Skip to content

Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2016 Question Paper (Afr)

Question paperAccountingGrade 12201626 pages

Grade 12 Accounting question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 26 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2016 10710 REKENINGKUNDE TYD: 3 uur PUNTE: 300 26 bladsye 3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 2 10710 / 16 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2016 REKENINGKUNDE TYD: 3 uur PUNTE: 300 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die onderstaande instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDBOEK word verskaf waarin jy al die vrae moet beantwoord. 3. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien. 4. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 6. Waar van toepassing, moet alle bewerkings tot EEN desimale punt bereken word. 7. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 3 10710 / 16 8. Gebruik die inligting hieronder in die tabel as gids wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE. VRAAG 1: 35 punte; 20 minute Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Finansiële Rekeningkunde Bank en Krediteure Bank en Krediteure Rekonsiliasie Rekonsiliasie Bestuur van hulpbronne Interne kontroleprosesse VRAAG 2: 40 punte; 25 minute Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Bestuursrekeningkunde Vervaardiging, konsepte en Direkte arbeidskoste, Fabrieksbokoste en Produksiekostestaat, aantekeninge Veranderlike koste en Bruto Wins Gelykbreekpunt Ontleding en vertolking van die gelykbreekpunt VRAAG 3: 70 punte; 45 minute Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Finansiële Rekeningkunde Inkomstestaat, Balansstaat en Notas: Vaste Bates, Gewone Maatskappy finansiële state en Aandelekapitaal en Handels- en ander betaalbares. ouditverslag Ouditeursverslag Bestuur van hulpbronne Etiek VRAAG 4: 60 punte; 35 minute Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Finansiële Rekeningkunde Berkening van inkomstebelasting, aankope van vastebates , netto Kontantvloeistaat verandering in kontant en kontantekwivalente, kontantgevolge van Ontleding en Verhoudinge finansieringsaktiwiteite, verhoudingsanalise en interpretasie Bestuur van hulpbronne Internekontrole-proses VRAAG 5: 45 punte; 25 minute Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Finansiële Rekeningkunde BTW berekeninge en Geweegde Gemiddelde-metode BTW en voorraadwaardasie Bestuur van hulpbronne Voorraadwaardasie metodes Interne kontrole VRAAG 6: 50 punte; 30 minute Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Bestuursrekeningkunde Kontantbegroting-berekeninge, Debiteure-Invorderingskedule Kontantbegroting en Ontleding en interpretasie van Kontantbegroting kostekonsepte Bestuur van hulpbronne Interne kontrole-prosesse en Etiek b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 4 10710 / 16 VRAAG 1: BANK EN KREDITEUREREKONSILIASIE (35 punte; 20 minute) 1.1 BANKREKONSILIASIE Die onderstaande inligting is ʼn uittreksel uit die rekenkundige rekords van Goniwe Handelaars vir Julie 2016. GEVRA: 1.1.1 Bereken die banksaldo soos op 31 Julie 2016. (11) 1.1.2 Stel die Bankversoeningstaat op 31 Julie 2016 op. (7) 1.1.3 Verwys na Inligting F. Verduidelik EEN interne kontrolemaatstaf wat gebruik kan word om te verseker dat hierdie probleem nie weer opduik nie. (2) INLIGTING: A. Die volgende is ʼn uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2016. Ongunstige saldo soos per Bankstaat 19 650 Ongunstige saldo soos per Bankrekening ? Uitstaande deposito’s 9 500 Uitstaande tjeks: Nr. 523 2 950 Nr. 642 400 B. Voorlopige totale soos op 31 Julie 2016: Kontantontvangstejoernaal R123 800 Kontantbetalingsjoernaal R 90 950 C. Na ʼn vergelyking van die Julie-Bankstaat en die Julie-kontantjoernale, is die volgende verskille ontdek:  Rente op ongunstige banksaldo, R270.  Die maandelikse aftrekorder vir versekering, R2 400 betaalbaar aan Better Versekeraars.  ʼn Deposito van R9 500 is op 30 Junie 2016 gemaak en verskyn nie in die joernale nie.  Die huurder het haar deposito van R6 000, direk in die onderneming se bankrekening gedeponeer. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 5 10710 / 16  ʼn Tjek vir R1 900 ontvang van ʼn debiteur, Bhengu Cafe, is deur die bank teruggestuur gemerk “onvoldoende fondse”. Die tjek is oorspronklik ontvang ter vereffening van sy rekening van R2 000.  Tjek no. 642 vir R400 verskyn op die bankstaat, maar nie in die kontantjoernale vir Julie 2016 nie.  Tjek no. 650 verskyn in beide die Kontantbetalingsjoernaal en die Bankstaat. Die bankstaat reflekteer die korrekte bedrag as R5 700, terwyl die Kontantbetalingsjoernaal dit aantoon as R7 050. D. Die onderstaande items verskyn in die Julie 2016 kontantjoernale, maar verskyn nie in die Julie Bankstaat nie:  ʼn Deposito gedeponeer op 30 Julie 2016 vir R12 800  Tjek nr. 687, R950, gedateer 11 Julie 2016  Tjek nr. 692, R4 750 gedateer 28 September 2016 E. Tjek no. 523 vir R2 950 verskyn steeds nie op die Bankstaat nie. Hierdie tjek was gedateer 18 Januarie 2016 en was ʼn betaling aan die Kinderfonds. F. Tydens sy ondersoek, het die interne ouditeur gevind dat R9 600 wat ontvang is van ʼn debiteur op 25 Junie 2016 nie aangeteken is nie. Die nodige inskrywings is op 5 Julie 2016 aangeteken. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 6 10710 / 16 1.2 KREDITEURE REKONSILIASIE Die onderstaande inligting verwys na Imali Handelaars vir Augustus 2016. GEVRA: 1.2.1 Verduidelik waarom die saldo van die Krediteurekontrole-rekening en die totaal van die Krediteurelys ooreen moet stem. (2) 1.2.2 Rekonsilieer die Krediteurekontrole-rekening met die Krediteurelys op 31 Augustus 2016. Die Krediteurekontrole-rekening begin met R108 450 en die Krediteurelys met R104 865. (Die saldo in die Krediteurekontrole-rekening was R108 450 en die saldo van die Krediteurelys was R104 865. (13) INLIGTING: Die volgende foute en weglatings is opgespoor tydens die ondersoek: A. Die Krediteurejoernaal was oorbereken met R1 080. B. ʼn Debietnota van R825 was in die Krediteurejoernaal aangeteken. Die korrekte inskrywing is in die Krediteure Grootboek aangeteken. C. ʼn Debiteur met ʼn kredietsaldo van R405 was per ongeluk ingesluit in die krediteurelys. D. ʼn Faktuur vir R981 ontvang van ʼn krediteur was verkeerd aangeteken as R918 en so oorgeboek. E. BTW van R810 was uitgelaat op ʼn faktuur van ʼn krediteur. F. Dra die kredietsaldo van R180 van ʼn debiteur in die Debiteure Grootboek oor na sy rekening in die Krediteure Grootboek. G. Die bedrag van R1 260 wat gereflekteer is in die Krediteurekontrole-rekening, was ontvang van ʼn debiteur wie se rekening voorheen as oninbaar afgeskryf is. Geen inskrywing vir hierdie bedrag is in die Krediteure Grootboek aangeteken nie. 35 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 7 10710 / 16 LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 8 10710 / 16 VRAAG 2: VERVAARDIGING, KONSEPTE EN NOTAS (40 punte; 25 minute) KONSEPTE GEVRA: 2.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs “waar” of “onwaar” langs die vraagnommer (2.1.1 – 2.1.3) in die ANTWOORDBOEK neer. 2.1.1 Advertensies is deel van die verkoop en verspreidingskostes. (1) 2.1.2 Die voorman se salaris is deel van direkte materiaalkoste. (1) 2.1.3 Vraggeld op Grondstofvoorraad aangekoop verminder die koste van materiaal uitgereik vir produksie. (1) 2.2 DIE KLEREFABRIEK-WINKEL Nkosi Mlambo is die eienaar van die besigheid. Hulle vervaardig en verkoop sweetpakke. Die onderstaande inligting het betrekking op die produksie in haar fabriek. GEVRA: 2.2.1 Stel die Fabrieksbokoste-nota tot die Produksiekostestaat op. (14) 2.2.2 Bereken die volgende op 29 Februarie 2016:  Direkte materiaalkoste (7)  Direkte arbeidskoste (4) INLIGTING: A. Saldo’s: 29 Februarie 2016 1 Maart 2015 Grondstofvoorraad 251 000 164 800 Goedere-in-bewerking 445 450 223 700 Klaarprodukte ? 569 500 Indirekte materiaal 7 300 9 800 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 9 10710 / 16 B. Transaksies vir die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2016: Aankope: Grondstofvoorraad 950 800 Aankope: Indirekte materiaal 39 800 Vraggeld op aankope van grondstofvoorraad 47 500 Advertensies 29 500 Huuruitgawe 130 000 Waardevermindering op: Fabriekstoerusting 56 250 Afleweringsvoertuie 49 500 C. Addisionele inligting: 1. Die boekhouer het nagelaat om ʼn faktuur vir R300 000 aan te teken waarop handelskorting van 25% op grondstofvoorraad-aankope ontvang is. 2. Twee derdes ( ) van die indirekte materiaal word in die fabriek gebruik. 3. Salarisse en Lone  Salaris van die fabrieksvoorman, R216 000.  Verdienste deur die fabriekswerkers word in die onderstaande opsomming van die Loonjoernaal aangedui: Aftrekkings Werkgewers- Netto LBS WVF Pensioen bydrae Lone R140 000 R9 600 R78 800 R97 856 R844 600 Totale aftrekkings = R228 400 Bydraes word geag as deel van die fabriekslone.  Indirekte lone: Ses (6) deeltydse werkers maak die fabriek skoon teen R50 per uur elk. Hulle werk elkeen 192 ure normale tyd. Drie (3) van die werkers het elk 40 ure oortyd gewerk teen die normale tarief plus 50%. 4. Huuruitgawe sluit die huur vir Maart 2016 in. Daar was geen verhoging in die huur vir die finansiële jaar nie. Huur word porporsioneel verdeel tussen die verskeie departemente volgens die vloerspasie wat hulle gebruik:  Fabriek : 600 m2  Administrasiekantoor : 250 m2  Verkoopsafdeling: 150 m2 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 10 10710 / 16 2.3 FAST MOVERS FABRIEKSWINKEL Die besigheid word besit deur Patrick Pillay. Hy benodig jou hulp. Haal syfers aan, in elke situasie om jou opinie te staaf. GEVRA: 2.3.1 Gelykbreekpunt:  Bereken die gelykbreekpunt.  Patrick is tevrede met die gelykbreekpunt. Verduidelik. (4) Haal syfers aan om jou verduideliking te staaf. (4) 2.3.2 Verwys na die spesifieke eenheidskoste.  Identifiseer een spesifieke fabriekskoste wat verbeter het. Haal syfers aan. Gee EEN rede hiervoor. (4) INLIGTING: 2016 2015 Totale eenhede geproduseer & 12 000 eenhede 9 000 eenhede verkoop Gelykbreekpunt in eenhede ? 7 000 eenhede Verkoopsprys per eenheid R270,00 R220,00 TOTALE VERANDERLIKE KOSTE R1 956 000 R1 560 000 VERANDERLIKE KOSTE PER R170,00 R166,00 EENHEID Direkte materiaalkoste per eenheid R85,00 R95,00 Direkte arbeidskoste per eenheid R57,00 R43,00 Verkoops- en verspreidingskoste R28,00 R28,00 per eenheid TOTALE VASTE KOSTE R612 000 R536 400 VASTE KOSTE PER EENHEID R51,00 R59,60 Fabrieksbokoste per eenheid R36,50 R42,60 Administratiewe koste per eenheid R14,50 R17,00 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 11 10710 / 16 VRAAG 3: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE EN OUDITVERSLAG (70 punte; 45 minute) 3.1 MAATSKAPPYKONSEPTE Pas die konsepte in Kolom A by die beskrywings in Kolom B. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (3.1.1 – 3.1.4) in die ANTWOORDBOEK. KOLOM A KOLOM B 3.1.1 Aandeelhouers A ʼn Vaste deposito van R50 000 verval in die volgende finansiële jaar. 3.1.2 Direkteure B Belegging van R200 000 gemaak teen 7,5% rente oor ʼn tydperk van 5 jaar. 3.1.3 Bedryfsbates C Eienaars van die maatskappy 3.1.4 Finansiële Bates D Individue wat gekies is om die maatskappy te bestuur. (4) 3.2 YEH HAI BEPERK Die volgende inligting hou verband met Yeh Hai Beperk. Die finansiële jaar eindig op 29 Februarie 2016. Die maatskappy gebruik die deurlopende voorraadstelsel. GEVRA: 3.2.1 Voltooi die Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste) vir die jaar geëindig op 29 Februarie 2016. Sommige bedrae is reeds vir jou ingevul in die Inkomstestaat. (35) 3.2.2 Voltooi die volgende notas tot die Balansstaat (Staat van Finansiële posisie)  Vaste / Tasbare Bates (Verwys na inligting C.) (13)  Gewone Aandelekapitaal (Verwys na inligting D.) (9) b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 12 10710 / 16 INLIGTING: A. Uittreksel uit die lys van Saldo’s/Totale op 29 Februarie 2016 VOORAANSUIWERINGSPROEFBALANS OP 29 FEBRUARIE 2016 Balansstaat Rekening-Afdeling R Gewone Aandelekapitaal ? Behoue Inkomste (1 Maart 2015) 1 525 000 Grond en Geboue 6 789 720 Voertuie 452 000 Toerusting 760 000 Opgehoopte waardevermindering op voertuie 236 000 (1 Maart 2015) Opgehoopte waardevermindering op toerusting 650 000 (1 Maart 2015) Handelsvoorraad 1 534 000 Debiteurekontrole 521 300 Voorsiening vir Oninbare Skulde 22 000 Krediteurekontrole 774 290 SAID: Inkomstebelasting (Dt) 150 000 SAID: LBS 44 800 Pensioenfonds 15 800 Nominale Rekening-Afdeling Verkope 5 970 000 Koste van Verkope 3 200 000 Debiteure-afslag 70 000 Salarisse en Werkgewersbydraes 921 268 Direkteursfooie 840 000 Ouditeursfooie 76 000 Diverse uitgawes 292 330 Oninbare skulde 12 100 Oninbare skulde verhaal 3 860 Huurinkomste 234 000 Rente op vaste deposito 27 000 Gewone aandele dividende 55 000 B. AANSUIWERINGS: (i) ʼn Debiteur wat foutiewe voorraad met ʼn verkoopprys van R15 000 teruggestuur het. Voorraad word verkoop teen ʼn winsopslag van 50% op kosprys. (ii) Die fisiese voorraadopname op 29 Februarie 2016 vir handelsvoorraad voorhande, R1 531 000. (iii) ʼn Debiteur, B Laat, is insolvent verklaar. Sy boedel betaal 40c in die rand. R450 is reeds ontvang en aangeteken. Skryf die res as oninbaar af. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 13 10710 / 16 (iv) Die voorsiening vir oninbare skulde moet aangesuiwer word tot R20 321. (v) Advertensies is ingesluit in Diverse uitgawes. ʼn Bedrag van R30 000 is reeds betaal vir Januarie tot Maart 2016. (vi) ʼn Bedrag van R24 000 is nog verskuldig aan ouditeure. (vii) Die huurinkomste is vir drie maande vooruit ontvang. Die huur is verhoog met 10% op 1 Desember 2015. (viii) Die leningstaat van Rand Bank reflekteer die volgende: Saldo aan die begin van die finansiële jaar R948 000 Terugbetalings gedurende die jaar 423 000 Rente gekapitaliseer ? Saldo aan die einde van die finansiële jaar R600 000 (ix) SAID Inkomstebelasting: R17 000 word steeds aan SAID geskuld. C. Vaste Bates (i) Grond en geboue is gedurende die jaar aangekoop vir R2 000 000. Dit is behoorlik geboekstaaf. (ii) Waardevermindering op voertuie word bereken teen 20% per jaar volgens die verminderde saldo metode. Die totale waardevermindering vir die jaar beloop R83 200. Op 29 Februarie 2016 is ʼn voertuig met kosprys van R200 000 vir R118 000 kontant verkoop. Die besigheid het ʼn verlies van R10 000 gely met die verkoop van die bate. (iii) Waardevermindering op toerusting word bereken teen 15% per jaar volgens die kosprysmetode. Toerusting is baie oud en sal in die nabye toekoms vervang moet word. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 14 10710 / 16 D. Aandele en Dividende (i) Die gemagtigde aandelekapitaal bestaan uit 3 000 000 gewone aandele. (ii) 2 000 000 aandele is uitgereik op 1 Maart 2015, R5 000 000. (iii) 250 000 aandele word uitgereik teen R7 elk op 1 April 2015. (iv) Die direkteure het besluit om 10 000 aandele terug te koop van Yolisa, ʼn bestaande aandeelhouer, teen R4,50 per aandeel. ʼn Elektroniese oorplasing is op 1 Desember 2015 gemaak. Sy is geregtig op ʼn finale dividende aan die einde van die jaar. 3.3 OUDIT VAN PROTEA BEPERK Jy word voorsien van die volgende uittreksel van Protea Beperk se verslag vanaf die onafhanklike ouditeur. GEVRA: 3.3.1 Kies die korrekte antwoord uit die woorde tussen hakies. Skryf net jou antwoord in jou ANTWOORDBOEK neer. Die besigheid het ʼn (gekwalifiseerde, ongekwalifiseerde), weerhoude verslag ontvang. Gee ʼn rede vir jou antwoord. (3) 3.3.2 Aan wie is die ouditeursverslag gerig? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) 3.3.3 Verduidelik waarom dit ʼn vereiste van die Maatskappywet is dat publieke maatskappye deur ʼn onafhanklike ouditeur geoudit moet word. Gee EEN rede. (2) 3.3.4 Die ouditeursverslag vewys na die Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaard (IFRS). Verduidelik waarom die ouditeure IFRS in berekening moet bring wanneer hulle hul opinies lig. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 15 10710 / 16 INLIGTING: UITTREKSEL Ouditmening Ons het die finansiële state van Protea Beperk vir die jaar geëindig op 29 Februarie 2016 geoudit. Die finansiële state is die verantwoordelikheid van die maatskappy se direkteure. Basis vir Voorwaardelike Verslag Tydens die verloop van ons oudit het ons vasgestel dat die waardasie van vaste bates en voorraad wesenlik oorbeklemtoon is deur 'n bedrag van R12 miljoen. Ouditmening As gevolg van die belang van die bogenoemde aangeleentheid, het ons nie voldoende ouditbewyse gevind om ʼn basis vir ʼn ouditmening te bied verkry nie. Gevolglik het ons nie ʼn mening oor die finansiële state van Protea Beperk vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016 voorsien nie. Dit is in ooreenstemming met die Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde, en die vereistes van die Maatskappywet van Suid-Afrika. Nandi & Isha, Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA) 70 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 16 10710 / 16 VRAAG 4: KONTANTVLOEISTAAT EN VERHOUDINGSONTLEDING (60 punte; 35 minute) 4.1 KONSEPTE Die volgende bewerings het betrekking tot die Kontantvloeistaat. Kies die korrekte antwoord uit die onderstaande opsies, sodat die bewerings voltooi is. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (4.1.1 – 4.1.3) in die ANTWOORDBOEK neer. rente inkomste; uitgesluit; invloei; uitvloei; rente uitgawe ingesluit 4.1.1 … word bygetel by die netto wins in die kontant gegenereer uit bedryfsaktiwiteite, aangesien dit ʼn finansieringskoste is. (1) 4.1.2 ʼn Toename in voorraad dui op … van kontant. (1) 4.1.3 Aandeelhouers vir dividende sal … wanneer verandering in bedryfskapitaal bereken word. (1) 4.2 MIKA BEPERK Mika Beperk het jou voorsien van uittreksels uit hul finansiële state vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016, tesame met vergelykende syfers van 2015. GEVRA: 4.2.1 Vir die doel van die Kontantvloeistaat, bereken die Inkomstebelasting betaalbaar vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016. (5) 4.2.2 Berei die afdeling van die Kontantvloeistaat voor wat die kontantvloei van finansieringsaktiwiteite toon vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016. (9) 4.2.3 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 29 Februarie 2016: (Rond alle berekeninge af tot EEN desimale plek of tot die naaste sent, waar van toepassing).  Opbrengs op gemiddelde aandeelhouers ekwiteit (OOAHB) (5)  Skuld / Ekwiteitsverhouding (3) b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 17 10710 / 16 4.2.4 Lewer kommentaar oor die volgende finansiële aanwysers. Neem kennis dat die beoogde winsopslag 50% op koste van verkope is.  % bruto wins op koste van verkope  % bedryfsuitgawes op verkope In elke geval, gee ʼn rede vir die verbetering of die afname. Haal syfers aan. (8) 4.2.5 Die direkteure is van mening dat die aandeelhouers gelukkig behoort te wees met die winsprestasie van die maatskappy. Verduidelik en haal TWEE finansiële aanwysers aan of werklike verhoudings / persentasies om hul opinie te staaf. (6) 4.2.6 Jy is ʼn aandeelhouer van Mika Beperk. Bereken die prys waarteen die nuwe aandele aangebied word. Lewer kommentaar oor die verkoopsprys van die nuwe aandele. Haal TWEE relevante finansiële aanwysers aan om jou antwoord te staaf. (7) 4.2.7 Een van die direkteure voel dat die lening so gou as moontlik terugbetaal moet word. Stem jy saam? Verduidelik deur TWEE finansiële aanwysers (met bedrae) aan te haal om jou antwoord te staaf. (5) 4.2.8 Lewer kommentaar oor die likiditeitsposisie van die maatskappy. Haal DRIE relevante finansiële aanwysers aan (bedrae / verhouding / persentasies) en toon ook die neiging. (9) b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 18 10710 / 16 INLIGTING: A. Uittreksel uit die finansiële state 29 Feb 2016 28 Feb 2015 Rente uitgawe 39 000 56 000 Waardevermindering 112 000 82 000 Netto wins voor belasting 1 500 000 600 000 Netto wins na belasting 1 080 000 432 000 Vaste/Tasbare Bates 3 057 200 2 875 200 Finansiële Bates (Vaste Deposito) 931 800 1 006 000 Kontant en kontantekwivalente 1 066 000 0 Aandeelhouersbelang 5 200 000 3 584 200 Gewone Aandelekapitaal 4 800 000 3 200 000 Behoue Inkomste 400 000 384 200 Nie-bedryfslaste 260 000 1 880 000 SAID (Inkomstebelasting) 94 000 (Dt) 36 000 (Kt) Bankoortrekking 0 175 000 B. ADDISIONELE INLIGTING:  Kontant gegenereer uit bedryfsaktiwiteite is bereken op R3 770 800.  Vate Bates met ʼn kosprys van R550 000 en opgehoopte waardevermindering van R350 000 is verkoop teen drawaarde gedurende die finansiële jaar.  Vaste Bates is aangekoop gedurende die finansiële jaar.  Inkomstebelasting is bereken teen 28% van die netto wins voor belasting.  Totale dividende verklaar gedurende die jaar beloop R890 000.  320 000 aandele is uitgereik aan die begin van die finansiële jaar.  Op 1 April 2015 het die maatskappy se raad van direkteure die terugkoop van 20 000 aandele van ʼn ongelukkige aandeelhouer gemagtig. ʼn Terugkoopprys van R17,00 per aandeel is vasgestel. ʼn Elektroniese oorbetaling is aan die aandeelhouer gemaak.  150 000 nuwe aandele is op 1 September 2015 uitgereik. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 19 10710 / 16 C. FINANSIËLE AANWYSERS: 2016 2015 AANWYSERS Einde van Begin van die jaar die jaar Opbrengs op aandeelhouersbelang ? 15,5% na belasting Opbrengs op kapitaal aangewend 35% 21% Verdienste per aandeel 150 sent 68 sent Dividende per aandeel 124 sent 115 sent Netto batewaarde per aandeel 1155 sent 1120 sent Bedryfsverhouding 1,8 : 1 1,4 : 1 Vuurproefverhouding 0,9 : 1 0,7 : 1 Voorraadomsetsnelheid 4,2 keer p.j. 3,5 keer p.j. Debiteure invorderingsperiode 60 dae 75 dae Skuld / Ekwiteitsverhouding ? 0,5 : 1 % Bruto wins op Koste van verkope 42% 39% % Bedryfsuitgawes op Verkope 19% 25% Rentekoers op lening 10,5% 10% Rentekoers op belegging 8,5% 9% Markprys per aandeel op JEB 1410 sent 1230 sent 60 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 20 10710 / 16 VRAAG 5: BTW EN VOORRAADWAARDASIE (45 punte; 25 minute) 5.1 BTW KONSEPTE Kies die korrekte woord uit die gegewe woorde in hakies. 5.1.1 (Inset BTW / Uitset BTW) is BTW wat van kliënte gehef word. (1) 5.1.2 ʼn Kredietsaldo in die BTW Kontrolerekening dui aan dat die BTW van die besigheid (betaalbaar aan / ontvangbaar van) SAID is. (1) 5.1.3 Belasting (ontduiking / vermyding) is onwettig en strafbaar deur die gereg. (1) 5.2 BTW BEREKENINGE Bluebell Winkels is ʼn BTW geregistreerde onderneming. Jy word voorsien van die BTW rekords vir die periode geëindig 29 Februarie 2016. GEVRA: Bereken die bedrag BTW betaalbaar aan OF ontvangbaar is van die SAID op 29 Februarie 2016. (12) INLIGTING: A. Die BTW Kontrolerekening het ʼn kredietsaldo van R5 700 op 1 Januarie 2016. B. Opsomming van transaksies vir die 2 maande geëindig op 29 Februarie 2016. BTW BTW BTW Uitgesluit Ingesl it Kredietaankope van hande svoorraad 588 600 ? Verkope van handelsvoorraad ? 556 320 Terugsendings vanaf debiteure 12 880 Terugsendings aan krediteure 700 Handelsvoorraad geneem deur die eienaar vir eie gebruik 17 000 ? 19 380 Korting toegestaan aan debiteure ter vereffening 2 336 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 21 10710 / 16 5.3 VOORRAADWAARDASIE Manie Handelaars verkoop handelsmerk Amor Skoene en skoenbykomstig- hede. Die besigheid gebruik die periodieke voorraadstelsel. Die finansiële jaar eindig jaarliks op 30 Junie. GEVRA 5.3.1 Waarvoor staan die afkorting EIEU? (1) 5.3.2 Verwys na inligting A. Bereken die eindvoorraad van die skoene volgens die geweegde gemiddelde metode op 30 Junie 2016. (10) 5.3.3 Verwys na inligting B.  Bereken die aantal gesteelde items van skoenbykomstighede. (4)  Bereken die gemiddelde voorraadomsetsnelheid in dae vir die skoenbykomstighede. (8)  Dink jy Manie Handelaars moet voortgaan met die koop en verkoop van skoenbykomstighede voorraad ? Verskaf TWEE punte van advies. Haal syfers aan om jou antwoord te staaf. (7) INLIGTING A. SKOENE Besonderhede Aantal Eenheids Totaal items Prys R Beginvoorraad 235 163 150 Aankope 1 525 1 144 300 September 2015 870 720 626 400 Desember 2015 230 755 173 650 Mei 2016 425 810 344 250 Eindvoorraad 400 ? ? Verkope 1 210 1 450 1 754 500 150 pare skoene is teruggestuur vanaf die September 2015 aankope. B. SKOENBYKOMSTIGHEDE Besonderhede Aantal items Totaal Beginvoorraad 575 35 000 Aankope 2 625 ? 3 200 ? Totale Verkope 1 700 85 000 Eindvoorraad 1 020 40 800 Die winsgrens op bykomstighede is 25% op kosprys. 45 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 22 10710 / 16 LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 23 10710 / 16 VRAAG 6: KONTANTBEGROTING EN KONSEPTE (50 punte; 30 minute) Die onderstaande inligting het betrekking op Teltron Handelaars, eienaar is Zebs Zungu. Die besigheid spesialiseer in elektroniese produkte. Die finansiële jaar eindig op 31 Desember 2016. GEVRA: 6.1 Dui aan of die volgende bewerings WAAR of ONWAAR is. 6.1.1 Die saldo op die Kontantbegroting verteenwoordig die wins verdien. 6.1.2 Alle geprojekteerde ontvangstes en betalings word aangeteken in die kontantbegroting. 6.1.3 Wins met verkoop van bate sal die saldo in die kontantbegroting verhoog. 6.1.4 R17 000 ontvang vir die verkoop van toerusting moet in die Geprojekteerde Inkomstestaat verskyn as ʼn bedryfsinkomste. (4) 6.2 Identifiseer ʼn verkeerde inskrywing in die kontantbegroting en verduidelik waarom hierdie inskrywing verkeerd is. (2) 6.3 Op watter DRIE maniere kon die aankoop van Grond en Geboue gefinansier word? (3) 6.4 Voltooi die Debiteure-Invorderingskedule vir die begrote periode. (9) 6.5 Bereken die ontbrekende getalle by A – E in die kontantbegroting. (12) 6.6 Verwys na Inligting H. Zebs Zungu is bekommerd oor sekere aspekte in sy besigheid.  Lewer kommentaar oor die kontant en kredietverkope. Verduidelik hoe hierdie bedrae die kontantvloei van die besigheid beïnvloed. Haal syfers aan. (6)  Was die advertensieveldtog tot voordeel vir die besigheid? Verduidelik. Haal syfers aan. (5)  Dink jy die invorderings vanaf debiteure word goed beheer? Verduidelik. Haal syfers aan. Gee TWEE punte van advies. (9) 50 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 24 10710 / 16 INLIGTING: A. KONTANTBEGROTING VIR OKTOBER EN NOVEMBER 2016 Kontantontvangste OKTOBER NOVEMBER Kontantverkope 55 000 E Addisionele Lening 400 000 Vaste Deposito verval 250 000 Debiteure-Invorderings Totale Ontvangste Kontantbetalings 35 000 Kontant Aankope 38 500 Betalings aan Krediteure D 71 500 Salarisse 55 000 C Advertensies 11 000 15 000 Telefoon 8 400 9 000 Voertuig-uitgawes 6 906 7 113 Huuruitgawe 12 000 Grond-en-Geboue 1 200 000 Munisipale eiendomsbelasting 1 000 Waardevermindering 5 000 Rente op lening 4 000 Herstelwerk aan Toerusting 8 200 10 200 Onttrekkings 30 000 30 000 Totale Betalings Kontantoorskot / Tekort B Banksaldo aan die begin van die jaar 550 000 Banksaldo aan die einde van die jaar A (35 703) b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 25 10710 / 16 B. Inligting in verband met verkope en debiteure Ontvangs Werklike Geprojekteerde Maand vanaf Verkope verkope debiteure Augustus 2016 180 000 September 2016 200 000 ? Oktober 2016 220 000 ? November 2016 ? 34 200 C. Debiteure Volgens die onderneming se kredietbeleid het debiteure 30 dae om hulle rekeninge te vereffen. Invorderings vanaf debiteure vind soos volg plaas:  20% betaal in die transaksiemaand, onderhewig aan 5% korting.  30% in die maand wat op die transaksiemaand volg.  48% in die tweede maand na die transaksiemaand. Die uitstaande 2% sal as oninbare skuld afgeskryf word na die derde maand. D. 75% van alle verkope was op krediet. E. Geprojekteerde kredietverkope vir September 2016 is R180 000. F. Krediteure en Handelsvoorraad  Dit is die onderneming se beleid dat handelsvoorraad op ʼn vaste basis van R175 000 gehou word. (Voorraad word maandeliks vervang.)  Die besigheid gebruik ʼn winsopslag van 100% op kosprys.  35% van alle voorraad word op krediet aangekoop.  Krediteure laat die onderneming streng 30 dae krediet toe. Hierdie voorwaardes word deur die onderneming nagekom. G. Salarisse Die besigheid het addisionele arbeiders in diens geneem teen ʼn koste van R10 090 per maand met effek vanaf 1 November 2016. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 26 10710 / 16 H. Uittreksel uit die Augustus 2016 Kontantbegroting Augustus Augustus Begroot Werklike Kontantverkope 55 000 42 000 Kredietverkope 135 000 180 000 Invorderings vanaf Debiteure 141 150 86 500 Advertensies 11 000 22 000 TOTAAL: 300 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all