You're offline
Skip to content
Memorandum

Gr11 Economics P1 (AFR) NOV Possible Answers_hlayiso.com_.pdf

Subject: EconomicsGrade 11202120 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2021 GRAAD 11 NASIENRIGLYNE EKONOMIE (VRAESTEL 1) 20 bladsye
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 VEELKEUSIGE-VRAE 1.1.1 B ✓✓ waardevermindering. 1.1.2 A ✓✓ bygetel word tot 1.1.3 D ✓✓ volle indiensname. 1.1.4 A ✓✓ steenkool. 1.1.5 C ✓✓ progressiewe. 1.1.6 A ✓✓ terugkoopkoers 1.1.7 B ✓✓ groei. 1.1.8 D ✓✓ hoë vlakke van werkloosheid (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 E✓ (ʼn Statistiek wat gebruik word om lande in terme van lewensverwagting, onderwys en lewenstandaard te ranglys) 1.2.2 F✓ (Dit is in terme van reële BBP gemeet) 1.2.3 G✓ (Sluit in groothandel en kleinhandel, gemeenskaps-, sosiale-, persoonlike- en ander dienste) 1.2.4 H✓ (Die basiese ekonomiese probleem van wat, hoe en vir wie om te vervaardig, word bepaal deur die markmeganisme van vraag en aanbod) 1.2.5 B✓ (Mik om die kwaliteit van die arbeidsmag te verbeter) 1.2.6 I✓ (Die verbruik van goedere en dienste om behoeftes te bevredig.) 1.2.7 A✓ (Meet die graad van inkomste ongelykheid en welvaartsverspreiding tussen huishoudings) 1.2.8 D✓ (Bestaan uit die besluite wat geneem word deur die SARB om die rentekoers en geld-aanbod te beïnvloed) (8 x 1) (8) 2
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 1.3 VERSKAF DIE KONSEP 1.3.1 Entrepreneur ✓ 1.3.2 Ekonomiese goedere ✓ 1.3.3 Regeringsbesteding/Owerheidsuitgawes✓ 1.3.4 Bruto Binnelandse Produk ✓ 1.3.5 Grond Restitusie ✓ 1.3.6 Inheemse kennis ✓ (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 3
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae van hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MIN 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van gesubsidieerde huishoudelike dienste wat verskaf word deur die plaaslike regering. • Behuising ✓ • Onderwys ✓ • Paaie ✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2 x 1) (2) 2.1.2 Verduidelik hoe verbruik indiensname sal stimuleer. ʼn Verhoogde vraag vir goedere sal ʼn toename in arbeid veroorsaak. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 2.2.1 Noem een ander organisasie, behalwe StatsSA, wat statistieke publiseer. Suid-Afrikaanse Reserwebank ✓ (1) 2.2.2 Identifiseer die metode wat gebruik is in die tabel hierbo om BBP te bereken. Bestedingsmetode/Uitgawe metode ✓ (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term Bruto Kapitaal Formasie. Bruto kapitlaal formasie vind plaas wanneer firmas kapitaal goedere vervang, wat verouderd, gebreek of op die einde van hul leeftyd is, met nuwe kapitaal goedere. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2) 4
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 2.2.4 Hoekom sal Suid-Afrika se invoerwaarde meer as die uitvoerwaarde wees? Suid-Afrika voer hoofsaaklik hulpbronne of rou materiale uit, en voer finale goedere in wat hoër pryse het as rou materiale as gevolg van toegevoegde waarde tydens die produksieproses. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2) 2.2.5 Bereken die waarde vir A. (Wys ALLE berekeninge) 772 230✓ + 223 495✓ – 210 389✓ = 785 336 ✓ (SLEGS ANTWOORD – 2 PUNTE) (4) 2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 2.3.1 Noem die ekonomiese sektor wat geaffekteer word deur die droogte. Primêre sektor ✓ (1) 2.3.2 Watter impak sal die droogte op Suid-Afrika se landbou-uitvoere hê? Die hoeveelheid wat uitgevoer kan word sal afneem.✓ (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die konsep sekondêre sektor. Die sekondêre sektor is hoofsaaklik verantwoordelik vir die vervaardiging of produksie van goedere. Die sektor kombineer natuurlike hulpbronne om finale goedere gereed te kry vir verbruik.✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2) 2.3.4 Hoe sal ʼn droogte verbruikers beïnvloed? Verbruikers sal negatief beïnvloed word want ʼn toename in die prys van insette sal veroorsaak dat die markprys van goedere, veral voedsel, ook sal toeneem. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2) 5
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 2.3.5 Evalueer die tipes primêre sektor aktiwiteite met behulp van voorbeelde. • Generiese aktiwiteite sluit alle aktiwiteite in waar hulpbronne uit die natuur ontgin word en wat weer vervang kan word, soos landbou en bosbou. ✓✓ • Uitbuitende aktiwiteite sluit alle aktiwiteite in waar hulpbronne uit die natuur ontgin word en wat nie weer vervang kan word nie, soos mynwese en visserye. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2 x 2) (4) 2.4 Bespreek aanbod en vraag en klimaat, as faktore wat die prys van natuurlike hulpbronne beïnvloed. Aanbod en Vraag: • Indien die vraag vir natuurlike hulpbronne toeneem, sal pryse toeneem omdat verbruikers meer bereid is om natuurlike hulpbronne te koop. ✓✓ • Indien die vraag afneem, sal pryse ook afneem sodat verbruikers bereid sal wees om natuurlike hulpbronne te koop. ✓✓ • Indien die aanbod toeneem, sal pryse afneem as gevolg van verhoogde mededinging in die mark. ✓✓ • Wanneer die aanbod afneem, sal pryse toeneem as gevolg van ʼn tekort in die mark. ✓✓ (Maks. 4) Klimaat: • Sekere landbouprodukte kan slegs suksesvol gegroei word in ʼn spesifieke klimaat of sekere landbou produkte is verbind aan ʼn sekere seisoen ✓✓ soos druiwe, avokados ens. ✓ • Indien die klimaat of seisoen verander, sal hierdie landbouprodukte duurder word as gevolg van tekorte. ✓✓ (Max. 4) (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (4 x 2) (8) 2.5 Evalueer die moontlike oorsake vir die aanhoudende energie krisis in Suid- Afrika • Swak onderhoud van kragstasies veroorsaak kragonderbrekings. ✓✓ • Wanadministrasie van fondse veroorsaak dat ESKOM dieper in skuld in beweeg en die regering kan dit nie meer bekostig om ESKOM se skuld uit te koop nie. ✓✓ • Korrupsie in ESKOM self lei tot die toekenning van tenders aan familie-lede (nepotisme) en die kwaliteit van steenkool was nie op standaard nie wat laer krag-uitsette tot gevolg het. ✓✓ • Tot onlangs toe, het blokkasies of hindernisse wat deur die regering geskep is, dit amper onmoontlik gemaak om alternatiewe energiebronne te gebruik. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (4 x 2) (8) [40] 6
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 VRAAG 3 EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MIN 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE komponente van die monotêre beleid. • Repokoers reserwe /Rentekoers ✓ • Kontantvereistes ✓ • Opemark transaksies ✓ • Morele oortuiging ✓ (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe sal die Suid-Afrikaanse Reserwebank intree indien ʼn bank bankmislukking ervaar? Die reserwebank sal kuratorskap van die bank neem en mag dalk finansiering verskaf sodat die bank hulle verpligtinge kan nakom. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 3.2.1 Noem EEN moontlike rede vir die hoër Gini-koëffisiënt in stedelike gebiede. Meer werksgeleenthede. ✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (1) 3.2.2 Van waaraf word die Gini-koëffisiënt afgelei? Lorenz-kurwe ✓ (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die konsep welvaart. Welvaart word gemeet in terme van bates of besittings met monetêre waarde wanneer dit verkoop word. Voorbeelde sluit in eiendom, aandele ens. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2) 3.2.4 Hoekom het Suid-Afrika een van die hoogste ongelykheidskoerse in die wêreld? • Suid-Afrika het hoë vlakke van werkloosheid as gevolg van ʼn tekort in vaardighede. ✓✓ • Suid-Afrika het ʼn relatiewe hoë vlak van ongeletterdheid as gevolg van swak onderwys. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2) 7
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 3.2.5 Illustreer ʼn tipiese Lorenz-kurwe vir ʼn land met hoë inkomste- ongelykheidsvlakke deur gebruik te maak van ʼn volledige benoemde grafiek. 1 Punt – Korrekte benoeming van ALBEI asse ✓ 1 Punt – Lyn van gelyke ✓ verdeling Nasionale Inkomste 1 Punt – Groot ongelykheidsarea 1 Punt – Ware inkomsteverdelingslyn ✓ met byskrif Ongelykheidsarea ✓ Lorenz-Kurwe (4) 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 3.3.1 Watter bankwese konsep word deur die bostaande uittreksel verteenwoordig? Kredietskepping ✓ (1) 3.3.2 Noem enige EEN probleem met die leen van geld by mikro-uitleners. • Uitlener mishandeling/rentekoerse wat aangehef is, is te hoog. ✓ • Mense neem lenings wat hulle nie kan terugbetaal nie. ✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die konsep rentekoers. ʼn Rentekoers is die aantal rente wat betaal moet word tydens ʼn sekere tydperk, as ʼn gedeelte van die bedrag wat geleen was of gedeponeer was. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2) 3.3.4 Hoe beïnvloed inflasie die koopkrag van geld? Wanneer pryse vermeerder, verminder dit die aantal goedere wat gekoop kan word met ʼn vaste bedrag geld. ✓✓ (Afname in koopkrag) (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2) 8
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 3.3.5 Wat sal die impak van mikro-uitleners (mikro-uitlening) op ekonomiese groei wees? • Mikro-uitleners gee mense toegang tot krediet wanneer banke weier, daarom neem die aantal mense toe wat geld kan leen. ✓✓ • Dit plaas geld in die hande van individue wat die geld in die ekonomie gaan spandeer wat lei tot verhoogde vraag en ekonomiese groei. ✓✓ • Wanneer mense besighede skep wat geld by mikro-uitleners geleen is, skep hulle werksgeleenthede en inkomste wat ekonomiese groei sal bevorder. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek die belangrikheid van die SARB se rol as bank van uitgifte en bankier van die staat as funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Bank van uitgifte: • Die SARB het die alleenreg om munte en note te produseer, uitreik en vernietig in Suid-Afrika. ✓✓ • Dit is belangrik dat die SARB die enigste instansie is wat die reg het om dit te doen, andersins sal vervalste geld meer gereeld in die ekonomie sirkuleer en sal wantroue in die waarde van die Rand veroorsaak. ✓✓ • Indien die SARB nie die aantal munte en note beheer het nie, sal te veel geld beskikbaar wees en die waarde van die Rand sal afneem (Koopkrag sal verminder) ✓✓ (Maks. 4) Bankier van die staat: • Die SARB hou die bankrekening van die regering en administreer die staat se finasiële rekeninge. ✓✓ • Die SARB is onafhanklik en val nie onder regeringsbeheer nie. Dit verseker dat regeringsbeamptes nie onnodig fondse uit die regeringsrekening trek nie. ✓✓ • Dit mag korrupsie en wanadministrasie van fondse verminder of voorkom. ✓✓ • Gewone kommersiele banke het nie genoeg reserwes om regeringsaktiwiteite te befonds nie omdat die regering groot bedrae op een slag spandeer. ✓✓ (Maks. 4) (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (4 x 2) (8) 9
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 3.5 Ondersoek hoe die COVID-19 inperking die skepping van welvaart beïnvloed het. • Baie verbruikers is afgedank wat tot laer vlakke van vraag vir goedere en dienste lei. ✓✓ • Laer inkomstevlakke lei tot laer vlakke van besparing vir kapitaal formasie. ✓✓ • Baie besigheidseienaars moes hulle besighede toemaak en was nie in staat om inkomste te verkry nie. ✓✓ • Sekere industrieë soos tabak en alkohol ly nog steeds finansieel as gevolg van die verbod op verkope/vermindering in handelstye, daarom minder wins. ✓✓. • Die regering het hulle besteding op sosiale toelae, soos die COVID-19 vergroot, ʼn toelaag wat geskep is om geld in die hande van die verbruikers te sit sodat hulle geld op noodsaaklike goedere kan spandeer. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (4 x 2) (8) [40] VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE & EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MIN 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE maniere hoe lewenstandaarde gemeet kan word. • Verbruik ✓ • Inkomste ✓ (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoekom verbeter ekonomiese groei ekonomiese ontwikkeling? Ekonomiese ontwikkeling word gemeet deur lewenstandaarde. Lewenstandaarde kan slegs verbeter wanneer inkomste geskep is wat ʼn direkte gevolg van ekonomiese groei is. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die strokiesprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 4.2.1 Watter produksiefaktor word in die strokiesprent verteenwoordig? Arbeid ✓ (1) 4.2.2 Wat is die ouderdomsgroep van die ekonomiese aktiewe populasie in SA? 15 – 65 jaar. ✓ (1) 10
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 4.2.3 Beskryf kortliks die konsep nominale lone. Nominale lone is die Randwaarde van die inkomste wat die werknemer ontvang. Die nominale loon neem nie die waarde van geld of koopkrag in ag nie. ✓ ✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2) 4.2.4 Hoekom het ontwikkelende lande ʼn groot aanbod van ongeskoolde werkers? Ontwikkelende lande het oor die algemeen laer inkomstevlakke per kapita wat lei tot laer vlakke van onderrig. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2) 4.2.5 Wat is die impak van tegnologie op werkloosheid in Suid-Afrika? • Soos tegnologie verbeter, kan werkloosheid verminder word wanneer nuwe werksgeleenthede geskep is. ✓✓ • Werkloosheid kan toeneem omdat tegnologie sekere individue se werk in die werksplek kan oorneem/vervang. ✓✓ • Werkloosheid kan toeneem omdat ʼn groot deel van ontwikkelende lande se popualsie nie die nodige vaardighede het om in ʼn tegnologiese gedrewe ekonomie te werk nie. ✓✓ • Werkloosheid kan toeneem omdat die globale ekonomie meer tegnologiese goedere aankoop of verbruik wat in ontwikkelde lande geproduseer word. (SA produseer nie tegnologiese gevorderde goedere vir uitvoer nie.) ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2 x 2) (4) 4.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 4.3.1 Watter aanwyser word gebruik om ekonomiese groei te meet? Bruto Binnelandse Produk/BBP ✓ (1) 4.3.2 Noem enige EEN beleid wat die regering kan gebruik om ekonomiese groei te bereik. • Fiskale beleid ✓ • Monetêre beleid ✓ (ENIGE EEN) (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die konsep deregulasie. Deregulasie is ʼn proses waar reëls en regulasies verwyder word sodat ekonomiese deelnemers toegang kan verkry. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2) 11
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 4.3.4 Hoekom sukkel ontwikkelende lande om beduidende ekonomiese groei te bereik? • Ontwikkelende lande ervaar dikwels ʼn gebrek aan ʼn vaardige, produktiewe arbeidsmag wat lei tot ʼn afname in uitsette. ✓✓ • Ontwikkelende lande het ʼn gebrek aan kapitaal beleggings wat lei tot laer produksie vlakke van hoë-gehalte goedere vir uitvoer. ✓✓ • ʼn Gebrek aan infrastruktuur kan buitelandse beleggings verhoed.✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2) 4.3.5 Hoe sal ʼn tekort in produksiefaktore negatiewe ekonomiese groei veroorsaak? • Produksiefaktore is noodsaaklik sodat vervaardiging kan voortgaan. ✓✓ • Wanneer produksiefaktore nie beskikbaar is nie, kan produksie of vervaardiging nie plaasvind nie. ✓✓ • Afname in produksie sal tot ʼn afname in ekonomiese groei lei. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (4) 4.4 Bespreek die ekonomiese belangrikheid van arbeid as ʼn produksiefaktor? • Sonder arbeid, sal produksie nie kan plaasvind nie. ✓✓ • Die vergoeding vir arbeid sal verbruikers in staat stel om vraag na goedere en dienste te verhoog, wat produksie vlakke vermeerder. ✓✓ • Toename in produksie lei tot verhoogte uitvoere en daarby inspuitings vir ekonomiese groei. ✓✓ • ʼn Toename in vaardighede, lei tot beter gehalte en kwantiteit goedere, sodoende kry die verbruiker ʼn groter verskeidenheid. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (4 x 2) (8) 4.5 Hoe kan inheemse kennisstelsels gebruik word om ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder? • Inheemse kennis kan gebruik word om self-indiensname te skep soos tradisionele genesers, wat inkomste en indiensname skep. ✓✓ • Die inkomste word dan gebruik om behoeftes en begeertes te bevredig wat die lewenstandaard verbeter. ✓✓ • Inheemse kennis kan bemark word as ʼn toeriste-aantreklikheid, wat inkomste en indiensname skep. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 12
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN OPSTEL: PUNTE- TOEKENNING Inleiding: • Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord. • ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp Maks. 2 verband hou, te definieer of te omskryf. • Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE. • Moet NIE enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal NIE. • Vermy enige bespreking van die liggaam in die inleiding. Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Differensieer/Verduidelik/ Assesseer/Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer Maks. 10 kortliks/Hoe?/Stel voor/Analiseer/Evalueer/Trek ʼn grafiek en verduidelik Slot: • Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit: • ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van enige feite wat reeds genoem is Maks. 2 • Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk • ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings TOTAAL: 40 13
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek Suid-Afrika se gemengde ekonomiese stelsel in terme van: o Eienskappe (10) o Voordele (8) o Nadele (8) (26 punte) • Evalueer die doeltreffendheid van die regering in die lewering van sosiale dienste aan plaaslike gemeenskappe. (10 punte) [40] INLEIDING ʼn Gemengde ekonomiese sisteem is ʼn ekonomiese sisteem wat die voordele van beide ʼn vrye mark ekonomie en ʼn sentrale-beplande ekonomie meng. Sedert 1994, is Suid-Afrika ʼn gemengde ekonomie. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (Maks. 2) LYF: HOOFDEEL Ekonomiese eienskappe van ʼn gemengde mark-ekonomie: • Die meeste van die produksiefaktore word privaat besit en die staat beperk hulle rol tot regulering, stabilisering, herverdeling en toewysing van hulpbronne. ✓✓ • Mense gebruik hulle eie inisiatief om goedere te produseer en verkoop. ✓✓ • Wins motief speel ʼn belangrike rol in die ekonomie. ✓✓ • In Suid-Afrika, sal die regering intree in die produksie proses as ʼn entrepreneur, organiseerder en wetmaker. ✓✓ • Die meerderheid ekonomiese aktiwiteite is mark georiënteerd afhangend van die vlak van regeringsinmenging. ✓✓ • Die publieke sektor voorsien infrastruktuur en publieke dienste omdat dit nie winsgewend is nie en sal daarom nie deur die vrye-mark ekonomie voorsien word nie. ✓✓ (Maks. 10) Voordele van ʼn gemengde mark-ekonomie: • Private besitting, individuele kreatiwiteit en entrepreneurskaplike poging dryf die ekonomie. ✓✓ • Eienaarskap van besittings soos ʼn huis, kar ens. is oordraagbaar. ✓✓ • Individue het vryheid van keuse om te besluit wat hulle wil koop en van wie hulle dit wil koop. ✓✓ • Die entrepreneur is geregtig tot wins en dit moedig mededinging aan. ✓✓ • ʼn Gemengde mark-ekonomie moedig mededinging en ekonomiese groei aan. ✓✓ • Die grootte van die regering word bepaal deur dit wat nodig is in die ekonomie daarom is daar minder burokrasie en hulpbronne word meer effektief toegeken. ✓✓ • Die staat is steeds byderhand om noodsaaklike publieke goedere en dienste te verskaf. ✓✓ (Maks. 8) 14
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 Nadele van ʼn gemengde mark-ekonomie: • Skaars hulpbronne (veral arbeid en natuurlike hulpbronne) kan gemors, uitgebyt of verarm word as gevolg van markmislukkings (verkeerde produksie besluite, privaat besigheid, gierigheid). ✓✓ • Omdat die meeste van die produksiefaktore in privaat besit is, is daar ʼn groter kans dat die individu verliese of bankkrotskap kan ondergaan. ✓✓ • Die kwaliteit van goedere kan minderwaardig wees omdat die staat se kontrole beperk is. ✓✓ • Sosialiste kan argumenteer dat sommige gemengde ekonomieë te vry is (nie genoeg staat regulasie en ingryping nie) en dat die mengsel nie altyd reg is nie. ✓✓ (Maks. 8) (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (ʼn Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir die lys van feite/voorbeelde) (Maks. 26) LYF: ADDISIONELE DEEL EVALUERING VAN DIE VOORSIENING VAN SOSIALE DIENSTE • Die staat probeer om vorige benadeelde gemeenskappe op te hef deur die voorsiening van sosiale dienste (soos behuising, onderwys, mediese dienste, basiese dienste soos water en elektrisiteit) aan die armes. ✓✓ • Toename in onderwys en opleiding om geletterdheid te bevorder onder die jeug en volwassenes bv. bou van skole, kolleges, universiteite en tegnikons. ✓✓ • Sekuriteitsvoorsiening bly ʼn uitdaging omdat geweldadige misdaad neem toe. ✓✓ • Voorsiening van behuising vir die behoeftiges. ✓✓ • Die regering bereik nie hulle doelwitte nie in terme van staatspensioen, ongeskiktheidstoelae ens. ✓✓ • Die staat het te veel eise en te min belasting betalers. ✓✓ • Toename in die voorsiening van basiese gesondheidsdienste aan gemeenskappe. ✓✓ • Gesondheidsorg sluit in gratis gesondheidsdienste aan vrouens, en kinders jonger as 6 jaar. ✓✓ • Suid-Afrika het laer vlakke van geletterdheid in landelike gebiede wat lei tot lae indiensname in hierdie areas, daarom moet Suid-Afrika geletterdheid bevorder. ✓✓ • Die regering het gratis, lae-koste behuising by die HOP ingesluit in die armste gebiede. Maar die program is nie volhoubaar nie omdat werkloosheid vlakke te hoog is en die belastingsbasis te klein is. ✓✓ • Besteding op gesondheid is tans R9 biljoen met ʼn toename in basislyn besteding vanaf R55.5 biljoen na R58.4 biljoen (bron UNICEF). Hierdie toename in besteding is toegeken aan die bestryding van die COVID-19 pandemie en daar word verwag dat gesondheidsbesteding elke jaar sal toeneem totdat die pandemie onder beheer is. ✓✓ • Die aanvullende begroting aangekondig deur die Minister van Finansies maak voorsiening vir ʼn addisionele R21.5 biljoen vir gesondheidsdienste wat gedeel word tussen die 9 provinsies. (Bron: The conversation, Junie 2020) ✓✓ 15
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 • Voor die COVID-19 pandemie, het gesondheidsbesteding toegeneem vanaf R30m na R7b in minder as 15 jaar. Die toename was om die gesonde arbeidsmag te vermeerder en die VIGS-pandemie te veg. ✓✓ • Oordrag-betalings word gemaak om die gemarginaliseerde in staat te stel om hul basiese behoeftes en begeertes te kan bekostig. Die betaling van toelae word onvolhoubaar omdat die belastingsbasis nie genoeg is om by te hou met die aanvraag na toelae nie. ✓✓ • Sekere landelike gemeenskappe het nog steeds ʼn tekort aan lopende water, basiese sanitasie en infrastruktuur. ✓✓ (Maks.10) (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (Maksimum 2 punte vir lys van feite) SLOT ʼn Gemengde ekonomie is die verkiesde ekonomiese sisteem in die meeste lande omdat regeringsinmenging nodig is wanneer markmislukkings plaasvind. Regerings mag egter uitdagings ervaar wanneer hulle goedere en dienste verskaf as gevolg van korrupsie en ondoeltreffendheid. Daarby, is die belastingsbasis in baie gemengde ekonomieë klein; dus minder staatsinkomste om effektief te funksioneer. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike hoër-orde slot.) (Maks. 2) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in diepte die eienskappe van ontwikkelende lande. (26 punte) • Omskryf die impak van die COVID-19 pandemie op die Suid-Afrikaanse ekonomie as ʼn ontwikkelende ekonomie. (10 punte) [40] INLEIDING Ontwikkelende lande het relatiewe lae vlakke van industrialisasie. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (Maks. 2) HOOFDEEL: • Lae lewenstandaarde - Die meerderheid van die inwoners in ontwikkelende lande het ʼn laer inkomste per Kapita (persoon) en toegang tot minder goedere en dienste. ✓✓ Ander aanduidings van lae lewenstandaarde is swak behuising, lae gesondheidsvlakke, hoë baba-sterflikheidskoerse, hoë vlakke van ondervoeding en ʼn tekort aan onderwys en opleiding. ✓✓ 16
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 • Lae vlakke van produktiwiteit - Bo en behalwe vir lae lewenstandaarde, het ontwikkelende lande gewoonlik lae vlakke van produktiwiteit. ✓✓ - Die hoofoorsaak van lae onderwysstandaarde in dié lande, is die tekort aan beleggings in fisiese kapitaal soos masjinerie, ʼn tekort aan ervare bestuur en ʼn tekort aan toegang tot tegnologie. ✓✓ - Boonop die bogenoemde faktore, is daar ʼn tekort aan goeie publieke gesondheidsdienste, sowel as ʼn tekort aan veilige drink water, sanitasie en vullis en al die lei tot water-draagbare en ander omgewingskwale, wat swak gesondheidsvlakke onder die arbeidsmag kan veroorsaak. ✓✓ • Hoë vlakke van populasie groei en afhanklikheidslas - Ontwikkelende lande ervaar normalweg hoë populasie groeikoerse as gevolg van hoë geboortesyfers. ✓✓ - Geboortesyfers in ontwikkelende lande is normaalweg in die reeks van 30 tot 40 per 1 000, teenoor ontwikkelde lande wie se syfers minder as die helfte van die reeks is. ✓✓ - Die ruwe geboortekoers is een van mees effektiewe maniere om onderskeid te tref tussen die minder ontwikkelde en meer ontwikkelde lande. ✓✓’ - ʼn Hoë populasie groeikoers veroorsaak ʼn aantal probleme soos werkloosheid, druk op behuising, onderwys- en gesondheidsdienste. ✓✓ - Boonop, die arbeidsmag in ontwikkelende lande moet amper tweekeer meer kinders en bejaardes ondersteun in vergelyking met ryker lande. ✓✓ - Kinders, sowel as bejaardes word ʼn ekonomiese afhanklikheidslas genoem omdat hulle nie-produktiewe lede van die samelewing is. ✓✓ - Hulle moet finansieël ondersteun word deur die land se arbeidsmag. ✓✓ - Die afhanklikheidslas verteenwoordig ongeveer een derde van die populasie in ontwikkelde lande maar amper 45% van die populasie in minder ontwikkelde lande. ✓✓ • Hoë vlakke van werkloosheid - Lae vlakke van onderwys en opleiding asook entrepreneurskennis dra by tot hoë vlakke van werkloosheid. ✓✓ - Arbeid is ook onderbenut in ontwikkelende lande in vergelyking met ontwikkelde lande. ✓✓ - Om spoedige populasie groei te akkommodeer, is dit noodsaaklik om baie nuwe werksgeleenthede te skep – ʼn doel wat nog nie bereik is nie. ✓✓ 17
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 • Afhanklikheid van die primêre sektor - Ekonomieë van ontwikkelende lande is hoofsaaklik afhanklik van landbou of ander primêre sektor aktiwiteite soos visserye. ✓✓ - ʼn Groot aantal mense word in die primêre sektor indiens geneem, met beperkte werksgeleenthede buite die sektor. In die laat 1960’s, het uitvoere van primêre sektor produkte meer as 84% van alle uitvoere opgemaak in ontwikkelende lande. ✓✓ - In dele van Afrika, is grond gemeenskaplike eiendom en moderne landbou tegnieke en tegnologie word min gebruik. ✓✓ - Landbou produksie toon gewoonlik min oorskotte vir verkope. ✓✓ - Alhoewel landbou produksie in Afrika afneem, is die uitvoer van landbou produkte nog steeds dominant in Afrika-ekonomieë en meer as 70% van indiensname is in die landbou sektor. ✓✓ • Tekort aan infrastruktuur - ʼn Groot struikelblok in die meeste ontwikkelende lande is dat infrastruktuur soos paaie, kragopwekkingsfasiliteite en kommunikasiestelsels oor die algemeen ontbreek of word swak onderhou. ✓✓ - Die tekort aan infrastruktuur veroorsaak swak toegang tot markte. ✓✓ - Hierdie herstrukturerings pogings het gehelp om publieke skuld te verminder, om swart ekonomiese bemagtiging te bevorder en om verhoogde mededinging aan te moedig. ✓✓ - In 2003 het die Regering hul standpunt oor privatisering verander om te verseker dat SBO’s in lyn bly met die ANC se ontwikkelingsagendas. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (Maks. 26) ADDISIONELE GEDEELTE Negatiewe impak • Dit word verwag dat die pandemie gaan aanhou vir ʼn langer tydperk eerder as ʼn korter tydperk. ✓✓ • Baie navorsers het verwag dat die pandemie slegs onder beheer sal wees teen middel tot laat 2021. Dit word verwag dat ʼn groot skaalse entstof nie beskikbaar sal wees voor die tweede helfte van 2021 nie. ✓✓ • Tot op hede, is daar meer as ʼn miljoen mense wat aansoek gedoen het vir bystand vanaf die Werkloosheid Versekerings Fonds. Daar word voorspel dat die werkloosheidkoers sal toeneem vanaf die huidige 30% tot meer as 50% binne die volgende paar maande. ✓✓ • Die sektore wat die meeste geaffekteer is, is die gasvryheidsektor waar ongeveer 40% van mense hul werk kan verloor. ✓✓ • Meer as 50% van alle inwoners het alreeds in armoede geleef voor die inperkings begin het, en ʼn onlangse studie het bevind dat meer as 34% van mense aangedui het dat hul aan hongersnood gelei het in die vorige paar weke. Dit word geskat dat ongeveer 20 miljoen mense voedsel verligting benodig. • 2020 was ʼn jaar van negatiewe ekonomiese groei en kwartaal 1 van 2020 het ʼn groeikoers van tussen -5 en 10% ervaar. Soortgelyke groei het plaasgevind vir die hele 2020 jaar. ✓✓ 18
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 • Die omvang van die impak kan duidelik gesien word in die motor-industrie, waar die uitvoer van voertuie afgeneem het vanaf met meer as 32 000 motors per maand tot minder as 1 000 per maand. ✓✓ • Tydens ʼn kapasiteitsopname, is dit bevind dat 73% van mikro firmas en maatskappye nie die inperking vir meer as drie maande kon oorleef nie omdat hulle beperkte reserwes gehad het. ✓✓ • Die impak van die virus op die regering is net so groot. Belastingsinkomste word verwag om jaarliks met meer as 30% minder te wees. ✓✓ • Die begroting, wat reeds onder druk is, sal nog verder gerek moet word. ✓✓ • Die impak op regeringsskuld sal ook verwoestend wees as gevolg van die R500 lewenslyn biljoen wat belowe is. ✓✓ • Die ellendige toestand van die ekonomie kan ook gesien word in die aksies van die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank (SARB). ✓✓ • Die SARB het die primakoers verminder sedert 2018 vanaf 10,25 na 7 tydens 2020. ✓✓ • Die SARB het ook ingetree in die regering se verbandmark om geld voorraad in die ekonomie te ondersteun. Op of voor die inperking, het die SARB R1 biljoen se verbande gekoop, maar teen die einde van April het die bedrag gestyg na R20 biljoen. ✓✓ • Mense sal nie hulle eiendom kan verkoop nie omdat die aanvraag baie klein is. Die verminderde aanvraag plaas verbruikers en banke in ʼn moelike posisie – gelykstaande aan die 2008/2009 finansiële krisis. ✓✓ • Die sport industrie, net soos die toerisme industrie, sal gered moet word. Sportvakbonde en organisasies het nog steeds uitgawes, maar geen inkomste nie. ✓✓ • Geen normale sport funksies met ondersteuners kon in 2020 plaasvind nie en dit sal so aanhou tydens 2021. Indien golfbane nie binne die volgende jaar oopmaak nie sal baie die risiko van permanente sluitings in die gesig staar. ✓✓ • Al het skole en universiteite aangepas by die aanlynleer omgewing, ✓✓ is daar nog steeds onderwys-institusies in landelike gebiede wat sukkel om aan te pas as gevolg van tekort aan hulpbronne en infrastruktuur. ✓✓ • Universiteite en skole beoog om die akademiese jare te red deur herstelplanne ✓✓en sal slegs na normaal toe kan terugkeer wanneer die virus onder beheer is of inentings voltooi is om kudde-immuniteit te bereik. ✓✓ 19
Downloaded from hlayiso.com NASIENRIGLYNE EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 Positiewe impak ʼn Leerder mag na die positiewe aspek van die pandemie verwys in hul evaluering deur om na die volgende aspekte te verwys. • Ontwikkeling en stigting van mediese fasiliteite en dienssentrums mag gebruik word in die toekoms om die probleem van oorvol hospitale op te los – die verbetering van mediese infrastruktuur. ✓✓ • Gesondheidsbewustheid en die belangrikheid van higiëne – verseker ʼn gesonder populasie in die toekoms, daarby ʼn gesonder arbeidsmag. ✓✓ • Entrepreneurskap en nuwe besigheids inisiatiewe om inkomste te genereer soos byvoorbeeld aflewering van goedere of maaltye – dus mense het wyse maniere gevind om te oorleef. ✓✓ • Bemagtiging van tegnologie – werk van die huis af dus minder verkeer op die paaie, afname in besoedeling, beter konsentrasie en produktiwieteit asook positiewe maniere om sosiale media te gebruik. ✓✓ • Rentekoerseverlagings deur die SARB – beïnvloed verskeie deelnemers in die ekonomie. ✓✓ • Familie interaksie en ouer-betrokkenheid by kinders, soos byvoorbeeld aanlynleer. ✓✓ (Die leerder moet die COVID-19 impak evalueer en nie bespreek nie – kan negatiewe /positiewe of albei aspekte evalueer. Leerders mag huidige informasie en statistieke gee) (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (Maks. 10) SLOT Die onderliggende ekonomiese ongelykhede in Suid-Afrika het versleg as gevolg van die COVID-19 pandemie. Alhoewel dit mense negatief beïnvloed het, het die ook die erns van die ongelykhede aan die lig gebring en die regering is geforseer om die ongelykhede meer effektief aan te spreek. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte en relevante hoër orde antwoord in terme van die publieke sektor en die oplossings.) (Maks. 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 20

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 Economics

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Grade 11 · Economics · 2021 · Gauteng November · Memorandum · Paper 1 | Hlayiso | Hlayiso