Skip to content

History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 11201513 pages

Grade 11 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 GESKIEDENIS V2 ADDENDUM *IHISTA2* Hierdie addendum bestaan uit 12 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 1: HOE HET SWART NASIONALISME, SWART SUID-AFRIKANERS AANGEMOEDIG OM ONDERDRUKKING TE VERSET? BRON 1A Hierdie is ʼn uittreksel uit die Swart koerant, “The African Liberator” wat die idees van swart nasionalisme verduidelik. Die “The African Liberator” leer swartes om hulself te bevry van die gebondenheid aan armoede, bevooroordeeldheid en onregverdigheid. Dit leer hulle om selfversorgend te wees en om hulself te help in nie net een essensiële aspek nie maar in alles wat bydra tot gelukkigheid en welvaart. Daar is geen vooruitgang vir Swartes wat Europeërs na-aap en ons vertel dat hulle die beste binne hul ras verteenwoordig nie … Slaaf-mentalitiet hou nog steeds ons mense in boeie en hulle glo vas dat hulle slegs kan bestaan as gevolg van die goeie genade van hul “Meesters”. Hulle moet eers die goedkeuring van Europeërs kry voordat hulle iets noemenswaardig kan doen andersins het hulle geen vertroue in hul werk, gedagtegang en idees nie. [Geneem uit: Making History deur R Deftereos et al] BRON 1B ʼn Zoeloe-prokureur genaamd Pixley ka Izaka Seme het die SANNC gestig. Hy het ʼn konferensie georganiseer en geadresseer op 8 Januarie 1912, die dag toe die SANNC gestig was. By die vergadering het hy verklaar: Hoofmanne van koninklike bloed en here van ons ras … ons het ontdek dat Swartes, in die land van hul geboorte, soos houtkappers en waterdraers gehanteer word. Die blankes van hierdie land het wat hulle noem, die Unie van Suid-Afrika gevorm − ʼn Unie waar ons geen stem het in die formulering van wette nie en waar ons geen deelname in die administrasie het nie. Ons het julle na hierdie konferensie ontbied sodat ons gesamentlik planne en maniere kan formuleer om ons unie te vorm met die doel om nasionale eenheid te ontwikkel en om ons regte en voorregte te beskerm. [Geneem uit: Spot On deur B Cloete et al] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3 BRON 1C Die is ʼn uittreksel vanuit die beleidsverklaring wat op die ANC se jaarlikse konferensie van 17 Desember 1949 aangeneem was. Die fundamentele beginsels van die Program van Aksie van die ANC is geïnspireer deur die begeerte om nasionale vryheid te verkry. Met nasionale vryheid bedoel ons vryheid van blanke oorheersing en die verkryging van politieke onafhanklikheid. Dit impliseer die verwerping van die konsep van segregasie, apartheid, voogdyskap of blanke leierskap wat almal in een of ander manier gemotiveer was deur die idee van blanke oorheersing of die oorheersing van blankes oor swartes. Soos alle ander mense maak swartmense aanspraak op die reg tot selfbeskikking … Om hierdie doelwitte te verwesenlik word die volgende Program van Aksie voorgestel …  Die afskaffing van alle differensiële politieke instellings, die boikot van wat ons aanvaar … om die volgende metodes te gebruik: onmiddellike en aktiewe boikot, staking, burgerlike ongehoorsaamheid, nie-samewerking en enige ander metodes wat die vervulling en die verwesenliking van ons aspirasies kan teweegbring. [Geneem uit: Internetbron: anc.org.za. Toegang op 8 Oktober 2014 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2015) Bron 1D Hierdie plakkaat is gepubliseer deur die ANC, wat alle anti-apartheids- organisasies uitnooi om deel te neem aan ʼn nasionale dag van protes op 26 Junie 1950, na die moord op 18 protesteerders gedurende die 1 Mei staking. NASIONALE DAG VAN VERSET MAANDAG, 26 JUNIE, 1950 Begin die voluit stryd vir Vryheid ____________ Dr. J.S. Moroko, President-generaal van die African National Congress, ondersteun deur Leiers van die Suid-Afrikaanse Indiërkongres en African People’s Organisasie, doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om NIE WERK TOE TE GAAN OP HIERDIE DAG.  VERWYDER DIE ONDERDRUKKING VAN KOMMUNISME EN DIE GROEPSGEBIEDE WETTE WAT ONS LAND IN ‘N POLISIESTAAT SAL VERANDER.  MOENIE TOELAAT DAT DIE MALAN-REGERING SE ONDERDRUKKENDE FASISTIESE MAATREËLS ONS LEWENS BEHEER  VEG VIR VRYHEID – PASWETTE EN POLISIE-KLOPJAGTE MOET GAAN! GROND, STEMREG EN MENSWAARDIGE LONE VIR ALMAL Dis beter om alles in die stryd te werp vir VRYHEID as om as ʼn slaaf te leef. Afrikane, Kleurlinge, Indiërs en Europese Demokrate – VRYHEID NIE KNEGSKAP! [Geneem uit: In Search of History deur J Bottaro et al] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5 VRAAG 2: HOE HET DIE SESDAAGSE OORLOG VAN 1967 TOT SPANNING IN DIE MIDDE-OOSTE BYGEDRA? BRON 2A Hierdie uittreksel fokus op die oorsake van die Sesdaagse Oorlog. Israel se inval van die Sinai-gebied in 1956 was die tweede groot konflik tussen die Arabiere en die Israeliete. Die derde konflik het plaasgevind in 1967 en het as die Sesdaagse Oorlog bekend gestaan. Soos in 1956 het die inisiatief weereens gekom vanaf Israel, want soos in 1956 het Israel gevrees dat hulle die voordeel sal verloor indien hulle nie eerste aanval nie. Die gebeure gedurende die vroeë maande van 1967 het daarop aangedui dat die Arabiese state vir ʼn groot aanval voorberei het. Siriese magte het hul bombardement van Israelse nedersettings in die Golan-hoogtes verskerp. Nasser het sy troepe na die Sinai-grens verskuif en die Verenigde Nasies gevra om hul vredesmagte uit beide die Sinai-gebied asook die Gaza-strook te verwyder. Soos in 1956, was die Israeliese skeepvaart in die Golf van Aqaba versper. Israel se reaksie, soos georganiseerd deur sy nuwe minister van verdediging, Moshe Dayan, was ʼn reeks blits-aanvalle op al sy vyande. Arabiese vliegvelde was verwoes. Israeli magte het terselfdertyd teenoor Egipte, Jordanie en Sirië opgemars. Die Egiptenare was reg oor die Sinai-woestyn verdryf tot teenaan die oosbank van die Suez-kanaal. Jordanië het die wesbank van die Jordaanrivier verloor. Sirië was uit die Golan-hoogte verdryf. Verpletterd deur die oorweldigende oormag van die Israeli magte, het al drie lande tot ʼn wapenstilstand binne ses dae vanaf die oorspronklike Israeliese aanval ingestem. [Geneem uit: People and Events in the Modern World deur N Tate] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2015) BRON 2B Hierdie kaart dui aan die groot Arabiese gebiede wat deur Israel gedurende die 1967 oorlog verower was. [Geneem uit: In Search of History deur J Bottaro et al] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7 BRON 2C Hierdie bron dui die ongevalle syfers van die Arabiese state in vergelyking met dié van Israel tydens die 1967 oorlog aan. ISRAELIESE Egiptiese Jordaanse Siriese TOTAAL Front Front Front Gedood 275 299 115 689 Gewond 800 1 457 306 2 563 ARABIERE (beraming) Gedood 10 000 1 000 2 500 13 500 Gewond 20 000 2 000 5 000 27 000 [Geneem uit: Questions of evidence: The Twenty Century World deur P Mantin] BRON 2D Hierdie uittreksel handel oor die Israeliese en Palestynse reaksie op die 1967 oorlog. Na die stigting van die Palestynse Bevrydingsorganisasie en onder die leierskap van Yasser Arafat, het Palestynse guerrillas/kommando’s/terroriste groepe ʼn reeks georganiseerde en toenemende gewelddadige aanvalle op Israel en Israeliese teikens regoor die wêreld geloods. Israel het op verskillende maniere gereageer, ondermeer hulle eie kommando strooptogte, sluipmoorde op PBO leiers en operasies wêreldwyd en somtyds volskaalse binnevalle van naburige lande soos Libanon wat aan die PBO hulp en skuiling verleen het. [Geneem uit: http:/www.historyguy.com/Israeli – Palestinian battles.htm] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 3: HOE HET DIE NASIONALE PARTY SY IDEOLOGIE VAN APARTHEID IN SUID-AFRIKA GEÏMPLEMENTEER? BRON 3A Hierdie uittreksel handel oor ʼn definisie van apartheid, soos uit ʼn ‘Suid Afrikaanse Geskiedenis onderwys’ webblad aangepas. Volgens die Afrikaanse vertaling, beteken apartheid ‘afsonderlik.’ Die term word gebruik om die wetlike rassistiese beleid van die Nasionale Party (NP) tussen 1948 en (amptelik) 1994 te beskryf. Sy oorsprong kan gevind word in Suid-Afrika se vroeë beleid van segregasie. Apartheid het verder as segregasie gegaan deur rasse-klassifikasie, verhoudings en skeiding formeel te reguleer. Dit het swartes beskou as agterlik en onbeskaafd, en wat apart gehou moes word vanaf wit- mense. Die enigste verhouding wat swartmense toegelaat was om met wit- mense te hê, was dié waar hulle witmense bedien het. Swartmense was teen gediskrimineer in byna elke aspek van die lewe. Rassistiese wette het voorgeskryf waar en hoe hulle kon lewe, reis, werk, skool bywoon, trou en sosialiseer. [Geneem uit: Internetbron: http://www.sahistoryonline.org.za] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9 BRON 3B Hierdie bron bestaan uit ʼn geskrewe en ʼn visuele bron en handel oor die implementering van die Groepsgebiedewet in Sophiatown. GESKREWE BRON: Hierdie bron verduidelik die verskillende standpunte oor lewe in Sophiatown. Die nie-rassige woonbuurt van Sophiatown was gestroop en vervang met Triomf; oorwinning van apartheid. Maar die herinneringe het nooit gesterf nie, en baie mense noem die plek nog steeds by sy ou naam. Harry Danes (ʼn wit inwoner) 54, het in Hursthill, ʼn naburige woongebied, gewoon. Hy het die ontruiming dopgehou en kommentaar gelewer: “Ons het onrus en die afbrand van huise gesien, die weermag en polisie moes gereeld die area afbaken en hierdie kêrels ʼn les leer.” Die herinnering van swart inwoners is verskillend. Hulle onthou duidelik hoe hulle “met ‘wapens gedwing was om in die trokke te klim en na Meadowlands verskuif was. Hulle onthou ook dat ons gelukkige mense was – “Dit was veilig en lekker in Sophiatown.” Hul huise was platgeskraap. Marion Kahn verklaar: “Een vraag spook nog steeds by my: Waarom het die regering dit gedoen? Dit was die mees hartverskeurende ondervinding gewees.” [Geneem uit: Sunday Independent, 9 June 1996, Johannesburg] VISUELE BRON: Wys die gedwonge verskuiwing van mense uit Sophiatown [Geneem uit Top Class deur P Ellis et al] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2015) BRON 3C Hierdie uittreksel fokus op sommige van die redes vir die implementering van die tuisland-beleid. Die kernpunt van die kwessie was die politieke regte van swartes en die vraag van demokrasie. Die wit regering wou die wêreld oortuig dat Suid-Afrika ʼn demokrasie was, waarin almal stemreg gehad het. Hulle het verduidelik dat swartes die reg sou hê om vir hul eie politieke leiers in hul tuislande te kon stem, maar sou geen politieke regte in Suid-Afrika hê nie. Deur swartes in tien verskillende kulturele, politieke en etniese groepe te verdeel, kon die nasionalistiese regering beweer dat daar geen swart meerderheid in Suid -Afrika woonagtig was nie. Deur die etniese identiteite van swartes te beklemtoon, het die regering gehoop om onmin onder hulle te saai en sodoende die groei van ʼn verenigde Swart nasionalisme te verhoed wat ʼn bedreiging vir die apartheid − staat kon wees. Die tuislande was veronderstel om polities en ekonomies onafhanklik te word. In werklikheid, was hulle nooit … [Geneem uit: New Generations deur F Frank et al] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 11 BRON 3D Hierdie kaart dui die situasie van die tuislande aan en ook die aanbevelings van die Tomlinson-kommissie aan. [Geneem uit: Spot On deur B Cloete et al] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2015) ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse was geneem uit die volgende: Bottaro, J. et al. 2012. In Search of History (Oxford University Press) Cloete, B. et al. 2012 Spot On (Heinemann) Deftereos, R. et al. 2006. Making History (Heinemann publishers) Ellis, P. 2012. Top Class (Shuter & Shoorter) Frank. F. 2012. New Generations (New Generations Publishers) http://www.historyguy.cm/israeli − palestinian battle.htm Internetbron: anc.org.za. Toegang op 8 Oktober 2014 verkry. Internetbron: http.//www.sahistoryonline.org.za Mantin, P. 2012. Questions of evidence: The Twenty Century World Sunday Independent newspaper Tate, N. 2012. People and Events in the Modern World (Maskew Miller Longman) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 11 History

View all