NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
LEWENSWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Life Sciences Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 QP
Grade 11 Life Sciences Paper 1 question paper from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 673.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
National Exemplar November Exam 2020
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Memo · EngMemo · Eng (2)Memo · Eng (3)Memo · AfrMemo · Afr (2)Memo · Afr (3)
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Question paper · Afr (3)Question paperMemo · EngMemo · AfrMemo · Afr (2)Memo · Afr (3)MemoMemo (2)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoord op ELKE vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1–
1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Energie word tydens ... vrygestel.
A fotosintese
B selrespirasie
C transpirasie
D vertering
1.1.2 Watter EEN van die volgende weë/paaie toon die korrekte volgorde van
lugbeweging tydens uitaseming?
A Brongioli→brongus→alveolus→tragea
B Alveolus→brongioli→brongus→tragea
C Tragea→brongus→brongioli→alveolus
D Alveolus→brongus→brongioli→tragea
1.1.3 Die deel van die brein wat geaktiveer word wanneer iemand begin
dehidreer, is die ...
A serebrum.
B serebellum.
C pons.
D hipotalamus.
1.1.4 Watter EEN van die volgende stowwe word tydens anaërobiese
respirasie deur gisselle gevorm?
A Etielalkohol (etanol)
B Suurstof
C Glukose
D Koolsuur
1.1.5 Koolstofdioksied word hoofsaaklik in die vorm van ... vervoer.
A ureum
B karboksielsuur
C bikarbonaatione
D melksuur
1.1.6 Watter van die volgende faktore sal die tempo van asemhaling by die
mens bepaal (beïnvloed)?
A Koolstofdioksiedvlak in die bloed
B Vlak van suurstof in die uitgeasemde lug
C Hoeveelheid water in die bloed
D Konsentrasie insulien in die bloed
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
1.1.7 As die pH van die bloed te laag daal, watter stof sal deur die selle van
die nierbuisie vanuit die bloed in die filtraat uitgeskei word om hierdie
wanbalans reg te stel?
A Kaliumione
B Karbonaatione
C Natriumione
D Waterstofione
1.1.8 Die bloedweefsel wat suurstof vervoer, is die ...
A witbloedselle
B rooibloedselle
C bloedplaatjies
D hemoglobien
1.1.9 Watter EEN van die volgende bloedvate vervoer suurstof vanaf die long
na die hart?
A Pulmonêre arterie/longslagaar
B Nieraar
C Leweraar
D Longaar
1.1.10 Watter streek van die nier bevat nierpiramides?
A medulla
B korteks
C hilum
D pelvis (nierbekken) (10 x 2) (20)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die proses waardeur die liggaam van metaboliese afvalstowwe ontslae
raak.
1.2.2 Die struktuur wat voorkom dat voedsel tydens die slukproses in die
lugpyp beland.
1.2.3 Die deel van die spysverteringskanaal wat dien as deurgang vir beide
voedsel en lug.
1.2.4 Die regulering van die waterinhoud in die liggaamsvloeistowwe deur
die niere
1.2.5 Die streek/deel van die brein wat die tempo van asemhaling by die
mens beheer
1.2.6 Die algemene energiedraer in die selle van lewende organismes
1.2.7 Die proses waardeur voedsel in die spysverteringskanaal van die mens
voortbeweeg word
1.2.8 Die fase van selrespirasie waartydens glukose in pirodruiwesuur
omgeskakel word (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 5
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Setel van selrespirasie A: Chloroplast
B: Mitochondrion
1.3.2 Vervoer van verteerde A: Nieraar
voedingstowwe vanaf die
dunderm na die lewer
B: Leweraar
1.3.3 Hormoon betrokke by die A: ADH
herabsorpsie van water
B: Glukagon
(3 x 2) (6)
1.4 Die diagram hieronder stel die menslike urienstelsel voor.
A
B
C
G
D
E
F
1.4.1 Gee byskrifte vir dele:
(a) G (1)
(b) F (1)
1.4.2 Noem die hoofbloedvat:
(a) Wat suurstofarme bloed terugvervoer na die hart (1)
(b) Waarin die bloed onder die hoogste druk verkeer (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
1.4.3 Gee die LETTER en NAAM van die:
(a) Deel wat urine tydelik versamel en berg (2)
(b) Bloedvat wat suurstofryke bloed direk na die nier vervoer (2)
(c) Buis wat urine van die nier na deel E vervoer (2)
1.5 Die diagram hieronder stel ʼn struktuur voor wat in die dunderm van ʼn mens
voorkom.
C
D
B
A
1.5.1 Identifiseer die struktuur wat in die bostaande diagram getoon word (1)
1.5.2 Identifiseer die benoemde deel wat verantwoordelik is vir die opname
van:
(a) Vetsure en gliserol (1)
(b) Glukose en aminosure (1)
1.5.3 Watter EEN van die bloedvate (A of B) vervoer die grootste
hoeveelheid (meeste) verteerde voedingstowwe? (1)
1.5.4 Noem TWEE prosesse wat verantwoordelik is vir die opname van
verteerde voedingstowwe. (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 7
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder stel die struktuur (bou) van ʼn nefron voor.
B
C
A
D
Bloed
Bloed
Urine
Filtraat
2.1.1 Identifiseer die deel wat … gemerk is.
(a) A (1)
(b) B (1)
2.1.2 Noem die proses wat by C plaasvind. (1)
2.1.3 Die konsentrasie van verskillende stowwe in die bloed, filtraat en urine
word hieronder gegee.
Ligging Ureum Glukose Proteïene Soute
g/100 cm3 g/100 cm3 g/100 cm3 g/100
cm3
Bloed by deel 0,03 0,10 8,00 0,72
A
Filtraat 003 0,10 0,00 0,72
Uriene 2,00 0,00 0,00 1,50
Watter van die stowwe wat in die tabel getoon word …
(a) het nie van die deel gemerk A na B beweeg nie? (1)
(b) is teenwoordig in die filtraat, maar word weer volledig
geabsorbeer by deel D? (1)
(c) bereik die hoogste konsentrasie in die urine? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
2.1.4 Verduidelik TWEE strukturele aanpassings van deel D om sy funksie te
verrig. (4)
2.1.5 Noem EEN manier waarop die inligting in die tabel sou verskil indien dit
van toepassing was op ʼn pasiënt wat aan diabetes mellitus ly voordat enige
behandeling gegee is. (2)
2.2 ʼn Ondersoek is gedoen om vas te stel watter gas tydens selrespirasie vrygestel
word.
Die prosedure was soos volg:
• 120 sade van dieselfde spesie het ontkiem
• 60 daarvan is geskei en 30 minute in kookwater geplaas
• Die ander ontkiemende sade is in proefbuis A geplaas, terwyl die sade uit die
kookwater in proefbuis B geplaas is nadat dit afgekoel het
• Albei apparate is met formalien afgespoel om mikro-organismes wat moontlik
aanwesig was, te verwyder
• Albei apparate is opgestel soos in die diagram hieronder getoon
proefbuis A proefbuis B
prop
prop
ontkiemende
dooie
sade
sade
watteprop
watteprop
helder helder
kalkwater kalkwater
eksperiment kontrole
kartonhouer
2.2.1 Skryf ʼn hipotese vir die ondersoek. (2)
2.2.2 Noem die gas wat tydens selrespirasie vrygestel word (1)
2.2.3 Hoe is die toets vir die gas wat in VRAAG 2.2.2 genoem word, uitgevoer? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 9
2.2.4 Waarom is ontkiemende sade in die eksperiment gebruik? (2)
2.2.5 Verduidelik waarom die resultaat in die kontrole verskil van dié in die
eksperiment. (2)
2.2.6 Waarom is ʼn watteprop as ʼn versperring gebruik in plaas van ʼn
rubberblok? (2)
2.2.7 Die grootte van die saad en die tempo van metabolisme in die sade
wissel, en daarom is die resultaat wat in hierdie eksperiment verkry word,
dalk nie betroubaar nie.
Hoe sou jy die betroubaarheid van hierdie eksperiment verbeter? (1)
2.2.8 Gee ʼn rede waarom albei apparate in ʼn kartonhouer gehou word. (1)
2.2.9 Watter TWEE omgewingsfaktore moet tydens hierdie eksperiment
konstant gehou word? (2)
2.3 Lees die volgende uittreksel.
Insulien is ʼn hormoon wat selle toelaat om glukose te absorbeer en te gebruik.
Dit reguleer die hoeveelheid glukose wat in die bloedstroom sirkuleer. Dit gee
ook opdrag aan die lewer om oortollige glukose te berg.
By mense wat insulienweerstandig is, is die selle nie in staat om insulien effektief
te gebruik nie. Wanneer die selle nie glukose kan absorbeer nie, neem die
glukose-vlakke in die bloed toe. Dus maak die pankreas ekstra insulien om die
lae tempo van glukose-opname te oorkom, en is dit minder waarskynlik dat
diabetes sal ontwikkel. Dit beteken dat die bloedglukose-vlakke binne gesonde
perke sal bly. Mettertyd begin die pankreas se vermoë om insulien vry te stel, af
te neem wat lei tot die ontwikkeling van tipe 2-diabetes.
2.3.1 Noem die klier wat insulien afskei. (1)
2.3.2 Waarom word glukose deur die selle benodig? (1)
2.3.3 Beskryf hoe insulienweerstandigheid tot tipe 2-diabetes kan lei. (4)
2.3.4 Verduidelik hoe normale glukosevlakke gehandhaaf word wanneer ʼn
gesonde nie-diabeet voedsel eet wat ʼn hoë persentasie glukose bevat. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
2.4 ʼn Ondersoek is gedoen om te bepaal of lig nodig is vir fotosintese.
Die ondersoek is soos volg gedoen:
• ʼn Malva-potplant is 2–3 dae lank in ʼn donker kamer gehou
• Een van die blare is vir stysel getoets
• Die malva-potplant is ongeveer 4–5 uur lank in die son geplaas
• Een van die blare is gedeeltelik bedek met ʼn kartonstrook soos in die
onderstaande diagram getoon
• Aan die einde van die ondersoek is ʼn styseltoets op dieselfde blaar uitgevoer
skuifspeld
stensil
2.4.1 Waarom is die plant in ʼn donker kamer geplaas? (1)
2.4.2 Waarom is die styseltoets na 3 dae uitgevoer? (1)
2.4.3 Noem die chemikalie (reagens) wat gebruik is om vir die
teenwoordigheid van stysel te toets. (1)
2.4.4 Waarom is slegs ʼn gedeelte van die blaar met ʼn stensil bedek? (2)
2.4.5 Teken ʼn diagram met byskrifte van die blaar om die resultate van die
styseltoets aan die einde van die ondersoek te toon. (3)
2.5 Verduidelik enige DRIE strukturele vereistes van ʼn doeltreffende
gaswisselingstelsel. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 11
VRAAG 3
3.1 Die grafiek hieronder toon die verband tussen ligintensiteit en die vrystelling en
opname van koolstofdioksied deur die blare van ʼn plant.
Die verband tussen ligintensiteit en die vrystelling en opname van
koolstofdioksied
8
Koolsstofdioksied
7
6
opgeneem (mg/50 cm3)
5
4
3
2
1
0
Koolstofdioksied
5 10 15 20 25 30 35 40 45 50
-1
-2
vrygestel (mg/50 cm3)
Ligintensiteit (arbitrêre eenhede)
3.1.1 By watter reeks ligintensiteite word koolstofdioksied vrygestel? (2)
3.1.2 Noem die proses wat in die blare plaasvind, wat koolstofdioksied gebruik. (1)
3.1.3 Waarom word die meeste koolstofdioksied vrygestel as die ligintensiteit nul
is? (2)
3.1.4 Hoeveel koolstofdioksied neem die blare by ʼn ligintensiteit van 20 eenhede
op? (2)
3.1.5 As die ligintensiteit ongeveer 2 eenhede is, is daar geen netto verandering
in die konsentrasie koolstofdioksied rondom die plant nie. Gee ʼn
verduideliking hiervoor. (2)
3.1.6 By ligintensiteite bo 30 eenhede bly die hoeveelheid koolstofdioksied wat
opgeneem word, dieselfde. Gee ʼn moontlike verduideliking vir hierdie
waarneming. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
3.2 Die diagram hieronder stel die menslike longe voor.
B
C
D
E
A
3.2.1 Identifiseer dele:
(a) D (1)
(b) E (1)
3.2.2 Noem die epiteelweefsel wat die binnekant van deel C uitvoer. (1)
3.2.3 Noem die funksie van deel B. (1)
3.2.4 Beskryf die proses van inaseming. (5)
3.2.5 Die koronavirus, wat verantwoordelik is vir Covid-19, infekteer die
onderste lugweë. Dit veroorsaak ʼn ophoping van vloeistowwe in die
longbuise en in die dele gemerk A. Verder ontwikkel die weefsel wat
deel A uitvoer, letsels en verdik. Dit kan lei tot die dood van ʼn pasiënt.
(a) Noem die deel gemerk A. (1)
(b) Verduidelik waarom infeksie van die onderste asemhalingsweë
(luggange) moontlik tot die dood kan lei. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 13
3.3 Die diagram hieronder stel ʼn sekere gedeelte van die menslike
spysverteringskanaal (dermkanaal) voor.
C
D
B
A
E
3.3.1 Identifiseer dele:
(a) A (1)
(b) C (1)
3.3.2 Noem DRIE funksies van die deel gemerk B. (3)
3.3.3 Verduidelik hoe vetvertering beïnvloed sal word indien daar ʼn blokkasie
in die buis gemerk D sou voorkom. (3)
3.3.4 Verduidelik TWEE maniere waarop die gedeelte gemerk E struktureel
geskik is vir die doeltreffende opname van verteerde voedingstowwe. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
3.4 Die diagram hieronder stel ʼn organel voor wat in ʼn plantsel voorkom.
A
B
3.4.1 Identifiseer die organel. (1)
3.4.2 Benoem die deel gemerk B. (1)
3.4.3 Noem die TWEE fases van ʼn belangrike biologiese proses wat in hierdie
organel plaasvind. (2)
3.4.4 Beskryf die proses wat gedurende daglig in die deel gemerk A, plaasvind. (5)
3.4.5 Verduidelik of omgewingstemperature die proses wat in die organel –
soos voorgestel deur die diagram – vertraag of eerder stop. (2)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P2 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P2 2020 Memo (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo
More from Grade 11 Life Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Life Sci ATP 2023 24

Memorandum
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 KZN June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape June 2024 Paper & Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo

Question paper and memo