You're offline
Skip to content
Memorandum

IT P1 QP MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans D

Subject: Information TechnologyGrade 11202032 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IINFTA1* Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Kandidate moet AL die vrae beantwoord. 2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 3. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie. 4. Jou programme moet op só ƌ manier gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data- uittreksels wat in die vraestel verskyn nie. 5. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van ƌ programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE. 6. Stoor jou werk gereeld. Maak seker dat al die lêers gelees kan word. 7. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf. Doen die volgende: x Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer. x Klik op die ‘Extract’-knoppie. x Sleutel die volgende wagwoord in: Nov20C#4d Nadat dit onttrek (‘extracted’) is, sal die volgende lys lêers in die lêergids DataNov2020AFR beskikbaar wees: Vraag 1: Vraag 3: Vraag1_u.pas Vraag3_u.pas Vraag1_u.dfm Vraag3_u.dfm Vraag1_p.dpr Vraag3_p.dpr Vraag1_p.res Vraag3_p.res SAVlag.txt dbConnection_u.pas KovidNavorsing.mdb KovidNavorsingRugsteun.mdb Vraag 2: Vraag 4: Vraag2_u.pas Vraag4_u.pas Vraag2_u.dfm Vraag4_u.dfm Vraag2_p.dpr Vraag4_p.dpr Vraag2_p.res Vraag4_p.res syfers.txt Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3 VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE SCENARIO: Voltooi ƌ program om kodes vir pasiënte te skep wanneer hulle in ƌ hospitaal opgeneem word. Vertoon die totale aantal pasiënte wat in die Oos-Kaap en Wes- Kaap opgeneem is. Doen die volgende: x Maak die onvoltooide program in die Vraag 1 lêergids oop. x Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_u.pas lêer in. x Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. x Volg die instruksies om die kode vir Vraag 1.1, 1.2 en 1.3 te voltooi. 1.1 Knoppie [V1.1 Kry Pasiëntkode] op Vraag 1.1 ‘tabsheet’ Pasiënte sal hul naam en van in die redigeerblokkie, edtnaamvan insleutel, ƌ provinsie (Oos-Kaap of Wes-Kaap) uit die kombinasielys, cmbprovinsie, kies en die jaar van hul geboortedatum (in die ‘JJJJ’ format) in die redigeerblokkie, edtjaar, insleutel. Skryf kode om die volgende te doen: x ƌ Foutboodskap moet vertoon word en die prosedure moet ‘exit’ wanneer die pasiënt nie ƌ provinsie gekies het nie. Voorbeeld van afvoer: x Elke keer as die Kry Pasiëntkode-knoppie geklik word, moet die aantal pasiënte vir die gekose provinsie met een vermeerder word. Die totale aantal pasiënte vir elke provinsie moet op die panele, pnlOK en pnlWK vertoon word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) Voorbeeld van afvoer: x Die pasiëntkode moet geskep word en in ƌ afvoerkomponent vertoon word. Maak gebruik van die volgende algoritme: Die 1ste karakter van die naam en die 1ste karakter van die van moet by die 3de en 4de karakters van die jaar van geboortedatum en die eerste vier karakters van die provinsie gevoeg word. ƌ Ewekansige getal tussen 1 000 tot 60 000 (albei ingesluit) moet aan die einde van die kode gevoeg word. Voorbeeld: Vuyelwa Mcuba is in 2001 gebore en is in ƌ hospitaal in die Oos-Kaap opgeneem. Haar pasiëntkode is VM01East26099. (Die ewekansige getal is 26099). Voorbeeld van afvoer: (26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5 1.2 Knoppie [V1.2 Enkripsie] op Vraag 1.2 ‘tabsheet’ Die gebruiker moet ƌ sin in die redigeerblokkie, edtToevoer, insleutel en die geënkripteerde boodskap moet dan in ƌ byskrif, lblVertoon, vertoon word. Skryf kode om die volgende te doen: x Die toevoer wat in die redigeerblokkie, edtToevoer, ingesleutel is, moet na hoofletters verander word en die sin moet dan volgens die ‘cipher’ geënkripteer word en in die byskrif, lblVertoon, vertoon word: x ƌ Spasie word deur nommer 1 voorgestel. x Die karakters van A tot Z word deur die syfers 2 tot 27 voorgestel. x Alle simbole en syfers in die oorspronklike sin moet met die nommer 0 voorgestel word. x ƌ Asterisk (*) moet aan die begin en einde van die geënkripteerde string gevoeg word. x Elke getal van die geënkripteerde string moet deur ƌ asterisk (*) geskei word. Voorbeeld van afvoer as ‘Do IT’ ingesleutel word: Voorbeeld van afvoer as ‘Do IT 2#’ ingesleutel word: (13) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) 1.3 Die rgpPrent ‘onclick’ gebeurtenis: Die gebruiker moet ƌ opsie uit die radiogroep, rgpAgtergrond, kies. Skryf kode om die volgende te doen: As die gebruiker die radioknoppie vir ‘Geen agtergrond’ kies, dan moet die prent in die ‘image’-komponent, imgVertoon, deurskynend (‘invisible’) gemaak word. As die gebruiker op die ‘Suid-Afrikaanse Vlag’ radioknoppie klik, dan moet die SAVlag.jpg prent as agtergrond vertoon word en die ‘image’-komponent moet sigbaar (‘visible’) gemaak word. Voorbeeld van afvoer: (7) x Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer. x Stoor jou program. x ƌ Drukstuk van die kode mag vereis word. [46] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7 VRAAG 2: SKIKKINGS EN TEKSLÊERS Doen die volgende: x Kompileer en voer die program in die Vraag 2 lêergids uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit. x Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_u.pas lêer in. x Voltooi die kode vir elke vraag soos wat dit in Vraag 2 beskryf word. 2.1 Knoppie [V2.1 Vertoon] ƌ Globale skikking, arrHoeveel, is verklaar met 10 integers. Die syfers in die skikking stel die totale aantal positiewe gevalle vir die eerste 10 dae in April voor. Nog ƌ globale skikking, arrDae, is verklaar wat karakters bevat. Die skikking bevat die eerste 10 dae van April en is parallel aan arrHoeveel. ƌ Diagrammatiese voorstelling van die skikking, arrHoeveel, word hieronder gegee: 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 1505 1934 1380 2003 1686 1655 1845 1462 1749 1585 ƌ Diagrammatiese voorstelling van die skikking, arrDae, word hieronder gegee: 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 1 10 7 3 April 9 April 6 April 5 April 8 April 2 April 4 April April April April Skryf kode om die volgende te doen: x Sorteer die skikking, arrHoeveel (asook die skikking arrDae) in dalende volgorde van die hoogste getal na die laagste getal in die arrHoeveel skikking. x Vertoon die inhoud van die twee globale skikkings netjies in die ‘richedit’-komponent, redAfvoer. (Kode is gegee om opskrifte te vertoon asook die ‘tab stop’.) x Bereken en vertoon die gemiddelde aantal infeksies in die ‘richedit’, afgerond na ƌ heelgetal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) Voorbeeld van afvoer: (21) 2.2 Knoppie [V2.2 Veelvoude] Die tekslêer, syfers.txt, word aan jou verskaf. Dit bevat VYF reëls met die volgende data: ƌ Konstante skikking arrVoegBy word ook gegee. CONST arrVoegBy : array [1..5] of heelgetal (‘integer’) = (8,6,4,2,0); Jy gaan nou die veelvoude van 18 bereken deur die diagram hieronder te volg: Syfers in die tekslêer: 1 3 5 7 9 Syfers wat bygevoeg moet word: 8 6 4 2 0 Veelvoude van 18: 18 36 54 72 90 Doen die volgende: x Skryf kode om ƌ boodskap te vertoon en uit die prosedure te gaan (‘exit’) as die tekslêer nie bestaan nie. x Lees die reëls van die tekslêer en stoor dit in ƌ skikking. Voeg die syfers 8,6,4,2 en 0 by deur die konstante skikking, arrVoegBy, te gebruik. Maak gebruik van ƌ lus. x Skep ƌ tekslêer met die naam ‘Veelvoude van 18.txt’. x Skryf die vyf veelvoude van 18 (18,36,54,72,90) wat jy volgens die bogenoemde metode geskep het, na die tekslêer. Gebruik ƌ lus. x Toon ƌ boodskap wat aandui dat die tekslêer suksesvol geskryf is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9 LET WEL: As jy nie ƌ lus gebruik nie, sal jy punte verloor. Voorbeeld van afvoer in die tekslêer: (21) x Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in. x Stoor jou program. x ƌ Drukstuk van die kode mag vereis word. [42] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 3: DATABASISPROGRAMMERING Hierdie vraag bestaan uit subvrae 3.1 tot 3.2. Die volgende belangrike inligting geld vir al die vrae: x Jy mag NIE gegewe kode verander of enigiets by die gegewe data of programmeringskode voeg NIE. x Kode moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word. x GEEN punte sal vir vaskodering (‘hardcoding’) toegeken word NIE. Gebruik datastrukture en veranderlikes. x MOENIE ‘filter’, ‘sort’, ‘locate’, ‘recordcount’, ens. gebruik NIE. Daar is duisende navorsingsartikels wat op die Covid-19 siekte gebaseer is. ƌ Databasis is ontwerp om ƌ aantal van hierdie artikels in ƌ tabel te stoor. ƌ Tabel met die naam Artikels in die KovidNavorsing.mdb-databasis word voorsien. ƌ Voorbeeld van die eerste paar rekords in die tabel word hieronder vertoon: Die ontwerpaansig van die tabel, Artikels, wat die volgende datavelde bevat, word hieronder vertoon: LET WEL: x Kode is verskaf om die databasis te koppel. x Wanneer die Herstel Databasis-knoppie geklik word, sal die data in die databasis na die oorspronklike data herstel word. x Die naam van die tabel wat in die kode moet gebruik word, is tblNavorsing. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11 Doen die volgende: x Kompileer en voer die program in die Vraag 3 lêergids uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit. x Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag3_u.pas-lêer in. x Voltooi die kode vir elke vraag soos wat dit in Vraag 3 beskryf word. 3.1 Knoppie [V3.1 Vertoon Bladsye] Vertoon die Titel van al die artikels wat meer as 100 Bladsye bevat. Vertoon die uitslae in die ‘richedit’, redVertoon. Voorbeeld van afvoer: (7) 3.2 Knoppie [V3.2 Verander na Engels] Daar is baie artikels wat in Engels geskryf is, maar die Taal is as ‘eng’ in die tabel gestoor. Dit was as gevolg van ƌ data toevoer fout. Skryf kode wat die Taal van die artikels van ‘eng’ na ‘English’ sal verander. Voorbeeld van afvoer vir die eerste paar reëls: (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) 3.3 Knoppie [V3.3 Verwyder PMC-artikels] Skryf kode om al die artikels waar die Bron-veld ‘PMC’ bevat, te verwyder. Voorbeeld van afvoer: (6) 3.4 Knoppie [V3.4 Persentasie Chinese artikels] Skryf kode om die persentasie Chinese artikels wat in die tabel bestaan, sal bereken en vertoon. Vertoon die totale aantal artikels in die tabel asook die persentasie Chinese artikels in die redVertoon ‘richedit’. Vertoon die persentasie Chinese artikels afgerond na ƌ heelgetal. Voorbeeld van afvoer in redVertoon (nadat PMC-artikels verwyder is (V3.3)): (13) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 13 3.5 Knoppie [Q3.5 Voeg Artikel By] Voeg ƌ nuwe artikel met die titel, ‘Vaccine trials’, by. Die artikel bestaan uit 43 bladsye en is in Engels geskryf deur die outeur ‘Watson M’ en is deur ‘Cureus’ gepubliseer. Voorbeeld van afvoer: (7) x Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in. x Stoor jou program. x ƌ Drukstuk van die kode mag vereis word. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 4: ALGEMENE PROBLEEMOPLOSSING Doen die volgende: x Kompileer en voer die program in die Vraag 4 lêergids uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit. x Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_u.pas lêer in. x Voltooi die kode vir elke vraag soos wat dit in Vraag 4 beskryf word. Knoppie [V4 Versoek vir Toets] Skryf kode om die volgende te doen: x Kry die naam en die ouderdom van ƌ pasiënt van die toevoerkomponente, edtnaam en sedouderdom. x As die ouderdom van die persoon hoër of gelyk aan 60 is, dan moet ƌ stringveranderlike die volgende bevat: ‘Jou toets is op ’ + stelseldatum. Voorbeeld van die gekompileerde string as vandag se datum 6 November 2020 is: ‘Jou toets is op 2020/11/06’ x As die ouderdom van die persoon minder as 60 is, dan moet die string die volgende bevat: ‘Jou toets is op ’ + stelseldatum + 1 dag Voorbeeld van die gekompileerde string as vandag se datum 6 November 2020 is: ‘Jou toets is op 2020/11/07’ x As die kontroleblokkie (‘check box’) met die naam chksimptome gekies word EN een van die ander (chkreis of chkkontak), dan moet die pasiënt se naam en die datum wanneer die toets gaan plaasvind, op twee aparte reëls in die byskrif, lblVertoon, vertoon word, anders moet ƌ boodskap ‘Kontak jou dokter as jy bekommerd is’ by die byskrif (lblVertoon) vertoon word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 15 Voorbeeld van afvoer vir Vraag 4 as vandag se datum 27 Junie 2020 is en as verskeie kontroleblokkies geselekteer is: x Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in. x Stoor jou program. x ƌ Drukstuk van die kode mag vereis word. [22] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 11 bladsye.
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) NAAM VAN LEERDER: TOTAAL TOTAAL TOTAAL TOTAAL TOTAAL VRAAG 1 VRAAG 2 VRAAG 3 VRAAG 4 /46 /42 /40 /22 /150 MAKS PUNTE VRAAG 1 PUNTE BEHAAL 1.1 Knoppie [V1.1 Kry pasiëntkode] Kry naam en van uit edtnaamvan 9 Kry die jaar uit edtjaar 9 Kry provinsie uit cmbprovinsie 9 As ‘itemindex’ van kombinasieblokkie = 0 9 Tel 1 by teller vir Oos-Kaap 9 Else 9 As ‘itemindex’ = 1 9 Tel 1 by Wes-Kaap teller 9 Else 9 Vertoon boodskap 9 en exit 9 Alternatief no 1: Case struktuur 9 Itemindex = 0 9 tel 1 by Oos-Kaap teller 9 Itemindex = 1 9 tel 1 by Wes-Kaap teller 9 26 Else 9 Vertoon boodskap 9 en exit 9 Kompileer die kode: Kry die eerste letter van naam 9 Kry die eerste letter van die van 9 gebruik pos 9 1ste karakter van naam 9 1ste karakter van die van 9 Karakters 3 en 4 van jaar 9 Eerste 4 karakters 9 van provinsie9 Ewekansige getalle 9 met die korrekte reeks (range) 9 (randomrange(1000,60001) en die gebruik van inttostr 9 Showmessage komponent om kode te vertoon 9 pnlOK caption = Oos-Kaap teller 9 pnlWK caption = Wes-Kaap teller 9 gebruik inttostr vir albei 9 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3 1.2 Knoppie [V1.2 Enkripsie] Kry toevoer van edttoevoer 9 en verander dit na uppercase 9 Ken * toe aan nuwe string 9 Gebruik ƌ lus 9 van 1 tot lengte van string 9 Kry korrekte geënkripteerde nommer (gebruik enige metode) 13 9999 Voeg die karakterindeks by die nuwe string 9 asook ƌ * 9 Vertoon die gekompileerde 9 string in label lblvertoon 9 1.3 Die rgpPrent ‘onclick’ gebeurtenis: As radiogroep se itemindeks= 0 9 stel imgPrent se visible eienskap 9 = false 9 7 As radiogroep se itemindeks = 1 9 stel imgPrent na ‘SAFVlag.jpg’9 en 9 stel imgPrent se visible eienskap = true 9 Vraag 1 Totaal 46 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) MAKS PUNTE VRAAG 2 PUNTE BEHAAL 2.1 Knoppie [V2.1 Vertoon] Sorteer twee skikkings Buite-lus van 1 tot 9 9 Binnelus van buitelus-teller +1 tot 10 9 As arrhoeveel[k] < arrhoeveel[l] dan 9 stel temp = arrhoeveel[k] 9 stel arrhoeveel[l] = arrhoeveel[k] 9 set arrhoeveel[k] = temp 9 doen die volgende algoritme vir arrdae 9 gebruik ƌ string temp veranderlike 9 Vertoon skikkings 21 Lus van 1 tot 10 9 Gebruik ƌ richedit 9 Vertoon inhoud van arrdae, 9 arrhoeveel 9 Gebruik ‘tab stop’ 9 gebruik inttostr vir arrhoeveel 9 Bereken en vertoon gemiddeld Inisialiseer die totaal veranderlike 9 Lus van 1 tot 10 9 stel totaal veranderlike = totaal 9 + arrhoeveel[lus indeks] 9 bereken gemiddelde = totaal/10 9 vertoon gemiddeld in richedit 9met ƌ boodskap afgerond na ƌ heelgetal 9 2.2 Knoppie [V2.3 Veelvoude] As die lêer nie bestaan nie 9 Vertoon ƌ boodskap 9 exit 9 Assignfile 9, reset9 Alternatiewe oplossing Lus van 1 tot 5 9 Stel teller = 0 Lees reël 9 en stoor in Lus tot einde van lêer 9 skikking 9 gebruik lusteller 9 Tel 1 by teller 9 Lees ƌ reël 9 Voeg by skikking, gebruik die teller 9 (trek 1 punt af as dieselfde tekslêer-veranderlike gebruik is in die volgende afdeling en dit is na die lees van lêer nie toegemaak nie) 21 Lus van 1 tot teller (of 5) 9 Voeg die syfer 9 van die konstante skikking 9 Aan die einde van die skikking [lusindeks] 9 En stoor in dieselfde skikking 9 Assignfile met korrekte lêernaam 9en Rewrite statement 9 Lus van 1 tot teller of 5 9 Skryf skikking na tekslêer 9 gebruik die lusindeks 9 Closefile statement after loop 9 Vertoon ƌ boodskap om te wys dat lêer geskryf is 9 Vraag 2 Totaal 42 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5 MAKS PUNTE VRAAG 3 PUNTE BEHAAL 3.1 KNOPPIE: [V3.1 Vertoon Bladsye] Gaan na eerste record 9 Lus tot einde van tabel 9 As Bladsye 9 > 100 9 7 Vertoon Titel 9 in richedit 9 Gaan na volgende rekord voor einde van lus 9 3.2 KNOPPIE: [V3.2 Verander na English] Gaan na eerste rekord 9 Lus tot einde van tabel 9 As Language = ‘eng’ 9 Edit 9 7 Stel Language = ‘English’ 9 Post 9 Gaan na volgende rekord voor einde van lus 9 3.3 KNOPPIE: [V3.3 Verwyder PMC artikels] Gaan na eerste rekord 9 Lus tot einde van tabel 9 As Bron = 'PMC' 9 6 Delete 9 else 9 Gaan na volgende rekord voor einde van lus 9 3.4 KNOPPIE: [V3.4 Persentasie van Chinese artikels] Stel teller na 0 9 en totaal na 0 9 Gaan na eerste rekord 9 Lus tot einde van tabel 9 As Language = ‘Chinese’ 9 Voeg 1 by teller 9 Voeg 1 by totaal veranderlike 9 13 Gaan na volgende rekord voor einde van lus 9 Vertoon in richedit 9 Totaal van al die artikels omgeskakel na string 9 Persentasie korrek bereken 9 vertoon as ƌ string 9 as ƌ heelgetal met geen desimale plekke 9 3.5 KNOPPIE: [V3.5 Voeg Artikel By] tblnavorsing.Insert; 9 tblnavorsing['Titel'] := ‘Vaccine trials’; 9 tblnavorsing['Outeur'] := ‘Watson M’; 9 7 tblnavorsing['Uitgewer'] := ‘Cureus’; 9 tblnavorsing[;Bladsye'] := 43; 9 tblnavorsing['Taal'] := ‘English’; 9 tblnavorsing.Post; 9 Vraag 3 Totaal 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) MAKS PUNTE VRAAG 4 PUNTE BEHAAL Knoppie [V4 Versoek vir Toets] Kry naam en van 9 en ouderdom 9 van toevoerkomponente Kry die stelseldatum 9 As ouderdom >= 60 9 string = ‘jou toetsdatum is’ 9 en stelseldatum as ƌ string 9 Else 9 22 string = ‘jou toetsdatum is’ 9 en stelseldatum 9 + 1 dag 9 as string 9 if chkSimptome.Checked 9 and 9 (chkReis.Checked 9or 9chkKontak.Checked 9) lblVertoon.Caption 9 = name 9+ #139 + kompileerde string 9 else 9 lblVertoon.Caption = 'Bel jou dokter as jy bekommerd is'; 9 Vraag 4 Totaal 22 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7 VOORGESTELDE OPLOSSINGS VRAAG 1 procedure TQuestion1.btnQ1_1Click(Sender: TObject); var sfull, sfirst, ssur, scode : string; sdate , sprov : string; begin // enter your code here case cmbprovince.itemindex of 0 : inc(inumec); 1 : inc(inumwc) else begin showmessage('Please choose a province'); exit; end; end; sfull := edtfullname.Text; sfirst := sfull[1]; delete(sfull,1,pos(' ',sfull)); ssur := sfull[1]; sdate := edtyob.text; sprov := cmbprovince.Text; scode := sfirst + ssur + copy(sdate,3,2) + copy(sprov,1,4) + inttostr(randomrange(1000,60001)); showmessage('Your patient code is ' + scode); pnlec.Caption := inttostr(inumec); pnlwc.Caption := inttostr(inumwc); end; procedure TQuestion1.btnQ1_2Click(Sender: TObject); var k, ipos : integer; snew, SSENT : string; const salpha = ' ABCDEFGHIJKLMNOPQRSTUVWXYZ'; begin // enter your code here ssent := uppercase(edtinput.Text); snew := '*'; for k := 1 to length(ssent) do begin ipos := pos(ssent[k],salpha); snew := snew + inttostr(ipos) + '*'; end; lbldisplay.Caption := snew; end; Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) procedure TQuestion1.rgbpictureClick(Sender: TObject); begin // enter your code here case rgbpicture.itemindex of 0 : imgdisplay.Visible := false; 1 : begin imgdisplay.Visible := true; imgdisplay.Picture.LoadFromFile('SAFlag.jpg'); end; end; end; VRAAG 2 procedure TfrmQuestion2.btnQ2_1Click(Sender: TObject); var k, l, itemp, inum, icount, itotal : integer; stemp, snum : string; rpercent : real; bfound : boolean; begin // provided code do not delete//////// redout.Paragraph.TabCount := 1; redout.Paragraph.tab[0] := 40; redout.Lines.Add('Date' + #9 + 'Cases'); for k := 1 to 9 do for l := k + 1 to 10 do begin if arrqty[k] < arrqty[l] then begin itemp := arrqty[k]; arrqty[k] := arrqty[l]; arrqty[l] := itemp; stemp := arrdays[k]; arrdays[k] := arrdays[l]; arrdays[l] := stemp; end; end; itotal := 0; for k := 1 to 10 do itotal := itotal + arrqty[k]; for k := 1 to 10 do redout.Lines.Add(arrdays[k] + #9 + inttostr(arrqty[k])); redout.Lines.Add(''); redout.Lines.Add('Average number of infections = ' + floattostrf(itotal/10,fffixed,8,0)); end; Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9 procedure TfrmQuestion2.btnQ2_2Click(Sender: TObject); // provided code do not delete/////// const arradd : array [1..5] of integer = (8,6,4,2,0); /////////////////////////////////////////////// var myfile, tfile : textfile; sline : string; k : integer; arrnumbers : array[1..6] of string; icount : integer; begin if not fileexists('numbers.txt') then begin showmessage('file not found'); exit; end; assignfile(myfile,'numbers.txt'); reset(myfile); icount := 0; while not eof(myfile) do begin inc(icount); readln(myfile,sline); arrnumbers[icount]:= sline; end; //closefile(myfile); for k := 1 to icount do begin arrnumbers[k] := arrnumbers[k] + inttostr(arradd[k]); end; assignfile(tfile,'Multiples of 18.txt'); rewrite(tfile); for k := 1 to 5 do writeln(tfile, arrnumbers[k]); closefile(tfile); end; Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 3 procedure TfrmQuestion3.btnQ3_1Click(Sender: TObject); begin reddisplay.Clear; tblresearch.First; while not tblresearch.eof do begin if tblresearch['Pages'] > 100 then reddisplay.Lines.Add(tblresearch['Title']); tblresearch.Next; end; end; procedure TfrmQuestion3.btnQ3_2Click(Sender: TObject); begin tblresearch.First; while not tblresearch.eof do begin if tblresearch['Language'] = 'eng' then begin tblresearch.Edit; tblresearch['Language'] := 'English'; tblresearch.Post; end; tblresearch.Next; end; end; procedure TfrmQuestion3.btnQ3_3Click(Sender: TObject); begin tblresearch.First; while not tblresearch.eof do begin if tblresearch['Source'] = 'PMC' then tblresearch.Delete else tblresearch.Next; end; end; procedure TfrmQuestion3.btnQ3_4Click(Sender: TObject); var inum , itotal : integer; begin inum := 0; itotal := 0; reddisplay.Clear; tblresearch.First; while not tblresearch.eof do begin Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11 if tblresearch['Language'] = 'Chinese' then inc(inum); inc(itotal); tblresearch.next; end; reddisplay.Lines.Add('Total number of articles = ' + inttostr(itotal)); reddisplay.Lines.Add('Percentage of Chinese articles = ' + floattostrf(inum/itotal *100,fffixed,8,0) + ' percent'); end; procedure TfrmQuestion3.btnQ3_5Click(Sender: TObject); begin tblresearch.insert; tblresearch['Title'] := 'Vaccine trials'; tblresearch['Author'] := 'Watson M'; tblresearch['Publisher'] := 'Cureus'; tblresearch['Pages'] := '43'; tblresearch['Language'] := 'English'; tblresearch.Post; end; VRAAG 4 procedure TfrmQuestion4.btnQ4Click(Sender: TObject); var sname : string; iage : integer; stestdate : string; begin // enter your code here// sname := edtname.Text; iage := sedage.Value; if iage >= 60 then stestdate := 'Your test is on ' + datetostr(date) else stestdate := 'Your test is on ' + datetostr(date + 1); if cbxsymptoms.Checked and (cbxtravel.Checked or cbxcontact.Checked) then lbldisplay.Caption := sname + #13 + stestdate else lbldisplay.Caption := 'Phone your doctor if you are worried'; Showmessage('File has been written'); end; Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Verified matching documents

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 Information Technology

Explore more published documents in this catalogue.

View all