Skip to content
Question paper

Business Studies Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)

Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Business StudiesGrade 12202110 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2021 10721 BESIGHEIDSTUDIES VRAESTEL 1 TYD: 2 uur PUNTE: 150 10 bladsye b.o..
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 2 (Vraestel 1) 10721/21 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag noukeurig deur en let op wat nodig is. Let daarop dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in AFDELING C gemerk sal word. 3. Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is nie. 4. Antwoorde moet in volsinne wees behalwe waar ander instruksies gegee word. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en inhoud van jou antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir die punte- en tydtoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. TYD AFDELING VRAAG PUNTE (Minute) A: Objektiewe-tipe vrae 1 30 30 VERPLIGTEND B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40 30 KEUSE: Beantwoord enige TWEE. 3 40 30 4 40 30 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40 30 150 120 minute 7. Begin die antwoord van elke vraag op 'n NUWE bladsy bv. VRAAG 1 op ’n nuwe bladsy, VRAAG 2 op ’n nuwe bladsy. 8. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 3 (Vraestel 1) 10721/21 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK, bv.1.1.6 D. 1.1.1 Hierdie wet gee verbruikers die geleentheid om toegang tot skuldberading te kry. A Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008) B Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995) C Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) D Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998) 1.1.2 Sam Vervaardigers het 'n nuwe produk wat verband hou met bestaande produkte, wat aantreklik is vir nuwe kliënte, bygevoeg. Dit staan bekend as ... diversifikasie-strategie. A konglomeraat B horisontale C konsentriese D terugwaartse 1.1.3 Watter van die volgende besighede kan in die tersiêre sektor geklassifiseer word? A Kraft Suiker Plantasie B Point Meubel Vervaardigers C Drizzle Vars Produkte D Blouberg Spoordienste 1.1.4 Die proses om 'n nuwe werknemer se vaardighede en vermoëns by die vereistes van 'n pos te pas staan bekend as ... A plasing. B keuring. C opleiding. D werwing. 1.1.5 Die... besigheidsfunksie verseker dat die vereiste hoeveelhede voorraad op die regte tyd afgelewer word. A openbare betrekkinge B bemarking C aankoop D administrasie (5 x 2) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 4 (Vraestel 1) 10721/21 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDBOEK. Wet op Basiese Diensvoorwaardes; stuktyd; ekonomiese; nie-verpligte; verpligte; bemarking; openbare betrekkinge; sosiale; tydverwante; Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes 1.2.1 Hoë misdaadsyfer wat die handelsure van 'n besigheid beïnvloed, kan beskou word as 'n ... uitdaging as een van die PESTWO faktore. 1.2.2 Die … bied omvattende beskerming vir werknemers wat beseer word terwyl hulle hulle pligte uitvoer. 1.2.3 Econ Handelaars trek Werkloosheidsversekering (WVF) van werkers se salarisse af as 'n ... byvoordeel. 1.2.4 Die … funksie is verantwoordelik vir die promosie van goedere en dienste van June se Skoonheidswinkel. 1.2.5 Werkers word betaal vir die hoeveelheid tyd wat hulle by die werk spandeer. Dit staan bekend as die ... salarisbepalingsmetode. (5 x 2) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 5 (Vraestel 1) 10721/21 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat ooreenstem met 'n term in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Kandidaat A Maak voorsiening vir die instelling van die KVBA- en bedingingsrade 1.3.2 Gehalte B Verseker dat swart vroue in 1.3.3 Wet op Gelyke Indiensneming bestuursposte aangestel word 1.3.4 SOOO’s (SETAs) C Lei werknemers op om produktiwiteit in die werkplek te 1.3.5 Wet op Arbeidsverhoudinge verbeter D Toon selfvertroue en 'n positiewe gesindheid E Implementeer regstellende aksie om onbillike diskriminasie op alle vlakke te voorkom F Skep 'n geleentheid om inligting uit te ruil G Vermoë van goedere om 'n spesifieke behoefte te bevredig H Stel minimum vereistes vir die dienskontrak I Maatreëls wat deur besighede geneem word om kliënte se behoeftes bo hul verwagtinge te bevredig J Hou toesig oor opleiding in verskillende sektore van die Suid- Afrikaanse ekonomie (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 6 (Vraestel 1) 10721/21 AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. NOTA: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies duidelik aan. Die antwoord van ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem DRIE bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997). (3) 2.2 Identifiseer die verbruikersreg van toepassing op ELK van die volgende beleidsverklarings van Enzi Handelaars: 2.2.1 Enzi Handelaars sal nie dienste oorbespreek en dan nie die ooreenkoms nakom nie. (2) 2.2.2 Kliënte kan goedere afkeur wat nie dieselfde is as die monsters wat geadverteer word nie. (2) 2.2.3 Enzi Handelaars sal kredietbewyse en vooruitbetaalde dienste nakom. (2) 2.3 Brei uit oor die betekenis van leerlingskappe. (4) 2.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VALLEY DEW PLAAS (VDP) Valley Dew Plaas spesialiseer in die produksie van gewasse. VDP koop hul toerusting by Gerald Verskaffers aan wat hul pryse met meer as 20% verhoog het. Jane, die toesighouer het nie 'n goeie werksverhouding met haar werknemers nie. VDP kan nie meer hul produkte uitvoer nie weens 'n verhoging in die wisselkoers. 2.4.1 Haal DRIE uitdagings van VDP uit die scenario hierbo aan. (3) 2.4.2 Klassifiseer VDP se uitdagings volgens die DRIE sake-omgewings. (3) 2.4.3 Noem die mate van beheer wat VDP oor ELKE sake-omgewing genoem in VRAAG 2.4.2. het. (3) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 7 (Vraestel 1) 10721/21 Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 2.4.1 tot 2.4.3 te beantwoord. BESIGHEIDS- UITDAGINGS MATE VAN BEHEER OMGEWINGS (2.4.1) (2.4.3) (2.4.2) 1. 2. 3. 2.5 Verduidelik die regte van werknemers volgens die Wet op Arbeidsverhoudinge. (6) 2.6 Bespreek enige TWEE tipes verdedigende strategieë. (6) 2.7 Gee besighede raad oor die voordele van diversifikasiestrategieë om besigheidsuitdagings aan te spreek. (6) [40] VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 3.1 Lys enige TWEE bronne van eksterne werwing. (2) 3.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. ABC PROKUREURS (AP) ABC Prokureurs het 'n vakature vir 'n sekretaresse op die internet geadverteer. Die suksesvolle kandidaat moet die volgende pligte kan uitvoer en aan die volgende vereistes voldoen: • Dokumente opstel • Uitstekende kommunikasievaardighede • Regsdokumente liasseer • Minimum van 2 jaar relevante ervaring Haal TWEE voorbeelde ELK van die posbeskrywing en posspesifikasie uit die scenario hierbo aan. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.2 te beantwoord. VOORBEELDE VAN VOORBEELDE VAN POSBESKRYWING POSSPESIFIKASIE 1. 1. 2. 2. (4) 3.3 Bespreek die impak van interne werwing op besighede. (8) 3.4 Verduidelik die voordele van byvoordele op besighede. (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 8 (Vraestel 1) 10721/21 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VENTER VERVAARDIGERS (VV) Venter Vervaardigers is 'n groot besigheid wat spesialiseer in die vervaardiging van sleepwaens en karavane. VV voer kwaliteitbeheer kontroles en prosedures by sleutelpunte uit. Hulle gebruik ook marknavorsing om kopers se behoeftes te ontleed. 3.5.1 Identifiseer die Totale Gehaltebeheer (TGB) elemente wat deur VV toegepas word. Motiveer jou antwoord deur aan te haal uit die scenario hierbo. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.2 te beantwoord. TGB ELEMENTE MOTIVERINGS 1. 2. (6) 3.5.2 Bespreek die voordele van EEN TGB-element, wat op Venter Vervaardigers as 'n groot besigheid, in VRAAG 3.5.1 geïdentifiseer is. (4) 3.6 Verduidelik die gehalte-aanwysers vir die produksiefunksie. (4) 3.7 Adviseer besighede oor die voordele van 'n goeie gehalte bestuurstelsel. (6) [40] VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 4.1 Noem VIER pilare van die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003). (4) 4.2 Beskryf in breë trekke DRIE maniere waarop SOOO’s (SETAs) befonds word. (6) 4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MANTI NAEL-BOETIEK (MNB) Manti Nael-Boetiek spesialiseer in kunsmatige naels vir vroue. MNB se winsgewendheid het afgeneem as gevolg van die hoë inflasiekoers. Sommige van MNB se werknemers het nie die vaardighede om die nuwe naeltoerusting te gebruik nie. 4.3.1 Identifiseer TWEE PESTWO faktore wat 'n uitdaging vir MNB inhou. Motiveer jou antwoord deur aan te haal uit die scenario hierbo. (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 9 (Vraestel 1) 10721/21 Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.3.1 te beantwoord. PESTWO FAKTORE MOTIVERINGS 1. 2. 4.3.2 Stel TWEE maniere voor waarop MNB die uitdagings kan hanteer van EEN van die PESTWO-faktore wat in VRAAG 4.3.1 geïdentifiseer is. (4) BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 4.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg: FATHIMA KONSULTANTE (FK) Fathima Konsultante het die werwingsprosedure gevolg om die beste kandidaat aan te stel. FK het potensiële kandidate vir 'n onderhoud genooi. Hulle het Faith versoek om die lokaal vir die onderhoud te bespreek en voor te berei. Sy moet ook die kandidate op die kortlys inlig oor die datum en plek van die onderhoud. Faith het kandidate die geleentheid gebied om vrae te vra. 4.4.1 Haal TWEE rolle uit die scenario hierbo aan wat Faith, as die onderhoudvoerder, moet uitvoer wanneer sy vir die onderhoud voorberei. (2) 4.4.2 Verduidelik die werwingsprosedure as 'n menslikehulpbron-aktiwiteit. (6) 4.5 Onderskei tussen gehaltebestuur en gehalteprestasie. (4) 4.6 Verduidelik hoe besighede die BDKH-model/stappe kan toepas om die gehalte van hul produkte te verbeter. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 10 (Vraestel 1) 10721/21 AFDELING C Beantwoord enige EEN vraag uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. NOTA: Dui die VRAAGNOMMER van die gekose vraag duidelik aan. Die antwoord moet op 'n NUWE bladsy begin. VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (BESIGHEIDS-STRATEGIEË) Besighede pas die strategiese-bestuursproses toe om uitdagings in die eksterne omgewing te identifiseer. Sommige besighede implementeer intensiewe strategieë om van die uitdagings wat die sake-omgewings inhou, te hanteer. Ander pas Porter se Vyf Kragte-model toe om hul posisie in die markomgewing te ontleed. Besighede moet die doeltreffendheid van hul strategieë evalueer. Skryf 'n opstel oor besigheidstrategieë waarin jy die volgende aspekte insluit:  Beskryf in breë trekke die strategiese-bestuursproses.  Verduidelik hoe besighede Porter se Vyf Kragte-model kan toepas om hul posisie in die mark te ontleed.  Bespreek DRIE tipes intensiewe strategieë.  Adviseer besighede oor die stappe wat hulle moet volg wanneer hulle strategieë evalueer. (40) VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRON-FUNKSIE & GEHALTE VAN PRESTASIE) Besighede moet geskikte kandidate kies met relevante kennis en vaardighede om die vereiste take uit te voer. Hulle moet ook goed bekend wees met die doel van induksie. Dit is altyd belangrik dat nuwe werknemers behoorlik ingelyf word. Besighede moet Totale Gehaltebeheer (TGB) implementeer deur gehaltesirkels te gebruik om die koste van gehalte te verminder. Skryf 'n opstel oor die menslikehulpbron-funksie en gehalte van prestasie waarin jy die volgende aspekte insluit:  Beskryf in breë trekke die keuringsproses as 'n menslikehulpbron-aktiwiteit.  Verduidelik die doel van induksie.  Bespreek die rol van gehaltesirkels as deel van voortdurende verbetering van prosesse en stelsels.  Beveel maniere aan waarop TGB die koste van gehalte kan verminder. (40) TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Business Studies

View all