Downloaded from hlayiso.com
testpapers.co.za
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2019
GRAAD 9
EKONOMIESE- EN
BESTUURSWETENSKAPPE
TYD: 2 uur
PUNTE: 200
16 bladsye
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers %20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7d72118a-615e-4cba-ba1e-8bee9acff662/v1-fadd2ca57ff1d49521f5/card.webp)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--1ab9cb10-09af-4ac3-94e1-95d921cd749a/v1-02fa2472dc19adc40094/card.webp)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--36183e40-2e68-4bc4-8e9a-83832a2906d9/v1-0081227b4fde8ec602ed/card.webp)
%20November%202021%20Question%20Paper_hlayiso.com_--2d2a7976-f19a-46d5-a759-332ce3a19d74/v1-8c440630524ac641c881/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--15836609-4828-4e6b-bbb1-5792b19b645e/v1-152266acbe172a0ef211/card.webp)
%20June%202019%20Answer%20Book_hlayiso.com_--7d834188-401d-4972-9508-9c1baa26bac5/v1-92d943ff83f1ba12585c/card.webp)
View all
%20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--545237e6-921d-4e91-b783-783eeaf85498/v1-254687f96e00ff9f0e91/card.webp)
%20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--bd6f430b-d83f-42d4-8b3c-476285e0ae3c/v1-27726dc77668f759ab75/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4048de52-b45d-4ecb-a384-8c550d2ba67b/v1-e603f1c1c3be94bc4f15/card.webp)
%20June%202023%20Answerbook_hlayiso.com_--ca2bc068-8d4a-4040-bd9a-ed9f9d7a6ab1/v1-5c3b4072320b047b5589/card.webp)
%20June%202023%20Answerbook_hlayiso.com_--926700e8-2cc7-4e0b-8c35-4d001e8da6a3/v1-bfa752d1e49f22fd0f99/card.webp)
Economic and Management Sciences Grade 9 2019 QP (Afr)
Grade 9 Economic and Management Sciences question paper from the Gauteng November Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Economic And Management Sciences · Grade 9 · Gauteng November Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economic and Management Sciences
- Grade
- Grade 9
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Gauteng November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 869.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Gauteng November Exam 2019
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe 2 GP/November 2019
Graad 9
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. ALLE vrae is verpligtend.
2. Beantwoord ALLE vrae in die ANTWOORDBOEK.
3. Lees die vrae noukeurig deur en maak seker jy bestee genoeg tyd aan elke
vraag.
4. Skryf netjies en leesbaar.
5. Die gebruik van ʼn nie-programeerbare sakrekenaar is toelaatbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe 3 GP/November 2019
Graad 9
AFDELING VRAAG PUNTE
KORTVRAE: ALLE ONDERWERPE [60]
Vraag 1.1: Waar of Onwaar 10
A
Vraag 1.2: Ontbrekende woorde 10
Vraag 1.3: Pasitems 20
Vraag 1.4: Meervoudigekeuse 20
DIE EKONOMIE [40]
Vraag 2:
Vraag 2.1: Ekonomiese stelsels 15
B
Vraag 2.2: Ekonomiese kringloop 14
Vraag 3:Vakbonde 11
FINANSIËLE GELETTERDHEID [60]
Vraag 4: Proefbalans
Vraag 5: Joernale 16
C
Vraag 6: Grootboeke 23
21
ENTREPRENEURSKAP [40]
Vraag 7: Sakeplan 24
D
Vraag 8: Besigheidsfunksies en Ekonomiese 16
sektore
TOTAAL 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe 4 GP/November 2019
Graad 9
AFDELING A: ALLE ONDERWERPE
VRAAG 1: WAAR OF ONWAAR
1.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’
of ‘onwaar’ langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.5) in jou
ANTWOORDBOEK neer.
1.1.1 Wanneer vraag gelyk is aan aanbod, noem ons dit die ekwilibrium
punt.
1.1.2 Die regering, besighede en huishoudings vorm nie deel van die
ekonomiese kringloop nie.
1.1.3 ʼn Tjek is die brondokument wat uitgereik word om uitgawes te
betaal.
1.1.4 In arm lande werk die meeste mense in die sekondêre sektor.
1.1.5 Wanneer jy ʼn handelskorting ontvang, is die prys wat jy betaal
minder as die oorspronklike verkoopprys. (10)
ONTBREKENDE WOORDE
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die ontbrekende woord/e in te vul. Skryf
slegs die korrekte antwoord in jou ANTWOORDBOEK neer.
1.2.1 In die ... ekonomie word besighede en eiendom privaat besit en
nie deur die staat beheer nie.
1.2.2 Die grootste vakbond van algemene werkers in Suid-Afrika is ... .
1.2.3 Die ... rekening word gedebiteer in die Algemene Grootboek
wanneer goedere kontant of op krediet gekoop word.
1.2.4 Pep Winkels en ABSA bank vorm deel van die... sektor.
1.2.5 Koste van verkope is ʼn ..., dit is geld wat ʼn besigheid betaal
wanneer Handeslvoorraad aangekoop word. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe 5 GP/November 2019
Graad 9
PASITEMS
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B om by ʼn begrip in KOLOM A te pas. Skryf
slegs die letter (A–K) langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.10) in jou
ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Kollektiewe bedinging A Huishoudings verkoop hulle
produksiefaktore
1.3.2 Wisselkoers
B Die debiteur stuur beskadigde
1.3.3 Operasionele plan goedere terug
1.3.4 Krediteurekontrole C ʼn Plan wat gebruik word om die
verwagte kontantontvangste en
1.3.5 Algemene Grootboek betalings van die onderneming te
beskryf
1.3.6 Bruto Binnelandse Produk
D Dui die teikenmark van die
1.3.7 Bemarking besigheid en sy produkte aan
1.3.8 Kontantbegroting E Die totale waarde van alle goedere
en dienste wat ʼn land produseer in
1.3.9 Kredietnota een jaar
1.3.10 Faktormark F ʼn Opsomming van Balanstaat- en
Nominale rekeninge van alle
transaksies
G Vermeerder aan die kredietkant en
verminder aan die debietkant
H Dui aan hoe ʼn besigheid bestuur
moet word
I Die prys van ʼn geldeenheid wat
uitgedruk word in ʼn ander land se
geldeenheid
J Die proses waar vakbonde en werk-
gewers oor nywerheids-verwante
kwessies onderhandel
K Word opgeteken in die saldokolom
van die Debiteurekontrole rekening.
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe 6 GP/November 2019
Graad 9
MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.4 Verskeie moontlike opsies word as antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.4.1 tot
1.4.10) in die ANTWOORDBOEK neer.
1.4.1 Wanneer die prys van goedere afneem, sal die vraag na die
goedere ...
A dieselfde bly.
B toeneem.
C afneem.
D geen van die bogenoemde nie.
1.4.2 Die Menslike Hulpbronne bestuurder is nie verantwoordelik vir die
... nie.
A Wet op Diensbillikheid
B finansies van die besigheid
C aankoop van grondstowwe en vervaardiging van produkte
D Al van die bogenoemde
1.4.3 Die voordeel vir die onderneming om goedere op krediet te
verkoop is dat ...
A meer debiteure op krediet koop.
B meer krediteure kontant koop.
C minder debiteure op krediet koop.
D al die bogenoemde.
1.4.4 Die Minister van Finansies wat op 29 Mei 2019 aangestel is, is ...
A Malusi Gigaba.
B Pravin Gordhan.
C Nhlanhla Nene.
D Tito Mboweni.
1.4.5 Die volgende rekeninge is voorbeelde van Bates:
A Bank, Voertuie, Skryfbehoeftes, Handelsvoorraad
B Bank, Toerusting, Debiteurekontrole, Handelsvoorraad
C Bank, Handelsvoorraad, Krediteurekontrole, Verkope
D Bank, Verkope, Koste van Verkope, Handelsvoorraad
1.4.6 Watter van die volgende is NIE ʼn voorbeeld van ʼn vakbond nie?
A NRO
B NUMSA
C DENOSA
D SADOU
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe 7 GP/November 2019
Graad 9
1.4.7 Waarvoor staan die akroniem SSGB:
A Sterk punte, Swak punte, Gelykhede, Betalings
B Stand punte, Sterk punte, Gelykhede, Bedreigings
C Sterk punte, Stand punte, Geleenthede, Bedreidings
D Sterk punte, Swak punte, Geleenthede, Bedreigings
1.4.8 As jy Handelsvoorraad verkoop vir R2 500 en die winsopslag is
66⅔ %. Die kosprys van die Handelsvoorraad is:
A R1 666,67
B R1 666,75
C R1 500
D R4 166, 67
1.4.9 Wanneer jy oorboek vanaf die Kontantontvangstejoernaal na die
Huurinkomste rekening, sal jy dit ...
A debiteer.
B balanseer.
C krediteer.
D sluit.
1.4.10 Watter EEN van die volgende verteenwoordig die korrekte
rekeningkundige siklus?
A Brondokumente, Joernale, Algemene Grootboek, Proefbalans
B Brondokumente, Algemene Grootboek, Joernale, Proefbalans.
C Joernale, Brondokumente, Algemene Grootboek, Proefbalans.
D Brondokumente, Proefbalans, Joernale, Algemene Grootboek
(10 x 2) (20)
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe 8 GP/November 2019
Graad 9
AFDELING B: DIE EKONOMIE
VRAAG 2
2.1 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Die BRICS-beraad was van 25 tot 27 Julie 2018 in Suid-Afrika gehou. Die
internasionale konferensie was bygewoon deur die vyf staatshoofde.
Hierdie vyf state beslaan ongeveer ʼn vyfde van die wêreld se
ekonomiese uitsette en 40 % van sy bevolking.
Suid-Afrika het die kleinste ekonomie en bevolking van die vyf state. Dit
word gesien as ʼn verteenwoordiger van Afrika-belange en dit is ʼn
ekonomiese toegangspoort na die vasteland.
['Wikipedia.com']
2.1.1 Behalwe Suid-Afrika, identifiseer enige TWEE van die ander
lande wat deel vorm van die BRICS–beraad. (2)
2.1.2 Watter ekonomiese stelsel word in Suid-Afrika gebruik?
Verduidelik kortliks die eienskappe van hierdie stelsel. (5)
2.1.3 Evalueer die beplande ekonomiese stelsel. Gee TWEE voordele
en TWEE nadele. (4 x 2) (8)
(15)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe 9 GP/November 2019
Graad 9
2.2 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg.
EKONOMIESE KRINGLOOP
Aankoop van goedere en dienste
Regerings
Belasting
- aankope
Regering 4
2
Inkomste Openbare Belasting R
dienste
Lone, dividende, rente, winste en huur
2.2.1 Identifiseer die deelnemers wat voorgestel word deur nommer
2 en 4. (2)
2.2.2 Onderskei tussen die interaksies van nommer 2 en 4 in die
ekonomiese kringloop. (4)
2.2.3 Noem TWEE publieke dienste wat die regering voorsien aan
huishoudings. (2)
2.2.4 Evauleer wat die impak van ʼn styging in belasting op besighede
en huishoudings sal hê. (3 x 2) (6)
(14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe 10 GP/November 2019
Graad 9
VRAAG 3
Kyk na die spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
Bestaanbare lone 8 ure werk Organiseer
3.1 Werkers het hulle eise geïdentifiseer in die spotprent. Kan jy dink aan
enige ander TWEE eise wat sal lei tot protesaksies, behalwe die eise wat
in die spotprent geïdentifiseer is? (2)
3.2 Watter effek het vakbonde op besighede? (2 x 2) (4)
3.3 Verduidelik kortliks die verantwoordlikhede van vakbonde. (5)
(11)
TOTALE AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe 11 GP/November 2019
Graad 9
AFDELING C: FINANSI ËLE GELETTERDHEID (60)
VRAAG 4
4.1 ʼn Onervare boekhouer het die volgende proefbalans voorberei.
Die eienaar is bekommerd omdat daar foute ontdek is.
INSTRUKSIES
Stel die korrekte Proefbalans op in jou ANTWOORDBOEK. (12)
Bereken die ontbrekende bedrae wat aangedui is met A en B. (4)
PROEFBALANS VAN MUFASA HANDELAARS OP 30 NOVEMBER 2019
Folio Debiet Krediet
Kapitaal B1 A
Onttrekkings B2 4 160
Grond en Geboue B3 192 000
Voertuie B4 134 000
Skryfbehoeftes B5 3 100
Handelsvoorraad B6 18 300
Bank (dt) B7 26 420
Water en Elektrisiteit B8 14 800
Krediteurekontrole N1 19 600
Verkope N2 220 000
Koste van Verkope N3 170 000
Toerusting N4 24 800
Huurinkomste N5 35 000
Debiteurekontrole N6 6 420
Salarisse N7 40 000
Versekering B9 1 440
B B
(16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe 12 GP/November 2019
Graad 9
VRAAG 5
Die volgende inligting word uit die boeke van David Handelaars geneem.
5.1 Kontantontvangstejoernaal (KOJ) (6)
5.2 Kontantbetalingsjoernaal (KBJ) (7)
5.3 Krediteurejoernaal (KJ) (7)
5.4 Debiteurejoernaal (DJ) (3)
INSTRUKSIES
Teken die transaksies aan in die korrekte joernale.
Die besigheid gebruik ʼn winsopslag van 25% op kosprys.
Moenie die joernale afsluit nie.
Transaksies vir September 2019
3 Verkoop goedere op krediet aan G. Huluma, R1 300. Reik faktuur 76 uit.
4 Koop die volgende op krediet van Nyla Groothandelaars
(faktuur 101)
Liaseringskabinette R10 120
Skryfbehoeftes R 480
10 Kontantverkope van handelsware, R14 800
Reik kwitansie 105 uit aan R Randall, ter gedeeltelike betaling van sy
rekening, R4 600.
11 Trek ʼn kontanttjek nr. 305 vir:
Lone R 810
Wisselgeld R1 000
15 Betaal Masimino Handelaars per tjek as betaling van ons rekening,
R8 300.
27 Koop goedere op krediet van NYC Groothandelaars vir R7 600 min 10%
handelskorting, ontvang faktuur. (23)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe 13 GP/November 2019
Graad 9
VRAAG 6
INSTRUKSIES
6.1 Gebruik die uittreksel wat geneem is vanaf die joernale van Rabada
Handelaars en boek dit oor na die Debiteurekontrole rekening in die
Algemene Grootboek vir Oktober 2019.
Balanseer die rekening aan die einde van die maand.
Saldo
Debiteurekontrole R 20 800
INLIGTING
Kontantontvangstejoernaal van Rabada Handelaars vir Oktober 2019
Bank Verkope Koste van Debiteurekontrole Diverse rekeninge
Verkope
R88 500 R58 500 R39 000 ? R6 500
Kontantbetalingsjoernaal van Rabada Handelaars vir Oktober 2019
Bank Handels- Lone Krediteure - Toerusting Diverse
voorraad kontrole rekeninge
R50 200 R6 200 R3 400 R23 400 R8 800 R8 400
Krediteurejoernaal van Rabada Handelaars vir Oktober 2019
Krediteurekontrole Handels - Toerusting Skryfbehoeftes Diverse
voorraad rekeninge
R30 680 R18 400 R9 400 R1 280 R1 600
Krediteureafslagjoernaal van Rabada Handelaars vir Oktober 2019
Krediteurekontrole Handels - Toerusting Skryfbehoeftes Diverse
voorraad rekeninge
R3 640 R2 100 R900 R240 R400
Debiteurejoernaal van Rabada Handelaars vir Oktober 2019
Verkope Koste van Verkope
R13 500 R9 000
Debiteureafslagjoernaal van Rabada Handelaars vir Oktober 2019
Debiteureafslag Koste van Verkope
R1 800 R1 080
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe 14 GP/November 2019
Graad 9
6.2 Bestudeer die inligting wat geneem is uit die boeke van Maynard Winkels en
beantwoord die vrae in jou ANTWOORDBOEK neer.
XANGELE HANDELAARS
2011 Besonderhede
Kode Fol Debiet Krediet Saldo
Sept Dokument
1 Rekening gelewer 800 -
5 01 Faktuur: 675 6.2.3 700 - 6.2.4 -
15 02 6.2.5: 112 KBJ 1000 00 500 -
27 01 Faktuur: 697 KJ1 450 20 950 20
6.2.1 Watter grootboek was gebruik om hierdie rekening te voltooi.
Gee ʼn rede vir jou antwoord? (2)
6.2.2 Wat was die uitstaande saldo op 31/08/2011? (1)
6.2.3 Watter joernaal was gebruik vir oorboeking na die grootboek? (1)
6.2.4 Bereken die uitstaande bedrag. (2)
6.2.5 Identifiseer die brondokument wat gebruik was. (1)
6.2.6 Wat sal die effek van die transaksie op 15 September wees op
die rekeningkundige vergelyking. (4)
(11)
TOTAAL AFDELING C: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe 15 GP/November 2019
Graad 9
AFDELING D: ENTREPRENEURSKAP
VRAAG 7
Lees die volgende artikel en beantwoord die vrae wat volg.
Thabo Jabu herstel skoene op die sypaadjie buite die stadsaal. Hy is ʼn
entrepreneur. Hy sorg dat die skoene van sy kliënte behoorlik
reggemaak word. Sy wens is om ʼn klein winkel in die stad te open. Sy
inkomste van R2 000 per week is genoeg om ʼn bestaan te voer. Dit
sluit in maandelikse kruideniersware van R1 000, R500 vir huur, ʼn
daaglikse taxi-fooi van R20 en skoolfonds vir sy vyftienjarige kind.
Thabo het in 2015 begin werk met net R500 wat hy van sy vorige werk
gespaar het. Daarna was hy op die straat, vanaf 07:00 tot 16:00 ses
dae ʼn week. Dit was moeilik aan die begin, want hy het geen kliënte
gehad nie. Deur deursettingsvermoë en harde werk, het hy dit
reggekry om mense te kry om sy besigheid te ondersteun. Sy kliënte
sluit mense in wat in sy omgewing bly, mense wat in die stad werk, en
hy het ook kliënte wat hom vanuit ander gebiede ondersteun.
ʼn Klein bekommernis is ander smouse wat in die omgewing werk. ''Ek
kan dit hanteer,'' sê hierdie vasberade heer.
7.1 Is Thabo se informele besigheid ʼn diens of ʼn handelsonderneming?
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
7.2 Wat is sy maandelikse inkomste? (1)
7.3 Berei ʼn SWOT-analise voor van Thabo se besigheid. (4 x 2) (8)
7.4 Noem enige DRIE komponente van ʼn sakeplan. (3)
7.5 Thabo wil ʼn plaaslike bank nader vir finansiële hulp om sy
sakebedrywighede uit te brei. Gee ʼn kort beskrywing van DRIE
aspekte wat in sy finansiële plan ingesluit moet word. (6)
(3 x 2)
7.6 Onderskei tussen massaproduksie en taakproduksie. (4)
(24)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe 16 GP/November 2019
Graad 9
VRAAG 8
8.1 Lees deur elk van die gevallestudies hieronder en besluit watter
besigheidsfunksies van toepassing sal wees.
8.1.1 Werknemers wil staak weens slegte werksomstandighede.
8.1.2 Die werkers werk met baie gevaarlike chemiese stowwe wat ʼn
ongeluk kan veroorsaak as hulle nie versigtig hanteer word nie. Die
maatskappy moet voorsorgmaatreels tref en dit
beskerm.
8.1.3 Die verkoopsyfers het gedaal en die maatskappy moet iets daarvan
doen.
8.1.4 Die maatskappy wil graag van die winste belê deur aandele in
ander maatskappye te koop.
8.1.5 Die maatskappy was onlangs betrokke by ʼn groot skandaal
rakende die storting van giftige afvalstowwe. Hulle moet weer goeie
verhoudinge met die buitewêreld bou.
(5 x 2) (10)
8.2 Tabuleer die tipes vaardighede wat benodig word in elk van die 3
ekonomiese sektore. (6)
(16)
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7d72118a-615e-4cba-ba1e-8bee9acff662/v1-fadd2ca57ff1d49521f5/card.webp)
Question paper
Economic and Management Sciences Grade 9 2019 QP (Afr)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--1ab9cb10-09af-4ac3-94e1-95d921cd749a/v1-02fa2472dc19adc40094/card.webp)
Question paper
Economic and Management Sciences Grade 9 P1 2022 QP (Afr)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--36183e40-2e68-4bc4-8e9a-83832a2906d9/v1-0081227b4fde8ec602ed/card.webp)
Question paper
Economic and Management Sciences Grade 9 P2 2022 QP (Afr)
%20November%202021%20Question%20Paper_hlayiso.com_--2d2a7976-f19a-46d5-a759-332ce3a19d74/v1-8c440630524ac641c881/card.webp)
Question paper
Economic and Management Sciences Grade 9 P2 2021 QP (Afr)
%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--15836609-4828-4e6b-bbb1-5792b19b645e/v1-152266acbe172a0ef211/card.webp)
Question paper
Economic and Management Sciences Grade 9 2020 QP (Afr)
%20June%202019%20Answer%20Book_hlayiso.com_--7d834188-401d-4972-9508-9c1baa26bac5/v1-92d943ff83f1ba12585c/card.webp)
Addendum
Economic and Management Sciences Grade 9 2019 Addendum (Afr)
More from Grade 9 Economic and Management Sciences

CAPS document
CAPS SP EMS AFRIKAANS GR 7 9
%20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--545237e6-921d-4e91-b783-783eeaf85498/v1-254687f96e00ff9f0e91/card.webp)
Addendum
Economic and Management Sciences Grade 9 P1 2024 Addendum
%20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--bd6f430b-d83f-42d4-8b3c-476285e0ae3c/v1-27726dc77668f759ab75/card.webp)
Addendum
Economic and Management Sciences Grade 9 P2 2024 Addendum
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4048de52-b45d-4ecb-a384-8c550d2ba67b/v1-e603f1c1c3be94bc4f15/card.webp)
Memorandum
Economic and Management Sciences Grade 9 P2 2024 Memo (Afr)
%20June%202023%20Answerbook_hlayiso.com_--ca2bc068-8d4a-4040-bd9a-ed9f9d7a6ab1/v1-5c3b4072320b047b5589/card.webp)
Addendum
Economic and Management Sciences Grade 9 P1 2023 Addendum
%20June%202023%20Answerbook_hlayiso.com_--926700e8-2cc7-4e0b-8c35-4d001e8da6a3/v1-bfa752d1e49f22fd0f99/card.webp)
Addendum