Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2023
GRAAD 11
REKENINGKUNDE
VRAESTEL 1
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
11 bladsye + 1 formuleblad en ʼn antwoordboek van 8 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2023 papers %20June%202023%20Answerbook_hlayiso.com_--4b61a1af-b499-47c2-813a-2e27bffe45f3/v1-4962c0ac93372be08b0e/card.webp)





View all





Accounting Grade 11 P1 Gauteng June 2023 QP (Afr)
Grade 11 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 11 · Gauteng June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 279.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 2
VRAESTEL 1 GRAAD 11
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord ALLE vrae.
2. n Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin alle vrae beantwoord moet word.
3. ʼn FORMULEBLAD vir finansiële aanwysers word verskaf aan die agterkant van die
vraestel. Jy mag dit gebruik indien nodig.
4. Toon ALLE bewerkings aan om deelpunte te verdien.
5. Jy mag ʼn nie-programeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag blou/swart ink gebruik om die vraestel te beantwoord.
7. Waar van toepassing, toon alle berekeninge tot EEN desimale punt.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer die vraestel beantwoord
word. Probeer om NIE daarvan af tye wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD IN MINUTE
1. Rekeningkundige Vergelyking 15 10 minute
2. Vennootskappe: Grootboekrekeninge 25 17 minute
3. Staat van Omvattende Inkomste 45 40 minute
(Inkomstestaat)
4. Konsepte en Staat van Finansiële Posisie 40 35 minute
(Balansstaat)
5. Finansiële Aanwysers 25 18 minute
TOTAAL 150 120 minute
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 3
VRAESTEL 1 GRAAD 11
VRAAG 1: REKENINGKUNDIGE VERGELYKING (15 punte; 10 minute)
GEVRA:
Ontleed die volgende transaksies en toon die effek op die Rekeningkundige
Vergelyking. (15)
Let daarop dat die banksaldo te alle tye gunstig bly.
1.1 ʼn Vennoot, A. Matome, het sy kapitaalbydrae van R966 000 tot R1 222 000
verhoog.
1.2 Die onderneming het goedere gekoop van Kgomotso-handelaars ter waarde van
R250 000 met behulp van ʼn EFT.
1.3 Die onderneming het ʼn faktuur van Nadeela-winkels ontvang vir skryfbehoeftes
wat op krediet gekoop is, R6 700
1.4 Verkoop goedere op krediet ter waarde van R300 000. Die onderneming gebruik
ʼn winsopslag van 50%.
1.5 Betaal R89 000 aan Tummy Bank vir die terugbetaling van lening.
15
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 4
VRAESTEL 1 GRAAD 11
VRAAG 2: VENNOOTSKAPPE (25 punte; 17 minute)
GEVRA:
2.1 Bereken die rente op kapitaal vir Martin Nike. (5)
2.2 Berei die Privaatrekening Nota van Marronnie Modes voor. (20)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Voor-aansuiwerings Proefbalans van Marronnie Modes op
28 Februarie 2023:
Balansstaatafdeling Debiet Krediet
Kapitaal: Martin Nike (1 Maart 2022) 1 600 000
Kapitaal: Ronnie Jordan (1 Maart 2022) 800 000
Onttrekkings: Martin Nike 442 800
Onttrekkings: Ronnie Jordan 213 200
Privaatrekening: Martin Nike (1 Maart 2022) 21 600
Privaatrekening: Ronnie Jordan (1 Maart 2022) 30 800
B. Die netto wins vir die jaar is R1 180 400.
C. Die vennootskapsooreenkoms bepaal die volgende:
Aan die begin van die finansiële jaar, is Martin Nike geregtig om ʼn maandelikse
salaris van R16 000 te verdien en Ronnie Jordan verdien 25% meer as Martin
Nike. Hulle salarisse is verhoog met 10% vanaf 1 Augustus 2022.
Ronnie Jordan ontvang die helfte van sy maandelikse salaris as ʼn bonus NA die
salarisverhoging.
Die vennote ontvang rente op kapitaal teen 6% p.j. op hulle kapitaalsaldo aan die
begin van die jaar. Die rentekoers is met 2% p.j. vanaf I Desember 2022 verhoog.
Die kapitaal se saldo's het nie gedurende die jaar verander nie.
Die oorblywende wins of verlies moet verdeel word in dieselfde verhouding as
hulle kapitaalbydrae.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 5
VRAESTEL 1 GRAAD 11
VRAAG 3: INKOMSTESTAAT (45 punte; 40 minute)
Die volgende inligting was geneem uit die boeke van Ahmed Handelaars op 28 Februarie
2023, die laaste dag van die finansiële jaar. Die besigheid gebruik ʼn winspersentasie van
100% op kosprys.
GEVRA:
3.1 Berei die Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste) van Ahmed
Handelaar vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023 voor. (40)
3.2 Berei die Nota vir Handels en ander ontvangbares voor. (5)
INLIGTING:
A. Uittreksel van die vooraansuiwerings proefbalans op 28 Februarie 2023:
Debiet Krediet
Grond en geboue 1 100 000
Voertuig (kosprys) 1 800 000
Toerusting (kosprys) 312 500
Opgehoopte waardevermindering op voertuie(1 Maart 495 500
2022)
Opgehoopte waardevermindering op toerusting (1 Maart 62 250
2022)
Lening: Mzanzi Bank (8% p.j.) ?
Krediteurekontrole 148 600
Handelsvoorraad 371 900
Debiteurekontrole 178 400
Voorsiening vir oninbare skuld 17 000
Bank 179 950
Wisselgeld 10 00
Kleinkas 750
Verkope ?
Koste van verkope 1 757 000
Korting toegestaan 13 350
Water en elektrisiteit 68 950
Versekering 162 500
Telefoon 61 950
Korting ontvang 19 600
Huurinkomste 89 650
Donasie 42 650
Skryfbehoeftes 128 150
Oninbare skuld 30 600
Bankkoste 8 000
Advertensie 139 050
Diverse uitgawes ?
Oninbare skuld ingevorder 9 000
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 6
VRAESTEL 1 GRAAD 11
B. ADDISIONELE INLIGTING:
1. Goedere met ʼn kosprys van R19 000, aan die plaaslike gemeenskap
geskenk wat deur die vloed geraak is voordat die voorraad opname
gedoen is. Geen inskrywing is gemaak nie.
2. Die eienaar neem skryfbehoeftes vir sy seun se gebruik. Die boekhouer
het die volgende inskrywing gemaak:
Debiet – Onttrekkings R2 500
Krediet – Handelsvoorraad R2 500
3. ʼn Fisiese voorraadopname op 28 Februarie toon dat die volgende items
voorhande is:
Handelsvoorraad, R326 600
Skryfbehoeftes, R2 100
4. ʼn Debiteur, A. Hajaat, was insolvent verklaar. Haar boedel betaal 25 sent
in elke rand. Die besigheid ontvang ʼn EFO van R9 000. Die transaksie
was nie geboekstaaf nie. Die res van haar uitstaande saldo moet steeds
afgeskryf word as oninbaar.
5. ʼn Stoorkamer is vanaf 1 Junie 2022 teen R11 000 per maand uitverhuur.
Die huur is op 1 Desember 2022 met 7,5% per maand verhoog. Maak
voorsiening vir die uitstaande huur.
6. Leningstaat:
Saldo op 1 Maart 2022 800 000
Terugbetaling (R16 000 per maand, insluitend die rente) ?
Rente gekapitaliseer ?
Saldo op 28 Februarie 2023 691 000
7. Waardevermindering was soos volg bereken:
Voertuie: 161 250
Toerusting: R33 040
8. Die Bankstaat toon die volgende items aan wat nog nie in die betrokke
Kontantjoernale aangeteken is nie:
EFO van H. Omar, ʼn debiteur, R2 000 wat voorheen afgeskryf is as
oninbaar
Diensgelde, R365
Kredietkaartheffing, R140
OTM deposito fooie, R225
Rente op gunstige saldo, R 780
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 7
VRAESTEL 1 GRAAD 11
9. Die besigheid het ʼn advertensiekontrak met Micky Advertensie Groep
aangegaan. ʼn Jaarlikse premie van R64 800 vir die periode wat op
31 Julie 2023 eindig, is op 1 Augustus 2022 ten volle betaal.
10. Die telefoonrekening vir Februarie 2023 was ontvang met ʼn koste van
R1 800. Die rekening sal op 3 Maart 2023 vereffen word.
11. Voorsiening vir oninbare skuld word verhoog tot R17 600.
12. Bedryfswins word bereken teen 20% van die verkope.
45
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 8
VRAESTEL 1 GRAAD 11
VRAAG 4: VENNOOTSKAPPE KONSEPTE EN STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE
(40 punte; 35 minute)
MacDee Handelaars is ʼn vennootskap, met vennote Mahlatse Dingwane en Dimpho
Hlatshwayo. Hulle het jou gevra om hulle te help met die voorbereiding van die finansiële
state soos op 31 Mei 2023.
GEVRA:
4.1 Voltooi die Kapitaalnota. (5)
4.2 Berei die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) voor, op 31 Mei 2023. (35)
INLIGTING:
A. Kapitaal saldo’s op 31 Mei 2023:
Mahlatse Dingwane R2 500 000
Dimpho Hlatshwayo R3 880 000
Let wel:
Mahlatse Dingwane verminder sy kapitaal met R500 000. Die transaksie
was aangeteken.
Dimpho Hlatshwayo vermeerder haar kapitaal met R220 000. Die
transaksie was nie aangeteken nie.
B. Die totale Privaatrekening saldo’s is R400 000 (nadat alle toepaslike
aansuiwerings in aanmerking geneem is).
C. Die leningstaat ontvang van Tswane Bank toon die volgende:
Saldo op 1 Junie 2022 7 320 000
Rente op kapitaal (Gekapitaliseer) 376 800
Terugbetaling van R50 400 per maand (lening plus rente) 604 800
Kapitale terugbetaling word verwag om dieselfde te bly gedurende die
volgende finansiële jaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 9
VRAESTEL 1 GRAAD 11
Die volgende saldo’s word geneem uit die Voor-aansuiwerings
Proefbalans op 31 Mei 2023:
Vaste bates teen drawaarde 14 112 000
Krediteurekontrole 1 120 000
Handels en ander ontvangbares 959 000
Handelsvoorraad 600 000
Verbruiksgoedere voorhande 92 000
Oortrokke Bank ?
Wisselgeld en kleinkas 32 000
E. R22 000, wat een-derde van die vaste deposito is, verval op 31 Augustus 2022.
F. Water en elektrisiteit van R3 600 is nog uitstaande.
G. Huur vir Junie 2023 was vooruit ontvang. Die totale bedrag van huur ontvang is
R260 000.
H. ʼn Werknemer se salaris was uit die Salarisjoernaal vir Mei 2023 uitgelaat is.
Betaling vir al die bydraes is nie gemaak nie. Die besonderhede is as volg:
Bruto salaris Werkgewer se aftrekkings Netto salaris
R30 000 R3 750 R26 250
WVF is 1% van die bruto salaris. Die besigheid dra op ʼn rand tot rand basis tot
die WVF by en R1 600 vir die werknemer se mediese fonds.
40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 10
VRAESTEL 1 GRAAD 11
VRAAG 5: FINANSIËLE AANWYSERS (25 punte; 18 minute)
5.1 WAAR OF ONWAAR (4)
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs die woord
'Waar' of 'Onwaar' langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) in die
ANTWOORDBOEK.
5.1.1 Likiditeit verwys na die vermoë van die onderneming om sy
langtermynskuld te betaal.
5.1.2 Doeltreffendheid is die effektiewe bestuur van uitgawes.
5.1.3 Solvensieverhouding word bereken as totale bates tot bedryfslaste.
5.1.4 Vuurproefverhouding staan ook bekend as die vinnige verhouding.
5.2 THABETH HANDELAARS (21)
Jy word voorsien van inligting rakende Thabeth Handelaars vir die jaar geëindig
31 Mei 2023. Die vennote is Thabo en Bethina.
GEVRA:
5.2.1 Bereken die volgende vir 2023:
(a) Vuurproefverhouding (3)
(b) Skuld/Ekwiteitsverhouding (3)
(c) Persentasie verdienste op gemiddelde eienaarsbelang (5)
5.2.2 Lewe kommentaar oor die likiditeit van die besigheid. Motiveer jou
antwoord deur enige EEN finansiele aanwyser, met syfers aan te haal. (3)
5.2.3 Moet die vennote tevrede wees met hulle belegging in die besigheid?
Verduidelik en haal syfers aan om jou antwoord te motiveer. (3)
5.2.4 Thabo stel voor dat hulle die besigheid moet uitbrei. Stem jy saam met sy
besluit om ʼn bykomend lenig aan te gaan? Verduidelik deur EEN
finansiële aanwyser met syfers aan te haal. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
INLIGTING:
A Finansiële Aanwysers 2023 2022
Persentasie winsopslag
Bedryfskapitaalverhouding 2,19 : 1 1,5 : 1
Vuurproefverhouding ? 0,8 : 1
Omsetsnelhed van voorraad 24 keer 19 keer
Skuld/Ekwiteitsverhouding ? 1:1
Solvensie verhouding 0,8 : 1 1,3 : 1
Rente op Vaste Deposito (Tala Bank) 15% 12%
B Syfers uit die Finansiële State 2023 2022
Eienaarsbelang 995 100 803 000
Kapitaal: Thabo 600 000 500 000
Kapitaal: Bethina 300 000 250 000
Privaatrekening: Thabo 54 550 Kt 28 500 Kt
Privaatrekening: Bethina 40 550 Kt 24 500 Kt
Bedryfsbates 340 000 315 000
Handelsvoorraad 95 000 100 000
Handelsdebiteure 65 000 90 000
Kontant en kontantekwivalente 180 000 125 000
Handels krediteure 155 000 140 000
Lening: Yan Bank (16% p.a.) 700 000 900 000
Verkope vir die jaar (35 % op Krediet) 3 200 000 2 500 000
Koste van verkope 2 450 000 1 850 000
Netto wins 285 000 230 000
25
TOTAAL: 150
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 12
VRAESTEL 1 GRAAD 11
FORMULEBLAD
Bruto wins 100 Bruto wins 100 Netto wins 100
Verkope 1 Koste van verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes 100 Bedryfswins 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale verdienste deur vennoot 100 Netto wins 100
Gemiddelde vennotebel ang 1 Gemiddelde eienaarsbe lang 1
Bedryfsbates: Bedryfslaste Bedryfsbates – Voorraad: Bedryfslaste
Handels- en ander debiteure + Kontant en kontantekwivalente: Bedryfslaste
Gemiddelde debiteure 365 12 Gemiddelde krediteure 365 12
of of
Kredietverkope 1 1 Kredietaan kope of koste van verkope 1 1
Gemiddelde voorraad 365 12 Koste van verkope
of
Koste van verkope 1 1 Gemiddelde voorraad
Nie-Bedryfslaste: Vennotebelang Totale bates: Totale laste
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202023%20Answerbook_hlayiso.com_--4b61a1af-b499-47c2-813a-2e27bffe45f3/v1-4962c0ac93372be08b0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 11 P2 Gauteng June 2023 Addendum (Afr)

Addendum
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Addendum

Question paper
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 QP

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo (Afr)
More from Grade 11 Accounting

Study guide
GR11 Accounting Practice exam November Paper 1

Addendum
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper and memo
Accounting Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum