Skip to content

Economic and Management Sciences Grade 9 2020 QP (Afr)

Question paperEconomic and Management SciencesGrade 9202010 pages

Grade 9 Economic and Management Sciences question paper from the Gauteng November Exam 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com testpapers.co.za GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2020 GRAAD 9 EKONOMIESE EN BESTUURS- WETENSKAPPE TYD: 1½ uur PUNTE: 100 10 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 GRAAD 9 INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit Afdeling A, B, C en D is gebaseer op die inhoud van die aangepaste KBVA dokument asook die Omsendskrywe S2 en S3 van 2020. AFDELING A: ALLE ONDERWERPE VRAAG 1.1: Meervoudigekeuse vrae (10) VRAAG 1.2: Voltooi die sinne (5) VRAAG 1.3: Pasitems (10) [25] AFDELING B: DIE EKONOMIE VRAAG 2: Prysteorie (14) [14] AFDELING C: FINANSIËLE GELETTERDHEID VRAAG 3: Joernale en die Rekeningkundige Vergelyking (28) VRAAG 4: Grootboeke (15) [43] AFDELING D: ENTREPRENEURSKAP VRAAG 5: Besigheidsplan (18) [18] 1. Al die vrae is verpligtend. 2. Beantwoord al die vrae in die ANTWOORDBOEK wat voorsien word. 3. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 3 GRAAD 9 AFDELING A: ALLE ONDERWERPE VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE VRAE Verskeie opsies word verskaf as moontlike antwoorde vir die volgende vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK wat verskaf is. 1.1.1 Volgens die Wet van Vraag, is daar ʼn … verhouding tussen prys en die hoeveelheid gevra. A positiewe B direkte C negatiewe D nie-bestaande (2) 1.1.2 Watter een van die volgende besighede kan as ʼn handelsonderneming geklassifiseer word? A Sinclair Prokureurs en Vennote B Sunshine Spaza Winkel C Groen Vinger Tuindienste D Silky Sleek Skoonheidsalon (2) 1.1.3 Die kosprys van goedere is R4 520 en die winsopslag is 15%. Bereken die verkoopsprys. A R3 930,43 B R678,00 C R5 198,00 D R4 535,00 (2) 1.1.4 Die naam, kenteken, slagspreuk en voorbereidingsdatum moet verskyn op/in die … van ʼn besigheidsplan. A bemarkingsplan B inleiding C opsomming D voorblad (2) 1.1.5 ʼn Persoon wat goedere en dienste lewer en betaling op ʼn latere stadium verwag. A Krediteur B Verbruiker C Debiteur D Rekenmeester (2) [10] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 4 GRAAD 9 1.2 VOLTOOI DIE SINNE Gebruik die woorde in die woordbank om die volgende sinne te voltooi. Skryf slegs die antwoord langs die korrekte vraagnommer neer in die ANTWOORDBOEK. gedebiteur ; aanbod; Algemene Grootboek; produksieplan; gekrediteer; debiteurekontrole; hoeveelheid aangebied; hulpjoernaal; opsomming; bank 1.2.1 Die vierde stap in die rekeningkundige siklus is die voltooiing van ... 1.2.2 ʼn Verandering in prys sal lei tot ʼn verandering in die ... 1.2.3 Die totaal van die debiteurelys moet altyd gelyk wees aan die saldo van die … rekening. 1.2.4 Wanneer ʼn debiteur nog kredietaankope maak, sal sy individuele rekening … word. 1.2.5 Die … dui aan waar die onderneming die roumateriale vandaan kry wat benodig word om die goedere te produseer wat hulle verkoop. [5] 1.3 PASITEMS Kies ʼn term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – H) langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in jou ANTWOORDBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Wanneer die eienaar geld neem vir A Wet van Aanbod persoonlike gebruik 1.3.2 Wanneer die prys toeneem, sal die B Lening hoeveelheid gevra afneem 1.3.3 Die brondokument vir kredietverkope C SSGB Analise 1.3.4 Alle inkomste- en uitgawerekeninge D Faktuur word in hierdie afdeling gevind 1.3.5 ʼn Lys van aspekte wat ʼn invloed op die E Wet van Vraag sukses van die onderneming kan hê F Ontrekkings G Besigheidsplan H Nominale Rekeninge [10] TOTAAL AFDELING A: 25 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 5 GRAAD 9 AFDELING B: DIE EKONOMIE VRAAG 2: PRYSTEORIE 2.1 Gedurende die onlangse pandemie, het meer en meer entrepreneurs ontstaan. Die regering het wetgewing uitgereik wat die dra van maskers verpligtend maak en verklaar dat die gereelde was van hande een van die beste maniere is om die verspreiding van die virus te bekamp. Die onderstaande tabel verteenwoordig ʼn vraag- en aanbodskedule vir koekies seep by die plaaslike supermark. Hoeveelheid Prys ( R ) Hoeveelheid gevra aangebied 5 60 10 10 55 20 15 40 25 20 30 30 25 25 45 30 15 50 2.1.1 Teken ʼn vraag- en aanbodgrafiek op dieselfde asstelsel deur gebruik te maak van die inligting in die bostaande skedule. Onthou om jou grafiek te benoem, ʼn opskrif te verskaf en ewewig aan te dui. (7) 2.1.2 Identifiseer die ewewigsprys en ewewigshoeveelheid. (4) 2.2 Definieer die “Wet van Aanbod”. (2) 2.3 Dui aan of die volgende stelling Waar of Vals is. As die prys van ʼn koekie seep R30 is, sal daar ʼn surplus koekies seep beskikbaar wees. (1) [14] TOTAAL AFDELING B: 14 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 6 GRAAD 9 AFDELING C: FINANSIËLE GELETTERDHEID VRAAG 3: JOERNALE- EN REKENINGKUNDIGE VERGELYKING Gebruik die onderstaande transaksies om die Joernale van Seven Eleven Supermark vir die maand November 2020 voor te berei. 3.1 Kontantontvangstejoernaal (6) 3.2 Kontantbetalingsjoernaal (4) 3.3 Debiteurejoernaal (4) 3.4 Krediteurejoernaal (2) Moenie die joernale aan die einde van die maand afsluit nie. Die besigheid maak gebruik van ʼn 25% winsopslag. Transaksies 6 Die kasregister wys ʼn kontantontvangste van R 5 600 vir goedere verkoop. 11 Goedere verkoop op krediet aan R. Beer vir R 3 200. Faktuur 22 is uitgereik. 17 Koop voorraad op krediet aan van Popeye Wholesalers vir R 5 670. Die faktuur is hernommer na 29. 19 Goedere verkoop op krediet aan M. Dladla vir R 4 000. 21 ʼn Debiteur, R. Beer, betaal R 3 200 om al haar skuld te delg. Kwitansie 541 is uitgereik. Kontantverkope vir die dag, R 1 500. 25 Betaal die bedrag verskuldig aan Popeye Wholesalers. Tjek 334 word uitgereik. 29 Reik ʼn kontanttjek uit om vir herstelwerk te betaal, R 3 300. *** 3.5 Analiseer die onderstaande transaksies om die effek op die Rekeningkundige Vergelyking aan te dui. 3.5.1 Die kasregister wys ʼn kontantinkomste van R 5 500 vir kontantverkope van goedere. Die winsopslag was 10%. 3.5.2 Koop goedere op krediet van NetStar vir R 6 800. (12) [28] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 7 GRAAD 9 VRAAG 4: GROOTBOEKE 4.1 Bestudeer die gedeeltelik voltooide Debiteure Grootboek en beantwoord die vrae wat volg. Debiteure Grootboek van Oakland Meubels Frances Lyons D1 Datum Besonderhede Fol Debiet Krediet Saldo 2020 1 Rekening gelewer 2 400 00 Nov 4 Faktuur 34 DJ (A) 3 900 00 9 Kwitansie 19 (B) 1 000 00 2 900 00 (C) 4.1.1 Identifiseer die debiteur. (2) 4.1.2 Bereken die bedrag vir A. (2) 4.1.3 Voltooi die folio verwysing vir B. (2) 4.1.4 Die debiteur het nog goedere aangekoop op krediet ter waarde van R800. Bereken die nuwe saldo by C deur slegs die bedrag aan te dui. Geen berekeninge hoef getoon te word nie. (2) 4.2 Bestudeer die inligting van Luthuli Traders. GEVRA: 4.2.1 Boek die relevante totale van die volgende joernale oor na die Handelsvoorraadrekening in die Algemene Grootboek. 4.2.2 Balanseer die rekening aan die einde van April 2020. (7) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 8 GRAAD 9 INLIGTING Openingsaldo: Handelsvoorraad: R54 305 Kontantontvangstejoernaal van Luthuli Traders vir April 2020 KOJ4 Ontleding Koste Diverse Rekeninge Dok Besonder- Dag Fol van Bank Verkope van Besonder- nr. hede Bedrag Fol ontvangste verkope hede 42 400 15 800 9 500 17 100 Kontantbetalingsjoernaal van Luthuli Traders vir April 2020 KBJ4 Diverse Rekeninge Dok Naam van Handels- Krediteure- Dag Fol Bank Besonder- nr. begunstigde voorraad kontrole Bedrag Fol hede 28 578 10 468 6 400 11 710 Krediteurejoernaal van Luthuli Traders vir April 2020 KJ4 Diverse Rekeninge Dok Krediteure- Skryf- Handels- Dag Besonderhede Fol Besonder- nr. kontrole behoeftes voorraad Bedrag Fol hede 2 457 574 1 590 293 [15] TOTAAL AFDELING C: 43 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 9 GRAAD 9 AFDELING D: ENTREPRENEURSKAP VRAAG 5: BESIGHEIDSPLAN Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Die Kombersdame – ʼn Inspirerende Storie Elvina Presley is ʼn smous in die middestad van Johannesburg wat komberse verkoop. Sy is baie trots daarop dat haar kliënte elke aand lekker warm kan slaap! Van jongs af het sy daarvan gedroom om ʼn entrepreneur te word en haar begeerte het uiteindelik vrugte afgewerp. “ Die geld wat ek in die week maak, is genoeg om alles te koop wat ek nodig het. Dit was nie altyd so maklik nie. Aan die begin het ek nie een kliënt gehad nie,” het sy bygevoeg. Maar haar dryfkrag, deursettingsvermoë en harde werk het gehelp. Alhoewel verkope steeds goed is, is daar daagliks meer smouse wat ook komberse verkoop in dieselfde area en die onlangse pandemie het ook nie gehelp nie. Maar sy het aangedui dat haar komberse van ʼn baie hoër kwaliteit is. “Dit is tyd dat ek my besigheid uitbrei. Mense van Alberton, Springs en Krugersdorp kom om van my komberse te koop,” het sy trots gesê met ʼn glimlag op haar gesig. Maar sy erken ook dat sy finansiële hulp nodig het. “Ek weet van al die rekeninge wat ek sal moet betaal, maar koste vir advertensies, huurgeld vir my stoorkamer en die betaling van werknemers, is ʼn bietjie uitdagend!” [Bron: Onbekend] 5.1 Lys EEN persoonlikheidseienskap uit die uittreksel wat Elvina Presley het, wat van haar ʼn suksesvolle entrepreneur kan maak. (1) 5.2 Noem EEN aspek wat sy aan die begin uitdagend gevind het. (1) 5.3 ʼn SSGB Analise moet saamgestel word vir Elvina. Lys ʼn sterk punt, ʼn swak punt, ʼn geleentheid en ʼn bedreiging wat genoem word vir Elvina se onderneming volgens die uittreksel. (4 x 1) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com 5.4 As Elvina haar besigheid wil uitbrei, benodig sy ʼn besigheidsplan. 5.4.1 Definieer die term “besigheidsplan”. (2) 5.4.2 Verskaf EEN rede hoekom ʼn besigheidsplan belangrik is. (1) 5.4.3 Die finansiële plan is een van die belangrikste komponente van ʼn besigheidsplan. Lys die VIER ander komponente wat ʼn besigheidsplan moet bevat. (4) 5.5 Die finansiële plan van die besigheid sluit die vaste koste, veranderlike koste, winsopslag persentasies en gelykbreekpunte in. 5.5.1 Identifiseer EEN vaste koste en EEN veranderlike koste volgens die uittreksel. (2) 5.5.2 Verduidelik en gee jou opinie oor die belangrikheid van die finansiële plan as deel van die besigheidsplan. (3) TOTAAL AFDELING D: 18 TOTAAL: 100 EINDE

Study this subject

More from Grade 9 Economic and Management Sciences

View all