Skip to content
Question paper

Mathematical Literacy Grade 10 P1 National November 2017 QP (Afr)

Grade 10 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the National November Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Mathematical LiteracyGrade 10201716 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2017 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 PUNTE: 75 TYD: 1½ uur *XMLITA1* Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye insluitende ʼn 2-bladsy bylae en ʼn 1-bladsy-antwoordblad.
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Gebruik die BYLAES om die volgende vrae te beantwoord: BYLAE A vir VRAAG 2 BYLAE B vir VRAAG 4 ANTWOORDBLAD 1 vir VRAAG 5.2 Skryf jou NAAM en GRAAD in die spasie voorsien op die ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in. 4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 5. Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 6. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders vermeld. 7. Toon meeteenhede, waar van toepassing. 8. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 9. ALLE berekeninge moet duidelik getoon word. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 3 VRAAG 1 1.1 Die twee grafieke hieronder toon die verhouding tussen twee hoeveelhede. GRAFIEK A toon die aantal grassnyers en die tyd wat dit neem om gras te sny en GRAFIEK B toon die hoeveelheid voedsel wat benodig word om ’n sekere hoeveelheid visse te voed. Bestudeer die grafieke om die vrae hieronder te beantwoord. GRAFIEK A GRAFIEK B 20 40 36 16 32 Visvoedsel (gram) 28 12 24 Tyd (Ure) 8 20 16 4 12 8 0 4 0 4 8 12 16 20 24 28 0 Aantal grassnyers 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Aantal visse 1.1.1 GRAFIEK A toon die proporsie grassnyers in verhouding tot die tyd wat dit neem om die gras te sny. Watter tipe proporsie word deur GRAFIEK A getoon? (2) 1.1.2 Volgens GRAFIEK B is die verhouding visvoedsel tot aantal visse 40 : 10. Vereenvoudig die gegewe verhouding. (2) 1.1.3 Watter tipe proporsie word deur GRAFIEK B getoon? (2) 1.2 Austin is ʼn graad 9-leerder aan die Masizakhe Sekondêre Skool. Hy besluit om penne te verkoop om ekstra sakgeld te verdien. 1.2.1 Indien die totale koste vir ʼn pakkie van 12 penne R42,00 is, wat is die koste van elke pen? (2) 1.2.2 Hy besluit om elke pen vir R5,00 te verkoop. Bereken die persentasie wins wat hy sal maak. Jy kan die volgende formule gebruik: 𝑉𝑒𝑟𝑘𝑜𝑜𝑝𝑝𝑟𝑦𝑠−𝐾𝑜𝑠𝑝𝑟𝑦𝑠 % wins = × 100% 𝐾𝑜𝑠𝑝𝑟𝑦𝑠 (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2017) 1.3 Mev. Bales het besluit om ʼn nuwe stoof te koop om haar kook en bak te vergemaklik. Sy het pryse vergelyk en ’n vierplaat-stoof soos hieronder getoon, gevind. Kontantprys: R4 999 Rekening: 10% deposito en R369, 89 per maand Terme: 24 maande 1.3.1 Skryf die kontantprys in woorde neer. (2) 1.3.2 Bereken die deposito wat benodig word indien sy besluit om die stoof op rekening te koop. (2) 1.3.3 Bereken die totale bedrag wat sy vir die stoof sal betaal indien op rekening gekoop word. (3) [18] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 5 VRAAG 2 Mnr. V. Manga is ʼn huiseienaar en ontvang maandeliks rekeningstate vanaf die munisipaliteit vir tariewe en dienste. BYLAE A verwys na die munisipale rekeningstaat wat hy ontvang het. Bestudeer die rekening en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Dui die naam aan van die munisipaliteit wat die rekeningstaat uitgereik het. (2) 2.2 Skryf die datum neer waarop die rekening uitgereik is. . (2) 2.3 Verduidelik wat die bedrag -R800,00 in BYLAE A beteken. (2) 2.4 Toon aan hoe die BTW-koste van R25,79 op ‘huishoudelike vullis’ bereken is. (2) 2.5 Mnr. V. Manga het gemiddeld 13 kl water in Junie gebruik. Gebruik die gegewe watertarief-koste in BYLAE A om die totale bedrag betaalbaar vir waterkoste te bepaal. (3) 2.6 Bereken die waarde van A. (3) [14] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 3 3.1 Nosizwe beplan om ʼn besigheid te begin om kolwyntjies (‘cupcakes’) te verkoop en sy wil graag haar ouma se resep gebruik. Hieronder is ʼn lys van die bestanddele wat benodig word vir die maak van 8 kolwyntjies (‘cupcakes’). Bestudeer die inligting hieronder om die vrae te beantwoord. BESTANDDELE (8 KOLWYNTJIES) 100 ml margarien 125 ml strooisuiker 1 eier 1ml vanieljegeursel 250 ml koekmeel 7 ml bakpoeier 40 ml water 40 ml melk 8 papiervormpies vir kolwyntjies BESTANDDELE: BOTTERVERSIERING 40 ml sagte margarien 190 ml versiersuiker, gesif 7 ml kookwater LET WEL: aanbevole meetapparaat wat in meeste huishoudings beskikbaar behoort te wees 1 koppie = 250 ml 1 lepel = 10 ml 1 teelepel = 5 ml 3.1.1 Identifiseer die aanbevole meetapparaat wat geskik sal wees om water af te meet. (2) 3.1.2 Hoeveel milliliters bakpoeier kan gebruik word om 24 kolwyntjies (‘cupcakes’) te maak? (3) 3.1.3 Nosizwe voorverhit die oond tot 356 ℉. Herlei die voorverhitte temperatuur na grade Celsius (℃). . Die volgende formule kan gebruik word: (℉−𝟑𝟐°) ℃= (3) 𝟏,𝟖 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 7 3.2 Sy sal ʼn skinkbord benodig sodat die kolwyntjies (‘cupcakes’) by haar kliënte afgelewer kan word. Hieronder is ʼn skinkbord met die volgende afmetings wat sy kan gebruik: lengte = 40 cm, wydte = 20 cm en hoogte = 6 cm. 6 cm 20 cm 40 cm LET WEL: Diagram nie volgens skaal geteken nie. Jy kan die volgende formules gebruik:  Omtrek = 2 (l + w)  Volume = l × w × h 3.2.1 Verduidelik wat die term omtrek beteken. (2) 3.2.2 Bereken die volume van die skinkbord. (2) [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 4 Die Jason-familie het ʼn nuwe huis gekoop. Die vloerplan van die huis word in BYLAE B getoon. Bestudeer die vloerplan in BYLAE B en beantwoord die vrae wat volg. 4.1 Wat is die kompasrigting van slaapkamer 3 vanaf die sitkamer? (2) 4.2 Hoeveel vensters word op die vloerplan getoon? (2) 4.3 Hoeveel binnedeure word op die vloerplan getoon? (2) 4.4 Gebruik jou liniaal en bepaal die afmetings van slaapkamer 1 op die vloerplan. (2) 4.5 Gebruik die gegewe skaal. Bereken die werklike oppervlakte van slaapkamer 1 in vierkante meters (m2). Jy kan die volgende formule gebruik: Oppervlakte van reghoek = lengte × breedte (3) [11] VRAAG 5 5.1 Die data hieronder verteenwoordig die Graad 10 Wiskundige Geletterdheid toetspersentasies vir leerders van die Masiqinise Sekondêre Skool. 45 47 34 48 47 42 39 22 54 17 32 67 25 39 34 64 47 50 62 5.1.1 Rangskik die waardes in stygende orde. (2) 5.1.2 Verwys na die data hierbo getoon en bepaal die mediaan. (2) 5.1.3 Bepaal die modus van die data wat hierbo verteenwoordig word. (2) 5.1.4 Bewys deur berekeninge dat die omvang 50% is. (2) 5.1.5 Bereken die gemiddelde persentasie van hierdie Graad-10-klas. (3) 5.1.6 Gebaseer op die data hierbo verteenwoordig, bepaal die waarskynlikheid dat ʼn leerder van hierdie klas ʼn persentasie minder as 30% in die toets behaal. Skryf jou antwoord tot die naaste persentasiewaarde. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 9 5.2 Voltooi die frekwensietabel vir die Wiskundige Geletterdheid toetspersentasies hierbo getoon in VRAAG 5.1. Gebruik die tabel op ANTWOORDBLAD 1 om hierdie vraag te beantwoord. Interval Telling Frekwensie 0–29 30–39 40–49 50–59 60–69 Totaal (5) [20] TOTAAL: 75 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2017) BYLAE A VIR VRAAG 2 BELASTINGFAKTUUR BCMM BTW- Registrasie no. 4240193492 Rekeningnommer 10144653 Kliënt BTW Reg. No. Datum van staat 2017/05/19 Datum Verskuldig 2017/06/15 Naam V. Manga V. MANGA Woonadres Zone 2 NU 03079/00 Woonbuurt MDANTSAN NU 2 3079 E ZONE 2 Erfno. NUR01345 Porsie 00000 Oppervlak 355 MDANTSANE Eenheidno. 0800002307900000000 5219 Markwaarde R267 000 Korting R15 000 Tarief Waarde R252 000 Datum Dienste Besonderhede Bedrag BTW Koste (BTW (BTW uitgesluit) ingesluit) 22/04/17 SALDO OORGEDRA R1 433.18 24/04/17 CC – DANKIE -R800,00 R0,00 -R800,00 20/05/17 SUBTOTAAL R633,18 R0,00 R633,18 20/05/17 BRAND HUISHOUDELIKE HEFFING R39,47 R5,53 R45,00 20/05/17 ERFBELASTING- WOONGEBIED R216,40 R0,00 R216,40 20/05/17 MARKWAARDE - KORTING -R12,15 R0,00 -R12,15 20/04/17 HUISHOUDELIKE VULLIS R184,21 R25,79 R210,00 METER-NO 54121 WATER : TARIEF HUISHOUDELIK R120,11 R16,82 R136,93 INTERN 10 Kl BASIESE HUISHOUDELIKE RIOOL 366 M2 R104,76 R14,67 R119,43 TOTAAL HUIDIGE HEFFING 716.41 Huidig 30 Dae 60 Dae 90 Dae 90 Dae + Totale Koste Totaal Totale (BTW BTW Koste (BTW uitgesluit) ingesluit ) R715,61 R633,18 R0,00 R0,00 R0,00 R1 285,98 R62,81 A ELEKTRISITEIT WATERTARIEF 6 kl @ 11.917550 Die verskaffing van dienste mag 4 kl @ 12.151250 moontlik beëindig word indien enige 10 kl @ 16.876510 bedrag onbetaald of agterstallig word 10 kl @ 21.876960 na die vervaldatum en die deposito 30+ kl @ 27.454360 kan gevolglik hersien word. DIREKTE DEPOSITO/ OTM/ INTERNETBANK- DIENSTE Bank ABSA Takno. 632005 Bankrekening No. 4080 090 388 Jou Munisipale Rekening No. 10144653 [Aangepas uit: www.buffalocity.docview.co.za] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 11 ANTWOORDBLAD 1 VRAAG 5.2 NAAM: ………………………………………… GRAAD: …………………….. Interval Telling Frekwensie 0–29 30–39 40–49 50–59 60–69 Totaal Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
BYLAE B VIR VRAAG 4 Sleutel tot simbole: Deur Venster Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 10 Mathematical Literacy

View all