Skip to content
Question paper

Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 18 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Agricultural SciencesGrade 12201718 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 LANDBOUWETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur *AGRSA2* Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik is. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Toon ALLE jou berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde gegee vir die volgende vrae. Kies die antwoord en skryf SLEG die letter (A–D) langs die korrekte nommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 In geslagsgekoppelde eienskappe, word manlikheid of vroulikheid as ʼn ... beskou. A genetiese fenotipe B genetiese genotipe C poligeniese voorkoms D enkelbasis verlies 1.1.2 ... verwys na die wins van ʼn besigheid wat tussen die eienaars van die besigheid verdeel word. A Spaargeld B Krediete C Dividende D Kontantvloei 1.1.3 Arbeiders op ʼn kommersiële plaas kan verliese in produksie veroorsaak as hulle: (i) Nie vaardig is om hul werk te verrig nie (ii) As daar nie toesig oor hulle gehou word nie (iii) Hulle nie gemotiveerd is nie (iv) Gereeld na verskillende plase oorgeplaas word nie Kies die korrekte kombinasie: A (ii), (iii) en (iv) B (i), (ii) en (iii) C (i), (ii) en (iv) D (i), (iii) en (iv) 1.1.4 Die landbouwetgewing wat regverdige, deursigtige en effektiewe finansiële markte verseker is die ... A Sekuriteitsdienstewet nr. 36 van 2004. B Landbouprodukte Agentewet van 1952. C Wet op Verbruikersbeskerming van 2008. D Landbouprodukte Wysigingswet van 2004. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) 1.1.5 Sommige van die voordele van die verkoop van landbouprodukte is dat: (i) Dit produk georiënteerd is (ii) Dit fokus op verbruikers se behoeftes en bevrediging (iii) Koste word verlaag om maksimum koste en wins te bereik (iv) Tegnologiese innovering is belangrik Kies die korrekte kombinasie: A (ii), (iii) en (iv) B (i), (ii) en (iii) C (i), (ii) en (iv) D (i) en (iii) 1.1.6 Die verhouding tussen die verandering in die aanvraag en die verandering in aanbod in die diagram hieronder is ʼn aanduiding van ... A elastisteit van vraag. B onelastisiteit van vraag. C elastisteit van aanbod. D aanbodskedule. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5 1.1.7 Grond Arbeid Plaas- Kapitaal aktiwiteite X Bestuur Die letter X verteenwoordig … A landbou-insette. B landbou-uitsette. C ekonomieë van besigheidsondernemings. D alternatiewe insette. 1.1.8 Die persentasie van die plante wat lank is, in die kruising hieronder is … A 25%. B 50%. C 75%. D 100%. 1.1.9 ʼn Geleentheid waar verskillende kopers bymekaarkom om te bie op plaasprodukte wat beskikbaar is. A Ko-operatiewe boerdery B Landbouskou C Veiling D Liwikiditeit 1.1.10 Selle wat vreemde gene bevat wat opsetlik oorgedra is na sy gasheer is … A somatiese selle. B transgeniese selle. C mutageniese selle. D osteoklastiese selle. (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) 1.2 Kies ʼn term/frase in KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Motivering A Spesiekruising 1.2.2 Ekonomie van skaal B Rekord van geld gespandeer en verdien vir ʼn enkele plaas- onderneming 1.2.3 Nageslag is steriel C Opgradering 1.2.4 Entrepreneur D Afslag op grootmaat aankope kry 1.2.5 Ondernemings- E Inkomste plus uitgawes begroting F Vyandigheid tussen arbeiders G Verskaf aansporings en erkenning van werk gedoen met belonings ensovoorts H Ekonomieë is beproef I Ploeg met donkies J Kreatiewe en innoverende denke en risikonemer (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7 1.3 Skryf die landboukundige term/frase vir elk van die volgende beskrywings langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Teel van plante of diere wat vir sekere verlangde eienskappe gekies is 1.3.2 Wanneer die prys van ʼn produk stabiliseer by ʼn punt waar vraag gelyk aan aanbod is 1.3.3 Om toekomstige kontrakte te sluit om ʼn gewaarborgde mark en prys te verseker 1.3.4 ʼn Wetlike bindende ooreenkoms tussen ʼn werkgewer en werknemer 1.3.5 ʼn Tipe mutasie waar ʼn individu meer as twee volledige stelle van homoloë chromosome het (5 x 2) (10) 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORDE om die volgende stellings WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte woord(e) langs die korrekte nommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK. 1.4.1 Variasie is ʼn meganisme van oorerwing as gevolg van gene wat verband aan geslagschromosome is. 1.4.2 Kapitalisasie is wanneer ʼn besigheid sekere van sy funksies of aktiwiteite aan ʼn ander besigheid gee om namens dit te doen. 1.4.3 ʼn Onderneming se inkomste minus uitgawes vir ʼn rekenkundige periode is laste. 1.4.4 Items of produkte wat nie die omgewing beskadig nie, is massa produkte. 1.4.5 Die volgorde van stappe betrokke by die oordrag van produkte van die plaas na die verbruiker is prosessering. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) AFDELING B VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 2.1 Die prentjie hieronder wys die verpakking van tamaties op ʼn kommersiële plaas. 2.1.1 Noem TWEE redes waarom die tamaties in bokse beskerm word. (2) 2.1.2 Noem TWEE belangrike verpakkingsinligting wat potensiële tamatie- verkopers kan lok. (2) 2.1.3 Gee EEN rede waarom verpakkingsmateriaal nie chemikalieë mag bevat nie. (1) 2.2 Die verband tussen die prys van goedere en die hoeveelheid produkte aangebied (aanbod) aan die mark, staan as die aanbodverhouding bekend. Die prys waarteen die goedere uiteindelik verkoop word, is ʼn refleksie van beide die aanbod en vraag. As die pryse hoog is, sal boere en produsente meer goedere aanbied (groter aanbod wees). 2.2.1 Vanuit die scenario in 2.2, lei die Wet van aanbod af. (2) 2.2.2 Gee TWEE faktore wat die aanbod van vleis in Suid-Afrika kan affekteer. (2) 2.2.3 Noem hoe die volgende faktore die vraag na ʼn produk kan beïnvloed: (a) Advertering (2) (b) Kwaliteit van ʼn produk (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9 2.3 Die illustrasie hieronder toon die verhouding tussen die vraag en aanbod van lemoene op ʼn plaas. Prys in Rand 5 10 15 25 30 40 45 50 Aantal lemoene in 60 50 45 40 30 25 25 20 sakke 2.3.1 Plot die inligting op ʼn vraag- en aanbodkurwe. (5) 2.3.2 Bepaal die prys by markewewig. (1) 2.3.3 Gee EEN rede hoekom die vraag na lemoene die laagste teen R50 is. (1) 2.4 Daar is verskeie bemarkingskanale beskikbaar om ʼn produk vanaf die produsent na die verbruiker te versprei. Boere in ʼn vryemarkstelsel sal gewoonlik die vryemarksisteem kies en gebruik wat hul situasie die beste pas. 2.4.1 Verduidelik die konsep “vryemarkstelsel” aan jou klasmaat. (2) 2.4.2 Beveel TWEE kanale/opsies van ʼn vryemarkstelsel aan vir ʼn boer. (2) 2.4.3 Gee TWEE nadele van ʼn vryemarkstelsel. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) 2.5 Die illustrasie hieronder verteenwoordig die verspreiding van melk van ʼn melkplaas na die verbruiker. Boer Prosesseerders wat Prosesseerders/ waarde byvoeg verspreiders Kleinhandelaar Verbruikers 2.5.1 Gee DRIE hoof bemarkingskoste wat die prys van ʼn produk vir die verbruiker kan verhoog. (3) 2.5.2 Noem TWEE hooffaktore wat die bemarking van melk deur die verspreider kan belemmer. (2) 2.5.3 Gee TWEE maniere hoe om die landboubedryfsketting te verbeter en meer stroombelyn te maak. (2) 2.6 Noem TWEE moontlike probleme wat kan opduik as ʼn landboubedryf- besigheidsplan opgestel word. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11 VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 3.1 Vir die produksie van enige produk om plaas te vind, moet sekere faktore in plek wees. Grond is ʼn permanente ekonomiese faktor in landbouwetenskap, alhoewel die beskikbaarheid van grond vir landbou- doeleindes beperk is. ARBEID GROND BESTUUR KAPITAAL A B C D 3.1.1 Dui die produksiefaktor aan wat waarborg vir ʼn lening gebruik kan word uit 3.1. (1) 3.1.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 3.1.1 met TWEE redes. (2) 3.1.3 Verduidelik die onderstreepte ekonomiese eienskap van grond in die scenario in 3.1. (2) 3.1.4 Noem TWEE ander ekonomiese eienskappe van grond behalwe die een wat in 3.1 onderstreep is. (2) 3.2 Arbeid kan beskryf word as die somtotaal van alle menslike, fisiese en verstandelike insette om ʼn produk of diens te lewer. Die arbeidsmark is ʼn groep mense wat bestaan uit vaardige, semi-vaardige en ongeskoolde werkers wat hul arbeid aanbied aan die een wat die meeste betaal. 3.2.1 Tabuleer die volgende arbeiders in vaardige (geskoolde), semi- vaardige en ongeskoolde arbeiders:  Ongekwalifiseerde werktuigkundige  Veearts  Appelplukker (3) 3.2.2 Identifiseer die arbeiders in VRAAG 3.2.1 vir wie daar die grootste aanvraag deur ʼn veeboer sal wees. (1) 3.2.3 Gee EEN rede om jou antwoord in VRAAG 3.2.2 te regverdig. (1) 3.2.4 Gee TWEE metodes hoe die ekonomiese omstandighede van die appelplukker verbeter kan word. (2) 3.2.5 Noem die arbeidswetgewing wat ʼn ongekwalifiseerde werktuigkundige kan help om op ʼn kommersiële plaas gekwalifiseerd te raak. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) 3.3 Die dokument hieronder was deur ʼn plaaswerker in die laai van die lessenaar van ʼn kommersiële plaasbestuurder gevind. Die werker het jou genader met vrae om uit te vind wat hierdie dokument is. Inkomste R c Uitgawe R c Verkope 15 000 85 Tamatie-saailinge 600 00 Rente op krediet 250 07 Kunsmis 750 00 Insekdoder 370 30 Oes 1 350 45 Stoorbokse 650 80 Vervoer met trekker 800 00 Totaal Totaal 3.3.1 Noem die tipe dokument in VRAAG 3.3. (1) 3.3.2 Gee TWEE redes vir jou antwoord in VRAAG 3.3.1. (2) 3.3.3 Identifiseer TWEE tipes kapitaal wat in die dokument in VRAAG 3.3.1 genoem word, met voorbeelde van elk. (2) 3.3.4 Bereken die wins of verlies van die boer na gelang van die dokument in VRAAG 3.3.1. (3) 3.3.5 Noem TWEE bronne van kapitaal aan die plaaswerker. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13 3.4 3.4.1 Definieer die konsep “plaasbestuur”. (2) 3.4.2 Gee DRIE komponente van strategiese bestuur. (3) 3.4.3 Verduidelik konseptuele (dink) vaardighede soos in besigheidbestuursvaardighede gebruik word. (2) 3.4.4 Noem DRIE sosio-kulturele omstandighede wat landbou- ondernemings affekteer. (3) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 4.1 Die illustrasie hieronder is ʼn Punnett-vierkant diagram wat die F2- generasie toon van ʼn dihibriede kruising tussen ʼn suiwerras aap met swart kort hare, en ʼn suiwerras aap met lang wit hare. Sleutel: S = swart Q = kort s = wit q = lank ♀ SQ Sq sQ sq ♂ SQ SSQQ SSQq SqQQ SsQq Sq SSQq SSqq K Ssqq sQ L SsQq ssQQ ssQq Sq SsQq Ssqq ssQq ssqq 4.1.1 Noem die genotipe wat deur K in die Punnet-vierkant verteenwoordig word. (1) 4.1.2 Gee die fenotipe wat in L in die Punnett-vierkant hierbo kan verskyn. (1) 4.1.3 Bepaal die verhouding van wit en lang hare vir al die moontlike fenotipes. (2) 4.1.4 Bereken die persentasie van kort en swart hare in die fenotipes. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 15 4.2 Sommige genetiese eienskappe in diere word gekenmerk deur segregasie in die klassieke Mendel verhoudings. Ander kan ʼn wye reeks ander waardes sonder duidelike grense aanneem. Hierdie eienskappe word as kwalitatiewe of kwantitatiewe geklassifiseer. 4.2.1 Onderskei tussen kwalitatiewe en kwantitatiewe eienskappe van organismes. (4) 4.2.2 Kategoriseer die volgende in kwalitatiewe of kwantitatiewe eienskappe van ʼn bul: (a) Geslag van die bul (1) (b) Liggaamsgrootte van die bul (1) 4.3 In tradisionele teling word plante en diere met die verlangde eienskappe uit die bestaande groep, toegelaat om te teel. Die nageslag sal hopelik die eienskappe toon wat verlang word. Die beste nageslag word dan weer toegelaat om te teel, totdat al die nageslag die verlangde eienskappe toon. 4.3.1 Gee TWEE beperkings van die metode van teel soos in die scenario genoem. (2) 4.3.2 Noem TWEE huidige gebruike van genetiese gemodifiseerde plante in Suid-Afrika. (2) 4.4 Definieer die volgende terme: (a) Oorerwingskrag/Erfdwang (2) (b) Stamboomseleksie (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) 4.5 ʼn Boer het na ʼn landbouskou gegaan en twee beeste van verskillende rasse gekoop. Die foto’s hieronder wys die beeste. Die koei is ʼn Skotse ras en die bul is ʼn Sudanese Abigar. Hy beoog om die beeste op sy plaas te teel. 4.5.1 Lei uit die scenario af watter tipe teling die boer op die plaas gaan doen. (1) 4.5.2 Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 4.5.1. (2) 4.5.3 Gee DRIE moontlike eienskappe wat die boer van die nageslag van die kruising kan verwag. (3) 4.5.4 Gee EEN genetiese term vir die nageslag. (1) 4.6 Poligenetiese oorerwing is ʼn meganisme van oorerwing waar die genetiese eienskappe beheer word deur menigte pare gene, in plaas van net ʼn enkele paar. Die genotipe aabbcc gee ʼn melkopbrengs van 3 000 liters. Veronderstel dat elke dominante geen ʼn verdere 200 liter by die opbrengs bylas: 4.6.1 Bereken die melkopbrengs vir die genotipe aaBbcC, sonder die gebruik van ʼn rekenaar. (4) 4.7 Die illustrasie hieronder is een van die genetiese faktore wat mutasie veroorsaak. 4.7.1 Maak ʼn voorspelling in terme van die proses in die scenario in 4.7. (2) [35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Agricultural Sciences

View all