Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2018
SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitend 4 antwoordblaaie.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all

/CIV%20TECH%20GR11%20MEMO%20NOV2022_Civil%20Services_Afrikaans_hlayiso.com_--85a9ce14-da0c-4943-8570-643c7a62e6a8/v1-16d2544947d7d7544935/card.webp)
/CIV%20TECH%20GR11%20MEMO%20NOV2022_Construction_Afrikaans_hlayiso.com_--6d31745c-a94c-4612-8aef-4e9b624a57b0/v1-b3dbeb7485c9d23d03e8/card.webp)


Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP
Grade 11 Civil Technology question paper from the Eastern Cape November 2018, 18 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Civil Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Eastern Cape November 2018
- Other filesQuestion paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · Eng (3)Question paper · Eng (4)Question paper · Eng (5)Question paper · Eng (6)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Question paper · Afr (3)Question paperQuestion paper (2)Question paper (3)Memo · EngMemo · Eng (2)Memo · Eng (3)Memo · AfrMemoMemo (2)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2018)
BENODIGDHEDE:
1. ANTWOORDEBOEK
2. Tekengereedskap
3. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER
vrae is vakspesifiek.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOENIE onderafdelings van vrae
skei NIE.
4. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op
die aangehegte ANTWOORDBLAAIE
8. Gebruik die puntetoekenning as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies
met beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming
met die SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.
10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ʼn steen as 220 mm x
110 mm x 75 mm geneem word.
11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
12. Beantwoord VRAAG 2.6, 3.1, 5.1 en 6.9 op die aangehegte
ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekeninstrumente, waar nodig.
13. Skryf jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou
ANTWOORDEBOEK in.
14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van
elektroniese oordrag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 3
VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES)
1.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die veiligheidstoerusting in
FIGUUR 1.1.
FIGUUR 1.1
1.1.1 Wat word die veiligheidstoerusting in FIGUUR 1.1 genoem? (1)
1.1.2 Op watter tipe terrein is die dra van dié veiligheidstoerusting
verpligtend? (1)
1.2 Beskryf die veiligheidsmaatreël wat op elk van die volgende faktore van
toepassing is:
1.2.1 Loshangende klere (1)
1.2.2 Tipe skoene in ʼn werkswinkel (1)
1.2.3 Dra van skerp voorwerpe (1)
1.2.4 Gevaarlike bewegende dele van kraggereedskap (1)
1.2.5 Aantal operateurs wat ʼn masjien gebruik (1)
1.3 Wie is verantwoordelik vir die veiligheid van besoekers op ʼn
konstruksieterrein? (1)
1.4 Noem enige VIER veiligheidsmaatreëls wat van toepassing is op die
berging van ontvlambare vloeistowwe. (4 x 1) (4)
1.5 Ongewapende beton, gewapende beton en voorafgegiete beton word op
konstruksieterreine gebruik.
Identifiseer die tipe beton wat vir die volgende werk gebruik sal word:
1.5.1 Betonhangvloere (1)
1.5.2 Lateie bokant deuropeninge (1)
1.5.3 Fondamente vir enkelverdieping-geboue (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2018)
1.6 Noem EEN gebruik van gidspleister. (1)
1.7 Noem TWEE redes waarom kalk by ʼn daghamengsel gevoeg kan word.
(2 x 1) (2)
1.8 Motiveer kortliks waarom dennehout vir timmerwerk op ʼn
konstruksieterrein gebruik word. (2)
1.9 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’
of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.
1.9.1 Bordprodukte is goedkoper as soliede hout. (1)
1.9.2 Bakstene word van sement vervaardig. (1)
1.9.3 Sierstene moet gepleister word. (1)
1.9.4 Sementblokke word met hol kerns gegiet om dit ligter te maak. (1)
1.10 Motiveer kortliks waarom opwasbakke van vlekvrye staal vervaardig word. (2)
1.11 Beskryf kortliks wat ʼn legering is. (3)
1.12 Noem EEN gebruik van termoverharde plastiek. (1 x 1) (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 5
VRAAG 2: TOERUSTING, GEREEDSKAP EN GRAFIKA (GENERIES)
2.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die handgereedskapstuk in
FIGUUR 2.1.
2.1.A
FIGUUR 2.1
2.1.1 Wat word dié gereedskapstuk genoem? (1)
2.1.2 Beskryf die doel van deel 2.1.A. (2)
2.1.3 Motiveer kortliks waarom deel 2.1.A gereeld vervang moet word. (2)
2.2 Identifiseer die gereedskapstuk in FIGUUR 2.2 en noem DRIE versorgings-
maatreëls daarvan. (4)
FIGUUR 2.2
2.3 Identifiseer die gereedskapstuk in FIGUUR 2.3 en noem DRIE versorgings-
maatreëls daarvan. (4)
FIGUUR 2.3
2.4 Noem TWEE versorgingsmaatreëls vir ʼn betonmenger. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2018)
2.5 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die planaansig (‘plan
elevation’) in FIGUUR 2.5.
PROTEASTRAAT
2.5.B
2.5.A
2.5.C
ERF 124 ERF 126 ERF 128
ERF 135 ERF 137
FIGUUR 2.5
2.5.1 Wat word die planaansig genoem? (1)
2.5.2 Wat is die erfnommer van die erf aan die westekant van erf 126? (1)
2.5.3 Wat word die lyne by 2.5.A genoem? (1)
2.5.4 Identifiseer die simbole by 2.5.B en 2.5.C. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 7
2.6 FIGUUR 2.6 op ANTWOORDBLAD A toon ʼn onvoltooide deursnee-aansig
van ʼn eensteenmuur. Voltooi die deursnee-aansig op skaal 1 : 20 en toon
die volgende dele met simbole en byskrifte:
2.6.1 ʼn Strookfondament van 700 x 250 mm met die bodemvlak
van 400 mm (3)
2.6.2 ʼn Eensteenmuur met ʼn hoogte van 2 700 mm vanaf die vloervlak
en 10 mm pleisterwerk aan die binne- en buitekant (5)
2.6.3 Die hardepuinvulling van 250 mm (1)
2.6.4 Die vogweerlaag (2)
2.6.5 Die blinderingslaag van 50 mm (1)
2.6.6 Die betonvloerblad van 90 mm (1)
2.6.7 ʼn Deuropening met ʼn hoogte van 2 100 mm (1)
2.6.8 ʼn Betonlatei met ʼn dikte van 70 mm bokant die deuropening (2)
2.6.9 ʼn Muurplaat van 114 x 38 mm (2)
2.6.10 Toon enige TWEE byskrifte. (2 x 1) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 3: HOEVEELHEDE, VERBINDINGS EN GRAFIKA (GENERIES)
3.1 FIGUUR 3.1 toon die fondamentmuur van ʼn gebou. Die breedte van die
muur is 220 mm en die hoogte 450 mm.
9 000
6 000
FIGUUR 3.1
Gebruik die hoeveelheidslys op ANTWOORDBLAD B en bereken die
volgende:
3.1.1 Bereken die hartlyn van die fondamentmuur. (6)
3.1.2 Bereken die hoeveelheid stene benodig om die fondamentmuur te
bou en maak voorsiening vir 5% steenbreekskade. (9)
3.2 Beskryf volledig die doel van die beskrywingskolom van die afmetingsblad
vir hoeveelhede. (3)
3.3 Beskryf puntsgewys die aanwendingsproses vir kontaklym. (3)
3.4 Watter kleefstof bestaan uit hars en ʼn verharder? (1)
3.5 Noem TWEE eienskappe van mastiekdigtingsmiddel. (2 x 1) (2)
3.6 Maak netjiese sketse om die volgende simbole op ʼn vloerplan te illustreer:
3.6.1 Vetput (2)
3.6.2 Dreineerkraan (2)
3.6.3 Afgewerkte hout (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 9
VRAAG 4: VEILIGHEID, MATERIAAL, TOERUSTING EN VERBINDING
(SPESIFIEK)
4.1 Noem TWEE oorsake van waterbesoedeling. (2 x 1) (2)
4.2 Beskryf kortliks die gesondheidsrisiko van rioolvuil. (2)
4.3 Motiveer kortliks waarom die werkarea waar soldeerwerk gedoen word, goed
geventileer moet wees. (2)
4.4 Beskryf kortliks die verskil tussen die grootte van growwe aggregaat en fyn
aggregaat. (2)
4.5 Verskeie metale word gelys om moontlik by die volgende eienskappe te pas.
Kies die korrekte antwoord en skryf dit teenoor die vraagnommer in jou
ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 4.5.4 Koper.
4.5.1 ... is geskik om as rioleringspype te gebruik. (1)
A Lood
B Grys gietyster
C Tin
D Vlekvrye staal
4.5.2 ... is ideaal vir gebruik as warmwaterpype. (1)
A Weekstaal
B Aluminium
C Koper
D Tin
4.5.3 ... is geskik vir buitenshuise waterkrane. (1)
A. Geelkoper
B. Vlekvrye staal
C. Brons
D. Koper
4.6 Noem DRIE eienskappe van termoverhardende plastiek. (3 x 1) (3)
4.7 Watter handgereedskapstuk sal vir die volgende werk gebruik word?
4.7.1 Om plaatmetaal te sny (1)
4.7.2 Om klinknaelkoppe te vorm (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2018)
4.8 Identifiseer die gereedskapstukke in FIGURE 4.8.1 en 4.8.2 en noem EEN
gebruik van elk.
(4)
FIGUUR 4.8.1 FIGUUR 4.8.2
4.9 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’
of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.
4.9.1 Koperpyp word met ʼn blaasvlam verhit om dit te buig. (1)
4.9.2 Gegalvaniseerde staalpyp word met behulp van ʼn pypbuigveer
gebuig. (1)
4.9.3 Politeenpype word met PVC-gom en -lasse gekoppel. (1)
4.10 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die laskomponente in
FIGUUR 4.10.
4.10.A 4.10.B
FIGUUR 4.10
4.10.1 Wat word dié tipe pypkoppeling genoem? (1)
4.10.2 Noem die onderdele 4.10.A en 4.10.B. (2)
4.10.3 Watter tipe pyp word met dié tipe koppeling gekoppel? (1)
4.11 Maak ʼn netjiese skets van ʼn gegroefde naatlas vir plaatmetaal. (2)
4.12 Wat is die doel van die smeltmiddel (‘flux’) wanneer soldeerwerk gedoen
word? (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 11
VRAAG 5: GRAFIKA EN KONSTRUKSIE IN SIVIELE DIENSTE (SPESIFIEK)
5.1 FIGUUR 5.1 op ANTWOORDBLAD C toon ʼn 45° afsnyding van ʼn silindriese
pyp. Gebruik ANTWOORDBLAD C en ontwikkel en teken die ontvouing van
die afsnyding van die silindriese pyp op skaal 1 : 1. (14)
5.2 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die opwasbakinstallering in
FIGUUR 5.2.
5.2.E
5.2.A 5.2.F
5.2.B
5.2.C
5.2.D
FIGUUR 5.2
5.2.1 Wat word die pyp by 5.2.A genoem? (1)
5.2.2 Wat word die toegangsopening by deel 5.2.A genoem? (1)
5.2.3 Teen watter hoek is die pyp by 5.2.A gebuig? (1)
5.2.4 Wat word die pyp by 5.2.B genoem? (1)
5.2.5 Wat is die deursneegrootte van die pyp by 5.2.B? (1)
5.2.6 Teen watter hoek is die pyp by 5.2.C gebuig? (1)
5.2.7 Benoem dele 5.2.D tot 5.2.F. (3)
5.3 Maak ʼn netjiese deursnee-aansig skets om die konstruksie van ʼn reguit
kapillêre soldeerlas vir koperpype te illustreer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2018)
5.4 Kies die term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer (5.4.1–5.4.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.4.4 F.
KOLOM A KOLOM B
5.4.1 Vars beton word met klam sakke A Afwerking
bedek
5.4.2 Bekisting vir vars beton B Betonplasing
5.4.3 Stampers word gebruik om beton in C Verdigting
al die gate en hoeke te laat vloei
D Nabehandeling
E Laaghoutborde
(3 x 1) (3)
5.5 Wat is die minimum dikte van die volgende betondele?
5.5.1 Huishoudelike vloerblaaie (1)
5.5.2 Mangatblad (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 13
VRAAG 6: KOUEWATER- EN WARMWATERTOEVOER, RIOLERING EN
SANITÊRE TOEBEHORE (SPESIFIEK)
6.1 In watter omstandighede word van vlekvrye staalpype gebruik gemaak? (1)
6.2 Noem DRIE nadele van vlekvrye staalpype. (3 x 1) (3)
6.3 Noem DRIE voordele van hoëdigtheidspoliëtileenpype. (3 x 1) (3)
6.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die klep in FIGUUR 6.4.
6.4.A
6.4.B 6.4.C
FIGUUR 6.4
6.4.1 Wat word dié tipe klep in FIGUUR 6.4 genoem? (1)
6.4.2 Wat word deel 6.4.A genoem? (1)
6.4.3 Watter pylpunt dui die korrekte vloeirigting aan, pylpunt 6.4.B of
6.4.C? (1)
6.4.4 In watter omstandighede word van dié tipe klep gebruik gemaak? (1)
6.5 Maak netjiese sketse van die simbole vir die volgende:
6.5.1 Aftapkraan (2)
6.5.2 Vlotterklep (2)
6.5.3 Buitekraan (2)
6.5.4 Watermeter (2)
6.6 Wat is die doel van die termostaat in ʼn geiser? (1)
6.7 Watter onderdeel van die geiser laat toe dat lug in die pyp inbeweeg
wanneer dit nodig is? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2018)
6.8 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die
warmwaterreservoirstelsel in FIGUUR 6.8.
6.8.A 6.8.F
6.8.B
6.8.E
6.8.C 6.8.D
FIGUUR 6.8
6.8.1 Benoem die onderdele 6.8.A tot 6.8 F. (6)
6.8.2 Noem TWEE funksies van deel 6.8.F. (2 x 1) (2)
6.9 FIGUUR 6.9 op ANTWOORDBLAD D toon die kantaansig van die
onvoltooide skematiese voorstelling van die sanitêre toebehore wat aan ʼn
eenpyprioolstelsel gekoppel moet word. Voltooi op ANTWOORDBLAD D
die volgende sanitêre pypwerk met behulp van netjiese lynsketse:
6.9.1 Afvoerstam en lugpyp
Dui die lugpyp aan met behulp van ʼn netjiese byskrif. (2)
6.9.2 Sperders vir die muurmeublement (2)
6.9.3 Vuilwaterafvoerpype (2)
6.9.4 Drekwaterafvoerpyp (1)
6.10 Beskryf kortliks hoe die volgende faktore kan veroorsaak dat die waterslotte
in sperders gebreek word:
6.10.1 Verspreiding (2)
6.10.2 Kompressie (2)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 15
SIVIELE TEGNOLOGIE
ANTWOORDBLAD A GENERIES
NAAM:
2.6 FIGUUR 2.6 op ANTWOORDBLAD A toon ʼn onvoltooide deursnee-aansig van ʼn
eensteenmuur. Voltooi die deursnee-aansig op skaal 1 : 20.
2.6.1 Strookfondament 3
2.6.2 Eensteenmuur 5
2.6.3 Hardepuinvulling 1
2.6.4 Vogweerlaag 2
2.6.5 Blinderingslaag 1
2.6.6 Betonvloerblad 1
2.6.7 Deuropening 1
2.6.8 Betonlatei 2
2.6.9 Muurplaat 2
2.6.10 2 Byskrifte 2
TOTAAL 20
NGL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2018)
SIVIELE TEGNOLOGIE
ANTWOORDBLAD B GENERIES
NAAM:
VRAAG 3.1
A B C D
3.1.1 HARTLYN: (6)
.......... x ................ m = ................ m
.......... x ................ m = ................ m
= ................ m
Minus: ........ x ............ m = ................. m
TOTALE HARTLYN = ................. m
3.1.2 AANTAL STENE: (9)
OPPERVLAK:
Totale muuroppervlak
...... ......
....... ...... Dus: Totale muuroppervlak = ...............
TOTALE STENE
....... 100 stene/ m2 vir eensteenmuur
........ ........... Dus: ................stene vir totale muur
5% BREEKSKADE
TOTALE STENE:
................ + ............... = ................ totale aantal stene
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 17
SIVIELE TEGNOLOGIE
ANTWOORDBLAD C SIVIELE DIENSTE
NAAM:
5.1 FIGUUR 5.1 op ANTWOORDBLAD C toon ʼn 45° afsnyding van ʼn silindriese
pyp. Gebruik ANTWOORDBLAD C en ontwikkel en teken die ontvouing van
die afsnyding van die silindriese pyp op skaal 1 : 1. (14)
SYAANSIG
BO-AANSIG
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/NOVEMBER 2018)
SIVIELE TEGNOLOGIE
ANTWOORDBLAD D SIVIELE DIENSTE
NAAM:
6.9 FIGUUR 6.9 op ANTWOORDBLAD D toon die kantaansig van die onvoltooide
skematiese voorstelling van die sanitêre toebehore wat gekoppel moet word aan ʼn
eenpyprioolstelsel. Voltooi op ANTWOORDBLAD D die volgende sanitêre
pypwerk met behulp van netjiese lynsketse:
HWB
SK
B
Afvoerstam + lugpyp
Byskrif 2
Sperders 2
Vuilwaterafvoerpype 2
Drekwaterafvoerpyp 1
TOTAAL 7
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP

Question paper
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP

Question paper
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP

Question paper
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP

Question paper
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP

Question paper
Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP
More from Grade 11 Civil Technology

Annual teaching plan
Gr 11 Cons ATP 2023 24

Annual teaching plan
Gr 11 Civil Ser ATP 2023 24
/CIV%20TECH%20GR11%20MEMO%20NOV2022_Civil%20Services_Afrikaans_hlayiso.com_--85a9ce14-da0c-4943-8570-643c7a62e6a8/v1-16d2544947d7d7544935/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 11 2022 Memo (Afr)
/CIV%20TECH%20GR11%20MEMO%20NOV2022_Construction_Afrikaans_hlayiso.com_--6d31745c-a94c-4612-8aef-4e9b624a57b0/v1-b3dbeb7485c9d23d03e8/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 11 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Civil Technology Grade 11 2022 Memo (Eng)

Memorandum