NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2022
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
NASIENRIGLYN
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Information Technology Grade 11 P2 2022 Memo (Afr)
Grade 11 Information Technology Paper 2 memorandum from the Exemplar November Exam 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 11 · Exemplar November Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Exemplar November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 255.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Exemplar November Exam 2022
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 1.1.1 B ✓ – (Globalisasie) (1)
1.1.2 C ✓ – (Inligtingstelsels) (1)
1.1.3 B ✓ – (Onreëlmatigheid) (1)
1.1.4 B ✓ – (Tabelle) (1)
1.1.5 D ✓ – (Codec) (1)
1.2 1.2.1 D ✓ – (Nutsprogramme) (1)
1.2.2 B ✓ – (Drywer) (1)
1.2.3 A ✓ – (ETG) (1)
1.2.4 F ✓ – (Verpligte velde) (1)
1.2.5 G ✓ – (Rafel) (1)
1.2.6 E ✓ – (Sosiale media) (1)
1.2.7 I ✓ – (CamelCase) (1)
1.2.8 H ✓ – (Casting/Typecasting) (1)
1.2.9 J ✓ – (Grenssimbool) (1)
1.2.10 K ✓ – (Verdoesel) (1)
TOTAAL AFDELING A: 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË
VRAAG 2
2.1 2.1.1 Enige EEN: ✓
• Masjienkode verwys na instruksies in binêre formaat (0 en 1) wat
die SVE direk kan uitvoer.
• Masjienkode verwys na die instruksies wat direk na jou SVE
gestuur is en dit is in binêr of heksadesimale notasie geskryf. (1)
2.1.2 • Lae-vlak programmeringstale ✓
• Hoë-vlak programmeringstale ✓ (2)
2.1.3 Uitvoerbare toepassing (‘Executable’) ✓ (1)
2.1.4 ‘Application Programming Interface’ ✓ (1)
2.2 2.2.1 • Multitaakverwerking ✓ – is die vermoë van ʼn bedryfstelsel om vinnig
tussen baie rekenaars take te skakel om die indruk te skep dat die
verskillende toepassings gelyktydig uitgevoer word.
OF
ʼn Enkele verwerker verdeel sy tyd tussen verskillende
prosesse. ✓
• Multiverwerking ✓ – verwys na die gebruik van meer as een SVE
binne 'n enkele rekenaarstelsel.
OF
Multiverwerking gebruik baie verwerkers om take te voltooi. ✓
• Multi-inryging ✓ – verwys na take in ʼn enkele toepassing wat in
rafels verdeel is, elke rafel word in parallel uitgevoer en die
bedryfstelsel verdeel sy verwerkingstyd tussen die verskeie
rafels. ✓
OF
Multi-inryging voltooi die instruksies deur die verskillende take
(rafels) in dieselfde program uit te voer, deur vinnig tussen die
rafels te skakel. (6)
2.2.2 Proses ✓ (1)
2.2.3 Kern ✓ (1)
2.3 2.3.1 Virtualisering verwys na die uitvoer van verskillende rekenaar-
verwerking omgewing (wat virtuele masjiene genoem word) op ʼn
enkele stel hardeware. ✓ (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
2.3.2 Enige DRIE: ✓✓✓
• Virtuele masjiene laat gebruikers toe om bedryfstelsels te
installeer sonder dat dit die rekenaar beïnvloed.
• Virtuele masjiene kan gebruik word om ʼn toepassing wat dalk ʼn
virus bevat te installeer. As die toepassing ʼn virus het, kan die hele
virtuele masjien verwyder word.
• Die beeld van die virtuele masjien kan gebruik word om ʼn rugsteun
van jou rekenaar te maak of om al jou data na ʼn nuwe rekenaar
oor te dra.
• Virtuele masjiene maak dit moontlik dat ontwerpers hul
toepassings op verskillende weergawes van bedryfstelsels kan
toets sonder om baie verskillende toestelle te hê. (3)
2.4 2.4.1 Kasgeheue verwys na ʼn klein hoeveelheid, tydelike stoor wat data
stoor sodat dit vinniger gevind kan word ✓ (1)
2.4.2 • SVE kasgeheue ✓
• Skyfkas ✓
• Webkas ✓ (3)
2.5 2.5.1 Enige EEN: ✓
• Stroombaan (‘Circuit board’)
• Hoofbord
• Stelselbord (1)
2.5.2 Moederbordbus is ʼn manier om al die verskillende komponente van ʼn
rekenaartoestel met mekaar te verbind. ✓ (1)
2.5.3 • Interne bus ✓
• Eksterne bus ✓ (2)
2.5.4 (a) Nul-inlassing-krag (‘Zero Insertion Force’)/ZIF ✓ (1)
(b) DIMM-gleuf ✓ (1)
TOTAAL AFDELING B: 27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5
AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
VRAAG 3
3.1 3.1.1 • Kabels ✓ kommunikasiemedium – Gebruik fisiese kabels / media
om data oor te dra. ✓
o Enige EEN voorbeeld: ✓
▪ Draadpaarkabels/Onafgeskermde Draadpaar/UTP
▪ Veseloptiese kabels/Kabels onder die see
• Kabellose media ✓ – gebruik kabellose tegnologie/radiogolwe om
data oor te dra. ✓
o Enige EEN voorbeeld: ✓
▪ Satelliete
▪ Mikrogolfstasies (6)
3.1.2 Nodus ✓ (1)
3.2 3.2.1 Enige EEN: ✓
• Netwerktopologie verwys na die uitleg/vorm/struktuur van die
toestelle in ʼn kommunikasie netwerk.
• Netwerktopologie verwys na die uitleg van die fisiese verbinding
van die toestelle in ʼn netwerk. (1)
3.2.2 Enige TWEE: ✓✓
• Dit is maklik om te installeer en te onderhou.
• Rekenaartoestelle kan bygevoeg en verwyder word uit die netwerk
met min of geen onderbreking van die netwerk nie.
• As enige van die toestelle breek of foutief is, beïnvloed dit nie die
res van die netwerk nie. (2)
3.2.3 Enige EEN: ✓
• As die skakeltoestel/spil/bediener breek dan is die hele netwerk af
en kan nie gebruik word nie.
• As die skakeltoestel/spil/bediener nie werk nie, dan kan die hele
netwerk nie gebruik word nie totdat die toestel reggemaak is. (1)
3.2.4 Enige EEN: ✓
• Skakeltoestel het die vermoë om netwerkverkeer na die korrekte
poort te stuur.
• Skakeltoestel stuur die verkeer tussen toestelle wat aan die
netwerk gekoppel is. (1)
3.2.5 Spil (‘Hub’) ✓ (1)
3.3 Enige TWEE: ✓✓
• Netwerkdrukkers
• Netwerkstoor
• Gedeelde lêergidse
• Netwerktoepassings
• Internetverbinding (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
3.4 3.4.1 (a) Sosiale media is ʼn vorm van elektroniese kommunikasie waardeur
gebruikers aanlyn gemeenskappe skep om inligting, idees,
persoonlike boodskappe en ander inhoud te deel. ✓ (1)
(b) Beïnvloeders – mense wat ʼn reputasie vir hul kennis en
kundigheid in ʼn spesifieke onderwerp/veld opgebou het. ✓ (1)
3.4.2 Enige TWEE: ✓✓
• Wys mense op die internet dieselfde respek as wat jy persoonlik
aan hulle sou bewys.
• Moenie dinge vir mense sê wat jy nie persoonlik vir hulle sou sê nie.
• Moenie dinge op die internet plaas wat jy nie wil hê jou ma of
toekomstige baas moet sien nie.
• Dinge wat op die internet geplaas word, hou dikwels vir altyd. Dit
beteken dat dinge wat jy as tiener of jong volwassene plaas, die res
van jou lewe negatief kan beïnvloed.
• Maak seker jou boodskappe is duidelik geskryf en maklik om te
verstaan.
• Praat oor onderwerpe wat relevant is vir die onderwerp wanneer jy
by ʼn bestaande gesprek aansluit.
• Probeer om ʼn positiewe bydrae te maak en help mense op die
internet.
• As jy vir mense op die Internet om hulp vra moenie verwag dat hulle
al die werk gaan doen nie. Doen soveel as moontlik voordat jy die
vraag vra.
• Kyk of daar al gesprekke oor jou onderwerp bestaan voordat jy ʼn
nuwe gesprek begin.
• Moenie mense spam nie! Moenie dieselfde advertensie herhaaldelik
pos nie. (2)
3.4.3 Spam/gemorspos ✓ (1)
3.5 • Statiese ✓ webwerwe – webwerwe waar die inligting direk op die webwerf
gekodeer is en dit vertoon elke keer dieselfde inligting vir die gebruiker. ✓
• Dinamiese ✓ webwerwe – die inligting wat op die webwerf vertoon word is
in ʼn databasis gestoor en word dan dinamies gelaai op die bladsy
afhangende van die gebruiker se navraag. ✓ (4)
TOTAAL AFDELING C: 24
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR
VRAAG 4
4.1 4.1.1 Enige EEN: ✓
• Databasis is ʼn versameling van data wat georganiseerd is sodat
dit toegang en gebruik van data moontlik maak
• Databasis is ʼn elektroniese stelsel wat data toelaat om maklik
gestoor, georganiseer, verwerk en verander te word.
• Databasis is ʼn versameling van data of feite rakende ʼn spesifieke
onderwerp. (1)
4.1.2 • ‘Desktop’-databasis ✓ is ʼn klein databasis wat slegs deur een
gebruiker op ʼn enkele rekenaar toeganklik is. ✓
• Bedienerdatabasis ✓ is gestoor op ʼn toegewyde bediener wat aan
die netwerk/internet gekoppel is, sodat verskeie gebruikers van
verskeie plekke toegang tot die databasis het. ✓ (4)
4.1.3 • Grootte ✓
• Toeganklikheid ✓ (2)
4.1.4 Enige EEN verduideliking: ✓
• Verspreide databasisse is databasisse wat nie op een rekenaar
(of bediener) gestoor word nie, maar eerder op verskeie rekenaars
op verskillende plekke gestoor word.
• Databasisse wat op verskeie rekenaars gestoor is, wat op
dieselfde fisiese plek geleë of oor ʼn netwerk van rekenaars is.
• Verspreide databasisse is stelsels waar dele van die databasis
(die data en die DBBS) oor verskeie bedieners in verskillende
liggings versprei is. (1)
4.1.5 Enige TWEE: ✓✓
• Stadige netwerkverkeer omdat baie data gebruik word
• Hoë datakostes omdat ʼn groot hoeveelheid data gebruik word.
• Die risiko dat die hele besigheid moet toe maak as daar ʼn probleem
met die sentrale databasis of die netwerk is. (2)
4.2 Enige DRIE: ✓✓✓
• Skep databasis en databasisstrukture
• Ontwikkel databasisnavrae
• Optimaliseer die databasis se werkverrigting
• Verantwoordelik vir die integriteit van die data in die databasis
• Onderhou die sekuriteit van data in ʼn databasis (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
4.3 Enige DRIE: ✓✓✓
• Akkuraatheid/Akkuraat
• Korrektheid/Korrek
• Huidige/Huidig
• Volledigheid/Volledig
• Konsekwentheid/Konsekwent
• Relevantheid/Relevant (3)
4.4 Enige EEN: ✓
• Datavalidasie is ʼn tegniek wat gebruik word om die aantal foute wat
tydens die invoer van data gemaak kan word, te verminder.
• Datavalidasie verwys na die proses waarin jy seker maak die data is
akkuraat, in die korrekte formaat of die regte tipe voordat dit in die
databasis gestoor word. (1)
4.5 4.5.1
tblSuppliers
PS ✓ SupplierID
✓ tblProducts ✓
✓ PS ✓ ProductCode
SupplierName VS ✓ SupplierID
ContactNo BrandName
Address1 ProductDesc
Address2 CostPrice
City
PostalCode
Email
✓
tblTransactions
PS ✓ TransactionID
VS ✓ ProductID ✓
TransDate
Quantity
UnitPrice
AmountDue
(10 ÷ 2) (5)
4.5.2 Text/Short text ✓ (1)
TOTAAL AFDELING D: 23
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9
AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING
VRAAG 5
5.1 5.1.1 • Fisiese lêernaam verwys na die eksterne lêernaam wat op die
stoortoestel gevind kan word wat die eintlike data bevat. ✓
• Logiese lêer is 'n veranderlike (in LAG) wat met die fisiese lêer
op die stoortoestel verbind is. ✓ (2)
5.2 5.2.1 • Sintaksfout ✓
• Logiese fout ✓
• Looptydfout ✓ (3)
5.2.2 Uitsondering ✓ (1)
5.2.3 Hantering van uitsonderings ✓ (1)
5.3 5.3.1 Enige EEN: ✓
• Skikking is ʼn datastruktuur wat waardes of data items van
dieselfde tipe onder een naam stoor.
• Skikking is ʼn datastruktuur wat ʼn stel waardes (elemente) van
dieselfde tipe stoor onder ʼn enkele veranderlike naam (1)
5.3.2 • Een-dimensioneel/1D-skikking ✓ bestaan uit een ry wat data kan
stoor. ✓
• Twee-dimensioneel/2D-skikking ✓ vertoon die waardes van ʼn
skikking in tabelformaat. ✓ (4)
5.3.3 (a) arrMarks: array[1.6] of Integer; ✓
• aanvaar as leerder dit as ʼn konstante skikking verklaar het (1)
(b) arrMarks[5]; ✓
• aanvaar enige indeks wat met die antwoord van
VRAAG 5.3.3(a) ooreenstem (1)
(c) Subskrip ✓ (1)
(d) Elemente ✓ (1)
5.3.4 • ‘Constant’ ✓
• ‘Variable’ ✓
• ‘Type’ ✓ (3)
5.4 5.4.1 ‘Dwelling in the’ (1)
5.4.2 ‘Dwelling in the 4th IR’ (1)
5.4.3 ‘Dwelling in the’ (1)
TOTAAL AFDELING D: 22
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
6.1 6.1.1 Enige DRIE: ✓✓✓
• Aanlyn-bankdienste
• E-leer
• Besprekings maak
• Video-konferensie
• Sosiale webwerwe (3)
6.1.2 • Ontleding van groot data kan deur ondernemings gebruik word
om teen verbruikers te diskrimineer wanneer hulle in meer detail
ontleed word. ✓
• Ondernemings gebruik groot data van verbruikersgewoontes vir
doelgerigte bemarking. ✓
• Soos wat groot data toeneem, word meer van ons data
blootgestel aan potensiële oortredings. ✓ (3)
6.2 • Mobiele kantoor is wanneer jy alles wat jy nodig het om jou werk te
verrig by jou het, terwyl jy onderweg is. ✓
• Virtuele kantoor is ʼn vaste fisiese adres wat minimale kantooropset
bevat, soos ontvangs lessenaar en vergaderruimte, wat gebruik word
as ʼn gedeelde ruimte deur mense wat andersins vanuit ʼn mobiele
kantoor werk. ✓ (2)
6.3 6.3.1 Enige EEN: ✓
• Privaatheid is die vermoë om te beheer hoe inligting oor hulle
gedeel word met ander mense of ondernemings.
• Privaatheid word gedefinieer as ʼn persoon se vermoë om te
beheer hoe die inligting oor hulle met ander mense of instansies
gedeel word. (1)
6.3.2 • ‘Protection Of Personal Information’. ✓
• Dit verseker dat mens se persoonlike inligting (soos ID-nommers,
adresse en telefoonnommers) slegs in baie spesifieke
omstandighede gebruik mag word. ✓ (2)
6.3.3 Enige DRIE: ✓✓✓
• Sluit persoonlike inligting uit van jou sosiale media-profiele, soos
jou telefoonnommer, adres, familie-inligting of skool.
• Kyk na jou privaatheidstellings op sosiale media
• Beskerm jou aanlyn wagwoorde en versterk hulle
• Gebruik verskeie wagwoorde
• Kyk na jou privaatheidstellings op jou foon
• Wees bewus van strikroof e-posse.
• Kyk uit vir enige verdagte transaksies is wat jy nie gemagtig het
nie. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11
6.4 • Onakkurate en verkeerde data toevoer ✓
• Ongeverifieerde data ✓
• Sagtewarefoute ✓
• Verkeerde hardeware/sagteware-konfigurasies ✓ (4)
6.5 6.5.1 Enige EEN: ✓
• Plekgebaseerde rekenaar / dienste is toepassings wat die
posisie van ʼn toestel en die gebruiker gebruik om ʼn
waardetoevoegende diens te lewer.
• Plekgebaseerde rekenaar / dienste is dienste wat sagteware
toepassings en die databasis gebruik om dienste te lewer. (1)
6.5.2 Enige TWEE: ✓✓
• Verlies aan persoonlike privaatheid.
• Verhoog die risiko's van agtervolging en gesinsgeweld omdat
oortreders in staat is om liggingsgebaseerde dienste te gebruik
of te misbruik om toegang tot liggingsinligting oor hul slagoffers
te kry.
• Maak dit maklik om potensiële slagoffers op te spoor en gee die
misdadiger meer as genoeg inligting om hul teiken te manipuleer.
• ʼn Toenemende aantal minderjariges het toestelle wat van
liggingsagteware gebruik maak wat die privaatheid van ʼn kind se
ligging kan ondermyn. (2)
6.5.3 Enige DRIE: ✓✓✓
• Foursquare
• Dark sky
• Pokemon Go
• Curbside
• Target
• Gas buddy
• Uber
• Weather apps
• Food ordering apps
• Car sharing services
• Tinder
• Meetup
• Windy
• Google maps (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
6.6 Enige DRIE: ✓✓✓
• Rekenaars voer take baie vinnig uit. Sommige SVE’s kan letterlik miljarde
instruksies per sekonde uitvoer.
• As dit behoorlik geprogrammeer is, kan rekenaars dieselfde take elke
keer 100% akkuraat uitvoer.
• Rekenaars kan baie take op dieselfde tyd uitvoer.
• Rekenaars sal herhalende take akkuraat uitvoer.
• Rekenaars kan saamgevoeg word (as LAN of WAN) en dit stel hulle in
staat om maklik hulpbronne soos drukkers en data te deel.
• Rekenaardatabasisse kan enorme hoeveelhede data insluit, insluitend
teks, getalle, beelde en video’s.
• Rekenaars kan baie vinnig na gestoorde data soek.
• Data kan beveilig word met wagwoorde of enkripsie. (3)
6.7 • HTTP (Hiperteksoordragprotokol) is die protokol wat beheer hoe
webblaaie van ʼn webbediener na ʼn gebruiker se webblaaier gestuur word
OF dit help om inligting soos dokument, lêer, beeld, video tussen
rekenaars oor die internet oor te dra. ✓
• HTTPS is ʼn veiliger weergawe van HTTP. Data word geënkripteer
voordat dit oorgedra word. ✓ (2)
6.8 ‘One Time Password’ of ‘One Time Pin’ ✓ (1)
6.9 Enige DRIE: ✓✓✓
• Ontwerp van die uitleg van webbladsye
• Identifisering van kenmerke vir die webwerf
• Ontwerp hoe die webwerf moet lyk
• Kodering van die webwerf (3)
6.10 6.10.1 Rugsteun is die proses om kopieë van jou rekenaar se data te maak
om te gebruik as die oorspronklike data verlore gaan of vernietig
word. ✓ (1)
6.10.2 • Volle rugsteun ✓
• Inkrementele rugsteun ✓
• Differensiële rugsteun ✓ (3)
6.10.3 Enige TWEE: ✓✓
• Plaaslike rugsteun
• ‘Offsite’-rugsteun
• Rugsteun aanlyn of op die wolk (2)
TOTAAL AFDELING F: 39
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 11 P1 Exemplar November 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2022 QP (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P2 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P2 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P2 2017 Memo (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2020 QP (Afr)
More from Grade 11 Information Technology

Annual teaching plan
Gr 11 Info Tech ATP 2023 24

Question paper
Information Technology Grade 11 P1 2022 QP (Afr)

Question paper and memo
Information Technology Grade 11 2021 QP & Memo

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P2 2020 Memo (Afr)

Memorandum