VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2025
10721
BESIGHEIDSTUDIES
(VRAESTEL 1)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
10 bladsye
b.o.
Skip to contentQuestion paper 
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)


%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)



View all





Business Studies Grade 12 P1 Gauteng Mock 2025 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Business Studies · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 471.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
BESIGHEIDSTUDIES 2
(VRAESTEL 1) 10721/25
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en let op wat benodig word.
Let daarop dat SLEGS die antwoorde van die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die
antwoord van die EERSTE vraag in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne geskryf word.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as riglyn vir punt- en tydtoekenning wanneer elke vraag
beantwoord word.
TYD
AFDELING VRAAG PUNTE
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae:
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte-tipe vrae 2 40
KEUSE: Beantwoord enige TWEE. 3 40 70
4 40
C: TWEE opstel-tipe vrae 5 40
30
KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag van ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
BESIGHEIDSTUDIES 3
(VRAESTEL 1) 10721/25
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Hierdie wet moedig werkers aan om aan leerprogramme deel te neem:
A Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997)
B Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005)
C Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998)
D Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
1.1.2 Shado Trading geniet sterk handelsmerklojaliteit in die mark. Dit is 'n
voorbeeld van 'n ... in die SWOT-analise.
A sterkpunt
B swakpunt
C geleentheid
D bedreiging
1.1.3. Veggie Canning werk in die ... sektor aangesien hulle spesialiseer in die
vervaardiging van 'n verskeidenheid blikkieskos.
A tersiêre
B ekonomiese
C primêre
D sekondêre
1.1.4 Die doel van 'n onderhoud is om ...
A inligting oor die welstand van werknemers te kommunikeer.
B die vaardighede en persoonlike eienskappe van die kandidaat te
evalueer.
C kandidate se antwoorde vir toekomstige verwysing op te teken.
D die aansoeke van elke kandidaat na te gaan wat dalk verduidelik
moet word.
1.1.5 Die ... funksie verseker dat alle dokumentasie netjies en ordelik op 'n veilige
plek gehou word.
A administratiewe
B finansiële
C openbare betrekkinge
D produksie
(5 x 2) (10)
b.o.
BESIGHEIDSTUDIES 4
(VRAESTEL 1) 10721/25
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDBOEK neer.
wetlike vereiste; Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV);
disinvestering; seleksie; Wet op Gelyke Indiensneming (WGI),
openbare betrekkinge; voorwaarde; werwing; aflegging; bemarking
1.2.1 Thando Trading het die dienskontrakte van sommige van hul werknemers om
operasionele redes beëindig. Hierdie verdedigingstrategie staan bekend
as ...
1.2.2 Die ... bepaal dat werknemers dubbel betaal moet word vir oortyd op openbare
vakansiedae.
1.2.3 Die proses om geskikte kandidate te vind om 'n vakature in 'n besigheid te vul,
staan bekend as ...
1.2.4 ʼn ... van 'n dienskontrak vereis dat besighede die pligte en
verantwoordelikhede van werknemers duidelik bepaal.
1.2.5 Ayisha is verantwoordelik vir die verskaffing van 'n persverklaring by Ouma
Handelaars. Dit is 'n gehalteaanwyser van die ... funksie. (5 x 2) (10)
b.o.
BESIGHEIDSTUDIES 5
(VRAESTEL 1) 10721/25
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A – J) neer langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDBOEK, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Strategie vir menslike A verseker volle betrokkenheid van werknemers
hulpbronontwikkeling om kliënte se behoeftes te bevredig
1.3.2 Strategiese B formuleer alternatiewe strategieë om op
bestuursproses geleenthede te reageer
1.3.3 Wet op C ontwikkel riglyne vir die deelname van die
Arbeidsverhoudinge regering en georganiseerde arbeid
(WAV), 1995 (Wet 66
van 1995) D voorsien vir die reg van werkers om deel te
neem aan ʼn onwettige staking
1.3.4 Plasing
E gekose kandidate is onderhewig aan verdere
1.3.5 Totale gehaltebestuur keuring
F ontwikkel kort- en langtermyn vaardighede in
die arbeidsmag
G kwalifikasie van die gekose kandidaat pas by
die vereistes van die pos
H voorsien vir die reg op uitsluiting deur die
werkgewer as 'n reaksie op langdurige stakings
I verseker dat kliënte se behoeftes bevredig
word deur die fisiese voorkoms van die produk
te inspekteer
J formuleer alternatiewe strategieë om op die
uitdagings te reageer
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o.
BESIGHEIDSTUDIES 6
(VRAESTEL 1) 10721/25
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op
ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem enige VIER PESTWO-analise faktore. (4)
2.2 Beskryf in breë trekke die voordele van intensiewe strategieë. (6)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GEEK REKENAARS (GR)
Geek Rekenaars vervaardig 'n verskeidenheid elektroniese produkte. GR ervaar
tans 'n tekort aan elektriese komponente van sy verskaffer. Hulle het geld by Fine
Bank teen 'n hoë rentekoers geleen weens ‘n onstabiele ekonomie.
2.3.1 Haal TWEE uitdagings vir GR uit die scenario hierbo aan. (2)
2.3.2 Klassifiseer GR se uitdagings volgens die besigheidsomgewings. (2)
2.3.3 Noem die mate van beheer wat GR oor ELKE besigheidsomgewing het
wat in VRAAG 2.3.2 geklassifiseer is. (2)
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAE 2.3.1 tot 2.3.3 te beantwoord.
BESIGHEIDS - MATE VAN
UITDAGINGS
OMGEWINGS BEHEER
(2.3.1)
(2.3.2) (2.3.3)
1.
2.
2.4 Verduidelik hoe die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid (SOOO’s)
befonds word. (6)
b.o.
BESIGHEIDSTUDIES 7
(VRAESTEL 1) 10721/25
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
CAMELOT BOETIEK (CB)
Camelot Boetiek het 'n nakomingsinspeksie ondergaan om te verseker dat die
besigheid in ooreenstemming is met die Wet op Verbruikersbeskerming van 2008
(Wet 68 van 2008). Daar is ontdek dat die kwaliteit van CB se goedere wissel
wanneer dit in verskillende gebiede verkoop word. Hulle het ook kliënte op die
swartlys geplaas sonder om pogings aan te wend om die skuld te verhaal. CB het
kliënte behoorlike inligting oor hul dienste geweier.
2.5.1 Haal TWEE aksies aan wat as nie-nakoming van die Wet op
Verbruikersbeskerming uit die scenario hierbo beskou word. (2)
2.5.2 Verduidelik die boetes wat besighede in die gesig staar vir nie-nakoming
van die Wet op Verbruikersbeskerming. (4)
2.6 Bespreek die doel van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van
1998). (6)
2.7 Adviseer besighede oor die stappe in strategie-evaluering. (6)
[40]
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Noem enige VIER voorbeelde van byvoordele. (4)
3.2 Beskryf in breë trekke die rol van die kandidaat tydens die onderhoud. (6)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KELLY LOGISTIEK (KL)
Kelly Logistiek het 'n vakante pos vir 'n finansiële bestuurder. KL het die vakature
op die kennisgewingbord van die besigheid geadverteer.
3.3.1 Noem die metode van werwing wat deur KL in die scenario hierbo
gebruik word. (2)
3.3.2 Verduidelik die voordele van die werwingsmetode wat in VRAAG 3.3.1
genoem word. (4)
3.4 Bespreek die doel van induksie. (4)
3.5 Brei uit oor die betekenis van gehaltebeheer. (4)
b.o.
BESIGHEIDSTUDIES 8
(VRAESTEL 1) 10721/25
3.6 Verduidelik hoe die gehalte van prestasie van die produksiefunksie tot die sukses
van 'n besigheid kan bydra. (4)
3.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HAMID VERVAARDIGERS (HV)
Hamid Vervaardigers spesialiseer in die verkoop van eksklusiewe huisware.
Werknemers word op alle vlakke opgelei sodat almal hul rolle in gehaltebestuur
verstaan. Die bestuur stel realistiese en haalbare doelwitte. HV implementeer
proaktiewe instandhoudingsprogramme vir toerusting om onderbrekings in
produksie te verminder.
3.7.1 Haal TWEE maniere aan waarop TGB die koste van gehalte verminder
uit die scenario hierbo. (2)
3.7.2 Bespreek ander maniere waarop TGB die koste van gehalte kan
verminder. (4)
3.8 Adviseer besighede oor die impak van TGB as dit swak geïmplementeer word. (6)
[40]
b.o.
BESIGHEIDSTUDIES 9
(VRAESTEL 1) 10721/25
VRAAG 4: BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Noem enige VIER kragte van Porter se Vyf Kragte-model. (4)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PRETTIGE SPEELGOED (PS)
Prettige Speelgoed vervaardig musikale speelgoed vir pasgebore babas. PS het
besluit om nuwe musikale speelgoed vir tieners by te voeg, wat by nuwe kliënte sal
aanklank vind.
4.2.1 Identifiseer die tipe diversifikasiestrategie wat deur PS toegepas word.
Motiveer jou antwoord deur uit die bostaande scenario aan te haal. (3)
4.2.2 Bespreek EEN ander tipe diversifikasiestrategie. (3)
4.3 Verduidelik die regte van verbruikers ingevolge die Nasionale Kredietwet (NKW),
2005 (Wet 34 van 2005). (6)
4.4 Adviseer besighede oor maniere waarop hulle aan die Wysigingswet op Vergoeding
vir Beroepsbeserings en -siektes (COIDA), 1997 (Wet 61 van 1997), kan voldoen. (4)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.5 Noem enige VIER aspekte wat by 'n dienskontrak ingesluit moet word. (4)
4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LERATO KONSULTANTE (LK)
Lerato Konsultante het 'n posontleding saamgestel vir die vakante pos van 'n
verkoopsbestuurder. LK het aangedui dat aansoekers 'n graad in besigheidsbestuur
moet hê. Die suksesvolle kandidaat sal voorleggings moet maak van die besigheid
se verkope en wins.
Identifiseer TWEE komponente van 'n posontleding wat deur LK gebruik word.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.6 te beantwoord.
KOMPONENTE VAN 'N POSONTLEDING MOTIVERINGS
1.
2. (6)
4.7 Verduidelik hoe besigheid enige TWEE stappe van die BDKH-model/stappe kan
toepas om die gehalte van hul produkte te verbeter. (6)
4.8 Adviseer groot besighede oor die voordele van voldoende finansiering en kapasiteit
as 'n Totale Gehalte Bestuur (TGB)-element. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
BESIGHEIDSTUDIES 10
(VRAESTEL 1) 10721/24
AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die gekose vraag duidelik aan. Die antwoord op
die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op 'n NUWE bladsy
OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)
Die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003)
is ingestel om die uitdagings van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) te oorkom. Daar
word van besighede verwag om 'n goeie kennis van hierdie Wet te hê vir effektiewe
implementering. Baie besighede streef daarna om aan die vereistes van die Wet te
voldoen om boetes te vermy.
Skryf 'n opstel oor die Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtigingswet waarin jy die
volgende aspekte insluit:
Beskryf in breë trekke die doel van die Breëbasis Swart Ekonomiese
Bemagtigingswet.
Verduidelik die impak van BBSEB op besighede.
Bespreek die implikasies van die volgende BBSEB-pilare op besighede:
o Bestuursbeheer
o Eienaarskap
o Sosio-ekonomiese ontwikkeling/Maatskaplike verantwoordelikheid
Adviseer besighede oor die boetes wat hulle in die gesig staar vir nie-nakoming van die
BBSEB Wet. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (GEHALTE VAN PRESTASIE)
Gehaltebestuur en gehalteprestasie speel belangrike rolle in die vervaardiging van
produkte van hoë gehalte. Die korrekte implementering van gehaltekonsepte stel
besighede in staat om die voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel te geniet. Sommige
besighede glo daarin om die elemente van Totale Gehalte Bestuur (TGB) te gebruik om
aan die behoeftes van hul kliënte te voldoen. Hulle maak ook gebruik van die dienste van
gehaltesirkels as deel van die voortdurende verbetering van prosesse en stelsels.
Skryf 'n opstel oor die gehalte van prestasie waarin jy die volgende aspekte insluit:
Beskryf in breë trekke die verskille tussen gehaltebestuur en gehalteprestasie.
Verduidelik die voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel.
Bespreek die impak van die volgende TGB-elemente op besighede:
o Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/Onderwys en opleiding
o Totale kliënte-tevredenheid
Adviseer besighede oor die rol van gehaltesirkels as deel van die voortdurende
verbetering van prosesse en stelsels. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Business Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Business Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Business Studies quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Business Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Business Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2024 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 North West June 2024 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper
Related documents
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)
More from Grade 12 Business Studies

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2024 Memo

Memorandum