Skip to content

History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 11201516 pages

Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 GESKIEDENIS V1 ADDENDUM *IHISTA3* Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 1: HOE HET DIE MASSA MOBILISASIE VAN DIE MENSE GELEI TOT DIE ONDERGANG VAN DIE TSARISTIESE BEWIND IN RUSLAND IN 1917? BRON 1A Hierdie bron verduidelik sommige van die redes van ongelukkigheid vanaf die gewone mense teen die regering van Rusland. Die houding van die regering teenoor hervorming het vyandig gebly. Die industriële vooruitgang van die laat 1890’s het aan Rusland ʼn geleentheid gebied om haarself te moderniseer. Dit sou beteken dat Rusland nie net ekonomies moes vorder nie, maar ook polities verander. Die tsaar was nie bereid om dit te doen. Dit sou nie so baie saak gemaak het as die stelsel doeltreffend was nie. Maar die tsaristiese outokrasie was beide onderdrukkend en ondoeltreffend. Dit het die progressiewe elemente in die samelewing teen die tsaar gedraai omdat hulle geen moontlikheid van ware vordering in Rusland kon sien solank die regering en administrasie in onbekwame hande was nie. [Aangepas uit: Reaksies en Omwentelinge: Rusland 1881 – 1924, M. Lynch] BRON 1B Hierdie bron verwys na die 1905-rewolusie in Rusland en was gerig teen die oppergesag van Tsaar Nicholas II. Die Russiese mense het meer en meer onverdraagsaam geraak teen die onbekwame, outokratiese leierskap wat vir die ekonomiese swaarkry verantwoordelik was. As gevolg hiervan het hulle ʼn massa-optog in St. Petersburg georganiseer wat deur ʼn priester, Vader Gapon, gelei was. Die hoofdoel van die optog was om aan die tsaar ʼn petisie te oorhandig wat die griewe van die mense verteenwoordig het. Die tsaar se weermag het op die ongewapende skares gevuur en baie is doodgeskiet. Die nuus van die geweld het oor die hele land versprei. Geweld en onrus het dwarsdeur Rusland uitgebreek soos die mense hul woede teen die tsaar gedemonstreer het. Omdat die onrus ongekoördineerd was, was die tsaar in staat was om sy mag te behou. [Uit: Making History, Leerderboek Graad 11, R. Deftereos et al, bladsy 109] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3 BRON 1C Dit bronne verwys na die 1917 Februarie-rewolusie in Rusland en die gevolge daarvan. Die Februarie-rewolusie (bekend as sodanig as gevolg van die gebruik in Rusland van die Juliankalender tot Februarie 1918) het op 8 Maart 1917 begin (of 23 Februarie op die Juliankalender), toe betogers wat aangedring (eis) het op brood hulle na die strate in die Russiese hoofstad van Petrograd geneem het (nou genoem St. Petersburg). Ondersteun deur groot skares van stakende industriële werkers, het die betogers met die polisie gebots, maar geweier om die strate te verlaat. Op 10 Maart het die staking versprei onder al die werkers van Petrograd en die geïrriteerde (kwaad) skare het polisiestasies vernietig. Verskeie fabrieke het afgevaardigdes verkies na die Petrograd Sowjet, of raad van werkerskomitees, na aanleiding van die model wat gedurende die 1905-revolusie ontwerp was. Op 11 Maart was die troepe van die Petrogradweermag-garnisoen gevra om die opstand te onderdruk. In sommige van die botsings het regimente losgebrand en betogers doodgemaak, maar die betogers het in die strate gebly en die troepe het begin wankel. Daardie dag, het Nicholas weer die Duma ontbind. Op 12 Maart het die revolusie geseëvier toe die een regiment na die ander regiment van die Petrogradgarnisoen oorgeloop het na die betogers. Die soldate het daarna komitees gevorm wat afgevaardigdes na die Petrograd Sowjet verkies het. Die imperiale regering was gedwing om te bedank, en die Duma het ʼn voorlopige regering gevorm wat vreedsaam meegeding het met die Petrograd Sowjet vir die beheer van die revolusie. Op 14 Maart het die Petrograd Sowjet Bevel 1 uitgereik wat Russiese soldate en matrose opdrag gegee het om slegs bevele te eerbiedig wat nie teenstrydig met die voorskrifte van die Sowjet was nie. Die volgende dag, 15 Maart, het Tsaar Nicholas II die troon geabdikeer ten gunste van sy broer Michael (1878-1918), wie se weiering daarvan ʼn einde aan die tsaristiese outokrasie gebring het. [Uit: www.history.com/topics/vladimir-lenin – Toegang op 26 Desember 2014 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2015) BRON 1D Hierdie bron verwys na die 1917 Oktober-rewolusie wat uiteindelik Tsaar Nicholas II gedwing het om die troon oor te gee. Teen September 1917 het Lenin geglo dat die Russiese mense gereed was vir nog ʼn rewolusie. Ander Bolsjewistiese leiers was egter nie heeltemal oortuig daarvan nie. Op 10 Oktober, was ʼn geheime vergadering van die Bolsjewistiese Party leiers gehou. Lenin het al sy oorredingsvermoë gebruik om die ander te oortuig dat die tyd vir ʼn gewapende opstand ryp was. Nadat daar deur die nag gedebatteer was, het ʼn stemming die volgende oggend plaasgevind; dit was tien teen twee ten gunste van ʼn rewolusie. Die mense self was gereed. In die baie vroeë oggendure van 25 Oktober 1917, het die revolusie begin. Troepe lojaal aan die Bolsjewiste het beheer geneem van die telegraaf, kragstasie, strategiese brûe, poskantoor, treinstasies, en die staatsbank. Beheer van hierdie en ander poste in die stad is oorhandig aan die Bolsjewiste sonder dat ʼn skoot afgevuur is. Teen die einde van daardie oggend, was Petrograd in die hande van die Bolsjewiste – almal behalwe die Winterpaleis waar die leiers van die Voorlopige Regering gebly het. Eerste Minister Alexander Kerensky het suksesvol gevlug, maar teen die volgende dag het troepe wat lojaal aan die Bolsjewiste was, die Winterpaleis geïnfiltreer. Na byna ʼn bloedlose staatsgreep was die Bolsjewiste die nuwe leiers van Rusland. Byna onmiddellik het Lenin aangekondig dat die nuwe regime die oorlog sou eindig, alle private grondeienaarskap afskaf, en dat ʼn stelsel van werkersbeheer van fabrieke geskep sou word. [Uit: history1900s.about.com – Toegang op 26 Desember 2014 verkry] BRON 1E ʼn Foto van Lenin wat ʼn skare van ondersteuners ná die suksesvolle Oktober Revolusie in Rusland toespreek. Let op die teenwoordigheid van die personeel in uniform. [Uit: www.britannica.com/Russian-Revolution-of-1917] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5 VRAAG 2: HET ROOSEVELT SE NUWE BEDELING DIE DOELWITTE VAN VERLIGTING, HERVORMING EN HERSTEL VIR DIE AMERIKAANSE EKONOMIE BEHAAL? BRON 2A Hierdie bron beskryf die voorval van die ineenstorting van die New Yorkse Aandelebeurs, die impak van die depressie en die reaksie van die Roosevelt- regering op die krisis. Die Groot Depressie in die Verenigde State van Amerika het op 29 Oktober 1929 plaasgevind, ʼn dag wat vir ewig daarna as “Swart Dinsdag” bekend gestaan het, toe die Amerikaanse aandelemark – wat ʼn opwaartse kurwe vir byna ʼn dekade beleef het – ineengestort het en die land in sy mees ernstigste ekonomiese afswaai geplunder het. Spekulante het hul aandele verloor; banke het misluk; die land se geldvoorraad het verminder; en maatskappye het bankrot geraak en begin om hul werkers in hordes af te dank. Intussen het President Herbert Hoover geduld en selfstandigheid aangemoedig: Hy het gedink die krisis was net ʼn “verbygaande voorval in ons nasionale lewe”, dat dit nie die federale regering se taak was om dit te probeer oplos nie. Teen 1932, een van die mees sombere jare van die Groot Depressie, was ten minste ʼn kwart van die Amerikaanse arbeidsmag werkloos. Toe President Franklin Roosevelt die amp in 1933 oorneem, het hy vinnig gereageer om te probeer om die ekonomie te stabiliseer en werk te verskaf en verligting te bring aan diegene wat gely het. Oor die volgende agt jaar het die regering ʼn reeks eksperimentele projekte en programme ingestel wat gesamentlik bekend gestaan het as die Nuwe Bedeling (New Deal), wat daarop gemik was om ʼn mate van waardigheid en voorspoed aan baie Amerikaners te herstel. Meer as dit, Roosevelt se Nuwe Bedeling het die federale regering se verhouding teenoor die Amerikaanse bevolking permanent verander. [Uit: www.history.com/topics/new-deal, Toegang op 12 Januarie 2015 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2015) BRON 2B Hierdie bron verduidelik die bankkrisis in die VSA gedurende die Groot Depressie en die maatreëls wat Roosevelt geneem het om stabiliteit in die banksektor te bring. Aan die begin van die Groot Depressie was die ekonomie gedestabiliseer deur die ineenstorting van banke, gevolg deur krediettekort. Die aanvanklike redes was die aansienlike verliese in beleggingsbankwese, gevolg deur massiewe bankonttrekkings. (Bankonttrekkings vind plaas wanneer ʼn groot aantal kliënte hul deposito's onttrek omdat hulle glo dat die bank insolvent kan word). Soos die onttrekkings voortgegaan het, het dit ʼn selfvervullende profesie ontwikkel: soos meer mense hul deposito's onttrek het, het die waarskynlikheid van wanbetaling toegeneem, en dit het verdere onttrekkings aangemoedig. Dit het baie banke gedestabiliseer tot op die punt waar hulle bankrotskap in die gesig gestaar het. Tussen 1929 en 1933 het 40% van al die banke bankrot geword. Baie van die Groot Depressie se ekonomiese skade was regstreeks veroorsaak deur die bankonttrekkings. Herbert Hoover het alreeds op ʼn bankvakansiedag besluit om verdere bankonttrekkings te verhoed, maar het die idee verwerp in vrees dat dit ʼn paniek tot gevolg sou hê. Roosevelt het egter, ʼn radio-onderhoud gelewer, in die atmosfeer van ʼn “Fireside Chat”, en het aan die publiek in eenvoudige terme die oorsake van die bankkrisis verduidelik, wat die regering sal doen en hoe die bevolking kan help. Hy het alle banke in die land gesluit en het dit gesluit gehou totdat hy nuwe wetgewing kon deurvoer. Op 9 Maart het Roosevelt die “Emergency Banking Act” na die Kongres gestuur, wat grotendeels deur Hoover se top adviseurs opgestel was. Die wet was deurgevoer en onderteken tot wet op dieselfde dag. Dit het voorsiening gemaak vir ʼn stelsel van die heropening van stabiele banke onder Tesourie-toesig, met federale lenings beskikbaar indien nodig. Driekwart van die banke in die “Federal Reserve System” het binne die volgende drie dae heropen. Miljarde dollars...het binne ʼn maand teruggevloei, wat die bankstelsel gestabiliseer het. Teen die einde van 1933 was 4 004 klein plaaslike banke permanent gesluit en saamgesmelt in groter banke ... Die “Glass-Steagall Act” het kommersiële bank sekuriteitaktiwiteite en affiliasies tussen kommersiële banke en sekuriteite- maatskappye beperk om spekulasie te reguleer. Dit het ook die “Federal Deposit Insurance Corporation (FDIC)” gestig wat deposito’s tot op $ 2 500 verseker het, wat die risiko van massa-bankonttrekkings beëindiging het. Hierdie bankhervorming het ongekende stabiliteit aangebied: Terwyl daar gedurende die 1920’s meer as vyfhonderd banke per jaar misluk het; was dit minder as tien banke per jaar na 1933. [Aangepas uit: en.wikipedia.org/New_Deal, – Toegang op 12 Januarie 2015 verkry] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7 BRON 2C President Franklin D. Roosevelt word gewys terwyl hy ʼn wet onderteken wat die “Tennessee Valley Authority” in 1933 geskep het. President Roosevelt se sogenaamde Nuwe Bedeling-liberalisme het hoofsaaklik uit idees van klassieke liberalisme geput (ontstaan). [Uit: www.americanprogress.org/issues/media/news, – Toegang op 13 Januarie 2015 verkry.] BRON 2D Hierdie bron gee ʼn kritiese beskouing van die Nuwe Bedeling ten opsigte van die ongelyke benadering tot voordele wat gespruit het uit regeringsprogramme. Die Nuwe Bedeling het ʼn lang pad gegaan tot die beëindiging van die ergste lyding van die Groot Depressie, maar het nie die Depressie beëindig nie. Ons kan nie sê of dit suksesvol of onsuksesvol sou wees in die beëindiging van die Depressie nie omdat die Tweede Wêreldoorlog dit onderbreek het. Dit kan egter nie die rol van die Nuwe Bedeling en Roosevelt se bydrae om waardigheid aan ʼn groot aantal gewone Amerikaners tydens die Groot Depressie jaar onderskat nie. Dit is belangrik om egter daarop te let, dat “gewone Amerikaners” nie die meeste Afro-Amerikaners ingesluit het nie, want hulle was geïgnoreer deur die Nuwe Bedelingprogramme. Boere wat huur, plaaswerkers en huisbediendes – alle beroepe wat meestal deur swart Amerikaners gevul was – het nie gekwalifiseer vir werkloosheidsvoordele, minimum lone of plaassubsidies nie. Segregasiebeleide was steeds in die Suidelike state toegepas en segregasie in die gewapende magte en die CCC was toegepas. Stemreg was steeds aan Afro- Amerikaners in baie Suidelike state geweier. In die werkplek, was Afro- Amerikaners gewoonlik laaste gehuur en eerste afgedank. Vir vroue was werk baie moeilik om te vind. Waar hulle werk verkry het, was dit meestal omdat hulle minder as mans betaal kon word. As werkers, het hulle egter ook al die regte verkry wat aan alle werkers onder die Wagner Act aangebied was. [Aangepas uit: Via Afrika Geskiedenis Graad 11 Leerdersboek, S. Grove et al, bladsy 92] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 3: HOE HET NAZI-PROPAGANDA GELEI TOT DIE UITWISSING VAN MINDERHEIDSGROEPE IN NAZI-DUITSLAND? BRON 3A Hierdie bron verduidelik Hitler se (en Nazi Party se) standpunte oor ras en die geloof in die superioriteit van die Duitse ras. Kort nadat hy die mag oorgeneem het, het Hitler wette bekend gestel om sy rasse-staat te skep. Hitler se idees was gebou op sy konsep van ras. Hy het geglo in die hiërargie van rasse en in die idees van Sosiale Darwinisme; dat die lewe oor die 'oorlewing van die sterkste’ in ʼn konstante stryd tussen rasse is. Verder het hy geglo dat dit noodsaaklik was om rassuiwerheid te handhaaf sodat die sterkes nie deur die bloed van die swakkes ondermyn word nie. Die “Ariese ras” was aan die bokant van Hitler se hiërargie van rasse. Hulle was die Herrenvolk of meester-ras, saamgestel vanuit mense van Noord-Europa. Hitler se persepsie van die ideale Ariër was dié van blonde, blou-oog Duitsers, wat vir hom die beste voorbeelde van die Ariese ras was. Hitler het geglo dat die taak van die Ariërs was om suiwer te bly, en om die minderwaardige rasse te onderwerp (oorweldig). Aan die onderkant van sy rasse-hiërargie was Afrikane, Slawiërs, die Roma en Sinti (Sigeuners) en Jode. Hitler het veral die Jode gehaat en ʼn gewelddadige en irrasionele anti-Semitisme teen hulle vertoon. Hitler se idees was nie uniek nie – hy het uit die navorsing van wetenskaplike rassisme van die tyd geput. Daar was twee belangrike bronne vir Hitler se denke: die Verenigde State van Amerika en die Duitse antropoloë se navorsing in die Duitse kolonies. [Uit: Via Afrika Geskiedenis Graad 11 Leerdersboek, deur S. Grove et al op bladsy 134] BRON 3B Die bron bevat ʼn uittreksel vanuit Mein Kampf deur Adolf Hitler waarin hy sy rasse- teorieë teen die Jode verduidelik. Die bron ontbloot verder Hitler se haat van die Jode. “Die Nazi-filosofie glo geensins in die gelykheid van rasse nie, maar saam met hul verskille, erken dit hul hoër of mindere waarde en voel verplig om die oorwinning van die betere en sterker te bevorder, en eis die onderwerping (onderdrukking) van die minderwaardige en swakkere in ooreenstemming met die ewige wil wat die heelal oorheers... Alle menslike kultuur wat ons vandag voor ons sien, is byna uitsluitlik die kreatiewe produk van die Ariër... onderworpe volke trek voordeel daaruit om verslaan te word want hulle leer vanaf die meerderwaardige Ariër-ras wat die absolute meester moet bly en nie inter-trou met minderwaardige verowerde mense nie... Maar dit is die Jode wat betrokke is in ʼn sameswering om die heersersras te hou by die veronderstelling van sy regmatige plek as leiers van die wêreld, deur rasse- en kulturele suiwerheid te besmet. Die Jode ontbreek ... die idealistiese gees ... Die Jood is en bly ʼn parasiet... wat sy invloed wyer en wyer versprei... Hy vergiftig die bloed van ander, maar bewaar sy eie bloed... om sy taktiek te masker en sy slagoffers te mislei, praat hy van die gelykheid van alle mense, maak nie saak wat hul ras of kleur mag wees nie... Hy streef daarna om die voorwaardes waaronder die werkers werk te verbeter, maar in werklikheid is dit sy doel om die nie-Joodse ras te verslaaf en uit te wis ... Die Jood gebruik elke moontlike middel om die rasse-fondamente van ʼn onderworpe mense te ondermyn... Die Jode was verantwoordelik vir die teenwoordigheid van Negers in die Rynland, met die uiteindelike idee om die wit ras wat hulle haat te verbaster; en dus sy kulturele en politieke vlak verlaag sodat die Jode mag oorheers.” [Aangepas uit: Mein Kampf (My Struggle) deur Adolf Hitler] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9 BRON 3C Hierdie bron gee besonderhede rakende die moord van Jode in verskeie lande in Europa deur Nazi-Duitsland. Die doel om al die Jode in Europa uit te wis soos verkondig by die konferensie in die villa Am Grossen Wannsee in Januarie 1942, is nie bereik nie. Tog het die die ses miljoen moordslagoffers die ‘holocaust’ ʼn unieke misdaad in die geskiedenis van die mensdom gemaak. Die getal slagoffers – en met sekerheid die volgende verteenwoordig die minimum aantal in elke geval – kan dit nie behoorlik uitspreek nie. Getalle is net te abstrak. 165 000 Jode uit Duitsland, 65 000 uit Oostenryk, 32 000 van Frankryk en België, meer as 100 000 van Nederland, 60 000 uit Griekeland, dieselfde aantal vanaf Yugoslavia, meer as 140 000 van Tsjeggo-Slowakye, ʼn halfmiljoen van Hongarye, 2,2 miljoen van die Sowjet-Unie, en 2,7 miljoen uit Pole. By hierdie getalle moet gevoeg word diegene wat gedood is in die pogromme en slagtings in Roemenië en Transitrien (meer as 200 000) die gedeporteerdes en die vermoorde Jode van Albanië en Noorweë, Denemarke en Italië, Luxemburg en Bulgarye. [Uit: Benz, Wolfgang, The Holocaust: ʼn Duitse historikus Ondersoek die Volksmoord] BRON 3D Bevryde oorlewendes van een van die grootste Nazi konsentrasiekampe by Ebensee, Oostenryk, tydens die aankoms van die 80ste-afdeling, van die VSA se Derde weermag op 7 Mei 1945. [Uit: www.history.com/topics/holocaust-concentration-camps – Toegang op 20 Januarie 2015 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2015) ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Benz, W. Die Holocaust: ʼn Duitse historikus Ondersoek die Volksmoord Deftereos, R. et al, Making History, Leerderboek Graad 11 Hitler, A. Mein Kampf Lynch, M, Reactions and Revolutions: Russia 1881 - 1924 Grove, S. et al, Via Afrika History, Grade 11 Learners’ Book Internetbron: www.americanprogress.org/issues/media/news Internetbron: www.britannica.com/Russian-Revolution-of-1917 Internetbron: www.history.com/topics/vladamir-lenin Internetbron: www.history.com.topics/holocaust-concentration-camps Internetbron: www.history.com/topics/new-deal Internetbron: www.history1900s.about.com en.wikipedia.org/New-Deal Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 11 History

View all