NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2022
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





IT P1 QP GR11 NOV 2022 AFR
Information Technology · Grade 11 · Exemplar November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Exemplar November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 12
- File size
- 525.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Kandidate moet AL die vrae
beantwoord.
2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
3. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.
4. Jou programme moet op só ʼn manier gekodeer word dat dit met enige data sal
werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels
wat in die vraestel verskyn nie.
5. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
hierdie roetines gebruik nie. Byvoorbeeld, MOENIE locate, sort, filter,
recordcount, setlength, charinset, ens. gebruik NIE.
6. Stoor jou werk gereeld. Maak seker dat al jou lêers gelees kan word.
7. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee. Die
lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.
Doen die volgende:
Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
Klik op die ‘extract’-knoppie.
Sleutel die volgende wagwoord in: 21nOv&11rG.
Nadat dit onttrek is, sal die volgende lys lêers in die lêergids (‘folder’)
DataNov2021 beskikbaar wees:
Vraag 1: Vraag 3:
Vraag1_u.pas Vraag3_u.pas
Vraag1_u.dfm Vraag3_u.dfm
Vraag1_p.dpr Vraag 3_p.dpr
Vraag1_p.res Vraag3_p.res
dbConnection_u.pas
Bome.mdb
Vraag 2: BomeRugsteun.mdb
Vraag2_u.pas Vraag 4:
Vraag2_u.dfm
Vraag2_p.dpr Vraag4_u.pas
Vraag2_p.res Vraag4_u.dfm
Bome.txt Vraag4_p.dpr
Vraag4_p.res
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3
VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
SCENARIO:
Voltooi ʼn program wat mense toelaat om by ‘The Tree Society’ te registreer sodat
hulle toegang tot die Nationale- en Streeksparke verkry vir omgewingstudies.
Doen die volgende:
Maak die onvolledige program in die Vraag 1 gidslêer oop.
Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_u.pas-lêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Volg die instruksies om die kode vir Vraag, 1.1, 1.2, 1.3, 1.4 en 1.5 te voltooi.
1.1 Menu opsie Nuwe Registrasie
Maak die paneel, pnlRegistreer, sigbaar. (1)
1.2 Knoppie [btnV1_2] Registreer
Aansoekers moet ʼn begindatum in die edtDatum komponent in sleutel. Dit
moet in die volgende formaat wees: JJJJ/MM/DD. Hul kontrak sal vir EEN
jaar geldig wees. Bepaal die vervaldatum deur die jaar met een te
vermeerder.
Hul moet dan ʼn opsie uit die kombinasielys, cmbToegang, kies om aan te
dui of hul toegang tot Nasionale- of Streeksparke wil hê.
Die jaarlikse fooi vir die toegang tot die parke word soos volg bereken:
Seniors 60 jaar en ouer: R500
Volwassenes jonger as 60 jaar: R400
Studente 18 jaar tot 25: R300
Skoliere onder 18: R80
Kinders 6 jaar en jonger: Verniet
Aansoekers moet die aantal mense vir elke ouderdomskategorie in die
gegewe ‘spin edit’ komponente aan dui.
Skryf kode wat die toevoer sal verkry. Bereken en vertoon die totale bedrag
verskuldig asook die vervaldatum, in ʼn boodskap komponent (‘message
component’).
LET WEL: Streekstoegang sal ʼn aftrekking van 40 persent van die totale
bedrag insluit.
Voorbeeld van afvoer:
(14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5
1.3 Menu opsie Teken In
Skryf kode om die volgende te doen:
Maak die paneel, pnlTekenIn, sigbaar.
Verander die fontkleur van pnlTekenIn na 'green'.
Verander die kleur van pnlTekenIn na 'cream'.
Maak die toevoerkomponente edtNaam en edtWagwoord leeg.
Stel die fokus na edtNaam. (5)
1.4 Knoppie [btnV1_4] Teken In
Die gebruiker moet hul naam in edtNaam en ʼn sin, wat as ʼn wagwoord
gebruik gaan word, in edtWagwoord in sleutel.
Skryf kode om die volgende te doen:
Kry die toevoer van die toevoerkomponente.
Bereken die enkripte wagwoord volgens die volgende reëls:
o Die numeriese posisies van die karakters word met 3 vermeerder
Byvoorbeeld: Elke karakter van die wagwoord word met die
karakter van die alfabet wat drie karakters regs is van die
oorspronklike karakter vervang. ‘A’ word ‘D’, ‘B’ word ‘E’, ens.
o Alle spasies moet met ʼn ster (*) vervang word.
o Die letter ‘Z’ moet met die letter ‘A’ vervang word
o Syfers en ander karakters bly dieselfde.
o Die laaste drie karakters van die naam moet aan die einde van die
enkripte wagwoord gevoeg word.
Vertoon die enkripte wagwoord in die komponent, edtEnkrip. (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
Voorbeeld van afvoer:
1.5 Menu opsie Teken Uit
Skryf kode wat die gebruiker sal vra of hul wil uit teken. As hul wil, dan moet
die program toegemaak word.
Voorbeeld van afvoer: OF: (4)
Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer in.
Stoor jou program.
ʼn Drukstuk van jou kode mag vereis word. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7
VRAAG 2: SKIKKINGS EN TEKSLÊERS
Doen die volgende:
Kompileer en voer die program in die Vraag 2 gidslêer uit. Die program het tans
beperkte funksionaliteit.
Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_u.pas.
Voltooi die kode vir elke vraag soos die beskryf word in Vraag 2.
2.1 Knoppie [V2.1 Lees en Vertoon]
ʼn Tekslêer word verskaf wat ʼn lys van al die beskermde boomspesies en die
hoeveelhede wat in die land gevind is, bevat.
Die formaat van die tekslêer is soos volg:
<boomnaam>#<hoeveelheid gevind>
In sekere reëls van die tekslêer is die boom se naam nie in aanhalingstekens nie.
Die meeste boomname is in aanhalingstekens.
Voorbeeld van data in die Bome.txt tekslêer:
Twee globale skikkings en ʼn skikkingteller is verskaf en word hieronder beskryf:
arrHoeveelheid: array[1..200] of integer;
arrBome: array[1..200] of string;
iTeller: integer;
Skryf kode om die volgende te doen:
Verbind die tekslêer en lees elke reël na elke globale skikking wat gegee is.
Skei die inligting, boomnaam en hoeveelheid. Verwyder die aanhalingstekens
van die boomnaam, indien dit nodig is.
Bereken en vertoon die totale aantal spesies in die redigeerblokkie,
edtbeskermde.
Bereken die aantal bome wat gevind is.
Sorteer albei skikkings volgens die hoeveelhede van die laagste na die
hoogste hoeveelheid.
Vertoon, in redAfvoer, die inhoud van die gesorteerde skikkings in netjiese
kolomme asook die aantal bome wat gevind is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
Voorbeeld van afvoer:
(32)
2.2 Knoppie [V2.2 Bedreigde Lys]
Die spesies waar minder as 100 bome gevind is, moet op die bedreigde lys
geplaas word.
Skryf kode om die volgende te doen:
Skep ʼn tekslêer met die naam ‘Bedreigd.txt’.
Gebruik die twee globale skikkings om al die name van die boomspesies te
kry waar daar minder as 100 gevind is.
Vertoon die naam van die bedreigde boom in die afvoerkomponent,
redAfvoer.
Skryf die naam van die bedreigde boom na die tekslêer ‘Bedreigd.txt’.
Voorbeeld van afvoer in die tekslêer en 'richedit':
(8)
Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
in.
Stoor jou program.
ʼn Drukstuk van jou kode mag vereis word. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9
VRAAG 3: DATABASISPROGRAMMERING
Hierdie vraag bestaan uit subvrae 3.1 tot 3.5. Die volgende is belangrik en geld vir al die
vrae:
Jy mag GEEN van die gegewe data of kode verander NIE.
Goeie programmeringsbeginsels moet vanuit eerste beginsels toegepas word.
GEEN punte sal vir harde-kodering toegeken word nie. Gebruik strukture en
veranderlikes waar nodig.
MOENIE die volgende gebruik NIE: filter, sort, locate, recordcount, ens.
Daar is baie boomspesies in Suid-Afrika. ʼn Databasis is ontwerp om die inligting van al die
boomspesies in een tabel te stoor.
ʼn Tabel, Boomname word in die databasis Bome.mdb verskaf.
ʼn Voorbeeld van die eerste paar rekords van die tabel word hieronder aangetoon:
Die ontwerpaansig van die tabel, Boomname, wat die veld datatipes insluit word hieronder
vertoon:
LET WEL:
Kode om die verbinding te doen, word gegee.
Wanneer die Herstel Databasis knoppie geklik word, sal die databasis na die
oorspronklike data herstel word.
Die naam van die tabel wat in jou kode gebruik moet word is tblBome, wat die
TADOTable objek is wat aan die databasis verbind is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
Doen die volgende:
Kompileer en voer die program in die Vraag 3 gidslêer. Die program het tans
beperkte funksionaliteit.
Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël in die Vraag3_u.pas lêer.
Voltooi die kode vir elke vraag soos in Vraag 3 beskryf word.
3.1 Knoppie [V3.1 Wes-Kaap]
Vertoon die WetenskaplikeNaam van al die bome wat in die Wes-Kaap
(‘Western Cape’) Area gekoop kan word. Vertoon die uitslae in die redVertoon
richedit.
Voorbeeld van afvoer:
(6)
3.2 Knoppie [V3.2 Ikoon en Beskermd]
Vertoon die AnderNaam van al die bome wat Ikonies is en wie se Beskrywing
‘Protected’ is. Vertoon die uitslae in die redVertoon richedit.
Voorbeeld van afvoer:
(8)
3.3 Knoppie [V3.3 Verwyder Indringerbome]
Skryf kode om die bome te verwyder wat indringers is. Die Beskrywing is
‘invasive’.
Voorbeeld van afvoer:
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2022) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11
3.4 Knoppie [V3.4 Rooi Gunstelinge]
Verander die Gunsteling veld na True vir al die bome wie se AnderNaam
met die woord ‘Red’ begin.
Voorbeeld van afvoer:
(9)
3.5 Knoppie [V3.5 Inheemse Gemiddeld]
Skryf kode wat die gemiddelde van Inheemse bome van al die bome wat
getel is (‘Aantal’) sal bepaal en vertoon. Die gemiddeld moet afgerond word
na geen desimale plekke. Vertoon die antwoord in die redVertoon richedit.
Voorbeeld van afvoer:
(10)
Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer in.
Stoor jou program.
Druk die kode indien dit vereis word. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 4: ALGEMENE PROBLEEMOPLOSSING
Doen die volgende:
Kompileer en voer die program in die Vraag 4 gidslêer uit. Die program het tans
beperkte funksionaliteit.
Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_u.pas lêer.
Voltooi die kode vir elke vraag soos wat dit in Vraag 4 beskryf word.
4.1 Knoppie [Vraag 4.1]
ʼn Getal is ʼn perfekte getal as die getal se faktore (behalwe die getal self)
bymekaar getel word en gelyk aan die getal is.
Byvoorbeeld: Die faktore van 6 is: 1 2 3 6. 1 + 2 + 3 = 6. Dit beteken dat 6 ʼn
perfekte getal is.
Skryf kode om ʼn ewekansige getal tussen 1000 en 9999 (albei ingesluit) te kies.
Bereken en vertoon al die perfekte getalle in die reeks van 1 tot die ewekansige
getal.
Vertoon die ewekansige getal en die perfekte getalle in die memVertoon
komponent.
Voorbeeld van afvoer:
(12)
4.2 Knoppie [Vraag 4.2]
Die heksadesimale getalstelsel het 16 syfers: 0 – 9, A – F. Die heksadesimale
getalle A – F verteenwoordig onderskeidelik die desimale getalle 10 – 15.
Skryf kode om die desimale getal te kry wat in die edtDesimaal komponent
ingetik is en verwerk dit na heksadesimaal. Vertoon die heksadesimale getal in
die komponent met die naam, edtHeksadesimaal.
As geen getal ingesleutel is nie, moet ʼn gepaste boodskap vertoon word en die
program moet toegemaak word
Voorbeeld van afvoer:
(18)
Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer in.
Stoor jou program.
Druk die kode indien dit vereis word. [30]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
IT P1 QP GR11 NOV 2022 AFR hlayiso.com

Question paper
IT P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
IT P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans

Question paper
IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans D hlayiso.com

Question paper
IT P2 GR11 QP Afr NOV2020 AFR D hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans

Question paper
IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans D

Question paper
IT P1 GR11 NOV 2017 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
IT P1 MEMO GR11 NOV 2020 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
IT P1 MEMO GR11 NOV 2020 Afrikaans D hlayiso.com
More from Grade 11 Information Technology
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 11 Info Tech ATP 2023 24

Memorandum
IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG hlayiso.com

Memorandum
IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR hlayiso.com

Question paper and memo
GEO Sept QP & Memo 2015 Gr11

Memorandum
IT P1 QP MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans D hlayiso.com

Memorandum
