 INSTRUKSIES 1. Beantwoord alle vrae in die ANTWOORDBOEK voorsien. 2. Toon alle berekeninge waar nodig om deelpunte te verdien. 3. Lees alle instruksies noukeurig. 4. Probeer ten alle tye om by die voorgestelde tydsindeling te bly. 5. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 6. Skryf netjies en leesbaar. VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD 1 Transaksie ontleding 44 26 min 2 Debiteure versoening 40 24 min 3 Inkomstestaat en notas 88 54 min 4 Nota ‘Tasbare bates’ 38 22 min 5 Balansstaat 30 18 min 6 Ontleding en vertolking 40 24 min 7 BTW, Vervaardiging en Begroting 20 12 min TOTAAL 300 180 min b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE GRAAD 10 3 VRAAG 1 44 PUNTE TRANSAKSIE ONTLEDING GEVRA: Ontleed die volgende transaksies onder die hoofde voorsien. Dui ʼn vermeerdering met ʼn ‘+’, ʼn vermindering met ʼn ‘-’ en geen invloed met ʼn ‘0’. Bedrae moet aangetoon word by die rekeningkundige vergelyking. Die besigheid het ʼn gunstige banksaldo en gebruik ʼn winsgrens van 80% op kosprys. TRANSAKSIES: Voorbeeld: Koop skryfbehoeftes op skuld vanaf ZZ Skryfbehoeftes, R500. 1. Betaal die weeklikse lone per tjek, R2 400. 2. Koop handelsvoorraad vir R380 en betaal uit die kleinkas. 3. Verkoop goedere op skuld aan L Molala, R2 700. 4. Koop toerusting op rekening vanaf Sally Handelaars vir R10 800 minus 15% handelskorting. 5. Hef rente van 5% per jaar op A Mahlangu se oortrokke rekening van R4 200 vir 4 maande. 6. Ontvang R1 800 vanaf M Radue op sy bedrag verskuldig, staan R30 korting toe. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE GRAAD 10 4 VRAAG 2 40 PUNTE DEBITEURE VERSOENING GEVRA: 2.1 Berei ʼn korrekte Debiteure kontrole rekening vir September 2017 voor deur inagneming van foute en weglatings. Balanseer die rekening. [19] 2.2 Berei ʼn korrekte lys van debiteure voor op 30 September 2017. [21] Nota: Toon alle berekeninge in hakies. INLIGTING: ALGEMENE GROOTBOEK VAN SOHO HANDELAARS BALANSSTAAT REKENINGE AFDELING Dt DEBITEUREKONTROLE Kt Sep 01 Saldo a/b 21 370 00 Sep 30 Bank en K/T KOJ 24 380 00 30 Verkope DJ 31 920 00 Joernaal krediete AJ 580 00 Debiteure-afslag DAJ 980 00 Bank (V/T) KBJ 600 00 Joernaal debiete AJ 820 00 Saldo o/d 29 530 00 55 090 00 55 090 00 Okt 01 Saldo a/b 29 530 00 Nota: Die boekhouer het sekere oorboekingsfoute gemaak na die Debiteurekontrole rekening b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE GRAAD 10 5 Lys van Debiteure op 30 September 2017 Debiteur Debiet Krediet S Cronje 6 500 00 P Diane 7 480 00 G Tloubatla 5 340 00 M Shumi 1 890 00 R Coetzee 6 760 00 P Moila 800 00 T Kgaka 1 800 00 29 770 00 800 00 Foute en weglatings 1. Die saldo van die Debiteurekontrole rekening op 01 September 2017 is foutief. Die lys van Debiteure toon ʼn kredietsaldo van R530, wat nie in berekening gebring is toe die opening saldo bereken is nie. 2. ʼn Kwitansie uitgereik aan M Shumi vir R980 vir kontant ontvang was korrek geboekstaaf in die hulpjoernaal, maar is na haar rekening as R890 oorgeboek. 3. Die totaal van die Debiteure-afslagkolom in die Debiteure-afslagjoernaal was onderbereken met R160. 4. ʼn Inskrywing in verband met goedere teruggestuur deur T Kgaka met ʼn waarde van R300 was korrek geboekstaaf in die Debiteure-afslagjoernaal maar oorgeboek na die verkeerde kant van T Kgaka se rekening. 5. Die Debiteure grootboek toon ʼn kredietsaldo in die rekening van P Moila, die bedrag moet oorgedra word na die Krediteure grootboek. 6. Op 28 September 2017 is R120 posgeld betaal uit die kleinkas namens ʼn debiteur G Tloubatla. Geen inskrywings is in die boeke gedoen nie. 7. P Diane het R3 800 betaal op haar rekening nadat sy 5% korting ontvang het. Die betaling en korting is korrek geboekstaaf in die hulpboek maar die korting is nie oorgeboek na haar rekening nie. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE GRAAD 10 6 VRAAG 3 PUNTE: 88 INKOMSTESTAAT EN NOTAS Die onderstaande inligting is geneem uit die boeke van Samantha Verspreiders. Die finansiёle jaar eindig op 28 Februarie 2017. GEVRA: 3.1 Voltooi die Inkomstestaat van Samantha Verspreiders vir die jaar geёindig [65] 28 Februarie 2017. 3.2 Voltooi die volgende Notas tot die Finansiёle State: 3.2.1 Handels- en ander debiteure [11] 3.2.2 Handels- en ander krediteure [12] b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE GRAAD 10 7 INLIGTING: SAMANTHA VERSPREIDERS VOOR-AANSUIWERINGSPROEFBALANS OP 28 FEBRUARIE 2017 DEBIET KREDIET BALANSSTAATREKENINGE-AFDELING Kapitaal 784 490 Onttrekkings 58 000 Verbandlening : FBN Bank 100 000 Grond en Geboue 910 000 Toerusting 140 000 Opgelope waardevermindering op toerusting 52 000 Vaste Deposito : FBN Bank ( 10% p. j. ) 20 000 Handelsvoorraad 16 300 Debiteurekontrole 20 720 Bank 55 500 Krediteurekontrole 45 000 NOMINALEREKENINGE-AFDELING Verkope 875 000 Koste van verkope 500 000 Debiteure-afslag 12 600 Korting ontvang 9 280 Huur Inkomste 37 570 Korting Toegestaan 800 Salarisse en lone 96 750 Oninbare skulde 5 200 Bankkoste 1 210 Versekering 9 800 Telefoon 12 560 Skryfbehoeftes 10 800 Diverse uitgawes 5 400 Water en Elektrisiteit 14 200 Rente op lening 13 500 1 903 340 1 903 340 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE GRAAD 10 8 AANSUIWERINGS 1 ʼn Kredietnota is uitgereik aan M. Shaba, ʼn debiteur vir R1 500, dit was vir goedere teruggestuur. Die kosprys van die goedere was R1 200. Geen inskrywing is gedoen nie. 2 Donasies van goedere aan ʼn ouetehuis is nog nie geboekstaaf nie, die kosprys is R3 000. 3 ʼn Fisiese voorraadopname op 28 Februarie 2017 toon die volgende:  Handelsvoorraad R12 000  Skryfbehoeftes R800 4 ʼn Debiteur, C Clutz, is insolvent verklaar. Sy boedel het aangebied om ʼn dividend van 40 sent vir elke rand verskuldig te betaal. Die oorspronklike skuld was R1 200, en die balans moet afgeskryf word. Geen inskrywings is in die boeke gedoen nie. 5 Versekering sluit ʼn bedrag van R1 800 in, dit is vir ʼn jaarlikse betaling vir die periode 01 Augustus 2016 tot 31 Julie 2017. 6 Waardevermindering vir die jaar is bereken op R3 400. 7 Voorsien vir die uitstaande rente op Vaste Deposito, die rente word nie gekapitaliseer nie. 8 Huur is ontvang tot aan die einde van Maart 2017. 9 ʼn Debiteur, S Fouche, het R850 in die besigheid se bankrekening gedeponeer. Die debiteur se rekening is vroeёr afgeskryf as oninbaar. 10 Die bankstaat ontvang vanaf die bank op 28 Februarie 2017 toon die volgende:  Diensgelde R 40  Konant deposito fooie R 200  Rente op lopende rekening R150  ʼn Dishonoreerde tjek vanaf B. Lobbie, ʼn debiteur vir R1 200. Hierdie tjek was ter vereffening van sy rekening van R1 280. 11 Die telefoonrekening vir Februarie 2017 is ontvang maar sal eers in Maart 2017 betaal word, R1 000. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE GRAAD 10 9 12 Een werknemer is weggelaat uit die Salarisjoernaal vir Februarie 2017. Sy besonderhede is as volg: Bruto salaris R10 000 AFTREKKINGS: LBS R1 800 Mediese fonds R 720 7.5% van bruto Pensioenfonds WVF 1% van bruto salaris salaris Nota: Die werkgewer dra nie by tot enige fonds nie. VRAAG 4 PUNTE 38 TASBARE BATES Die volgende inligting is ʼn uittreksel uit die boeke van Mickey Speelgoed Winkel vir die finansiёle jaar geëindig 30 Junie 2017. GEVRA: 4.1 Bereken die waardevermindering op voertuie op 30 Junie 2017. [5] 4.2 Bereken die waardevermindering op toerusting op 30 Junie 2017. [5] 4.3 Voltooi die nota Tasbare/vaste bates op 30 Junie 2017. [20] 4.4 Nadat uitbreidings en herstelwerk aan die geboue gedoen is, is die grond en geboue gewaardeer vir R500 000. 4.4.1 Dui die bedrag aan wat in die finansiёle state op 30 Junie 2017 sal [2] verskyn. 4.4.2 Noem die AARP beginsel wat toegepas is in Vraag 4.4.1 [2] 4.5 Nadat die finansiёle state opgestel is, is daar gevind dat brandstof uitgawes met 80% verhoog het vanaf die vorige jaar. Die bestuurder wat aflewerings doen, neem die voertuig huistoe na werk. Noem TWEE interne kontrole maatreёls wat die eienaar in plek kan stel om die misbruik van die voertuig deur die drywer te verminder. [4] b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE GRAAD 10 10 INLIGTING: A Sommige saldo’s op 01 Julie 2016 in die Algemene Grootboek: R Grond en geboue 240 000 Voertuie 190 000 Toerusting 56 000 Opgelope waardevermindering op voertuie 28 500 Opgelope waardevermindering op toerusting 5 600 B Die volgende transaksies met betrekking tot vaste bates het gedurende die jaar plaasgevind:  Uitbreidings is aan die winkel gedoen ter waarde van R50 000 en herstelwerk aan die gebou, R15 000. AB Bouers is op 15 Januarie 2017 per tjek betaal en die transaksie is opgeskryf in die boeke van die besigheid.  Die besigheid het rekenaars en drukkers vir kantoorgebruik gekoop ter waarde van R28 000 op 01 Maart 2017, installasiekoste van R2 000 is per tjek betaal.  ʼn Nuwe voertuig is aangekoop op skuld vanaf AA Motors op 1 Oktober 2016 vir R160 000 en is geboekstaaf in die boeke.  Waardevermindering word afgeskryf op voertuie teen 15% per jaar op kosprys en toerusting teen 10% per jaar op die verminderde saldo metode. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE GRAAD 10 11 VRAAG 5 PUNTE 30 BALANSSTAAT Jy word voorsien met die Na-afsluitings Proefbalans en addisionele inligting aangaande Livingstone Verskaffers vir die finansiёle jaar geёindig 28 Februarie 2017. GEVRA: 5.1 Voltooi die Balansstaat van Livingstone Verskaffers op 28 Februarie 2017. Toon berekeninge om deelpunte te verdien. INLIGTING: LIVINGSTONE VERSKAFFERS NA-AFSLUITINGS PROEFBALANS OP 28 FEBRUARIE 2017 DEBIET KREDIET BALANSSTAATREKENINGE- AFDELING Kapitaal 630 800 Grond en Geboue 680 000 Voertuie 340 000 Toerusting 78 000 Opgelope waardevermindering op voertuie 136 000 Opgelope waardevermindering op toerusting 14 820 Handelsvoorraad 72 400 Debiteurekontrole 14 800 Bank 34 100 Kleinkas 2 500 Wisselgeld 1 000 Krediteurekontrole 48 900 Vaste Deposito: AB Bank 60 000 Lening: SA Lenings 440 000 Verbruiksgoedere voorhande 2 820 Opgelope inkomste 3 400 Opgelope uitgawes 4 100 Vooruitontvangde inkomste 6 000 Vooruitbetaalde uitgawes 3 900 Krediteure vir salarisse 12 300 1 292 920 1 292 920 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE GRAAD 10 12 ADDISIONELE INLIGTING: 1. ʼn Gedeelte van die vaste deposito by AB Bank verval op 30 Junie 2017, R25 000. 2. R100 800 sal terugbetaal word op die lening vanaf SA Bank in die volgende finansiёle jaar. Die lening is gekapitaliseer. VRAAG 6 KONSEPTE EN ONTLEDING EN VERTOLKING 40 PUNTE 6.1 KONSEPTE Die onderstaande inligting is foutief, gebruik die voorsiende tabel en her- klassifiseer. [6] Likiditeit Winsgewendheid Opbrengs Netto wins op verkope Vuurproefverhouding Bedryfsverhouding Bedryfsuitgawes op verkope Opbrengs op ekwiteit Bruto wins op verkope 6.2 ONTLEDING EN VERTOLKING Jy word voorsien van inligting vanaf die finansiёle state van Jeremy Jones, ʼn handelsonderneming vir die jaar geёindig 28 Februarie 2017. [34] GEVRA: 6.2.1 Bereken die winsopslag % vir 2017. [3] 6.2.2 Lewer kommentaar oor die verandering van die winsopslag persentasie. [2] 6.2.3 Bereken die % Bedryfsuitgawes op verkope vir 2017. [3] 6.2.4 Behoort die eienaar tevrede te wees met die % bedryfsuitgawes op verkope? [3] 6.2.5 Bereken die solvensieverhouding vir 2017. [4] 6.2.6 Bereken die bedryfsverhouding vir 2017. [3] 6.2.7 Bereken die vuurproefverhouding vir 2017. [4] 6.2.8 Lewer kommentaar oor die likiditeit van die besigheid. [4] 6.2.9 Bereken die % Opbrengs op Ekwiteit vir 2017. [5] 6.2.10 Lewer kommentaar oor die opbrengs op ekwiteit. Moet die eienaar tevrede wees? [3] b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE GRAAD 10 13 INLIGTING A UITTREKSEL VANAF INKOMSTESTAAT VIR DIE JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 2017 2017 2016 Verkope 1 485 000 1 150 000 Koste van verkope (900 000) (675 000) BRUTO WINS 585 000 475 000 Ander bedryfsinkomste 90 000 100 000 Bedryfsuitgawes (440 000) (420 000) Bedryfswins 235 000 155 000 Rente uitgawe (36 400) (45 600) Netto wins 198 600 109 400 B UITTREKSEL VANAF BALANSSTAAT OP 28 FEBRUARIE 2017 2017 2016 Vaste bates 1 015 600 1 169 000 Vaste Deposito 100 000 60 000 Bedryfsbates 237 000 237 000 Handelsvoorraad 140 000 160 000 Handels- en ander debiteure 62 000 35 000 Kontant- en kontantekwivalente 35 000 42 000 1 352 600 1 352 600 Eienaarsbelang 1 010 600 902 000 Nie-bedryfslaste 180 000 380 000 Handels- en ander krediteure 162 000 184 000 1 352 600 1 352 600 C Finansiёle aanwysers 2017 2016 Persentasie winsopslag ? 70.4% Persentasie bedryfsuitgawes op verkope ? 36.5% Bedryfsverhouding ? 1.3:1 Vuurproefverhouding ? 0.4:1 Opbrengs op ekwiteit ? 13.2% Rentekoers op belegging 11% 10% Rentekoers op lening 13.5% 12% b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE GRAAD 10 14 VRAAG 7 20 PUNTE BTW, VERVAARDIGING EN BEGROTINGS 7.1 BTW Kies die korrekte woord / bedrag / persentasie om die onderstaande sinne te voltooi. Skryf slegs die korrekte antwoord neer en nie die hele sin nie. R500 000 Direkte Uitset 0% Indirekte 14% SAID Nulkoers Inset Vrygestel R1 000 000 7.1.1 BTW is ʼn _______________ stelsel van belasting. 7.1.2 In Suid-Afrika is die standaardkoers vir BTW huidiglik ________ . 7.1.3 BTW betaalbaar op Verkope word genoem BTW _____________ . 7.1.4 Bruin brood is ʼn voorbeeld van ʼn item wat ___________ is. 7.1.5 Items waarop BTW huidiglik nie belas word nie, staan bekend as __________ items. 7.1.6 BTW wat vorderbaar is op aankope word BTW ________ genoem. 7.1.7 ʼn Besigheid met ʼn omset van ________ of meer per jaar moet registreer as a BTW verkoper. 7.1.8 BTW is betaalbaar aan ________. [8] b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE GRAAD 10 15 7.2 VERVAARDIGING Paar Kolom A met Kolom B. Skryf slegs die korrekte letter as jou antwoord. KOLOM A KOLOM B Koste wat direk geїdentifiseer 7.2.1 Vaste Koste A word met produksie. Koste wat aangegaan word om 7.2.2 Werk aan die gang B die fabriek te laat funksioneer. Koste van arbeid van mense wat 7.2.3 Fabrieksbokoste C direk betrokke is in die vervaardigingsproses. 7.2.4 Direkte Materiaalkoste D Gedeeltelike voltooide produkte. Koste wat dieselfde bly maak nie 7.2.5 Veranderlike koste E saak hoeveel eenhede vervaardig word nie. 7.2.6 Direkte Arbeidskoste F Koste wat verander volgens produksie. [6] 7.3 BEGROTINGS Lees die volgende sinne noukeurig. Dui aan deur verwysing na die onderstreepte inligting of die standpunte WAAR of ONWAAR is. 7.3.1 ʼn Kapitaalbegroting fokus op vaste bates. 7.3.2 ʼn Begroting is ʼn plan van aksie vir die huidige periode. 7.3.3 ʼn Kontantbegroting sluit oninbare skulde in. 7.3.4 ʼn Begroting wat voorberei word sonder om na vorige syfers te kyk, word ʼn nulbasisbegroting genoem genoem. 7.3.5 Langtermyn begrotings word voltooi vir ʼn periode tussen 3 en 12 maande. 7.3.6 ʼn Kontantbegroting bereken die kontant invloei in die besigheid en kontant uitvloei uit die besigheid oor ʼn spesifieke periode. [6] TOTAAL: 300 EINDE

Study this subject

More from Grade 10 Accounting

View all