NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye insluitende ʼn 5-bladsy addendum
(met 1 bladsy antwoordblad aangeheg).
Skip to contentAll 2018 papers 



%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a/v1-5701240b47614d0b0a9c/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c/v1-f00b3bdb13e7db00d870/card.webp)
View all





Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP
Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 662.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2018
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. Gebruik die ADDENDUM met BYLAE vir die volgende vrae:
BYLAE A vir VRAAG 2.2.1
BYLAE B vir VRAAG 2.3
BYLAE C vir VRAAG 3.1
BYLAE D vir VRAAG 3.3
ANTWOORDBLAD 1 vir VRAAG 2.3.5
Skryf jou NAAM in die spasie wat voorsien word op die ANTWOORDBLAD en
handig die ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDEBOEK in.
3. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
4. ʼn Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammmeerbaar en niegrafies) mag gebruik
word, tensy anders aangedui.
5. ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.
6. Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.
7. Toon meeteenhede, waar van toepassing.
8. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy
anders aangedui.
9. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2018) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 3
VRAAG 1
1.1 ʼn Familie van vyf lede woon in ʼn waterbeperkte gebied in Johannesburg waar
hulle 87 liter water per persoon per dag van die munisipaliteit kan gebruik. Hulle
het besluit om eko-wateropgaartenke te installeer om instaat te wees om 250 liter
per persoon per dag te kan gebruik. Die familie gebruik 87 liter water per
persoon vanaf die munisipaliteit en gebruik die res vanaf die watertenke. Hulle
het twee watertenke met afmetings soos in TABEL 1 hieronder aangetoon word.
TABEL 1: Afmetings van die twee watertenke
TENK Deursnit in millimeter Hoogte in millimeter
A 1 050 1 420
B 1 800 2 100
LET WEL:
Twee tenke met afmetings soos aangetoon was geïnstalleer by hulle huis.
1.1.1 Hoeveel liter water in totaal gebruik hulle per maand (30 dae) vanaf die
munisipaliteit en die watertenke? (5)
1.1.2 Gebruik TABEL 2, die watertariefkoste, om die vraag hieronder te
beantwoord.
TABEL 2:
[Normale Watertariefkoste vir Johannesburg in 2016/2017]
Tarief opsomming Tarief
(in kiloliter) Rand per kiloliter (sonder BTW)
0 – 6 kℓ Gratis
7 – 10 kℓ R7,14
11 – 15 kℓ R12,07
16 – 20 kℓ R17,65
21 – 30 kℓ R24,03
31 – 40 kℓ R25,81
> dan 40 R32,27
[Bron: www.johannesburgwater.co.za]
Omskakeling: 1 kℓ = 1 000 liter
Die familie beweer dat, indien die water per persoon (aantal liter) uit die
watertenk belas word teen die normale munisipaliteit tariewe, hulle
meer as R300 BTW (14%) ingesluit vir die waterrekening, sal betaal.
Verifieer, met die nodige berekeninge, of hulle bewering geldig is of
nie. (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.1.3 Verifieer, met die nodige berekeninge, of hulle genoeg water vir 30 dae
sal hê met beide tenke vol, al het dit nie gereën nie.
LET WEL: Die hoeveelheid water in ʼn vol tenk is gelyk aan die
volume van die tenk, afgerond tot die naaste duisend.
Jy mag die volgende formule gebruik:
Volume van silindriese tenk = π × radius × radius × hoogte; waar
π = 3,142
Omskakeling: 1 000 cm3 = 1 liter (9)
1.2 In ʼn geen fooi skool (no fee school), word boekpakke (skryfbehoeftes) aan
graad 10, 11 en 12 leerders in verhouding 5 : 3 : 2 verskaf. Daar is verskillende
plakkers vir elke van hierdie grade; blou vir graad 10, roomkleur vir graad 11 en
groen vir graad 12. Elke boekpak kos R320,00 insluitende BTW (15%).
1.2.1 Aan die graad 10 leerders was 250 boekpakke verskaf. Hoeveel
boekpakke was daar aan die hele skool verskaf? (5)
1.2.2 ʼn Regeringsamptenaar beweer dat die 15% BTW wat op die totale aantal
boekpakke belas word, is meer as die koste van 50 boekpakke. Verifieer,
met berekeninge, of die bewering geldig is of nie. (7)
1.2.3 Bepaal die waarskynlikheid dat ʼn boekpak wat willekeurig gekies word
aan óf ʼn graad 11 óf ʼn graad 12 leerder behoort. Gee jou finale antwoord
as ʼn persentasie. (4)
[39]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2018) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 5
VRAAG 2
2.1 Die twee stelle data hieronder verteenwoordig die slaagpersentasie in 11 gekose
vakke vir 2015 en 2016.
2015 59,6; 76,9; 75,7; 68,2; 97,1; 77,0; 84,0; 70,4; 71,4; 49,1; 58,6
2016 69,5; 75,4; 73,7; 65,3; 97,4; 76,5; 84,0; 70,5; 71,3; 51,1; 52,0
2.1.1 Bestudeer die datastel vir 2015 en 2016 en beantwoord die volgende vrae.
(a) Bereken die gemiddelde vir die 2015 datastel. (3)
(b) ʼn Onderwyser beweer dat, indien slegs die gemiddelde oorweeg
word, het die 2016 leerders beter as die 2015 leerders gepresteer.
Verifieer hierdie stelling deur alle berekeninge te toon. (3)
2.1.2 Die snor- en baarddiagram hieronder verteenwoordig die twee stelle data
vir die slaagpersentasie in 11 gekose vakke. Sommige inligting is
weggelaat.
2015
49,1 59,6 71,4 A 97,1
2016
51,1 B 71,3 76,5 97,4
ʼn Onderwyser beweer dat die 2015 uitslae beter as die 2016 uitslae was
wanneer die twee snor-en baarddiagramme vergelyk word. Verifieer
hierdie stelling deur kommentaar op die interkwartielomvang te lewer. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
2.2 Gebruik die belastingtabel in BYLAE A om die volgende vrae te beantwoord.
2.2.1 ʼn 56-jaar oue vrou verdien R31 625 belasbare inkomste per maand. Sy
dra nie tot ʼn mediese fonds by nie. Sy beweer dat sy met haar
maandelikse belasting aan twee oumense ouderdomstoelae en tien
kinderondersteuningstoelae kan betaal. Verifieer, met die nodige
berekeninge, of haar bewering geldig is of nie.
NOTA: Kinderondersteuningstoelaag is R380 en Ouderdomstoelaag
is R1 600. (10)
2.2.2 Sy werk vir ʼn maatskappy wat 5,8% verhoging vir die eerste jaar aanbied
en 6,8% vir die volgende jaar. Bereken haar totale jaarlikse inkomste na
twee jaar. (5)
2.3 Die tabel in BYLAAG B toon ʼn statistiese opsomming van maatskaplike toelae
in Suid-Afrika. Beantwoord die vrae wat op die tabel gebaseer is.
2.3.1 Bereken die verskil in die totaal van die ouderdomstoelae en
kinderondersteuningstoelae vir KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap. (4)
2.3.2 Identifiseer die provinsie met die laagste aantal maatskaplike toelaes,
uitsluitende Oorlogveteraan-toelae en toelae in Hulp. (2)
2.3.3 Die volgende tabel verteenwoordig Oorlogveteraan se toelae vir 2017 en
2018 vir die verskillende provinsies.
OK VS GP KZN LP MP NK NW WK
2017 23 1 51 22 6 4 4 2 46
2018 21 1 48 15 3 3 3 2 42
Verskaf ʼn moontlike rede waarom die aantal Oorlogveteraan-toelae vir
Gauteng en Noordwes provinsies van mekaar verskil. (2)
2.3.4 Beskryf die tendens van die aantal Oorlogveteraan-toelae tussen die twee
jare. (4)
2.3.5 Teken ʼn saamgestelde kolomgrafiek op ANTWOORDBLAD 1 om die
totaal van die Oorlogveteraan-toelae te toon vir Oos-Kaap, KwaZulu-
Natal, Noord-Kaap en Limpopo vir die twee jaar. (4)
[43]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2018) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 7
VRAAG 3
3.1 Twee families reis vanaf Kaapstad na Durban vir ʼn vakansie. Die eerste familie verlaat
Kaapstad om 08:00 die tweede familie 30 minute later. Beide families het een en ʼn halfuur
gerus tydens hulle rit. Beide families se aankomstyd in Durban was 21:00.
Gebruik die kaart van Suidelike Afrika met die gegewe skaal in BYLAE C om die
onderstaande vrae te beantwoord.
3.1.1 Die eerste familie beweer dat die tweede familie dalk teen ʼn hoër spoed gery het.
Verifieer, met die nodige berekeninge, of hierdie bewerings geldig is.
Jy mag die volgende formule gebruik:
𝑨𝒇𝒔𝒕𝒂𝒏𝒅 𝒊𝒏 𝒌𝒊𝒍𝒐𝒎𝒆𝒕𝒆𝒓
Spoed = (10)
𝑻𝒚𝒅 𝒊𝒏 𝒖𝒖𝒓
3.1.2 Identifiseer die land op die kaart wat noordwes van Zimbabwe geleë is. (2)
3.2 ʼn Wiskundige Geletterdheid onderwyseres onderrig meting aan haar klas. Sy berei vorme
voor op ʼn bladsy soos hieronder aangedui. Leerders moet dit in hulle boeke plak met die
afmetings soos hieronder aangedui.
28 cm
2 cm
12 cm
20 cm
10 cm 6 cm
2 cm
6 cm
4 cm
Afmetings van bladsy:
Lengte = 28 cm
Breedte = 20 cm
Jy mag die volgende formule gebruik:
Oppervlakte van ʼn reghoek = Lengte × Breedte
Oppervlakte van ʼn vierkant = Sy × Sy
3.2.1 ʼn Leerder gebruik tou om die omtrek van die geskakeerde figuur te meet. Wat is
die lengte van die tou wat benodig word? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
3.2.2 Bereken die oppervlakte van die ongeskakeerde gedeelte in vierkante
sentimeter (cm2). (7)
3.3 BYLAAG D verteenwoordig die hekke en kampe vir die Kruger Nasionale Park.
3.3.1 Toeriste in die Kruger Nasionale Park beweer dat die rit vanaf Satara na
Olifants hulle die helfte van die tyd sal neem as die rit vanaf N’wanetsi na
Laer Sabi. Deur die afstande te oorweeg, verduidelik of hulle bewering
geldig is of nie.
LET WEL: Hulle ry nie teen dieselfde spoed nie. (4)
3.3.2 Die afstand vanaf Punda Maria na Paul Kruger via Mopani is 30 km
minder as die afstand vanaf Skukuza na Pafuri het. Verifieer, met die
nodige berekeninge, of hierdie bewering waar is. (4)
[31]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2018) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 9
VRAAG 4
4.1 TABEL 3 hieronder toon inligting van fooie wat in Australië betaalbaar is vir
voorgraadse studies. Dit toon 3 fakulteite by 10 geselekteerde universiteite.
Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae.
TABEL 3: UNIVERSITEITSFOOIE
Baccalaureus Graad (Voorgraads) – Fooie
Universiteit Besigheid Ingenieurswese Kunste
Australiese Katolieke $23 800 $21 000
universiteit
Australian nasionale $39 024 $41 040 $36 720
universiteit
Bond universiteit $33 640 $33 640 $33 640
CQ universiteit $23 760 $30 240 $21 120
Charles Darwin $20 440 $26 000 $18 520
universiteit
Charles Sturt universiteit $22 800 $18 400
Curtin universiteit $30 000 $34 000 $30 000
Deakin universiteit $28 952 $33 000 $25 088
Edith Cowan universiteit $27 600 $25 760 $27 200
Federasie universiteit $24 700 $28 800 $23 300
Australië
4.1.1 Verskaf ʼn moontlike verduideliking waarom daar geen fooie betaalbaar is
vir Ingenieurswese by sekere universiteite nie. (2)
4.1.2 Bereken die totale bedrag (fooie) betaalbaar in Rand, indien twee studente
Besigheid en Ingenieurswese by Bond en Edith Cowan universiteite
onderskeidelik studeer.
Gegewe dat die wisselkoers op 30 Januarie 2018 die volgende was:
1 Australiese dollar (AUSD) = R9,68. (4)
4.1.3 Bepaal die waarskynlikheid om ʼn universiteit lukraak te kies waar die fooie
van Kunste groter as $15 000 maar kleiner as $30 000 is. Gee jou finale
antwoord as ʼn desimale breuk. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
4.2 Die tabel hieronder verteenwoordig die verkope van alle Mercedes Benz modelle in
Europa vanaf Julie tot Desember vir drie agtereenvolgende jare.
TABEL 4: MERCEDES-BENZ VERKOPE IN EUROPA
Maand Mercedes-Benz verkope
2014 2015 2016
Julie 29 406 29 689 31 795
Augustus 28 958 30 633 31 556
September 29 523 29 678 32 470
Oktober 30 733 31 749 31 383
November 37 110 32 813 32 927
Desember 37 297 38 249 35 871
[Bron: www.carsalesbase.com]
4.2.1 Bereken die persentasie toename in Mercedes-Benz verkope vanaf
September 2015 tot Desember 2015. (4)
4.2.2 Watter maand wys die grootste Mercedes-Benz verkope vir al die jare? Gee
ʼn moontlike rede vir hierdie hoë Mercedes-Benz verkope. (3)
4.2.3 Bereken die verskil in verkope vir Augustus 2015 en Augustus 2016 indien
ʼn motor se gemiddelde prys R550 000 is. Gee jou finale antwoord in Euro.
Gegewe dat 1 Euro = R14,81 (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2018) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 11
4.3 ʼn Konstruksie-maatskappy het mense indiens geneem vir ʼn projek wat in 14 dae
voltooi moet word. Daar is 3 verskillende vlakke van werknemers met verskillende
tariewe van betalings.
Daar is twee Vlak 3 werknemers wat teen ʼn tarief van R248 per uur betaal word, ses
Vlak 2 werknemers teen ʼn tarief van R218,24 per uur en twee-en-dertig Vlak 1
werknemers teen ʼn tarief van R163,68 per uur.
Hulle werk van 14:00 tot 20:00 op die eerste dag met een uur etenstyd tussenin. Vir
die ander dae, werk hulle vanaf 08:00–20:00 met 2 ure etenstye tussenin. Op die
laaste dag werk die Vlak 1 werknemers vir vier ure, terwyl die Vlak 2 en Vlak 3
werknemers vir agt uur werk.
Werknemers woon 14 km vanaf die konstruksieterrein en word daagliks per bus
vervoer na en vanaf die konstruksieterrein teen ʼn tarief van R3,18 per kilometer per
persoon.
LET WEL:
Die konstruksie maatskappy betaal die busmaatskappy vir vervoer.
Werknemers word nie vir etenstye betaal nie.
4.3.1 Die hoof finansiële beampte van die konstruksie maatskappy beweer dat die
bedrag wat benodig word vir die werknemers sonder vervoerkoste is
R800 000. Verifieer, met die nodige berekeninge, of die bewering geldig is
of nie. (10)
4.3.2 Die hoof finansiële beampte rapporteer aan die raad van bestuurders dat die
totale bedrag wat die konstruksie maatskappy vir vervoerkoste betaal as ʼn
desimale breuk van die totale bedrag vir die werknemers, is minder as 0,5.
Verifieer, met die nodige berekeninge, of die verslag geldig is of nie. (6)
[37]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
ANTWOORDBLAD vir VRAAG 2.3.5
Naam en Van: ……………………………………………………….. Graad 12: …….
Oorlogveteraan toelae vir die OK, KZN, NK en LP
vir 2017 en 2018
25
20
15
Provinsies
10
5
0
OK KZN NK LP
Aantal WVG
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a/v1-5701240b47614d0b0a9c/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c/v1-f00b3bdb13e7db00d870/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Mathematical Literacy

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2025 Memo (Afr)

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2025 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Memo

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 KZN Mock 2025 Addendum

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Limpopo Mock 2025 Memo

Errata