Skip to content

Economic and Management Sciences Grade 9 2019 QP (Afr)

Question paperEconomic and Management SciencesGrade 9201912 pages

Grade 9 Economic and Management Sciences question paper from the Gauteng June Exam 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com testpapers.co.za GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2019 GRAAD 9 EKONOMIESE EN BESTUURS- WETENSKAPPE TYD: 90 minute PUNTE: 150 12 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 GRAAD 9 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE TYD: 90 minute PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A, AFDELINGB, AFDELING C EN AFDELING D en is gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV dokument. AFDELING A: ALLE ONDERWERPE VRAAG 1.1: Meervoudigekeuse-vrae (10) VRAAG 1.2: Waar of Onwaar (10) VRAAG 1.3: Woordbank (10) VRAAG 1.4: Pasitems (10) [40] AFDELING B: DIE EKONOMIE VRAAG 2: Ekonomiese stelsels (15) VRAAG 3: Ekonomiese Kringloop (Diagram) (15) VRAAG 4: Prysteorie (Grafiek) (15) [45] AFDELING C: FINANSIËLE GELETTERDHEID VRAAG 5: Joernale en Rekenkundige Vergelyking (38) VRAAG 6: Algemene Grootboek (6) VRAAG 7: Proefbalans [6] [50] AFDELING D: ENTREPRENEURSKAP VRAAG 8: Sektore in die Ekonomie (15) [15] 2. AL die vrae is VERPLIGTEND. 3. Kandidate moet hulle kennis, vaardighede en insig toepas wanneer hulle die vrae beantwoord. 4. Beantwoord al die vrae (Afdeling A – D) in die ANTWOORDBOEK wat voorsien is. 5. Skryf netjies en leesbaar. 6. Die gebruik van nie-grafiese en nie-programmeerbare sakrekenaars is toelaatbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 3 GRAAD 9 AFDELING A VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word verskaf as moontlike antwoorde op die volgende vrae. Kies die regte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK wat verskaf is. 1.1.1 J & R Winkels verkoop denimbroeke wat hulle aangekoop het vir R600 elk. ʼn Winsopslag van 35% op kosprys word gehandhaaf. Bereken die verkoopsprys. A R 450 B R 810 C R 959 D R1 210 (2) 1.1.2 ʼn Land se … … bepaal hoe die hulpbronne geallokeer word. A globale ekonomie B kapitale ekonomie C ekonomiese stelsel D gemengde ekonomie (2) 1.1.3 Koop skryfbehoeftes van DL Stationers en betaal per tjek, R250. Die transaksie word as volg opgeteken in die Algemene Grootboek. A Dt Bank 250 ; Kt Skryfbehoeftes 250 B Dt Skryfbehoeftes 250 ; Kt Bank 250 C Dt Bank 250 ; Dt Skryfbehoeftes 250 D Dt Skryfbehoeftes 250 ; Kt Bank 250 (2) 1.1.4 Die besluit wat verbruikers maak oor watter produkte om te koop, is grootliks afhanklik van hulle … na goedere en dienste. A vraag B aanbod C prys D mode (2) 1.1.5 In die … sektor word koring gebruik om meel te maak en die meel word gebruik om goedere soos brood te produseer. A primêre B buitelandse C sekondêre D tersiêre (2) [10] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 4 GRAAD 9 1.2 WAAR OF ONWAAR Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs “Waar” of “Onwaar” langs die die vraagnommer in die ANTWOORDBOEK neer. 1.2.1 In die Kontantontvangstejoernaal, word bank gekrediteer terwyl alle ander transaksies gedebiteer word. (2) 1.2.2 Verbruikers is geregtig op goedere van aanvaarbare gehalte asook veilige produkte. (2) 1.2.3 In ʼn oop ekonomie is daar geen in- en uitvoere nie. (2) 1.2.4 ʼn Land se ekonomiese sektore beïnvloed die manier waarop die ekonomiese aktiwiteite georganiseer word, asook hoe besighede funksioneer. (2) 1.2.5 Sommige ondernemings het elemente eie aan al die sektore in die produksieproses. (2) [10] 1.3 WOORDBANK Voltooi die volgende stellings deur die regte woord te kies uit die woordbank. Skryf slegs die regte woord in die ANTWOORDBOEK langs die vraagnommer neer. Nasionale Kredietwet, verkope, advertering, geskoolde, arbeid, inverse 1.3.1 Die … mark is waar die werkgewers en werknemers ontmoet. (2) 1.3.2 As daar geen … is nie, sal verbruikers se vraag na die produk kleiner wees. (2) 1.3.3 Die … verhoed besighede om te maklik krediet toe te staan aan kliënte wat later kan sukkel om dit terug te betaal. (2) 1.3.4 As ʼn onderneming goedere aan D.Josh op krediet verkoop, word debiteurekontrole gedebiteer en … gekrediteer. (2) 1.3.5 Die vervaardigings- en konstruksiebedryf mag … vakmanne vereis. (2) [10] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 5 GRAAD 9 1.4 PASITEMS Pas die beskrywing in Kolom B by die terme in Kolom A. Skryf slegs die korrekte letter (A – F) langs die vraagnommer (1.4.1. – 1.4.5) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 Faktuur A ʼn Lys met al die Algemene Grootboek rekeninge se saldo’s en totale 1.4.2 Faktormark B Wanneer goedere op krediet verkoop word, word 1.4.3 Hulpbronne die oorspronklike dokument aan die kliënt oorhandig en die onderneming hou die duplikaat. 1.4.4 Proefbalans C Alle ekonomiese besluite word geneem deur 1.4.5 Markekonomie privaat individue. D ʼn Plek waar die produksiefaktore gekoop en verkoop word E Energie, water en rou materiale F ʼn Tabel wat die goedere en dienste aandui wat verbruikers bereid is om te koop teen verskillende pryse. [10] TOTAAL AFDELING A: 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 6 GRAAD 9 AFDELING B DIE EKONOMIE VRAAG 2 – EKONOMIESE STELSELS 2.1 Definieer die term “ekonomiese probleem”. (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande prentjies en identifiseer die ekonomiese stelsel wat deur prentjie 2.2.1 en prentjie 2.2.2 onderskeidelik voorgestel word. 2.2.1 2.2.2 [Bron: www.flyloops.net] [Bron: Qph.fs.quoracdn.net] (2 x 1) (2) 2.3 Noem EEN eienskap van ʼn markekonomie. (2) 2.4 Bespreek TWEE nadele van ʼn beplande ekonomie. (4) 2.5 Verduidelik hoekom gemengde ekonomieë ontstaan het. (2) “Globalisering het gelei tot die ontstaan van ʼn globale ekonomie waar die verskillende lande se ekonomiese aktiwiteite mekaar affekteer.” 2.6 Bespreek EEN probleem wat geassosieer kan word met ʼn globale ekonomie. (2) 2.7 In ʼn beplande ekonomie neem die … volle verantwoordelikheid vir die oplossing van die ekonomiese probleem. (1) [15] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 7 GRAAD 9 VRAAG 3 – EKONOMIESE KRINGLOOP Bestudeer die volgende diagram voordat die vrae beantwoord word. Huis- houdings Faktor Regering mark (A) Besighede 3.1 Identifiseer die ontbrekende inligting (A – E) uit die bostaande diagram. (6) 3.2 Verduidelik die vloei van A van besighede na huishoudings. (2) 3.3 Noem die VIER produksiefaktore. (4 x 1) (4) 3.4 Bespreek die rol van die regering in ʼn geslote ekonomie soos voorgestel in die bostaande ekonomiese kringloop. (2) 3.5 Huishoudings ontvang inkomste in die vorm van … (1) [15] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 8 GRAAD 9 VRAAG 4 – PRYSTEORIE Julie verkoop elke oggend pannekoeke by JK Laerskool. Sy verkoop ook ʼn verskeidenheid warm drankies aan die leerders en onderwysers van die skool. [Image source: i.pinimg.com] Bestudeer die volgende vraag- en aanbodskedule vir PANNEKOEKE en beantwoord die vrae wat volg. VRAAG- EN AANBODSKEDULE VAN PANNEKOEKE PRYS (R) HOEVEELHEID GEVRA HOEVEELHEID AANGEBIED 10 850 150 15 650 250 20 450 450 25 250 650 4.1 Maak gebruik van die bostaande skedule om ʼn vraag- en aanbodkurwe op dieselfde assestelsel te teken en te benoem. (7) 4.2 Die punt waar die vraag- en aanbodkurwes ontmoet, staan bekend as die ... punt. (2) 4.3 Bepaal die prys en hoeveelheid by die punt wat in vraag 4.2 geïdentifiseer is. (2) 4.4 Bespreek die wet van aanbod. (2) 4.5 Bespreek EEN faktor wat die vraag na pannekoeke kan beïnvloed. (2) [15] TOTAAL AFDELING B: 45 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 9 GRAAD 9 AFDELING C FINANSIËLE GELETTERDHEID VRAAG 5 – JOERNALE EN REKENKUNDIGE VERGELYKING Jy word voorsien van transaksies uit die boeke van Sandy Juweliers vir Februarie 2019. Sandy Pam, die eienaar, verkoop goedere vir kontant en op krediet. Sy het ʼn winsopslag van 60% op die kosprys van goedere. VEREISTES: Gebruik die inligting wat verskaf is om die transaksie in die volgende joernale aan te teken. 5.1 Kontantontvangstejoernaal met ontledingskolomme vir Ontleding van Ontvangste; Bank; Verkope; Koste van Verkope; Debiteurekontrole en Diverse Rekeninge. (12) 5.2 Kontantbetalingsjoernaal met ontledingskolomme vir Bank; Handelsvoorraad, Toerusting en Diverse Rekeninge. (7) 5.3 Debiteurejoernaal met kolomme vir Verkope en Koste van Verkope. (6) 5.4 Debiteure-afslagjoernaal met kolomme vir Debiteure-afslag en Koste van Verkope. (6) 5.5 Dui die effek van traksaksie 24 aan op die rekenkundige vergelyking. (7) BELANGRIK: Moenie die joernale aflsuit op 28 Februarie 2019 nie. TRANSAKSIES VIR FEBRUARIE 2019 FEB 02 Verkoop 4 pare oorbelle en ʼn horlosie vir kontant en ontvang R13 280. (KW11) 04 Reik faktuur 61 uit aan D. Poole vir R9 400. Hy het 2 horlosies op sy rekening gekoop. 16 Reik tjek 101 vir R28 800 aan Cipro Juweliers as betaling vir die juwele wat by hulle aangekoop is. 21 D. Poole stuur 1 horlosie terug wat foutief is, R4 600. Reik kredietnota 2 uit. 24 Reik ʼn tjek uit aan Telkom vir R1 900 om die besigheid se telefoonrekening van R1 080 te betaal. Die oorblywende geld is vir die eienaar se huistelefoon. 27 Ontvang ʼn tjek van D. Poole ter vereffening van sy rekening tot op datum. Reik kwitansie no 83 uit. Ontvang R6 200 van M. Saint, ʼn huurder, vir Maart se huurgeld. [38] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 10 GRAAD 9 VRAAG 6 – ALGEMENE GROOTBOEK Jy word voorsien van die voltooide joernale van Silver Winkels vir Maart 2019. VEREISTES: 6.1 Boek die voltooide joernale oor na die Handelsvoorraadrekening in die Algemene Grootboek. 6.2 Balanseer die rekening aan die einde van Maart 2019. Saldo op 1 Maart 2019 : R 29 860 [6] KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL VAN SILVER WINKELS – MAART 2019 KOJ 3 Ontleding Diverse Rekeninge Dok Besonder- Koste van Dag Fol van Bank Verkope Nr. hede Verkope Bedrag Fol Besonderhede Ontvangste 39 860 - 21 530 - 17 221 - - 18 330 B3 N1 N2/B5 KONTANTBETALINGSJOERNAAL VAN SILVER WINKELS – MAART 2019 KBJ 3 Dok Naam van Handels- Diverse Rekeninge Dag Fol Bank Lone Nr. Begunstigde voorraad Bedrag Fol Besonderhede 28 940 - 16 930 - 6 600 - 5 410 - B3 B5 N3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 11 GRAAD 9 VRAAG 7 – ALGEMENE GROOTBOEK Die boekhouer van Mzansi Handelaars het die volgende proefbalans voorberei maar nie al die inligting ingesluit uit die finansiële rekords vir April 2019 nie. VEREISTES: Neem die volgende inligiting in ag en teken die ontbrekende inligting aan in die proefbalans. 7.1 Die eienaar het sy kapitaalbydrae verhoog van R 100 000 na R 176 800. PROEFBALANS VAN MZANSI HANDELAARS OP 30 APRIL 2019 Fol Debiet Krediet Balansstaatrekeninge-afdeling Kapitaal ? Ontrekkings 18 990 - Bank 41 370 - Handelsvoorraad 32 440 - Debiteurekontrole 16 300 - Nominalerekeninge-afdeling Verkope ? Koste van Verkope 46 800 Verpakkingsmateriaal 3 220 Huurinkomste 12 120 ? ? [6] TOTAAL AFDELING C: 50 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 12 GRAAD 9 AFDELING D ENTREPRENEURSKAP VRAAG 8 – SEKTORE IN DIE EKONOMIE Bestudeer die volgende prentjies en beantwoord die vrae wat volg: Prentjie 1 Prentjie 2 Prentjie 3 [Bron: www.minergy-news.com] [Bron:fooled-wpengine.netdna- [Bron: www. ssl.com] crestonebusinessgroup.com] 8.1 Identifiseer die sektore in prentjie 1 – 3 onderskeidelik. (3 x 1) (3) 8.2 Bespreek die rol van die tersiêre sektor. (2) 8.3 Noem TWEE tipes vlakke van vaardighede wat in die primêre sektor aangetref sal word. Verskaf EEN voorbeeld van elk. (2 x 2) (4) 8.4 Bespreek die interverwantskap tussen die drie sektore. (3 x 2) (6) [15] TOTAAL AFDELING D: 15 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 9 Economic and Management Sciences

View all