You're offline
Skip to content
Question paper

IT P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans

Subject: Information TechnologyGrade 11202210 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2022 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EKSEMPLAAR) PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings: AFDELING A: Kortvrae (15) AFDELING B: Stelseltegnologieë (27) AFDELING C: Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie (24) AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (23) AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (22) AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (39) 2. Lees AL die vrae noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen ʼn aanduiding van die getal feite/redes wat vereis word. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3 AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D. 1.1.1 Kan geïdentifiseer word as ʼn proses van verbinding, interaksie en integrasie tussen mense, maatskappye en regering. A Outomatisering B Globalisasie C Robotika D Revolusie (1) 1.1.2 Enige georganiseerde stelsel vir die versameling, organisering, stoor en kommunikasie van inligting. A Desentralisering B Skarebefondsing C Inligtingstelsels D Virtualisasie (1) 1.1.3 ʼn Fout in ʼn databasis word … genoem. A programfout B onreëlmatigheid C uitsondering D fout (1) 1.1.4 Die data in ʼn databasis word in … gestoor. A vorms B tabelle C verslae (‘reports’) D mikros (1) 1.1.5 Watter EEN van die volgende is NIE ʼn taalvertaler NIE? A Saamsteller (‘Assembler’) B Kompileerder (‘Compiler’) C Interpreteerder (‘Interpreter’) D ‘Codec’ (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) 1.2 Kies ʼn term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–K) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.11 L. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Klein programme wat gebruikers help om A ETG (‘RAM’) hul rekenaars te onderhou 1.2.2 ʼn Stel instruksies wat die bedryfstelsel sê B drywer (‘driver’) hoe om met 'n spesifieke stuk hardeware te kommunikeer 1.2.3 Tydelike geheue van ʼn rekenaar wat data C LAG ('ROM') en programme teen ʼn hoë spoed kan stoor en herwin 1.2.4 Spesifieke attribute wat verpligtend is en D nutsprogramme met waardes ingevul moet word (‘utilities’) 1.2.5 ʼn Manier sodat ʼn program homself in twee E sosiale media of meer gelyktydige werkende take kan verdeel 1.2.6 ʼn Vorm van elektroniese kommunikasie F verpligte velde waardeur gebruikers aanlyn gemeenskappe skep om inligting, idees, persoonlike boodskappe en ander inhoud te deel 1.2.7 Die eerste woord of letter is ʼn kleinletter en G rafel ('thread') dan elke woord/letter daarna begin met ʼn hoofletter, bv. sLastName 1.2.8 Die proses om tussen verskillende data H 'casting'/'typeca tipes om te skakel sting' 1.2.9 Verskeie simbole wat die begin en einde I 'CamelCase' van individuele stukke data in gewone teks aandui 1.2.10 Die doelbewuste skepping van bronkode of J grenssimbool masjienkode wat moeilik is vir mense om te verstaan K verdoesel ('obfuscated') (10 x 1) (10) TOTAAL AFDELING A: 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË VRAAG 2 Rekenaars is orals, by die werk, skool en huis. 2.1 Die meeste moderne programmeringstale waardeer die belangrikheid van programmeringskode wat eenvoudig, maklik is om te lees en te gebruik. 2.1.1 Verduidelik kortliks die begrip masjienkode. (1) 2.1.2 Lys TWEE klassifikasie/kategorieë van programmeringstale. (2) 2.1.3 Noem die volle betekenis van die lêeruitbreding, .exe. (1) 2.1.4 Skryf die akroniem 'API' volledig uit. (1) 2.2 Stel jou voor dat jy op die internet rondblaai en besluit om ʼn groot lêer af te laai. As ʼn program net een taak op ʼn tyd kan uitvoer, sou jy moes ophou op die internet blaai terwyl jou deurblaaier ('browser') hierdie lêer aflaai, en jy sou slegs kon voortgaan om op die internet te blaai nadat die aflaai voltooi is. 2.2.1 Noem en beskryf DRIE verwerkingstegnieke. (6) 2.2.2 Gee ʼn naam vir die taak wat op ʼn rekenaar uitgevoer word. (1) 2.2.3 Deesdae bestaan SVEs (insluitend slimfoon-SVEs) uit meer as een verwerker, wat ... genoem word. (1) 2.3 Meeste weergawes van Windows Server bevat Hyper-V, wat virtualiserings- tegnologie is. 2.3.1 Verduidelik kortliks die konsep virtualisering. (1) 2.3.2 Gee DRIE redes/voordele vir die gebruik van virtuele masjiene. (3) 2.4 Sekere komponente van rekenaartoestelle bevat ʼn beperkte hoeveelheid fisiese geheue in die geheue. 2.4.1 Verduidelik kortliks wat kasberging (‘caching’) is. (1) 2.4.2 Noem DRIE vorms van kasberging. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) 2.5 Analiseer die diagram hieronder en beantwoord die vrae onder die diagram. 2.5.1 Gee die ander naam van die bogenoemde rekenaardeel (behalwe die naam moederbord). (1) 2.5.2 Verduidelik wat ʼn moederbordbus is. (1) 2.5.3 Noem TWEE tipes moederbordbusse. (2) 2.5.4 Noem die moederbordgleuwe wat gebruik word om die volgende komponente te koppel: (a) SVE (‘CPU’) (1) (b) EKG (‘RAM’) (1) TOTAAL AFDELING B: 27 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7 AFDELING C: KOMMUNIKASIE-TEGNOLOGIE EN NETWERKTEGNOLOGIEË VRAAG 3 Rekenaars is die primêre middels vir plaaslike en wêreldwye kommunikasie vir miljarde mense. Verbruikers gebruik rekenaars om met besighede, werknemers met ander werknemers, klante, studente met klasmaats en onderwysers, in verbinding te tree. Deur middel van rekenaars het die samelewing onmiddellike toegang tot inligting van regoor die wêreld. 3.1 Data-oordrag word deur verskillende hardeware, media en toestelle in ʼn spesifieke uitleg ondersteun. 3.1.1 Noem en verduidelik TWEE kategorieë/klassifikasie van kommunikasie- media. Noem EEN voorbeeld vir elke kategorie. (6) 3.1.2 ʼn Rekenaartoestel wat gekoppel is aan ʼn netwerk, word gewoonlik na as ʼn … verwys. (1) 3.2 Daar is verskeie netwerktopologieë wat netwerkingenieurs gebruik om rekenaars te verbind. 3.2.1 Verduidelik kortliks wat ʼn netwerktopologie is. (1) 3.2.2 Gee TWEE voordele van ʼn sternetwerk. (2) 3.2.3 Noem die hoofnadeel van ʼn sternetwerk. (1) 3.2.4 Noem die rol van ʼn skakeltoestel ('switch') behalwe om rekenaars in dieselfde gekabelde netwerk te verbind. (1) 3.2.5 Noem ʼn ander toestel wat gebruik kan word om rekenaartoestelle in ʼn sternetwerk te verbind, behalwe ʼn skakelaar. (1) 3.3 Baie besighede skep intranets wat werknemers toegang tot netwerkhulpbronne gee. Noem enige TWEE netwerkhulpbronne wat op ʼn intranet gedeel kan word. (2) 3.4 Vandag het jongmense, van regoor die wêreld, besef dat geld verdien kan word as jy ʼn groot genoeg aanlyn-aanhang het. Baie handelsmerke werk saam met internetpersoonlikhede en beïnvloeders om hul produkte te bemark. 3.4.1 Verduidelik kortliks die volgende terme/konsepte: (a) Sosiale media (1) (b) Beïnvloeders (1) 3.4.2 Gee TWEE riglyne wat jy kan volg wanneer jy op die internet kommunikeer. (2) 3.4.3 Wat word die ongewenste pos wat e-pos gebruikers ontvang, genoem? (1) 3.5 Noem en beskryf kortliks TWEE kategorieë van webwerwe. (4) TOTAAL AFDELING C: 24 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR VRAAG 4 Die hoeveelheid data en inligting oor individue wat enige plek op die internet gestoor word, vermeerder vinnig elke dag. 4.1 Foto's, finansiële rekords, werkgeskiedenis en aankope is slegs ʼn paar van die soorte data en inligting wat gratis beskikbaar is vir ander, of teen ʼn fooi, wat in databasisse gestoor word. 4.1.1 Verduidelik kortliks wat ʼn databasis is. (1) 4.1.2 Noem en verduidelik TWEE tipe databasisse. (4) 4.1.3 Die ontwerp van ʼn databasis word deur TWEE faktore bepaal/ beïnvloed. Noem die TWEE faktore. (2) 4.1.4 Verduidelik kortliks die konsep verspreide databasis en lys TWEE voorbeelde van verspreide databasisse. (3) 4.1.5 Lys enige TWEE nadele van ʼn gesentraliseerde databasis. (2) 4.2 Lys enige DRIE rolle van ʼn databasisprogrammeerder. (3) 4.3 Ten einde vir die rekenaar om data te gebruik om resultate te produseer wat besluitnemingtoelaat, moet die data van goeie gehalte wees. Noem DRIE eienskappe van kwaliteitdata. (3) 4.4 Verduidelik wat datavalidering is. (1) 4.5 tblSuppliers tblProducts SupplierID ProductCode SupplierName SupplierID ContactNo BrandName Address1 ProductDesc Address2 CostPrice City PostalCode Email tblTransactions TransactionID ProductID TransDate Quantity UnitPrice AmountDue 4.5.1 Teken die bostaande tabelle in jou ANTWOORDEBOEK oor. Identifiseer ʼn primêre sleutel (PS) en vreemde sleutel (VS) vir elke tabel. Skep ʼn entiteitsverwantskap ('ER') tussen die entiteite. (10 ÷ 2) (5) 4.5.2 Noem die datatipe vir die veld ContactNo in tblSuppliers. (1) TOTAAL AFDELING D: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9 AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING VRAAG 5 5.1 Onderskei tussen ʼn logiese lêer en ʼn fisiese lêer. (2) 5.2 Oor die algemeen, is dit beter om te verhoed dat gebruikers foute maak as om hulle na die tyd in te lig dat hulle foute gemaak het. 5.2.1 Noem DRIE kategorieë van programmeringsfoute. (3) 5.2.2 Wat is ʼn ander naam vir ʼn fout in programmering behalwe die woord (‘bug’)? (1) 5.2.3 ʼn Professionele manier om te voorkom dat ʼn program faal ('crash'), word … genoem. (1) 5.3 In baie toepassings moet groot hoeveelhede data willekeurig gestoor en gebruik word, skikkings word meestal hiervoor gebruik. 5.3.1 Verduidelik kortliks wat ʼn skikking is. (1) 5.3.2 Noem en verduidelik TWEE tipes skikkings. (4) 5.3.3 Analiseer die arrPunte skikkingsdiagram wat hieronder getoon word en beantwoord die onderstaande vrae. 60 70 85 80 90 75 (a) Gebruik die bogenoemde gegewe datastruktuur om ʼn skikking met die naam arrPunte, te verklaar. (1) (b) Skryf ʼn indeks neer wat gebruik kan word om die waarde 90 in arrPunte te verkry. (1) (c) Wat is ʼn ander naam vir 'n indeks? (1) (d) Wat word die waardes wat in ʼn skikking gestoor word, genoem? (1) 5.3.4 Gee DRIE maniere/opsies om ʼn skikking te verklaar. (3) 5.4 Die volgende Delphi-stelling word gegee. sWord: = ‘Dwelling in the computing world’; Skryf die resultaat van elk van die volgende funksies neer: 5.4.1 Delete(sWord, 17, 15); (1) 5.4.2 Insert(‘4th IR’, sWord, 15); // Gebruik die resultaat in VRAAG 5.4.1 (1) 5.4.3 setLength(sWord, 13); (1) TOTAAL AFDELING D: 22 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2022) AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO VRAAG 6 Daar is groot hoeveelhede data wat gebruik kan word om besigheidsprobleme aan te spreek, wat jy voorheen nie sou kon oplos nie. Die waarde wat die wêreld se grootste tegnologiese ondernemings bied, kom van hul data wat hul voortdurend ontleed om doeltreffendheid te bevorder en nuwe produkte te ontwikkel. 6.1 Groot data het ʼn modewoord ('buzzword') geword. 6.1.1 Noem enige DRIE aanlyndienste wat gebruik maak van groot data. (3) 6.1.2 Noem DRIE nadele wat met groot data geassosieer word. (3) 6.2 Onderskei tussen ʼn mobiele kantoor en ʼn virtuele kantoor. (2) 6.3 Meeste mense verstaan outomaties privaatheid en die belangrikheid van privaatheid. 6.3.1 Verduidelik kortliks die konsep privaatheid. (1) 6.3.2 Skryf die akroniem POPI voluit en verduidelik die doel van POPI. (2) 6.3.3 Noem enige DRIE maniere/tegnieke wat gebruik kan word om jou aanlyn-identiteit te beskerm. (3) 6.4 Noem VIER tipes probleme wat gewoonlik met rekenaars geassosieer word. (4) 6.5 Die begeerte om gewild te wees en om die nuutste tegnologieë aan te gryp, het die behoefte om met die ‘buzzy’ mobiele liggingsgebaseerde toeps veilig te wees, ingehaal. 6.5.1 Verduidelik kortliks wat liggingsgebaseerde rekenaars/dienste is. (1) 6.5.2 Noem TWEE risiko’s/nadele van liggingsgebaseerde rekenaars. (2) 6.5.3 Noem DRIE voorbeelde van liggingsgebaseerde toeps. (3) 6.6 Noem DRIE vermoëns van IKT. (3) 6.7 Onderskei tussen HTTP en HTTPS (akronieme is nie nodig nie). (2) 6.8 Skryf die akroniem ‘OTP’ voluit. (1) 6.9 Noem enige DRIE pligte van ʼn webontwerper. (3) 6.10 Data is deesdae ʼn waardevolle bate vir enige besigheid. 6.10.1 Verduidelik kortliks die konsep rugsteun. (1) 6.10.2 Noem DRIE tipes rugsteune. (3) 6.10.3 Noem TWEE verskillende liggings waar rugsteune gestoor kan word. (2) TOTAAL AFDELING F: 39 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 Information Technology

Explore more published documents in this catalogue.

View all