PROVINSIALE ASSESSERING
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE
JUNIE 2024
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 





%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)





View all





Agricultural Sciences Grade 12 North West June 2024 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Agricultural Sciences · Grade 12 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- North West June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 1.2 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Landbouwetenskappe 2 NW/Junie 2024
Graad 12
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
5. Jy mag ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe 3 NW/Junie 2024
Graad 12
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.
1.1.1 Papille in die wand van die rumen dien as …
A verhittingsstafies vir die fermentasie van ruvesel.
B verkoelingsstafies vir die sintese van vitamiene.
C stafies wat sellulase afskei om ruvesel te hidroliseer.
D maalstafies vir die uitdroog van voer.
1.1.2 Die vloeistof by deel A afgeskei, help met vertering deur die …
A
B
(i) verandering van pH, van suur na alkalies.
(ii) bevordering van die absorpsie van vetsure na gliserol.
(iii) stimulering deur die omskakeling van glukose na glikogeen.
(iv) skep van ‘n alkaliese medium vir die funksionering van ensieme.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (iii) en (iii)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe 4 NW/Junie 2024
Graad 12
1.1.3 Die droëmateriaalinname van ‘n plaasdier is 25 kg en die droë massa in
die mis is 5 kg. Die koëffisiënt van verteerbaarheid van die voer is:
A 55%
B 60%
C 80%
D 67%
1.1.4 Die proteïen met die hoogste biologiese waarde.
A Vis proteïen
B Eier proteïen
C Melk proteïen
D Sojaboon proteïen
1.1.5 Die stellings hieronder verwys na ‘n ekstensiewe diereproduksiestelsel:
(i) groot area met ‘n lae produksie-uitset
(ii) lae kapitaalinset met ‘n lae produksie-uitset
(iii) min bestuur en beheer van die omgewing
(iv) hoë produksie-uitset met ’n hoë inset
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.6 Soos die omgewingstemperatuur bo die normale gemaksvlakke
toeneem, sal herkouer plaasdiere geneig wees om:
A Minder te eet en meer water te drink
B Meer te eet en minder water te drink
C Meer te eet en meer water te drink
D Minder te eet en minder water te drink
1.1.7 Die verkeerde hantering van plaasdiere kan lei tot bleek, swak kwaliteit
vleis as gevolg van kneusing sowel as … na slagting.
A geel gekleurde vet
B versagting van die vleis
C sagter bene
D vertraagde rigor mortis
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe 5 NW/Junie 2024
Graad 12
1.1.8 Gereedskap wat in die bloedlose metode gebruik word om slegs jong
diere te kastreer:
A burdizzo
B ontsterter
C elektriese mes
D elastrator
1.1.9 In die diagram hieronder verskaf deel … energie aan die spermsel.
2
3 1
4
A 4
B 3
C 1
D 2
1.1.10 Een van die stellings met verwysing tot normale laktasie van melkkoeie is
VERKEERD.
A Met die melkopbrengs op sy hoogste is, is bottervet op sy
laagste
B Hoe hoër die ruveselinhoud in ‘n voer, hoe laer is die
bottervetinhoud in die melk
C Melkproduksie daal voor opdroog
D Voer met ‘n lae veselinhoud produseer melk met ‘n lae
bottervetinhoud (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe 6 NW/Junie 2024
Graad 12
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS A ,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A nie. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Onversadigde ‘n Toestand waar diere meer vloeistowwe
B: Dehidrasie verloor as wat ingeneem word
A: Metaboliese energie Die hoeveelheid energie aan plaasdiere
1.2.2
beskikbaar na die energie wat deur die
B: Bruto energie mis verlore gaan
1.2.3 A: Diepskrop
‘n Stelsel wat organiese eiers produseer
B: Batteryhok
A: Sterk en hoë kante
1.2.4 Riglyne vir ‘n voertuig wat plaasdiere
B: Skoon, nie-glybare vervoer
vloer
A: Corpus luteum ‘n Struktuur wat in die eierstok ontwikkel
1.2.5
B: Follikel en progesteroon tydens vroeë dragtigheid
produseer
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 ‘n Bal voedsel gemeng met speeksel word in die mond gevorm om die
slukproses te vergemaklik
1.3.2 Pluimvee wat vir vleisproduksie grootgemaak word
1.3.3 ‘n Buis wat spermselle vanaf die epididimis tot by die uretra vervoer
1.3.4 ‘n Sterk kontraksie van die uretra wat semen in die vagina van ‘n koei
deponeer
1.3.5 ‘n Toestel wat om die onderbeen van ‘n koei geplaas word, om beweging
tydens bronstigheid waar te neem en aan te teken (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe 7 NW/Junie 2024
Graad 12
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende stellings
om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
(1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Tripsien is die ensiem verantwoordelik vir die vertering van stysel na
maltose, dekstrose en glukose.
1.4.2 ‘n Voerkraal is die plek waar melkkoeie gemelk word.
1.4.3 Die allantois omring die embrio tydens dragtigheid.
1.4.4 Die toestand waartydens ‘n koei sukkel om geboorte te skenk staan
bekend as parturisie.
1.4.5 Die doel van reproduktiewe kloning is om genesing vir siektes te ontwikkel.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe 8 NW/Junie 2024
Graad 12
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op ‘n NUWE bladsy.
2.1 Die diagramme hieronder verteenwoordig die spysverteringskanale van
plaasdiere.
DIAGRAM A DIAGRAM B
B
C
A
DIAGRAM C
F
G
E
2.1.1 Klassifiseer die plaasdiere met ‘n spysverteringskanaal verteenwoordig
deur DIAGRAM A en DIAGRAM C. (2)
2.1.2 Verskaf ‘n rede vir elk van die antwoorde in VRAAG 2.1.1. (2)
2.1.3 Bepaal die ouderdomsgroep van die dier in DIAGRAM C. (1)
2.1.4 Gee EEN rede, sigbare vanaf die diagram hierbo, om die antwoord in
VRAAG 2.1.3 te ondersteun. (1)
2.1.5 Identifiseer die letter in DIAGRAM A en DIAGRAM C wat die deel
voorstel waar pepsien afgeskei word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe 9 NW/Junie 2024
Graad 12
2.2 In die blok hieronder is verskillende voere wat in dierevoeding gebruik word.
oiliekoekmeel; groen lusern; gedroogde hooi; mieliemeel; ureum
Dui die voer vanuit die blok hierbo aan wat toepaslik is op elk van die volgende
stellings:
(a) Bron van proteïene vir jong lammers (1)
(b) Aanbeveel vir die vetmaak van diere (1)
(c) Voer ryk in vitamiene D (1)
(d) ‘n Ruvoer as bron van vitamien A (1)
2.3 Die tabel hieronder toon die samestelling van TWEE diervoere.
VOER KOMPONENT VOER A (%) VOER B (%)
Verteerbare proteïen 12,5 6,25
Ruvesel 6,0 14,2
Stikstofvrye ekstrak 60 40
Vet 1,5 2,0
2.3.1 Klassifiseer VOER A en VOER B in die tabel hierbo. (2)
2.3.2 Bereken die voedingsverhouding van VOER A. (4)
2.3.3 Stel ‘n doel vir die gebruik van VOER A voor, gebaseer op die
voedingsverhouding. (1)
2.3.4 Regverdig die antwoord in VRAAG 2.3.3. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe 10 NW/Junie 2024
Graad 12
2.4 Die diagram hieronder dui die proses aan wat plaasvind in die
spysverteringskanaal van plaasdiere na vertering.
A B
2.4.1 Identifiseer die proses hierbo geïllustreer. (1)
2.4.2 Dui die deel in die spysverteringskanaal aan waar die proses hierbo,
plaasvind. (1)
2.4.3 Identifiseer die tipe voedingstofbeweging voorgestel deur pyle A en B. (2)
2.4.4 Verskaf ‘n rede vir die antwoord in VRAAG 2.4.3. (2)
2.4.5 Noem die voedingstof wat deur elk van die volgende geabsorbeer
word:
(a) Bloedkapillêre (1)
(b) Limfvate (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe 11 NW/Junie 2024
Graad 12
2.5 Die tabel hieronder gee die beskikbare voer en aanvullingsvereistes in ‘n
skaapproduksie-eenheid oor ‘n tydperk van ses maande.
MAANDE Jan Feb Maart April Mei Junie
Beskikbare voer
1 200 800 200 100 80 50
(kg/ha)
Aanvullingsvereiste
0 0 2 3 4 6
(kg/dier/dag)
2.5.1 Identifiseer die maand waarin dit vir die boer raadsaam sal wees om
die hoeveelheid skape te verminder. (1)
2.5.2 Gee ‘n rede, vanuit die data hierbo, om die antwoord in VRAAG 2.5.1 te
ondersteun. (1)
2.5.3 Stel TWEE volhoubare aksies voor wat die boer kan neem om die
gevolg van die probleem in VRAAG 2.5.1, te verminder. (2)
2.5.4 Bereken die hoeveelheid voer beskikbaar (in ton) tydens Februarie
indien die plaas 14 hektaar weiding beskikbaar het. (3)
[35]
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op ‘n NUWE bladsy.
3.1 Die staafgrafiek hieronder illustreer die lewende massa van braaikuikens en
lêhenne oor ‘n tydperk van vyf weke.
Lewende massa van braaikuikens en lêhenne oor
'n tydperk van 5 weke
350
Braaikuikens Lêhenne
Lewende massa (g)
300
250
200
150
100
50
0
1 2 3 4 5
Tyd (Weke)
3.1.1 Lei, vanaf die grafiek hierbo, die tendens in die lewende massa van
braaikuikens vanaf week 1 tot week 3 af. (2)
3.1.2 Gebruik die inligting hierbo en teken ‘n lyngrafiek. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe 12 NW/Junie 2024
Graad 12
3.2 Boer A bestuur ‘n intensiewe melkery met 200 koeie, 2 melkportale met 4
melkmasjiene elk. Die koeie produseer 8 000 ℓ melk per dag wat na ‘n groot
prossesseringsfabriek in die stad gestuur word. Die koeie produseer ook 1
220 ton mis per jaar.
Boer B besit 2 koeie wat saam 10 ℓ melk per dag produseer. Die boer het ‘n
familie van 12 lede en 5 honde. Die 2 koeie wei langs die pad gedurende die
dag. Die mis wat bymekaar gemaak word in die kraal waar die koeie snags
slaap, word gebruik om die tuin te bemes.
3.2.1 Identifiseer, vanuit die scenario hierbo, die boerderystelsel wat beoefen
word deur:
(a) Boer A (1)
(b) Boer B (1)
3.2.2 Regverdig die antwoord vir VRAAG 3.2.1. (2)
3.2.3 Dui die boerderysisteem aan wat ‘n negatiewe invloed op die
omgewing sal hê. (1)
3.2.4 Ondersteun die antwoord in VRAAG 3.2.3 deur EEN omgewingseffek
te noem. (1)
3.3 Die foto hieronder toon ‘n apparaat wat vir ‘n bestuurspraktyk in
skaapproduksie gebruik word.
3.3.1 Identifiseer die apparaat in die foto hierbo. (1)
3.3.2 Noem die funksie van die apparaat in skaapproduksie. (1)
3.3.3 Gee EEN rede waarom skaapboere hierdie apparaat bo ander verkies. (1)
3.3.4 Dui die ouderdomsgroep aan waar die proses op lammers onder
intensiewe produksie toestande, toegepas word. (1)
3.3.5 Regverdig die antwoord vir VRAAG 3.3.4. (1)
3.3.6 Noem EEN ander apparaat wat vir dieselfde doel as die een wat in
VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is, gebruik kan word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe 13 NW/Junie 2024
Graad 12
3.4 PATOGEEN: SLEUTEL TIPE DIER
SIEKTE Bakterieë, Virus, SIMPTOME GEïNFEKTEER
Protozoa of Fungus
Ontsteking van
Mastitis A Plaasdiere
die uier
Hoë tempo van
Slenkdalkoors Virus B
aborsie
Koors,
Rooiwater C bloedarmoede Beeste
en dood
Vorm ‘n kors op
D Fungus Wolskape
die vel
3.4.1 Voltooi die tabel hierbo deur die ontbrekende inligting vir A, B, C en D
neer te skryf. (4)
3.4.2 Identifiseer ‘n siekte vanaf die tabel wat slegs melkkoeie affekteer. (1)
3.4.3 Stel TWEE bestuurspraktyke voor wat gebruik kan word om Rooiwater
te voorkom. (2)
3.4.4 Noem die plaasdier wat die mees vatbaarste vir mastitis is. (1)
3.5 Lantana camara en Dichepetalum cymosum of gifblaar is twee van die mees
algemene en belangrike hepatotoksiese plante vir plaasdiere.
3.5.1 Dui ‘n algemene naam aan wat gebruik word om die plante in die
scenario hierbo, te beskryf. (1)
3.5.2 Noem die plaasdier wat hoofsaaklik deur gifblaar geaffekteer word. (1)
3.5.3 Gee TWEE voorbeelde van ander plante in hierdie kategorie. (2)
3.5.4 Gee ‘n voorbeeld van TWEE tipes skape wat die vatbaarste vir hierdie
tipe plante is. (2)
3.5.5 Noem die anorganiese wit korrel bestanddeel wat aan herkouer
plaasdiere as proteïen plaasvervanger gevoer word, wat dieselfde
effek as die plante hierbo genoem het, wanneer in oormaat gevoer (1)
word. [35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe 14 NW/Junie 2024
Graad 12
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op ‘n NUWE bladsy.
4.1 Die diagram hieronder toon die organe in die reproduksiestelsels van
plaasdiere.
DIAGRAM 1 DIAGRAM 2
E
B
C
A
D
F
4.1.1 Identifiseer die LETTER in DIAGRAM 1 en DIAGRAM 2 wat die deel
verteenwoordig waar elk van die volgende plaasvind:
(a) Gamete wat in DIAGRAM 2 gevorm word (1)
(b) Tree op as temperatuurreguleringsmeganisme in DIAGRAM 1 (1)
(c) Afskeiding van progesteroon in DIAGRAM 2 (1)
(d) Produksie van testosteroon in DIAGRAM 1 (1)
4.1.2 Noem die aangebore defek algemeen in beide manlike en vroulike
plaasdiere wat kan lei tot steriliteit. (1)
4.1.3 Gee TWEE hormone verantwoordelik vir die proses in F. (2)
4.2 Verwys na TWEE sintuie wat die paringsgedrag in bulle sal reguleer. (2)
Copyright reserved Please turn over
Landbouwetenskappe 15 NW/Junie 2024
Graad 12
4.3 Kunsmatige Inseminasie is ‘n belangrike tegniek wat in of op vroulike
plaasdiere uitgevoer word om die kudde ekonomies en vinning te laat
vermeerder.
Hieronder is die stappe betrokke voor en na kunsmatige inseminasie om
suksesvolle bevrugting te verseker:
Semen verdunning
Plasing van semen in die geslagskanaal van ‘n koei
Semen ondersoek
Hitte waarneming
Semen versameling
4.3.1 Herrangskik die stappe hierbo in kronologiese volgorde om te verseker
dat die kunsmatige inseminasie suksesvol is. (5)
4.3.2 Dui TWEE ekonomiese voordele van kunsmatige inseminasie vir die
boer aan. (2)
4.3.3 Gee ‘n ander wetenskaplike tegniek anders as die een hierbo genoem,
wat die produksietempo sal verbeter. (1)
4.4 Die diagram hieronder illustreer ‘n reproduksiesproses wat in diere plaasvind.
Skenker nukleus
Saamgesmelte sel
Eiersel
Embrio
4.4.1 Identifiseer die proses hierbo geïllustreer. (1)
4.4.2 Dui die LETTER van die skaap aan wat geneties identies aan die
skaap in D sal wees. (1)
4.4.3 Skryf die LETTER van die skaap neer wat as surrogaat sal dien. (1)
4.4.4 Gee die naam van die proses in C. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe 16 NW/Junie 2024
Graad 12
4.4.5 Noem TWEE oogmerke van die proses hierbo geïllustreer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe 17 NW/Junie 2024
Graad 12
4.5 Die vloeidiagram hieronder beskryf die stadia van dragtigheid.
A
Eiersel
1 Bal van selle
vorm
Spermsel
C B
Vinnige groei van Weefsel, organe
die baarmoeder en stelsels
ontwikkel
4.5.1 Identifiseer die proses wat in 1 plaasvind. (1)
4.5.2 Dui die stadium van dragtigheid by LETTER A aan. (1)
4.5.3 Noem die struktuur wat sal ontwikkel om die kalf te voed, as gevolg
van die proses by LETTER C. (1)
4.5.4 Noem TWEE stelsels wat uit die endoderm by LETTER B ontwikkel. (2)
4.5.5 Gee TWEE redes waarom die koei die fetus sal aborteer. (2)
4.6 Parturisie is ‘n gekompliseerde proses wat problematies kan wees veral as die
posisionering van die kalf verkeerd is.
4.6.1 Dui die tipe posisionering voorgestel deur elk van die stellings
hieronder aan:
(a) Die fetus lê op sy maag met voorpote uitgestrek na die pelvis en
die kop rus daarop. (1)
(b) Agter deel van die fetus lê in die rigting van die serviks wat
veroorsaak dat die agterpote eerste te voorskyn sal kom. (1)
4.6.2 Dui die posisionering aan wat die bystand van ‘n veearts gaan benodig. (1)
4.6.3 Noem TWEE probleme anders as posisionering wat gekompliseerde
geboortes kan veroorsaak. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 November 2024 NSC QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 November 2024 NSC QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 November 2024 NSC MG QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 November 2024 NSC MG QP
Related documents
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 EC June 2021 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP

Question paper