Skip to content
Study guide

Gr10 Afrikaans Huistaal OG studyguide LR

Grade 10 Afrikaans HL study guide, 97 pages. Read online or get the free PDF download.

Publisher: Via Afrika

Subject: Afrikaans HLGrade 1097 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Via Afrika Graad 10 Onderwysersgids Afrikaans Huistaal Dis baie belangrik om ‘n goeie invloed op leerders te hê en iets te doen wat hulle lewens vir altyd sal verander. Graad 10 Studiegids C.J. Banda, N. van Rooyen, M. van Heerden, S.E. Otto, T.P. — Ené van der Merwe, Onderwyser Hanekom, J.C. Gerber, M.S. de Beer, O.E. Channing Via Afrika verstaan en waardeer jou bydrae as onderwyser en wil jou graag ondersteun. Jy het die belangrikste taak in die Via Afrika Afrikaans Huistaal onderwys, en ons besef dat jou verantwoordelikhede veel meer as bloot die onderrig van leerinhoude behels. Ons het ons bes gedoen om jou tyd te bespaar en jou lewe te vergemaklik. Ons is trots dat ons jou kan help om hierdie vak suksesvol aan te bied. Hier volg ’n paar kenmerke van hierdie nuwe reeks: 1. Die reeks is volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (“CAPS”) geskryf. Kyk op bladsy xii–xvi hoe ons aan die vereistes van CAPS voldoen. 2. ‘n Moontlike werkprogram is ingesluit. Kyk op bladsy vii-xi hoeveel tyd dit jou kan bespaar. 3. Elke onderwerp begin met ‘n oorsig van wat onderrig word en die hulpbronne wat jy benodig. Kyk op bladsy 6 hoe dit jou met jou beplanning sal help. 4. Daar is advies oor die voorgestelde pas wat jou sal help om die hele jaar se werk betyds af te handel. Bladsy 1 wys jou hoe dit gedoen word. 5. Ons gee by elke onderwerp raad oor hoe om konsepte bekend te stel en hoe om leerders met steierwerk voor te berei en te ondersteun. Kyk op bladsy 11-12 vir ‘n voorbeeld. 6. Al die antwoorde word gegee; jy bespaar dus tyd omdat jy nie die oefeninge self hoef uit te werk nie. Kyk op bladsy 14- 15 vir ‘n voorbeeld. 7. ‘n CD propvol hulpbronne is ook ingesluit om jou met onderrig en assessering te help. Sien die binnekant van die voorblad. 8. Addisionele voorbeeldvrae, toetse of assesseringstake, wat jy kan kopieer, sal jou help om jou leerders effektief te assesseer. Sien ’n voorbeeld op bladsy 149–154. Die bypassende Leerderboek bevat die volledige inhoud wat jou leerders moet bemeester. Dit is in toeganklike taal geskryf wat dit vir leerders maklik maak om te leer. Die opwindende ontwerp en uitleg van die Leerderboek sal leerders se belangstelling aanwakker, hulle inspireer om te leer en die onderrigtaak vir jou aangenaam maak. Ons wil graag hoor hoe dit met jou onderrig gaan. Stuur jou terugvoer per epos aan ons by afrikaans@viaafrika.com of besoek ons onderwysersforum by www.viaafrika.com. Language: Afrikaans www.viaafrika.com
C. Banda • O. Channing • M. de Beer • J. Gerber P. Hanekom • S. Otto • M. van Heerden • R. Van Rooy Studiegids Via Afrika Afrikaans Huistaal Graad 10 ISBN: 978-1-41546-291-1 ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal
40 Heerengracht, Kaapstad, 8001 Posbus 5197, Kaapstad, 8000 www.viaafrika.com ISBN: 978-1-41542-281-6 Eerste uitgawe Eerste druk Junie 2011 © Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring en herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 2
Inhoud AFDELING 1 Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal............................................................... 4 AFDELING 2 HERSIENING: LUISTER EN PRAAT. .............................................................................................16 AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK.......................................................................................................21 AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED..............................................................................................33 AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL......................................................................................... 54 AFDELING 6 VOORBEELDVRAESTELLE VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS. ........................................................................... 87 Memorandum Vraestel 1: Taal in konteks.................................................... 93 VRAESTEL 3: SKRYF............................................................................................ 95 ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 3
AFDELING Unit XX 1 XX Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal Jy het in die vorige afdeling goeie algemene studiewenke gekry. Hierdie afdeling bevat spesifieke wenke wat vakgerig is vir Afrikaans Huistaal. Afrikaans Huistaal bestaan uit 4 verskillende komponente of fokusse en word ook daarvolgens geassesseer: 1 Luister en praat 2 Lees en kyk 3 Skryf en aanbied 4 Taalstrukture en -konvensies Elkeen van hierdie komponente het belangrike aspekte waarop jy moet fokus om sukses te behaal: Luister en praat (Sien Afdeling 2 vir volledige hersiening oor hierdie komponent/fokus.) Hierdie afdeling word hoofsaaklik tydens die deurlopende assessering deur die jaar geassesseer. Daarom is dit baie belangrik dat jy elke opdrag of taak na die beste van jou vermoë uitvoer. Luister Jou luistervaardighede sal ten opsigte van die volgende geassesseer word: ●● Kan jy vir spesifieke inligting luister? ●● Kan jy luister om krities te ontleed en te evalueer? ●● Kan jy waardering toon ten opsigte van dit waarna jy luister? Om vir spesifieke inligting te luister, moet jy beskik oor die volgende basiese vaardighede om: ●● die boodskap van die teks te onderskei ●● begrip te hê vir nuanses ten opsigte van die manier waarop woorde gebruik word ●● tussen hoof- en ondersteunende gedagtes te onderskei ●● verskille aan te toon en inligting te vergelyk ●● betekenisse te vertolk ●● verbande raak te sien en afleidings te maak ten opsigte van die inhoud. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 4
AFDELING Unit XX 1 Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal Wanneer jy inhoude krities moet ontleed en evalueer, moet jy spesifiek vir die volgende luister: ●● Watter inhoude is feite en watter is menings. ●● Watter soort taal word gebruik: oorredings-, gevoels- of manipulerende taal? ●● Jy moet partydigheid, vooroordeel en stereotipering kan herken. ●● Jy moet die styl en register van die teks kan identifiseer. ●● Jy moet kan identifiseer watter spesifieke woordkeuses en taalgebruik gebruik word. Luister vir waardering behels die volgende vaardighede: ●● Begrip vir die verhouding tussen taal en kultuur. ●● Toepaslike reaksies in kommunikasiesituasies. ●● Begrip vir gebare, oogkontak en liggaamstaal. Assessering van jou luistervaardighede vorm uiteindelik deel van Vraestel 4. Dit tel 15 van die 50 punte. Hierdie is maklike punte om te verdien as jy die luisteroefeninge/luistertoets reg aanpak. Wenke: ●● Moenie net op name, spesifieke datums of gebeure fokus nie. Dit is ook belangrik, maar nie die enigste soort vrae wat jy sal moet beantwoord nie. ●● Let op die soort taal wat gebruik word, die woordkeuses, die doel en algehele betekenis van die hele teks. ●● Jy moet ook jou eie afleidings kan maak en die inhoud kan evalueer. ●● Uit bogenoemde is dit dus duidelik dat jy nie bloot feite moet teruggee in ’n luistertoets nie, maar ook die inhoud moet kan interpreteer. Praat Om gemaklik voor en met ander te kan praat, is ’n belangrike lewensvaardigheid om te bemeester. Dit is belangrik om jou vrees vir mondeling te oorkom. Daar is niks om voor bang te wees nie. Onthou net, hoe deegliker jy voorberei is, hoe makliker sal dit wees en hoe meer selfvertroue sal jy hê. Om goed voor te berei, moet jy die volgende stappe in die praatproses volg: 1 beplanning, navorsing en organisering 2 voorbereiding 3 aanbieding ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 5
AFDELING Unit XX 1 Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal 1. Beplanning, navorsing en organisering Jy moet jou mondeling vooraf baie goed beplan. As jy dit klaar beplan het, kan jy deeglike navorsing doen oor die onderwerp en die inligting in jou aanbieding organiseer. Jy moet ook in hierdie eerste stap van die praatproses let op die gepaste register, praatstyl en die gebruik van toepaslike taal. Kritiese taalbewustheid en die uitdrukking van waardes en houdings is ook belangrik. Gebruik bronne soos woordeboeke vir effektiewe woordeskat en beplan ook die gebruik van hulpmiddels om jou aanbieding meer interessant te maak. 2. Voorbereiding Wanneer jou mondelinge aanbieding deeglik beplan en goed nagevors is, moet jy jouself baie goed voorberei om dit aan te bied – dit is die wenresep vir enige suksesvolle aanbieding! Wanneer die inhoud goed aan jou bekend is, sal jy dit met selfvertroue kan aanbied. 3. Aanbieding Jy moet die volgende vaardighede bemeester in jou aanbieding van ’n mondelinge opdrag: ●● Praat direk met die gehoor: maak oogkontak en gebruik gepaste verbale en nie- verbale tegnieke, soos die korrekte stemtoon, volume, frasering, gesiguitdrukkings en gebare. ●● Verwys in jou aanbieding na die verskillende bronne wat jy gebruik het. ●● Gebruik gepaste aanspreekvorme en herhalings soos“Dames en here” en “Ek wil beklemtoon dat…” ●● Bied ’n duidelike argument aan en bewys jou standpunt deur verskillende gepaste bewyse en motiverings te gebruik wat geldig en relevant is. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 6
AFDELING Unit XX 1 Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal Van die belangrikste mondelinge opdragte wat jy hierdie jaar onder die knie moet kry, is die volgende: ●● voorbereide toespraak ●● onvoorbereide toespraak ●● onderhoud ●● bekendstelling van ’n spreker ●● bedankings ●● paneelbesprekings ●● gesprekvoering ●● debat. Jou formele assesseringstake vir mondeling in Graad 10 bestaan uit die volgende: 1 luisteroefening= 15 punte 2 voorbereide toesprake [2 x 10]= 20 punte 1 onvoorbereide toespraak= 15 punte Totaal: 50 punte ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 7
AFDELING Unit XX 1 Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal Lees en kyk (Sien Afdeling 3 vir volledige hersiening oor hierdie komponent/fokus.) Hierdie afdeling bestaan uit 2 dele: Nie-literêre tekste Literêre tekste ●● Poësie ●● Begripstoets ●● Drama ●● Opsomming ●● Roman Die leesproses bestaan uit 3 fases: 1. Pre-lees In hierdie fase sal die onderwyser jou bekendstel aan die leesteks om jou te help om dit beter te verstaan. Leestegnieke soos vluglees en soeklees kan gebruik word en die onderwyser sal moeilike woordeskat ook met jou bespreek. Die doel van pre-lees is om vir jou ’n goeie geheelbeeld van die teks te gee voor jy dit werklik lees en daarop moet reageer. 2. Lees Noukeurige lees en verstaan van die teks. In hierdie fase moet jy só lees dat jy: ●● begrip toon van die betekenis van die teks ●● afleidings kan maak ●● hoofgedagtes kan identifiseer ●● taalstrukture en taalkenmerke kan herken. 3. Post-lees In hierdie fase moet jy reageer op die inhoude wat jy gelees het. Jy sal dus vrae beantwoord, die inhoude evalueer en jou eie opinie daaroor vorm. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 8
AFDELING Unit XX 1 Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal Nie-literêre tekste Hierdie is tekste wat jy lees om jou leesbegrip te bevorder, soos wanneer jy begripstoetse en opsommings doen. Jy sal met verskeie soorte tekste te doen kry: ●● leestekste soos artikels, koerantberigte, uittreksels en ander skryfstukke ●● illustrasies, spotprente ●● grafieke en diagramme ●● advertensies, ens. Jy moet onder andere die volgende leesvaardighede bemeester: ●● leestegnieke soos soeklees en vluglees ●● woordaanpakvaardighede om die betekenis van onbekende woorde af te lei ●● hoof en ondersteunende gedagtes opsom ●● kwessies verduidelik ●● afleidings en gevolgtrekkings maak ●● evalueer, vergelyk, kontrasteer ●● feite en menings onderskei ●● direkte en geïmpliseerde betekenis ●● denotasie en konnotasie ●● soort taal herken wat gebruik word, byvoorbeeld manipulerende taal ●● vooroordeel, diskriminasie en stereotipering identifiseer. Wanneer jou leesvaardighede geëvalueer word, sal dit nie net deur middel van geskrewe tekste gedoen word nie, maar jy moet ook visuele tekste kan interpreteer. Jy moet die funksie van die volgende kan identifiseer: ●● uitleg ●● kleur, lettertipes en lettergroottes ●● gebruik van opskrifte en onderskrifte ●● oorredingstegnieke ●● waardes, houdings en stereotipering ●● boodskap en betekenis van strokiesprente en spotprente. Deurlopend met die onderrig van hierdie verskillende lees en visuele tekste, sal daar ook gefokus word op woordeskatontwikkeling en taalgebruik, en hoe dit funksioneel aangewend word in die verstaan van hierdie tekste. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 9
AFDELING Unit XX 1 Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal Soos wat jy lees, sal daar dus ook veral gefokus word op die betekenisse van woorde deur op die volgende te let: ●● figuurlike taalgebruik ●● betekenis van voorvoegsels en agtervoegsels ●● tekstuele konteks van woorde om die betekenis van onbekende woorde te bepaal. ●● woorde met meer as een onderliggende betekenis ●● begrip vir algemene frases en spreekwoorde ●● onderskeid tussen woorde wat oor die algemeen verwar word ●● gebruik van een woord vir ’n omskrywing. Tydens lees sal daar ook as deel van die nuwe geïntegreerde benadering tot taalonderrig gelet word op die betekenis en funksie van taalstrukture soos: ●● verbindingswoorde ●● afkortings en akronieme ●● werkwoorde wat tyd, vorm en wyse akkuraat uitdruk ●● soorte sinne en die gebruik van bepalings en bysinne ●● lydende en bedrywende vorm ●● direkte en indirekte rede ●● korrekte woordorde ●● lidwoorde, infinitief, voorsetsels ●● leestekens. Bogenoemde leesvaardighede by nie-literêre tekste word op die volgende wyse geassesseer: Taak 4: Toets 1: Leesbegrip= 10 punte Opsomming= 10 punte Taak 7: Halfjaareksamen: Vraestel 1 – 70 punte Taak 11: Jaareindeksamen: Vraestel 1 – 70 punte ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 10
AFDELING Unit XX 1 Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal Literêre tekste Literêre tekste verwys na die gedigte, drama en roman wat julle in die klas gaan lees en behandel. Gedigte By die gedigte moet jy die inhoud só verstaan dat jy op die volgende 2 vrae kan antwoord: Wat word in die gedig gesê? Met ander woorde, watter boodskap wil die digter aan ons oordra? Hoe weet jy dit? – Op watter manier en met watter tegnieke dra die digter hierdie boodskap aan ons oor? Jy moet die volgende aspekte van poësie onder die knie kry: ●● letterlike en figuurlike betekenis ●● stemming ●● tema ●● beeldspraak ●● innerlike bou van die gedig: beeldspraak, stylfigure, leestekengebruik, herhaling, refreine, ens. ●● uiterlike bou van die gedig: versreëls, woorde, strofes, rym, halfrym, tipografie, enjambement, ens. Drama Wanneer julle die drama in die klas lees en behandel, is dit belangrik dat jy dit vir jouself visualiseer. Verbeelding is baie belangrik by die lees van ’n drama. Jy moet ook die dramatiese struktuur van die drama ken, sodat jy die verskillende stadiums daarvan kan identifiseer soos wat julle die drama lees. Nog ’n aspek wat uniek aan die drama is, is die gebruik van toneelaanwysings. Dit is baie funksioneel in die verstaan van die drama en jy moet dit ook kan verduidelik. Ander aspekte van die drama wat belangrik is om jou begrip van die teks te verbeter, is die volgende: ●● karakterisering ●● dialoog ●● tema ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 11
AFDELING Unit XX 1 Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal ●● agtergrond/milieu ●● stemming ●● ironiese wending ●● verband tussen dialoog en handeling ●● dramatiese ironie ●● tyd. Roman Wanneer julle die roman bestudeer, is dit belangrik dat jy die verskil verstaan tussen wat gebeur en waarom dit gebeur. Waarom iets gebeur, dui op die intrige van die roman. Die intrige kan ontrafel word deur veral te let op die interaksie tussen die karakters. Jy kan die inhoud van die roman vir jouself meer toeganklik en interessant maak deur dit op te som in ’n visuele grafiek (prente) of ’n skematiese voorstelling. Die volgende is belangrike aspekte wat sal help om jou begrip van die teks te bevorder: ●● karakter en karakterontwikkeling ●● innerlike en uiterlike konflik ●● rol van die verteller ●● tema ●● agtergrond en milieu en die invloed daarvan op die karakter en tema ●● stemming ●● tydsverloop. Die belangrikste is dat jy dit geniet om ‘n goeie verhaal te lees! Die literêre tekste word op die volgende wyse geassesseer: Belangrik: ●● Onthou, jy moet NOOIT die storielyn skryf by ’n literêre opstel nie. ●● Indien jy agterkom jy vertel die verhaal, moet jy weet jy is besig om van die onderwerp af te dwaal en jy beantwoord nie dit wat gevra is nie. ●● By ’n literêre opstel moet jy die inhoud van die verhaal interpreteer en hierdie interpretasie as korrek bewys deur slegs na sekere inligting in die verhaal te verwys. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 12
AFDELING Unit XX 1 Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal Saam met die korrekte inhoud, moet jy ook seker maak van die volgende: ●● struktuur van opstel: inleiding, verskillende paragrawe, slot ●● korrekte spelling ●● goeie woordeskat ●● korrekte sinsbou en woordorde. Skryf en aanbied (Sien Afdeling 4 vir volledige hersiening oor hierdie komponent/fokus.) Wanneer jy skryfstukke moet skryf, kan jy nie net vinnig wegspring en ’n skryfstuk een keer klaar skryf nie. Dit is belangrik dat jy die stappe in prosesskryf volg: ●● beplan/pre-skryf ●● skryf ’n eerste poging ●● hersien ●● redigeer ●● proeflees ●● aanbied. Dit is ook belangrik om die nasienrubriek goed te bestudeer sodat jy presies weet aan watter vereistes jou skryfstuk moet voldoen. Gee besondere aandag aan die volgende taalstrukture wanneer jy jou skryfstukke skryf: ●● woordkeuses ●● sinskonstruksies ●● woordkeuses ●● korrekte register, skryfstyl ●● korrekte spelling ●● korrekte leestekengebruik. Dit is baie belangrik dat jy die formaat van die verskillende skryfstukke baie goed moet ken en die korrekte skryfstyl moet gebruik. Hersien die aantekeninge oor die verskillende soorte skryfstukke baie deeglik. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 13
AFDELING Unit XX 1 Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal Die skryfstukke wat jy moet kan skryf, is hoofsaaklik die volgende: ●● die verskillende soorte opstelle: verhalend, beskrywend, argumenterend/ beredenerend ●● briewe: amptelike/formele briewe, vriendskaplike/informele briewe ●● vergaderingprosedures: agenda, notule ●● toespraak ●● dialoog ●● onderhoud ●● verslae (formeel en informeel) ●● resensie ●● koerantberigte en tydskrifartikels ●● CV ●● huldeblyk. Jy gaan in die eksamen 1 opstel (300-350 woorde) en 2 transaksionele tekste (180-200 woorde elk) moet skryf: Opstel – 50 punte 2 transaksionele tekste – (2 x 25)= 50 punte Totaal: 100 punte Die ander formele assesseringstake wat deur die jaar voltooi moet word, is die volgende: Taak 2: Opstel – 50 punte Taak 3: Transaksionele teks – 25 punte Taalstrukture en -konvensies (Sien Afdeling 5 vir volledige hersiening oor hierdie komponent/fokus.) In die verlede is daar formele taalonderrig per periode gedoen. Taalonderrig gaan nou meer deurlopend en geïntegreerd onderrig word. Jy moet dus sekere taalkonvensies en -strukture identifiseer in al die verskillende komponente van die taal en dit funksioneel kan toepas in die praktyk wanneer jy skryfstukke doen. Die volgende taalstrukture is belangrik: ●● woordvorming ●● woordsoorte ●● sinne en sinsdele ●● betekenisleer ●● woordeskat ●● lees- en skryftekens ●● klankleer en spelling. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 14
AFDELING Unit XX 1 Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal Bogenoemde taalafdelings is baie dieselfde as wat jy dit tot aan die einde van Graad 9 geleer het. Bykomend moet jy nou ook fokus op die volgende taalgebruiksvaardighede: Gebruik van verbindingswoorde: ●● woorde wat chronologiese verloop aandui ●● woorde wat oorsaak en gevolg aandui ●● woorde wat proses aandui ●● woorde wat teenstellings aandui ●● woorde wat orde van belangrikheid aandui ●● woorde wat veralgemening aandui ●● woorde wat op eie standpunt dui ●● woorde wat op klassifikasie dui ●● woorde wat op beskrywing dui ●● woorde wat op evaluering dui ●● woorde wat op samevatting dui. Dit is baie belangrik dat jy jou taalkennis voortdurend opknap en dit korrek in die praktyk kan toepas. Jou taalkennis gaan op die volgende wyse geassesseer word: Taak 4: Toets 1: Taal – 15 punte Taak 7: Halfjaareksamen: Vraestel 1 Taak 11: Jaareindeksamen: Vraestel 1 Ten laaste moet jy onthou ’n taal is net soos enige ander vak ook ’n leervak! As jy na al die voorafgaande inligting kyk, is dit maklik om te sien hoeveel leerwerk daar is: ●● Lees en kyk: gediginhoude, letterkundige terminonogie, struktuur van die drama, inhoud van die drama, inhoud van die roman, leesbegrippe, riglyne by die maak van die opsomming, ens. ●● Skryf en aanbied: die verskillende formate van skryfstukke. ●● Taalstrukture: alles soos aangedui op die voorafgaande lys. Gebruik nou die res van hierdie studiegids, maak seker jy hersien al die leerinhoude vir die vier hooffokusse van die vak (Afdelings 2-5) en berei voor vir die eksamen deur die voorbeeldvraestelle met memorandums (Afdeling 6) deur te werk. Afrikaans is ons trots. Werk hard, presteer in jou taal en geniet dit! ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 15
AFDELING Unit XX 2 HERSIENING: LUISTER EN PRAAT LUISTER EN PRAAT Die luisterproses vind in drie stadia plaas: pre-luister: hier bepaal jy die doel waarom jy luister luister: luister, besin en evalueer post-luister: besin oor aanbieding/gesprek Luister vir spesifieke inligting Luister, eerder as om net te hoor, is die sleutel tot enige intelligente respons op die wêreld rondom jou. In ’n wêreld waar tegnologie ’n eindelose hoeveelheid klank, stemme, musiek en gesprekke skep, is die vermoë om net te luister na dit wat betekenisvol of bruikbaar is, uiters belangrik. Soek dus gedurig betekenis in dit wat jy hoor en prosesseer hierdie inligting tot dit wat relevant vir jou is. Luister vir kritiese ontleding en evaluering ●● identifiseer en interpreteer oorredings-, gevoels- en manipulerende taal, partydigheid, vooroordeel en stereotipering ●● onderskei tussen feite en menings ●● reageer op styl, toon en register en evalueer korrek ●● oordeel en lewer bewyse ●● verstaan logiese volorde van inligting ●● maak aannames en voorspel gevolge ●● toon bewustheid van en interpretter toon, tempo en taalgebruik Luister vir waardering Om ’n teks te waardeer, beteken om die waarde daarvan te bepaal, dit ten volle te geniet en te begryp. Waardering kan jou ook dankbaar maak vir dit wat eie aan jou is. Goeie gesprekke is selde monoloë (wanneer slegs een persoon praat). Elke gespreksgenoot kry ’n beurt waarna daar na hom geluister word. Taal, gebare, oogkontak en liggaamstaal is uiters belangrike boustene vir ’n gesprek om te verseker dat daar na jou geluister sal word en wat dit vir jou aangenaam maak om na ander te luister. Onthou, die oordra van inligting word bepaal deur die verhouding tussen taal en kultuur. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 16
AFDELING 2 HERSIENING: LUISTER EN PRAAT Praat/Gesels Dit is belangrik dat jy leer hoe om gemaklik met mense te gesels. In ’n gesprek is daar mense wat praat en dié wat luister. Vir sommige van ons is dit maklik om met ander te gesels, vir sommige nie. Kyk na die volgende riglyne om jou te help: Probeer hierdie wenke as jy in ’n informele geselskap betrokke is : ●● Lees tydskrifte, koerante en boeke en kyk na aktuele programme op TV sodat jy iets het om oor te gesels ●● As jy die mense ken met wie jy gaan gesels of saamwerk, vind vooraf uit oor hul belangstellings en kry inligting daaroor. ●● Kry ’n paar vrae gereed sodat jy dadelik iets het om te vra en volg antwoorde op met nog vrae. (As jy met ’n meisie uitgaan wat mal is oor ballet, kry inligting van iemand wat jou kan inlig of doen naslaanwerk in die biblioteek) ●● Goeie lyftaal sal help om die ander mense in die geselskap gemaklik te laat voel. ●● Luister aandagtig na die spreker en kyk hom of haar in die oë. ●● Antwoord beleefd op ander se vrae en brei uit waar nodig. Goeie maniere bevorder kommunikasie : ●● Die lees en stuur van sms’e in ’n geselskap is swak maniere. ●● As jy ’n belangrike oproep verwag, sê vooraf vir die mense in die geselskap daarvan. ●● Indien jou selfoon lui, maak verskoning en verlaat die geselskap; moet nooit jou gesprek in die geselskap voer nie. Kom gou weer terug. ●● Vermy die gebruik van elektroniese toerusting sonder die toestemming van die geselskap. (neem foto’s/video’s, die opneem van inligting) ●● Vermy grappies wanneer die gesprek oor ernstige sake gaan. ●● Daar is sekere taboe-onderwerpe in goeie geselskap: bv. ouer mense se ouderdom, iemand se bankbalans, rassistiese grappies ●● Wees hoflik en praat duidelik in goeie Afrikaans. ●● Inisieer die gesprek en hou dit vol, maar moenie die gesprek oorheers nie. ●● Moenie ’n spreker in die rede val nie; wag jou spreekbeurt af. ●● Wanneer iemand by die geselskap aansluit, skep ook vir hom ’n spreekbeurt. ●● Respekteer en toon begrip vir ander se menings. ●● Stel jou standpunt en verdedig dit. ●● Bly kalm as iemand jou uitlok. ●● Wanneer ’n opmerking of vraag onduidelik is, vra die spreker om te verduidelik. ●● Betrek almal by die geselskap – ook die stilles. ●● Vra neutrale vrae om ongemaklike stiltes te verbreek. ●● Lei die gesprek altyd weer na die oorspronklike onderwerp terug. ●● Indien die gesprek of bespreking in ’n vergadering plaasvind, moet die voorsitter altyd aangespreek word. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 17
AFDELING Unit XX 2 HERSIENING: LUISTER EN PRAAT Voorbereide toesprake Die formlele praatproses vind in drie stadia plaas: ●● beplanning, navorsing en organisering ●● voorbereiding ●● aanbieding Beplanning : ●● gebruik die gepaste register, styl en toon volgens die gehoor, doel, konteks en tema ●● gebruik toepaslike taal ●● demonstreer kritiese taalbewustheid deur feite, menings, denotatiewe en konnotatiewe betekenis en geïmpliseerder betekenis te verduidelik ●● gee uitdrukking aan waardes en houdings en toon bewustheid van partydigheid, stereotipering, gevoels-, oorredeings en manipulerende taal ●● gebruik bronne en verwysingsmateriaal om die aanslag en akkuraatheid van aanbiedings te verhoog ●● gebruik ’n treffende inleiding, dit trek en behou die aandag ●● sorg dat jou inligting logies en chronologies is ●● kyk na die skryf van ’n toespraak by Skryf en aanbied Jou beplanning van jou toespraak vorm jou gedagtes. Voorbereiding : ●● sorg dat jy vertroud is met die inligting in jou toespraak ●● sorg dat jy glo in dit wat jy gaan oordra ●● ken jou toespraak se inhoud, nie noodwendig uit jou kop nie, maar sodat jy verstaan wat jy wil sê Aanbieding : ●● praat direk met die gehoor ●● gebruik intonasie en frasering ●● gebruik gepaste aanspreekvorme ●● maak gebruik van verbale en nieverbale tegnieke soos toon, volume, stemprojeksie, tempo, frasering, oogkontak, gesigsuitdrukking, gebare en liggaamstaal om jou aanbieding te versterk Onvoorbereide toespraak ●● gebruik toon, stemprojeksie, tempo, oogkontak, liggaamshouding en gebare om jou te help in om aanklank by die gehoor te kry ●● gebruik gepaste en doeltreffende woordeskat ●● gebruik ’n effektiewe inleiding en slot ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 18
AFDELING 2 HERSIENING: LUISTER EN PRAAT Onderhoud Kyk by die Onderhoud by Skryf en Aanbied Tydens die onderhoud, nadat jy goed voorbereid is: ●● gebruik vraagstelling, oorreding, die afneem van notas, maak van opsommings, goeie luistervaardighede en nieverbale kommunikasie ●● wees ingelig oor dit wat jy wil weet Onderhoudstegnieke: ●● stel jouself in die inleiding bekend en verduidelik die doel van onderhoud ●● skep ’n vertrouensverhouding ●● stel relevante en toepaslike vrae ●● teken response aan vir latere gebruik ●● bedank die persoon met wie die onderhoud gevoer is en kry kontakbesonderhede indien nodig Paneelbespreking Elke spreker praat oor ’n bepaalde aspek van die onderwerp voor ’n gehoor. Gebruik konvensionele/alledaagse/gewone uitdrukkings Pligte van die voorsitter: ●● handhaaf orde ●● bestuur die tyd ●● hou by die agenda ●● moedig deelname aan ●● bly neutraal ●● vra vir voorstelle of stemme Die opmerkings word nie vooraf beplan en geoefen nie, maar volg spontaan. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 19
AFDELING 2 HERSIENING: LUISTER EN PRAAT Debat ●● Resolusie: die standpunt waaroor twee spanne redeneer ●● Repliek: verduidelik waarom een span van ’n ander span verskil ●● Bevestigende sprekers: stem bewysbaar saam met voorstel/resolusie ●● Opponerende sprekers: stem bewysbaar nie saam met resolusie nie Debatsprosedures ●● onderwerp en eerste argument word deur die eerste bevestigende spreker gestel ●● eerste argument word deur die eerste opponerende spreker gestel ●● tweede bevestigende spreker stel sy span se argument ●● tweede opponerende spreker stel sy span se argument ●● die bevestigende en opponerende spanne kry elk ’n pouse van 5 – 10 minute om hul repliek voor te berei ●● elke span is verplig om hul teenstanders se argumente te weerlê en om hul eie saak te bevestig en te verdedig ●● die opponerende span lewer twee replieke op die bevestigende span se twee argumente en stel hul eie twee redes ●● die bevestigende span lewer twee replieke op die opponerende span se twee argumente en stel hul eie twee redes ’n Volledige en uitstekende uiteensetting van debatvoering word in HOOFSTUK 2 van die Via Afrika Afrikaans Huistaal Leerderboek gegee. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 20
AFDELING Unit XX 3 HERSIENING: LEES EN KYK LEES Lees is ’n aktiwiteit met drie fases wat gebaseer is op onafhanklike luisterstrategieë vir die dekodering en begrip van tekste. Elke stap sal nie altyd gebruik word nie. LEESPROSES ●● Pre-lees: dit stel die leerders aan die teks bekend en aktiveer assosiasies en vorige kennis. ●● Lees: dit verwys na die verstaan van die teks en om nadere aandag te skenk aantaalkenmerke daarvan ●● Post-lees: dit stel die leerders in staat om die teks as geheel te beskou en daarop te reageer. LEESTEGNIEKE en –STRATEGIEë ●● Vluglees: lees vlugtig die opskrif en eerste sin van elke paragraaf/moontlike hoofgedagtes ●● Soeklees: soek slegs vir spesifieke inligting (bv. ’n datum/naam/gebeure/nommer/ ens) ●● Maak voorspellings/lei betekenisse af/herlees en kyk weer/visualiseer/maak notas/ verduidelik kwessies/maak afleidings en gevolgtrekkings/evalueer/vergelyk en kontrasteer/vorm sinteses ●● hoof- en ondersteunende gedagtes: haal slegs die hoofgedagtes uit die leesstuk en skryf dit in die formaat soos gevra ●● psomming: soos jy dit doen in diagramme/borrels/kleur/ens ●● precis: hoofgedagtes in volsinne in EEN PARAGRAAF volgens ’n spesifieke aantal woorde ●● puntsgewys: elke hoofgedagte genommer/nog steeds in enkelvoudige volsinne ●● Kritiese taalbewustheid deur die volgende : ●● feit: dit wat bewysbaar is. Woorde soos: bewys/navorsing/navorser/studies /statistiek/ens. evestig ’n feit ●● mening: dit is nie statisties bewysbaar nie. Woorde soos: meen/dink/volgens iemand/glo/mense sê/ens. bevestig ’n mening ●● motiveer jou eie respons: dit kan gedoen word slegs as genoegsame kennis oor die leesstuk bestaan en die leser sy/haar respons daaruit kan formuleer ●● direkte en geïmpliseerde betekenis: daar word direk ’n stelling gemaak en wanneer iets geïmpliseer word beteken dit jy lei dit af a.g.v. dit wat gesê, of gedoen of moontlik geïnisieer is ●● donotasie: letterlike betekenis ●● konnotasie: figuurlike betekenis ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 21
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK ●● sosio-politieke en kulturele agtergrond van tekste en outeur: dit is belangrik om te weet uit watter agtergrond ’n teks geskryf is – dit verklaar baie van die betekenis van die teks, bv. ’n Kleurling digter se woordgebruik ●● invloed wat seleksie en weglating op die betekenis van ’n teks het: dit wat in die teks geplaas is en dit wat om spesifieke redes uitgelaat is, moet die leser weet om die teks te kan verstaan bv. ’n skry wer wat in die tronk was sê dit nie in sy/haar teks nie, maar dit beïnvloed die teksbetekenis ●● verhouding van mag en taal: die taal is magtig en woordgebruik het ’n magtige invloed om lesers/gebeure te beïnvloed/te manipuleer ●● gevoels- en manipulerende tegnieke: dit beïnvloed die betekenis van die hele teks INTERPRETASIE VAN VISUELE TEKSTE (grafiese en visuele tekste) Visuele geletterdheid speel ’n groot rol in ’n verskeidenheid van tekste. Ontwerpers van advertensies gaan byvoorbeeld baie slim te werk deur van verskillende mediums gebruik te maak om sodoende ’n bepaalde boodskap oor te dra, bv. ●● Lettergrootte en lettertipe: hoe groter die letters, hoe meer aandag sal daarop gevestig word. Belangrike gedagtes of woorde kan deur lettergrootte uitgehef en sodoende beklemtoon word. Die spesifieke lettertipe wat gebruik word, sluit gewoonlik aan by die boodskap van die teks. Indien die teikenmark van ’n advertensie byvoorbeeld jong kinders is, kan die lettertipe moontlik in ’n kinderlike handskrif aangebied word. ●● Hoof- en sub-opskrifte: is gewoonlik die grootste en verskeie maniere (soos kleur en lettergrootte) word aangewend om hierdie opskrif te laat uitstaan. Die hoofopskrif moet die leser se aandag trek om sodoende te verseker dat die res van die teks ook gelees word. Die sub-opskrif is kleiner en word gebruik om meer inligting aan die leser te verskaf. ●● kleurgebruik ●● spesifieke praatborrels ●● suggesties: bv. rook wat trek suggereer iets wat brand ●● spotprent: alles op ’n spotprent moet in ag geneem word wanneer die betekenis daarvan bepaal word (die skematiese voorstellings is in die plek van geskrewe paragrawe) ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 22
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK Om ’n teks maksimaal te kan interpreteer, moet daar na alle moontlike inligting gekyk word en die doel daarvan verstaan word. WOORDESKATONTWIKKELING EN TAALGEBRUIK Literêre begrippe sal hierna gegee en verklaar word, maar alle verdere begrippe onder dié opskrif word deeglik onder Geïntegreerde taal en Skryf en aanbied bespreek. Die woordeskat en taalgebruik is slegs van waarde en betekenis binne ’n spesifieke konteks. Beeldspraak en stylfigure word slegs behandel soos wat dit in die gekose tekste voorkom. KENMERKE VAN LETTERKUNDE TEKSTE Literêre begrip Betekenis Voorbeeld idiomatiese uit- vaste uitdrukkings – eie aan ’n taal noustrop trek drukkings spreekwoorde kort gesegde waarin gewoonlik ’n les môrestond het goud in die mond ingesluit is retoriese vraag vraag sonder direkte antwoord – leser wie het nie die afgelope week geson- word gedwing om oor saak te dink dig nie? Literêre begrip Betekenis Voorbeeld Beeldspraak vergelyking twee dinge word vergelyk o.g.v. twee of hy lyk nes ’n nat hoender meer ooreenkomste deur nes, net soos, soos en as te gebruik metafoor ’n beknopte vergelyking, daar word egter hy is ’n jakkals (’n skelm) nie gesê iets is soos ’n ander nie, maar dit IS die ander personifikasie nie-menselike voorwerp kry menslike die wind huil eienskappe Stylfigure metonimia ’n saak word benoem volgens dit wat die ketel kook (bedoelende die water daarmee geassosieer word kook) klanknabootsing nabootsing van klanke die kar maak “brrrrrrr” hiperbool oordrywing die water was so veel soos ’n oseaan kontras twee sake word in teenstelling met me- swart en wit kaar geplaas om ’n beeld duideliker na vore te bring ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 23
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK Literêre begrip Betekenis Voorbeeld ironie die teenoorgestelde gebeur as wat ver- die beste elektrisiën is dood geskok wag word satire spot met verskynsels wat nou in die Afrikaners is taalsnobiste maar praat samelewing voorkom meer Engels humor komiese/snaakse sarkasme dit wat bedoel word, word direk gesê om Gee jy dan die antwoord, jy is mos die spot/ontevredenheid aan te dui so slim antiklimaks wanneer iets belangriks omgeswaai word die held in ’n film word skielik die na iets nietigs boef klimaks hoogtepunt simboliek om ’n abstrakte begrip konkreet uit te ’n wit duif in die plek van vrede beeld eufemisme versagting – laat iets onaangenaams met verwissel die tydelike met die ewige ’n mooier woord beter klink (as iemand dood is) litotes word gebruik om ware/valse beskeiden- verwys na sy duur motor as ’n “ou heid uit te druk karretjie” sinekdogee gedeeltelike benoeming – net ’n onder- hy is met sy raket hier uit (impliseer deel word genoem maar die geheel word dat hy gaan tennis speel) geïmpliseer sinestesie sintuiglike verwarring – jy ervaar iets met jy ruik die groen gras ’n ander sintuig as die normale antitese: teenstelling waar twee uiterstes teenoor in die songloed van ons somer, mekaar gestel word in ons winternag se kou • paradoks • ’n skynbare teenstelling – by nadere • wit duisternis ondersoek het die twee dinge wel iets met mekaar te doen • oksimoron • opsetlike bymekaarplaas van twee • siende blind/horende doof teenstrydige woorde antonomasia wanneer ’n eienaam as gebruiksnaam koop Skip ook asb gebruik word (bedoelende wasgoedseep) elisie weglating van ’n lettergreep om by ritme kyk daar’s druppels op jou mou in te skakel woordspeling woorde kan binne sekere kontekste ver- die rys/reis was lekker skillende betekenisse hê stemming gemoedsgesteldheid/atmosfeer van ’n situasie Innerlike bou van ’n gedig woordkeuse elke woord in ’n gedig moet presies inpas om maksimale trefkrag/betekenis te hê ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 24
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK Literêre begrip Betekenis Voorbeeld refrein dieselfde woorde wat telkens na ’n strofe herhaal word herhaling word gebruik om gevoelens van hartseer/vreugde/eensaamheid/ens aan te dui of om kernbegrippe te beklemtoon tipografie dit is hoe die gedig gedruk is – m.a.w. die bou van die gedig • strofebou • versbou • inversie • inkeping • leestekens • tipografiese wit • alleenplasing • skuinsdruk • titel en subtitel emosionele reak- woordjie “O” lok emosie uit sies woordkeuse elke woord in ’n gedig het ’n spesifieke doel en betekenis punktuasie : • punt (.) • sluit ’n bepaalde gedagte/frase af • kommapunt (;) • kerngedagte word geïsoleer • komma (,) • pouse word geskep wat soms as uitheffingstegniek dien • aandagstreep (-) • vestig aandag op verdere inligting/dui parentese aan • hakies ( ) • dui parentese aan • dubbelpunt (:) • verduideliking volg/direkte rede • ellips (…) • onvoltooide stelling/suggestie (ook beletselteken genoem) • uitroepteken (!) • verleen trefkrag aan sekere gedagte • hoofletters (H) • beklemtoon woord • skuinsdruk (i) • aanhaling/beklemtoning van woorde toon stembuiging/manier van praat/intonasie progressie vordering t.o.v. tyd/gebeure/emosies/individue tot groepe/vreemdelinge tot bekendes inversie belangrike woorde staan op ’n ander plek as wat die normale woordorde sou vereis Uiterlike bou van ’n gedig versreëls een reël in ’n gedig (nie ’n sin nie) strofes versreëls wat saam gegroepeer is in ’n gedig – strofes bestaan uit verskillende versreëls : • twee versreëls : koeplet • drie versreëls : tersiene • vier versreëls : kwatryn • vyf versreëls : kwintet • ses versreëls : sekstet • agt versreëls : oktaaf ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 25
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK Literêre begrip Betekenis Voorbeeld rympatrone volrym: binnerym (woorde wat in een reël met mekaar rym) eindrym: paarrym (aabb) kruisrym (abab) omarmende rym (abba) slagrym (aaaa) gebroke rym (rym is wel teenwoordig/ sonder vaste patroon) rym woorde in die rymsposisie word uitgehef ritme/metrum/ deur die klem op opeenvolgende woorde te laat val, word sekere woorde/ versmaa betekenisse uitgehef tipografiese wit wit gedeeltes tussen paragrawe/strofes: dui ’n verandering aan halfrym alliterasie : herhaling van dieselfde konsonant assonansie : herhaling van dieselfde vokaal • kernwoord word aan die hand van dieselfde klank uitgehef • bepaalde atmosfeer word geskep/versterk • versterk musikaliteit van ’n gedig enjambement een reël gaan oor na ’n ander sonder ’n leesteken • verdoesel die eindrym • bevorder vloeiendheid • versnel tempo • bind verse en strofes tot ’n eenheid • woord aan die begin van ’n reël word uitgehef ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 26
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK POëSIE Daar is twee kernvrae wat leerders oor ’n gedig moet vra: Wat word gesê? Hoe weet ek dit? Die tweede vraag dien as motivering op die eerste vraag en tog is daar nie altyd finaliteit met betrekking tot die interpretasie van ’n goeie gedig nie. Tema en boodskap: Die tema van ’n gedig is die sentrale boodskap, kerngedagte of lewenswaarheid wat die digter met die skryf van die gedig wil oordra. Die tema is nie gebind aan tyd, plek of karakters nie. Jy mag byvoorbeeld nooit na spesifieke karakters in jou tema verwys nie. Dis ’n universele boodskap wat op enige persoon van toepassing kan wees. Soorte gedigte : Verhalende gedigte Ballade Dit is ’n verhalende gedig, met of sonder ’n refrein* lees soos ’n storie Epos/Heldedig Dit is ’n verhalende gedig waarin heldedade of die lewens van gode breedvoerig beskryf word. Bv. Raka (NP van Wyk Louw) Dramatiese Dit is ’n verhalende gedig waarin die spreker met homself monoloog/ in gesprek tree. Alleenspraak Liriese gedigte Sonnet Dit is ’n gedig met ’n vaste vorm en 14 versreëls. Daar is gaan meer om die twee vorme van die sonnet: Engels/Shakesperiaans en emosie van die Italiaans/Petrarcaans. digter Ode/Loflied Dit is ’n liriese lofdig oor ’n spesifieke onderwerp, bv. die liefde. Elegie/Klaaglied/ Dit is ’n gedig oor die dood van ’n geliefde. Lykdig/ Treursang/Treurdig Haikoe Dit is ’n liriese digvorm wat in Japan ontstaan het en bestaan uit drie kort versreëls sonder rym. Reël 1 het vyf lettergrepe, reël twee 7 en reël drie 5 lettergrepe. Ander digsoorte Vrye vers Geen funksionele leesteken- en hooflettergebruik. Geen vaste rymskema Versreëls en strofes nie ewe lank nie Praatpoësie Blanko vers Dit is ’n gedig sonder rym. Limeriek Dit is ’n grappige, kort vers van vyf reëls. Die rymskema is aabba. Parodie Dit is ’n gedig wat ’n ander ernstige gedig naboots en grappig van aard. Hekeldig/Spotdig Dit is ’n gedig waarin daar gespot word met euwels van die samelewing. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 27
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK DRAMA Drama het te doen met beweging, stem, lig en donker, interaksie, handeling en opvoering. Voordat ons na die bou van ’n drama kyk, is daar belangrike woordeskat, wat met ’n drama verband hou, wat jy moet ken. ●● ’n Dramaturg is die skrywer van ’n drama. ●● Voor in elke drama is daar ’n lys van al die karakters wat in daardie betrokke drama speel. Dit word die dramatis personae genoem. ●● ’n Dramateks word verdeel in bedrywe en die bedrywe word weer in tonele verdeel. ●● Die toneelaanwysings gee vir die leser ’n verduideliking van hoe die stel lyk en waar die toneel plaas vind. ●● Dekor is die versierings wat geskep word om die plek waar die toneel afspeel, voor te stel. ●● Alle ekstra benodigdhede behalwe die dekor word die rekwisiete genoem. ●● Die dramateks bestaan uit die hoofteks (die dialoog) en die neweteks (aanwysings in kursief gedruk). Dit is belangrik dat ons die bou van die drama ten volle verstaan. Die intrige of die plot word gevorm deur die botsing tussen die twee strydende partye in die drama. Dit lei tot die spanning in die drama. Daar is ses fases wat in ’n drama geïdentifiseer kan word. 1. Eksposisie (uiteensetting) In hierdie eerste fase maak die leser kennis met al die noodsaaklikste besonderhede bv. die karakters en hul verhoudings tot mekaar, die tyd en die ruimte waarin die drama afspeel. 2. Motoriese moment Dit is die oomblik wat die gebeure aan die gang gesit word. Sonder ’n motoriese moment, kan die res van die drama nie plaasvind nie. Dink bv. aan Rooikappie. Indien haar ma haar nie met die mandjie eetgoed na Ouma toe gestuur het nie, sou die Wolf haar nooit raakgeloop het nie en sou die res van haar wandeling deur die bos sonder voorval verloop het. 3. Ontwikkelingsfase Die ontwikkelingsfase is waar die verloop van die drama plaasvind. Hier wil dit voorkom asof ’n botsing tussen die twee opponerende magte onafwendbaar is. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 28
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK 4. Krisisfase Tydens hierdie fase vind daar uiterlike of innerlike botsing vanweë verskillende denkwyses plaas. 5. Klimaks (hoogtepunt) In die klimaks bereik die botsing ’n breekpunt. Tydens hierdie fase moet daar gewoonlik ’n keuse gemaak word of een van die partye sal as wenner uit die stryd tree. 6. Ontknoping Hier is daar ’n duidelike afname in spanning voor die slot en dit val gewoonlik saam met ’n oplossing. Die drama neem ’n wending na een of ander kant toe. ASPEKTE IN DIE DRAMA WAT HELP OM DIE TEKS TE BEVORDER karakterisering : die manier hoe die akteur die spesifieke karakter vertolk om die karakter so ver moontlik lewensgetrou weer te gee vertellers/vertellersperspektief : die akteurs wat die karakters vertolk, is die vertellers tema en boodskap : dit is die sentrale boodskap, kerngedagte of lewenswaarheid wat die skrywer wil oordra. Die tema is nie gebind aan tyd, plek of karakters nie. Jy mag byvoorbeeld nooit na spesifieke karakters in jou tema verwys nie. Dit is ’n universele boodskap wat op enige persoon van toepassing kan wees agtergrond/milieu : die verhoog en dekor intrige en subintrige: (dit is die ses fases hierbo genoem) reeks gebeurtenisse/situasies in ’n verhaal wat tot ’n klimaks ontwikkel – dit help om ’n span ningslyn daar te stel ironiese wending/afloop: die teenoorgestelde van wat verwag word, gebeur en dit bring ’n wending (draai) in die verhaal mee toneelaanwysings/subteks: dit wat in hakies in die teks gegee word sodat die regisseur en akteurs presies weet wat die dramaturg verwag dialoog : gesprekke tussen mense monoloog : wanneer een karakter ’n “gesprek” met die gehoor voer dramatiesse ironie : wanneer die gehoor of leser weet wat gaan gebeur, maar die betrokke karakter weet nie wat gaan gebeur nie handeling: die optrede van die karakters tyd : die tyd wat dit neem om die drama op te voer/wanneer drama geskryf is ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 29
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK ROMAN/KORTVERHALE Alle kulture en die meeste mense se lewe bestaan uit stories. Die genot om ’n goeie storie te lees, bly die belangrikste. ASPEKTE IN DIE ROMAN/KORTVERHAAL WAT HELP OM DIE TEKS TE BEVORDER karakterisering: hoe leer ons ’n karakter ken? vier karakteriseringstegnieke : • deur dit wat die karakter self sê • deur dit wat die karakter doen • deur dit wat die ander karakters van hom/haar sê • deur dit wat die verteller van hom/haar sê karakters : • Hoofkarakter: Die hoofkarakter is die sentrale figuur waarom die gebeure draai. Hy word die beste belig in die verhaal. Hy ondergaan karakterontwikkeling in die verhaal. Dit is die persoon wat die leser die beste leer ken en wie se innerlike en uiterlike die beste uit gebeeld word. Die persoon bly konstant op die voorgrond en is die middelpunt van die ander karakters se gesprekke en ged agtes. Hoofkarakters word soms ook ronde karakters genoem. • Newekarakters: Newekarakters is bykomende karakters wat in die verhaal betrek word om die hoofkarakter te belig en die verhaalgebeure te bevorder. Hulle help om gestalte te gee aan die milieu waarin die hoofkarakter beweeg en verskaf die moontlikheid van botsing of konflik waarin die hoofkarakter sy innerlike kan openbaar. Die newekarakters ondergaan geen noe menswaardige karakterontwikkeling nie. Newekarakters word ook plat karakters genoem. karakterontwikkeling : daar vind verdieping by 'n karakter plaas/die karakter kom tot ander insigte vertellers/vertellersperspektief/ eerstepersoonsverteller : karakter in verhaal en vertel uit eerstepersoonsperspektief, ook ek-verteller genoem derdepersoonsverteller : nie ’n karakter nie, vertel verhaal uit derdepersoonsperspektief en moet by die situasie/karakter wees om te kan vertel alomteenwoordige verteller : nie ’n karakter nie, vertel verhaal uit derdepersoonsperspektief MAAR hoef nie by die situasie/karakter te wees om dit te vertel nie tema en boodskap : soos by drama agtergrond/milieu : Dit is die plek of agtergrond waar ’n verhaal afspeel, bv. kleredrag/ tegnologie/geldeenheid/ens. Dit bepaal baie keer ’n karakter se gemoedstoestand en optrede. Soms ondersteun die ruimte die emosies en gevoelens van ’n karakter intrige en subintrige/spanningslyn : soos by drama ironiese wending/afloop/stemming : soos by drama innerlike konflik : Dit vind plaas wanneer daar konflik in die karakter se gemoed is, wanneer hy bv. ’n geestelike, emosionele of morele wroeging beleef. uiterlike konflik : Hierdie soort botsing kan fisies van aard wees, soos byvoorbeeld ’n vuisgeveg, of dit kan iets wees soos argumente en redenasies, selfs ’n kyk vol haat of verwyt. tydsverloop/chronologie: opeenvolging van tyd terugflitse : flitse na gebeure/mense in verlede, maar keer dadelik terug na storie terugspronge : dit waarheen teruggespring word, word nou vertel/verduidelik verteltyd : hoe lank dit vat om die verhaal te vertel/te lees (tyd of aantal bladsye|) vertelde tyd : in watter tyd is die verhaal geskryf (verlede/teenwoordige tyd)/ tyd waarin vertel word. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 30
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK FILMSTUDIE Alhoewel die hantering van ’n film dieselfde onderrigpatroon as dié van ’n drama/ roman kan hê, verdien die begrip kinematografiese tegnieke spesiale aandag. Om ’n film aandagtig en akkuraat te “lees”, hang grootliks af van die mate waartoe die kyker bewus is van die volgende aspekte : Dialoog in die film: ●● Dialoog dui op die verbale kommunikasie tussen karakters. ●● Die karaktereienskappe van ’n persoon kan uit sy dialoog afgelei word, daarom moet die draaiboekskrywer baie aandag skenk aan die juiste woord. ●● Die dialoog moet aanpas by die situasie waarin die karakter hom bevind. ●● Die dialoog moet ook in ooreenstemming met die handeling wees. ●● Dialoog in die film moet by die tema aansluit. ●● Leon van Nierop, bekende resensent sê die volgende oor dialoog: ●● Daar moenie te veel dialoog wees nie. Die minimum dialoog moet gebruik word om ’n hele wêreld te skep. ●● Die krag van die stem en oë is dikwels genoeg om emosie oor te dra – is woorde dan nog nodig? ●● Minder dialoog, maar die manier waarop dit oorgedra word, het meer effek. ●● Woorde is kommunikasie, maar daar kan ook gekommunikeer word sonder woorde. Handeling in die film: ●● Handeling in die film dui op die optrede van die karakter, byvoorbeeld sy liggaamshouding en die bewegings wat hy uitvoer. ●● Die handeling van die persoon is karakteropenbarend, met ander woorde hoe ’n persoon in ’n sekere situasie optree, sê vir die kyker watter soort persoon hy is. ●● Handeling en dialoog moet nou by mekaar aansluit. ●● Handeling, sonder dialoog, word dikwels in films as enigste manier van kommunikasie aangewend, byvoorbeeld gesigsuitdrukkings, afwerende of uitnodigende handgebare ens. ●● Die regisseur is in beheer van die hele film. Hy laat die kyker deur sy regie sien wat hy wil hê gesien moet word. Sodoende help hy met die interpretasie van die teks, volgens Leon van Nierop. Die regisseur sal dus ook die handeling van die karakters haarfyn uitwerk. Skok: (hoe dit geskep word?) Dit word geskep deur klank, musiek, vae beelde, agterplasing, dramatiese ironie en kleurgebruik ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 31
AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK Kinematografiese tegnieke • kleur : • helder kleure: trek dadelik die kyker se aandag • kleur as ’n motief: bv. ’n kind wat verdrink het ’n rooi jassie aan – later laat dink alle rooi klere die kyker aan ’n tragedie • swart en wit: dit dra by tot die betekenis van die film en later lyk dit of die swart-en-wit-film in kleur is • onderskrifte : Die dialoog wat in skrif onderaan die beeld verskyn in die taal van keuse • komposisie : Dit is die rankskikking van beelde en beweging in ’n spesifieke verhouding tot me- kaar in ’n spesifieke spasie/raam • dialoog : D.m.v. die dialoog tussen karakters gee die regisseur die belangrikste inligting van die film deur aan die kyker Dialoog moet egter so ekonomies moontlik gebruik word – dit moenie vertel dit wat die kyker reeds sien nie • musiek : Dit beklemtoon die atmosfeer wat die regisseur daar wil stel Dit wek sekere emosies op/kan die kyker inspireer/waarsku jou soms op naderende gevaar/dit kan spanning skep of verlig • klank : Dit skep die atmosfeer – bv. klanke het baie keer ’n groter impak op die kyker as die beelde wat gesien word • beligting : Die hoeveelheid lig wat op die beeld is, beklemtoon dit wat die regisseur wil hê die kyker moet sien, bv. die helfte van die man se gesig is sigbaar en die ander helfte is in donker gehul/die voorgrondkarakter is in rook gehul en die agterste karakter is dof – albei hierdie beelde skep spanning • redigering : Dit beteken die aanmekaar sit van een fotoskoot/reekse skote op die mees effek- tiewe manier Die seleksie skote, die tydsberekening en plasing van skote maak of breek ’n film • rame : Dit is die beeld wat op ’n spesifieke oomblik op die skerm sigbaar is • kameraskote : Die regisseur maak van verskillende kameraskote gebruik om ’n stelling te maak: • Verskoot – ’n groot area word gesien en nie al die karakters in detail nie • Mediumskoot – gewoonlik in die meeste dele van ’n fliek • Nabyskoot – fokus op die karakter of objek • kamera - Verskillende tegnieke word gebruik om sekere beelde te skep : beweging : • Volgskoot: Die kamera volg die bewegende karakter • Kantelbeweging: Die kamera word gedraai (gekantel) van horisontaal na vertikaal. • Rolwaskoot: Die kamera is gemonteer op ’n karretjie/waentjie en beweeg saam met die beweging van die karakter. • Swaaibeweging: Vinnige en stadige swaaibewegings word gebruik om verskillende effekte te verkry. • voorplasing : Gewoonlik die belangrikste deel/karakter van die spesifieke raam/toneel • agterplasing : Dit wat die kyker slegs vaag in die agtergrond kan waarneem – nie baie duidelik nie Skep ’n gevoel van afwagting/vrees/verrassing Bron: Leon van Nierop, Seeing Sense on Film Analysis, 1998 ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 32
AFDELING Unit XX 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED SKRYFPROSES ’n Mens kry ’n keuse van temas waaroor jy kan skryf. Voordat jy een kies en sommer net begin skryf, is daar ’n proses wat jy moet volg om sodoende die beste opstel te skryf. Hier volg die prosesse: Jy het bv. die volgende drie temas gekry en weet glad nie watter een om te kies nie. Doen BREINSTORMS met al drie. (’n Breinstorm beteken jy skryf ENIGIETS neer wat in jou kop kom nadat jy die gegewe tema gesien het - moenie redes/verbande soek nie, skryf net soveel as moontlik idees neer) Die dag op die berg . . . graadkry sportsoorte vakansie swot span boer matriek kaptein grot vakkeuses sportbeurse verkluim matriekvakansie Springbokkleure bergwater lees toernooie verdwaal werk vakansieromanse abseiling trou beserings verlief/verlowing vrou en kinders balans beloning toekomsplanne wild wilddiewe Besluit nou op een van die temas en besluit oor watter onderwerp wat in jou breinstorm staan, jy wil skryf. Kyk of daar aspekte is wat bymekaar pas/of aansluit. Nou maak jy ’n BREINKAART met jou onderwerp as middelppunt. Maak bene vanuit die onderwerp met onderafdelings - soveel as moontlike idees waaraan jy kan dink. Nou moet jy jou geskrewe idees begin orden en in volgorde begin skryf. Formuleer ’n TITEL. Byvoorbeeld: My toekomsplanne ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 33
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED opvoeding ambisie belangstellings wat kort ek om my droom wat wil ek bereik? watter van my te verwesenlik? wat is my droom? belangstellings gaan help het ek die regte vakke? hoe gaan ek dit bereik? om my droom te kry? is ek in die regte skool? wat moet ek hieromtrent doen? mense het ek mense nodig om my werksgeleenthede droom te verwesenlik? watse werk gaan ek doen? wie is die mense en waarom waar gaan ek werk kry? hulle? is dit betalend? wat moet ek doen sodat hulle is dit wat ek wil doen/ my kan help? is dit my droom? Onder elkeen van hierdie punte skryf jy jou idees wat jy daaroor wil sê neer. Dit vorm dan jou paragrawe. Jou skryfstuk kan jy vergelyk met ’n SPYSKAART. Die voorgereg, hoofgereg en nagereg word tog nie alles op een bord aangebied nie, so moet jou paragrawe ook wees - elke ander aspek in ’n ander paragraaf maar dit moet bymekaar aansluit. Nou begin ons met die PARAGRAWE. Inleidingsparagraaf: Hierdie paragraaf is gewoonlik kort, treffend en plaas jou onmiddellik in die atmosfeer van dit wat jy nou wil skryf - jou inleidingsparagraaf maak of breek op skryfstuk Paragrawe: Die res van die paragrawe volg nou op mekaar soos wat jy dit beplan het: soos jy beplan het die verloop van jou skryfstuk gaan wees Onthou dat die verskillende paragrawe oor verskillende aspekte van dieselfde onderwerp moet handel en gebruik woorde wat die onderskeie paragrawe by mekaar laat aaneenskakel. (As jy oor rugby skryf en daar is een paragraaf waar jy jou vakansie by die see beskryf, moet daar ’n definitiewe aanduiding wees hoe hierdie twee paragrawe by mekaar inskakel) ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 34
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED Slotparagraaf: In die slotparagraaf kom jy by ’n gevolgtrekking/afsluiting/samevatting van dit wat jy geskryf het. Die slotparagraaf beeld gewoonlik jou gevoel oor jou hele skryfstuk uit en wat belangrik is, die paragraaf moet maak dat jou hele skryfstuk in die leser se gedagtes “hang”/bly. Wenke vir die skryf van ’n eerste poging: ●● Gebruik hoof- en ondersteunende idees vir effektiewe beplanning ●● Skryf ’n eerste poging en hou die doel, gehoor, onderwerp en genre in gedagte ●● Lees jou eerste poging krities en kry terugvoer van ander (maats) ●● Kies gepaste beskrywende woorde, frases en uitdrukkings wat die regte stemming skep en die teks duidelik en lewendig maak ●● Let veral op die volgende: Paragrawe: Skryf die kernsin en dan ondersteunende idees Woordkeuse: Gebruik ’n wye verskeidenheid werkwoorde, byvoeglike naamwoorde en bywoorde om spesifieke interpretasies, besonderhede en ’n lewendige beskrywing aan jou opstel te gee. Sodra jy jou hele skryfstuk klaar geskryf het, LEES dit weer deur en kyk vir die volgende: ●● pas jou onderwerp by jou tema (die aanvanklike prenjite/aanhaling wat jy ontvang het) ●● onnodige taal- en struktuurfoute ●● of elke paragraaf oor ’n ander aspek van jou onderwerp handel ●● pas elke paragraaf by jou onderwerp ●● skakel die paragrawe by mekaar aan ●● is jou inleidings- en slotparagrawe treffend en dien dit ’n doel Maak gebruik van woordeboeke indien jy steeds twyfel oor die regte betekenis of spelvorm van woorde. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 35
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED DIE BESKRYWENDE OPSTEL Met ’n beskrywende opstel/beskrywing wil ’n persoon gewoonlik ’n sekere atmosfeer of stemming skep. ●● Waak daarteen dat jou beskrywende opstel nie bloot verhalend word nie. ●● Waak teen die oormatige gebruik van byvoeglike naamwoorde – elke byvoeglike naamwoord wat jy gebruik, moet deeglik gemotiveer wees. ●● Jou beskrywing kan realisties wees, maar dit kan ook die verbeelding prikkel of slegs as versiering dien. ●● Moenie net opnoem nie, maar toon insig en begrip en gee jou eie belewing weer. ●● Jy mag jou eie gevoelens oor die beskrywing gee. ●● Beskryf plekke, gebeure en karakters lewensgetrou volgens hul uiterlike en innerlike. ●● Gebruik beeldspraak, idiome en spreekwoorde oorspronklik. ●● Bestee baie aandag aan sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering. ●● Deeglike beplanning is noodsaaklik! Die onderstaande paragraaf is ’n uittreksel uit ’n beskrywende opstel. Lees dit deur en identifiseer die sintuie wat vir die beskrywing ingespan word, asook die atmosfeer wat deur die spesifieke woordkeuse geskep word: “Dis vyfuur. Die strand is verlate. In die ooste begin die horison net-net rooi verkleur. Die oseaan lê spieëlglad, wagtend op die nuwe dag. Die ligte bries is koel en waai die soutmis van die see teen my lippe aan. Klam, koue seesand kleef aan my voetsole vas, kriewel tussen my tone. In die lug hang die verrottende geur van brokstukke wat in die nag uitgespoeg is. Branders donder teen sensitiewe oortromme. Onophoudelik. Oorverdowend. Die strand is verlate. Eensaam. Kil. Ek kyk om. Agter my lê ’n enkele ry spore. Verlate... Eensaam... Kil...” ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 36
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED BESKRYWENDE OPSTEL: KONTROLEVORM JA NEE Struktuur Is daar ’n opskrif/titel? Is daar reëls oop tussen paragrawe? Inhoud Is daar sintuiglike waarnemings in die opstel? Is plekke/gebeure/karakters lewensgetrou beskryf? Is daar drie of meer kere gebruik gemaak van beeldspraak/idiome/ spreekwoorde Is hierdie ’n beskrywende opstel of word dit verhalend? Taal Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuufoute TOTAAL uit 10 DIE ARGUMENTERENDE OPSTEL ’n Argumenterende opstel stel ’n argument vir of teen iets. Die skrywer het ’n spesifieke mening/opinie oor ’n saak en argumenteer daaroor deur sy/haar standpunt te motiveer. ●● dit gaan hier oor subjektiewe redenerings wat die skrywer gebruik om sy/haar standpunt te regverdig ●● die argument wat in dié opstel aangevoer word, word reeds in paragraaf 1 gegee ●● eie menings moet op ’n oorspronklike en treffende manier gegee word ●● definitiewe opinies word gegee ●● gee standpunte om argumente te motiveer ●● gevoelstaal mag gebruik word, maar krutaal is onaanvaarbaar ●● die slot moet sterk, duidelik en oortuigend gegee word – dit sluit die argument af Uit: SELF-STUDIEGIDS van Nasionale Departement van Onderwys, Oktober 2009. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 37
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED ARGUMENTERENDE OPSTEL: KONTROLEVORM JA NEE Struktuur Is daar ’n opskrif/titel? Is daar reëls oop tussen paragrawe? Inhoud Word die argument duidelik in die eerste paragraaf gegee? Is die skrywer oortuig van sy/haar saak? Word argumente oortuigend bewys/gemotiveer? Is die slot sterk/duidelik/oortuigend? Taal Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuufoute TOTAAL uit 10 DIE VERHALENDE OPSTEL Die verhalende opstel handel oor die aanbied van ’n reeks gebeure in ’n sinvolle volgorde. Die opstel gaan oor iets wat gebeur en vertel word (’n storie/gebeurtenis) ●● dit word opreg en met entoesiasme geskryf ●● dit moet dus ’n oortuigende storielyn hê ●● dit word gewoonlik in die verlede tyd geskryf, maar baie skrywers gebruik die teenwoordige tyd om ’n gevoel van die hede te skep\ ●● die inleidingsparagraaf moet boeiend wees ●● ’n goeie verhaal het altyd ’n ongewone/onvoorspelbare en interessante slot ●● gebruik direkte rede om die gevoel van die hede te skep; indirekte rede indien jy afstand tussen die leser en die karakter wil skep ●● die verhaal word gewoonlik uit eie ervaring geskep of dit kan heeltemal fiktief wees ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 38
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED VERHALENDE OPSTEL: KONTROLEVORM JA NEE Struktuur Is daar ’n opskrif/titel? Is daar reëls oop tussen paragrawe? Inhoud Het die inleidingsparagraaf dadelik jou aandag getrek en gehou? Volg die gebeure logies op mekaar? Is die storielyn oortuigend? Is die slot ongewoon/onvoorspelbaar/interessant? Taal Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuufoute TOTAAL uit 10 ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 39
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED DIE TOESPRAAK Hierdie opstel handel oor ’n onderwerp waaroor daar standpunt ingeneem word. ●● jy moet oortuig van jou saak wees en 100% daarin glo, want jy moet jou toehoorders oortuig ●● oorredende en emotiewe taalgebruik kan voorkom ●● die inhoud ontwikkel logies en helder ●● paragraaf 1: gee duidelik jou standpunt weer ●● paragrawe 2 – 4: maak gebruik van minimum DRIE redes wat jou standpunt staaf en gee by elke rede ten minste drie bewyse om jou standpunt te staaf ●● in die slotparagraaf word die drie redes net weer genoem en daar word hier tot ’n gevolgtrekking gekom Uit: SELF-STUDIEGIDS van Nasionale Departement van Onderwys, Oktober 2009. DIE ARTIKEL Dit is ’n skryfstuk wat inligting oordra en gewoonlik in tydskrifte voorkom Die artikel het die volgende kenmerke: ●● die opskrif moet aantreklik en interessant wees ●● ’n subtitel kan gegee word ●● die styl moet persoonlik wees en direk tot die leser spreek ●● die styl kan beskrywend of figuurlik wees ●● name, plekke, tye, gebeurlikhede, standpunte en enige ander besonderhede behoort ingesluit te wees want dit is dit wat maak dat lesers die artikel lees ●● daar is tog ’n ooreenkoms tussen ’n feitelike opstel en ’n artikel/’n goeie artikel verg deeglike kennis oor die onderwerp ●● die omgekeerde piramiedemetode word hier gebruik waar die meeste feite in die eerste paragraaf gegee word en die res van die inligting dan in dalende orde van belangrikheid WIE/WAT/WAAR/WANNEER HOE/HOEKOM/WAAROM ●● die slot gee ’n samevatting van die inhoud van die inligting ●● die formaat is in geen vaste formaat nie en ons kry artikels in die volgende formate : In gewone In kolomme ’n Geselsartikel waar vrae aan die betrokke paragrawe geskryf geskryf persoon gevra word - die vrae word in vetdruk geskryf en die antwoorde direk onder die vraag Uit: SELF-STUDIEGIDS van Nasionale Departement van Onderwys, Oktober 2009. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 40
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED VRIENDSKAPLIKE BRIEF ●● ’n Vriendskaplike brief is persoonlik, openhartig en word in ’n informele styl geskryf. ●● Dit is gewoonlik ’n geselsbrief wat lewendig en interessant geskryf word. ●● Die toon en register (taalgebruik) moet pas by die tipe verhouding wat daar tussen die skrywer en ontvanger bestaan. ●● Die inleidingsparagraaf skakel die ontvanger en die skrywer met mekaar. ●● Die slotparagraaf vat die brief saam en gee dalk ook ’n rede waarom die ontvanger moet terugskryf. ●● ’n Vriendskaplike brief moet nog steeds in goeie taal geskryf word. Buitekantstraat 17 Jou naam verskyn nêrens nie Riversdal Geen punktuasie in jou adres nie 6670 Die datum word voluit geskryf 14 April 2013 Liewe/Beste Susan Laat reël oop Dit was nou omtrent ’n groot verrassing om weer ’n slag jou stem te kon hoor. Ek hoop dat dit sommer gou weer gaan gebeur. Gelukkig is daar darem nog ’n lekkerder manier om met mekaar verbinding te kan hou – skryf! Laat reël tussen jou paragrawe oop Laat reël tussen jou paragrawe oop Laat reël oop Maak nou die beste gebruik van elke geleentheid – ook om met my kontak te hou! Laat reël oop Jou boekwurm van ’n vriendin Lanie Uit: SELF-STUDIEGIDS van Nasionale Departement van Onderwys, Oktober 2009. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 41
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED VRIENDSKAPLIKE BRIEF: KONTROLEVORM JA NEE Struktuur Is die adres regs in blokvorm? Is daar geen leestekens in die adres nie? Is die datum voluit geskryf? Is daar ’n korrekte aanhefvorm? Is daar ’n reël oop na die aanhef? Is daar reëls oop tussen paragrawe? Is daar GEEN reël oop na die afsluitingswoord? Is daar geen punt na die naam aan die einde van die brief nie? Inhoud Skakel die eerste paragraaf die skrywer en die ontvanger met mekaar? Is dit ’n lekker geselsbrief? Is daar van informele taalgebruik gebruik gemaak? Taal Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuufoute TOTAAL uit 15 FORMELE BRIEF Dit is ’n brief wat geskryf word wanneer jy inligting vra of inligting gee. ●● die taalgebruik is formeel en die inhoud is saaklik en op die punt af – geen onbenullighede word gegee nie ●● die adres aan die linkerkant is presies dieselfde adres wat op die koevert kom ●● daar is dus GEEN DATUM in hierdie adres nie ●● die aanspreekvorm is altyd MENEER, tensy jy presies weet aan wie die brief gerig moet word (Meneer is hier slegs ’n aanspreekvorm en nie ’n geslagsaanduiding nie) ●● die insake word ALLES IN HOOFLETTERS geskryf en dit dui aan waaroor die brief handel ●● ’n formele brief word altyd met Die uwe afgesluit met jou volledig voorletter/naam en van (jou handtekening is opsioneel) ●● slegs by briewe aan die pers kan ’n skuilnaam gebruik word ●● geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 42
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED Langstraat 32 Riversdal 6670 12 Augustus 2013 Die Bestuurder Kulkaskenades en Vermaak Grenslaan 61 Bellville 7530 Laat reël oop Meneer Laat reël oop DANK VIR SKITTERENDE DIENS (alles hoofletters) Laat reël oop Hiermee my opregte dank vir puik en professionele diens aan ons organisasie gelewer. Laat reël oop Reeds van die eerste korrespondensie tussen ons kon ek getuig van flinke en duidelike reaksie. Dit het my laat besef dat ek by die regte firma aangeklop het. Selfs die gaste en hooggeplaasdes, wat ons fondsinsamelingsfunksie bygewoon het, het hul waardering uitgespreek. Laat reël oop U kan daarvan verseker wees dat ons in die toekoms weer van u dienste gebruik sal maak – ook dit onder die aandag van ander instansies sal bring. Laat reël oop Maak nou die beste gebruik van elke geleentheid – ook om met my kontak te hou! Laat reël oop Nogmaals hartlike dank. Laat reël oop Die uwe Handtekening JM Bosman Voorsitte ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 43
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED DEKBRIEF SAAM MET CV Skoorsteenstraat 20 Palmpark Kimberley 8301 19 Maart 2011 Die Bestuurder Kimberley Paneelkloppers Posbus 10 Kimberley 8300 Meneer AANSOEK OM BETREKKING: SEKRETARESSE Ek doen graag aansoek om bogenoemde betrekking soos in Volksblad van Vrydag 11 Maart 2011 geadverteer. • Die taal, styl, toon en register moet formeel wees. • Skryf nugter en saaklik. • Jy reageer op ’n advertensie wat in die pers verskyn het. Die briefinhoud moet dus pas by wat in die advertensie verlang word. • Inligting oor tweetaligheid, sport- en kultuurprestasies en leierskapposisies kan ook vermeld word. • Inligting op die CV word nie in die dekbrief herhaal nie. In die dekbrief word daar hoofsaaklik na die dokumente soos die CV en moontlike getui skrifte wat ingesluit word, verwys. • Maak ook gebruik van ander dokumente, getuigskrifte en sertifikate wat ingesluit word. Ek verseker u van my lojaliteit en harde werk indien my aansoek suksesvol is. Ek hoop om gou van u te hoor. Die uwe (Handtekening) A. du Plessis ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 44
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED CURRICULUM VITAE (CV) Dit is ’n dokument waarin jy jouself aan die wêreld bekend stel. ●● bied alle relevante en nuutste inligting duidelik, netjies en georden aan ●● die formaat is nie vas nie, maar die CV moet duidelik en maklik leesbaar wees ●● ’n CV word altyd van ’n begeleidingsbrief (dekbrief) vergesel Let daarop dat die inhoud van die CV moet aanpas by die doel waarvoor dit aangewend word, met ander woorde die teikenleser. Vir die voorstelling van ’n geleentheidspreker is referente nie van toepassing nie, maar wanneer die CV benodig word om vir ’n betrekking aansoek te doen, moet daar ten minste twee referente ingesluit word. Die bostaande is ’n voorbeeld van ’n CV van ’n bekende sportman wat genooi is om as geleentheidspreker by jou skool te kom optree. Hierdie CV behoort jou in staat te stel om die spreker aan die skool voor te stel. Jy moet nou besluit watter inligting in die CV vir die voorstelling van toepassing is. (Die name en prestasies in die bostaande CV is natuurlik fiktief!) ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 45
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED CURRICULUM VITAE VAN CHARL HANEKOM PERSOONLIKE BESONSERHEDE: Naam en van: Charl Hanekom Adres: Jacobstraat 43 Universitas Bloemfontein 9301 Kontakbesonderhede: Tel.: 051 8679777 Sel.: 084 886 7414 E-pos: ch18@gmail.com Geboortedatum: 18 Junie 1980 Geboorteplek: Kimberley Identiteitsnommer: 8006185067086 Huwelikstatus: Getroud Naam van gade: Carien Kinders: Karla (5), Kobie (3) Nasionaliteit: Suid-Afrikaner TERSIêRE OPLEIDING 1998 – 2003: Universiteit van die Vrystaat Hoogste kwalifikasie: Honneursgraad in Menslike Bewegingskunde Afrigtingskursusse: Krieket, rugby, swem SKOOLOPLEIDING: Sekondêre opleiding 1985 – 1997: Hoërskool Grasbult (Kimberley) Hoogste kwalifikasie: 1997: Nasionale Senior Sertifikaat Vakke: Afrikaans Huistaal Engels Huistaal Wiskunde Biologie Natuur- en Skeikunde Rekeningkunde RUGBYLOOPBAAN: Eerste rugbyspan (1996 – 1997) Craven week o/19 Griekwas (1996 – 1997) SA o/19 (1997) Shimlas (1998 – 2000) Cheetahs (2001 – 2003) Blou Bulle (2004 tot 2009) SA Nasionale Span (2005 – 2009) Afrigter: Natal Haaie o/21 (2010 – huidig) REFERENTE: Prof. S J Pretorius (Dekaan) Fakulteit: Geesteswetenskappe Universiteit van die Vrystaat Selfoon: 083 876 5334 ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 46
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED VERSLAG ’n Verslag is ’n formele dokument oor ’n gebeure wat reeds plaasgevind het. ●● dit is ’n presiese weergawe van ’n gebeurtenis/ongeluk/sentrum/restaurant/ film/ens. ●● ’n verslag gee feite ●● feite word chronogies, kort en bondig gegee ●● in die inleidingsparagraaf word presies gesê waaroor verslag gelewer word ●● ’n verslag kan formeel of informeel wees, dit hang af wie die teikengroep is, want dit bepaal die taal en styl Taal en styl moet by die verslag pas, d.w.s. die teikengroep gaan jou taal bepaal, bv. die inhoud van ’n verslag oor ’n sportbyeen-koms by jou skool wat jy vir die skoolkoerant skryf, se taal gaan verskil van dieselfde verslag wat jy vir die hoof skryf – alhoewel die inhoud dieselfde gaan wees ●● daar is verskillende tipe verslae, bv. ooggetuieverslag/notule/resensie OOGGETUIEVERSLAG Die ooggetuieverslag is ’n presiese, feitelike weergawe van ’n gebeurtenis en word dikwels vir nuusuitsendings of koerantberiggewing gebruik. Dit is dus ’n verklaring wat ’n persoon aflê oor wat hy gesien het. Kenmerke : ●● Paragraaf 1: Persoonlike inligting (Volle name, identiteitsnommer, adres en kontaknommer) ●● Paragraaf 2: Besonderhede van gebeure: datum, tyd, plek ●● Paragraaf 3: Uitbreiding van besonderhede ●● Paragraaf 4: Samevatting of gevolgtrekking Die ooggetuieverslag aan die polisie word onderteken en van ’n datum voorsien ●● die ooggetuieverslag word in die eerste persoon geskryf, byvoorbeeld: Ek het gesien hoe die motor om die draai jaag. ●● formele verslae deur ’n onbetrokke verslaggewer word in die derde persoon geskryf. ●● besonderhede wat die ooggetuie gesien het, moet in fyn detail beskryf word. ●● die ooggetuieverslag moet saaklik geskryf word – tegniese woorde en frases is dikwels nodig. ●● geen emosioneel gelaaide woorde moet gebruik word nie, gebruik selfstandige naamwoorde. ●● formele en onpersoonlike taal word gebruik. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 47
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED AGENDA ’n Agenda is die program waarvolgens ’n vergadering verloop. ●● dit word voor die vergadering aan die betrokke persone gegee ●● dit rangskik die sake in orde van belangrikheid en gee struktuur aan die vergadering ●● aan die hand van die agenda kan vasgestel word hoeveel tyd aan elke saak spandeer kan/moet word ●● dit word puntsgewys opgestel ●● die vetgedrukte punte moet altyd op ’n agenda verskyn – die res is addisionele sake wat bespreek word ●● die notule (verslag van die vergadering) word aan die hand van die agenda geskryf AGENDA HOKKIE ONDERSTEUNERSKLUB-VERGADERING DINSDAG, 15 MAART 20... 1. Opening en verwelkoming 2. Presensie 3. Notule van die vorige vergadering 4. Sake uit vorige notule 4.1 Snoepie-yskas 5. Nuwe sake 5.1 Eerstespan klere en borge 5.2 Wedstrydbepalings 5.3 Hokkiesokkie-beplanning 6. Algemeen 6.1 Hekgelde 6.2 7. Datum van volgende vergadering 8. Afsluiting ____________ ___________ D.B. van Rensburg C. Cloete Voorsitter Sekretaresse ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 48
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED NOTULE ’n Notule is ’n verslag van ’n vergadering ●● op die notule word die naam van die organisasie, die presiese datum en plek waar die vergadering plaasgevind het, aangedui ●● die notule word aan die hand van die agenda geskryf ●● die vooorsitter se naam word eerste by die presensie geskryf en die res van die teenwoordige lede volg alfabeties ●● die notule word in die teenwoordige tyd geskryf ●● besluite word woord-vir-woord genotuleer en onbenullighede word uitgelaat ●● die voorsitter en sekretaresse teken die notule ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 49
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED NOTULE van vergadering van die Hokkie Ondersteunersklub gehou op 15 Maart 20... in die Konferensiekamer 1. Opening en verwelkoming Die voorsitter open die vergadering en verwelkom almal by die nuwe hokkieseisoen. 2. Presensie Teenwoordig: Mnr. D.B. van Rensburg, Mnr. K. Burger, Me. C. Cloete, Me. G. Swanepoel, Me. D. van der Merwe, Afwesig met verskoning: Me. B. Marais woon die koorvergadering by. 3. Notule van die vorige vergadering 3.1 Die notule van die vorige vergadering, 13 Oktober 20…, word voorgelees. 3.2 Me. Swanepoel keur dit goed en Mnr. Burger sekondeer. 4. Sake uit vorige notule 4.1 Die stukkende yskas in die snoepie is herstel. 5. Nuwe sake 5.1 Die borg vir die eerstespan het onttrek as gevolg van ’n skielike finansiële krisis en dus sal die spelers voorlopig hul eie klere moet betaal. Daar word wel ’n ander borg gesoek en verdere inligting sal op ’n latere stadium gegee word. 5.2 Me. van der Merwe onderneem om so gou as moontlik die probleme met die wedstryd- bepalings op te volg en die korrekte inligting aan al die spankapteine deur te gee. 5.3 ’n Hokkiesokkie sal op Vrydag 25 Maart in die skoolsaal gehou word. Me.L van Rensburg sal die snoepie beman, mnr. Burger sal kaartjies by die deure verkoop en alle komiteelede sal ’n diensrooster vir die aand ontvang. 6. Algemeen 6.1 Mnr. Burger herinner al die lede dat alle ouers wel hekgelde tydens sportdae moet betaal. Spelers hoef egter nie te betaal nie. 7. Datum van volgende vergadering Die volgende vergadering sal gehou word op Woensdag 23 Maart in die konferensiekamer. 8. Afsluiting Die voorsitter bedank almal vir hul teenwoordigheid en wens almal ’n genotvolle seisoen toe. ____________ ___________ D.B. van Rensburg C. Cloete Voorsitter Sekretaresse ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 50
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED RESENSIE ’n Resensie is ’n verslag oor ’n film/boek/sentrum/restaurant/kunswerk/toneel/ens. Dit is m.a.w. ’n kommentaar op iets. ●● ’n goeie resensent bly objektief en gee feite weer om die leser te oortuig ●● dit word gewoonlik in die derdepersoon geskryf ●● die titel sê wat geresenseer word ●● paragraaf 1 : naam van boek + skrywer/film of toneel + regisseur en belangrike akteurs/ restaurant + eienaar/word gegee ●● paragraaf 2 : gee ’n algemene indruk oor dit wat geresenseer word ●● paragraaf 3 : vertel iets oor inhoud van boek/film/kos van restaurant ●● paragraaf 4 : verdere uitbreiding van dit wat geresenseer word ●● slotparagraaf: gee resensent se laaste indrukke/gevolgtrekking/ samevatting en aanbeveling van die produk DIALOOG Dit is die gesprek tussen twee/meer persone ●● sprekers se name staan teen linkerkantste kantlyn ●● daar is dubbelpunte na die name ●● geen aanhalingstekens word gebruik nie ●● ’n reël word na elke verskillende spreker oopgelaat ●● ekstra inligting om emosie/gevoel aan te dui, word tussen hakies geskryf ●● die taal en styl moet by die onderwerp pas en aanpas by die verhouding tussen die betrokke sprekers Piet: (verbaas) Wat op aarde doen jy? Sarie: (tevrede met haarself) Kan jy nie sien nie? Ek was ons kat. Sy was vol stof. Piet: (buite homself van woede) Dit is MY kat! Jy kan nie my kat was nie én katte wil nie gewas word nie! Ek sal jou aanrand! Sarie: (sarkasties) Nou vat jou ou vuil kat. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 51
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED ONDERHOUD ’n Onderhoud word gewoonlik met ’n persoon gevoer om meer inligting oor die betrokke persoon of dit wat hy/sy doen of waarby hy/sy betrokke is, te kry. ●● die onderhoudvoerder moet deeglike navorsing doen oor die persoon met wie die onderhoud gevoer word of die saak waaroor die onderhoud gevoer word ●● die vrae moet met die teikenlesers as eindbestemming opgestel word ●● duidelike en kort vrae word aan die persoon gerig en relevante antwoorde verskaf die inligting vir die skryfstuk wat hieroor geskryf gaan word ●● die kommunikasieproses moet gemaklik en natuurlik wees en die taal moet toepaslik wees ●● die onderhoud kan dan in ’n dialoog of ’n geselsartikel weergegee word Uit: SELF-STUDIEGIDS van Nasionale Departement van Onderwys, Oktober 2009. BERIG ’n Berig is ’n weergawe van iets wat reeds gebeur het en kom in ’n koerant voor. ●● die opskrif/titel moet aandag trek (foto’s kan ook gebruik word) ●● die feite moet so akkuraat moontlik gegee word ●● in die eerste paragraaf word onmiddellik die volgende inligting gegee : ●● wat het met ●● wie ●● waar en ●● wanneer gebeur? ●● dan word daar op die res van die gebeure uitgebrei ●● die berig kan in gewone paragrawe of kolomme geskryf word ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 52
AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED BERIG: KONTROLEVORM JA NEE Struktuur Is daar ’n opskrif/titel? Is daar reëls oop tussen paragrawe? Inhoud Trek die opskrif/titel dadelik jou aandag? Word daar in die inleidingsparagraaf gesê wat het met wie waar en wanneer gebeur? Word daar oor die gebeure uitgebrei? Is die inligting feitelik? Taal Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuufoute TOTAAL uit 10 ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 53
AFDELING Unit XX 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Woordvorming Affikse/Morfeme/Voegsels Dit is dié deel van die woord wat nie selfstandige betekenis het as dit alleen staan nie, dit het slegs betekenis wanneer dit saam met ’n stam gebruik word, bv. gebou verbou verbouing ●● Dui meervoud aan: stoele. ●● Dui verkleining aan: stoeltjie ●● Dui verlede tyd aan: geloop ●● Dui die vergrotende en oortreffende trap aan: warmer; warmste ●● verbuig byvoeglike naamwoorde: ’n gelukkige mens. Sommige voor- en agtervoegsels lei van een woord ’n ander woord af en verander dus die funksie van die woord. Hierdie voegsels word ook afleidingsmorfeme genoem: ●● sorg: versorg, besorg, versorging, besorgdheid, sorgeloos ●● ken: verken, herken, erken, ontken, beken, erkenning ●● speel: bespeel, verspeel, spelery, speler, bespeling ●● afleidingsmorfeme dui ook die teenoorgestelde geslag aan: sangeres, onderwyseres Soorte affikse/morfeme/voegsels Prefiks/Premorfeem/Voorvoegsels: word vooraan die stam gevoeg Suffiks/Postmorfeem/Agtervoegsel: word agteraan die stam gevoeg Betekenisfunksie van morfeme: alle morfeme het betekenis wanneer dit saam met ’n stam ’n woord vorm en dit kan van woord tot woord verskil, bv. NB! Moenie die betekenis van die hele woord gee wanneer jy die morfeem se betekenis moet aandui nie - gee slegs die morfeem se betekenis binne die spesifieke woord Voegsel Betekenis Voorbeeld aarts- vernaamste aartsbiskop opperste aartsvyand vroegste, eerste aartsvader aartsvader anti- teen antirook, antisepties, anti-apartheid be- voorsien van bebos, beman, beroemd ge- versameling gebergte voortdurende handeling gekerm, geraas, gesingery her- weer herken, herkou, heroorweeg ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 54
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Voegsel Betekenis Voorbeeld mis- sleg mishandel, misvorm nie misgun, misken oer- primitief, baie oud oermens, oerwoud, oerdier on- nie ondier, onmoontlik, onsin ont- begin ontkiem, ontvlam wegneem onthoof, ontwapen tele- ver, oor ’n afstand telefoon, televisie ver- verander van verkleur, vervel weg verban, verjaag wan- sleg, verkeerd wangedrag, wanhoop -agtig soos bergagtig, kinderagtig -baar wat gedoen (kan) word breekbaar, verstaanbaar -erig geneig tot sanderig, huilerig -ig soos, vol moedig, sappig -sel gevolg/resultaat sleepsel, saagsel -loos sonder kinderloos, naamloos -skap toestand beterska Woordsoortelike funksie van morfeme: ’n morfeem kan die woordsoort verander, bv. huis= s.nw. verhuis= ww. werk= ww. werking= s.nw. Verbindingsklanke Dit is nie ’n morfeem of woorddeel nie maar kom tussen bepaalde stamme voor om die uitspraak te vergemaklik, bv. manSbroek hondEhok leweNskets kindERhuis Stam/basisvorm Die stam/basis van ’n woord is die kleinste eenheid wat selfstandige betekenis het en wat betekenisverband het met die hele woord, bv. : skille skilsnyer teerpad skilpad (’n Stam/basis moenie met ’n lettergreep verwar word nie) Kern en bepaler Die kern is die saak waarna daar in die woord verwys word. Dit is ook 99% die laaste deel van die samestelling. Die bepaler bepaal/differensieer/onderskei die kern. Elke samestelling het slegs een kern, maar daar kan meer as een bepaler wees, by. kombuisdeurslot: kombuis= bepaler; deur= bepaler; slot= kern ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 55
AFDELING Unit XX 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Simplekse en komplekse Simpleks Kompleks Net ’n basis/stam Afleidings Samestellings Samestellende afleidings Wyses van woordvorming Afleiding :’n woord wat saamgestel is uit ’n basis + enige morfeem/e Samestelling: ’n woord wat saamgestel is uit twee of meer basisse, bv Soms word twee of meer stamme saamgevoeg om ’n nuwe woord te vorm, byvoorbeeld kamer + venster + ruit= kamervensterruit. Soms is dit nodig om ’n verbindingsklank te gebruik om die stamme aan mekaar te voeg: liefdesbrief, dieretuin, gewetensaak, sterwensuur, hondehok Samestellende afleiding: ’n woord wat saamgestel is uit twee of meer basisse + ’n morfeem/e (d.w.s. dit is ’n afleiding + ’n samestelling) Kom ons kyk na die volgende voorbeeld: nag + blind + heid= nagblindheid. Daar is ’n samestelling soos nagblind en ’n afleiding soos blindheid. Die samestelling en afleiding is dus nie afhanklik van mekaar om ’n nuwe woord te vorm nie, dit vind dus nie gelyktydig plaas te nie! Die woord is dus nie ’n voorbeeld van samestellende afleiding nie. Klankverandering/klinkerwisseling :soms verander die basisklinker en so word nuwe woorde gevorm, bv. bid= gebed= bede buig= boog= geboë= boeg= boggel ry= rit= berede drink= drank= dronk sny= snit= snee= gesnede\ skiet= skut= skoot help= hulp bind= band= gebonde Daar kan gevra word om aan te dui of die woord bv. ’n afleiding/samestelling/ samestellende afleiding of basis is, OF daar kan gevra word om aan te dui hoe ’n woord morfologies saamgestel is, bv. behuising: premorfeem + basis + postmorfeem ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 56
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL WOORDSOORTE ’n Woordsoort moet altyd binne ’n sekere sinsverband benoem word, omdat ’n woord in verskillende sinne as verskillende woordsoorte kan optree, bv. Die ryp lê in die winter op die gras (s.nw.) Dit ryp in die winter (ww.) Die ryp vrugte proe lekker (b.nw.) Determineerder Die volgende woorde is determineerders: ’n + die + al die aanwysende voornaamwoord, nl. hierdie, daardie, sulke en so ’n ’n + so ’n + sulke= onbepaald die + hierdie + daardie= bepaald Aanwysende voornaamwoorde Hierdie voornaamwoorde is ’n direkte aanwysing en verwysing na ’n spesifieke persoon of saak – amper soos om met die vinger daarna te wys, bv. Daar/Daardie/Dié/Dít Selfstandige naamwoord ●● kan ’n meervoud hê ●● kan ’n verkleiningsvorms hê ●● kan geslag aandui ●● kan as ’n onderwerp/voorwerp optree ●● kan na ’n determineerder staan Al bogenoemde eienskappe hoef nie noodwendig voor te kom nie ●● soortnaam: enige woord wat aan bogenoemde eienskappe voldoen ●● eienaam: dit is die naam van iets/iemand en word altyd met ’n hoofletter geskryf ●● abstrakte: dui gewoonlik ’n gevoel/verhouding aan en woorde wat op –heid, -ing, -skap en –isme eindig is gewoonlik abstrakte selfstandige naamwoorde ●● massanaam: dit is die selfstandige naamwoorde wat slegs met meervoudaanduiders verbind kan word en massa aandui, bv. baie goud/al die vleis/genoeg sand ●● maatnaam: dit dui ’n maat aan en word gewoonlik met ’n massanaam verbind, bv. skottel vleis/sak meel/bord kos ●● selfstandige naamwoorde wat afgelei word van ander woordsoorte, bv. iemand wat skiet, is ’n skut/iemand wat bou, is ’n bouer ●● selfstandige naamwoorde in vrye en vaste verbindings ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 57
AFDELING Unit XX 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Telwoord BEPAALDE TELWOORDE ONBEPAALDE TELWOORDE kan spesifiek getel word kan nie getel word nie HOOFTELWOORD RANGTELWOORD dui ’n getal aan dui ’n posisie aan Alle getalle tot by TWINTIG, word altyd uitgeskryf, behalwe wanneer dit die volgende aandui : ●● tyd (15:00/5nm.) ●● ’n geldbedrag (R400) ●● ’n datum (5 April) Voornaamwoorde (staan in plek van ’n naamwoord) Voornaamwoorde word dikwels gebruik in die plek van ander naamwoorde soos selfstandige naamwoorde, of om ander funksies in die sin te vervul. Persoonlike voornaamwoorde Dit word gebruik in die plek van persoonsname en soortname wat na persone verwys en kom voor as onderwerp, voorwerp of indirekte voorwerp in die sin, bv. EK is aan die woord wanneer ons aan die beurt kom. (eerstepersoon) Jy/U/Julle (tweedepersoon) Hy/Sy/Hulle/Hom/Haar (derdepersoon) Onpersoonlike voornaamwoorde Dit en Daar (waar daar nie plek aandui nie) word as onpersoonlike voornaamwoorde gebruik saam met die onpersoonlike werkwoord, bv. Dit reën./Daar is iets soos ’n onderbewussyn. Besitlike voornaamwoorde Dit verwys na spesifieke besit. bv. Die bal is myne/hare/syne Betreklike voornaamwoorde Die betreklike voornaamwoord staan in die plek van die naamwoord wat dit voorafgaan en verbind dit met die byvoeglike bysin wat daarop volg, bv.Dit is die man wat ons gesoek het. Wie/Waarop/Waaraan ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 58
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Vraende voornaamwoorde Dit vervang nie ’n naamwoord nie, maar verwag ’n naamwoord as antwoord bv. Wie is by die deur? Wat/Watter/Hoe? Onbepaalde voornaamwoorde Hierdie soort voornaamwoorde verwys na iets in die algemeen, bv. Hy soek iets in die kamer. Niemand/Niks/Iemand Aanwysend is reeds by DETERMINEERDER bespreek. Wederkerende voornaamwoorde Dit word saam met wederkerende werkwoorde gebruik, bv. Hy het hom onttrek aan die span. Wederkerige voornaamwoorde Die woord mekaar word gebruik om aan te dui dat ’n handeling deur albei mense wederkerig uitgevoer word, bv. Hulle groet mekaar WERKWOORDE Werkwoorde is die woorde in ’n sin wat die handeling (“doen”) aandui. Die volgende tydsvorme kan onderskei word: TEENWOORDIGE TYD (nou, vandag): Die vlieënier kondig die landingstyd aan. VERLEDE TYD (gister, verlede week) :Die vlieënier het die landingstyd aangekondig. TOEKOMENDE TYD (môre, volgende week): Die vlieënier sal die landingstyd aankondig. Let daarop dat daar van hulpwerkwoorde in die verlede en toekomende tyd gebruik gemaak word. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 59
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Die volgende soorte werkwoorde kan onderskei word: HOOFWERKWOORD (ook selfstandige werkwoord genoem) Die hoofwerkwoord kan alleen (selfstandig ) in ’n sin optree en kan as volg gebruik word: Oorganklike werkwoord: ’n Werkwoord is oorgankik wanneer die handeling oorgaan op ’n voorwerp in die sin, bv: Die Wright-broers toets die sweeftuie. (daar is ’n voorwerp in die sin) Onoorganklike werkwoord: ’n Werkwoord is onoorganklik wanneer daar nie ’n voorwerp in die sin is nie, bv: Die vrou stap haastig. Onpersoonlike werkwoord: ’n Werkwoord wat nie na ’n persoon verwys nie, bv: Dit sneeu. (kom altyd na Dit/Daar) Wederkerende werkwoord: ’n Werkwoord wat aandui dat die handeling terugverwys na dieselfde persoon, bv: Hy het hom vererg. (Kom altyd saam met ’n wederkerende voornaamwoord) HULPWERKWOORD ’n Hulpwerkwoord word saam met die hoofwerkwoord in ’n sin gebruik en kan nooit alleen in ’n sin staan nie. Die hulpwerkwoord het ’n funksie in die sin saam met die hoofwerkwoord. Die volgende hulpwerkwoorde kan onderskei word: ●● Hulpwerkwoord van tyd: Hierdie hulpwerkwoord help met tydsaanduiding in ’n sin, bv: het – dui verlede tyd aan sal – dui toekomende tyd aan ●● Hulpwerkwoord van wyse: Hierdie hulpwerkwoorde dui ’n voorneme of houding aan, bv: wou, moes, kan, mag ●● Hulpwerkwoord van vorm: Hierdie hulpwerkwoord help om die lydende vorm aan te dui, bv: word, is ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 60
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL KOPPELWERKWOORD Werkwoorde wat slegs as koppeling gebruik word en net betekenisvol in ’n sin gebruik kan word saam met nog woorde/sinsdele. ’n Koppelwerkwoord kan nooit alleen gebruik word nie, maar staan wel alleen in ’n sin en word nie saam met ’n hoofwerkwoord in dieselfde sin gebruik nie, bv: is, was, lyk, blyk, skyn, heet, klink,word Dit blyk. (onvolledig) Dit blyk dat almal nou gesond is. DEELTJIEWERKWOORDE Saamgestelde werkwoorde wat weer binne konteks geskei kan word - dit is werkwoorde wat uit meer as een deel saamgestel is Skeibaar/Onskeibaar bv. Ons moet die vrag oorlaai/Die vrag is oorgelaai Laai die vrag oor ●● maak van die saamgestelde werkwoord ’n BEVELSIN om die twee woorddele los van mekaar in ’n sin te gebruik om sodoende vas te stel of die werkwoord skeibaar of onskeibaar is ●● sit die saamgestelde werkwoord in die verlede tyd, indien die voegsel -ge, tussen die twee woorddele die geplaas moet word, is die werkwoord skeibaar, bv. saamstel= saamgestel (skeibaar) maar onderskei= het onderskei (onskeibaar) INFINITIEF Dit is die “basisvorm” van die werkwoord en dit is die hoofwerkwoord wat saam met “om te” of slegs “te” in ’n sin gebruik word, bv: Om te oefen is nie altyd lekker nie./Daardie tas is te swaar. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 61
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL DEELWOORDE Deelwoorde is van werkwoorde afgelei en daar kan TWEE soorte onderskei word: Teenwoordige (onvoltooide) deelwoorde Hierdie deelwoorde word gevorm deur “-ende” aan die werkwoord te las, bv: lag – laggende, vlieg – vlieënde, buk – bukkende Verlede (voltooide) deelwoorde Twee soorte verlede deelwoorde kan aangedui word: ●● Sterk verlede deelwoord: Deelwoord wat klinkerverandering ondergaan, bv: gebreek - gebroke ●● Swak verlede deelwoord: Deelwoorde wat gevorm word deur –de, -te of –e by die woord te voeg, bv: gebreek – gebreekte Let ook op die betekenisverskil wat tussen die swak en sterk verlede deelwoord kan bestaan, soos aangedui in bogenoemde voorbeeld van “gebreek”. Deelwoorde vervul die funksie van ’n byvoeglike naamwoord in sinne. AFGELEIDE WERKWOORDE Werkwoorde kan ook gevorm word deur voegsels by ander woordsoorte te voeg, bv: wortel (s.nw) – ontwortel (ww.) definisie (s.nw) – definieer (ww.) datum (s.nw) – dateer (ww.) WERKWOORDE IN VRYE EN VASTE VERBINDINGE gelate aanvaar appél aanteken oogluikend toelaat medelye betoon ruiterlik erken stilswye bewaar noodlottig beseer perke oorskry verantwoording doen bedrog pleeg Byvoeglike naamwoord Vertel jou meer van die selfstandige naamwoord ●● kan attributief of predikatief gebruik word attributief: die byvoeglike naamwoord staan VOOR die s.nw, bv. Die lang man is my oom predikatief: die byvoeglike naamwoord staan AGTER die s.nw EN ondergaan dikwels ’n vormverandering, bv. Die man wat lank is, is my oom. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 62
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL ●● verbuiging van die byvoeglike naamwoord: die vorm van die woord verbuig soms afhangende wat die betekenis van die woord is, bv. Hy staan met ’n gebuigde pyp/ Hy staan met ’n geboë hoof by die graf. Hy dink aan die saak/Dit is ’n deurdagte saak ●● Die denotasie van ’n woord is die verwysing na die saak of voorwerp self, met ander woorde die letterlike betekenis: Die koppie het gebreek. ●● Die konnotasie van ’n woord dui op al die assosiasies wat die woord vir die spreker inhou, dit wil sê die figuurlike betekenis: Hy het haar hart gebreek. Hier word gebreek met seerkry, seermaak of hartseer geassosieer/gekonnoteer. ●● kan trappe van vergelyking hê Stellende trap Vergrotende trap Oortreffende trap basiswoord basiswoord + -er basiswoord + -ste meer + basiswoord mees + basiswoord Die vergrotende trap word met MEER aangedui en die oortreffende trap met MEES, wanneer die woord uit TWEE of MEER lettergrepe bestaan en op ’n “e” eindig LET WEL: Jy mag nooit MEES en STE saam gebruik in die oortreffende trap nie ●● kan ’n intensiewe vorm aandui, bv. bloedrooi (Intensiewe vorme is ALTYD EEN WOORD, behalwe wawyd oop) kan ook voor (attributief) of na (predikatief) ’n selfstandige naamwoord staan, bv. Dit is ’n lang man/Die man is lank ●● byvoeglike naamwoorde kom in vaste verbindings voor Bywoorde Vertel jou meer van die werkwoord ●● bywoord van tyd: dien dikwels as antwoord op die vraag “Wanneer?”, bv. môre/ gister/netnou ●● bywoord van wyse: dien dikwels as antwoord op die vraag “Hoe?”, bv. ●● mooi/goed/pragtig ●● bywoord van plek: dien dikwels as antwoord op die vraag “Waar?”, bv. ●● daar/links/buite ●● bywoord van modaliteit: dui ’n moontlikheid aan, bv. dalk/liewer/juis/mos ●● bywoorde wat van ander woordsoorte afgelei is ●● dieselfde as by byvoeglike naamwoord ●● bywoorde kom in vrye en vaste verbindings terdeë geniet/botweg geweier/gelate aanvaar/bloedig vererg ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 63
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Voorsetsels Dit dui ’n verhouding tot iets aan en staan altyd voor die aangeduide woord, bv. ●● Plek: by die tafel/op die vloer/aan die tafel ●● Rigting: na Kaapstad ●● Tyd: om twee-uur/teen middernag/na drie-uur Voegwoord Dit voeg twee of meer sinne aanmekaar, bv. Piet sing, want hy is opgewonde Daar kom altyd ’n komma voor ’n voegwoord, behalwe voor EN ●● neweskikkende voegwoord: hierdie voegwoorde skakel woorde/sinsdele met mekaar, bv. kanne en potte/ons of hulle/arm maar eerlik ●● onderskikkende voegwoord: hierdie voegwoorde skakel slegs sinsdele met mekaar. Daar volg dus altyd ’n bysin na ’n onderskikkende voegwoord en hierdie voegwoord verander ook die sinsvolgorde, bv. Die meisie bak koek. Die seun speel buite. (twee hoofsinne) Die meisie bak koek, terwyl die seun buite speel. ●● voegwoordelike bywoorde: hulle skakel die sin in ’n breër verband gelyk aan ander sinne, bv. Dit was warm. Tog het dit gereën./andersyds/daarom/buitendien/ nogtans/dus/vervolgens Tussenwerpsel Dit dui ’n gevoel aan, hetsy van verbasing/hartseer/blydskap/ens. en daar kom altyd ’n uitroepteken na ’n tussenwerpsel, bv. Eina!/Sjoe, maar dis warm! ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 64
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL SINNE EN SINSDELE ENKELVOUDIGE SINSONTLEDING ’n Enkelvoudige sin het slegs EEN gesegde. bv. Hy werk in die motorhuis./Die dokter het gister ’n pasiënt gespreek. Daar word onderskei tussen die volgende dele - Onderwerp - Gesegde - Voorwerp - Byvoeglike bepaling - Bywoordelike bepaling By elkeen van hierdie dele kan jy ’n vraag vra wat jou sal help om die deel te identifiseer. ●● Onderwerp: iemand of iets wat die handeling laat plaasvind. (“doener”) Vraag wat gevra word: Wie of wat + gesegde? Vb 1: Die kinders luister mooi. (Wie of wat luister mooi?) Die kinders= onderwerp Vb 2: Die motor raas as ons ry. (Wie of wat raas as ons ry?) Die motor= onderwerp ●● Gesegde: dui die handeling aan Vraag wat gevra word: Wat word gedoen? Bestaan uit die hulpwerkwoord tesame met s.nw. wat dan die gesegde vorm die Vb. 1: Bernard maak ’n plakkaat. (Wat doen Bernard?) maak= gesegde Vb. 2: Hy het die bal gesien. (Wat doen hy?) het gesien= gesegde Vb. 3: Sy sal vanjaar hard moet werk. (Wat doen sy?) sal moet werk= gesegde ●● Voorwerp: mens/dier/ding waarop handeling gerig is. Vraag wat gevra word: Gesegde + wat? Vb. 1: Hy skop die bal. (Skop wat?) Die bal= voorwerp Vb. 2: Die sinsontleding verstaan ek nie. (Verstaan wat nie?) Die sinsontleding= voorwerp ’n Sin hoef nie ’n voorwerp te hê nie. Vb. 1: Hy skree. Vb. 2: Die kind is toe uitgevang. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 65
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL ●● Byvoeglike bepaling: dit brei die selfstandige naamwoord/onderwerp en voorwerp uit. ’n Bepaling het GEEN WERKWOORD in nie. Vraag wat gevra word:Watter + selfstandige naamwoord? Vb 1: Die meisie met die rooi hoed glimlag. (Watter meisie?) met die rooi hoed= byvoeglike bepaling Vb 2: Die oom met die ernstige gesig sit op die bruin bankie. (Watter oom?) en (Watter bankie) met die ernstige gesig= byvoeglike bepaling bruin= byvoeglike bepaling ●● Bywoordelike bepaling: dit brei die gesegde uit. ’n Bepaling het GEEN WERKWOORD in nie. Vraag wat gevra word: Gesegde + wanneer/waar/hoe? Vb. 1: Ons gaan môre skool toe. (gaan wanneer?) môre= bywoordelike bepaling Vb. 2: Die kinders speel agter die huis (speel waar?) agter die huis= bywoordelike bepaling SAAMGESTELDE SINSONTLEDING ●● ’n Saamgestelde sin moet minstens twee gesegdes/werkwoorde hê. Sodra daar meer gesegdes/werkwoorde bygevoeg word, praat ons van ’n saamgestelde sin. Sjokolade wat in Switserland gemaak word, het minder kaffeïen as tee en koffie. ●● Dit is ’n sin met een hoofgedagte (Sjokolade het minder kaffeïen as tee en koffie) en bygedagtes (wat in Switserland gemaak word) wat verband hou met die hoofgedagtes. ●● Die hoofgedagte van die saamgestelde sin word die hoofsin genoem en die bygedagte die bysin. Hoofsin: dit is die boodskap wat die sin moet oordra, gestroop van alle fieterjasies en bykomstighede. (Sjokolade het minder kaffeïen as tee en koffie) Die hoofsin lyk nes ’n enkelvoudige sin met sy onderskeie dele: onderwerp, gesegde en voorwerp. Bysin: Dit is die deel van die sin wat altyd saam met die voegwoord (wat, waarop, terwyl, soos ...) gaan. ●● Sjokolade is ’n lekkerny wat uit kakao, suiker en melk vervaardig word. ●● Die bysin kan nooit alleen staan nie; dit maak nie sin op sy eie nie. ●● Elke bysin het sy eie gesegde/werkwoord. ●● Daar is vyf verskillende soorte bysinne: ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 66
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL ●● Die byvoeglike bysin: dit begin gewoonlik met ’n betreklike voornaamwoord (wat, waarop, waarmee …) ●● Soos ’n byvoeglike naamwoord, brei dit die onderwerp of die voorwerp van die sin uit. ●● Sjokolade wat ingevoer word, is ’n goeie geskenk vir Valentynsdag. ●● (brei die onderwerp uit) ●● Sjokolade is ’n goeie geskenk wat veral op Valentynsdag gewild is. ●● (brei die voorwerp uit) Die bywoordelike bysin: soos ’n bywoord, brei dit die gesegde/werkwoord uit Daar is verskillende soorte bysinne volgens die funksie wat hulle in die sin verrig; ●● Bywoordelike bysin van tyd ●● Dit beantwoord die vraag: Wanneer? ●● Baie mense eet sjokolade nadat hulle koffie gedrink het. ●● Bywoordelike bysin van plek ●● Dit beantwoord die vraag: Waar? ●● Die wêreld se grootste sjokoladehart is in die dorpie wat die kleinste sjokoladefabriek het, gebak. ●● Bywoordelike bysin van wyse ●● Dit beantwoord die vraag: Hoe? ●● Die kinders het hul vergryp aan die sjokolade asof dit van die aardbodem gaan verdwyn. ●● Bywoordelike bysin van modaliteit ●● Dié bywoordelike bysin gaan nie saam met ’n bepaalde gesegde/werkwoord nie, maar het te doen met die hele sin. Dit help om die houding van die spreker of skrywer uit te druk. ●● Moontlikheid, sekerheid en waarskynlikheid word so uitgedruk. ●● Die sjokolade sou beter gesmaak het as ek nie so trommeldik geëet was nie. Onderwerpsin: hierdie bysin doen die werk van die onderwerp in die sin. ●● Die onderwerp word uitgebrei met ’n gesegde/werkwoord. ●● Dat sjokolade duur is, is ’n feit. (Dit is ’n feit.) ●● Dit is nie waar dat sjokolade aknee veroorsaak nie. Voorwerpsin: hierdie bysin doen die werk van die voorwerp in die sin. ●● Die voorwerp word uitgebrei met ’n gesegde/werkwoord. ●● Ons lees dat Fields die grootste doos sjokolade in die wêreld gemaak het. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 67
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Gesegdesin: hierdie bysin volg altyd na ’n onvoltooide hoofsin na die koppelwerkwoorde “skyn”, “lyk”, “word”, “is”, “heet”, “was” en “blyk”. ●● Dit lyk of die sjokolade uitverkoop is. ●● Die gesegdesin help om die gesegde te voltooi. ’n Veelvoudige sin het minstens twee hoofsinne wat met ’n neweskikkende voegwoord (maar, want, en, of) verbind word. Daar is dus meer as een gesegde in die sin. Elke hoofsin sal op sy eie kan staan: Klein hoeveelhede sjokolade kan nie skadelik wees vir jou hond nie, maar groot hoeveelhede kan giftig wees. Daar is twee hoofsinne: Klein hoeveelhede sjokolade kan nie skadelik wees vir jou hond nie. Groot hoeveelhede kan giftig wees. ●● Die twee hoofsinne word met ’n neweskikkende voegwoord (maar) verbind. ●● Hierdie hoofsinne wat langs mekaar staan, word neweskikkende sinne genoem. ●● Soms kan voegwoorde in ’n veelvoudige sin ontbreek: Ek hou van sjokolade; ek sal ’n boks vol verslind. (Die kommapunt neem die plek van die voegwoord in.) ONTLEDING VAN ’n SAAMGESTELDE SIN Mense wat verslaaf is aan sjokolade wat ingevoer word uit Switserland, eet wanneer dit Valentynsdag is sjokolade asof dit uit die mode gaan. Hoofgedagte: Mense eet sjokolade. Byvoeglike bysin: wat verslaaf is aan sjokolade Byvoeglike bysin: wat ingevoer word uit Switserland Bywoordelike bysin (tyd): wanneer dit Valentynsdag is Bywoordelike bysin (wyse): asof dit uit die mode gaan DIREKTE EN INDIREKTE REDE Direkte rede: dit is iemand se direkte woorde. Indirekte rede: wanneer iemand se direkte woorde oorvertel word. Daar is sekere reëls by die omskakeling van die direkte na die indirekte rede ●● Gebruik die voegwoorde “dat” of “word” na die inleidende werkwoord van die hoofsin. Mavis sê: “Ons moet opskud.” → Mavis sê dat hulle moet opskud.” ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 68
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL ●● Leestekens: Haal die dubbelpunt na die inleidende werkwoord weg, asook beide pare aanhalingstekens. Vraagtekens en uitroeptekens word weggelaat in die indirekte rede, maar die gevoel wat dit oordra word in woorde beskryf. “Eina! Ek het my vinger vasgeknyp!” skree Patricia. → Patricia het in pyn uitgeroep dat sy haar vinger vasgeknyp het. ●● In vraagsinne is die voorsetsel “vir” opsioneel en kan dit weggelaat word: Vusi vra: “Mavis, hoe laat gaan julle vertrek?” → Vusi vra vir Mavis hoe laat hulle gaan vertrek./ Vusi vra Mavis hoe laat hulle gaan vertrek. ●● In sommige gevalle kan die voegwoord “dat” weggelaat word. Die verkeersman sê: “Hou dadelik hier oorkant stil, Mavis!” → Die verkeersman beveel Mavis om dadelik daar oorkant stil te hou. ●● Vrae wat met woorde soos waar, hoe, wat, wie begin het nie ’n ander voegwoord nodig nie: ●● Letlele het gevra: “Waar kry ons vanaand die taxi? → Letlele het gevra waar hulle daardie aand die taxi kry. ●● Wanneer die verlede tyd gebruik word, verander die voornaamwoorde: Ek, jy word hy, sy Ons, julle word hulle Myne, joune word syne, hare Die taximan het gesê: “Ek gaan jou môre nog een kans gee om te betaal. Die taximan het gesê dat hy hom nog die volgende dag/môre een kans sal gee om te betaal. LYDENDE EN BEDRYWENDE VORM Wat is die nut van die lydende vorm in geskrewe tekste? ●● Dit is partykeer doeltreffender om die lydende vorm van die werkwoord in ’n spesifieke sin te gebruik. Die lydende vorm kan dus gebruik word vir beklemtoning. Veral koerantkoppe en tydskrifartikels, sowel as waarskuwings, is treffender in die lydende vorm: ●● ’n Vraag kan ook in die lydende vorm geskryf word: Is die taxi deur Josie gebel? (bedrywende vorm= Het Josie die taxi gebel?) ●● Jy moet ook die omskakeling van die lydende vorm na die bedrywende vorm kan doen. Die proses keer dan net om. Die taxi-fooi is deur die oumatjie betaal. → Die oumatjie betaal die taxi-fooi. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 69
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Let op die tye van die werkwoord om die regte omskakeling te kan doen: Bedrywende/Aktiewe Vorm Lydende/Passiewe Vorm Teenwoordige Tyd Teenwoordige Tyd Die taxi-man ry ’n nuwe roete ’n Nuwe roete word deur die taxi-man gery. Verlede Tyd Verlede Tyd Die taxi-man het ’n nuwe roete gery. ’n Nuwe roete is deur die taxi-man gery. Nadat die taxi-man die nuwe roete gery Nadat die nuwe roete deur die taxi-man het, was gery was, was hy moeg. hy moeg. Toekomende tyd Toekomende Tyd Die taxi-man sal ’n nuwe roete ry. ’n Nuwe roete sal deur die taxi-man gery word. ONTKENNENDE VORM By die ontkennende vorm in Afrikaans, ●● gebruik ons die dubbele “nie” om die negatief uit te druk: Die taxi’s loop nie vandag nie. ●● kom die tweede “nie” gewoonlik aan die einde van ’n sin ●● gebruik ons woorde soos geen, nêrens, niemand, niks, nooit, nimmer in die plek van die een “nie”: Niemand het by die taxi-vergadering opgedaag nie. ●● word “nie” nie gebruik saam met die volgende werkwoorde nie: belet, keer, ontmoedig, afraai, verhinder, verhoed, verbied, voorkom : Die kinders is belet om na die taxi-staanplek te gaan. ●● gebruik ons geen “nie” saam met “nóg … nóg”: Die passasiers het nóg geld nóg kos gehad. ●● moet jy ook sinne van die ontkennende vorm na die positiewe vorm kan omskakel, bv. Ons het die vuvuzela nêrens gesien nie. Antwoord: Ons het die vuvuzela êrens gesien. ●● Dit is belangrik om die “nie” op die regte plek in die sin te plaas, anders kan daar ’n verskil in die betekenis in die sin wees: Vusi het nie geweet dat haar taxi se lisensie verval het nie. Vusi het geweet dat haar taxi se lisensie nie ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 70
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL SINSTIPES Ons kry verskillende tipes sinne in Afrikaans. ●● stelsin: ’n stelling word gemaak, bv. Dit is my kat/Daar loop ’n hond ’n punt kom agteraan ’n stelsin ●● vraagsin: ’n vraag word gevra, bv. Wat doen jy nou? ’n vraagteken kom agteraan ’n vraagsin ●● bevelsin: ’n bevel/opdrag word pertinent gegee, bv. Sit nou stil!/Maak die deur oop! ’n uitroepteken kom agteraan ’n bevelsin ●● uitroepsin: daar word geroep/geskree/om hulp gevra, bv. Help!/Sjoe! Dit was seer! ’n uitroepteken kom agteraan ’n uitroepsin ●● wenssin: ’n wens/moontlikheid van ’n wens word gegee,bv. Geluk met jou verjaarsdag./Geseënde Kersfees ’n punt kom agteraan ’n wenssin PARAGRAWE (verbindingswoorde) Wanneer enige paragraaf geskryf word, is daar sekere maniere waarop ’n mens jou woorde kies en so in die stuk plaas. Elke keuse het ’n moontlikheid van ’n bekenisimplikasie. Woorde wat chronologiese verloop aandui: eerste/eerstens; tweede/tweedens; voordat; nadat; wanneer; later; totdat; ter afsluiting; volgende; tans; voorheen; agterna Woorde wat ’n verduideliking, oorsaak en gevolg aandui: daarom; gevolglik; omdat; hieroor; aangesien; as gevolg van; toe te skryf aan; dus; dit wil sê; daaruit volg dat Woorde wat proses aandui: eerste/eerstens; tweede/tweedens; derde/derdens Woorde wat vergelyk en teenstellings (kontras) aandui: dergelik; ooreenkomstig, verskillende; kleiner as; groter as, nogtans; maar Woorde wat orde van belangrikheid aandui: altyd, ter afsluiting Woorde wat ruimte-oriëntering aandui: bo, onder, links, regs Woorde wat veralgemening aandui: oor die algemeen, deur die bank, ter afsluiting, om saam te vat Woorde wat op eie standpunt dui: volgens my, na my mening, opvatting, oortuiging, ek dink, ek oorweeg om, ek glo dat, dit lyk vir my, ek verkies, hou nie van nie ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 71
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Woorde wat op klassifikasie dui: is ’n voorbeeld van, behoort aan, is deel van, iets in – inpas met, word gegroepeer met, is verwant aan, word geassosieer met Woorde wat op beskrywing dui: bo, onder, naas, naby, noord/suid/oos/wes, grootte, kleur, vorm, doel, lengte, breedte, massa/gewig, spoed, lyk na/aard Woorde wat op evaluering dui: goed/sleg, reg/verkeerd, moraal/immoreel, belangrik, onbeduidend, voorstel, aanbeveel, argumenteer Woorde wat op definisie dui: word omskryf as, word gedefinieer as Woorde wat op samevatting dui: om saam te vat, om op te som, opsommenderwys, kortliks, soos u kan sien BETEKENISLEER SINONIEME: is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Dit is belangrik om te onthou dat wanneer ’n sinoniem vir ’n woord in sinsverband gevra word, die antwoord altyd binne konteks van die sin moet pas, bv: Die meisie is skraal. (maer, slank) ANTONIEME: is woorde met min of meer die teenoorgestelde betekenis, bv: hoog – laag, aanval – verdedig, voor – agter PARONIEME: is woorde wat in betekenis verskil, maar wat van dieselfde stam of basis afgelei is, bv: krities x kritiek, kosbaar x kostelik POLISEMIE: is woorde wat ’n verskeidenheid sake aandui wat met mekaar verband hou, bv: Die skool kom vroeg uit. (leerders) Die skool word geverf. (geboue/mure) Die skool is op die hoek van Prins en Roux straat. (skoolterrein) HOMONIEME: is woorde wat dieselfde gespel word, maar verskil in betekenis, bv: My ouma maak die lekkerste kos. Die rok kos baie duur. HOMOFONE: is woorde wat dieselfde uitgespreek word, maar verskillend gespel word en verskillende betekenisse het, bv: Hulle stel ’n eis in teen die beskuldigde. Die ys smelt in die warm son. DOEBLETTE: is woorde wat verskil in betekenis, en dit is twee vorme van dieselfde grondwoord, bv: kwes x kwets, lidmate x ledemate ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 72
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL EEN WOORD VIR ’n OMSKRYWING: ’n treffende woord is soms beter taalgebruik as omslagtige beskrywings. Brei jou woordeskat uit deur bv. die volgende te bestudeer: altruïs – ’n onselfsugtige persoon egoïs – ’n selfsugtige persoon internis – ’n dokter wat inwendige siektes behandel epidemie – ’n siekte wat baie vinnig in ’n gebied versprei sadis – iemand wat daarvan hou om ander mense te pynig WOORDESKATUITBREIDING Taalverskynsels Deur watter verskynsel is ’n woord in die taal opgeneem? Kontaminasie Dit is wanneer ’n deel van ’n woord/uitdrukking vermeng word met ’n woord/ uitdrukking met min of meer dieselfde betekenis, bv in plaas van + in plek van = in pleks van aangaan + betref = aanbetref verklein + kleineer = verkleineer oplui + telefoneer = optelefoneer verneuk + kul = verkul verniel + rinneweer = verinneweer verdrink + sink = versink Toutologie/stapelvorme Dit kom voor wanneer woorde met dieseflde betekenis aan mekaar gevoeg word om een woord te vorm. Dit is dan die herhaling van dieselfde woord wat dan as een woord geskryf word. Baie van die woorde kom uit hul oorspronklike taal as basis. Bv. brokstuk = brok + stuk graftombe = graf + tombe kabeltou = kabel + tou dubbele meervoude + verkleinings = kinders + kalwers + eiers ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 73
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Analogie Ons vorm woorde na aanleiding van dit wat ons reeds ken, m.a.w. uit die mag van die gewoonte. Die intensiewe vorm van stil is bv. doodstil, gevorm n.a.v. dat as ’n mens dood is, is jy betreklik stil. Nou vorm ons intensiewe vorme soos bv. doodseker /doodgewoon - dit het geen konnotasie met dood nie, maar uit die mag van dit wat ons ken, vorm ander intensiewe vorme op dieselfde wyse. Na analogie van hoofweg is die volgende woorde gevorm: snelweg, duikweg,oorweg, waterweg, of na analogie van rytuig het die volgende woorde ontstaan: voertuig, vliegtuig, vaartuig, skeertuig, landingstuig. Na analogie van hondmak praat ons van hondmoeg en hondsiek. Volksetimologie (ERFGOED) Dit is die bewuste aanpassing van woorde en uitdrukkings uit ’n vreemde taal deur klankassosiasies,begripsassosiasies of opsetlike verdraaiing om in die taal opgeneem te word. Die meeste van ons volksetimologiese woorde het ontstaan toe daar ’n weersin in Engels was en die woorde direk uit Engels in Afrikaans “uitgespreek” is, bv. martjielouw kom van Martial Law kanferfoelie kom van capri folium eendjiebyter kom van incubator oliekolonie kom van eau de cologne Hierdie vorme word nie regtig meer in Afrikaans gebruik nie, omdat dit redelik verouderde taalvorme is Neologisme/nuutskeppings (EIEGOED) Elke taal moet saam met die tegnologie vernuwe, so word nuwe woorde geskep/ gevorm soos wat daar nuwe dinge/aktiwiteite/bewegings/ens. ontstaan ●● vakterminologie ●● onomatopee ●● akronieme ●● verkortings ●● eufemisme is alles maniere hoe neologismes gevorm word Onomatopee/klanknabootsing Hierdie is een van die lekkerste woordvormingsmetodes, omdat dit so maklik is om iets d.m.v. ’n geluid te beskryf. Enige beskrywing/woord wat ons vorm d.m.v. klank, is klanknabootsing, bv. ’ n Klein kindjie speel met sy karretjie en sê dit maak, brrrrrrrrrr Ek hoor ’n voëltjie wat tjie-tjie-tjeeeeee maak My pa klap die vlieg met ’n harde dwa-dwa-dwa morsdood ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 74
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Akroniem Akronieme word met ’n hoofletter geskryf, bv. CNA/VIGS/SASOL/SABC maar daar is uitsonderings soos bv. vigs/Vigs; miv/Miv/MIV Verkorting Dit is wanneer ’n woord verkort word, bv juffrou word juffie/biblioteek word bib/ faksimilee word faks/professor word prof/onderwyser word onnie Eufemisme Dit is ’n versagtende uitdrukking om die harde werklikheid bietjie sagter voor te stel, bv. om te sê iemand is dood, sê ons hy het die tydelike met die ewige verwissel LEENGOED Wanneer volke met mekaar kontak maak, is dit onvermydelik dat woorde onderling uitgeruil word. So het Afrikaans dan ook baie woorde uit die volgende tale ontleen: ●● Maleis en Portugees ●● Hottentots ●● Swart Afrikatale ●● Engels ●● Europese tale TAALVERSKEIDENDHEID Daar bestaan ’n verskeidenheid van taalregisters wat bepaal word deur verskillende aspekte, bv. ouderdom/beroep/generasie/sosiale stand/streek So praat ’n mens in ’n ander register wanneer jy met jou kollegas oor vaksake praat, jou tronkmaats, jou bure, jou klasmaats, jou ouers, ens. Elke groep vereis sy eie register. Dialek/streekstaal: daardie taalgebruik wat eie aan ’n seker streek is Chronolek: die taalgebruik eie aan ’n sekere generasie Idiolek: die taalgebruik wat eie aan ’n indiwidu is, bv. uitspraak van sekere woord ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 75
AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL LEES-EN SKRYFTEKENS LEESTEKENS Waar? Voorbeeld Vraagteken (?) * aan die einde van ’n vraagsin * Sal jy my ’n soentjie gee? * na die woord nè * Hy is ’n gewilde ou, nè? Dubbelpunt * voor ’n reeks dinge * Die volgende graad 10-leerders (:) opgenoem word word geroep: Vuyiswa, Billy en George. * voor woorde wat in die direkte * Miempie sê: “Soen my nou, rede aangehaal word soen my gou.” * by tydsaanduiding * 14:30 (nooit 14h30 nie) * voor ’n verduideliking * So is die skuldige vasgetrek: daar was bloed op sy hemp en die slagoffer se selfoon in sy sak. * in verwysings na Bybelverse * Lees Genesis 12:10 * na afkortings soos NB en LW * NB: Skakel asseblief jou selfoon af. Komma * tussen twee of meer selfstandige * Daar was groot koeke, (,) naamwoorde, byvoeglike kolwyntjies en terte by die naamwoorde of werkwoorde basaar. waar dit langs mekaar in ’n sin * Hy het die mooiste, witste en voorkom. seksieste glimlag ooit. * Sal jy die bladsye tik, uitdruk, afrol en liaseer? * tussen twee werkwoorde wat * As ek nies, hou ek my hand langsmekaar staan en voor my neus. afsonderlike gesegdes vorm * na Ja, Nee en Dankie as die * Nee, ek sal nie die partytjie kan woorde aan die begin van ’n sin bywoon nie. staan * Dankie, ek sal haar die boodskap gee. * agter die woord voor die * Ek het vir jou ’n sms gestuur, voegwoorde maar, want en dog maar jy het nie reageer nie. * voor of na die naam van ’n * Petrus, sal jy asseblief die drom aangesprokene kom uitgooi? * voor en na invoegings/parentese * Die dogtertjie het, net soos haar ma, blonde hare. * tussen twee voegwoorde * Ek glo dat, as ek geduldig is, ek ’n plek in die span sal kry. * na ’n tussenwerpsel aan die * Eina, hoe seer knyp hy! begin van ’n sin * in die direkte rede * “Jannie is gou winkel toe,” sê sy. * tussen rand en sent in * R100,80 geldbedrae ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 76
AFDELING Unit XX 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Kommapunt (;) * waar die voegwoorde en, maar * Meneer is laat; sy motor het en want weggelaat word sonder petrol gaan staan. * voor voegwoorde soos nietemin, * Dit was toe nie so ’n lekker daarenteen, derhalwe, gevolglik, sokkie nie; inteendeel, dit nogtans, daarom, inteendeel, tog was die slegste een wat ek ooit bygewoon het. Aandagstreep * om ’n bykomende gedagte of * Daar soen jy mos wat voorkom (-) opmerking te beklemtoon of die – van die kleinste baba tot die aandag daarop te vestig oudste tante. * aan die einde van ’n stelling * Die graad 10’s skryf môre waar dit dieselfde funksie as ’n drie toetse – Afrikaans, LO en dubbelpunt of die woorde Wiskunde. naamlik en byvoorbeeld het Uitroepteken (!) * om sekere emosionele * “Soen, Broer, soen haar – uitdrukkings aan te toon: dis nou jou kans!” ontsteltenis, die erns van ’n saak, * Ag, mag my pa nooit hiervan verbasing, ’n wens, ’n uitroep, uitvind nie! spot, bevele en waarskuwings LW: Die uitroepteken word nooit in die indirekte rede gebruik nie. Ellips/ * om iets dramaties of * Dalk sal ek dan ryk wees ... Beletselteken/ veelseggends te beklemtoon Weglaatteken * as die leser sy verbeelding * En toe gryp ek haar ... (...) gebruik word net as * as woorde in ’n lang aanhaling * Die liefde is soos die see, soms drie kolletjies weggelaat word kalm, soms woes ... geskryf * as twyfel aangedui word * Dalk moes ek nooit my werk bedank het nie ... Die skryftekens, afkappingsteken, deelteken, kappie en klemtekens word onderaan die tabel bespreek. Die koppelteken word in KLANKLEER bespreek. Asterisk * word as ’n sterretjie by ’n woord * Die geld word vir Kansa* (*) gebruik om aan te dui dat daar ingesamel. ’n verklaring of nota onder aan * Kankervereniging van Suid- die leesstuk verskyn Afrika * word gebruik om skeiding in ’n teks aan te toon * word by ’n persoon se naam in * ’n Jong meisie, Jane*, het die ’n tydskrif of koerantberig skuldige aan die polisie geplaas om ’n skuilnaam uitgewys. aan te dui Hakies * wanneer ekstra inligting by ’n * Bring jul eie eetgerei (nie glase ( ) sin gevoeg word nie) saam. * Al die kinders (10) sal daar wees. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 77
AFDELING Unit XX 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Punt (.) * aan die einde van ’n sin * Ek is nou moeg. * by afkortings * a.g.v. Aanhalingste- * (dubbele kommas) aan die * “Ek het besluit om my by liefde kens begin en einde van aanhalings te hou; ek vind haat te ’n groot (“ ”) uit gepubliseerde bronne las om te dra.” Martin Luther King * die direkte woorde van ’n * Die dominee sê: “Die liefde is persoon kom tussen dubbele nooit hoogmoedig nie.” aanhalingstekens * vir ’n aanhaling binne ’n * “Dit is toe dat ek noem van die aanhaling – gebruik dan ‘Krismis van Map Jacobs’ en enkelaanhalingstekens my saak stel.” SKRYFTEKENS Skryftekens help met die uitspraak van woorde en het met die klank én betekenis van ’n woord te doen. Afkappingsteken (’) ●● Word gebruik by die meervouds- en verkleiningsvorme van woorde wat eindig op ’n kort “i”; “u” en “o”, bv kiwi’s/Israeli’s/video’tjie/radio’s/skadu’s/balju’s/foto’s Bogenoemde reël geld nie wanneer die genoemde klanke deel van ’n diftong of ’n lang vokaal is nie. ●● Word gebruik by die meervouds- en verkleiningsvorme van woorde wat eindig op ’n beklemtoonde “a”, bv. pa’s/karba’s LET OP NA: oumas/mammatjie/ekstras/tematjie ●● Word gebruik by die meervouds- en verkleiningsvorme van woorde wat eindig op ’n onuitgespreekte “e” en waarvan die meervouds- en verkleiningsvorme met ’n “e” aangedui word, bv collage’e MAAR colleges/creche’e/garage’e MAAR garages/ ●● Word gebruik by die meervouds- en verkleiningsvorme van eiename wat eindig op ’n onuitgespreekte “e” en “s”, bv Cilliers’s/Du Plessis’s/Estelle’e/Marais’s MAAR Du Preezs/Du Toits/Du Preeztjie/Du Toitjie ●● Word gebruik by die meervouds- en verkleiningsvorme van alfabetletters, bv. a’s/e’s/ r’e/r’etjie/s’sie ●● Word gebruik by die meervouds- en verkleiningsvorme van getalle en syfers, bv. 3’s/6’e/4’s/8’ie/12’ie/gr. 11’ie/.22’s/gr. 12’s ●● Word gebruik wanneer sekere klanke uitgelaat is, bv g’n (geen)/hy’t (hy het)/as’t (as het)/s’n (sin)/‘k (ek)/daar’s (daar is) ●● Word gebruik by die meervouds- en verkleiningsvorme van afkortings waarvan die letters afsonderlik uitgespreek word, bv . BMW’ tjie/OTM’e/AK’s ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 78
AFDELING Unit XX 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL ●● Word gebruik by die meervouds- en verkleiningsvorme van grade en diplomas, bv. B.Ed’s/BA’s ●● Word gebruik by enkele tussenwerpsels, bv b’rr/‘m-m Kappie (ˆ) Verleng die klankwaarde (klank) van ’n letter, bv. brug treenoor brûe; mor teenoor môre; wig teenoor wîe; bere teenoor bêre/miljoenêr Deelteken (¨) Dui altyd die begin van ’n nuwe lettergreep aan. Dit help ook met die betekenis van die woord, beïnvloed; diëte teenoor dieet; reël; finansiële teenoor finansieel Gravisteken (`) Word slegs in die volgende vier gevalle in Afrikaans gebruik: appèl; dè; hè; nè Word gebruik by die skryf van vreemde woorde, bv pièta; ampèrer; première sekere eiename, bv Eugène; Adèle Akuutteken (´) Daar word ALTYD een lettergreep in ’n woord harder as al die ander uitgespreek. Dit is dan die beklemtoonde lettergreep Woordaksent Die beklemtoonde lettergreep word op twee maniere aangedui : ●● met ’n akuutaksentteken slegs op die vokaal/vokale in die beklemtoonde greep, ●● deur die beklemtoonde lettergreep te onderstreep Alle vokale in die beklemtoonde lettergreep kry ’n akuutteken, behalwe die i-klank. Die i-klank kry slegs ’n akuut as hy alleen in die beklemtoonde lettergreep staan Indien ’n woord uit slegs een lettergreep bestaan, is dit die beklemtoonde lettergreep, bv: móéite famílie wóórde dág réël beklemtoning deur onderstreping: bv. moeite familie woorde dag reël ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 79
AFDELING Unit XX 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Sinsaksent Die betekenis van ’n sin kan verander word deur ’n bepaalde woord in die sin te beklemtoon, bv Jy moet die bóék lees Jy moet die boek léés Jy móét die boek lees KLANKE Klanke Klanke verwys na dit wat jy HOOR en nie na dit wat jy skryf nie. Ons skryf in letters en praat in klanke. Vokale ’n Vokaal is ’n klank wat uitgespreek word as die lugstroom vrylik deur die asemhalingsorgane deurgelaat word - sonder enige afsluiting of versperring. Die vokale in Afrikaans is : a- en aa-klank e- en ee-klank i-klank o- en oo-klank (geronde vokaal) u en uu-klank (geronde vokaal) Die onderste drie klanke word deur meer as een letter voorgestel, maar dit word nog steeds slegs as een klank uitgespreek met presies dieselfde eienskappe as die bogenoemde vyf hierbo: eu-klank (geronde vokaal) oe-klank (geronde vokaal) ie-klank Diftonge Wanneer twee of meer vokale as een klank uitgespreek word en wanneer jou mondvorm verander. aai ai ooi oi ui (geronde diftong) oei eeu ei y ou Konsonante Konsonante word gevorm wanneer daar’n versperring in die lugstroom voorkom of wanneer die lugstroom heeltemal afgesluit word. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 80
AFDELING Unit XX 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Konsonantgroepe: ●● Frikatief (frikatiewe klanke): wanneer dit klink of daar ’n skuurgeluid gevorm word en die klank die hele tyd kan aanhou,bv Fiets Vier Stok Gaan Geel Jonk Wiele Hoog Sjoe ●● Eksplosief (eksplosiewe klanke): wanneer dit klink of die lugstroom afgesluit word en dan met ’n plofgeluid losgelaat word, bv Pap Kar Tak manDJie/Kielie seunTJie berGe Boek Dak ●● Lateraal (laterale klanke): wanneer die lugstroom aan die kante van die tong verbygestuur word, bv. Lag ●● Nasaal (nasale klanke): wanneer die lugstroom deur een van die nasale kanale gestuur word, bv. Neus Maag meNG maNdjie ●● Triller: wanneer die tong/kleintongetjie vinnige bewegings maak wanneer die lugstroom daaroor gestuur word, bv. Roer bGHRei (brei, soos die Bolanders praat) ●● Affrikaat (affrikate): wanneer twee konsonante, eers ’n eksplosief gevolg deur ’n frikatief, as een klank uitgespreek word, bv. TSaar TSJaka KolleGe Klankgreepverdeling Ons verdeel woorde in grepe op die natuurlike manier van hoe ons ’n woord uitspreek. In watter grepe sal jy die woord UITSPREEK? OF Dui die klankgrepe aan, bv rokke :ro - (k)ke/ro - ke interessant :in - tre - sant mandjie :man - djie engel: e - ngel Lettergreepverdeling Dit gebeur baie dat daar te min plek in ’n reël is om woorde te laat inpas en dan moet ’n mens die woord afkap. Dit gebeur dan in die betrokke lettergrepe van die woord. Die beginsel geld egter die hele tyd dat dit so natuurlik as moontlik moet gebeur en daar is ’n baie klein hoeveelheid uitsonderings waarop gelet moet word: In watter grepe sal jy die woord SKRYF? OF Dui die lettergrepe aan, bv. kamer : ka - mer ’n Lettergreep wat op ’n vokaal eindig, is ’n OOP LETTERGREEP ’n Lettergreep wat op ’n konsonant eindig, is ’n GESLOTE LETTERGREEP Dui dit as volg aan: ka - mer: OG skat – te : GO fa - mi - lie: OOO ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 81
AFDELING Unit XX 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL UITSONDERINGS: Indien ’n “n” en ’n “g” langs mekaar staan en nie deel is van ’n basis nie, word die woord tussen die “n” en die “g” afgekap, bv. on - ge - luk; win - gerd; lan - ger, maar vang - gat; bang - broek; lang - saam SAMESTELLINGS kan uit die volgende saamgestel wees: naamwoord + naamwoord → koshuis naamwoord + voornaamwoord → Gert-hulle naamwoord + voorsetsel → stroomop naamwoord + werkwoord → boomskraap naamwoord + byvoeglike naamwoord → glashelder byvoeglike naamwoord + byvoeglike naamwoord → ligblou NB! Onthou dat intensiewe/versterkte vorm ALTYD as een woord geskryf word. SPELLING Grondbeginsels van die Afrikaanse spelling Ons spelling in Afrikaans berus op drie grondbeginsels : Hou by die beskaafde Standaardafrikaans Daar bestaan in ons taal sekere dialekte (streekstale), chronolekte (taal van ’n spesifieke generasie) en idiolekte (taal van ’n spesifieke individu) - wat 100% aanvaarbaar in die spreektaal is. Die oomblik wat daar geskryf word, moet almal by die Standaardafrikaans hou Hou by die Nederlandse spelreëls Ons het baie woorde uit Nederlands geërf en die spel van hierdie woorde het spesifieke reëls in Nederlands wat ons nie ook hoef te leer nie. Hierdie beginsel geld by die spel van woorde met die volgende drie klanke : f- en v-klank : viets teenoor fiets i- en ie-klank : die teenoor familie y- en ei-klank : rys teenoor reis Reël van Gelykvormigheid Waarom spel ons hond met ’n “d” en kat met ’n “t”, terwyl albei dieselfde slotklanke dieselfde klink? Ons spel dit so, want ons hou die spelling van grondwoorde sover moontlik dieselfde as enige verboë vorm, afleiding en samestelling van die grondword, bv. hond se meervoud is honde -dan hoor ’n mens die d-klank en kat se meervoud is katte, dan hoor ’n mens die t-klank. Daar is wel uitsonderinge by woorde soos skroef wat in die meervoud skroewe word. ’n Woord in Afrikaans word nie met ’n slot –w gespel nie. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 82
AFDELING Unit XX 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Spelreëls Daar is verskeie reëls wat geld by die spel van woorde : ●● Verdubbeling van ’n konsonant ’n Konsonant verdubbel slegs wanneer die konsonant tussen ’n kort, beklemtoonde vokaal en nóg ’n vokaal staan, bv, rak - rakke teenoor monnik - monnike ●● Verdubbeling van ’n vokaal Wanneer ’n lang vokaal in ’n geslote lettergreep staan, verdubbel die vokaal. Wanneer ’n lang vokaal in ’n oop lettergreep staan, word die vokaal enkel geskryf, bv. uur – ure beet – bete; stroom – strome; snaar - snare By saamgestelde woorde waar een woord met ’n -s eindig en die ander woord met s- begin, soos jassak.Onthou – ons kry oral uitsonderings soos by eiename, bv. Karoo en by die oortreffende trap van woorde wat op -u eindig, soos sku - skuuste. ●● Wisselvorme/Variant Dit is dieselfde woord wat net op ’n ander manier gespel/geskryf word, bv. pawiljoen/paviljoen individu/indiwidu politikusse /politici ghitaar/kitaar stellinge/stellings laboratoriums/laboratoria sentrums/sentra meesal/meestal teenspoed/teëspoed revolusie/rewolusie Zulu/Zoeloe ipekonders/hipokonders ●● Los en vas skryf van woorde In Afrikaans skryf ons woorde wat een begrip vorm, as een woord en SLEGS as die eerste woord ook ’n selfstandige naamwoord is, bv. gebrande hout/brandhout (albei hier is een begrip) ●● twee of meer selfstandige naamwoorde wat as een begrip gebruik word, bv lemoenstroop; seunskool; bergbrand ●● straatname, bv Andriesstraat; Nellaan; Sesdestraat; Ben Swartstraat; Rouxrylaan ●● met -kant as die tweede deel van die woord, bv onderkant; bokant; binnekant ●● ’n bywoord + toe (d.w.s. dit moet jou meer van die werkwoord vertel), bv ondertoe; boontoe; vorentoe ●● MAAR ’n selfstandige naamwoord + toe word ALTYD LOS geskryf, bv huis toe; dorp toe; skool toe (toets die woord voor toe deur te kyk of dit ’n meervoudsvorm het) ●● glad nie; straat op; heel moontlik; talle kere; heel voor; tot siens ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 83
AFDELING Unit XX 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Koppeltekengebruik (-) ●● Word gebruik as die afkapteken aan die einde van ’n reël wanneer ’n woord nie in die spasie pas nie, bv letter- kunde Die skryfwyse met die koppelteken geld as ’n vorm van vasskryf van woorde en word slegs gebruik om die verstaan en lees van hierdie woorde te vergemaklik, maar met elk hul eie verduidelikende reël. ●● Word gebruik by die opeenhoping van vokale, bv bo-op/diere-epos/na-aap/senu- ineenstorting/asma-aanval MAAR draaiing/nauurs of na-uurs/antiinflammatories/skiuitrusting/toegeëien teenoor toe-eien ●● Word gebruik by herhalingsamestellings, bv lag-lag/loop-loop ●● Word gebruik by samestellings waar die dele deur EN verbind word en waar ’n woord ’n vaste eenheid vorm, bv bek-en-klou-seer/nie-omgee-houding/kruidjie- roer-my-nie ●● Word gebruik in koppelings waarvan die eerste deel van die woordgroep uit ’n vreemde taal geleen is, bv ad hoc-komitee/ultra vires-besluit/in camera- bespreking/ex gratia-betaling ●● Word gebruik as die lengte van die woordsamestelling die verstaan en lees bemoeilik, bv ontwikkelingspelerspan-afrigting/woonstelblok-parkeerterrein/ MAAR korttermynversekeringspolisse/maatskaplikewerkersvereniging/ winteropruimingsuitverkoping ●● Word gebruik by die koppeling met getalle, syfers of simbole, bv. A-span/80%- kans/2010-matrieks/.22-rewolwer/50c-stuk/3l-houer/linkerstuur-4x4 ●● Word gebruik by die koppeling met ’n afkorting of akroniem (letterwoord), bv. BTW-prys/ge-e-pos/U-draai/x-straal ●● Word gebruik in die plek van ’n woord wat herhaal, bv. klem-in-die-kaak- en maselinspuiting/bus- en motorvervoer ●● Word gebruik by alle koppelings met -hulle, bv. ma-hulle/oumense-hulle ●● KAN gebruik word by die skryf van getalle waarin ’n “en” voorkom, bv. een-en- veertig/een en veertig/twee honderd een-en-dertig/twee honderd een en dertig ●● Word gebruik by geografiese name wat uit meer as een eienaam bestaan, bv. Graaff-Reinet/Schweizer-Reneke ●● Word gebruik by eienaamkoppelings met ’n adjektief/bywoord en/of voorsetsels, bv. Pretoria-Noord/Klein-Asië/Bo-Nyl/Suid-Afrika/Midde-Ooste ●● Word gebruik by eiename wat met soortname gekoppel word, bv. Hertzog-prys/ Van der Walt-wedloop ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 84
AFDELING Unit XX 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Doen jouself die guns en maak seker dat jy nooit weer hierdie paar woorde verkeerd sal spel nie! onmiddellik majestueuse advokaat gewelddadig luuksueuse silhoeët komitee misterieuse standerd akkommodasie debatteer gebaseer prokureur verrassing parallel Eisteddfod assesseer dieselfde offerande definitief ingenieur dynserig Suid-Afrikaner professor voorstaander gehad kommissie millennium avokadopeer interessant AFKORTINGS ’n Afkorting is die verkorte vorm van ’n geskrewe woord of woordgroep, bv. ds. in plaas van dominee. Maak SEKER jy weet presies waar en wanneer om die PUNT in jou afkortings te gebruik! ●● Punte word na afkortings gebruik: hfst. – hoofstuk ●● By afkortings wat gevorm word deur die letters van opeenvolgende woorde, kom daar ’n punt na elke letter van die afkorting: a.g.v. - as gevolg van ●● Akronieme word sonder punte geskryf: SASOL - Suid- Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie ●● Die afkortings van maateenhede en ander internasionale simbole word sonder punte geskryf, bv. km - kilometer, m - meter, ml - milliliter, cm - sentimeter ’n Sin begin nooit met ’n afkorting nie, behalwe as dit die titel van ’n persoon is. Moenie twee afkortings na mekaar in ’n sin gebruik nie; dit is slordige taalgebruik. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 85
AFDELING Unit XX 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL Let op na die afkortings van die : DAE VAN DIE WEEK MAANDE VAN DIE JAAR Ma.= Maandag Jan.= Januarie Di.= Dinsdag Feb./Febr.= Februarie Wo.= Woensdag Mrt.= Maart Do.= Donderdag Apr.= April Vr.= Vrydag Jun.= Junie Sa.= Saterdag Jul.= Julie So.= Sondag Aug.= Augustus Sep./Sept.= September Okt.= Oktober Nov.= November Des.= Desember Akroniem/letterwoord ’n Akroniem/letterwoord is ’n afkorting wat as woord lees en uitgespreek word, bv. VIGS in plaas van verworwe immuniteitsgebreksindroom/ ABSA/CNA/ANC NB! Moenie akronieme en sinonieme met mekaar verwar nie. ’n Sinoniem is ’n ANDER woord met min of meer dieselfde betekenis. ENKELE AFKORTINGS EN AKRONIEME SABC/SAUK - Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie LUR - Lid van die Uitvoerende Raad BTW - belasting op toegevoegde waarde VSA - Verenigde State van Amerika insp. - inspekteur Sabek - Suid-Afrikaanse Besigheidskamer MIV - menslike immuniteitsgebrekvirus VIGS - verworwe immuniteitsgebreksindroom Edms.Bpk - eiendoms beperk SASOL - Suid-Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie IT - Informasie Tegnologie b.v.p. - been voor paaltjie k.b.a. - kontant by aflewering CV - curriculum vitae p.p. - per persoon p.p.p.d. - per persoon per dag (tariewe by oornagplekke) ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 86
AFDELING Unit XX 6 VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS [TYD: 2 UUR] AFDELING A: LEESBEGRIP Vraag 1: Tydskrifartikel en advertensie Lees die onderstaande tekste en beantwoord die vrae. TEKS 1 T i en e r w e e s s o n d e r t rane L e e r h o e om die s laggate te s ys ta p en se l fs te g lim la g v i r da a i on n ie wat jou aan g luur STRES-FAKTORE 1. Baie dinge kan jou laat stres – as jou klere nie koel genoeg is nie, die ou of 2. meisie van jou drome jou nie raaksien nie of as jou ouers gedurig baklei. 3. Betroubare vriende en familielede kan jou nuwe perspektief help kry oor 4. dinge waaroor jy stres. Moenie jouself onttrek en mismoedig raak nie. 5. Oefening is ’n uitstekende manier om stres te klop. Vermy ook te veel 6. witbrood, koek, lekkers, koeldrank en gemorskos. Dit kan jou prikkelbaar 7. of beangs laat voel en jou hoofpyn gee. OORLAAI MET SKOOLWERK 8. Skoolwerk, huiswerk en eksamens is nie altyd lekker nie, maar dis tog 9. noodsaaklik. Kweek die gewoonte aan om jou huiswerk te doen so gou as 10. moontlik nadat jy by die huis gekom het. Die werk is dan nog vars in jou 11. geheue en daarna kan jy na hartelus ontspan sonder om jou later daaroor 12. te bekommer. Vermy kafeïenprodukte en eet gesond sodat jy nie fisiek en 13. geestelik uitgeput voel nie. SOSIALE LEWE 14. ’n Gesonde sosiale lewe is net so belangrik soos jou skoolwerk. Hang uit saam 15. met mense wat ’n positiewe invloed op jou lewe het en doen dinge waarvan jy 16. hou. Moenie verplig voel om by die “koel” groepie aan te sluit nie. Hou jou 17. eerder met goed besig wat jou sal neem na waar jy graag wil wees. WIPPLANKVERHOUDINGS 18. ’n Verhouding is iets wat jy met almal het met wie jy gereeld in aanraking kom 19. – of dit nou jou onderwysers, ouers, familielede of vriende is. Al gaan dit nie 20. altyd voor die wind tussen julle nie, is dit goed om meestal ’n goeie 21. verhouding met ander te handhaaf. Indien jy voel iemand behandel jou 22. onregverdig, praat met hulle oor hoe jy dit ervaar en wees versigtig om die 23. situasie nie te vererger nie. Onthou jou vriende gaan, nes jy, deur ’n 24. deurmekaar fase en hul buie verander ook vinnig. Laat die stof gaan lê 25. en praat dan die saak uit. WARBOEL EMOSIES 26. Verwarring is so normaal soos asemhaal wanneer jy ’n tiener is. Dis ’n goeie 27. idee om te ontleed presies hoe jy voel in plaas daarvan om jou aan die een of 28. ander middel te vergryp of jou gevoelens te onderdruk. 29. Geniet jou tienerlewe en maak die beste daarvan! Verwerk van: Huisgenoot, Januarie 2008 ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 87
AFDELING 6 VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS 1.1 In die subopskrif word die woorde “Leer hoe om die slaggate te systap …” gebruik. Verduidelik in jou eie woorde wat dit beteken om iets te “systap”. Antwoord in een volsin. (1) 1.2 Watter emosie word deur die woord “aangluur” (subopskrif) aangedui? (1) 1.3 Noem enige twee redes waarom tieners soms stres soos in die teks aangedui. (2) 1.4 Skryf EEN WOORD uit die teks neer wat dieselfde as “liggeraak” of “omgekrap” beteken. (1) 1.5 Dui die verskil aan tussen “fisiek” (r. 12) uitgeput wees en “geestelik uitgeput” (r. 13) wees. (2) 1.6.1 Is die skrywer se stelling in r. 14 dat ’n gesonde sosiale lewe net so belangrik is soos jou skoolwerk, ’n feit of ’n mening? 1.6.2 Motiveer jou antwoord. (2) 1.7 Verduidelik in jou eie woorde wat ’n “wipplankverhouding” is. (1) 1.8 Haal die uitdrukking uit die teks aan wat aandui dat verhoudings nie altyd glad verloop nie. (1) 1.9 Is die woorde “Laat die stof gaan lê …” (r. 24) letterlik of figuurlik gebruik? Verduidelik. (2) 1.10 Skryf die twee woorde wat met mekaar vergelyk word in r. 26 neer. (2) 1.11 Watter afleiding maak jy uit die vergelyking wat die skrywer in r. 26 gebruik? (1) 1.12 Gee die hoofgedagte van die teks in een goeie enkelvoudige sin. (1) TEKS 2 Verwerk van: Plus, Beeld, 18 April 2009 1.13 Noem enige twee redes waarom die student skielik nie meer dink dat dit ’n “baie koel universiteit” is nie. (2) 1.14 Watter gevolgtrekking maak jy ten opsigte van die verwysing na die “valutakoers” (raampie 3)? (1) 1.15 Wat lei jy af uit die liggaamstaal van die student in raampie 4? (1) 1.16 Verduidelik die pa se woorde in raampie 4. (1) TEKS 3 Bestudeer die advertensie op die volgende bladsy en beantwoord die volgende vrae: 1.17 Hoe lank is ’n dekade? (1) 1.18 Gee een woord uit die teks wat die wetenskaplike naam is vir nies. (1) 1.19 Haal ’n sin uit die advertensie aan wat as definisie vir nies kan dien. (1) 1.20 Watter produk word deur hierdie advertensie bemark? (1) 1.21 Skryf ’n klanknabootsende woord uit die advertensie neer. (1) 1.22 Met watter ander woord sou “orkaan” in die opskrif vervang kon word? (1) 1.23 Verduidelik die woordspeling met die gebruik van die woord “orkaan”. (1) 1.24 Wat is die rede vir die feit dat dit 99,7% onmoontlik is om jou oë oop te hou ten tyde van ’n nies? (1) TOTAAL AFDELING A: 30 ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 88
AFDELING 6 VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS DIE NEUS: Die Menslike Orkaan! Niemand weet meer oor nies as Dokter JF Newby nie. Hy het nou al ’n dekade aan die studie van Sternutering toegewy, met ander woorde die Nies. Daardie luidrugtige, semi-outonome en krampagtige uitskiet van lug uit die neus en mond teen ’n vlieënde vaart van 250 myl per uur. Indien nie beheer nie, kan so ’n uitbarsting tot vyf duisend druppeltjies bakterieë in die omringende lug uitskiet. Sy studies het dus altyd gepaard gegaan met die top-handelsmerk in nies-beheer, te wete Twinsaver gesigsnesies. Dr JF Newby, wetenskaplike A-tiesjoe! en doodgewone ou. Wat ’n uitbarsting. Twinsaver is die enigste UIT DR JF NEWBY gesigsnesie wat nie die delikate vel rondom jou SE VERSLAG: neus verkeerd opvryf nie. Maar dis ook taai Het jy geweet: Dis 99.7% genoeg om die neus se daaglikse aanslag te onmoontlik om jou oë oop beheer. Of soos Dr. Newby dit noem… te hou ten tyde van ’n nies. Ek glo dat die oë … die Menslike Orkaan! toegemaak word ten einde die traanbuisies en Twinsaver, bloedvate teen bakterieë ook beskikbaar in te beskerm wat uitgeskiet gerieflike Sakpakkies, word as jy nies. handige Sagte Pakkies & weelderige 3-laag. Verwerk van: Finesse, Junie 2007 ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 89
AFDELING 6 VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die onderstaande artikel en maak daarna ’n opsomming waarin jy aandui hoe die woord “vrees” uit ons woordeskat verwyder kan word. Jou antwoord moet 80-90 woorde bevat. Dui die aantal woorde wat jy gebruik het aan die einde van die opsomming aan. LET WEL: Jy mag nie die aantal woorde oorskry nie. Jou sinne moet volsinne wees. Jy mag nie telegramstyl gebruik nie. Onthou om die opsomming in een paragraaf te voltooi. S Ê NEE V IR P ERSOON L I K E V REES OM NEE TE SÊ VIR VREES IS ’N KEUSE WAT JY VANDAG KAN UITOEFEN! Ongelukkig is baie van ons reeds in die gewoonte om te veel na ander se opinies te luister. Tog is dit glad nie moeilik om hierdie gewoonte af te skud nie. Onthou jou selfbeeld is die wortel van hoe jy oor jouself voel. Nogtans laat ons toe dat ander mense ons definieer. Ons vertrou op die kortstondige “quick fix” van ander se goedkeuring om goed oor onsself te voel. Wat ’n mens egter moet leer, is om iemand te word van wie jy hou en om ander toe te laat om jou in presies dieselfde lig te sien. Vrees is ’n monster wat ons aan- houdend vertel dat ons nie goed genoeg is nie. Vrees laat jou opsien teen dinge wat die potensiaal het om jou lewe te verryk. Vrees staan ook in die pad van jou doelwitte: “Wat as niemand van my hou nie?” of “ Wat gaan hulle van my dink as ek nie slaag nie”: Hierdie tipe vreesagtige vrae gaan nooit oor jóú nie, maar eerder oor die mense om jou! Om ons selfvertroue op te eis, moet ons vrees uit ons woordeskat verwyder. Doen dit so: 1 . BES LUIT SE LF! Wanneer jy voel dat jou selfvertroue begin wankel, moet jy dinge doen wat jou sal herinner aan tye toe jy wel iets bereik het. Kyk na foto’s van jouself voordat jy jou doelgewig bereik het, of grawe weer daardie video uit van jou eerste valskermsprong wat jy gedoen het om jou vrees vir hoogtes te oorkom! 2 . ONTHOU Selfvertroue is gewoonlik die een gemeenskaplike eienskap van gelukkige, suksesvolle mense. Dit dra jou deur alles! 3 . OORWIN SE LFB EWUSTHEID Ons voel gewoonlik selfbewus in sosiale situasies: daarom voel ons ons staan rond terwyl almal ons aan- staar. Kry dus ’n doelwit: maak nuwe vriende of probeer netwerk. Besluit doelbewus om die geleentheid te benut. 4 . L AAT K RITIE K VIR JOU WER K! Selfkritiek kan jou lelik onderkry, maar gelukkig kan jy jou eie gedagtes beheer en jou reaksie op ander se opinie oor jou! Verwerk van: Finesse, Junie 2008 ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 90
AFDELING 6 VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS AFDELING C: TAAL VRAAG 3 Gebruik die volgende tekste om die taalvrae te beantwoord: SU K SES K OM NATUUR L I K VIR SA SE WATERSHED DIE PLAASLIKE GROEP WATERSHED IS HIER ÉN OORSEE GEWILD VIR TREFFERS SOOS “INDIGO GIRL”, “LETTERS” EN “SHINE ON ME”. ANNA-RETHA BOUWER HET MET CRAIG HINDS, HOOFSANGER EN DIE GROEP SE LIEDJIESKRYWER, GEPRAAT. 1. Jou gemiddelde Engels-onnie kan toe inderdaad superkoel wees. 2. Of dalk is dit eenvoudig verkeerd om die woord “gemiddeld” in dieselfde konteks as Craig Hinds van Watershed te gebruik. 3. “Ek het nooit gedink musiek sou my loopbaan word nie,” sê hy. 4. En hoe sou hy ook, aangesien hy voorheen die wêreld van Engelse literatuur vir onstuimige jong hoërskoolleerlinge probeer ontsluit het. 5. Dit moet heelwat anders wees om ’n mikrofoon in plaas van ’n borduitveër vas te hou, neem ek aan, maar Hinds verskil. 6. “Nie regtig nie. Musiek is eintlik maar ’n ander manier van storievertel. En onderwys is ook maar ’n vorm van vermaak.” 7. Dit was met ’n besoek aan die skoolhoof waar dié hom gevra het of hy nie maar sy volle aandag aan ’n musiekloopbaan wou gee nie. 8. “Want dit was soort van moeilik om die laat aande wat musiek meebring met onderwys te kom- bineer.” 9. Watershed het in 2000 ontstaan en van die begin af was Hinds die liedjieskrywer, voorsanger en ook op die klavier en akoestiese kitaar. 10. En al is hy nou ’n suksesvolle rocker, is dit net ’n paar armbandjies en dalk enkele deurmekaar krulle wat hom sou verraai, sou hy skielik weer voor ’n swartbord gaan staan. 11. In die band se huidige vorm is die ander lede Nic Rush op die hoofkitaar, Peter Auret op die dromme, James Sunney op baskitaar en Hylton Brooker op klawerbord. 12. Die groep se nuutste album, Staring at the Ceiling, is verlede jaar uitgereik. Dis hul vierde en bou met die groep se unieke klank voort op die sukses van In the Meantime, Mosaic en Wrapped in Stone. 13. Hinds is ’n bietjie soos ’n kat wat room gekry het oor die feit dat mense al lank sukkel om hul klank netjies in ’n boksie te verpak. 14. “Ek dink ’n mens moet juis streef daarna om oorspronklik en kenmerkend te wees. Die akkuraatste manier om ons klank te beskryf is waarskynlik klaviergegronde akoestiese rock.” Verwerk van: Beeld, 18 April 2009 3.1 Gee ’n antoniem vir “plaaslike” in die subopskrif. (1) 3.2 Vorm ’n byvoeglike naamwoord van SA sodat dit in die volgende sin korrek sal pas: Die (SA) groep Watershed is ook oorsee gewild. (1) 3.3 Skryf die Standaardafrikaans vir “Engels-onnie” (par. 1). (1) 3.4 Gee ’n sinoniem vir “loopbaan” (par. 3). (1) 3.5 Skryf die sin in par. 3 (“Ek het nooit gedink …”) oor in die indirekte rede. Begin met: Craig Hinds sê … (2) 3.6 Gee die verkleining van “hoërskoolleerlinge” (par. 4). (1) ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 91
AFDELING 6 VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS 3.7 Skryf die sin “Musiek is eintlik maar ’n ander manier van storievertel” (par. 6) oor in die ontkennende vorm. (2) 3.8 Vorm ’n selfstandige naamwoord van “kombineer” (par. 8). (1) 3.9 Dui aan of die volgende woorde ’n afleiding, samestelling of samestellende afleiding is: 3.9.1 voorsanger (1) 3.9.2 krulle (1) 3.10 “nuutste album” (par. 12) is in die oortreffende trap geskryf. 3.10.1 Skryf die vergrotende trap van “nuutste”. (1) 3.10.2 Skryf die stellende trap van “akkuraatste”. (1) 3.11 Skryf die sin “Die groep se nuutste album Staring at the Ceiling is verlede jaar uitgereik” oor in die toekomende tyd. Begin met: Volgende jaar … (2) 3.12 Gee ’n antoniem vir “onstuimige” (par. 4). (1) 3.13 Vorm ’n persoonsnaam van verraai (par. 10). (1) 3.14 Gee die intensiewe vorm van nuut. (1) 3.15 Herskryf die sin “En onderwys is ook maar ’n vorm van vermaak” sodat dit ’n vraagsin is. (2) MAATSKAPPY-EKONOOM JULLE SAL ALMAL DEUR KANIBALE OPGEVREET WORD, MOET NOOIT IN 2010 SAL DIE EKONOMIE WAT OP HUL BEURT SAL STERF MEER PRAAT VERGAAN EN DIE AARDE SAL WEENS DIE SIEKTES WAT TANS NIE. EK HOOR DIT IN DONKERTE GEHUL WEES OP JULLE LIGGAME TEER DEESDAE BAIE TOTAAL AFDELING B: 10 Verwerk van: Beeld, 16 April 2009 3.16 Kies die korrekte antwoord: In die bostaande strokiesprent is daar ’n voorbeeld van: 3.16.1 Partydigheid 3.16.2 Vooroordeel 3.16.3 Pessimisme (1) 3.17 “Sterf”(raampie 2) word as ’n werkwoord gebruik. Maak ’n nuwe sin waarin die woord verander en gebruik word as ’n selfstandige naamwoord. (2) 3.18 Gebruik die homoniem van teer (raampie 2) in ’n verklarende sin. (2) 3.19 Skryf die sin in raampie 1 oor in die verlede tyd. (2) 3.20 Skryf die intensiewe vorm van donker neer. (1) 3.21 Skryf die sin in raampie 2 “Julle sal almal deur kannibale opgevreet word” oor in die bedrywende vorm. (1) TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 92
AFDELING 6 Memorandum van Voorbeeldvraestel 1: Taal in konteks Memorandum van Voorbeeldvraestel 1: Taal in konteks AFDELING A: LEESBEGRIP Vraag Antwoord Punt 1.1 Vermy/ontwyk/ontduik 1 1.2 Woede/frustrasie 1 Klere nie koel genoeg nie 1.3 Droom-ou/meisie jou nie raaksien nie 2 Ouers wat gedurig baklei 1.4 “prikkelbaar” 2 Fisiek: liggaamlik 1.5 1 Geestelik: verstandelik, emosioneel 1.6.1 Mening 2 1.6.2 Persoonlike opinie van die skrywer, nie wetenskaplik bewys. 1 1.7 ’n Verhouding wat aan en af is, dan gaan dit goed, dan gaan dit sleg. 1 1.8 “nie altyd voor die wind tussen julle nie” 1 1.9 Figuurlik 1 1.10 Verwarring – asemhaal 2 1.11 Verwarring is deel van ’n tiener se lewe soos asemhaal 2 1.12 Wenke om tieners se stres te verminder 1 Daar is te min vroue 1.13 1 Die naaste kroeg is twee blokke van die kampus af. 1.14 Die rand is swakker as Europa se geldeenheid. 2 1.15 Hy is teleurgesteld. 1 1.16 Inligting was vroeër nie so maklik beskikbaar om die feite of realiteit te besef nie. 1 1.17 10 jaar 1 1.18 Sternutering 1 1.19 “Daardie luidrugtige, semi-outonome en krampagtige uitskiet van lug uit die neus” 1 1.20 Twinsaver snesies 1 1.21 “A-tiesjoe!” 1 1.22 Orgaan 1 Die skrywer gebruik orkaan in plaas van orgaan omdat daar na die nies as ’n 1.23 1 “uitbarsting” verwys word. 1.24 Die oë word toegemaak om die traanbuisies en bloedvate teen bakterieë te beskerm. 1 TOTAAL AFDELING A: 30 AFDELING B: OPSOMMING Vraag 2 Feite Herinner jouself aan tye toe jy wel iets bereik het. Kyk na foto’s wat jou selfvertroue sal bevorder. Onthou dat selfvertroue jou deur alles dra. Oorwin selfbewustheid deur nuwe vriende te maak. Besluit doelbewus om sosiale geleenthede te benut. Beheer jou eie gedagtes om selfkritiek te voorkom. Laat kritiek vir jou werk deur jou reaksie op ander se opinie. ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 93
AFDELING 6 Memorandum van Voorbeeldvraestel 1: Taal in konteks Voorbeeld van hoe die opsomming kan lyk: Vrees kan verwyder word deur jouself te herinner aan tye wat jy iets bereik het of om na foto’s te kyk wat jou selfvertroue bevorder. Selfvertroue kan jou deur alles dra en jy kan jou vrees oor selfbewustheid oorkom deur sosiale geleenthede doelbewus te benut om nuwe vriende te maak. Voorkom selfkritiek deur jou gedagtes te beheer en laat ander se kritiek vir jou werk. (65 woorde) TOTAAL AFDELING B: 7 + 3= 10 AFDELING C: TAAL Vraag Antwoord Punt 3.1 internasionale 1 3.2 Suid-Afrikaanse 1 3.3 Engelse onderwyser 1 3.4 beroep 1 3.5 Craig Hinds sê dat hy nooit gedink het dat musiek sy loopbaan sou word nie. 2 3.6 hoërskoolleerlingetjies 1 3.7 Musiek is nie eintlik ’n ander manier van storievertel nie. 2 3.8 kombinasie 1 3.9.1 samestellende afleiding 1 3.9.2 afleiding 1 3.10.1 nuwer 1 3.10.2 akkuraat 1 3.11 Volgende jaar sal die groep se nuutste album, Staring at the Ceiling, uitgereik word. 2 3.12 Rustige/kalm 1 3.13 verraaier 1 3.14 splinternuut 1 3.15 Is onderwys ook maar ’n vorm van vermaak? [GEEN VRAAGTEKEN= -1] 2 3.16 3.16.3 Pessimisme 1 Bv: Sy sterfte het traumatiese gevolge gehad. 3.17 2 [korrekte woord= 1, sin =1] 3.18 Bv: Die teer in die pad is beskadig. 2 3.19 In 2010 het die ekonomie vergaan en die aarde was in donkerte gehul. 2 3.20 pikdonker 1 3.21 Die kannibale sal julle almal opvreet. 1 TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 94
AFDELING Unit XX 6 VOORBEELDVRAESTEL 3: SKRYF VOORBEELDVRAESTEL 3: SKRYF TYD: 2 UUR AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 • Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ’n opstel van 300-350 woorde daaroor. • Jy moet jou skryfstuk beplan en bewyse van beplanning en redigering gee. • Jy moet jou skryfstuk minstens een keer redigeer voordat jy dit finaal oorskryf, maar jy mag dit meer kere redigeer as jy dit so verkies en die tyd dit toelaat. • Dui jou finale produk duidelik aan met die volgende opskrif: Vraag 1: Finaal, asook ’n aanduiding van jou keuse, bv.1.1. 1.1 Skryf ’n verhalende opstel met die volgende titel: Skoene van ’n straatkind [50] OF 1.2 Skryf ’n beskrywende opstel oor die volgende: Plakboek van soete herinneringe [50] OF 1.3 Skryf ’n beredenerende opstel oor die volgende: Sport verenig ’n nasie [50] OF 1.4 Kies EEN van die onderstaande prente en ontwikkel jou eie tema. Die aard van die opstel kan verhalend, beskrywend, beredenerend, feitlik, betogend of bespiegelend wees. Voorsien jou skryfstuk van ’n gepaste, eie titel. [50] 1.4.1 1.4.2 1.4.3 1.4.4 TOTAAL AFDELING A: 50 ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 95
AFDELING 6 VOORBEELDVRAESTEL 3: SKRYF AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 • Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf 2 skryfstukke van 180-200 woorde elk daaroor. • Jy moet jou skryfstukke beplan en bewyse van beplanning en redigering gee. • Jy moet jou skryfstukke minstens een keer redigeer voordat jy dit finaal oorskryf, maar jy mag dit meer kere redigeer as jy dit so verkies en die tyd dit toelaat. • Dui jou finale produk duidelik aan met die volgende opskrif: Vraag 2: Finaal, asook ’n aanduiding van jou keuse, bv. 2.1 2.1 Skryf ’n formele brief waarin jy ’n klagte lê rakende EEN van die volgende onderwerpe: 2.1.1 Swak toestand van ons land se paaie. 2.1.2 Trae reaksie van die polisie tydens ’n rooftog. 2.1.3 Gesukkel om ’n afspraak vir ’n leerlinglisensie te maak. [25] OF 2.2 Skryf ’n boekresensie oor die letterkundige werk (kortverhaal, jeugroman, ens.) wat jy tans in Graad 10 behandel. Verwys in jou resensie na die volgende: • Titel, outeur • Noem wie die hoofkarakters is • Wat hulle doen • Waar die verhaal afspeel • Wanneer die verhaal afspeel • Vir wie die boek geskryf is (die teikengehoor, wie sal dit geniet) • Hoe die boek geskryf is (bv: humoristies, histories, formeel, ens.) • Eienskappe van die boek wat positief/negatief is • Aanbeveel of nie, en rede. [25] OF 2.3 Skryf ’n koerantberig oor EEN van die volgende onderwerpe: 2.3.1 Stakers maak amok! 2.3.2 Prag wedstryd! 2.3.3 Weldoener red gesin. [25] OF 2.4 Skryf ’n vriendskaplike (informele) brief aan jou beste vriend/vriendin waarin jy om verskoning vra vir iets wat jy gesê/gedoen het wat hom/haar seergemaak het. [25 OF 2.5 Skryf die dialoog wat tussen jou en jou ouers plaasgevind het nadat hulle gehoor het dat hulle 1 miljoen rand ryker is. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 ©Via Afrika » Afrikaans Huistaal 96

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 10 Afrikaans HL.

More papers and memos for this grade and subject.