NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*IINFTA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
You're offline
Skip to contentMemorandum 





View all
IT P2 GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D
Information Technology · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 32 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 32
- File size
- 398.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 32
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:
AFDELING A: Kortvrae (15)
AFDELING B: Stelseltegnologieë (26)
AFDELING C: Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie (25)
AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (21)
AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (24)
AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (39)
2. Lees AL die vrae noukeurig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen ‘n aanduiding van die getal
feite/redes wat vereis word.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.1.11 D.
1.1.1 Die tipe programmering wat hoofsaaklik gebruik word om vinnige,
effektiewe kode te skep wanneer stelselsagteware of ingeboude
(‘embedded’) kode geskryf word wat ƌ spesifieke toestel beheer en wat
‘n program wat klein en vinnig is, sal lewer.
A Hoë-vlak programmeringstale
B Lae-vlak programmeringstale
C Middel-vlak programmeringstale
D Vinnige toepassingontwikkeling (1)
1.1.2 Kies die korrekte antwoord vir die volgende uitdrukking:
20 DIV (10 - 20 MOD 3)
A 0
B 2
C 4
D 3 (1)
1.1.3 Enige volgorde van instruksies wat deur ƌ SVE uitgevoer kan word,
word ... genoem.
A proses
B program
C rafel (‘thread’)
D multitaakverwerking (‘multitasking’) (1)
1.1.4 Toets vir akkuraatheid van data vanuit ‘n menslike perspektief:
A Datavalidering
B Dataverifikasie
C Verwerking
D Magtiging (‘Authorisation’) (1)
1.1.5 Identifiseer die korrekte veranderlike naam(e) van die opsies hieronder
gelys.
A 1Team
B Begin
C _Discount
D Subject? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.1.6 … verwys na die byvoeging of verwydering van rekords of die
verandering van rekords in ƌ databasis.
A Dataverwerking
B Instandhouding van data
C Data-onafhanklikheid
D Datamanipulasie (1)
1.1.7 Modem beteken …
A Modulator en Demodulator
B Modulation en Demodulation
C Morden en demodex
D Beide B en C (1)
1.1.8 Instruksies in binêre formaat (nulle (0) en ene (1)) wat die SVE direk
kan uitvoer.
A ‘Assembler’
B Kodering
C Masjienkode
D ‘Assembly’-kode (1)
1.1.9 AGB (‘AUP’) beteken …
A ‘Acceptable Use Policy’
B ‘Accelerated User Policy‘
C ‘Acceptable Uniform Policy’
D ‘Access Usage Program’ (1)
1.1.10 Proses waardeur sekere roetineprosesse in ƌ kantoor sonder
menslike ingryping uitgevoer kan word.
A Uitkontraktering (‘Outsourcing’)
B Kantooroutomatisering
C Sentralisering
D Teleprosessering (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5
1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.2.1 Die onnodige herhaling van data in ƌ databasis, word … genoem. (1)
1.2.2 Wanneer daar van gedesentraliseerde plekke gewerk word, bv. ƌ huis,
en moderne kommunikasie gebruik word om gereeld by ‘n fisiese
kantoor aan te meld. (1)
1.2.3 Probleme of foute wat voorkom wanneer jy probeer om data by te
voeg, te verwyder of te verander. (1)
1.2.4 … is ƌ vaste waarde wat aan ƌ veranderlike in ƌ program toegeken
word. (1)
1.2.5 Die installering van ƌ nuwe, gekraakte (‘cracked’) weergawe van die
bedryfstelsel-vasteware (‘firmware’) wat beperkings en beheer
verwyder. (1)
TOTAAL AFDELING A: 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË
VRAAG 2
Dit is die era van moderne rekenaars. Betroubare werkverrigting in rekenaars is
baie belangrk vir die verbruiker. Vervaardigers vervaardig ƌ verskeidenheid
mededingende elektroniese toestelle wat vir gebruikers bekostigbaar is. Bestudeer
die spesifikasies en pakketbesonderhede hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
Spesifikasie A Spesifikasie B
Windows 10 Pro (64 bit) Windows 10 Home (32 bit)
16 x 1024 MB DDR3 8 x1024 MB DDR3
Intel CoreTM i7 9750H Intel CoreTM i5 8265H
960 GB NVME and Intel RX 5700XT 8GB I.5 TB 9200 RPM and NVDIA GTX 1660 4GB
Kaspersky ESET
OfficeSuite10.5 LibreOffice v10.2
2.1 EKG (‘RAM’) is ƌ belangrike komponent van enige soort elektroniese toestel.
2.1.1 Wat is ƌ ander naam vir die hardewarekomponent wat die EKG
bevat? (1)
2.1.2 Watter tipe geheue word met EKG geassosieer? (1)
2.1.3 Noem die komponent in die moederbord waar die EKG verbind word. (1)
2.1.4 Spesifikasie B het ƌ 32-bis bedryfstelsel. Watter impak het dit in
terme van EKG? (1)
2.1.5 Noem die rol van EKG in ƌ elektroniese toestel. (1)
2.2 Gee voorbeelde van stelselsagteware in enige spesifikasie (Spesifikasie A of
Spesifikasie B) en noem watter tipe stelselsagteware elkeen voorstel. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7
2.3 Albei skootrekenaars het DDT modules.
2.3.1 Skakel die EKG van die spesifikasie van skootrekenaar B om na GB. (1)
2.3.2 Skryf die akroniem DDT volledig uit. (1)
2.4 Moderne SVE’s werk met baie hoër snelhede as die moederbord. Hulle moet
die kasgeheue baie gebruik om maksimum produktiwiteit aan die gang te hou.
2.4.1 Noem die vinnigste SVE-spoed wat in die bogenoemde spesifikasies
gegee is. (1)
2.4.2 Die volgorde van die stappe wat die SVE volg, word … genoem. (1)
2.4.3 Noem die VIER stappe wat die SVE volg. (4)
2.5 Baie skootrekenaars het ƌ ingeboude/geïntegreerde videoverwerker en ƌ
videokaart.
2.5.1 Noem die doel van ƌ ingeboude of geïntegreerde videoverwerker en
videokaart in skootrekenaars. (2)
2.5.2 Noem die videokaarte wat in die bogenoemde spesifikasies
gekwoteer is. (2)
2.6 Lys en verduidelik TWEE verskillende programmeringstaal-vertalers. (4)
2.7 HDMI-poorte is deesdae standaard insluitings op rekenaars.
2.7.1 Gee die doel van die HDMI-poort in rekenaars. (2)
2.7.2 Skryf HDMI volledig uit. (1)
TOTAAL AFDELING B: 26
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
VRAAG 3
Weet jy wat in jou netwerk skuil? Besighede en individue word aangemoedig om te
dink aan die spoke, in die vorm van kwaadwillige sagteware, wat dalk of dalk nie in
hul masjiene skuil. Bedreigings (‘threats’) het die vermoë om vir lang tydperke in ƌ
netwerk te wees sonder dat enige iemand weet voordat dit die stelsel bedreig en/of
intelligensiediefstal plaasvind.
3.1 Mense wil 24/7 verbind wees.
3.1.1 Verduidelik die konsep rekenaarnetwerk. (1)
3.1.2 Gee TWEE redes hoekom netwerke gebruik word. (2)
3.1.3 Wat is ƌ ander naam vir die Internet? (1)
3.2 Verskillende media vereis dat data verskillend gekodeer moet word. Data word
verskillend gestuur wanneer verskillende media gebruik word. Dit is waarom
moderne toestelle (veral mobiele toestelle) ten minste twee verskillende ‘NIC’s
bevat.
Beantwoord die volgende vrae in terme van die tipe ‘NIC’s wat deur die
toestelle in elke vraag gebruik word. Voltooi die volgende sinne.
3.2.1 Slimfone en tablette het gewoonlik ƌ 3.2.1(a) _______ ‘NIC’ en ƌ
3.2.1(b) _________ sellulêre modem. (2)
3.2.2 Skootrekenaars het ƌ 3.2.2(a) ________ ‘NIC’ en ƌ 3.2.2(b)
_________ poort. (2)
3.3 Noem die funksie van die Wi-Fi-toegangspunt. (1)
3.3.1 Wat is ƌ ander naam vir ƌ toegangspunt? (1)
3.3.2 Onderskei tussen warmkol en bandwydte. (2)
3.4 ‘Voice over Internet Protocol’ (VoIP) is die kommunikasieprotokol, die
tegnologieë, die metodologieë en transmissiemetodes wat betrokke is by die
lewering van stemkommunikasie en multimedia-sessies via die Internet.
3.4.1 Noem die bekende sagteware-pakket wat mense toelaat om deur
middel van VoIP te kommunikeer. (1)
3.4.2 Noem TWEE nadele van die gebruik van VoIP sagteware. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9
3.5 Daar is lêeroordragprogramme wat jy kan installeer, wat die oordragspoed
van data oor die Internet vir die verskillende lêeroordragprotokolle sal
verbeter deur verskillende samepersingstegnieke te gebruik.
3.5.1 Noem en verduidelik TWEE tipes data-samepersing. (2)
3.5.2 Noem EEN voorbeeld van elke tipe data-samepersing. (2)
3.6 Die beste voorbeeld van ƌ WAN is die Internet, wat ook openbare WAN of
GAN genoem word.
3.6.1 Lys en verduidelik TWEE tipes Internetverbindings. (4)
3.6.2 Lys EEN voorbeeld van elke verbinding. (2)
TOTAAL AFDELING C: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR
VRAAG 4
ƌ Skooldatabasis, byvoorbeeld, bevat data oor studente en klasse. Wanneer ƌ
student aanvaar word, voer die toelatingsdepartmentklerk vele data-items in die
rekenaar. Die rekenaarklerk gebruik ƌ digitale kamera om ƌ foto van die nuwe
student te neem. Hierdie foto, tesame met ander inligting, word in ƌ databasis op die
bediener se hardeskyf gestoor.
4.1 Deur tyd te neem om te leer wat ƌ databasisbestuurstelsel is, kry jy ook insig
in die konsep en take van databasisbestuur.
4.1.1 Definieer die konsep DBBS (die betekenis van die akroniem word nie
benodig nie). (1)
4.1.2 Noem DRIE funksies van DBBS-sagteware. (3)
4.1.3 Wat is ƌ ander naam vir Google se Databasis? (1)
4.2 Datavalidasie is ƌ tegniek om die aantal foute, wat tydens die toevoer van data
gemaak word, te verminder.
4.2.1 Noem DRIE maatreëls/ maniere wat in programme/toepassings
gebruik kan word om te verseker dat data geldig is. (3)
4.2.2 Lys DRIE eienskappe van waardevolle inligting. (3)
4.3
tblStudent
StudentID tblStudentTransactions
FirstName TransactionID
LastName StudentID
Address PostDate
City Amount
PostalCode Description
DateAdmitted
Major
Photo
4.3.1 Teken die bostaande tabelle in jou ANTWOORDEBOEK. Identifiseer ƌ
primêre sleutel (PK) en ƌ vreemde sleutel (FK) vir elke tabel. Verbind
die tabelle en dui die tipe verwantskap wat tussen die tabelle bestaan
aan. (5)
4.3.2 Onderskei tussen die saamgestelde sleutels (‘composite keys’) en ƌ
primêre sleutel (‘primary key’). (2)
4.4 Noem DRIE funksies van ƌ DBA. (3)
TOTAAL AFDELING D: 21
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11
AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING
VRAAG 5
5.1 Tekslêers bied ƌ eenvoudige, gerieflike en permanente manier om teksdata te
stoor en is algemeen vir die invoer en uitvoer van data na en van programme.
Tekslêers bestaan uit teks wat gewoonlik baie min formattering bevat.
5.1.1 … spesifiseer ƌ stel van 128 standaard karakters, insluitend 52
hoofletters en kleinletters van die Engelse alfabet, 10 syfers, 32
tipografiese simbole en 34 kontrolekarakters. (1)
5.1.2 Data wat in ƌ Excel-lêer gestoor is kan omgeskakel word na ƌ tekslêer-
formaat as ‘n … lêertipe. (1)
5.1.3 Beskryf die funksie van die volgende tekslêer-stellings:
(a) AssignFile(txtStock, ‘Goods.txt’); (1)
(b) Append(txtStock); (2)
5.2 … is ƌ ontfoutingsmetode in Delphi wat gebruik word om die program uit te
voer en die waardes van die veranderlikes te vertoon terwyl die program
uitgevoer word. (1)
5.3 Verduidelik kortliks die konsep ‘data persistence’. (1)
5.4 In programmering wil ons gewoonlik die desimale waardes/punte onder
mekaar vertoon.
5.4.1 Verduidelik die doel van die Format-funksie. (1)
5.4.2 Verduidelik die doel van die beheerkodes, buiten Format, in die
argument wat hieronder gegee word.
(a) Format(‘%10.2f’, [rWeight]) (5)
(b) Jy kan die f formaatopsie verander na ____, wat die
formaatfunksie laat weet dat die waarde _____ is. (2)
5.5 Onderskei tussen seleksiesortering en borrelsortering. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
5.6 Teken die gegewe naspeurtabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK.
Gebruik die gegewe kode en dui aan wat vertoon sal word as die program
uitgevoer word.
Var
waarde1, waarde2, waarde3 : integer;
waarde4 : real;
begin
1. waarde3 := 10;
2. waarde1 :=30 – 5 * 5;
3. waarde2 := 32 – waarde1 * waarde1;
4. waarde4 := (waarde1 + waarde2) – waarde2/waarde1;
5. waarde2 := waarde3 MOD 4;
6. waarde1 := waarde3 DIV waarde2;
7. redOut.Lines.Add(IntToStr(waarde1));
8. redOut.Lines.Add(IntToStr(waarde2));
9. redOut.Lines.Add(IntToStr(waarde3));
10. redOut.Lines.Add(FloatToStr(waarde4));
Reël Waarde1 Waarde2 Waarde3 Waarde4 Afvoer
1.
2
3
(10 ÷ 2) = (5)
5.7 Onderskei tussen Readln en Writeln. (2)
TOTAAL AFDELING D: 24
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 13
AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
Dit is moeilik om te dink aan enige menslike pogings (‘endeavour’) wat nie voordeel
kan trek uit die gebruik van IKT nie as gevolg van die wonderlike toepassings
daarvan. IKT maak ƌ verskil in sommige wêreldtendense wat die mensdom as
geheel beïnvloed.
6.1 Die manier waarop IT die werkplek beïnvloed het, hang af van die tipe werk
wat jy doen.
6.1.1 Noem enige DRIE voorbeelde van hoe IT veranderings na die
werksplek gebring het. (3)
6.1.2 Noem TWEE maniere waarop IT-stelsels die lewe vir musikante baie
makliker gemaak het. (2)
6.1.3 Onderskei tussen werkplek en werkspraktyke. (2)
6.1.4 Regeringsentiteite en maatskappye gebruik uitkontraktering.
Verduidelik wat uitkontraktering is. (2)
6.2 Netwerke is ƌ baie belangrike deel van IKT en het dit moontlik gemaak om
data en hulpbronne te deel. Dit het baie makliker geword om ‘piracy’, plagiaat
en ander vorme van kubermisdaad te pleeg.
6.2.1 Waar word beleide wat beheer waartoe die gebruiker toegang in die
netwerk het, gestel? (1)
6.2.2 Noem enige DRIE aspekte wat by AUP ingesluit moet word. (3)
6.2.3 Om gebruikersaktiwiteit en toegangbeheer te beperk deur opsies in
die hardware en sagteware te verander, word … genoem. (1)
6.3 Die verbeterde kommunikasie wat deur IKT moontlik gemaak is, het die
belangrikheid van fisieke teenwoordigheid op ƌ spesifieke werkplek verminder.
Werkgewers kan nou vir werknemers in enige stad of selfs land soek, omdat
hul almal die werk in digitale formaat vanaf enige plek kan doen.
6.3.1 Noem DRIE maniere waarop IKT kan help om die doeltreffendheid
van die regering te verbeter. (3)
6.3.2 Noem DRIE redes waarom mense somtyds bang is vir IKT. (3)
6.4 Die ontwikkeling van tegnologie beïnvloed heeltemal te veel aspekte van die
lewe en die samelewing.
6.4.1 Verduidelik wat globalisering is. (2)
6.4.2 Noem enige DRIE voordele/resultate van globalisering. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
6.4.3 Die samelewing het verskillende fases van die Industriële Revolusie
deurgemaak. Noem enige TWEE sektore en voordele wat die 4IR in
elke sektor saamgevoeg het. (4)
6.5 Alle soorte instellings benodig data en inligting om hul werk te verrig en
suksesvol te wees. Instellings gebruik vandag rekenaars om data en inligting
te stoor en te bestuur.
ƌ Eienskap wat rekenaars handig maak, is akkuraatheid. Akkuraatheid hang af
van die kwaliteit en korrektheid van die data.
6.5.1 Noem enige DRIE algemene menslike foute wat groot skade in terme
van verlies van data kan veroorsaak. (3)
6.5.2 Daar moet ƌ stelselmatige plan of skedule wees om te verseker dat
data gereeld gerugsteun word. Noem enige DRIE rugsteunwenke. (3)
6.6 Daar is maatreëls wat in programme en toepassings ingesluit kan word om te
verseker dat data geldig is.
Noem enige DRIE metodes en tegnieke wat gebruik word om data te valideer. (3)
6.7 Verduidelik kortliks die konsep verpligte velde (‘mandatory fields’). (1)
TOTAAL AFDELING F: 39
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
NASIENRIGLYN
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 1.1.1 B 9– (Lae-vlak programmeringstaal) (1)
1.1.2 A 9– (0) (1)
1.1.3 A 9– (Proses) (1)
1.1.4 B 9– (Dataverifikasie) (1)
1.1.5 C 9– (_Discount) (1)
1.1.6 B 9– (Instandhouding van Data) (1)
1.1.7 B 9– (Modulation en Demodulation) (1)
1.1.8 C 9– (Masjienkode) (1)
1.1.9 A 9– (‘Acceptable Usage Policy’) (1)
1.1.10 B 9– (Kantooroutomatisering) (1)
1.2 1.2.1 Data-oortolligheid 9 (1)
1.2.2 Telependelary (‘Telecommuting’) 9 (1)
1.2.3 Onreëlmatigheid (‘Anomaly/Anomalies’) 9 (1)
1.2.4 Konstant 9 (1)
1.2.5 Perkbreking (‘Jail breaking’) 9 (1)
TOTAAL AFDELING A: 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË
VRAAG 2
2.1 2.1.1 ‘Dual Inline Memory Module’ / DIMM 9 (1)
2.1.2 Onstabiele geheue (‘Volatile memory’) 9 (1)
2.1.3 DIMM-gleuwe/RAM-gleuwe 9 (1)
2.1.4 32-bis bedryfstelsel kan slegs 4GB geheue sien en gebruik. 9 (1)
2.1.5 Enige EEN: 9
x Laai data en instruksies (programme en toepassings) voordat die
SVE dit kan gebruik.
x Stoor data en instruksies (programme en toepassings) tydelik
voordat die SVE dit kan gebruik. (1)
2.2 Enige EEN: 99
Spesifikasie A
x Windows 10 Pro – Bedryfstelsel
x Kaspersky – Hulpprogram (‘Utility software’)
Spesifikasie B
x Windows 10 Home – Bedryfstelsel
x ESET – Hulpprogram (‘Utility software’) (2)
2.3 2.3.1 8192 GB / 8GB 9 (1)
2.3.2 ‘Double Data Rate’ 9 (1)
2.4 2.4.1 Intel CoreTM i7 9750H 9 (1)
2.4.2 Masjiensiklus 9 (1)
2.4.3 x Haal die instruksies en data van geheue (EKG) 9
x Dekodering van die instruksies 9
x Voer die instruksies uit 9
x Stuur die data terug na die geheue 9 (4)
2.5 2.5.1 x Ingeboude video/geïntegreerde verwerker word gebruik wanneer
normale take 9 gedoen word want dit gebruik minder krag en
batterylewe.
x Videokaarte word gebruik vir programme wat goeie grafiese
karakter vereis. 9 (2)
2.5.2 x Intel RX 5700XT 8GB 9
x NVDIA GTX 1660 4GB 9 (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.6 x Kompileerder 9 vat die hele program en vertaal dit na masjienkode. 9
x Interpreteerder 9 voer een reël uit op ƌ slag en vertaal dit na
masjienkode 9 (4)
2.7 2.7.1 HDMI is ƌ klank-/videokoppelvlak om onsaamgeperste videodata, 9
saamgeperste of onsaamgeperste digitale klank van ƌ HDMI-toestel
na ƌ rekenaarmonitor, videoprojektor, digitale TV of
digitaleklanktoestel oor te dra. 9 (2)
2.7.2 ‘High Definition Multimedia Interface’ 9 (1)
TOTAAL AFDELING B: 26
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5
AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
VRAAG 3
3.1 3.1.1 Rekenaarnetwerk is ƌ versameling van rekenaars of ander toestelle
wat deur ƌ kommunikasiemedium/kanaal verbind is en wat gebruikers
toelaat om sagteware, hardeware, data en inligting te deel. 9 (1)
3.1.2 Enige TWEE: 99
x Vinnige en effektiewe kommunikasie
x Deel van hardeware-hulpbronne
x Sentralisering van data
x Oordrag van lêers
x Ontspanning
x Verhoogde beheer en sekuriteit
x Buigsame toegang (2)
3.1.3 Globale Area Netwerk (GAN) / Wêreld Wye Web (WWW) 9 (1)
3.2 3.2.1 (a) Wi-Fi 9 NIC (1)
(b) 3G/4G/LTE/5G 9 (1)
3.2.2 (a) Wi-Fi 9 NIC (1)
(b) Ethernet 9 poort (1)
3.3 Wi-Fi-toegangspunt stuur en ontvang radioseine en laat toe dat toestelle aan
ƌ gekabelde netwerk kabelloos verbind. 9 (1)
3.3.1 ‘Base station’ 9 (1)
3.3.2 x Warmkol is ƌ area, gewoonlik in ƌ openbare plek (soos ƌ
lughawe, hotelvoorportaal, restaurant, ens.), waar mense toegang
tot Wi-Fi het deur kabelloos aan die Internet via gekabelde
netwerk te verbind. 9
x Bandwydte verwys na die totale aantal data wat van een punt na ƌ
ander punt in ƌ gegewe tyd oorgedra kan word. 9 (2)
3.4 3.4.1 Enige EEN: 9
x Skype
x Google voice
x Vonage
x ooVoo
x Viber
x Facebook Messenger
x Jitsi
x MicoSIP
x 8*8
x EkigaZoiPer (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
3.4.2 Enige TWEE: 99
x Die kwaliteit van die oproep kan sleg wees as jy ƌ stadige
Internetverbinding het.
x Jou datapak kan vining opgebruik word, veral as jy video gebruik.
x Jy moet krediet aankoop om telefone te bel wat nie op die Internet
is nie.
x Jy moet ƌ Internetverbinding hê en albei gebruikers moet
dieselfde sagteware gebruik. (2)
3.5 3.5.1 x Verliesende kompressie pers die data saam deur van die data te
verloor/data wat nie baie belangrik is nie en wat nie opgemerk
gaan word nie, word verwyder. 9
x Onverliesende kompressie (‘lossless’) pers data saam sonder dat
enige data verwyder word. 9 (2)
3.5.2 Verliesende kompressie (Enige EEN): 9
x Klank
x Video
x Stil foto’s
Onverliesende kompressie (Enige EEN): 9
x Dokumente
x Sigblaaie
x Databasisse (2)
3.6 3.6.1 x Vaste ligging Internet-toegang 9 verwys na vinnige data-oordrag
na huise en besighede deur kabeltegnologie te gebruik. 9
x Mobiele Internet-toegang 9 verwys na die vermoë om aan die
Internet te koppel deur kabellose tegnologie, soos sellulêre
netwerke, te gebruik. 9 (4)
3.6.2 Vaste ligging Internet
x ADSL 9
Mobiele Internet (Enige EEN): 9
x 3G
x 4G/LTE
x 5G (2)
TOTAAL AFDELING C: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR
VRAAG 4
4.1 4.1.1 DBBS is sagteware wat jou toelaat om met elektroniese databasisse
te werk. 9 (1)
4.1.2 Enige DRIE: 999
x Skep databasis
x Verander die struktuur van die databasis
x Voeg by, verander en verwyder data in die databasis
x Vra of soek vir data in die databasis
x Verwerk die data in die databasis om inligting te verkry (3)
4.1.3 Bigtable 9 (1)
4.2 4.2.1 Enige DRIE: 999
x Formaattoets
x Datatipe-toets
x Intervaltoets
x Teenwoordigheidstoets
x ‘Check digit’ (3)
4.2.2 x Akkuraat en sonder foute 9
x Verifieerbaar 9
x Huidige inligting 9 (3)
4.3 4.3.1
tblStudent tblStudentTransactions
PK 9 StudentID 19
/m 9
PK 9 TransactionID
FirstName FK 9 StudentID
LastName PostDate
Address Amount
City Description
PostalCode
DateAdmitted
Major
Photo (5)
4.3.2 Saamgestelde sleutels verwys na ƌ kombinasie van meer as een veld
wat ƌ unieke rekord identifiseer. 9
Primêre sleutel is ƌ veld wat elke rekord met unieke waardes
identifiseer. 9 (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
4.4 Enige DRIE: 999
x Bestuur en onderhou databasisse
x Beheer die toekenning en toesig van gebruikers van die databasis en hul
toegangsregte
x Doen roetine onderhoud op die databasis
x Verseker dat die sagteware gereeld opdateer word
x Implementeer ƌ goeie rugsteunbeleid
x Installasie en instelling van sagteware op addisionele bedieners
x Verseker dat stelsels genoeg stoorplek en geheue het (3)
TOTAAL AFDELING D: 21
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9
AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING
VRAAG 5
5.1 5.1.1 ‘American Standard Code for Information Interchange’ / ASCII 9 (1)
5.1.2 CSV/‘Comma elimited’ 9 (1)
5.1.3 (a) AssignFile(txtStock, ‘Goods.txt) – Verbind die veranderlike
(txtStock) met die lêer op die skyf (Goods.txt). 9 (1)
(b) Append(txtStock) – maak die bestaande lêer oop om na te
skryf, 9 die lêerwyser is aan die einde van die lêer en die nuwe
data word aan die einde van die lêer bygevoeg. 9 (2)
5.2 Stap-en-kyk (‘Step-and-Watch’) 9 (1)
5.3 ‘Data persistence’ verwys na die vermoë om data te herwin en om dit meer
as een keer te gebruik nadat dit gestoor is. 9 (1)
5.4 5.4.1 ‘Format’ funksie word gebruik om reële waardes om te skakel na
stringwaardes, almal met dieselfde lengte, 9 met spasies aan die
begin. (1)
5.4.2 (a) x % – beteken dat die teks wat volg formateringinstruksies is
en nie gewone teks nie 9
x 10 – wys dat die finale string 10 karakters sal bevat 9
x 2 – wys dat die finale string 2 desimale punte sal bevat 9
x f – wys dat die waarde wat omgeskakel moet word in die
tweede parameter ƌ desimale punt-waarde is 9
x rWeight – bevat die inligting wat na ƌ geformateerde string
omgeskakel moet word 9 (5)
(b) m, 9 geldeenheid 9 (2)
5.5 x Seleksiesortering is ƌ sorteringsalgoritme wat twee For-lusse gebruik om
ƌ lys te sorteer, deur die kleinste of grootste element na die begin van
die lys te skuif. 9
x Borrelsortering is a sorteringsalgoritme wat die kleinste of grootste
element na die einde van die lys beweeg deur ƌ Boolese waarde en ƌ
For-lus te gebruik. 9 (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
5.6 Reël Waade1 Waarde2 Waarde3 Waarde4 Afvoer
1 10 9
2 59
3 79
4 10.6 9
5 29
6 59
7 59
8 29
9 10 9
10 10.6 9 (5)
5.7 x Readln sal ƌ reël van die tekslêer lees en dit in ƌ stringveranderlike
stoor. 9
x Writeln sal ƌ reël na die tekslêer skryf 9 en ƌ EOLn karakter aan die
einde van die reël voeg. (2)
TOTAAL AFDELING D: 24
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11
AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
6.1 6.1.1 Enige DRIE voorbeelde: 999
x Beter rekordhouding of stoor en bestuur van data
x Beter kommunikasie en virtuele teenwoordigheid
x Outomatisasie
x Kunsmatige Intelligensie en sensor-gedrewe rekenaarverwerking (3)
6.1.2 Enige TWEE: 99
x Musikante kan nou albums makliker en goedkoper opneem as
vantevore.
x Bekende musikante het al albums vrygestel wat heeltemal op
iPads opgeneem is.
x Musikante versprei hul werk direk sonder die gebruik van ƌ
studio.
x IKT gee hul baie opsies om hulself te bemark.
x Kopers kan musiek via Internet koop/ aflaai. (2)
6.1.3 x Werkplek – is waar ookal werk plaasvind/enige plek waar
mense werk. 9
x Werkspraktyke – verwys na hoe mense aangestel is, 9 vir hoe
lank, hoe hul betaal word en wanneer en waar hul verwag word
om te werk. (2)
6.1.4 Uitkontraktering is wanneer ƌ besigheid wat in sekere aspekte van
jou besigheid spesialiseer, gebruik word om die spesifieke taak te
verrig, 9 maar dit val nie binne jou area van kennis nie. 9 (2)
6.2 6.2.1 Instellings van netwerkbedienerstelsels 9 (1)
6.2.2 Enige DRIE aspekte: 999
x ƌ Gedragsbeleid wat gebruikers opvoed en hul gedrag beheer
wanneer hul die netwerk en Internet gebruik.
x Inligting wanneer en waar draagbare stoortoestelle soos
geheuestokkies en draagbare mediaspelers gebruik mag word.
x Inligting oor beperkings oor die installering van enige hardeware
of sagteware.
x Prosedures wat gevolg sal word as gebruikers slagoffers van
identiteitsdiefstal, kwaadwillige sagteware, kuberafknouery en/of
kuber-agtervolging vind.
x Advies oor hoe om plagiaat en breking van kopieregwet te
vermy.
x Duidelike gevolge wanneer die riglyne wat in die AGB gegee
word, oortree word. (3)
6.2.3 Beperkings 9 (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
6.3 6.3.1 Enige DRIE: 999
x Beter kommunikasie
x Meer effektiewe administrasie
x Sensus en statistieke
x Verkiesings
x Weerdienste en voorspellings (3)
6.3.2 Enige DRIE: 999
x Nie genoeg kennis van en blootstelling aan IKT nie.
x IKT stel hul bloot aan risiko’s wat hul nie kan beheer nie.
x Misbruik van IKT deur kriminele elemente d.m.v. aktiwiteite
soos inbraak, kubermisdaad.
x Kwaadwillige sagteware vermeerder mense se angs oor IKT en
beperk die implementering en aanvaarding van IKT-projekte. (3)
6.4 6.4.1 Globalisering is die integrasie van ekonomieë, kulture, idees en
groepe regoor die wêreld 9 wat deur die wêreldwye netwerk van
kommunikasie, vervoer, handel en immigrasie aangedryf word. 9
OF
Globalisering is ƌ proses van verbinding, interaksie en integrasie
tussen mense, besighede en regering. 99 (2)
6.4.2 Enige DRIE: 999
x ƌ Doeltreffende mark waar daar ƌ ewewig is tussen wat kopers
bereid is om vir ƌ goed of diens te betaal en wat verkopers
bereid is om ƌ goed of diens voor te verkoop.
x Toenemende mededinging tussen ondernemings wat die diens
en kwaliteit van goedere of dienste wat aan die verbruiker
gelewer word, verbeter.
x Veiligheid omdat lande se ekonomieë ineengevleg en afhanklik
van mekaar is.
x Rykdomgelykheid (‘wealth equality’) regoor die wêreld,
aangesien armer lande meer werksgeleenthede het. (3)
6.4.3 x Landbousektor: 9 KI-aangedrewe masjienvisiestelsels kan
gewaspopulasies meet en onkruid of plantplae opspoor en
robotbespuiters gebruik om onkruiddoders akkuraat toe te
dien. 9
x Gesondheidsektor: 9 Presisiegeneeskunde help dokters om die
genoomvolgorde, mediese geskiedenis en lewenstyl van ƌ
pasiënt te ontleed, wat die diagnose meer betroubaar maak. 9 (4)
6.5 6.5.1 Enige DRIE: 999
x Lêers per ongeluk verwyder of die hardeskyf formateer.
x Maak nie seker dat gereëlde rugsteun plaasvind nie.
x Data foutief in ƌ program inlees.
x Verloor of verlê van draagbare stoortoestelle.
x Om ander ongemagtigde gebruikers toe te laat om toegang tot
data te kry deur nie sekuriteitsbeginsels te volg nie (soos om ƌ
veilige wagwoord te hê en dit gereeld te verander.) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 13
6.5.2 Enige DRIE: 999
x Jy moet data rugsteun.
x Maak outomaties gebruik van die rugsteunprogrammatuur of
skeduleer dit sodat jy nie die rugsteunproses vergeeet nie.
x Rugsteun jou lêers op ƌ eksterne stoortoestel soos ƌ draagbare
hardeskyf.
x Moenie rugsteun op die perseel hou nie ingeval daar ƌ ramp
soos diefstal of ƌ brand is.
x Voer huishouding uit sodat jy nie meer kopieë of weergawes van
dieselfde lêers op jou rekenaar het nie.
x Oorweeg dit om groot lêers wat jy selde gebruik, te argiveer deur
dit van jou rekenaar na 'n eksterne hardeskyf af te skuif.
x Kyk van tyd tot tyd of die rugsteun eintlik werk, deur sommige
van die lêers van rugsteun te herstel. (3)
6.6 Enige DRIE: 999
x Verminder gebruikertoevoer
x Formaattoets
x Datatipe-toets
x Intervaltoets
x Teenwoordigheidstoets (3)
6.7 Verpligte velde is spesifieke velde wat verplig is en wat ingevul moet
word. 9 (1)
TOTAAL AFDELING F: 39
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG hlayiso.com

Memorandum
IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR hlayiso.com

Memorandum
IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR

Memorandum
IT P1 MEMO GR11 NOV 2020 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
IT P1 MEMO GR11 NOV 2020 Afrikaans D hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
More from Grade 11 Information Technology
Explore more published documents in this catalogue.












