NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*IINFTA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 





View all
IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans D
Information Technology · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 16
- File size
- 887.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Kandidate moet AL die vrae
beantwoord.
2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van
hierdie eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal
word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te
verlaat nie.
3. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die
vraag nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken
word nie.
4. Jou programme moet op só ʼn manier gekodeer word dat dit met enige data
sal werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-
uittreksels wat in die vraestel verskyn nie.
5. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van ʼn
programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE.
6. Stoor jou werk gereeld. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.
7. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee. Die
lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.
Doen die volgende:
x Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
x Klik op die ‘Extract’-knoppie.
x Sleutel die volgende wagwoord in: Nov20C#4d
Nadat dit onttrek (‘extracted’) is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
DataNov2020AFR beskikbaar wees:
Vraag 1: Vraag 3:
Vraag1_u.pas Vraag3_u.pas
Vraag1_u.dfm Vraag3_u.dfm
Vraag1_p.dpr Vraag3_p.dpr
Vraag1_p.res Vraag3_p.res
SAVlag.txt dbConnection_u.pas
KovidNavorsing.mdb
KovidNavorsingRugsteun.mdb
Vraag 2: Vraag 4:
Vraag2_u.pas Vraag4_u.pas
Vraag2_u.dfm Vraag4_u.dfm
Vraag2_p.dpr Vraag4_p.dpr
Vraag2_p.res Vraag4_p.res
syfers.txt
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3
VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
SCENARIO:
Voltooi ʼn program om kodes vir pasiënte te skep wanneer hulle in ʼn hospitaal
opgeneem word. Vertoon die totale aantal pasiënte wat in die Oos-Kaap en Wes-
Kaap opgeneem is.
Doen die volgende:
x Maak die onvoltooide program in die Vraag 1 lêergids oop.
x Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_u.pas
lêer in.
x Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit
nie.
x Volg die instruksies om die kode vir Vraag 1.1, 1.2 en 1.3 te voltooi.
1.1 Knoppie [V1.1 Kry Pasiëntkode] op Vraag 1.1 ‘tabsheet’
Pasiënte sal hul naam en van in die redigeerblokkie, edtnaamvan insleutel, ʼn
provinsie (Oos-Kaap of Wes-Kaap) uit die kombinasielys, cmbprovinsie, kies
en die jaar van hul geboortedatum (in die ‘JJJJ’ format) in die redigeerblokkie,
edtjaar, insleutel.
Skryf kode om die volgende te doen:
x ʼn Foutboodskap moet vertoon word en die prosedure moet ‘exit’
wanneer die pasiënt nie ʼn provinsie gekies het nie.
Voorbeeld van afvoer:
x Elke keer as die Kry Pasiëntkode-knoppie geklik word, moet die
aantal pasiënte vir die gekose provinsie met een vermeerder word. Die
totale aantal pasiënte vir elke provinsie moet op die panele, pnlOK en
pnlWK vertoon word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
Voorbeeld van afvoer:
x Die pasiëntkode moet geskep word en in ʼn afvoerkomponent vertoon word.
Maak gebruik van die volgende algoritme:
Die 1ste karakter van die naam en die 1ste karakter van die van moet by
die 3de en 4de karakters van die jaar van geboortedatum en die eerste
vier karakters van die provinsie gevoeg word. ʼn Ewekansige getal
tussen 1 000 tot 60 000 (albei ingesluit) moet aan die einde van die
kode gevoeg word.
Voorbeeld: Vuyelwa Mcuba is in 2001 gebore en is in ʼn hospitaal in die
Oos-Kaap opgeneem. Haar pasiëntkode is VM01East26099. (Die
ewekansige getal is 26099).
Voorbeeld van afvoer:
(26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5
1.2 Knoppie [V1.2 Enkripsie] op Vraag 1.2 ‘tabsheet’
Die gebruiker moet ʼn sin in die redigeerblokkie, edtToevoer, insleutel en die
geënkripteerde boodskap moet dan in ʼn byskrif, lblVertoon, vertoon word.
Skryf kode om die volgende te doen:
x Die toevoer wat in die redigeerblokkie, edtToevoer, ingesleutel is, moet
na hoofletters verander word en die sin moet dan volgens die ‘cipher’
geënkripteer word en in die byskrif, lblVertoon, vertoon word:
x ʼn Spasie word deur nommer 1 voorgestel.
x Die karakters van A tot Z word deur die syfers 2 tot 27 voorgestel.
x Alle simbole en syfers in die oorspronklike sin moet met die nommer 0
voorgestel word.
x ʼn Asterisk (*) moet aan die begin en einde van die geënkripteerde
string gevoeg word.
x Elke getal van die geënkripteerde string moet deur ʼn asterisk (*)
geskei word.
Voorbeeld van afvoer as ‘Do IT’ ingesleutel word:
Voorbeeld van afvoer as ‘Do IT 2#’ ingesleutel word:
(13)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
1.3 Die rgpPrent ‘onclick’ gebeurtenis:
Die gebruiker moet ʼn opsie uit die radiogroep, rgpAgtergrond, kies.
Skryf kode om die volgende te doen:
As die gebruiker die radioknoppie vir ‘Geen agtergrond’ kies, dan moet die
prent in die ‘image’-komponent, imgVertoon, deurskynend (‘invisible’)
gemaak word.
As die gebruiker op die ‘Suid-Afrikaanse Vlag’ radioknoppie klik, dan moet
die SAVlag.jpg prent as agtergrond vertoon word en die ‘image’-komponent
moet sigbaar (‘visible’) gemaak word.
Voorbeeld van afvoer:
(7)
x Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer.
x Stoor jou program.
x ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word. [46]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7
VRAAG 2: SKIKKINGS EN TEKSLÊERS
Doen die volgende:
x Kompileer en voer die program in die Vraag 2 lêergids uit. Die program het
tans beperkte funksionaliteit.
x Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_u.pas lêer
in.
x Voltooi die kode vir elke vraag soos wat dit in Vraag 2 beskryf word.
2.1 Knoppie [V2.1 Vertoon]
ʼn Globale skikking, arrHoeveel, is verklaar met 10 integers. Die syfers in
die skikking stel die totale aantal positiewe gevalle vir die eerste 10 dae in
April voor.
Nog ʼn globale skikking, arrDae, is verklaar wat karakters bevat. Die
skikking bevat die eerste 10 dae van April en is parallel aan arrHoeveel.
ʼn Diagrammatiese voorstelling van die skikking, arrHoeveel, word
hieronder gegee:
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
1505 1934 1380 2003 1686 1655 1845 1462 1749 1585
ʼn Diagrammatiese voorstelling van die skikking, arrDae, word hieronder
gegee:
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
1 10 7
3 April 9 April 6 April 5 April 8 April 2 April 4 April
April April April
Skryf kode om die volgende te doen:
x Sorteer die skikking, arrHoeveel (asook die skikking arrDae) in
dalende volgorde van die hoogste getal na die laagste getal in die
arrHoeveel skikking.
x Vertoon die inhoud van die twee globale skikkings netjies in die
‘richedit’-komponent, redAfvoer. (Kode is gegee om opskrifte te
vertoon asook die ‘tab stop’.)
x Bereken en vertoon die gemiddelde aantal infeksies in die ‘richedit’,
afgerond na ʼn heelgetal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
Voorbeeld van afvoer:
(21)
2.2 Knoppie [V2.2 Veelvoude]
Die tekslêer, syfers.txt, word aan jou verskaf. Dit bevat VYF reëls met die
volgende data:
ʼn Konstante skikking arrVoegBy word ook gegee.
CONST arrVoegBy : array [1..5] of heelgetal (‘integer’) = (8,6,4,2,0);
Jy gaan nou die veelvoude van 18 bereken deur die diagram hieronder te
volg:
Syfers in die tekslêer: 1 3 5 7 9
Syfers wat bygevoeg moet word: 8 6 4 2 0
Veelvoude van 18: 18 36 54 72 90
Doen die volgende:
x Skryf kode om ʼn boodskap te vertoon en uit die prosedure te gaan
(‘exit’) as die tekslêer nie bestaan nie.
x Lees die reëls van die tekslêer en stoor dit in ʼn skikking. Voeg die
syfers 8,6,4,2 en 0 by deur die konstante skikking, arrVoegBy, te
gebruik. Maak gebruik van ʼn lus.
x Skep ʼn tekslêer met die naam ‘Veelvoude van 18.txt’.
x Skryf die vyf veelvoude van 18 (18,36,54,72,90) wat jy volgens die
bogenoemde metode geskep het, na die tekslêer. Gebruik ʼn lus.
x Toon ʼn boodskap wat aandui dat die tekslêer suksesvol geskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9
LET WEL: As jy nie ʼn lus gebruik nie, sal jy punte verloor.
Voorbeeld van afvoer in die tekslêer:
(21)
x Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer in.
x Stoor jou program.
x ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word. [42]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 3: DATABASISPROGRAMMERING
Hierdie vraag bestaan uit subvrae 3.1 tot 3.2. Die volgende belangrike inligting
geld vir al die vrae:
x Jy mag NIE gegewe kode verander of enigiets by die gegewe data of
programmeringskode voeg NIE.
x Kode moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word.
x GEEN punte sal vir vaskodering (‘hardcoding’) toegeken word NIE. Gebruik
datastrukture en veranderlikes.
x MOENIE ‘filter’, ‘sort’, ‘locate’, ‘recordcount’, ens. gebruik NIE.
Daar is duisende navorsingsartikels wat op die Covid-19 siekte gebaseer is. ʼn
Databasis is ontwerp om ʼn aantal van hierdie artikels in ʼn tabel te stoor.
ʼn Tabel met die naam Artikels in die KovidNavorsing.mdb-databasis word
voorsien.
ʼn Voorbeeld van die eerste paar rekords in die tabel word hieronder vertoon:
Die ontwerpaansig van die tabel, Artikels, wat die volgende datavelde bevat,
word hieronder vertoon:
LET WEL:
x Kode is verskaf om die databasis te koppel.
x Wanneer die Herstel Databasis-knoppie geklik word, sal die data in die
databasis na die oorspronklike data herstel word.
x Die naam van die tabel wat in die kode moet gebruik word, is tblNavorsing.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11
Doen die volgende:
x Kompileer en voer die program in die Vraag 3 lêergids uit. Die program het
tans beperkte funksionaliteit.
x Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
Vraag3_u.pas-lêer in.
x Voltooi die kode vir elke vraag soos wat dit in Vraag 3 beskryf word.
3.1 Knoppie [V3.1 Vertoon Bladsye]
Vertoon die Titel van al die artikels wat meer as 100 Bladsye bevat.
Vertoon die uitslae in die ‘richedit’, redVertoon.
Voorbeeld van afvoer:
(7)
3.2 Knoppie [V3.2 Verander na Engels]
Daar is baie artikels wat in Engels geskryf is, maar die Taal is as ‘eng’ in
die tabel gestoor. Dit was as gevolg van ʼn data toevoer fout.
Skryf kode wat die Taal van die artikels van ‘eng’ na ‘English’ sal
verander.
Voorbeeld van afvoer vir die eerste paar reëls:
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
3.3 Knoppie [V3.3 Verwyder PMC-artikels]
Skryf kode om al die artikels waar die Bron-veld ‘PMC’ bevat, te
verwyder.
Voorbeeld van afvoer:
(6)
3.4 Knoppie [V3.4 Persentasie Chinese artikels]
Skryf kode om die persentasie Chinese artikels wat in die tabel bestaan,
sal bereken en vertoon.
Vertoon die totale aantal artikels in die tabel asook die persentasie
Chinese artikels in die redVertoon ‘richedit’. Vertoon die persentasie
Chinese artikels afgerond na ʼn heelgetal.
Voorbeeld van afvoer in redVertoon (nadat PMC-artikels verwyder is
(V3.3)):
(13)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 13
3.5 Knoppie [Q3.5 Voeg Artikel By]
Voeg ʼn nuwe artikel met die titel, ‘Vaccine trials’, by. Die artikel bestaan
uit 43 bladsye en is in Engels geskryf deur die outeur ‘Watson M’ en is
deur ‘Cureus’ gepubliseer.
Voorbeeld van afvoer:
(7)
x Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer in.
x Stoor jou program.
x ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 4: ALGEMENE PROBLEEMOPLOSSING
Doen die volgende:
x Kompileer en voer die program in die Vraag 4 lêergids uit. Die program het
tans beperkte funksionaliteit.
x Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
Vraag4_u.pas lêer in.
x Voltooi die kode vir elke vraag soos wat dit in Vraag 4 beskryf word.
Knoppie [V4 Versoek vir Toets]
Skryf kode om die volgende te doen:
x Kry die naam en die ouderdom van ʼn pasiënt van die toevoerkomponente,
edtnaam en sedouderdom.
x As die ouderdom van die persoon hoër of gelyk aan 60 is, dan moet ʼn
stringveranderlike die volgende bevat: ‘Jou toets is op ’ + stelseldatum.
Voorbeeld van die gekompileerde string as vandag se datum 6 November 2020
is:
‘Jou toets is op 2020/11/06’
x As die ouderdom van die persoon minder as 60 is, dan moet die string die
volgende bevat: ‘Jou toets is op ’ + stelseldatum + 1 dag
Voorbeeld van die gekompileerde string as vandag se datum 6 November 2020
is:
‘Jou toets is op 2020/11/07’
x As die kontroleblokkie (‘check box’) met die naam chksimptome gekies word
EN een van die ander (chkreis of chkkontak), dan moet die pasiënt se naam
en die datum wanneer die toets gaan plaasvind, op twee aparte reëls in die
byskrif, lblVertoon, vertoon word, anders moet ʼn boodskap ‘Kontak jou
dokter as jy bekommerd is’ by die byskrif (lblVertoon) vertoon word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 15
Voorbeeld van afvoer vir Vraag 4 as vandag se datum 27 Junie 2020 is en
as verskeie kontroleblokkies geselekteer is:
x Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer in.
x Stoor jou program.
x ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word. [22]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
IT P1 QP GR11 NOV 2022 AFR hlayiso.com

Question paper
IT P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
IT P1 QP GR11 NOV 2022 AFR

Question paper
IT P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans

Question paper
IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans D hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
More from Grade 11 Information Technology
Explore more published documents in this catalogue.












