Mathematical Literacy Grade 10 P1 November 2020 QP (Afr)
Grade 10 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the November Exam 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2020
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 75
TYD: 1½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik
word.
4. Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.
5. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders
vermeld.
6. Toon meeteenhede, waar van toepassing.
7. Begin ELKE vraag op ’n NUWE bladsy.
8. ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.
9. Jy mag ʼn goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 3
VRAAG 1
Me. Afrika is ʼn graad 10-onderwyseres. Sy besluit om een groot partytjie te hou om al die
leerders in haar registerklas se verjaarsdae te vier. Hieronder is die strokie wat sy ontvang
het nadat sy die inkopies vir die partytjie gedoen het. Bestudeer die strokie en beantwoord
die vrae wat volg.
Kassier: Olwethu
HAMBURGERROLLETJIES (6 elk)
8 @ 10.99 (1.2)
VRUGTE-JELLIEBONE
5 @ 25.00 125.00
MAYNARDS WINE GUM-ROLLETJIE
20 @ 7.99 159.80
TAMATIES 1KG 17.99 #
SIMBA-SKYFIES
10 @ 15.00 150.00
BLAARSLAAI
4 @ 12.99 51.96 #
GROOT DRAERSAK
3 @ 0.50 1.50
DAIRY MILK OREO BLOK 120 g
10 @ 25.99 259.90
COKE LIGHT 2L
10 @ 16.49 164.90
BTW INKLUSIEF 1 018.97
------------------------------TENDER---------------------------
MASTERCARD 1 018.97
6423222
TOTALE ITEMS: 71
-------------------BELASTINGFAKTUUR------------------
BELASBARE WAARDE BTW-waarde
BTW INKLUSIEF 1 018.97 123.79
# NULKOERS 69.95
------------------BTW REG NR. 4090105588--------------
----------------------------------------------------------------------
*16364 3305 103923 7 24.02.2020 18:54
1.1 Wat is die betekenis van die kaf (‘hashtag’) -simbool (#) wat langs sekere pryse
voorkom? (2)
1.2 Bereken die totale koste van die hamburgerrolletjies. (2)
1.3 Skryf die koste van een pakkie jelliebone in verhouding tot die koste van een pakkie
skyfies. Gee jou antwoord as ʼn vereenvoudige verhouding. (2)
1.4 Toon aan hoe die BTW-bedrag van R123,79 bereken is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2020)
1.5 Me. Afrika het besluit om al haar leerders se verjaarsdae in ʼn grafiek te vertoon.
Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
1.5.1 Noem die tipe grafiek wat me. Afrika gebruik het. (2)
1.5.2 Hoeveel leerders onderrig me. Afrika in totaal? (2)
1.5.3 Skryf die maand(e) neer waarin die tweede grootste aantal verjaarsdae gevier
word. (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 5
VRAAG 2
Mnr en mev. Mbele besluit dat hulle te veel geld spandeer. Hulle het na hul uitgawes vir Mei
gekyk, waaronder items wat vir ʼn jaar gekwoteer word, maar wat maandeliks betaal moet
word. Wat hieronder in TABEL 1 gegee word, is hul bevindings.
TABEL 1: MNR EN MEV. MBELE SE UITGAWES VIR MEI
Huisverband terugbetaling R5 000 per maand
Water en elektrisiteit R1 000 per maand
Skoolgeld vir 2 kinders R1 200 jaarliks (elk)
Klere-rekeninge R 560 per maand
Versekering R1 000 per maand
Uittree-annuȉteit R 100 per maand
Kerkbydraes R 500 per maand
Bankkostes R 160 per maand
Vermaak en uiteet R1 000 per maand
Gimnasium-lidmaatskap R 279 per maand
Brandstof R3 500 per maand
Kos R3 000 per maand
Selfone R1 200 per maand
DSTV R5 200 jaarliks
2.1 Bereken die maandelikse betaling op die items wat per jaar gekwoteer word. (3)
2.2 Hoeveel het die Mbele’s in Mei bestee? (2)
2.3 Mnr. en mev. Mbele verdien saam R17 000 per maand. Hoeveel het hulle in Mei
oorbestee? (2)
2.4 Mnr. Mbele is ʼn baie goeie horlosieverkoper. Vir elke twee horlosies wat sy kollega
David verkoop het, het mnr. Mbele vyf horlosies verkoop. As hulle totale
horlosieverkope 840 was, bereken die aantal horlosies wat deur mnr. Mbele verkoop is. (3)
2.5 TABEL 2 hieronder toon die kus- en binnelandse petrolpryse in Suid-Afrika vir
Junie 2020. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg.
TABEL 2: KUS- EN BINNELANDSE PETROLPRYSE IN JUNIE
Junie 2020 pryse vir petrol en diesel vir kus- en binnelandse gebiede
Binneland Kus
Petrol R13,48/ℓ R12,72/ℓ
Diesel R11,28/ℓ R10,68/ℓ
2.5.1 As die Mbele’s in Oos-Londen woon, hoeveel sal hulle dan per liter vir diesel
betaal? (2)
2.5.2 As hulle R3 500,00 aan diesel bestee het, bepaal hoeveel liter diesel hulle hierdie
maand gebruik het. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2020)
2.6 Die Mbele’s moet hulle uitgawes verminder. Stel TWEE maniere voor waarop
hulle dit kan bereik. Verduidelik jou antwoorde. (4)
2.7 Mnr. Mbele besluit om een van sy motors te verkoop en wil ʼn motorfiets koop om
geld te bespaar.
2.7.1 Hy het sy motor gekoop vir R98 000 en verkoop dit vir R55 000. Bereken
die persentasie verlies van mnr. Mbele. (3)
2.7.2 Mnr. Mbele koop ʼn tweedehandse motorfiets vir R32 500, en besluit om
die res van die geld te belê om sy gesin oor 1,5 jaar met ʼn bootvaart te
verras.
Die belegging verdien 1,75% enkelvoudige rente per maand, en hy belê dit
vir 1,5 jaar. As die bootvaart R45 000 vir die hele gesin kos, sal mnr. Mbele
na 1,5 jaar genoeg geld hê? (5)
[26]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 7
VRAAG 3
Zanele het inligting versamel oor die leerlinge in haar skool onder die ouderdom van 18 jaar
en wat alkohol drink.
TABEL 3 is ʼn opsommingstabel met die gegewens wat sy van haar klasmaats ingesamel het.
TABEL 3: TABEL WAT MINDERJARIGES SE DRANKVERBRUIK VERTOON
OPSOMMING VAN DIE RESULTATE
Totale studente wat Totaal minderjarige Totaal minderjarige
ondervra is seuns meisies
250 80 63
3.1 Hoeveel seuns in graad 10, wat jonger as 18 jaar is, drink alkohol? (2)
3.2 In watter graad kom die drink van alkohol, onder minderjariges, die meeste voor? (2)
3.3 Hoeveel studente wat in graad 8 ondervra is, drink nie alkohol nie? (3)
3.4 Volgens Aware.org drink 50% van alle tieners in Suid-Afrika gereeld alkohol.
Vergelyk hierdie getal met die resultate van Zanele se opname, en maak ʼn afleiding of
jy dink dat daar ʼn probleem is met minderjariges se drankverbruik by haar skool is. (2)
[9]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 4
Sommige van die seuns in Kelly se klas het gespog dat seuns van nature fikser as meisies
is. Kelly het besluit om ʼn eksperiment uit te voer om die bewerings van die seuns te toets.
Sy het meisies en seuns in twee afsonderlike groepe verdeel en elke groep het ʼn reeks
opstote (push-ups), opsitte (sit-ups) en kort naellope gedoen. Sy laat hulle toe om vir twee
minute te rus voordat sy hul hartkloplesings neem.
Hoe laer die persoon se hartklop na die rustyd van twee minute, hoe fikser is die persoon.
TABEL 4 hieronder bevat die hartkloplesings wat Kelly uit die twee groepe versamel het.
TABEL 4: HARTKLOPLESINGS VAN MEISIES EN SEUNS
GROEP 1: Meisies GROEP 2: Seuns
Hartkloplesing Hartkloplesing
Naam (slae per minuut) Naam (slae per minuut)
Ayanda 91 Milo 52
Camilla 96 Bobby 118
Claire 77 Xolani 50
Luna 77 Joe 84
Siphokazi 71 Phillip 105
Megan 72 Simon 90
Jane 69 Shaun 71
Susan 83 Tsepiso 77
Anda 97 Alfred 101
Cleo 67 Daniel 84
Jen 99 Luke 51
Karen 60 Eric 60
Sethu 66
Hope 70
Bella 100
4.1 Skryf die naam en hartkloplesing van die fikste persoon in die klas neer. (2)
4.2 Bepaal die modale hartkloplesing vir die klas. (2)
4.3 Bereken die gemiddelde hartkloplesing vir die meisies (Groep 1). (3)
4.4 Bereken die mediaan hartkloplesing vir die seuns (Groep 2). (3)
4.5 Deur na die versamelde data te kyk, besluit of die gemiddelde of die mediaan, die
beste aanduiding gee van watter groep die beste algehele fiksheid het.
Verduidelik jou antwoord. (2)
4.6 Was die seuns reg om te beweer dat hulle fikser is as die meisies?
Verduidelik jou antwoord. (2)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 9
VRAAG 5
Die onderstaande grafiek toon die hoeveelheid geld wat opgehoop word wanneer ʼn sekere
bedrag geld oor ʼn tydperk belê word.
Koste (in rand)
Tyd (in jare)
5.1 Noem die onafhanklike veranderlike. (2)
5.2 Noem die tipe rente wat in hierdie grafiek geȉllustreer word. (2)
5.3 Verduidelik waarom die grafiek ʼn reguitlyn is. (2)
5.4 Na hoeveel jaar is die belegging dubbel die oorspronklike waarde werd? (2)
5.5 Gebruik die grafiek om die rentekoers per jaar te bepaal. (3)
[11]
TOTAAL: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Matching paper and memo
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.