Downloaded from hlayiso.com
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2022
10722
BESIGHEIDSTUDIES
VRAESTEL 2
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
10 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2022 papers %202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)




%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)
View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Gauteng Mock Exam 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 2
(Vraestel 2) 10722/22
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae
Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE
vraag in AFDELING C gemerk sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is nie.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en die aard van elke vraag om die lengte en diepte
van ʼn antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
elke vraag beantwoord.
TYD
AFDELING VRAAG PUNTE
(minute)
A: VERPLIGTEND: Objektiewe
1 30 30 minute
tipe vrae
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40 30 minute
KEUSE: Beantwoord enige 3 40 30 minute
TWEE 4 40 30 minute
C: TWEE opsteltipe vrae
KEUSE: Beantwoord enige 5 40 30 minute
EEN 6 40 30 minute
TOTAAL 150 120 minute
7. Begin die antwoord vir ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv., VRAAG 1 op ʼn
nuwe bladsy, VRAAG 2 op ʼn nuwe bladsy.
8. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 3
(Vraestel 2) 10722/22
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv., 1.1.6 D.
1.1.1 Nana pas die ... leierskapstyl toe wanneer sy haar werknemers beloon
het vir die nakoming van spertye op kort kennisgewing.
A demokratiese
B outokratiese
C transaksionele
D charismatiese
1.1.2 Een van die kenmerke van suksesvolle spanprestasie is dat …
A spanlede hul eie doelwitte stel.
B daar ʼn klimaat van respek en eerlikheid is.
C persoonlike waardes geïmplementeer word.
D spanlede hul eie persoonlike behoeftes bevorder.
1.1.3 Lerato, ʼn werknemer by ABC Hotel, het die ... -prosedure gevolg toe sy
haar kommer oor swak werksomstandighede aan haar toesighouer
gerapporteer het.
A konflik
B probleemoplossing
C besluitneming
D griewe
1.1.4 ʼn ... stel die aanbieder in staat om beelde direk vanaf ʼn rekenaar te
projekteer.
A Interaktiewe witbord
B Oorhoofse projektor
C Plakkaat
D Skootrekenaar
1.1.5 SS Beperk neem deel aan ʼn volhoubare omgewingsgemeenskaps-
program. Dit is ʼn voorbeeld van ... as een van die drievoudige
sleutelaspekte elemente.
A profyt
B persone
C planeet
D produkte
(5 x 2) (10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 4
(Vraestel 2) 10722/22
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woorde van die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woorde langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDBOEK neer.
werknemer; deskundige; privaat; mondeling; prestasie; stukwerk;
aggressiewe; normering; geskrewe; werkgewer; staatsbeheerde
1.2.1 Die regering hou ʼn meerderheid aandele in Vuka SOC Bpk. Dit is ʼn
voorbeeld van ʼn ... maatskappy.
1.2.2 Inligting in die vorm van ʼn ... verslag is ʼn voorbeeld van ʼn nie-verbale
aanbieding.
1.2.3 ʼn Strategie om ʼn … persoon te hanteer, is om ferm te wees, maar nie om
hulle aan te val nie.
1.2.4 Spanlede is bewus van die strategieë en doelwitte van die span. Dit staan
bekend as die ... stadium van spanontwikkeling.
1.2.5 Die gebruik van die voorgeskrewe veiligheidstoerusting is die
verantwoordelikheid van die ... om menslike gesondheid en veiligheid in
die werkplek te bevorder.
(5 x 2) (10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 5
(Vraestel 2) 10722/22
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A – J) langs die vraagnommesr (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK
neer, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Persoonlike houding A van toepassing as goedere oorverseker is
1.3.2 Dividende B leiers sal moeilike take aan hul volgelinge delegeer
1.3.3 Herinbesitstelling C deurlopende hersiening van spanvordering sodat
spanlede foute kan regstel
1.3.4 Ekonomiese regte
D van toepassing as goedere onderverseker is
1.3.5 Samewerking
E werknemers het die reg tot onderwys
F die opbrengs op ʼn belegging in aandele
G die opbrengs op ʼn belegging in eiendom
H werknemers het die reg om aan ʼn wetlike staking
deel te neem
I leiers se gedrag weerspieël die voorbeeld wat hulle
in hul spanlede wil sien
J bereidwilligheid om saam te werk om spandoelwitte
te bereik
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 6
(Vraestel 2) 10722/22
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv., VRAAG 2
op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Noem enige DRIE voorbeelde van langtermynversekering. (3)
2.2 Bespreek in breë trekke die verskil tussen bestuur en leierskap. (4)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HARVEY PROKUREURS (HP)
Harvey Prokureurs is welbekend om sake te wen wat verband hou met
besigheidsreg. Die bestuur van HP verseker dat kommunikasie duidelik is, sodat
hul werknemers presies weet wat hulle moet doen.
2.3.1 Identifiseer die leierskapstyl wat deur HP gebruik is. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
2.3.2 Verduidelik ander voordele van die leierskapstyl wat in VRAAG 2.3.1
geïdentifiseer is. (4)
2.4 Bespreek die impak van uitdeelstukke as ʼn visuele hulpmiddels. (6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
EGOLI BED & ONTBYT (EBO)
Buyi, die eienaar van Egoli Bed & Ontbyt, het ʼn aanbieding oor haar besigheid
se finansiëlestate aan verskeie belanghebbendes gehou. Buyi het gepaste
gebare gebruik om haar punt te beklemtoon. Sy het ook haar aanbieding kort en
eenvoudig gehou.
2.5.1 Haal TWEE faktore vanuit die scenario hierbo wat Buyi in ag geneem
het tydens die aanbieding. (2)
2.5.2 Verduidelik hoe Buyi vrae na haar aanbieding op ʼn nie-aggressiewe en
professionele manier moet hanteer. (6)
2.6 Bespreek TWEE beginsels van versekering. (6)
2.7 Evalueer die impak van nie-winsgewende maatskappye as ʼn vorm van
eienaarskap. (6)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 7
(Vraestel 2) 10722/22
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Noem enige VIER komponente van korporatiewe sosiale verantwoordelikheid. (4)
3.2 Bespreek in breë trekke TWEE maniere waarop professionele,
verantwoordelike, etiese en effektiewe sakepraktyke uitgevoer moet word. (4)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BOITUMELO HANDELAARS (BH)
Die bestuur van Boitumelo Handelaars hou die inligting van hul werknemers
vertroulik. BH hanteer al hulle werknemers met respek, ongeag van hul sosio-
ekonomiese status.
Identifiseer TWEE menseregte wat deur BH bevorder word. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die table hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 3.3 te beantwoord.
MENSEREGTE MOTIVERINGS
1.
2. (6)
3.4 Bespreek die oorsake van konflik in die werkplek. (6)
3.5 Verduidelik hoe besighede die prys van goedere in landelike gebiede as ʼn
onetiese sakepraktyk kan hanteer. (6)
3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RODNEY BOUERS (RB)
Rodney, die spanleier, pas die spandinamiese teorieë toe om sy span effektief te
lei. Hy ken take toe volgens die rol van elke spanlid. Rodney weet dat spanlede
met soortgelyke sterkpunte kan meeding vir spantake.
3.6.1 Haal die belangrikheid van spandinamiese teorieë in die verbetering van
spanprestasie aan uit die scenario hierbo. (2)
3.6.2 Gee Rodney raad oor ander belangrikhede van spandinamiese teorieë
om spanprestasie te verbeter. (4)
3.7 Onderskei tussen korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV) en
korporatiewe maatskaplike investering (KMI). (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 8
(Vraestel 2) 10722/22
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Definieer die term skuldbriewe. (2)
4.2 Bespreek in breë trekke die voordele van ʼn privaat maatskappy. (4)
4.3 Verduidelik hoe belasting kan bydra tot die sukses en/of mislukking van ʼn
vennootskap. (4)
4.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MANDY SE BELEGGINGSOPSIES
Mandy wil R6 000 belê in ʼn vaste deposito rekening vir twee jaar. Ray Bank het
haar 7% eenvoudige rente per jaar aangebied en Lam Bank het haar 7%
saamgestelde rente per jaar aangebied.
4.4.1 Bereken die bedrag rente wat Mandy na twee jaar sal ontvang as sy by
Ray Bank belê. (3)
4.4.2 Bereken die bedrag rente wat Mandy na twee jaar sal ontvang as sy by
Lam Bank belê. (4)
4.4.3 Beveel die beste beleggingsopsie aan en motiveer jou antwoord. (3)
BESIGHEIDSROLLE
4.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NARIVA HANDELAARS BEPERK (NHB)
Nariva Handelaars Beperk verkoop gehalte, modieuse, mans- en vroulike klere.
Die werknemers van NHB is bewus van die indiensnemingsbeleide van die
onderneming. Hulle het ook akkurate verslae aan aandeelhouers by die jaarlikse
algemene vergadering voorgelê.
Identifiseer TWEE King-kode beginsels vir goeie korporatiewe bestuur wat deur
NHB toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te
haal.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 4.5 te beantwoord.
KING-KODE BEGINSELS MOTIVERINGS
1.
2. (6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 9
(Vraestel 2) 10722/22
4.6 Identifiseer die diversiteitskwessie wat Vast Skeppings toegepas het in ELKE
verklaring hieronder. .
4.6.1 Vast Skeppings verseker dat daar nie teen werknemers gediskrimineer
word op grond van hulle velkleur nie. (2)
4.6.2 Hulle maak voorsiening vir spesiale kos in die werknemers se kantien. (2)
4.7 Verduidelik die rol van die gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers om die
werksomgewing te beskerm. (4)
4.8 Beveel maniere aan waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die
welstand van gemeenskappe te bevorder. (6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 10
(Vraestel 2) 10722/22
AFDELING C
Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
op ʼn NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (SEKURITEITE)
Baie maatskappye maak gebruik van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE) om
beleggers aan te lok. Hulle raai ook hul beleggers aan om beleggingsbesluite faktore
in ag te neem. Daar is verskeie tipes aandele beskikbaar in die mark. Party beleggers
verkies om in RSA Kleinhandelspaareffekte te belê.
Skryf ʼn opstel oor beleggingsekuriteite waarin jy die volgende aspekte insluit:
Bespreek in breë trekke die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs.
Verduidelik enige DRIE faktore wat in ag geneem moet word wanneer
beleggingsbesluite geneem word.
Bespreek VIER tipes aandele.
Adviseer beleggers oor die impak van die Regering/RSA Kleinhandelspaareffekte. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (KREATIEWE DENKE EN PROBLEEMOPLOSSING)
Die besigheidsomgewing is dinamies en vereis dat besighede innoverend in hul
benaderings moet wees. Sommige besighede pas die Delphi-tegniek en
dinkskrumtegniek toe om komplekse sakeprobleme op te los. Ander redeneer dat ʼn
kragveld-analise die mees geskikte probleem-oplossingstegniek is. Besighede streef
daarna om ʼn omgewing te skep wat kreatiewe denke in die werkplek bevorder.
Skryf ʼn opstel oor probleemoplossing en kreatiewe denke waarin jy die volgende
aspekte bespreek:
Brei uit oor die verskille tussen probleemoplossing en besluitneming.
Verduidelik hoe besighede die Delphi-tegniek en dinkskrumtegniek in die werkplek
moet toepas.
Bespreek die impak van kragveld-analise as ʼn probleemoplossingstegniek.
Stel maniere voor waarop besighede ʼn omgewing kan skep wat kreatiewe denke in
die werkplek bevorder. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 Memo (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P2 KZN June 2022 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 P2 KZN Prelim 2022 Question Paper
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Memo (Afr)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum