Mathematical Literacy Grade 10 P2 National November 2018 QP (Afr)
Grade 10 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the National November Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2018
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2
PUNTE: 75
TYD 1½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae in die vraestel beantwoord
word.
1. Hierdie vraestel bestaan VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
word.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. ʼn Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammmeerbaar en niegrafies) mag gebruik word,
tensy anders aangedui.
5. ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.
6. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders
aangedui.
7. Toon meeteenhede, waar van toepassing.
8. Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 3
VRAAG 1
1.1 Duanita werk as ʼn redaktrise vir die ‘The Correct Language Company’. Sy ontvang ʼn
basiese salaris elke maand. Die getal op die salarisstrokie dui die aantal maande aan wat
sy vir die maatskappy werk. Hieronder is ʼn afskrif van Duanita se salarisstrokie vir
Februarie 2018.
SALARISSTROKIE
Werknemer se naam: Duanita Verwey
Identiteitsnommer: 8903305432083
Huwelikstatus: Ongetroud
Belasting verwysingsnommer: 987234560
Bankrekeningnommer: 24681XXXX
Salarisstrokienommer: 75
Betaaldatum: 25 Februarie 2018
Verdienste Aftrekkings
Basiese Salaris __(B)___ Belasting R2 923,25
WVF R224,00
Mediese Fonds R1 182,00
Pensioen R1 875,00
Bruto Salaris __(B)___
Totale aftrekkings __(A)___
Netto salaris R18 795,75
Gebruik die salarisstrokie hierbo om die onderstaande vrae te beantwoord.
1.1.1 Bepaal die ontbrekende waardes van A en B onderskeidelik. (4)
1.1.2 Toon met die nodige berekeninge dat die aftrekking vir Pensioen 7,5% is. (2)
1.1.3 Bepaal die aantal jare en maande wat Duanita vir hierdie maatskappy werk. (4)
1.1.4 Hoekom dink jy is daar sekere van die syfers van die rekeningnommer weggelaat? (2)
1.1.5 Duanita word ʼn verhoging van 6,4% aangebied. Sy beweer dat haar netto salaris
van Maart R1 000 meer sal wees as haar netto salaris van Februarie. Verifieer, met
die nodige berekeninge, of haar bewering geldig is of nie.
LET WEL: Haar belasting verhoog met R175,00, die pensioen met R120,00
verhoog en die mediese fonds en WVF bly onveranderd. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2018)
1.2 Duanita wil ʼn tuinboks agter haar huis hê om kruie in te plant. Sy besluit om die tuinboks
hieronder te koop.
70 cm
100 cm
Verwys na die bostaande tuinboks om die vrae te beantwoord.
1.2.1 Bereken die oppervlakte van die basis van die tuinboks. Gee jou finale antwoord
in vierkante meter (m2).
Jy mag die volgende formule gebruik:
Oppervlakte = lengte x breedte (3)
1.2.2 Die tuinboks kan nie tot heelbo met sand gevul word nie. Die tuinboks kan slegs
tot 75% van sy hoogte gevul word. Bereken die hoogte van die sand in die
tuinboks tot die naaste sentimeter. (3)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 5
VRAAG 2
2.1 Water het ʼn kritiese kwessie in Suid-Afrika geraak, veral in die Wes-Kaap en die Oos-Kaap,
waar damvlakke oor die afgelope paar jaar geweldig gedaal het.
Hieronder is ʼn tabel wat die hoof toevoerdamme in die Wes-Kaap aantoon.
TABEL 1:
Waterberging in hoofdamme waaruit die Wes-Kaapse watertoevoerstelsel bestaan:
Berging
Hoofdame Kapasiteit % % % % %
(M𝓵) 25 Junie 25 Junie 25 Junie 25 Junie 25 Junie
Megaliter 2018 2017 2016 2015 2014
Bergrivier 130 010 67,8 36,5 38,7 60,0 100,2
Steenbras Laer 33 517 46,5 30,2 37,1 55,4 72,6
Steenbras Boonste 31767 96,5 60,6 65,8 57,4 101,3
Theewaterskloof 480 188 30,4 18,6 33,9 54,9 98,5
Voëlvlei 164 095 37,6 18,4 27,4 39,2 81,6
Wemmershoek 58 644 71,2 37,5 50,1 53,2 89,8
Totale berging 898 221 383 263 218 433 320 741 474 301 846 413
% Berging A 24,3 35,7 52,8 94,2
*Die laaste 10% van ʼn dam se water is moeilik om te gebruik, so die bruikbare water
in die dam is ongeveer 10% minder as die damvlak.
Gebruik TABEL 1 hierbo om die onderstaande vrae te beantwoord.
2.1.1 Bepaal die waarde van A (die persentasie berging vir 25 Junie 2018). (2)
2.1.2 Beskryf ʼn moontlike tendens vir die periode in terme van die totale water gestoor. (3)
2.1.3 Gee EEN moontlike rede vir die lae damvlakke vanaf 2015 na 2017. (2)
2.1.4 Bereken die gemiddelde persentasie van die damme in 2016. (3)
2.1.5 Bereken die waarskynlikheid dat ʼn dam 45% of meer water op 25 Junie 2018 gestoor
het. Skryf jou finale antwoord tot 3 desimale plekke. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2018)
2.2 Mervyn het ʼn watertenk gekoop om water te stoor. Bestudeer die diagram van die
watertenk hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die watertenk het die volgende afmetings:
Deursnee = 1 500 mm
Hoogte = 1 820 mm
Jy mag die volgende formule en omskakeling gebruik:
Volume = 𝜋 × radius × radius × hoogte; waar 𝜋 = 3,142
Omskakeling: 1cm3 = 1 000 liter
Die kapasiteit van die watertenk word as 3 000 liter geadverteer. Vervolgens, bereken die
kapasiteit deur gebruik te maak van die afmetings en verklaar die verskil tussen die
geadverteerde kapasiteit en die kapasiteit wat jy bereken het. (6)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 7
VRAAG 3
3.1 Jona koop ʼn sandput vir sy 4-jaar-oue dogter, Jaimee, en sit dit in sy agterplaas. Hieronder
is ʼn diagram van die sandput met afmetings.
Verwys na die diagram van die sandput om die onderstaande vrae te beantwoord.
3.1.1 Jona vind ʼn spasie vir die sandput, maar neem slegs die omtrek van die basis van
die sandput in ag. Bereken die omtrek van die basis van die sandput. Gee jou finale
antwoord in meter.
Jy mag die volgende formule gebruik:
Omtrek = 2 × lengte + 2 × breedte (3)
3.1.2 Die sand wat Jona in die sandput wil sit, kan slegs 80,5% van die hoogte van die
sandput dek. Bepaal die hoogte van die sand in die sandput tot die naaste
sentimeter. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2018)
3.2 Jona se dogter Jaimee woon ʼn kleuterskool by. Die volgende is ʼn vloerplan van die
kleuterskool.
Bestudeer die vloerplan en antwoord die vrae wat volg.
3.2.1 Jona se bure wil ook hul 6-jaar-oue seun by Jaimee se kleuterskool inskryf. Gee
bewyse vanaf die vloerplan wat wys of die kleuterskool hul seun sal aanvaar. (2)
3.2.2 Maak die kleuterskool voorsiening vir gestremde kinders? Staaf jou antwoord met
bewyse vanaf die vloerplan. (2)
3.2.3 Gee EEN moontlike rede waarom die 3 maande tot 1-jaar oud en 1-jaar tot 2-jaar
oud kinders se klaskamers ver weg van die 2-jaar tot 5-jaar oud klaskamers geleë is. (2)
3.3 Die kleuterskool se fooie is soos volg gestruktureer:
OUDERDOM FOOI PER MAAND
3 maande tot 1 jaar en 6 maande R1 050
1 jaar en 7 maande tot 3 jaar en 6 maande R820
3 jaar en 7 maande tot 5 jaar R550
3.3.1 Gee EEN moontlike rede waarom die fooie vir 3 maande tot 1 jaar en 6 maande veel
hoër as die ander ouderdomsgroepe is. (2)
3.3.2 Die kleuterskool het 35 kinders waarvan nege in die ouderdomsgroep 3 maande tot
1 jaar en 6 maande is, tien in ouderdomsgroep 1 jaar en 7 maande tot 3 jaar 6 maande
en die res in die ouderdomsgroep 3 jaar en 7 maande tot 5 jaar.
Bereken die kleuterskool se inkomste vir een jaar indien geen kinders onttrek het
nie. (5)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 9
VRAAG 4
4.1 Hieronder is ʼn uittreksel van ʼn kaart van Soweto. Bestudeer die kaart en beantwoord die
vrae wat volg.
4.1.1 Beskryf die roete wat jy sal neem, met geografiese rigtings, indien jy vanaf
Johannesburg se SSK (CBD) na Carltonville moet reis. (4)
4.1.2 Skryf die grafiese skaal (lynskaal) as ʼn eenheidskaal. (3)
4.2 4.2.1 In Desember 2017 was die aantal toeriste wat Soweto besoek het, 1,5 miljoen.
Hierdie was ʼn toename van 6,25% vanaf Desember 2016. Bereken die aantal toeriste
wat Soweto in 2016 besoek het. (3)
4.2.2 Gee EEN moontlike rede waarom meer mense Soweto in Desember as in enige
ander maand besoek. (2)
[12]
TOTAAL: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Matching paper and memo
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.