Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2022
GRAAD 11
REKENINGKUNDE
(VRAESTEL 2)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
10 bladsye + 1 formuleblad en ʼn antwoordboek van 10 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2022 papers %20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--716473af-e84e-470a-9dd5-68ad9e4eae8b/v1-a32b28e97919d9cc1d0d/card.webp)
%20June%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--16b42200-379b-4214-b262-156f8ad71c5a/v1-cf81a97e83e0e8c60a18/card.webp)
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ece12388-af7d-4c48-955d-4bdc5697500a/v1-f68679d659dcb26ca5c5/card.webp)
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--c352552e-e7e7-4ea3-a1d6-33b3262523ba/v1-03d5025dceed775e8dc8/card.webp)


View all





Accounting Grade 11 P2 Gauteng June 2022 QP (Afr)
Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng June 2022 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 11 · Gauteng June · 2022. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 815.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 2
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin AL die vrae beantwoord moet
word.
3. ʼn FORMULEBLAD vir die finansiële aanwysers word voorsien aan die agterkant van die
vraestel.
4. Toon ALLE bewerkings aan om deelpunte te verdien.
5. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Waar van toepassing, moet alle berekenings tot EEN desimaalpunt gegee word.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Leerders sal punte verbeur vir:
• Die gebruik van nie gestandaardiseerde afkortings
• Oorskryf van woorde en syfers
• Oorbodige/vreemde items
10. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer die vraestel beantwoord
word. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD IN MINUTE
1. Konsepte en Bankversoening 54 42 minute
2. Konsepte en Krediteureversoening 34 28 minute
3. Vaste Bates en Interne kontrole 62 50 minute
TOTAAL 150 120 minute
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 3
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
VRAAG 1: KONSEPTE EN BANKVERSOENING (54 punte; 42 minute)
1.1 KONSEPTE
1.1.1 Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs
WAAR of ONWAAR langs die vraagnommer in jou
ANTWOORDBOEK. (6)
1.1.1.1 Koste wat gehef word ten opsigte van EFO’s, vorm nie
deel van die bankkoste nie.
1.1.1.2 ʼn Kredietsaldo op die Bankstaat weerspieël ʼn positiewe
banksaldo.
1.1.1.3 Rente wat op die Bankstaat gedebiteer word, sal in die
Kontantontvangstejoernaal aangeteken word.
1.1.2 Beantwoord die volgende vrae:
1.1.2.1 Verduidelik aan Mabuto, die eienaar van Butros Traders,
waarom dit belangrik is dat hy die Bankversoeningstaat
aan die einde van elke maand opstel. Verskaf DRIE redes. (6)
1.1.2.2 Waarvoor staan die afkorting EFO? (2)
1.1.2.3 Noem VIER voordele van internetbankdienste. (8)
1.1.2.4 Jane, die boekhouer, is toegewys om alle EFO’s te
verwerk en te beheer. Gee TWEE redes waarom die
interne ouditeur daaroor bekommerd moet wees. (4)
1.2 BANKVERSOENING
BUTROS TRADERS
Die onderstaande inligting het betrekking op Butros Traders vir die jaar
geëindig op 31 Maart 2022.
GEVRA:
1.2.1 Bereken die korrekte totale vir beide die Kontantontvangstejoernaal
en Kontantbetalingsjoernaal vir Maart 2022.
Let Wel: Besonderhede word nie vereis nie. (11)
1.2.2 Stel die Bankrekening in die Algemene Grootboek op vir Maart 2022. (6)
1.2.3 Stel die Bankversoeningstaat op 31 Maart 2022 op. (11)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 4
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
INLIGTING:
A. Die Kontantjoernale het die volgende totale vir die bankkolomme gehad
op 31 Maart 2022, voordat die Bankversoening voltooi is:
Kontantontvangstejoernaal R477 400
Kontantbetalingsjoernaal R413 500
B. Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 28 Februarie2022:
Saldo volgens Bankstaat ???
Uitstaande deposito R84 700
Uitstaande EFO’s
Nr. 415 (28 Februarie 2022) R6 000
Nr. 416 (28 Februarie 2022) R28 500
Voordelige saldo volgens Bankrekening R299 600
C. Addisionele inligting met betrekking tot die Bankversoeningstaat op
28 Februarie 2022:
• Die uitstaande deposito van R84 700 het op die Bankstaat vir Maart
2022 verskyn.
• EFO nr. 415 vir R6 000 verskyn op die Maart 2022 Bankstaat.
• EFO nr. 416 verskyn op die Maart 2022 Bankstaat met die korrekte
bedrag van R62 500. Die bedrag wat in die joernaal vir Februarie
2022 ingeskryf is, was verkeerd.
D. Inskrywings in die Kontantjoernale vir Maart 2022 wat nie in die
Bankstaat vir Maart 2022 verskyn nie:
• EFO nr. 480 vir R25 000. Dit was vir handboeke en ʼn skootrekenaar
vir die eienaar se seun.
• EFO nr. 481 vir R18 000 vir herstelwerk aan die besigheid se
voertuig.
• ʼn Kontant deposito vir die week wat eindig op 31 Maart 2022 vir
R124 500.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 5
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
E. Inskrywings wat op die Maart 2022 Bankstaat van Alli Bank verskyn, maar
nie op die Kontantjoernale vir Maart 2022 nie:
Datum Besonderhede R Saldo
Debietorder 225 : Tee
18 Mar - 34 000 212 000 (Kt)
Versekeraars
Debietorder 388 : Taa
18 Mar - 34 000 178 000 (Kt)
Versekeraars
22 Mar Ekurhuleni Munisipaliteit (EFO) - 52 000 126 000 (Kt)
25 Mar L. Naidoo (EFO vanaf huurder ) 28 000 154 000 (Kt)
28 Mar Delta Bank 96 750 250 750 (Kt)
30 Mar Diensfooie - 1 750 249 000 (Kt)
30 Mar Rente 400 249 400 (Kt)
NOTE:
• Debietorder 225 was vir die besigheid se maandelikse versekerings
premie aan Tee Versekeraars.
• Debietorder 388 verskyn op die besigheid se Bankstaat op 18 Maart
2022. Die besigheid het nie ʼn versekeringspolis by Taa Versekeraars
nie. Die bank het ingestem dat die fout op die volgende Bankstaat
reggestel sal word.
• Die deposito vanaf Delta Bank was vir die vaste deposito van R90 000
wat verval het.
[54]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 6
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
VRAAG 2: KONSEPTE EN KREDITEUREVERSOENING
(34 punte; 28 minute)
SEB’S SOUND CLINIC
Seb’s Sound Clinic is vyf maande lank in werking, vanaf 01 Januarie 2022. In plaas
daarvan om ʼn gekwalifiseerde boekhouer aan te stel, berei Sophia, die eienaar se
vrou, die boeke van die besigheid voor.
Seb’s Sound Clinic koop die meeste van sy klankbykomstighede by Big Music, hulle
enigste krediteur.
GEVRA:
2.1 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by die konsep in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer in jou ANTWOORDBOEK
neer.
KOLOM A KOLOM B
Oorspronklike A ʼn Opsomming van wat elke skuldeiser
2.1.1
faktuur verskuldig is
B Dokument wat op die Krediteurestaat
2.1.2 Krediteure lys sal verskyn om te herken dat foutiewe
goedere deur die verskaffer aanvaar is
2.1.3 Debietnota C Bewys dat betaling ontvang is
D Dokument wat deur die besigheid aan
die verskaffer gestuur word wanneer
2.1.4 Kredietnota
goedere teruggestuur word of ʼn afslag
verlang word.
E Dokument waarop alle krediet aankope
2.1.5 Kwitansie
aangeteken word (10)
2.2 Verskaf TWEE redes waarom ʼn Krediteureversoening opgestel word. (4)
2.3 Die eienaar van Seb’s Sound Clinic is nie heeltemal tevrede met die diens
en kwaliteit van die goedere wat van Big Music ontvang is nie. Hy dink
daaraan om ʼn nuwe verskaffer te soek. Noem DRIE faktore wat hy moet
oorweeg voordat hy na ʼn ander verskaffer verander. (6)
2.4 Sophia het ʼn Krediteurvoorsiening op 31 Mei 2022 voorberei. ʼn Ondersoek
het baie foute en weglatings aan die lig gebring.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 7
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
Voltooi die tabel in jou ANTWOORDBOEK om te wys hoe die foute en
weglatings wat geïdentifiseer is, hanteer moet word om die
Krediteuregrootboekrekeningsaldo van Big Music in die boeke van Seb’s
Sound Clinic te versoen met die staat wat vanaf Big Music ontvang is.
Dui ʼn toename met ʼn ‘+’ aan en ʼn afname met ʼn ‘-’ aan en ʼn ‘0’ vir geen
verandering nie, met elke bedrag in die regte kolom. (14)
INLIGTING:
2.4.1 Saldo verskuldig aan Big Music op 31 Mei 2022,
volgens die Krediteuregrootboek van Seb’s Sound
Clinic. R42 794
Saldo op die Rekeningstaat ontvang van Big Music op
28 Mei 2022. R46 820
Foute en weglatings:
2.4.2 Big Music het aan Seb’s Sound Clinic ʼn korting van R67 toegestaan.
Sophia het hierdie bedrag in die Krediteuregrootboekrekening van
Big Music gekrediteer.
2.4.3 Faktuur 147 vir R8 890 is verkeerdelik as R8 780 in die
Krediteuregrootboekrekening van Big Music aangeteken. Die
Rekeningstaat het die regte bedrag.
2.4.4 Seb’s Sound Clinic het bedrading vir R1 600 by Big Music gekoop.
Hierdie inskrywing is weggelaat op die Rekeningstaat wat van Big
Music ontvang is.
2.4.5 Sophia het op 28 Mei 2022 ʼn EFO betaling van R4 000 korrek in die
Krediteuregrootboek van Big Music aangeteken. Dit verskyn nie op
die Rekeningstaat wat ontvang is nie.
2.4.6 Sophia het ʼn telefoniese bestelling by Big Music gemaak vir
klankbykomstighede ten bedrae van R1 350 en het dit dadelik in die
Krediteuregrootboekrekening van Big Music aangeteken . Hierdie
transaksie het egter nie op die Rekeningstaat wat ontvang is,
verskyn nie. Daar is ook vasgestel dat hierdie items nie afgelewer is
nie en dat Big Music nie voorraad het nie en dat hulle nie in die
nabye toekoms voorraad sal kry nie.
2.4.7 Sophia het op 31 Mei 2022 ʼn EFO betaling van R2 840 en ʼn korting
vir vroegtydige betaling van R160 korrek in die Krediteuregrootboek
van Big Music aangeteken het. Dit het nie verskyn op die
Rekeningstaat wat ontvang is nie.
[34]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 8
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
VRAAG 3: VASTE BATES EN INTERNE KONTROLE
(62 punte; 60 minute)
RATIZA TRADERS
Die volgende inligting het betrekking op die boeke van Ratiza Traders vir die jaar
geëindig 28 Februarie 2022. Die vennote is Oratile en Zama.
GEVRA:
3.1 Bereken die ontbrekende bedrae in die Vaste Bate Nota aangedui as (A)
tot (G). (33)
3.2 Stel die Bateverkoperekening op in die Algemene Grootboek. (9)
3.3 Gee EEN voorstelling wat die interne ouditeur kan gebruik om te kyk of
enige roerende bates gesteel is. (2)
3.4 Grond en geboue is vyf jaar gelede vir R5 000 000 gekoop. Die
eiendomspryse het sedertdien met 20% gestyg. Vennoot Oratile het
voorgestel dat die waarde van hierdie bate teen ʼn hoër bedrag aangeteken
word sodat die bykomende R1 000 000 as ʼn wins in die Staat van
Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) weerspieël word. Vennoot Zama
stem nie saam nie.
Gee EEN rede waarom jy met vennoot Zama saamstem. Verwys na AARP
beginsels in jou antwoord. (3)
3.5 Die vennote vermoed dat sommige van die bestuurders die
besigheidsvoertuie vir hulle private doeleindes gebruik.
3.5.1 Verskaf TWEE punte om hul bekommernisse te regverdig. Haal
syfers aan om jou antwoord te staaf. Wenk: Verwys na
INLIGTING F. (8)
3.5.2 Noem TWEE punte van advies oor hoe die vennote beter beheer
oor die gebruik van die besigheidsvoertuie kan uitoefen.
(4)
3.6 Ses van die bestuurders is ontevrede met hul salarisverhoging en beplan ʼn
staking. Is hulle regverdig? Verduidelik. Haal syfers aan om jou antwoord
te staaf.
(3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 9
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
INLIGTING:
A. Waardevermindering op voertuie word bereken teen 10% per jaar op die
verminderende saldo-metode.
B. ʼn Nuwe voertuig is op 01 Desember 2021 aangekoop.
C. ʼn Uittreksel van die Vastebateregister ten opsigte van ʼn voertuig wat
gedurende die jaar verkoop is:
Ford Fiesta
Datum gekoop: 01 Maart 2019
Datum verkoop: 30 September 2021 (Kontant)
Verkoopprys: R81 348
Waardevermindering metode: 10% p.j. (verminderende saldo)
Datum Kosprys Waardevermindering Drawaarde
29 Februarie 2020 R132 000 R13 200 R 118 800
28 Februarie 2021 ??? ???
30 September 2021 ??? ???
D. Waardevermindering op toerusting word bereken op 15% per jaar op die
kosprys metode.
E. Uittreksel uit die Vaste Bate Nota op 28 Februarie 2022:
Grond en
Voertuie Toerusting
geboue
Boekwaarde op
116 000 (A)
01 Maart 2021
Kosprys 5 000 000 576 000 460 000
Opgehoopte
(460 000) (396 750)
waardevermindering
Beweging
Toevoeging 650 000 (C) 0
Bateverkope 0 (E) 0
Waardevermindering (D) (F)
Boekwaarde op 28
(B)
Februarie 2022
Kosprys 564 000
Opgehoopte
(G)
waardevermindering
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 10
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
F. Addisionele inliging met betrekking tot die vaste bates van die onderneming:
28 Februarie 2022 01 Maart 2021
Afleweringsvoertuie
R564 000 R576 000
(kosprys)
Herstelwerk en
R45 220 R32 300
onderhoud
Brandstof en olie R114 100 R65 200
Salarisse van
R408 240 R388 800
motorbestuurders
Verkope R932 400 740 000
[62]
TOTAAL: 150
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 11
(VRAESTEL 2) GRAAD 11
FORMULEBLAD
Bruto wins 100 Bruto wins 100 Netto wins 100
Verkope 1 Koste van Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes 100 Bedryfswins 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale verdienste deur vennoot 100 Netto wins 100
Gemiddelde Vennotebelang 1 Gemiddelde eienaarsbelang 1
Bedryfsbates: Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad): Bedryfslaste
Gemiddelde Debiteure 365 12 Gemiddelde Krediteure 365 12
of of
Kredietverkope 1 1 Kredietaankope of Koste van Verkope 1 1
Gemiddelde Voorraad 365 12 Koste van Verkope
of
Koste van Verkope 1 1 Gemiddelde Voorraad
Nie Bedryfslaste: Vennotebelang Totale bates: Totale laste
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--716473af-e84e-470a-9dd5-68ad9e4eae8b/v1-a32b28e97919d9cc1d0d/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 11 P2 Gauteng June 2022 QP (Eng)
%20June%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--16b42200-379b-4214-b262-156f8ad71c5a/v1-cf81a97e83e0e8c60a18/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 11 P2 Gauteng June 2022 Addendum (Afr)
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ece12388-af7d-4c48-955d-4bdc5697500a/v1-f68679d659dcb26ca5c5/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 11 Paper 2 Gauteng June 2022 Memo (English)
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--c352552e-e7e7-4ea3-a1d6-33b3262523ba/v1-03d5025dceed775e8dc8/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 11 P1 Gauteng June 2022 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Eng)
More from Grade 11 Accounting

Study guide
GR11 Accounting Practice exam November Paper 1

Addendum
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper and memo
Accounting Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum