Skip to content

Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paperMathematical LiteracyGrade 12201816 pages

Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum met 1 bylae.
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. 2.1 Gebruik die ADDENDUM met BYLAE A vir VRAE 1.6.1 tot 1.6.3. 2.2 Skryf jou NAAM en GRAAD in die spasies verskaf op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 4.6. Handig die ANTWOORDBLAD met jou ANTWOORDEBOEK in. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 4. Diagramme is nie noodwendig volgens skaal geteken nie, tensy anders aangedui. 5. Rond ALLE finale antwoorde af volgens die konteks wat gebruik word, tensy anders aangedui. 6. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing. 7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 8. Toon ALLE berekeninge duidelik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2018) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 3 VRAAG 1 1.1 Die kosprys van ʼn hemp wat vanaf China ingevoer is, was R120 in Junie 2016 en R125 in Junie 2017. 1.1.1 Definieer die term inflasie gebaseer op die bostaande konteks. (2) 1.1.2 Skryf die verskil tussen die pryse in sent neer. (2) 1.1.3 Bereken die verkoopsprys van die hemp in 2017 met ʼn winsopslag van 12,5%. (2) 1.2 John koop ʼn bakkie van 60 eiers teen ʼn koste van R90. Hy verkoop die helfte van die eiers teen ʼn prys van R60 en die res van die eiers teen ʼn prys van R75. 1.2.1 Bereken die koste van ʼn dosyn eiers. (2) 1.2.2 Bereken die totale persentasie wins wat gemaak word uit die verkoop van 90 eiers. (3) 1.3 ʼn Bus verlaat Pretoria en vertrek na Queenstown op Donderdag, 04/01/2018 teen 4:25 nm. Die bus kom in Queenstown aan op Vrydag 05/01/2018 teen 3:30 vm. Bereken die tyd vir die rit vanaf Pretoria na Queenstown. (3) 1.4 Bepaal die aantal 275 mℓ plastiekkoppies wat gevul kan word met Coca-Cola wat vanuit ʼn 2-liter Coca-Cola bottel bedien word. (2) 1.5 ʼn Skaal word gewys as 100 cm : 75 m. 1.5.1 Bereken die werklike lengte van ʼn prent waar die lengte 2 cm op die diagram is. (3) 1.5.2 Skryf die bogenoemde skaal as eenheidsverhouding. (3) 1.6 Die kaart in BYLAE A toon die skooluitslae per distrik in die Oos-Kaap vir die 2017 Nasionale Senior Sertifikaat. Gebruik BYLAE A om die volgende vrae te beantwoord. 1.6.1 Identifiseer die distrik wat die beste gevaar het. (2) 1.6.2 Lys die distrikte wat swakker as Alfred Nzo-Oos gevaar het. (2) 1.6.3 Bepaal die distrik in die middelposisie vanuit die sewe distrikte wat die beste gevaar het volgens die distrikuitslae. (2) 1.6.4 Die 2017 Nasionale Senior Sertifikaat uitslae vir Wiskundige Geletterdheid toon dat 73,9% uit 313 030 geslaag het. Bepaal die aantal kandidate wat gedruip het. (2) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 2 2.1 TABEL 1 hieronder toon die inkomste- en uitgawestaat van John se Groentestal in ʼn klein dorpie in die Oos-Kaap aan. Die staat toon ʼn vergelyking van begrote en werklike waardes vir die jaar 2017. TABEL 1 John se Groentestal Begrote en Werklike waardes vir die jaar 2017 (Waardes in Rand) ITEM INKOMSTE BEGROTING VERSKIL Groente (Tipe S) verkope 3 250 2 750 500 Groente (Tipe T) verkope 4 500 4 200 300 Addisionele inkomste van lugtyd- verkope 1 200 1 000 200 Totale Inkomste A 7 950 1000 UITGAWES BEGROTING VERSKIL Groente (Tipe S) koste 1 440 1 500 B Groente (Tipe T) koste 2 600 C 200 Lugtyd 1 000 1000 0 Aflewering 800 880 (80) Totale Uitgawes 5 840 5 780 60 Netto Wins (Verlies) 3 110 2 170 940 2.1.1 Bereken die waarde van A. (2) 2.1.2 Bepaal die waarde van B. (2) 2.1.3 Bereken die begrote waarde, C, vir Groentetipe T. (2) 2.1.4 Identifiseer die item onder ‘Uitgawes’ wat moontlik die hoofoorsaak kan wees dat die besigheid ʼn verlies gely het. (2) 2.2 Mev. John, 68 jaar oud, is ʼn konsultant by ABC-maatskappy en verdien ʼn maandelikse bruto salaris van R65 000. In Desember verdien sy ʼn prestasiebonus wat 75% van haar maandelikse salaris is. Haar pensioenfondsbydrae is 7,5% van haar maandelikse bruto salaris en sy betaal R1 050 per maand aan ʼn mediese fonds. 2.2.1 Bereken mev. John se jaarlikse bruto salaris. (2) 2.2.2 Bereken mev. John se jaarlikse pensioenfondsbydrae. (2) 2.2.3 Bereken mev. John se jaarlikse mediese fonds bydrae. (2) 2.2.4 Toon dat mev. John se prestasiebonus R48 750 is. (2) 2.2.5 Bepaal mev. John se jaarlikse belasbare inkomste. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2018) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 5 2.3 TABEL 2 hieronder toon die inkomstebelastingkategorieë vir die 2016/2017 finansiële jaar. INKOMSTEBELASTING VIR 2016/2017 FINANSIËLE JAAR Belasbare Inkomste Belastingkoers (Rand) (Rand) R0–R188 000 18% vir elke R1 R188 001–R293 600 R33 840 + 26% van die bedrag bo R188 000 R293 601–R406 400 R61 296 + 31% van die bedrag bo R293 600 R406 401–R550 100 R96 264 +36% van die bedrag bo R406 400 R550 101– R701 300 R147 996+ 39% van die bedrag bo R550 100 R701 301 en bo R206 964 +41% van die bedrag bo R701 300 KORTINGS BELASTINGDREMPEL Primêr: R13 500 Jonger as 65 jaar: R75 000 Sekondêr: R7 407 Ouderdom 65 tot 74: R116 150 Tersiêr: R2 466 Ouderdom 75 en ouer: R129 850 Gebruik TABEL 2 en die inligting in VRAAG 2.2 om die volgende vrae te beantwoord. 2.3.1 Identifiseer die belasbare inkomstegroep waarin mev. John se inkomste val. (2) 2.3.2 Bereken die korting wat mev. John sal ontvang. (2) 2.3.3 Bereken die werklike belasting wat mev. John vir die 2016/2017 finansiële jaar sal betaal tot die naaste rand. Jy mag die volgende formule gebruik: Werklike belasting = Inkomstebelasting bereken op belasbare inkomste – Korting (4) 2.3.4 Vervolgens, bereken mev. John se netto jaarlikse salaris. Jy mag die volgende formule gebruik: Netto jaarlikse salaris = Jaarlikse belasbare inkomste – Werklike belasting (3) 2.4 Mnr. Mana leen R400 000 van DFK-bank om sy foonbesigheid te finansier. Die lening was toegestaan teen ʼn rentekoers van 15,5% per jaar wat jaarliks saamgestel word. 2.4.1 Bereken, sonder die gebruik van ʼn formule, die rente wat mnr. Mana sal betaal vir twee jaar. (4) 2.4.2 Mnr. Mana spesialiseer in twee tipes fone: Foon D en Foon E wat vanaf China ingevoer word teen ʼn kosprys van R1 750 en R2 000 onderskeidelik. Die pryse sluit BTW van 15% in (Belasting op Toegevoegde Waarde). Bereken die waarde van BTW vir Foon D. (3) 2.4.3 Hy koop die fone in ʼn verhouding Foon D : Foon E = 3 : 2. Bepaal hoeveel van Foon E hy gekoop het, indien hy 60 van Foon D bestel het. (2) 2.4.4 Bereken die totale koste van Foon D en Foon E wat hy gekoop het. (3) 2.4.5 Herlei die totale koste van die foon na Chinese Yuan. Gebruik die wisselkoers: R1 = 0,52709 Chinese Yuan (CNY) (3) [46] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 3 3.1 Die diagram hieronder toon die minimum openinggrootte van ʼn dubbeldeur-motorhuis wat omring is deur ʼn muur wat met ʼn enkellaag stene gebou is. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: www.diedeur.co.za] 3.1.1 Identifiseer die lengte van die minimum dubbeldeuropening. Gee jou antwoord in meter. (2) 3.1.2 A is drie keer die afstand gemerk B. Skryf die afstand gemerk A neer. (2) 3.1.3 Skryf die hoogte van die muur in meter. (3) 3.1.4 Bepaal die oppervlakte van ʼn enkelmotorhuis se deuropening indien die lengte die helfte van die dubbeldeur-motorhuisopening is en die hoogte dieselfde bly. Jy mag die volgende formule gebruik: ࡻ࢖࢖ࢋ࢘࢜࢒ࢇ࢑࢚ࢋ ൌ ࡸࢋ࢔ࢍ࢚ࢋ ൈ ࡮࢘ࢋࢋࢊ࢚ࢋ (4) 3.1.5 Bereken die oppervlakte wat deur stene gedek word in m2. Jy mag die volgende formule gebruik: ࡻ࢖࢖ࢋ࢘࢜࢒ࢇ࢑࢚ࢋ ൌ ࡸࢋ࢔ࢍ࢚ࢋ ൈ ࡮࢘ࢋࢋࢊ࢚ࢋ (5) 3.2 Asange beplan om die muur agter haar huis 2,5 m hoër te laat bou as gevolg van huisinbrake. Die standaardgrootte van die steen wat gebruik word, is 230 mm by 110 mm by 76 mm. 3.2.1 Bereken die breedte van die steen en sement, indien die sementlaag 12 mm is wanneer die stene gelê word. (2) 3.2.2 Bepaal die aantal rye van stene wat benodig word om die muur hoër te bou, indien die stene oor die lengte van die muur gelê gaan word. (3) 3.2.3 Bereken die volume van die standaardgrootte steen in cm3. Jy mag die volgende formule gebruik: Volume ൌ ࡸࢋ࢔ࢍ࢚ࢋ ൈ ࡮࢘ࢋࢋࢊ࢚ࢋ ൈ ۶‫܍ܜ܏ܗܗ‬ (4) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2018) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 7 VRAAG 4 Needo Hengelklub het twee klubkompetisies, ʼn oornag- by ‘Bridal Driftdam’ in Augustus en ʼn dagkompetisie by Nahoondam in September 2017 gehou. AUGUSTUS KOMPETISIE Ure SEPTEMBER KOMPETISIE ‘BRIDAL DRIFTDAM’ gewerk vir NAHOONDAM Gewig in kg Aantal visse beide Gewig in kg Aantal visse kompetisies 1,26 2 1ste 0,182 3 1,371 9 2de 0,309 1 1,668 8 3de 0,729 3 1,746 4 4de 0,856 4 1,849 8 5de 0,936 1 2,163 1 6de 2,448 2 2,333 1 7de 2,449 1 3,128 2 8ste 3,038 1 9de 3,316 6 [Aangepas uit Fishing EC, Oktober 2017] 4.1 Bepaal die omvang (‘range’) van die gewigte vir die September-kompetisie. (3) 4.2 Skryf die mediaangewig vir die Augustus-kompetisie neer. (2) 4.3 Bereken die gemiddelde gewig vir al die visse wat gevang is gedurende die Augustus- kompetisie. Gee jou antwoord tot die naaste kilogram. (3) 4.4 Bereken die totale aantal visse wat tydens die dagkompetisie gevang is. (2) 4.5 Druk uit, as ʼn persentasie, die waarskynlikheid om willekeurig ʼn vis te kies wat 1,849 kg weeg tydens die Augustus-kompetisie. (3) 4.6 Gebruik die inligting vir die Augustus-kompetisie om ʼn kolomgrafiek op die ANTWOORDBLAD te teken. (6) 4.7 Bepaal die derde (boonste) kwartiel vir die September-kompetisie. (3) 4.8 Bepaal die modale gewig vir die September-kompetisie. (2) 4.9 Druk die getal visse met ʼn gewig van 1,668 kg uit as ʼn persentasie van die aantal visse gevang tydens die kompetisies. (3) 4.10 Identifiseer die uur waartydens die grootste aantal visse gevang is. (2) 4.11 Rangskik die September-kompetisie se aantal visse wat gevang is, in stygende orde. (2) [31] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 5 Bestudeer die teatersitplekplan hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 5.1 Lundi het ʼn kaartjie, genommer K4, en betree die teater deur gebruik te maak van Ingang 2. Help Lundi om sy sitplek te vind. (2) 5.2 In watter algemene rigting wys sitplek J5? (2) 5.3 Gee sitpleknommers vir die sitplekke wat nie beskikbaar is nie in die eerste ry in die middel van die teater. (3) 5.4 Skryf die aantal beskikbare sitplekke aan die noordoostelike kant van die skerm neer. (2) 5.5 Asi kom die teater binne deur Ingang 1. Sy loop in die gang af tot by die tweede voorste ry aan haar linkerkant en gaan sit dan in die tweedelaaste sitplek. Skryf Asi se sitpleknommer neer. (2) 5.6 Identifiseer die ry wat die verste van die skerm is. (2) 5.7 Skryf die kant met die minste beskikbare sitplekke neer. (2) 5.8 Bepaal die waarskynlikheid om ʼn sitplek met die letter G willekeurig uit al die sitplekke te kies. Gee jou antwoord as ʼn desimale breuk. (3) [18] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2018) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 9 ANTWOORDBLAD NAAM: GRAAD 12: GRAFIEK VIR VRAAG 4.6 Ure gespandeer en visse gevang tydens Augustus 10 9 8 7 6 Aantal visse gevang 5 4 3 2 1 0 1ste 2de 3de 4de 5de 6de 7de 8ste Ure Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Mathematical Literacy

View all