Skip to content
Question paper

Mathematical Literacy Grade 10 P1 National November 2018 QP (Afr)

Grade 10 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the National November Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Mathematical LiteracyGrade 1020189 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2018 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 PUNTE: 75 TYD: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 4. Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 5. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders vermeld. 6. Toon meeteenhede, waar van toepassing. 7. Begin ELKE vraag op ’n NUWE bladsy. 8. ALLE berekeninge moet duidelik getoon word. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 3 VRAAG 1 1.1 Decoform meubel-fabriekswinkel het ’n verjaarsdag-uitverkoping. Mnr Dlamini wil ’n televisie plasma-eenheid (TV) koop ter waarde van R499,00 deur van die kontant- opsie gebruik te maak. Alle pryse sluit belasting toegevoegde waarde (BTW) in. Bestudeer die betalingsopsies in TABEL 1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TABEL 1: BETALINGSOPSIES KONTANT-OPSIE BÊREKOOP (‘LAY-BYE’)-OPSIE Televisie plasma-eenheid (120 cm) Televisie plasma-eenheid (120 cm) Prys: R499,00 Prys: R499,00 Afslag: 10% Deposito: 15% BTW (ingesluit) 6 gelyke maandelikse paaiemente BTW 15% L.W.: Geen afslag op items 1.1.1 Skryf die kontantprys neer. (2) 1.1.2 Bereken die totale kosprys van die TV plasma-eenheid (kontant-opsie). (2) 1.1.3 Bepaal die oorspronklike prys van die TV plasma-eenheid voor BTW bygevoeg is. Gee jou finale antwoord tot die naaste heelgetal. (3) 1.1.4 Bereken die deposito-bedrag vir die bêrekoop (‘lay-bye’) opsie. (2) 1.1.5 Skryf die grootte van die televisie plasma-eenheid in meter neer. (2) 1.2 Verduidelik die term diskrete data. (2) 1.3 Die numeriese skaal van ’n kombuisplan word as 1 : 100 gegee. Verduidelik wat die skaal 1: 100 beteken. (2) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 2 2.1 Bestudeer die TABEL 2 hieronder met betrekking tot die petrol prysverhoging en beantwoord die vrae wat volg. TABEL 2 LOODVRYE PETROL AAN DIE KUS PRYS PER LITER 2018, Januarie 3 R13,93 2018, Februarie 7 R13,63 2018, Maart 7 R13,27 2018, April 4 R13,89 2018, Mei 2 R14,38 2018, Junie 6 R15,20 2018, Julie 4 R15,43 [Bron: http/www.sapia.org.za] 2.1.1 Skryf die prys van petrol op 7 Maart 2018 neer. (2) 2.1.2 Bereken die persentasie verandering in die prys van petrol tussen 7 Maart en 4 April 2018. Gebruik die volgende formule: 𝑁𝑢𝑤𝑒 𝑃𝑟𝑦𝑠 − 𝑂𝑢 𝑃𝑟𝑦𝑠 % 𝑣𝑒𝑟𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔 = × 100% 𝑂𝑢 𝑃𝑟𝑦𝑠 (3) 2.2 Lerato sien dat Vodolite ’n nuwe prysplan slegs vir vooruitbetaalde selfone het wat slegs tot 30 November 2018 beskikbaar is. Die tariewe van hierdie prysplan word hieronder in TABEL 3 uiteengesit. Sy hou van die prysplan en besluit om die aanbod op te neem. TABEL 3 GEBRUIK KOSTE Plaaslike oproep (enige netwerk enige 90 sent per minuut (bereken per sekonde) tyd) SMS 80 sent per SMS heeldag MMS (300 KB of minder) R1,20 per MMS Internasionaal SMS R1,95 per SMS heeldag Gebruik TABEL 3 hierbo en beantwoord die vrae. 2.2.1 Gedurende die maand November stuur Lerato een SMS per dag aan familielede. Bereken hoeveel hierdie aktiwiteit haar in rand kos. (2) 2.2.2 Tydens die maand, spandeer Lerato 2 ure en 30 minute op haar selfoon, met oproepe aan haar familie. Bereken hoeveel dit haar kos. (Aanvaar dat daar dertig dae in die maand is.) (4) 2.2.3 Bereken Lerato se daaglikse selfoonkoste vir oproepe in rand. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 5 2.3 Mandy en Joshua werk saam op Markdag by hul skool. Hulle verdeel hulle wins teen die verhouding 2 : 3 onderskeidelik. Hulle verdien ’n wins van R500. Bereken die bedrag wat Mandy sal ontvang. (2) 2.4 Lerato beplan om met ’n minibus met vakansie te gaan. Sy skat dat sy R800 se petrol sal gebruik om by haar bestemming te kom. Die grafiek hieronder skets die verhouding tussen die hoeveelheid geld wat Lerato vir petrol sal moet betaal en die aantal mense wat in die minibus reis. Gebruik die grafiek hierbo om die vrae te beantwoord. 2.4.1 Bepaal hoeveel dit Lerato sal kos as 4 mense saam met haar in die minibus reis. (2) 2.4.2 Bepaal die aantal mense wat saam met haar in die minibus reis, as Lerato R400 vir petrolgeld gebruik. (2) 2.4.3 Bereken hoeveel die petrol-onkoste sal wees indien 9 mense in die minibus reis. (2) [21] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 3 3.1 Lerato nooi haar familie uit om ’n naweek by haar huis deur te bring. Sy besluit om pannekoek vir ontbyt te maak. Die volgende resep is genoeg vir 10 persone. Lerato wil egter 15 persone bedien. Gebruik die inligting in die resep on die vrae te beantwoord. PANNEKOEK Bestanddele 0,25 kg meelblom 2 eiers 500 mℓ water 5 mℓ sout 3.1.1 Skryf die aantal persone waarvoor die resep genoeg is as ʼn verhouding tot die aantal persone waarvoor Lerato dit wil maak in die eenvoudigste vorm. (2) 3.1.2 Hoeveel sout en water het sy nodig om vir 15 mense pannekoek te maak? (2) 3.1.3 Bepaal die hoeveelheid meelblom (in gram) wat Lerato sal benodig om (2) pannekoek vir 15 mense te maak. 3.2 Allison wil kreatief wees. Sy gaan ’n stuk grond verdeel met die een deel vir ’n sandpit vir haar kinders om in te speel en die ander deel vir ’n blombedding wat mooi sal lyk. Die stuk grond is 6,5 m wyd en 4,5 m lank van voor tot agter. Sy moet die hele stuk grond omhein om te verhoed dat die honde dit opgrawe. Sy gaan ’n 40 cm/rand aan alle kante ooplos. Bereken in meters die lengte van heining wat sy benodig om die hele omtrek te omsluit. JY mag die volgende formule gebruik: Omtrek = 𝟐 × 𝒍𝒆𝒏𝒈𝒕𝒆 + 𝟐 × 𝒃𝒓𝒆𝒆𝒅𝒕𝒆 (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 7 3.3 Bestudeer die koorspen hieronder en beantwoord die vrae. [Bron: holdthesulfites.com] 3.3.1 As ’n pasiënt ’n koors (liggaamstemperatuur) van 32 ºCelsius het, skryf neer wat jy sou skat is sy koors (liggaamstemperatuur) in grade Fahrenheit is. (2) 3.3.2 Bewys jou akkuraatheid deur die volgende formule te gebruik om die presiese koors te bepaal: Rond die finale antwoord af tot die naaste heelgetal. 9 ℉= × ℃ + 32° 5 (3) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 4 4.1 Die afstand tussen Kuilsrivier en Beaufort-Wes op die kaart is 15 cm. Bepaal die werklike afstand (in km) tussen die twee dorpe as die skaal op die kaart 1 : 3 750 000 is. (3) 4.2 ’n Blikkie Nestlѐ koffie het ’n deursnee van 100 mm en ’n hoogte van 120 mm. ’n Kartondoos is 500 mm lank, 300 mm breed en 240 mm hoog. Bestudeer die diagramme hieronder en beantwoord die vrae. 120 mm 100 mm Afmetings van groot reghoekige kartondoos: Afmetings van klein koffieblik: Lengte = 500 mm Deursnee = 100 mm Wydte = 300 mm Hoogte = 120 mm Hoogte = 240 mm [Bronne: Souq.com en http://www.outofafricatrading.com] Bepaal die maksimum aantal blikkies wat in die kartondoos verpak kan word. (5) [8] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 9 VRAAG 5 5.1 Die liggaamsmassa (in kg) vir elke lid van die onder-17 rugbyspan van Fundakahle hoërskool word in die tabel aangeteken. Verwys na die inligting hieronder en beantwoord die vrae. 47 55 53 58 51 60 58 46 55 44 55 50 62 49 52 64 5.1.1 Skryf die modus vir die onder-17 rugbyspan neer. (2) 5.1.2 Definieer die term gemiddelde. (2) 5.1.3 Bereken die mediaan vir die onder-17 rugbyspan. (3) 5.1.4 Bepaal die omvang van die liggaamsmassa vir die onder-17 rugbyspan. (2) 5.2 ’n Opname is by Fundakahle hoërskool gedoen om die aantal seuns en meisies te bepaal wat dit werklik geniet om te lees. Die uitslae word in TABEL 6 hieronder gegee. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg. TABEL 6: UITSLAE VAN OPNAME Geniet lees Geniet nie lees nie TOTAAL Seuns A 212 327 Meisies 372 101 473 TOTAAL 487 B 800 Bepaal die ontbrekende waardes A en B in die tabel hierbo. (4) 5.3 Bepaal die waarskynlikheid daarvan dat ’n meisie gekies sou wees deur middel van ewekansige seleksie. Skryf jou finale antwoord as ’n persentasie neer van ewekansige keuse. (3) [16] TOTAAL: 75 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Matching paper and memo

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 10 Mathematical Literacy

View all