Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November Prediction 2026 QP

Question paperAfrikaans FALGrade 12202614 pagesPublisher: Hlayiso

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC November Prediction Exam 2026, 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

NSC November Prediction Exam 2026

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Voorspelling hlayiso mock exams Voorspellingsreeks: Graad 12 NSS-voorbereiding WWW.HLAYISO.COM NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 VOORSPELLINGSEKSAMEN 2026 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taal (40) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy. 4. Trek ’n streep ná elke afdeling. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat ’n reël oop ná ELKE antwoord. 7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 20 minute AFDELING C: 50 minute 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A: ARTIKEL SIPHO HOOR NIE DIE SKOOT NIE – MAAR HY HARDLOOP SOOS DIE WIND! Dowe atleet uit die Oos-Kaap wys dat stilte nie ’n hindernis is nie 1 Wanneer atlete by ’n wedloop op hul merke gaan staan, luister hulle vir die skoot van die beginpistool. Sipho Mabandla (19) kan dit nie hoor nie. Hy is al van geboorte af doof. In plaas daarvan kyk hy na ’n klein groen liggie langs die baan. Sodra dit flits, is hy weg! 2 Sipho het in ’n klein dorpie naby Mthatha grootgeword. Sy ma, Nomsa, is ’n 5 verpleegster en sy pa ’n taxibestuurder. Hy het twee ouer susters. “Ons het almal by die huis gebaretaal geleer sodat ons met Sipho kon praat,” sê sy ma. 3 As klein seuntjie het Sipho elke dag vier kilometer skool toe gehardloop. Sy onderwyser by die skool vir dowes, mnr. Lwazi Ntsinde, het gou agtergekom dat die seun ’n besondere talent het. “Hy het die ander kinders soos ’n windjie 10 verbygesteek,” onthou hy. 4 Dit was nie altyd maklik nie. By sy eerste groot wedloop in Oos-Londen het Sipho op die beginlyn bly staan terwyl al die ander atlete reeds weggehardloop het. Hy het nie die skoot gehoor nie en eers ná drie sekondes besef dat die wedloop begin het. Hy het laaste gekom. “Ek het die hele pad huis toe gehuil,” 15 erken hy. “Maar daardie aand het ek besluit: Ek gee nie op nie.” 5 Mnr. Ntsinde het toe ’n plan gemaak. Hy het ’n eenvoudige toestel gebou met ’n groen lig wat flits op presies dieselfde oomblik as wat die pistool afgaan. Ouers en onderwysers het geld ingesamel om nog sulke ligte te koop. Vandag word die “beginlig” by baie skoolatletiekbyeenkomste in die provinsie gebruik. 20 6 Sipho oefen ses dae per week. Hy staan elke oggend om vyfuur op en hardloop tien kilometer voordat hy ontbyt eet. Saans doen hy oefeninge in die gimnasium. “Op Sondae rus ek en eet ek my ma se hoendersop. Dit is my geheime wapen,” sê hy met ’n glimlag. 7 Sy harde werk het vrugte afgewerp. Verlede jaar het hy die 800 m by die 25 nasionale kampioenskappe vir dowe atlete gewen in ’n tyd van 1 minuut en 52 sekondes. Nou is hy gekies om Suid-Afrika volgende jaar by ’n internasionale byeenkoms vir dowe atlete in Europa te verteenwoordig. 8 Nie almal glo in hom nie. “Mense sê soms ek moet eerder ’n ‘gewone’ werk soek, want dowe atlete kry nie maklik borge nie,” vertel hy. “Dan wys ek vir hulle my 30 medaljes. Dit praat harder as woorde.” Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 9 Sipho studeer nou rekeningkunde aan ’n kollege in Gqeberha. Hy wil eendag sy eie atletiekklub vir dowe kinders begin. “Baie dowe kinders sit eenkant op die pawiljoen, want die afrigters weet nie hoe om met hulle te praat nie. Ek wil hê hulle moet ook op die baan wees.” 35 10 Sy ma is baie trots. “Toe Sipho klein was, het ’n dokter gesê hy sal sukkel in die lewe. Kyk nou net na hom!” 11 En Sipho se raad aan jongmense? “Moenie wag dat iemand anders vir jou ’n deur oopmaak nie. Bou jou eie deur – en hardloop daardeur!” [Eksaminator se eie teks. Die name en gebeure in die artikel is fiktief.] LET WEL: • Beantwoord AL die vrae. • Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer. 1.1 VOLTOOI die sinne hieronder deur by elke vraag (1.1.1 tot 1.1.3) EEN woord uit paragraaf 1 in te vul. Wanneer ’n wedloop begin, luister die atlete vir die (1.1.1) … van die beginpistool. Sipho is al van (1.1.2) … af doof. Hy kyk eerder na ’n groen (1.1.3) … langs die baan. (3) 1.2 Waarom het Sipho se gesin gebaretaal geleer? (1) 1.3 “Hy het die ander kinders soos ’n windjie verbygesteek.” (Reëls 10–11) Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.3) neer. Hier beteken die woorde dat Sipho … A die ander kinders omgestamp het. B baie vinniger as die ander kinders gehardloop het. C net gehardloop het as die wind gewaai het. D baie maer en lig was. (1) 1.4 Waarom het Sipho by sy eerste groot wedloop laaste gekom? (1) 1.5 Sipho was nooit hartseer oor sy eerste groot wedloop nie. Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 1.6 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies. Mnr. Ntsinde is ’n (vindingryke/ongeduldige) onderwyser. (1) 1.7 Waarom kan ons sê dat die “beginlig” nie net Sipho gehelp het nie? (1) 1.8 Lees paragraaf 6. Noem TWEE dinge wat Sipho doen om fiks te bly. (2) 1.9 Haal TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE uit paragraaf 6 aan wat wys dat Sipho glo sy ma se kos help hom om goed te presteer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 1.10 “Sy harde werk het vrugte afgewerp.” (Reël 25) 1.10.1 Word hierdie woorde LETTERLIK of FIGUURLIK gebruik? (1) 1.10.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.10.1. (1) 1.11 Kies ’n beskrywing uit KOLOM B wat by die tyd of afstand in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.11.1 tot 1.11.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.11.1 vyfuur A afstand wat Sipho elke oggend hardloop 1.11.2 tien kilometer B afstand wat Sipho as kind skool toe gehardloop het 1.11.3 drie sekondes C tyd waarop Sipho elke oggend opstaan 1.11.4 vier kilometer D tyd waarin Sipho die 800 m gewen het E hoe lank dit Sipho geneem het om te besef dat die wedloop begin het (4 x 1) (4) 1.12 “Dan wys ek vir hulle my medaljes. Dit praat harder as woorde.” (Reëls 30–31) Verduidelik in jou EIE WOORDE wat Sipho hiermee bedoel. (1) 1.13 Sipho is die beste dowe atleet in die wêreld. Is hierdie stelling ’n FEIT of ’n MENING? Motiveer jou antwoord. (1) 1.14 Lees paragraaf 9. Gee TWEE redes waarom Sipho ’n atletiekklub vir dowe kinders wil begin. (2) 1.15 Waarom pas die titel van die artikel goed by Sipho se storie? (1) 1.16 “Moenie wag dat iemand anders vir jou ’n deur oopmaak nie. Bou jou eie deur – en hardloop daardeur!” (Reëls 38–39) Stem jy saam met Sipho se raad? Motiveer jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 TEKS B: GRAFIESE TEKS Bestudeer die grafiese teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SLAAP JY GENOEG? Tieners1 het elke nag 8–10 uur slaap nodig. Z z z Hoeveel uur slaap leerders op ’n skoolaand? 34% 41% 25% minder as 6 uur 6 tot < 8 uur 8 uur of meer Wat hou leerders saans wakker? Selfone en sosiale media 58% Huiswerk 22% Geraas in of naby die huis 12% Ander redes 8% SLAAPWENKE: • Sit jou selfoon ’n uur voor slaaptyd weg. • Gaan elke aand op dieselfde tyd slaap. • Moenie laat in die middag koffie of energiedrankies drink nie. 1Leerders tussen 14 en 18 jaar oud Opname onder 1 200 graad 10- tot 12-leerders, 2026 [Eksaminator se eie teks. Die data is fiktief.] 1.17 Hoeveel uur slaap het tieners volgens die teks elke nag nodig? (1) 1.18 Watter persentasie leerders slaap op ’n skoolaand agt uur of meer? (1) 1.19 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies. Die meeste leerders word saans deur (huiswerk/hulle selfone) wakker gehou. (1) 1.20 Kyk na die voetnota (1) onderaan die teks. Na watter groep mense verwys die woord “Tieners” in hierdie teks? (1) 1.21 Waarom, dink jy, is dit ’n goeie wenk om jou selfoon ’n uur voor slaaptyd weg te sit? (1) 1.22 Verwys na TEKS A (Sipho) en TEKS B. Waarom is dit vir ’n atleet soos Sipho baie belangrik om genoeg te slaap? (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 AFDELING B: OPSOMMING Lees die teks hieronder en voer die instruksies uit. VRAAG 2 Elektrisiteit word al hoe duurder. Daar is egter baie maniere waarop jou gesin elektrisiteit by die huis kan bespaar. INSTRUKSIES 1. Som die SEWE wenke OM ELEKTRISITEIT BY DIE HUIS TE BESPAAR in jou EIE VOLSINNE op. 2. Skryf die wenke puntsgewys neer. 3. Nommer die wenke van 1 tot 7. 4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. 5. Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan. TEKS C SPAAR KRAG – EN GELD! Elke maand skrik baie gesinne groot wanneer hulle die elektrisiteitsrekening sien. Gelukkig hoef jy nie in die donker te sit om geld te spaar nie. Klein veranderinge maak ’n groot verskil. Begin by die ligte. Dit klink eenvoudig, maar baie mense vergeet om die lig af te skakel wanneer hulle ’n kamer verlaat. Vervang ook ou gloeilampe met LED-gloeilampe. Hulle gebruik baie minder krag en hou boonop jare lank. Weet jy dat ’n televisie of ’n selfoonlaaier steeds krag gebruik al is dit nie aan nie? Trek dus die proppe van toestelle uit die muursok wanneer jy dit nie gebruik nie. Die geiser is die grootste kragvreter in die meeste huise. Stel die geiser se temperatuur op ongeveer 60 °C in plaas van warmer. Neem ook eerder ’n kort stort as ’n bad, want ’n bad gebruik baie meer warm water. In die kombuis kan jy ook spaar. Moenie die ketel tot bo vol maak as jy net een koppie tee wil maak nie. Kook net soveel water as wat jy nodig het. ’n Ketel is immers een van die toestelle wat die meeste krag in die kombuis gebruik. Suid-Afrika het baie sonskyn – gebruik dit! Hang jou klere buite in die son op om droog te word in plaas daarvan om ’n tuimeldroër te gebruik. As almal saamwerk, sal die rekening kleiner word en die aarde sal jou ook dankie sê! [Eksaminator se eie teks] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE • Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer. • Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord moet word. • Voer die instruksies by elke vraag uit. TEKS D VONK! (3.2) (3.9) Kry jou vonk terug! (3.3) VONK 500 ml Gemaak met (3.1) (vars) vrugtesap. Vol elektroliete wat jou liggaam ná oefening nodig het. Dit is die lekkerste sportdrankie ooit! (3.4) Die (3.7) (Suid-Afrika) drankie vir kampioene. (3.8) Beskikbaar in DRIE geure: (3.6) LEMOEN BESSIE LEMMETJIE Slegs R14,99 KOOP 2, KRY 1 GRATIS* Volg ons: @VonkSportdrank *Net by deelnemende winkels. Nie geskik vir kinders jonger as 12 jaar nie. (3.5) [Eksaminator se eie teks. Die produk is fiktief.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 3.1 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies. Gemaak met (vars) vrugtesap. (1) 3.2 Noem EEN tegniek wat die adverteerder in die opskrif gebruik om die leser se aandag te trek. (1) 3.3 Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.3) neer. “Kry jou vonk terug!” beteken dat jy … A jou geld terugkry as jy nie van die drankie hou nie. B weer energie sal hê nadat jy die drankie gedrink het. C ’n vuur kan maak met die bottel. D ’n prys sal wen as jy twee bottels koop. (1) 3.4 Dit is die lekkerste sportdrankie ooit! 3.4.1 Haal VIER OPEENVOLGENDE WOORDE uit hierdie sin aan wat ’n MENING is. (1) 3.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.4.1. (1) 3.5 Watter groep mense word deur die inligting in die kleinletters uitgesluit? (1) 3.6 Waarom, dink jy, is dit slim van die adverteerder om die drankie in DRIE geure aan te bied? (1) 3.7 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies. Die (Suid-Afrika) drankie vir kampioene. (1) 3.8 Wie is die teikengroep van hierdie advertensie? (1) 3.9 Hoe pas die prentjie van die blits by die naam van die produk? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 VRAAG 4: STROKIESPRENT • Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer. • Voer die instruksies by elke vraag uit. TEKS E RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3 RAAMPIE 4 Thabo, kos is reg! THABO!!! KOS IS REG!!! knik-knik Ag, dan eet ek en jy maar die pizza alleen … PIZZA ! deur PIZZA? EK IS HIER! Nou hoor jy skielik baie goed, nè? [Eksaminator se eie strokiesprent] Beskrywing van die prente: RAAMPIE 1: Ma staan in die deur en roep Thabo. Thabo sit by sy lessenaar met ’n koptelefoon op sy kop en kyk in ’n boek. RAAMPIE 2: Ma skree met haar arms in die lug. Thabo knik sy kop op die maat van die musiek. RAAMPIE 3: Ma praat saggies met Pa by die etenstafel waarop ’n pizzadoos staan. Agter die deur staan Thabo met ’n uitroepteken bo sy kop. RAAMPIE 4: Thabo sit aan tafel met ’n stuk pizza in sy hand. Ma staan met gevoude arms langs die tafel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 4.1 Kyk na RAAMPIE 1. Hoe weet ons dat Thabo nie hoor wat Ma sê nie? Gee EEN visuele bewys. (1) 4.2 Kyk na RAAMPIE 2. Noem TWEE tegnieke wat gebruik word om te wys dat Ma nou baie harder praat. (2) 4.3 Skryf Ma se woorde in RAAMPIE 1 in die INDIREKTE REDE. Jy moet dat in jou sin gebruik. Thabo, kos is reg! Begin só: Ma sê vir Thabo … (1) 4.4 Kyk na RAAMPIE 3. Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies. Die klein letters en die stippellyn om die spraakborrel wys dat Ma (hard/saggies) praat. (1) 4.5 Wat wys die uitroepteken bo Thabo se kop in RAAMPIE 3 vir ons? (1) 4.6 Kyk na RAAMPIE 4. Hoe voel Ma oor Thabo se gedrag? Gee EEN visuele bewys vir jou antwoord. (2) 4.7 Verduidelik waarom Ma se woorde in RAAMPIE 4 ironies is. (1) 4.8 Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.8) neer. Hierdie strokiesprent spot met tieners wat … A net hoor wat hulle wil hoor. B nie van pizza hou nie. C te veel huiswerk doen. D altyd betyds aan tafel kom. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT • Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder gebaseer. • Die nommering in die artikel verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord moet word. • Voer die instruksies by elke vraag uit. 5.1 Lees die artikel en beantwoord die vrae. TEKS F: ARTIKEL JONG BOER KWEEK SAMPIOENE IN OUMA SE AGTERPLAAS Kagiso Molefe (22) van Mahikeng is ’n suksesvolle (5.1.1) (kweek) van sampioene. Hy pluk (5.1.2) (elke oggend) vars sampioene in sy ouma se agterplaas. (5.1.3) (Hy verkoop dit by die plaaslike mark.) Hy het met net drie (5.1.4) (sak) saagsels begin. Nou het hy ’n groot (5.1.5) (hout + skuur) vol rakke. (5.1.6) Kagiso werk (in die skuur) (elke oggend) (hard). Sy ouma het hom (5.1.7) (…) die bou van die rakke gehelp. Sampioene groei die beste op ’n (5.1.8) (vogtig) plek waar dit koel is. (5.1.9) (Restaurante in die dorp koop sy sampioene.) Kagiso het sy (5.1.10) (besigheidsplan) by ’n gratis kursus vir jong boere geleer. Sy eerste oes was in (5.1.11) (Februarie) 2024. Hy verkoop sy sampioene teen ’n (5.1.12) (lae) prys sodat almal dit kan bekostig. (5.1.13) (Kagiso wil ’n tweede skuur bou. Die vraag na sy sampioene is groot.) Hy beplan (5.1.14) (sy produkte aanlyn verkoop). [Eksaminator se eie teks. Die name is fiktief.] 5.1.1 Vorm ’n SELFSTANDIGE NAAMWOORD van die werkwoord tussen hakies. Kagiso Molefe (22) van Mahikeng is ’n suksesvolle (kweek) van sampioene. (1) 5.1.2 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies. Hy pluk (elke oggend) vars sampioene in sy ouma se agterplaas. (1) 5.1.3 Skryf die sin in die VERLEDE TYD. Hy verkoop dit by die plaaslike mark. (1) 5.1.4 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies. Hy het met net drie (sak) saagsels begin. (1) 5.1.5 Gee die korrekte SAMESTELLING van die woorde tussen hakies. Nou het hy ’n groot (hout + skuur) vol rakke. (1) 5.1.6 Skryf die sin hieronder oor in die korrekte WOORDORDE. Kagiso werk (in die skuur) (elke oggend) (hard). (1) 5.1.7 Vul die ontbrekende VOORSETSEL in. Sy ouma het hom (…) die bou van die rakke gehelp. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 5.1.8 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies. Sampioene groei die beste op ’n (vogtig) plek waar dit koel is. (1) 5.1.9 Skryf die sin in die LYDENDE VORM. Restaurante in die dorp koop sy sampioene. (1) 5.1.10 Verdeel die woord tussen hakies korrek in LETTERGREPE. Kagiso het sy (besigheidsplan) by ’n gratis kursus vir jong boere geleer. (1) 5.1.11 Gee die AFKORTING van die woord tussen hakies. Sy eerste oes was in (Februarie) 2024. (1) 5.1.12 Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies. Hy verkoop sy sampioene teen ’n (lae) prys. (1) 5.1.13 Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies. Kagiso wil ’n tweede skuur bou. Die vraag na sy sampioene is groot. (want) (1) 5.1.14 Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF. Skryf die hele sin uit. Hy beplan (sy produkte aanlyn verkoop). (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 5.2 Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae. TEKS G: PRENT Ouma Pa Zola Tumi Kabelo dam [Eksaminator se eie prent] 5.2.1 Gebruik die HOMONIEM van die woord tussen hakies in ’n sin sodat die betekenis duidelik is. Ouma sit op die (bank) onder die boom. (1) 5.2.2 Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies. Kabelo het ’n klein (vis) gevang. (1) 5.2.3 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies. Pa se hemp is (rooi). (1) 5.2.4 Gee die KORREKTE AFRIKAANS vir die woorde tussen hakies. Die koeldrank is in die (cooler box) op die tafel. (1) 5.2.5 Skryf die sin in die ONTKENNING. Die hond eet iets onder die tafel. (1) 5.2.6 Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies. Zola (leen/leer) haar sonbril aan haar broer Tumi. (1) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all